1.
|
INLEIDING
|
|
•
|
Die PNS is 'n Trust wat handel volgens 'n trustakte. In die akte word bepaal dat die fondse wat beskikbaar is aangewend mag word om die verhoging van produksie en doeltreffender benutting van proteïen vir dierevoeding te bevorder.
|
|
•
|
Visie
|
|
|
Die PNS strewe daarna om 'n wesenlike bydrae ter bevordering van plaaslike produksie van proteïen op 'n mededingende grondslag te lewer ter bevrediging van die groeiende proteïenbehoeftes vir diereproduksie wat sal lei tot 'n verhoging in die lewenstandaard van alle mense in die RSA.
|
|
•
|
Missie
|
|
|
Die PNS lewer sy bydrae tot die realisering van die visie vir proteïenvoorsiening en -aanwending deur middel van:
|
|
|
–
|
Die pro-aktiewe stimulering en befondsing van toepaslike doelgerigte navorsing asook die bevordering en implimentering van sodanige navorsingsresultate deur tegnologie-oordrag ten einde in die toenemende proteïenbehoeftes vir dierevoeding in die RSA te voorsien;
|
|
|
–
|
Die PNS verbind hom tot 'n gebalanseerde, objektiewe benadering; 'n kritiese ingesteldheid ten opsigte van die nuutste ontwikkeling van proteïenvoorsiening en -aanwending;
die bevordering van koste-effektiewe navorsing;
die dinamiese bevordering van implimentering van navorsings-resultate;
die effektiewe volhoubare benutting van natuurlike landbouhulp-bronne.
|
|
•
|
Die PNS het besluit om vir die uitvoering van sy mandaat te fokus op sojabone, canola en lupiene. Tans word fababone nog oorweeg vir moontlike insluiting in die groep.
|
|
•
|
Canola (Brassica napus) is 'n geneties verbeterde oliesaadraap met lae vlakke van erukasuur en glikosinolaat. Die naam "Canola" is die geregistreerde naam deur die "Western Canadian Oilseed Crushers Association". Daar is ook verskeie ander Brassica species waarvan die belangrikste die volgende is: Brassica rapa en Brassica juncea. Na hierdie species wat nog nie in Suid-Afrika verbou word nie word ook verwys as raapsaad.
|
|
•
|
Canola is die tweede grootste oliesadegewas in die wêreld en lewer tans nagenoeg 14% van die totale wêreldproduksie van oliesaad. 'n Totale wêreldproduksie van 48 110 000 ton vir 2005/2006 word verwag.
|
|
•
|
Canolasaad bevat nagenoeg 36 tot 46% olie en 20 tot 24% proteïen. Canola-oliekoek bevat nagenoeg 35% proteïen.
|
|
•
|
Canola kan in beide die volvet en die oliekoek vorm met groot vrug ingesluit word in voerrantsoene.
|
|
•
|
Suid-Afrika voer jaarliks meer as die helfte van sy behoeftes aan olie en oliekoek in uit die buiteland. Die afgelope ses jaar is meer as 70% van die oliekoek behoeftes jaarliks ingevoer.
|
|
•
|
Canola is 'n relatief nuwe gewas in Suid-Afrika. In 1994 is slegs 500 ton canolagraan geproduseer teenoor 41 000 ton in 2003.
|
|
•
|
Canola word tans (2006) in RSA op nagenoeg 36 600 ha verbou. Maar slegs in die Wes-Kaap kan hierdie oppervlakte verhoog na 80 000 tot selfs 100 000 ha binne die volgende 15 jaar. Terwyl die sentrale besproeiingsgebiede waar tans slegs enkele proefaanplantings, is kan groei na 20 000 ha tot selfs 30 000 ha binne genoemde periode. Die totale produksie van canola-graan dus groei tot nagenoeg 224 000 ton per jaar.
|
|
•
|
Die moontlikheid om canola op groot skaal onder droëland te verbou in die Oos-Kaap en Vrystaat vir die produksie van Bio-diesel word tans deur verskeie instansies ondersoek. Indien dit realiseer kan die totale produksie geweldig styg.
|
|
•
|
Canola beskik oor goeie bioberokings eienskappe wat met sukses aangewend kan word om wortelsiektes van gewasse soos koring teen te werk en ook aalwurm teen te werk. Dit kan dus as wisselbougewas groot voordele hê.
|
|
•
|
Vrotpootjie (Take all) veroorsaak deur Gaeumannomyces graminis is 'n ernstige wortelsiekte by koring, terwyl aalwurm veral knopwortelaalwurm veroorsaak deur Meloidogyne spp. veral in sandgronde die verbouing van gewasse soos sojabone erg aan bande lê. Canola se voordele as wisselbougewas kan hier met goeie gevolge aangewend word.
|
|
•
|
Canola is 'n wintergewas en kan met goeie gevolge ingesluit word in wisselboustelsels om genoemde probleme en ook ander teen te werk.
|
|
•
|
Canola kan in alle gebiede waar koring in Suid-Afrika verbou word, ook verbou word.
|
|
•
|
Na verwagting sal die meeste sukses behaal word in die winterreëngebied en daarna in die Sentrale besproeiingsgebiede van Suid-Afrika. Gebiede soos die Noordwestelike gebied van KwaZulu-Natal onder spilpuntbesproeiing en ander binnelandse besproeiingsgebiede sal later evalueer word ten opsigte van geskiktheid vir Canola-produksie. Om hierdie rede is die tegnologieplan in hoofsaak gerig op die Winterreëngebied en die Sentrale besproeiingsgebiede. Indien Bio-diesel aanlegte 'n werklikheid word kan die situasie grootliks verander.
|
|
•
|
Aangesien tegnologie-oordrag een van die mees belangrike aksies is om canolaverbouing te bevorder, is die vier kontrakteurs van die PNS tot 'n meerdere of mindere mate betrokke by aksies om canolaverbouing te promoveer as 'n wisselbougewas.
|
|
•
|
Alhoewel daar tans inligting uit 20 projekte (beëindig en lopende) beskikbaar is, is dit beslis ver van voldoende af. Drastiese stappe sal geneem moet word om meer mensekrag by die verskillende instansies wat tans op canola werk te ontplooi. Die aantal instansies betrokke sal ook uitgebrei moet word. Hier word veral gedink aan Vrystaat Universiteit en Pretoria Universiteit, maar ook wyer as dit.
|
|
•
|
Die Canola-akkerbounavorser in die Departement van Landbou, Wes-Kaap (DLWK) het aangedui dat hy teen einde Junie 2006 gaan bedank en sal dus dringend vervang moet word.
|
|
•
|
Benewens die veevoerwaarde van canola is die olie van hoë gehalte vir menslike gebruik en word dit aanbeveel deur die Hartstigting.
|
|
•
|
Canola-olie is ook gesog vir die produksie van Bio-diesel aangesien dit 'n lae stollingstemperatuur het wat veral in Europa se koue winters gewens is.
