Canolafokus 17 Januarie 2003
Artikel indeks
Canola Cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2002
- Figuur 9: Caledon (Serjaensrivier)
- Figuur 10: Riviersonderend (Tygerhoek Saaityd 1)
- Figuur 11: Moorreesburg (Tygerhoek Saaityd 2)
- Figuur 12: Napier (Panorama)
- Figuur 13: Swellendam (Kliphoogte)
- Figuur 14: Heidelberg (Hillsdene)
- Figuur 15: Mosselbaai (Kleinberg)
- Demonstrasieproef Heidelberg
- Demonstrasieproef Malmesbury
- Demonstrasieproef Pools
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2002
DJ Hanekom, P Lombard en H De Wet
Inleiding
Canola produksie in die Wes- en Suid-Kaap gedurende die 2002 seisoen is gemerk deur besonder goeie oeste wat deur verskeie produsente behaal is. Die goeie neerslae wat gedurende die groeiseisoen in beide gebeide voorgekom het, het grootliks hiertoe bygedra. Die kennis en ervaring van produsente wat toeneem met hierdie relatief nuwe gewas het ook duidelik na vore gekom en het verseker 'n bydraende rol gespeel tot die beter opbrengste wat behaal is. Alhoewel daar steeds probleme met die gewas in sommige areas en deur van die produsente ervaar word, wil dit voorkom of al hoe meer vertroue in die potensiaal van canola as wisselbougewas geplaas word. Heelwat probleme sal egter in die toekoms nog aangespreek moet word, maar dit is duidelik dat die gewildheid van die gewas toeneem soos produsente die heilsame effek van canola waarneem. Oppervlaktes het in 2002 met bykans 37% in vergelyking met verlede jaar in die Wes- en Suid-Kaap toegeneem, met na raming sowat 32 300ha canola wat aangeplant is. Daar is ook sowat 500+ hektaar in die Somerreënval aangeplant. Die oppervlaktes (ha) wat gedurende die 2002 seisoen onder canola verbou is, het as volg daaruit gesien:
BNK | 5 100 |
CRK | 8 700 |
SSK | 8 300 |
Tuinroete Agri | 1 000 |
MKB | 3 300 |
Boland Agri | 1 000 |
WPK | 4 900 |
Somerreënvalgebied | 500 |
Die Hoofdirektoraat: Landbou het gedurende die 2002 seisoen 'n reeks cultivar proewe in die Suid- en Wes-Kaap streke uitgevoer. Ses lokaliteite wat strek van Mosselbaai tot Caledon is in die Suid-Kaap streek uitgevoer terwyl daar ook ses lokaliteite in die Wes-Kaap van Philadelphia tot Eendekuil aangeplant is. By elk van die proefplase in die twee gebiede naamlik by Tygerhoek en Langewens in onderskeidelik die Suid- en Wes-Kaap is beide 'n vroeë en 'n laat aanplanting gedoen. Demonstrasieproewe is ook op Swellendam, Bredasdorp, Malmesbury en Pools uitgevoer. As gevolg van voëlskade kon geen opbrengssyfers by Bredasdorp ingesamel word nie.
Reënval oorsig
Klimaatstoestande tydens die 2002 seisoen is gekenmerk deur baie gunstige toestande wat in beide die Suid-Kaap en Swartland voorgekom het. Baie goeie reënval het oor bykans die hele streek voorgekom en afgesien van effe koue toestande gedurende Junie was temperature gematig oor die hele groeiseisoen. Die reënvalsyfers soos dit by die verskillende gebiede voorgekom het word in figuur 1 getoon.
