|
|
 |
| PLEASE CLICK ON THE LINKS BELOW TO VIEW EACH FILE |
 |
|
.. ..
.. ..
.. ..
|
 |
 |
 |
| NOTULE VAN DIE
|
| CANOLAWERKGROEP VERGADERING
|
| GEHOU OP 27 AUGUSTUS 2009 TE ELSENBURG
|
 |
1.
|
OPENING EN VERWELKOMING
|
|
Mnr Cumming open die vergadering met gebed. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig.
|
2.
|
PRESENSIE
|
|
Teenwoordig
|
Mnr GJH Scholtemeijer
|
PNS (Voorsitter)
|
|
Dr M Griessel
|
PNS
|
|
Dr J de Kock
|
PNS
|
|
Mnr JG Loubser
|
PNS
|
|
Dr J Strauss
|
DLWK
|
|
Dr M Hardy
|
DLWK
|
|
Mnr H Cerfonteyn
|
DLWK
|
|
Mnr P Lombard
|
DLWK
|
|
Mnr I Slabbert
|
DLWK (Moorreesburg)
|
|
Me A Swanepoel
|
DLWK
|
|
Me L Smorenburg
|
DLWK
|
|
Mnr PS Uys
|
CBK
|
|
Mnr K Schonken
|
GSA
|
|
Mnr JJ Bester
|
GSA
|
|
Mnr H van Vuuren
|
Kaap Agri
|
|
Mnr P Laubscher
|
Overberg Agri
|
|
Mnr C Cumming
|
Bayer Crop Science
|
|
Mnr J McDermott
|
Du Pont
|
|
Mnr JJ Bruwer
|
SSK
|
|
Me E Hough
|
MKB
|
|
Prof A Agenbag
|
US
|
|
Dr G Tribe
|
LNR-NIPB
|
|
Dr S Lamprecht
|
LNR-NIPB
|
|
Mnr G Keun
|
PNS
|
|
Me L van Zyl
|
Sekretariaat
|
Afwesig met
|
Dr I Trautmann
|
DLWK
|
verskoning
|
Dr T Brand
|
DLWK
|
|
Mnr N Kotzé
|
Agricol
|
|
Mnr J Lusse
|
Overberg Agri
|
|
Me A Enslin
|
SAGIS
|
|
Mnr P von Nieuwholtz
|
Gellman Saad
|
|
Mnr K Becker
|
SOILL
|
|
Dr J Labuschagne
|
DLWK
|
|
Me R Beukes
|
NOK
|
|
Dr D Troskie
|
DLWK
|
|
Mnr J Smuts
|
CBK
|
|
|
|
|
4.
|
VASSTELLING VAN SAKELYS
|
|
|
– Negatiewe e-pos oor kwaliteit van canola.
– Invloed van canola op Kaapse fynbos.
|
|
5.
|
NOTULE VAN DIE VORIGE VERGADERING
|
|
|
Die notule van die vergadering gehou op 11 Junie 2009 word as gelese beskou en met wysigings goedgekeur.
Bl. 2, punt 6.1.1, derde paragraaf verander na "... moontlik meer aan siektes onderhewig sal wees ..."
Bl. 3, punt 6.6 verander eerste en tweede sin: "... internasionale mark. Volgens aanduidings ..."
Bl. 5, punt 6.7 verander na: "... Glucosinolates that are ..." en "... whole roots and root rot severity."
Bl. 5, punt 6.7, tweede laaste paragraaf: "Soilborne disease problems should ..."
Bl. 7, punt 7.1.4, Opskrif: "Effek van saadgrootte op kiemkragtigheid van die saad"
Bl. 7, punt 7.2.2, eerste sin verander :"... terugvoering oor ... sal gee."
Daar word besluit dat die notule van 11 Junie 2009 na die Bemarkingskomitee verwys word vir plasing op die PNS-webblad.
|
|
6.
|
ALGEMENE OORSIG
|
6.1
|
Winterreënstreek
|
6.1.1
|
Swartland / Suid-Kaap
|
|
|
In die grootste gedeelte van die Swartland lyk die canola op hierdie stadium baie goed. Daar word vanjaar probleme met slakke ondervind, maar dit word reeds deur die CBK en dr Tribe aangespreek. Produsente word geadviseer na aanleiding van die ondervinding wat in die Suid-Kaap opgedoen is. 'n Kombinasie van slakpille wat beide slakke en isopoda beheer en tydens saaityd gestrooi word, lewer nog die beste resultate.