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
2.
|
TEGNOLOGIEPLAN
Canola is 'n relatief nuwe gewas in Suid-Afrika. Navorsingsinstellings (selfs die Staat) het weinig of geen navorsingsaandag aan die gewas gegee. Die PNS het vanuit sy agtergrond om die produksie van proteïene om diereproduksie te verbeter, besluit om vanweë die goeie eienskappe van Canola in hierdie verband fondse beskikbaar te stel vir die finansiering van navorsing op Canola. Hierdie navorsing moet gerig wees op die praktiese toepassing deur produsente en gebruikers en slegs die belangrikste aspekte moet eerste aangespreek word. Die navorsingsplan word onderverdeel in die volgende programme:
|
|
•
|
Cultivarontwikkeling
|
|
•
|
Verbouingspraktyke
|
|
•
|
Plantvoeding
|
|
•
|
Onkruidbeheer
|
|
•
|
Plantsiektes
|
|
•
|
Insektekunde
|
|
•
|
Oestegnieke
|
|
•
|
Kwaliteitsaspekte
|
|
•
|
Ekonomiese-aspekte
|
|
•
|
Benutting van produkte deur diere
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.1
|
Program: Cultivarontwikkeling
Cultivarontwikkeling kan onderverdeel word in die volgende projekte:
|
|
|
•
|
Introduksie van nuwe cultivars;
|
|
|
•
|
Opbou en instandhou van Kiemplasmabank;
|
|
|
•
|
Teel van nuwe cultivars gerig op plaaslike agronomiese vereistes, siekte- en insekweerstand en kwaliteitsvereistes;
|
|
|
•
|
Evaluering en karakterisering van cultivars vir beste aanpassing en produksie onder plaaslike toestande (Droëland sowel as besproeiing).
|
|
|
2.1.1
|
Projek: Introduksie van nuwe cultivars
Tans is daar nie afsonderlike projekte onder hierdie opskrif nie. Introduksie word deur drie saadfirma's (K2 Agric-saad, Agricol en Pioneer) voorsien en as deel van die cultivarevaluasie-projekte getoets.
Dit mag egter nodig word om eersdaags met 'n afsonderlike introduksieprojek te begin ter bevordering van die bedryf. Hierdie besluit sal onder andere beïnvloed word deur die groei van die bedryf op 'n landswye basis. Tans word slegs cultivars uit Australië met 'n lae (swak) kouebehoefte ingebring. Sodra ander materiaal uit lande soos Kanada met 'n hoër kouebehoefte ingebring word, mag dit aanleiding gee tot 'n verandering in die prosedure wat gevolg word, en mag dit 'n afsonderlike projek noodsaak. Die materiaal met 'n hoër kouebehoefte mag dalk beter aangepas wees in die winter van die somerreëngebied waar 'n langer groei-periode moontlik is.
|
|
|
2.1.2
|
Projek: Kiemplasmabank
Tans is daar geen projekte in die verband nie. Hierdie projek sal slegs ontwikkel word as daar begin word met 'n teeltprojek. Dit word egter nie tans oorweeg nie.
|
|
|
2.1.3
|
Projek: Teel van nuwe cultivars
Die omvang van die bedryf in Suid-Afrika noodsaak nog nie die verdere ontwikkeling van hierdie projek nie. Tans is daar ook geensins voldoende, geskikte mensekrag beskikbaar om enige ontwikkeling in hierdie verband te hanteer nie. Die bedryf is ook te klein om dit te regverdig.
Tans word daar staat gemaak op die evaluering van cultivars wat ingebring word vanaf die buiteland (veral Australië) vir verbouing in Suid-Afrika.
Die PNS sal binne die volgende jaar 'n studie besoek aan Australië bring waartydens onder andere na ander (nuwe) cultivars en lyne gesoek sal word.
|
|
|
2.1.4
|
Projek: Evaluering en Karakterisering van Cultivars
Hierdie projek is noodsaaklik vir die bevordering van enige bedryf en vorm die basis vir onpartydige aanbevelings aan produsente. Tans word twee projekte uitgevoer in hierdie verband.
|
|
|
|
2.1.4.1
|
Projek: Cultivarevaluasie van olie- en proteïensade in die winterreënstreek
Navorser: Mnr D Hanekom
Instansie Departement Landbou Wes-Kaap
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
|
–
|
Die bepaling van graanopbrengs van elke inskrywing onder verskeie verskillende omgewings verspreid oor Wes-Kaap (Swartland, Rûens en Suidwestelike Distrikte);
|
|
|
–
|
Die bepaling van die aantal dae plant tot blom van elke inskrywing;
|
|
|
–
|
Die bepaling van die voorkoms van siektes van elke inskrywing;
|
|
|
–
|
Die bepaling van olie- en proteïeninhoud van elke cultivar.
|
|
•
|
Algemeen
|
|
|
–
|
Twaalf tot twintig inskrywings waarvan nagenoeg vier tot ses nuwe inskrywings word jaarliks getoets;
|
|
|
–
|
Nuwe cultivars (introduksies) word op Langgewens en Tygerhoek langs die Cultivarproef ge-evalueer vir latere insluiting in die Cultivarproef.
|
|
|
–
|
Die projek sluit ook 'n aantal demonstrasie aanplantings in waar cultivars, en onkruiddoders demonstreer word.
|
2.1.4.2
|
Projek: 'n Akkerboukundige evaluasie van canola in die somerreënvalgebied
Navorser: Dr AA Nel
Instansie: LNR-IGG
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
|
–
|
Die bepaling van graanopbrengs en groeipatrone van plaaslike beskikbare cultivars by verskeie plekke onder besproeiing in die somerreën-valgebied;
|
|
|
–
|
Die bepaling van die voorkoms van siektes by elke cultivar onder besproeiing;
|
|
|
–
|
Die bepaling van die olie- en proteïën-inhoud van elke cultivar.
|
|
|
|
2.1.5
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Cultivarevaluasie van cultivars in Suid-Afrika kry optimum aandag;
|
•
|
Cultivaraanbevelings vir die Wes-Kaap word jaarliks (Februarie) in die Canolafokus publiseer en gestuur aan produsente;
|
•
|
Cultivaraanbevelings vir die Somerreënvalgebied word deur LNR-IGG in 'n vlugskrif publiseer en beskikbaar gestel aan produsente veral tydens NAMPO-Oesdag in Mei-maand.
|
•
|
Die volgende moet weer oor besin word:
|
|
–
|
Teling van verbeterde cultivars
|
|
–
|
Tans word behoefte aan cultivars voldoende gediens deur invoer van nuwe cultivars;
|
|
–
|
Biotegnologie as deel van teling. Geen biotegnologie werk kan ondersteun word as dit nie deel van 'n teelprojek uitmaak nie;
|
|
–
|
Kiemplasmabank. Geen rede bestaan vir 'n kiemplasmabank sonder 'n telingprojek nie;
|
|
–
|
Introduksie van nuwe cultivars. Tans word hierdie behoefte hanteer deur die bydraes van saadfirma's (K2 Agric-saad, Agricol en Pioneer). Daar is egter ander bronne van nuwe cultivars (Kanada en Europa) wat tans nie benut word nie (Kyk ook 2.1.1 en 2.1.3).
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.2
|
Program: Verbouingspraktyke
Onder hierdie program word 'n aantal aspekte ingesluit soos:
|
|
|
•
|
Grondbewerking
|
•
|
Plantdatum
|
•
|
Plantmetode
|
•
|
Plantdigtheid
|
•
|
Plantdiepte
|
•
|
Rywydtes
|
•
|
Wisselbou
|
|
|
|
Asook enige kombinasie van hierdie aspekte soos byvoorbeeld:
|
|
|
•
|
Plantdatum x plantdigtheid ensomeer.
|
|
|
|
Inligting is beskikbaar uit die volgende projekte:
|
|
|
2.2.1
|
Projek: Optimale rywydtes en saaidigtheid van canola
Navorser: Prof GA Agenbag
Instansie: Universiteit Stellenbosch
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die bepaling van die optimum rywydtes en saaidigtheid van twee tipes canola-cultivars by verskillende omgewings in die Wes-Kaap;
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van rywydte op die saadgrootte (duisend-korrelmassa in gram) vir twee tipes cultivars.
|
•
|
Projek is voltooi in 2005.
|
|
|
|
2.2.2
|
Projek: Chemiese saadbehandeling van canola en lupiene vir beheer van saailingsiektes en insekte
Navorsers: Prof GA Agenbag, Dr SC Lamprecht
Instansie: Universiteit Stellenbosch en LNR-NIPB
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van saailingsiektes en vroeë insektebeskadiging op vestiging, oorlewing en produksie van canola by verskillende plantdigthede en rywydtes;
|
|
–
|
Die bepaling van die doeltreffendheid van chemiese saadbehandelings van canola;
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van klimaatsfaktore op die doeltreffendheid van chemiese saadbehandeling en moontlike fitotoksiese effekte op canola;
|
|
–
|
Die ontwikkeling van 'n saadbehandelingstrategie vir canola in die winterreëngebied.
|
•
|
Projek is voltooi in 2005.
|
|
|
|
2.2.3
|
Projek: 'n Akkerboukundige evaluasie van canola in die somerreënvalgebied
Navorser: Dr AA Nel
Instansie: LNR-IGG
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die bepaling van graanopbrengs en groeipatrone van canola by verskillende plantdatums by verskillende plekke;
|
|
–
|
Die bepaling van olie- en proteïen-inhoud by verskillende plantdatums in die somerreënvalgebied.
|
•
|
Projek is voltooi in 2004.
|
|
|
|
2.2.4
|
Projek: Die soutverdraagsaamheid van Canola
Navorser: Prof GA Agenbag
Instansie: Universiteit Stellenbosch
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die bepaling van die soutkonsentrasie waarby canola beskadig word.
|
|
|
|
2.2.5
|
Projek: Die bevordering van canola as 'n wisselbougewas binne 'n bewaringsboerdery in die Swartland en Rûens deur middel van 'n produsente kompetisie
Navorsers: Mnr CL van Rooyen, Mnr IFV Slabbert
Instansie: Departement Landbou, Wes-Kaap
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die promovering van canolaproduksie deur middel van produsente wat kompeteer vir die hoogste graanopbrengs en die beste bruto marge behaal;
|
|
–
|
Die identifisering van probleme ten opsigte van die bereiking van hoogste graanopbrengste in die Wes-Kaap.
|
|
–
|
Tegnologie-oordrag deur middel van boere-groepe wat deelnemers aan die kompetisie besoek en praktyke wat gevolg word bespreek.
|
|
|
|
2.2.6
|
Projek: "An investigation into the production dynamics of eight crop rotation systems, including wheat, lupins, canola and pasture species in the Swartland, Western Cape"
Navorser: Dr MB Hardy
Instansie: Departement Landbou Wes-Kaap
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die bepaling van die kort- en langtermyninvloed van agt van die mees toepaslike gewas-wisselboustelsels in die Swartland op gewasopbrengs, onkruidbeheer, siekteonderdrukking, produksiepotensiaal en ekonomiese volhoubare grondgebruik.
|
|
|
|
2.2.7
|
Projek: "Economic sustainability of short and long rotation production systems in the Southern Cape"
Navorser: Dr MB Hardy
Instansie: Departement Landbou Wes-Kaap
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die bepaling van die kort- en langtermyninvloed van verskeie gewaswisselboustelsels in die Rûens op gewasopbrengs, onkruidbeheer, siekte-onderdrukking, produksiepotensiaal en ekonomiese volhoubare grondgebruik.
|
|
|
|
2.2.8
|
Projek: Evaluasie van wisselbou met canola onder besproeiing
Navorser: Dr AA Nel
Instansie: LNR-IGG
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die invloed van canola op die opbrengs van opvolggewasse te ondersoek asook die invloed van die wisselgewasse op die opbrengs van canola;
|
|
–
|
Die bepaling van die mate waartoe aalwurm deur canola onderdruk word deur die omvang van aalwurmbesmetting op al die gewasse te meet;
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van canola en die ander gewasse op die voorkoms van siektes;
|
|
–
|
Die finansiële prestasie van die verskillende wisselboustelsels te vergelyk.
|
|
|
|
2.2.9
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Voldoende wisselboustudies word tans gedoen;
|
•
|
Proewe oor ander verbouingspraktyke (veral effek van plantdatum) moet vermeerder word. Dit kan slegs gebeur sodra meer mensekrag beskikbaar is.
|
•
|
Pro-aktiewe werk om te bepaal hoe om olie-inhoud te verhoog met die oog op moontlike Bio-diesel produksie moet aangemoedig word.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.3
|
Program: Plantvoeding
Die bemestingsriglyne vir verbouing van canola in die Wes-Kaap is gedurende Mei/Junie 2006 deur kundiges hersien. Die kundiges het ook aangedui dat daar geen dringende navorsing oor bemesting tans nodig is nie.
