|
Fondse word jaarliks beskikbaar gestel vir beurse om verdienstelike kandidate die geleentheid te bied om 'n M- of D-graad te verwerf. In die geval van 'n M-graad is die oogmerk om kapasiteit te skep by diesulkes wat hul in staat sal stel om 'n bydrae te maak tot hoë gehalte wetenskaplike navorsing in proteïen-voorsiening en/of proteïenbenutting ten opsigte van dierevoeding.
Omdat dit die hoofdoel is om navorsers op te lei en 'n M-graad as voldoende opleiding beskou word, sal beurse vir 'n D-graad slegs oorweeg word indien die studie-onderwerp van besondere belang is vir die PNS.
Suksesvolle kandidate moet 'n goedgekeurde navorsingsprojek uitvoer onder leiding van 'n erkende studieleier by 'n erkende universiteit en die projek moet aangewend word as gedeeltelike vereiste vir 'n nagraadse kwalifikasie.
Ons maak staat daarop dat universiteite aansoeke krities sal evalueer, nuwe aansoeke in prioriteits-volgorde sal lys en slegs die bestes aansoeke sal indien. Slegs aansoeke wat deur universiteite voorgelê is, sal oorweeg word - sluitingsdatum vir beursaansoeke: 30 September.
Maak seker om die volgende skakel uit te druk en te lees: " Vereistes van Beurse ".
|