HOME PAGE ABOUT US CONTACT US MISSION & VISION DISCLAIMER FORTHCOMING EVENTS INTERNET LINKS
CROPS
RESEARCH PROJECTS
BURSARIES & AWARDS
BIOFUELS AND BY-PRODUCTS
STATISTICS & ESTIMATES
INCOME & COST BUDGETS
NEWSLETTERS
REPORTS
RESEARCH REPORTS
2009 - 2010
AFRIKAANS
ENGLISH
2008 - 2009
AFRIKAANS
ENGLISH
2007 - 2008
AFRIKAANS
ENGLISH
AFRIKAANS 2006
AFRIKAANS 2005
STUDY AND BUSINESS TOURS
ARCHIVES
WORKING GROUP MINUTES
GALLERY
WSRC 2013
ARCHIVES
SEARCH SITE

> REPORTS > RESEARCH REPORTS > 2009 - 2010 > AFRIKAANS > 2009/2010
PLEASE CLICK ON THE LINKS BELOW TO VIEW EACH FILE
.. 2009/2010 .. .. ALGEMENE OORSIG .. .. BELEIDSBESLUITE .. .. PROTEIENBRONNE .. .. PROJEKTE GEFINANSIER .. .. PROJEKTE SUKSESVOL AFGEHANDEL .. .. STUDIEBEURSE .. .. PRESTASIETOEKENNINGS .. .. SLOT .. .. BYLAE I .. .. BYLAE II .. .. BYLAE III .. .. BYLAE IV ..
NAVORSINGSVERSLAG VIR 2009 / 2010
1.
INLEIDING

Die visie- en die missie van die PNS is van groot belang vir alle Suid-Afrikaners. Geen ander instansie in Suid-Afrika wend enige poging aan om deur middel van invoervervanging van proteïen vir diereverbruik valuta te bespaar, werksgeleenthede te skep en terselfdertyd 'n besondere bydrae te maak tot voedselsekerheid in Suid-Afrika.

Die hoofdoelstelling van die PNS, naamlik om meer proteïen plaaslik te produseer om ingevoerde proteïen te vervang impliseer baie duidelik dat daar nie voldoende proteïen vir diereverbruik in Suid-Afrika geproduseer word nie. Die feit dat daar groot hoeveelhede proteïen vir diereverbruik ingevoer moet word, beteken dat Suid-Afrika ten opsigte van vleis, eiers, melk, ensovoorts nie selfvoorsienend is nie en dus bestaan daar ten opsigte van hierdie aspekte geen voedselsekerheid nie.

Die Raad van die PNS poog om met hierdie verslag 'n meer volledige prentjie te skep rondom die aangeleentheid van proteïen vir diereverbruik en die effek daarvan op proteïen vir menslike verbruik, die skepping van werksgeleenthede en voedselsekerheid. Ons glo ook dat diegene wat hierdie verslag bestudeer en na aanleiding daarvan 'n bydrae kan maak om die visie- en missie van die PNS te bevorder, 'n besondere diens sal lewer aan alle mense in Suid-Afrika.

Die gebrek aan voldoende befondsing van navorsing en ook die ondoeltreffende besteding van fondse bestem vir navorsing, laat die vraag ontstaan of beleidmakers werklik ernstig is met voedselsekerheid vir Suid-Afrika. Daar word voortdurend groot gewag gemaak van die potensiaal van Afrika. Dit hou ook 'n positiewe boodskap in vir die ekonomie van Suid-Afrika maar die negatiewe sy daarvan is dat indien daar ernstige tekorte ontstaan, kan die res van Afrika geen bydrae maak tot voedselsekerheid en sal ellende en honger, soos tans die geval is in baie lande, net in groter mate toeneem. Indien Suid-Afrika nie vir homself sorg, sal niemand anders in tye van nood, vir Suid-Afrika sorg nie.

Die PNS wil die vertroue uitspreek dat die verskillende betrokke Regeringsdepartemente kennis sal neem van die werksaamhede van die PNS en ook die moontlikheid om met behulp van die Regering 'n besondere bydrae te kan maak tot werkskepping, invoervervanging, voedselsekerheid en veral ook proteïen wat nie net deur diere verbruik kan word nie, maar ook deur die mense van Suid-Afrika.

Kliek hier om die 69-bladsy Navorsingsverslag (in PDF-formaat) te lees in u internet venster of kliek met u regterkantste muisknoppie om die verslag af te laai vanaf die internet  [ ± 1.6MB ]

 
Printer Compatible Page

TIGBase Prominences V2.2 20061117 -internet- created with PHP4 by  TIGME.COM   © Copyright Content & Photographs :: PROTEIN RESEARCH FOUNDATION & TIGME.COM