Die belangrikste studies wat aangepak behoort te word is geïdentifiseer as die volgende:
|
|
|
•
|
Stikstofbestuur wat insluit:
|
|
–
|
Hoeveelheid (peile)
|
|
–
|
Skedulering
|
|
–
|
Stikstofdraers
|
|
–
|
Stikstofplasing
|
|
–
|
Stikstof x wisselbou
|
|
–
|
Stikstof x cultivars
|
|
–
|
Stikstof x plantdatum
|
|
–
|
Stikstof x plantpopulasie
|
|
–
|
Enige kombinasie of kombinasies van die bogenoemde
|
•
|
Swael x stikstof
|
•
|
Kalsium x stikstof
|
•
|
Fosfor x Kalium
|
•
|
Mikro-elemente
|
•
|
Projekte wat pro-aktief gerig is op verhoging van olie-inhoud met die oog op Bio-diesel produksie.
|
|
|
|
Weens beperkte mensekrag en fasiliteite is daar pas eers begin met enkele van hierdie projekte.
|
|
|
2.3.1
|
Projek: Die stikstofbehoefte van canola onder besproeiing
Navorser: Dr AA Nel
Instansie: LNR-IGG
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die bepaling van die verwantskap tussen stikstofvoorsiening en graanopbrengs sowel as graankwaliteit (samestelling) van canola onder besproeiing ten einde sinvolle stikstof-bemestingaanbevelings te kan maak;
|
|
–
|
Die bepaling van die stikstofinhoud van plante ten einde riglyne daar te stel om stikstofgebreke vroegtydig te kan identifiseer.
|
|
|
|
2.3.2
|
Projek: Stikstofpeile by verskillende plantdatums (Plantdatums as afsonderlike proewe)
Navorser: Mnr DJ Hanekom
Instansie: Departement Landbou Wes-Kaap
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van verskillende peile van stikstof op canola graanopbrengs en -kwaliteit by verskillende plantdatums onder droëland in die Wes-Kaap.
|
•
|
Projek word nie voortgesit nie weens bedanking van navorser. Projek moet weer aandag kry sodra die nodige mannekrag gevind is.
|
|
|
|
2.3.3
|
Projek: Die invloed van stikstofplasing by verskillende rywydtes en stikstofpeile op die graanopbrengs en graankwaliteit van canola in die Wes-Kaap
Navorser: Prof GA Agenbag
Instansie: Universiteit Stellenbosch
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die optimisering van canolaproduksie deur die bepaling van die optimum wisselwerking tussen stikstofplasing, rywydtes en stikstofpeile in die Wes-Kaap;
|
|
–
|
Vasstel van norme vir grondstikstof as riglyn vir stikstofbemesting.
|
•
|
Projek is voltooi in 2004.
|
|
|
|
2.3.4
|
Projek: Die invloed van stikstofhoeveelhede by stikstof-skedulering op die produksie van canola in die Swartland
Navorser: Mnr N Raath
Instansie: Kynoch Kunsmis
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die bevordering van canolaproduksie deur die bepaling van die optimum wisselwerking tussen stikstofhoeveelhede en stikstofskedulering in die Swartland.
|
•
|
Projek is na eenjaar gestaak weens Maatskappy beleid. Behoort voortgesit te word sodra mannekrag beskikbaar is.
|
|
|
|
2.3.5
|
Projek: Die invloed van stikstofpeile (N) by swaelpeile (S) en kalsiumpeile (Ca) op canolaproduksie op die sandgronde van die Swartland
Navorser: Mnr N Raath
Instansie: Kynoch Kunsmis
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die bevordering van canolaproduksie op die sandgronde van die Swartland deur die bepaling van die optimumwisselwerking tussen Nx Sx Ca.
|
•
|
Projek is na eenjaar gestaak weens Maatskappy beleid. Behoort voortgesit te word sodra mannekrag beskikbaar is.
|
|
|
|
2.3.6
|
Projek: Stikstofbemesting van canola gebaseer op stikstofmineralisasie en loging
Navorser: Prof GA Agenbag
Instansie: Universiteit Stellenbosch
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Bepaling van stikstoflewering van grond en aanvulling daarvan vir optimum graanproduksie.
|
|
|
|
2.3.7
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Dr E Hoffman van Universiteit Stellenbosch (Grondkunde Departement) is medewerker van Prof GA Agenbag op projek 2.3.6. Hierdie projek het eers in 2005 begin.
|
•
|
Projek 2.3.4 bestaan uit 2 afdelings. Die een waar stikstofpeile op 'n vaste vestigingspeil toegedien word. Die ander waar stikstofpeile toegedien word na verskillende vestigingspeile;
|
•
|
Dit is belangrik om te weet dat daar geen krisis bestaan ten opsigte van bemesting van canola in die Wes-Kaap nie. Die bemestingsriglyne bied 'n goeie vertrekpunt. Verdere werk op die geïdentifiseerde onderwerpe kan egter hierdie riglyne die nodige versterking en verfyning gee.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.4
|
Program: Onkruidbeheer
Canola is baie sensitief vir breëblaar onkruiddoders wat op gewasse soos koring gebruik word. Aanduidings bestaan dat veral Sulfenielureums wat nie streng volgens voorskrifte toegedien was nie, reeds groot skade aan onder andere canola aangerig het.
Waar raaigras 'n probleem is by koringverbouing word canola wat triasiene weerstand het gebruik in wisselbou met koring. Raaigras word dan met simasien beheer tydens die canola-fase.
Die volgende lopende projekte word tans gedoen:
|
|
|
2.4.1
|
Projek: Die effek van voor- en na-opkomsonkruiddoders op nuwe koring- en canolacultivars (Nov/PP/B4)
Navorser: Mnr MI Ferreira
Instansie: DLWK
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die identifisering van gevoeligheid vir onkruiddoders by canolacultivars.
|
|
|
|
2.4.2
|
Projek: "Towards the management of the herbicide resistance problem in the winter rainfall area (BUS4)"
Navorser: Dr PJ Pieterse
Instansie: Universiteit Stellenbosch
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Identifisering van gevalle van onkruiddoderweerstand.
|
|
|
|
2.4.3
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Die verbouingsriglyne verskaf duidelike aanbevelings ten opsigte van onkruidbeheer in canola in die Wes-Kaap. Dit sluit ook in 'n omvattende aanbeveling hoe onkruiddoderweerstand hanteer moet word. Nuwe inligting word van tyd tot tyd in "Canolafokus" gepubliseer.
|
•
|
Tans is daar geen dringende behoefte vir nuwe navorsingswerk nie. Die probleem van onkruiddoder-weerstand word op 'n deurlopende basis deur 'n Taakspan van die PNS hanteer onder Voorsitterskap van die DLWK. As lid van hierdie Taakspan hou dr PJ Pieterse van Universiteit Stellenbosch rekord van die omvang en hantering van die probleem. Noue samewerking word gehandhaaf met die HRAC-komitee van Crop Life SA-Kaapwerkgroep.
|
•
|
Nuwe navorsingswerk oor onkruidbeheer in canola sal aangemoedig word op 'n pro-aktiewe basis soos en wanneer die behoefte ontstaan.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.5
|
Program: Plantsiektes
Die mees belangrike siektes in canola is swartstam (Leptosphaeria maculans) en stamvrot (Sclerotinia sclerotiorum). Gelukkig is albei siektes nie tans in Suid-Afrika van groot belang op canola nie. Onlangse waarnemings het aangetoon dat beide siektes 'n groot potensiële gevaar inhou in die Wes-Kaap. Gevolglik is die beskikbare kapasiteit (mense en toerusting) van die Departement van Landbou Wes-Kaap en LNR-NIPB te Stellenbosch gevra om aandag te gee aan beide bogrondse- en grondgedraagde siektes. Enkele projekte is reeds begin en ander word beplan vir die nabye toekoms (seisoen 2006).
|
|
|
2.5.1
|
Projek: Evaluasie van die siekte status van canolacultivars met spesiale aandag aan swartstam in die Wes-Kaap
Navorser: Mnr Gert van Coller
Instansie: Departement Landbou Wes-Kaap
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Intensiewe literatuurstudie ten einde 'n navorsingsprogram te beplan en uit te voer word tans gedoen.
|
|
–
|
Monitor van die voorkoms van siektes op canola.
|
|
|
|
2.5.2
|
Projek: Chemiese saadbehandeling van canola en lupiene vir beheer van saailingsiektes en insekte
Navorsers: Prof GA Agenbag, Dr SC Lamprecht
Instansies: Universiteit Stellenbosch en LNR-NIPB
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van saailingsiektes en vroeë insektebeskadiging op vestiging, oorlewing en produksie van canola by verskillende plantdigthede en rywydtes;
|
|
–
|
Die bepaling van die doeltreffendheid van chemiese saadbehandelings van canola en lupiene;
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van klimaatsfaktore op die doeltreffendheid van chemiese saadbehandeling en moontlike fitotoksiese effekte op die canola;
|
|
–
|
Die ontwikkeling van 'n saadbehandelingstrategie vir canola- en lupienproduksie in die Swartland en Ruéns.
|
•
|
Projek is voltooi in 2005. Registrasie van middels deur Syngenta word afgewag.
|
|
|
|
2.5.3
|
Projek: "Characterisation of Rhizoctonia on canola and lupin in cropping systems in the Western Cape Province"
Navorser: Dr SC Lamprecht
Instansie: LNR-NIPB
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Karakteriseer Rhizoctonia spp. geassosieer met canola in wisselboustelsels te Tygerhoek proefplaas;
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van verskillende wisselboustelsels op die voorkoms van Rhizoctonia spp. en stel vas watter stelsel die voorkoms verminder.
|
|
|
|
2.5.4
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Swartstam het in die seisoen 2003 ernstige afmetings aangeneem in die Wes-Kaap;
|
•
|
Daar is beslis verskil in weerstand teen swartstam tussen cultivars;
|
•
|
Die siekte Sclerotinia het die potensiaal om 'n bedreiging in te hou vir canola in die Wes-Kaap. Navorsing op hierdie siekte behoort pro-aktief gedoen te word;
|
•
|
Alhoewel 'n middel vir saadbehandeling van canola geïdentifiseer is en Syngenta gevra is om dit te registreer hou die wortelsiekte-kompleks steeds gevaar in vir canolaverbouing. Siektes soos Pythium behoort pro-aktief ondersoek te word;
|
•
|
Die omvang van die voorkoms van ander siektes sal bepaal of verdere projekte onderneem sal word. Vir die situasie soos tans ondervind word, word voldoende inligting oor canolasiektes in die Wes-Kaap gegee in die hersiene Verbouingsriglyne;
|
•
|
In die somerreëngebied word die siektes van canola en ander gewasse gemonitor in die wisselbouprojek (Projek 2.2.8) onder besproeiing te Vaalharts;
|
•
|
Die voorkoms van siektes in Projek 2.2.8 sal bepaal of verdere projekte oor siektes in die somerreëngebied gedoen sal word.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.6
|
Program: Insektekunde
Verskeie insekte kan opbou tot plaagstatus in canola. Die mees belangrike is die volgende:
|
|
|
•
|
Rooibeensandmyt
|
= Halotydeus destructor
|
•
|
Blou Hawermyt
|
= Penthaleus major
|
•
|
Koolluis
|
= Blevicoryne brassicae
|
•
|
Lusern erdvlooi
|
= Sminthurus viridis
|
•
|
Ruitrugmot
|
= Plutella xylostella
|
•
|
Bolwurm
|
= Helicoverph spp. (Heliothus spp.)
|
|
|
|
Ander grondinsekte soos snywurm, graanwurm, snuitkewers, vals draadwurms, swartmieliekewer, slakke ensovoorts kan van tyd tot tyd ook probleme veroorsaak.
|
|
|
2.6.1
|
Projek: "Insect and other pests of canola"
Navorser: Dr GD Tribe
Instansie: LNR-NIPB
|
|
|
|
•
|
Doelwitte
|
|
–
|
Identifisering van die mees belangrike grondinsekte by canola;
|
|
–
|
Identifisering van ander belangrike plae;
|
|
–
|
Evalueer van beheermaatreëls.
|
•
|
Projek is in 2006 begin.
|
|
|
|
2.6.2
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Verbouingsriglyne verskaf inligting met goeie beheermaatreëls en drumpelwaardes vir die bogrondse insekte.
|
•
|
Die Ruitrugmot bou maklik weerstand op teen chemiese middels. Dit het nog nie in Suid-Afrika gebeur nie. Gevolglik is dit noodsaaklik dat 'n geïntegreerde beheerstrategie deur kundiges opgestel moet word en aan produsente bekend gemaak word.
|
•
|
Gedurende die seisoen-2003, het slakke na vore gekom as 'n ernstige plaag. 'n Taakspan is saamgestel om aandag aan slakke te gee. 'n Sameroeper en 'n kernkomitee is aangewys om die beplanning vir die toekoms te doen.
|
•
|
Voorlopige riglyne vir die beheer van slakke deur middel van toediening van lokaas is opgestel en reeds versprei na produsente.
|
•
|
In die somerreëngebied onder besproeiing word die voorkoms van insekte vir eers net gemonitor in cultivarproewe en wisselbouproewe. Hierdie inligting sal elke seisoen gebruik word om weer te besin oor verdere studie van insekte.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.7
|
Program: Oestegnieke
Daar is twee hooftipes tegnieke van oes naamlik direk stroop teenoor platsny en daarna optel en oes.