Agronomiese praktyke
Bewerking | Afgesien van die primêre bewerkings wat deur medewerkers gedoen is, is die proefpersele in die Swartland voor plant met 'n Agritec ghrop bewerk. Die proewe in die Suid-Kaap is vooraf met 'n Kongskilde bewerk. |
Vestiging | Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisend-korrelmassa, ontkiemings% van elke cultivar is bepaal. Saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van meer as 70 plante/m2 te verseker. |
Bemesting | Alle bemesting wat toegedien is, is gebasseer op grondontledings wat by elke proefperseel geneem is. Stikstofbemesting is volgens aanbeveling gedoen en is aangepas volgens grondtipe en langtermyn reënvalsyfers en het gewissel van 85 tot 100kg N/ha wat as standaard in drie paaiemente toegedien is. As standaard is molibdeen tydens die rosette-stadium togedien asook 'n boor bespuiting teen die einde van die stingelverlengingsfase. |
Onkruidbeheer | Onkruidbeheer waar nodig is volgens onkruidspesie en -druk toegepas. Hoofsaaaklik is daar gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met Butisan S (metazachlor) gevolg deur na-opkomsbeheer met Focus Ultra (cycloxydim). Waar breëblaar onkruide 'n probleem was, is 'n middel wat tans op registrasie wag, gebruik met uitstekende resultate teen veral emex-dubbeltjie. Volgens alle aanduidings behoort hiedie middel teen 2003 beskikbaar te wees. |
Insekbeheer | Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n bespuiting met plant teen rooibeensandmyt en lusernerdvlooi, gevolg deur bespuitings later in die seisoen vir die beheer van plantluise, ruitrugmotte en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet(dimetoaat) – 750 ml/ha, Thioflo(endosulfan) – 1l/ha en Dursban(chlorpiriphos) – 100ml/100l. Die voorkoms van insekte is gemonitor deur skepnette en lokvalle waarna drumpelwaardes gehandhaaf en dienooreenkomstig gespuit is. |
Swambeheer | Geen swambeheer is op canola toegepas nie. |
Oesaksies | Persele is direk gestroop met behulp van 'n Wintersteiger stroper waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is. |
Demonstrasieproef Heidelberg
(Voorstekop: Dirk van Papendorf)
Landvoorbereiding | Geen bewerking, Round Up (1.5 liter/ha). 2 voorsaai bespuitings. |
Saaidatum | 2 Mei 2002 |
Saaidigtheid | 3.5 tot 4.0kg/ha |
Bemesting | 100kg/ha 3:1:0 (38) + S met saai 100kg/ha 1:0:0 (40) – Kopbemesting |
Spuitprogram | 400ml/ha Galant – 30 Mei 40ml/ha Folimat 150ml/ha Cypermetrien |
500ml/ha Galant – 20 Junie | |
3kg/ha Photrel – 8 Julie 500ml/ha Dimetoaat 150ml/ha Cypermetrien |
Demonstrasieproef Malmesbury
(Elim: Dirk Lesch)
Landvoorbereiding | Geen bewerking, Round Up (1.0 liter/ha). 1 voorsaai bespuitings. |
Saaidatum | 3 Mei 2002 |
Saaidigtheid | 4.5kg/ha |
Bemesting | 250kg/ha 4:1:0 (19) – met saai 150kg/ha Ureum: Kopbemesting – 11 Julie 50kg/ha Ureum – 20 Julie |
Spuitprogram | 2.5 liter/ha Simasien op TT cultivars – met saai 500ml/ha Galant Super – 20 Mei 150ml/ha Rogor – 1 Junie |
Canolademonstrasieproef Pools
(Abrie Richter: Langvlei)
Saaidatum | 10 Mei |
Saaidigtheid | 4kg/ha |
Saadbedvoorbereiding | Geen – canola gevestig met Flexicoil |
Bemesting | 120kg/ha 2:1:0 (37) + S met saai 40kg/ha N (Ureum) as kopbemesting – 8 Julie |
Bespuitings | Galant Super 400ml/ha – 11 Junie Dimetoaat 150ml/ha |
Cypermetrien 200ml/ha + olie – 25 September |
Enquiries / Navrae
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western CapeDirektoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors / Redaksie
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting