Die Canolawerkgroep van die PNS is al vir 'n geruime tyd betrokke om die registrasie van "Cruiser" as 'n saadbehandelingsmiddel geregistreer te kry deur Syngenta. Die Registrateur van Wet 36 van 1947 het onlangs aan Syngenta berig dat "Cruiser" geregistreer is en nou tot beskikking van die boere gestel sal word. Ons is dankbaar dat hierdie aangeleentheid so vêr gevorder het en vra dat u met u plaaslike Landboumaatskappy / Koöperasie / Agent of Syngenta direk in verbinding sal tree in verband met die geregistreerde "Cruiser".
Tydens die onlangse Kongres van die South African Poultry Association (SAPA), is berig dat die plaaslike verbruik van eiers van 130 per persoon, nie gunstig vergelyk met die verbruik in ander lande nie, maar het die potensiaal om tot 160 te groei.
Die braaikuikenbedryf beleef tans ook 'n sterk afname in aanvraag as gevolg van die ongunstige ekonomiese toestande. Hoendervleis se gemiddelde produksieprys die afgelope jaar het slegs R13.66 per kilogram beloop wat aansienlik goedkoper was as ander vleis.
Tydens 'n onlangse vergadering van die Raad van die PNS het Prof. Rob Gous berig dat navorsing op soja gedoen word om 'n perfekte alternatief te vind vir vismeel in die voer van klein varkies. Hy het berig dat vastetoestandgistingstegnologie op sojabone aangewend word om 'n fermentasieproduk te vervaardig waaruit die antivoedings-faktore elimineer is en so die alternatief te bied vir vismeel soos hierbo aangedui.
The following soybean pamphlets are available. Please contact Maria (+27 11 234 3400 or maria@proteinresearch.net) for more information:
• Rotating soybeans with maize on dryland: A potential solution for small and large scale farmers in the summer rainfall regions in South Africa
• Root-knot nematodes associated with soybean
• Identification and control of soybean rust / Identifikasie en beheer van sojaboonroes
• Grow soybeans with confidence
• Soybean Cultivar Recommendations 2009/2010 / Sojaboon kultivaraanbevelings
• Rotating soybeans with Maize on Dryland / Bevindings oor sojabone in wisselboustelsels