Canola is baie gevoelig vir saadverliese. Die korrekte vogpersentasie vir elke tegniek is dus uiters belangrik om graan verliese so laag as moontlik te hou en steeds hoë kwaliteit (olie- en proteïeninhoud) te verseker.
|
|
|
2.7.1
|
Projek: Die effektiwiteit van doodspuit gemeet aan opbrengs en kwaliteit as alternatief vir platsny by die oes van canola
Navorser: Mnr DJ Hanekom
Instansie: Departement Landbou, Wes-Kaap
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die bepaling van die invloed van verskillende oestegnieke by verskillende oesdatums (vogpersentasies) op die graanopbrengs en graankwaliteit van canola.
|
•
|
Projek is gestaak omdat navorser bedank het. Dit behoort voortgesit te word wanneer moontlik.
|
|
|
|
2.7.2
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Die inligting hieruit verkry behoort voldoende te wees om die "Verbouingsriglyne" duideliker te omskryf en behoort dus vir die onmiddellike behoefte voldoende te wees.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.8
|
Program: Kwaliteitsaspekte
Canolasaad bevat nagenoeg 36 tot 46% hoë kwaliteit olie en 20 tot 24% proteïen. Uit die literatuur is dit duidelik dat in Wes-Australië het plantdatum 'n wesenlike invloed op genoemde samestelling en word veral olie-inhoud drasties beïnvloed.
Geen werk word tans in Suid-Afrika hierop gedoen nie. Uit projek 2.3.2 sal beperkte inligting verkry word. Hierdie is egter 'n onderwerp wat meer deeglik nagevors moet word.
Die persentasie groenkorrels dui onrypheid aan en kan 'n invloed hê op die geskiktheid vir oliepers doeleindes. Voorlopige aanduidings is dat dit weglaatbare effek op voer vir vee het.
Die volgende aspekte behoort meer aandag te kry:
|
|
|
•
|
Invloed van plantdatum (omgewingsfaktore soos temperatuur ensomeer) op olie- en proteïeninhoud;
|
•
|
Faktore wat groenkorrels veroorsaak;
|
•
|
Invloed van swael (S) op erukasuur- en glikosinolaatinhoud onder plaaslike toestande.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.9
|
Program: Ekonomiese-aspekte
Beide die makro (in boerderypraktyke) en mikro (in wisselboustelsels) ekonomiese invloed van canola behoort ondersoek te word.
Vir hierdie ontwikkelingsplan word die makro ekonomiese-aspekte beskou as alles wat die ekonomie op die groter plaasvlak beïnvloed. Dit wil sê hoe dit die boerdery-vertakkinge op die geheel plaasvlak beïnvloed. Hierteenoor word met mikro ekonomiese aspekte bedoel die invloed binne 'n enkele wisselboustelsel (Gewasse wat mekaar opvolg).
Geen werk word tans gedoen op die makro ekonomiese-aspekte nie.
Die mikro ekonomiese-aspekte word ondersoek in drie projekte (Kyk Program 2.2):
|
|
|
Projek 2.2.6: "An investigation into the production dynamics of eight crop rotation systems, including wheat, lupins, canola and pasture species in the Swartland, Western Cape"
Navorser: Dr MB Hardy Instansie: DLWK
|
|
|
Projek 2.2.7: "Economic sustainability of short and long rotation production systems in the Southern Cape"
Navorsers:
Dr MB Hardy – DLWK
Dr Trosky – DLWK
|
|
|
Projek 2.2.8: Evaluasie van wisselbou met canola onder besproeiing
Navorsers:
Dr AA Nel – LNR-IGG
Prof G Viljoen – U.V.
|
|
|
Projek 2.2.9: Die inkomste- en kosteberaming (Combuds) vir canola, lupiene en koring in die verskillende verbouingsgebiede in die Wes- en Suid-Kaap.
Navorser: Mnr JSG Joubert
Instansie: Proteïennavorsingstigting
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Die opstel van vergelykbare inkomste- en kosteraming vir canola, lupiene en koring. Hieruit kan elke produsent dan met die invoeg van sy eie syfers verder sy eie berekening maak.
|
|
–
|
Inligting uit hierdie projekte behoort voldoende te wees ten opsigte van die mikro ekonomiese-aspekte.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
|
2.10
|
Program: Benutting van produkte deur diere
Canola vir dierevoeding kan benut word in beide die volvet en oliekoek vorm. Die volvet vorm verskaf nagenoeg 20 tot 24% proteïen en 36 tot 46% olie. Terwyl die oliekoek nagenoeg 35% proteïen bevat en 6 tot 8% olie.
Die jongste projek is voltooi in 2005 en het bruikbare inligting gelewer.
|
|
|
2.10.1
|
Projek: Aanwending van voerensieme om die benutting van Soetlupien, volvet canola en canola-oliekoek bevattende diëte vir hoenders en varke te verbeter
Navorser: Dr TS Brand
Instansie: Departement Landbou, Wes-Kaap
|
|
|
|
•
|
Doelwit
|
|
–
|
Om die waarde van plaaslike geproduseerde lupiene, volvet canola en canola-oliekoek vir enkelmaagdiere te bepaal en tegnieke te toets om benutting te verbeter.
|
|
|
|
2.10.2
|
Opsomming
|
|
|
|
•
|
Vorige werk van Dr Brand sluit in:
|
|
–
|
Riglyne vir die ideale insluitingspeile van soetlupiene, volvet canola- en canola-oliekoek in diëte van braaikuikens, speenvarke en groeivarke.
|
|
–
|
Die uiteensetting van die konsentrasies van die belangrikste nutriente en teenvoedingsfaktore in plaaslik geproduseerde lupiene, canola asook faba- en narbonbone.
|
|
–
|
Die energiewaarde vir varke en die aminosuursamestelling van plaaslik geproduseerde lupiene, erte, fababone en narbonbone.
|
|
–
|
Die invloed van die insluiting van canola, lupiene en canola-oliekoek in diëte op die vetsuurprofiele van braaikuikens en varke.
|
|
–
|
Die benutting van canolastoppel as weiding deur skape.
|
•
|
Ander werk sluit in:
|
|
–
|
Die effek van canolasaad op die produktiwiteit van eerste laktasie holstein verse.