In die Swellendam/Heidelberg area lyk die grane goed, maar kort dringend reën om hulle potensiaal te bereik.
Die Overberg Agri gebied beleef sover ook 'n goeie seisoen en 'n goeie opbrengs word verwag. Geen slakke of isopoda is in die Suid-Kaap waargeneem nie. Produsente volg nou die praktyk om slakpille ook as opvolgbehandeling vir 'n tweede keer te strooi.
Dr Hardy rapporteer dat daar ook in die wisselbouproewe te Langgewens slakke gevind is, veral in die lande met die brakker grond. Daar is ook probleme ten opsigte van die groeikragtigheid van sekere kultivars, veral Tornado en Thunder ondervind. Dit blyk dat van die TT-kultivars se ontkiemingspersentasie voldoen aan die wetlike vereistes, maar dat die groeikragtigheid nie na wense is nie (veral in die swaarder grondtipes). Wanneer probleme ten opsigte van groeikragtigheid ondervind word, verhoog dit die risiko's ten opsigte van siektes.
Die saadmaatskappye van wie ons saad ingevoer word, het die versekering gegee dat die saad wel aan die vereiste standaarde voldoen. Dit is tog die tendens dat 'n groter saad beter groeikragtigheid as kleiner saad sal hê, omdat dit meer reserwe het. Die afleiding word gemaak dat die probleme by Langgewens as gevolg van 'n kombinasie van toestande, omgewingstoestande ingesluit, kan wees.
|
6.1.2
|
Oos-Kaap
|
|
|
Geen nuwe inligting word gerapporteer nie. Die Voorsitter sal met Phyto Energy se bestuur gesprek voer en terugvoering gee.
|
|
|
Voorsitter
|
6.2
|
Somerreënvalstreek
|
|
|
Sover bekend is geen aanplantings in die somerreënvalstreek gemaak nie.
|
6.3
|
Weervooruitskatting
|
|
|
Mnr Cerfonteyn gee 'n oorsig oor die afgelope maande se reënval en verskaf die weervooruitskouing vir die volgende periode. Volgens die huidige inligting word normale reënval vir September in die Swartland voorspel. Die Overberg se reënval blyk ondernormaal te wees vir September.
Die damme in die Wes-Kaap is op die oomblik 88% vol en nasionaal is dit 86% vol.
|
|
|
Mnr Cerfonteyn
|
6.4
|
Oesskatting
|
|
|
Volgens die NOK se Augustus 2009 opname, word 45 650 ton canola van 38 050ha in die 2009 seisoen verwag.
|
|
|
–
|
SSK
|
14 000ha
|
–
|
Overberg Agri
|
11 000
|
–
|
Kaap Agri
|
10 000+
|
–
|
MKB
|
1 000
|
|
|
|
Mnr Cerfontein
|
6.5
|
SAGIS Inligting
|
|
|
Daar word besluit dat die dokumentasie soos deur SAGIS verskaf en ter inligting by die sakelys aangeheg is, aanvaar word, naamlik:
– die jongste markinligting (Augustus 2009);
– die weeklikse bulletin; en
– die maandelikse bulletin.
|
6.6
|
Prysvooruitskatting en Internasionale Markinligting
|
|
|
Dr Griessel rapporteer oor die internasionale mark. Die wêreldvoorraad van sojabone in die uitvoerlande is op die oomblik baie laag, naamlik 37,48 miljoen ton teenoor 66,14 miljoen ton in 2007. Die wêreldproduksie van oliesade in 2009/10 was 415,9 miljoen ton en die wêreldproduksie van canola word op 54,3 miljoen ton geskat. Alhoewel daar 'n gesonde situasie ten opsigte van oliesade vir einde 2010 voorspel word, kan daar 'n voorsieningsprobleem van nou tot Maart 2010 ontstaan.
Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad op 26 Augustus 2009 beloop R4 149. Wisselkoers = R7,85.
|
6.6.1
|
Canola
|
|
|
Die afgeleide waarde van volvet Canola (teenoor sojaboon-oliekoek) is soos volg:
|
|
|
Pluimvee (94%)
|
R3 900
|
Varke (100%)
|
R4 149
|
Suiwel (58%)
|
R2 406
|
|
|
|
Die relatiewe waarde van Canola oliekoek (met minder as 1% vet) is dus soos volg:
|
|
|
Pluimvee (53%)
|
R2 199
|
Varke (65%)
|
R2 697
|
Suiwel (60%)
|
R2 489
|
|
6.6.2
|
Produsentepryse vir canola
|
|
|
SOILL het die volgende kontrakpryse bekend gemaak:
|
|
|
– Finale Prys
|
R3 000
|
– Vaste prys
|
R2 850
|
– Minimum prys
|
R2 750
|
|
|
7.
|
NAVORSING
|
7.1
|
Nasionale Kultivarproewe
|
7.1.1
|
Resultate 2008
|
|
|
Daar word kennis geneem dat
|
|
|
–
|
die resultate ten opsigte van olie opbrengs per ha, die ru-proteïen opbrengs per ha, die persentasie olie-inhoud en proteïeninhoud aan die vergadering voorgehou word;
|
–
|
die olie-inhoud soos in die verslag aangedui volgens die vergadering se mening onaanvaarbaar laag is; en
|
–
|
die olie-inhoud van die kultivarproewe (2008) en dié van SOILL en 'n kontrole laboratorium vergelyk is, dit aansienlik verskil het en die ontledings weer herhaal sal word.
|
|
|
|
Daar word besluit dat die ontledings deur die DLWK laboratorium en kontrole laboratoriums weer herhaal moet word sodat die mees akkurate resultate voorgelê kan word.
|
|
|
Mnr Lombard
|
7.1.2
|
Aanplantings vir 2009
|
|
|
Daar word oor die moontlike invloed wat die natriuminhoud van plante op pitvastheid kan hê, besin. Daar word gerapporteer dat volgens die blaarontledings in die DLWK proewe die natriumvlakke in die plante toeneem soos die N-bemesting toeneem. Volgens prof Agenbag kan hy nie uit sy proewe aflei dat hoër natriuminhoud van plante nadelig vir opbrengs of pitvastheid is nie.
Daar word besluit dat
|
|
|
–
|
die springtraagheid van kultivars tydens die proewe van mnr Lombard en prof Agenbag geëvalueer sal word en dr Strauss verder sal probeer bepaal hoe meganiese oesverliese beperk kan word; en
|
–
|
die Voorsitter die kwessie van pitvastheid ook met die Kanadese Canola Vereniging sal opvolg en terugrapporteer.
|
|
|
|
Mnr Lombard
Voorsitter
|
7.1.4
|
Effek van saadgrootte op kiemkragtigheid van die saad
|
|
|
Daar word kennis geneem dat
|
|
|
–
|
die grootte van die saad nie noodwendig die kiemkragtigheid van die saad sal waarborg nie, maar dat 'n groter saad meer reserwe behoort te hê;
|
–
|
mnr Lombard in die kultivarproewe ook die kiemkragtigheid, groeikragtigheid en ander faktore wat deur saadgrootte beïnvloed kan word, sal evalueer.
|
|
|
|
Besluit dat die resultate van die proewe om die effek van saadgrootte te evalueer, na afloop van die seisoen gerapporteer sal word.
|
|
|
Mnr Lombard
|
7.2
|
Bemesting
|
7.2.1
|
"N-bemesting van canola gebaseer op N-mineralisasie en loging"
|
|
|
Prof Agenbag sal aan die einde van die seisoen terugvoering rapporteer.
|
|
|
Prof Agenbag
|
7.2.2
|
"S-bemestingsbehoeftes van canola in die produksiegebiede van die Wes-Kaap"
|
|
|
"S-bemestingsbehoeftes van canola in die produksiegebiede van die Wes- Kaap"
|
|
|
Prof Agenbag
|
7.2.3
|
Wisselbou-projek somerreënvalgebied
|
|
|
Die moontlikheid dat canola 'n needrukkende effek op opvolggewasse onder besproeiing kan hê, is opgevolg. Die proef is by Vaalharts in sanderige grond met konvensionele bewerking en vloedbesproeiing gedoen. Die voedingstatus van die grond was voldoende.
Daar word kennis geneem dat navorsingsresultate beskikbaar is wat daarop dui dat indien canola as wintergewas voor somergewasse soos mielies verbou word op grond met lae fosfaat inhoud kan canola die mikorisa wat mielies infekteer negatief beïnvloed en sodoende die mielie opbrengs verlaag.
