HOME PAGE SECTION
RESEARCH PROJECTS
BURSARIES & AWARDS
BIOFUELS AND BY-PRODUCTS
STATISTICS & ESTIMATES
NEWSLETTERS & OTHER MEDIA
REPORTS
RESEARCH REPORTS
2007 - 2008
AFRIKAANS
ENGLISH
AFRIKAANS 2006
AFRIKAANS 2005
STUDY TOURS
ARCHIVES
WORKING GROUP MINUTES
ARCHIVES
CONTACT US
SEARCH SITE
PLEASE CLICK ON THE LINKS BELOW TO VIEW EACH FILE
.. INLEIDING .. .. ALGEMENE OORSIG .. .. BELEIDSBESLUITE .. .. PROJEKTE GEFINANSIER .. .. PROJEKTE AFGEHANDEL OF AANSIENLIK GEVORDER .. .. PROTEIENBRONNE .. .. KORT- EN MEDIUMTERMYN BEHOEFTES AAN VISMEEL EN OLIEKOEK .. .. STUDIEBEURSE .. .. PRESTASIETOEKENNINGS .. .. SLOT .. .. BYLAE I .. .. BYLAE II .. .. BYLAE III .. .. BYLAE IV ..
NAVORSINGSVERSLAG VIR 2007 / 2008
1.
INLEIDING

Die jaarlikse Navorsingsverslag van die Proteïennavorsingstigting (PNS) het ten doel om alle belanghebbendes en belangstellendes op hoogte te hou met die doen en late van die PNS en diegene wat deur die PNS befonds word in 'n poging om Suid-Afrika in 'n toenemende mate onafhanklik te maak van ingevoerde proteïen vir diereverbruik.

Die speelveld verander jaarliks sodanig dat die PNS dit noodsaaklik vind om op 'n deurlopende basis op hoogte te bly met nasionale en internasionale verwikkelinge op daardie gebiede wat vir die PNS van belang is.

Na aanleiding van bogenoemde neem die PNS Raad beleidsbesluite waaroor hieronder gerapporteer word en uiteraard word ook 'n algemene oorsig gegee van die huidige speelveld en die gevolge van vorige jare se beleidsbesluite.

Die refrein van verminderde Staatsbetrokkenheid by navorsing en navorsingsbefondsing word reeds vir bykans 10 jaar herhaal, maar die einde is nog steeds nie in sig nie. Die sogenaamde "10 jaar van demokrasie" is met groot gejuig herdenk, maar die ekonomiese waarhede van foute die afgelope 10 jaar, veral ten opsigte van landbou, word tans 'n koue werklikheid wat reeds internasionaal uitgelig word. Die PNS is dankbaar en trots dat hierdie navorsingsverslag en die kwaliteit van die inhoud steeds moontlik was ten spyte van bogenoemde. Net soos die PNS se aksies tot voordeel van alle mense in Suid-Afrika is, ongeag, so vertrou die PNS dat sy doelstellings en aksies, ook van Regeringskant ondersteun sal word tot voordeel van Suid-Afrika en al sy mense.

Die PNS spreek die vertroue uit dat volgende navorsingsverslae gekenmerk sal word deur hernieude vertroue in en vooruitgang van navorsing ten opsigte van proteïen vir diereverbruik en bewyse dat toenemende selfvoorsiening in Suid-Afrika 'n belangrike oogmerk is en dat vordering ten opsigte van hierdie ideaal inderdaad gemaak word.

Kliek hier om die 53-bladsy Navorsingsverslag (in PDF-formaat) te lees in u internet venster of kliek met u regterkantste muisknoppie om die verslag af te laai vanaf die internet  [ ± 640KB ]

 
Printer Compatible Page

TIGBase Prominences V2.2 20061117 -internet- created with PHP4 by  TIGME.COM   © Copyright Content & Photographs :: PROTEIN RESEARCH FOUNDATION & TIGME.COM