Prof LJ Erasmus
LNR-Dierevoeding en Diereprodukte Instituut
|
|
–
|
Evaluering van canola en lupiene vir voeding van varke en pluimvee.
Prof RM Gous
Universiteit van Natal
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
3.
|
MANNEKRAGPLAN
|
|
Die PNS het geen navorsers van sy eie nie. Dus word daar gebruik gemaak van ander instansies om navorsingsprojekte uit te voer. Die volgende instansies is van die mees prominente:
|
|
•
|
LNR-institute
|
•
|
Universiteit Stellenbosch
|
•
|
Universiteit van Natal
|
•
|
Universiteit Vrystaat
|
•
|
Universiteit van Noordwes
|
•
|
Universiteit Pretoria
|
•
|
Departement Landbou, Wes-Kaap
|
•
|
Departement Landbou, KwaZulu-Natal
|
|
|
Vir tegnologie-oordrag het die PNS vier kontrakteurs wat op deeltydse basis inligting oordra. Hierdie persone bedien die volgende gebiede:
|
|
•
|
Mpumulanga, Gauteng en Limpopo (Standplaas Pretoria)
|
•
|
Oos-Kaap (Standplaas Bathurst)
|
•
|
Wes-Kaap (Standplaas Elsenburg)
|
•
|
Vrystaat (Standplaas Bethlehem)
|
|
|
Verder word gebruik gemaak van die beamptes van Departement Landbou, KwaZulu-Natal vir die bedryf van 'n Supersojaproduksie kompetisie te Dundee en te Cedara.
Aansluitend hierby word beamptes van Departement Landbou, Wes-Kaap gebruik om 'n Supercanolaproduksie kompetisie te bedryf in die Swartland en in die Rûens.
Die Superproduksie kompetisies behaal groot sukses om inligting oor verbouing van die gewasse aan produsente oor te dra.
Die PNS-kontrakteurs bevorder die produksie van sojabone, canola en lupiene deur middel van Strookdemonstrasies en direkte oordra van inligting. Inligtingsdae word ook gereeld aangebied.
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
4.
|
BEMARKINGSPLAN
Die PNS is nie self direk betrokke by bemarking nie. Dit is egter belangrik dat die PNS moet seker wees dat die produkte wat hy bevorder maklik deur produsente bemark kan word.
Weens onkunde oor die opberging van canola het 'n groep onderleiding van Mnr GJH Scholtemeijer van die PNS 'n studie-toer na Australië onderneem. Die Scholtemeijer-verslag het die weg gebaan vir die suksesvolle opberging van canola in Suid-Afrika. Dit het bygedra tot die herstrukturering van 'n oliepers by Swellendam (SOILL).
Olieperse en veevoerfabrieke in die winterreënvalstreek is die logiese mark van canola verbou in die streek.
Tans is daar voldoende ontvangspunte in die Wes-Kaap vanweë reëlings deur SOILL met die Koöperasies en Landbou maatskappye. Verder word canola ook direk ontvang deur veevoermaatskappye.
Voldoende ontvangspunte vir canola is ook beskikbaar in die sentrale besproeiingsgebiede.
Aangesien daar oor die afgelope ses jaar meer as 70% van die plaaslike behoefte aan oliekoek en meer as 50% van die plaaslike behoefte aan olie ingevoer is, is daar nie sprake van 'n oorproduksie van 'n gewas soos canola nie. Uitbreiding van produksie word dus met vrymoedigheid aangemoedig.
Verskeie instansies is tans besig om ondersoek te doen na die lewensvatbaarheid van canola-produksie met die oog op vervaardiging van Bio-diesel uit die olie. Voorbeeld hiervan is 'n instansie soos PhytoEnergy GmbH wat reeds besig is om aanplanting van canola in die Oos-Kaap te promoveer. Hulle beplan 'n aanleg in Oos-London om Bio-diesel te produseer en dit dan uit te voer na Duitsland. Indien hierdie beplannings realiseer sal daar groot hoeveelhede canola-oliekoek beskikbaar kom vir die plaaslike veevoermark.
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
5.
|
FINANSIËLE PLAN
|
|
•
|
Die fondse van die PNS word op 'n professionele wyse deur twee groot Fonds-bestuurders belê en bestuur.
|
|
•
|
Tot dusver het die PNS jaarliks voldoende fondse beskikbaar gehad om die navorsing wat gedoen kan word te befonds.
|
|
•
|
In die geval van die LNR-institute word navorsingsprojekte op 'n 50:50 basis befonds. Aan Universiteite en Departement van Landbou word die lopende bedryfskostes betaal.
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|
 |
6.
|
OPSOMMING
|
|
6.1
|
Tans dra die PNS finansieel by tot die uitvoering van 20 projekte op canola. Omdat die navorsingskapasiteit van die LNR baie verswak het is daar nie tans aanvraag vir meer projekte nie.
|
|
6.2
|
Die Tegnologieplan is gerig op die bevordering van die verbouing van canola hoofsaaklik in die Winter-reëngebied (Droëland) en die Sentrale besproeiingsgebied (Besproeiing). Die Sentrale Besproeiingsgebied sluit die groter gebiede van Vaalharts, Rietrivier, Hopetown, Douglas en Prieska in.
|
|
6.3
|
Alhoewel canola in alle gebiede waar koring verbou word, ook verbou kan word sal ander gebiede (anders as die in 6.2) later aandag kry.
|
|
6.4
|
Ten opsigte van cultivarontwikkeling is die volgende van toepassing:
|
|
|
•
|
Cultivarevaluasie van cultivars wat in Suid-Afrika beskikbaar is kry optimum aandag;
|
•
|
Die ontwikkeling van 'n plaaslike teeltprogram word nie tans geregverdig deur die omvang van die bedryf nie;
|
•
|
Gevolglik is die ontwikkeling van 'n kiemplasmabank ook nie nodig nie;
|
•
|
Dit is egter noodsaaklik dat die introduksie van nuwe cultivars aktief en omvangryk moet wees. Die introduksieprojek behoort dus op eie bene te staan en materiaal van ander oorsprong as net Australië in te sluit, veral met die oog op verbouing in die kouer sentrale besproeiingsgebied;
|
|
|
6.5
|
Verbouingspraktyke behoort meer aandag te kry veral in die sentrale besproeiingsgebiede. Aspekte soos vestigingsmetode, plantdatum ens, vereis meer navorsing. Ten opsigte van wisselboustudies is die huidige omvang voldoende behalwe dat nog 'n terrein (Behalwe Vaalharts) in die sentrale besproeiingsgebied nodig is.
|
|
6.6
|
Bemesting van canola kry tans voldoende aandag. Indien al die prioriteite soos genoem in 2.3 aandag kry sal dit die belangrikste behoeftes ondervang.