Daar word besluit dat dr De Kock die inligting met die resultate van die wisselbou-projek onder besproeiing sal vergelyk en kyk of dit sinvol ten opsigte van die resultate van die wisselbou-projek in die somerreënvalstreek aangewend kan word.
|
|
|
Dr De Kock
|
7.3
|
Pes- en plaagbeheer
|
7.3.1
|
Monitering van insekte op Canola
|
|
|
Neem kennis dat dr Tribe se projek "Insect and other pests of canola" voortgaan en daar ook begin is om lokvalle vir slakke en isopoda in die Swartland uit te plaas. Die inligting wat tot dusver beskikbaar is, sal in 'n populêre artikel vir die Canolafokus en SA Graan gepubliseer word. Dit is nog onseker hoe en waar die slakke gedurende die somer oorleef en wat die rede is hoekom hulle sekere seisoene skielik te voorskyn kom. Die regte kombinasie van slakpille net na saaityd blyk die beste beheermetode te wees.
Daar word besluit dat die inligting wat tot dusver beskikbaar is, as 'n populêre artikel vir die Canolafokus en SA Graan gepubliseer sal word.
|
|
|
Dr Tribe
Redaksie
|
7.4
|
Bio-brandstowwe
|
|
|
Neem kennis dat geen nuwe inligting beskikbaar is nie, maar die Voorsitter enige vordering in hierdie verband sal rapporteer.
|
|
|
Voorsitter
|
7.5
|
Verlaging van saadbank
|
|
|
Daar word besluit dat dr De Kock verder navraag sal doen en die bedryf op hoogte hou ten opsigte van prosesse in Australië om oesreste meganies te vernietig in 'n poging om die raaigrassaadbank te beperk.
Die vergadering neem kennis dat dr Hardy goeie inligting ten opsigte van stelsels om raaigras te beheer uit sy navorsing bekom het.
Daar word besluit dat dr Hardy sy inligting omtrent die beheer van raaigras vir publikasie in die Canolafokus en SA Graan beskikbaar sal stel.
|
|
|
Dr Hardy
Redaksie
|
|
8.
|
TEGNOLOGIE-OORDRAG
|
8.1
|
Canolafokus
|
|
|
Besluit dat volgende artikels/kort beriggies vir publikasie in die Canolafokus aan die redaksie voorsien word:
|
|
|
–
|
Data oor stelsels om raaigras te beheer - Dr Hardy;
|
–
|
Artikel deur dr Tribe insake slakbeheer;
|
–
|
Samevatting van die probleme wat in die 2009 proef te Langgewens ondervind is - Dr Hardy;
|
–
|
Praktiese wenke ten opsigte van beperking van oesverliese; en
|
–
|
Inligting om die negatiewe e-pos wat die rondte doen te weerlê - Prof Agenbag
|
|
|
|
Redaksie
|
8.2
|
Inligtingsdae 2009
|
|
|
–
|
Roodebloem Boeredag
|
1 September
|
–
|
Riversdal Boeredag
|
3 September
|
–
|
SKOG dag
|
10 September
|
–
|
Agri Megaweek
|
15 tot 18 September
|
|
|
|
Mnr Slabbert sê dat hy in die proses is om die deelnemers aan die Canola-kompetise se individuele plase te besoek en dat hy soms van die navorsers/lede van die Canola Werkgroep sal nooi om 'n besoek mee te maak.
|
8.3
|
Registrateur Wet 36 (Fertilizers, Farm feeds, Agricultural Remedies and Stock Remedies Act)
|
|
|
Neem kennis dat geringe vordering ten opsigte van die registrasie van nuwe chemiese middels gerapporteer kan word, naamlik dat die registrateur se kantoor die vakante poste adverteer het. Beskikbaarheid van toksikoloë bly egter 'n probleem.
|
|
|
Mnr Cumming
|
8.4
|
Saadbehandeling teen Swamme en Insekte by canola – Aansoek vir Registrasie van Cruiser op canola
|
|
|
Besluit dat verslag ten opsigte van die registrasie van Cruiser gegee sal word sodra daar enige vordering is.
|
|
|
Sekretaris
|
|
9.
|
BEHOEFTES VAN
|
9.1
|
Mark – Canola
|
9.1.1
|
Statutêre Graderingsregulasies
|
|
|
Neem kennis dat 'n afskrif van die afgekondigde graderingsregulasies ter inligting by die sakelys aangeheg is en dat die bedryf tevrede is dat dit goed in die praktyk werk.
|
9.2
|
Produsente – Canola
|
9.2.1
|
Canola oesverliese
|
|
|
Dr Strauss is besig met sy navorsingsprojek oor oesverliese en die beperking daarvan. Daar is verskeie redes wat 'n rol kan speel, byvoorbeeld of die stroper reg ingestel is en of die canola egalig platgesny is. Daar moet ook seker gemaak word dat die oespotensiaal-bepaling akkuraat gedoen word.