Pro-aktiewe werk om olie-inhoud te verhoog met die oog op Bio-diesel produksie moet aangemoedig word. Weens 'n te kort aan navorsers kan daar nie dadelik aandag hieraan gegee word nie.
|
|
6.7
|
Onkruidbeheer en veral chemiese onkruidbeheer in canola is goed omskryf in die verbouingsriglyne.
Waar raaigras 'n probleem is by koringverbouing word canola wat triasien weerstand het gebruik in wisselbou met koring. Raaigras word dan met simasien beheer tydens die canola-fase.
Daar is 'n omvattende beheerstrategie uitgewerk en geïmplimenteer vir die hantering van die probleem van onkruiddoderweerstand wat voorkom by graangewasverbouing in die Wes-Kaap.
|
|
6.8
|
Die volgende siektes hou die belangrikste gevaar in vir canolaverbouing in die Wes-Kaap:
|
|
|
Swartstam
|
= Leptosphaeria maculans
|
Stamvrot
|
= Sclerotinia sclerotiorum
|
Grondgedraagde siektes soos Rhizoctonia en Pythium.
|
|
|
|
Die siektes Swartstam en Rhizoctonia word in lopende projekte ondersoek (Kyk 2.5).
Navorsing (pro-aktief) op stamvrot (Sclerotinia) en Pythium behoort aangemoedig te word alhoewel dit nie tans 'n groot probleem is nie.
Ten opsigte van grondgedraagde siektes in die algemeen is 'n saadbehandelingsmiddel getoets en is daar by Syngenta aanbeveel om die middel te registreer vir gebruik op canola in Suid-Afrika.
In die Sentrale Besproeiingsgebied word siektes gemonitor in die wisselbouprojek (Projek 2.2.8) te Vaalharts.
|
|
6.9
|
Die verbouingsriglyne verskaf inligting met goeie beheermaatreëls en drumpelwaardes vir die bogrondse insekte in canola.
Probleme met grondinsekte en plae soos slakke, isopoda en andere word ondersoek in Projek 2.6.1.
Die ruitrugmot hou groot potensiële gevaar in aangesien dit bekend is dat dit maklik weerstand ontwikkel teen chemiese beheer. Gevolglik is dit noodsaaklik dat ‘n geïntegreerde beheerstrategie uitgewerk moet word en aan produsente beskikbaar gestel moet word om hierdie moontlike probleem te voorkom.
|
|
6.10
|
Die oestegnieke van canola kry aandag onder projek 2.7.1. Hierdie projek moet voortgesit word sodra die nodige mannekrag gevind word. Daar bestaan egter nie 'n krisis in die verband nie.
|
|
6.11
|
Die kwaliteit en faktore wat kwaliteit van canola beïnvloed behoort meer aandag te kry. Aspekte wat veral belangrik is, is die volgende:
|
|
|
•
|
Invloed van plantdatum (omgewingsfaktore soos temperatuur ensomeer) op olie- en proteïeninhoud van canolasaad;
|
•
|
Faktore wat groenkorrels veroorsaak;
|
•
|
Invloed van swael (S) op erukasuur- en glikosinolaat-inhoud asook op opbrengs.
|
|
|
6.12
|
Die mikro ekonomiese-aspekte word voldoende ondersoek in verskeie wisselbouprojekte (Projekte 2.2.6, 2.2.7 en 2.2.8)
Die PNS (Mnr JSG Joubert) het "Combuds" (Inkomste- en kosteberaming) opgestel vir canola, lupiene en koring. Hieruit kan elke produsent sy eie berekening maak of dit geregverdig is om canola in te sluit in sy wisselboustelsel.
|
|
6.13
|
Benutting van canola en canola-produkte deur diere is altyd belangrik maar daar is tans voldoende inligting beskikbaar oor die benutting van canola in voerrantsoene byvoorbeeld:
|
|
|
•
|
Projek 2.10.1 is pas voltooi en het bruikbare inligting gelewer;
|
•
|
Werk is gedoen op die benutting van canola-stoppel deur skape. Gunstige resultate is gevind;
|
•
|
Werk op canola-graan by verskeie instansies het getoon dat canola in beide vorms (volvet en oliekoek) met positiewe gevolge in rantsoene ingesluit kan word;
|
|
|
6.14
|
Die PNS benut vir navorsingswerk die navorsers van ander instansies (LNR, Universiteite, Departemente van Landbou en privaatmaatskappye).
Die afname in getalle navorsers by die LNR werk stremmend in op die navorsingsprogram. Die PNS is reeds besig met pogings om in samewerking met die LNR meer instansies te probeer betrokke kry by navorsing.
|
|
6.15
|
Volgens 'n opname wat deur PNS gedoen is, is daar vir die huidige produksie van canola voldoende bemarkingsgeleenthede en aanvraag binnelands. Selfs aansienlike uitbreiding sal steeds hanteer kan word. Oorproduksie is nie 'n gevaar nie aangesien meer as die helfte van die oliekoek en ook kookolie, tans ingevoer word.
Die moontlikheid dat canola benut kan word vir Bio-diesel produksie wat tans ondersoek word kan lei tot groot uitbreiding in die oppervlakte onder canola en dus groot toename in beskikbaarheid van oliekoek vir veevoerdoeleindes.
|
|
6.16
|
Die Besigheidsplan vir canola dui aan die siening van die PNS ten opsigte van die mees noodsaaklike werk wat gedoen word en behoort gedoen te word om die verbouing van canola in Suid-Afrika te ondersteun en verder uit te bou.
Behalwe dit wat reeds gedoen word behoort die volgende eerste aandag te kry:
|
|
|
6.16.1
|
Opstel van 'n geïntegreerde beheerstrategie vir beheer van ruitrugmot;
|
|
|
6.16.2
|
Bekombaarheid van nuwe cultivars;
|
|
|
6.16.3
|
Navorsing soos en wanneer moontlik op:
|
|
|
|
•
|
Beheer van Sclerotinia (Stamvrot);
|
•
|
Beheer van grondgedraagde siektes veral Pythium;
|
•
|
Pro-aktiewe ondersoek na faktore wat olie-inhoud verhoog;
|
•
|
Faktore wat graankwaliteit van canola beïnvloed;
|
•
|
Verbouingsfaktore vir verbouing in die Sentrale Besproeiingsgebied.
|
|
| [ TERUG NA INHOUDSOPGAWE ]
|