Dr Strauss sal gedurende September 2009 'n besoek aan Australië bring.
Besluit dat dr Strauss verdere verloop van die projek na afloop van die 2009 oes sal rapporteer.
|
|
|
Dr Strauss
|
|
10.
|
SAAD
|
10.1
|
Saad – Canola (beskikbaarheid / pitgrootte)
|
|
|
Neem kennis dat landboubesighede voortgaan om namens die produsente pitgrootte te monitor en monsters van saadlotte wat vir kommersiële aanplantings ingevoer word, te evalueer veral ten opsigte van die invloed wat pitgrootte op die vestigingspersentasie en groeikragtigheid van plante het. Die saadmonsters was vanjaar bevredigend.
|
10.2
|
Saad – Lupiene
|
|
|
PNS herhaal die versoek dat enigiemand in die bedryf wat sou belangstel om die beskikbare lyne wat deur die PNS ontwikkel is, oor te neem met die PNS daaroor kan onderhandel.
|
|
|
Mnr Lusse
|
|
11.
|
ANDER SAKE
|
11.1
|
Inligting vir plasing op die PNS webblad en nuusbrokkies
|
|
|
Daar word versoek dat lede goeie kleurfotos vir plasing op die webblad aan die kantoor beskikbaar moet stel.
Dr Hardy sal sy artikel ten opsigte van die beheer van raaigras vir plasing op die webblad beskikbaar stel.Dr Hardy sal sy artikel ten opsigte van die beheer van raaigras vir plasing op die webblad beskikbaar stel.
Prof Agenbag se artikel oor die kwaliteit en waarde van canola vir menslike gebruik sal ook geplaas word sodat dit as verwysingsbron gebruik kan word.
|
|
|
Almal
|
11.2
|
Inkomste- en Kosteberamings 2009
|
|
|
Die 2009 inkomste- en kosteberaming ten opsigte van canola, lupiene, koring en gars was ter inligting by die sakelys aangeheg. Daar word kommer uitgespreek omdat die bruto marge van die verskillende streke so baie verskil. Daar word oor die moontlike redes en hoe die praktyke in die verskillende gebiede verskil, besin. Daar word byvoorbeeld die meeste canola in die SSK gebied geproduseer, terwyl die laagste opbrengs daar gerealiseer word. Die idee is dat canola 'n finansieel kompeterende gewas moet wees en dat produsente aangemoedig sal word om dit as 'n volwaardige gewas te hanteer. Dit gebeur nog soos in die Porterville area dat canola slegs vir onkruidbeheer in 'n wisselboustelsel geplant word en daar nie die nodige insette gemaak word om die gewas tot sy maksimum potensiaal te bevorder nie. Die uitkoms van die canola kompetisie is juis ook om die produksie van canola as 'n volwaardige gewas by produsente te promoveer.
|
|
|
Almal
|
11.3
|
E-pos oor kwaliteit van canola
|
|
|
Daar word kennis geneem dat daar weer 'n e-pos die rondte doen wat beweer dat canola olie nie vir menslike of dierlike gebruik geskik is nie. Prof Agenbag het reeds die artikel met die ware feite ten opsigte van die inhoud van canola vir publikasie beskikbaar gestel. Dit sal aan ter saaklike tydskrifte voorsien word en ook op die webbladsy geplaas word.
|
|
|
Prof Agenbag
|
11.4
|
Invloed van gm-canola op fynbos biosfeer
|
|
|
Daar word kennis geneem van 'n artikel waarin beswaar gemaak word dat GM-canola 'n nadelige effek op die inheemse fynbos van die Wes-Kaap mag hê. Daar word tans geen GM canola in Suid-Afrika geplant nie en daar word nie voorsien dat dit binnekort sal gebeur nie.
Daar word besluit dat die bewerings in die artikel bestudeer en met die saadmaatskappye opgevolg sal word.
|
|
|
Sekretaris
|
|
12.
|
DATUMS VAN 2009 VERGADERINGS
|
|
|
– 25 November – Afsluitingsfunksie (sal bevestig word).
– 26 November 2009
|
|
13.
|
AFSLUITING
|
|
|
Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.
|
|
|
|
 |
|