Canolafokus 125 – Cultivarkeuse: Wes- & Suid-Kaap 2025

Canolafokus 125   Desember 2025

Cultivarkeuse en opsies vir 2026

PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss
DIREKTORAAT PLANTWETENSKAPPE, WES-KAAP DEPARTMENT VAN LANDBOU

Die 2025-seisoen het duidelik gewys watter groot invloed plantdatum en klimaatstoestande op produksie in die Swartland kan hê. Dit staan in skrille kontras met die voorafgaande jare waarin die seisoen laat begin het. In die Suid-Kaap was die aanvang gunstig, maar die seisoen is gekenmerk deur lae reënval en 'n droë, warm lente. Sulke klimaatuiterstes is byna onmoontlik om vooraf te voorspel.

Figuur 1: Faktore wat help met die maak van ‘n cultivar keuse
Figuur 1 dui faktore aan wat help met die maak van 'n cultivar keuse

Nietemin bly die gebruik van goed aangepaste cultivars 'n kernfaktor vir volhoubare sukses. Die keuse van 'n cultivar berus altyd op 'n kombinasie van eienskappe, geen enkele faktor behoort die besluit uitsluitlik te bepaal nie. Selfs al kan sekere faktore swaarder weeg onder spesifieke omstandighede, moet die ander faktore steeds in berekening gebring word (Figuur 1).

Opbrengspotensiaal

Opbrengspotensiaal is baie belangrik, maar dit is nie die enigste oorweging nie, veral binne 'n volhoubare wisselboustelsel (sien Tabel 1 en 2).

Onkruidbestuur

Onkruidbestuur en die risiko van onkruidweerstand noodsaak dat TT-tipe cultivars (TC- en CT-tipes) toenemend oorweeg word in sekere stelsels en lande.

Belangrik: Indien sulfenielurea in die vorige seisoen gebruik is, bestaan daar 'n risiko dat reste ná 'n droë somer in die grond kan oorbly. In sulke gevalle is dit raadsaam om 'n Cl-cultivar te plant.

Kombinasietipe cultivars wat oor beide Cl- en TT-toleransie beskik (CT, TC of TTI volgens die maatskappye) se opbrengs moet met dié van TT-cultivars vergelyk word. TT-cultivars lewer oor die algemeen laer opbrengste as konvensionele- en Cl-cultivars.

Fisiologiese ontwikkelingstempo

Die beginsel van "horses for courses" geld hier. Cultivars met 'n langer groeiperiode presteer beter in gebiede wat langer koel en nat bly. Tabel 1 en 2 gee 'n oorsig van cultivars se groeiperiodes. Vinniger ontwikkelende cultivars word verkies waar die seisoen kort is, soos in die Swartland. Die werklike blomdatums word in Tabel 5 opgesom.

Swartstamweerstand

Swartstam kan groot opbrengsverliese veroorsaak indien dit swak bestuur word. Wissel cultivars elke twee seisoene af en probeer om ook weerstandsgene te roteer om druk op die patogeenpopulasie te beperk (Tabel 1).

Sclerotinia

Sclerotinia kom wydverspreid voor in die Wes-Kaap, veral in die Overberg/Suid-Kaap. Siekte-voorkoms wissel sterk tussen jare en areas. Cultivars wat vroeg blom, kan meer blootgestel wees aan hoër siektedruk.

Beskikbaarheid van saad

Geen besluit is uitvoerbaar sonder saadbeskikbaarheid nie. Die risiko's verbonde aan plaassaad, of teruggehoude saad, is hoog, met opbrengsverlaging van 10-13% waar teruggehoude saad gebruik is.

'n Opsomming van cultivareienskappe word in Tabel 1 weergegee, terwyl die periode tot blom in Tabel 2 en 5 aangedui word. Inligting oor Swartstamweerstandsgene en -indekse is afkomstig uit Australië en dien slegs as riglyn, aangesien plaaslike omstandighede verskil.

Vergelyking van cultivars: meerjarige opbrengsresultate

Swartland

In die Swartland het die konvensionele cultivar CC90014 oor die afgelope twee seisoene die beste gevaar, met 'n opbrengs 6% hoër as die proefgemiddelde (Tabel 3). Die cultivars Diamond en Quartz het beide in 2024 en 2025 gemiddeld 4% beter gevaar as die proefgemiddelde.

Sewe Cl-cultivars is in 2024 en 2025 getoets. 44Y94 het die hoogste opbrengs gelewer (+9%), gevolg deur PY421 Cl (+8%) en Solstice Cl (+8%).

Onder die TT-tipes was PY520 TC die beste presteerder (4% onder die proefgemiddelde), gevolg deur PY429 TT. HyTTec Trophy en HyTTec Trifecta was onderskeidelik derde en vierde.

Suid-Kaap

In die Suid-Kaap het CC90014 oor twee seisoene ook die beste gevaar (+6%). Diamond het 5% en Quartz meer as 4% beter as die proefgemiddelde presteer.

Onder die Cl-cultivars het PY421 Cl die beste gevaar, met 'n gemiddelde opbrengs 19% hoër as die proef­gemiddelde. 44Y94 en 45Y95 het onderskeidelik 13% en 10% beter presteer.

By die TT-cultivars was PY429 TT gemiddeld die beste in die Suid-Kaap (3% laer as proefgemiddelde). HyTTec Trophy en PY520 TC is onderskeidelik tweede en derde geplaas, met opbrengste 6% en 7% laer as die proefgemiddelde.

Tabel 1: Opsomming van cultivareienskappe – 2025
Cultivar Tipe 1ste
jaar
getoets
Groei­periode:
dae tot blom
Tygerh. &
Langg.
Dae tot einde
van blom
Lang­gewens
Op-
brengs
Swartl.
2024-
2025
Op-
brengs
Rûens
2024-
2025
Australiese Swartstam indeks Weer-
stands-
groep
Pit-
vast-
heid
Onbeh. Saltro®
ILeVo®
Upper Canopy
Diamond Konv. Agricol 2015 Vroeg Vr 104 105 w-mw25 w2023(si) mw25 ABF mw-w*
Quartz Konv. Agricol 2018 Med. vroeg Mv 104 104 w-mw25 mw25 ABD mw-w*
44Y94 CL Pioneer 2021 Medium Mv 109 113 w-mw25 w2024(s) mw25 BC 8P
45Y95 CL Pioneer 2022 Laat L 103L 110 w-mw25 w2024(s) mw25 C 7P
PY421C Cl CL Pioneer 2023 Med. vroeg Mv 108 119 w-mw25 w2025(s) mw25 A 8P
Solstice Cl CL Advanta 2023 Med. vroeg Vr-Mv 107 99 w25 w2025(s) w25 ADFH 8a
Ceres Cl CL Agricol 2023 Vroeg Vr 96 93 w-mw25 mw25 AD V*
Equinox Cl CL Advanta 2024 Med. vroeg Mv23-24 100 95 w23 ADF 8a
Continuum Cl CL Advanta 2024 Med. vroeg Vr-Mv 103 101 w24 w2024(s) w24 ADF
Alpha TT TT Agricol 2017 Med. vroeg23-24 Mv23-24 mv–mw18 w2018(j) BF
Blazer TT TT Advanta 2021 Med. vroeg Mv 92 92 w-mw25 w2025(s) mw25 ADF 8a
HyTTec Trophy TT Agricol 2022 Med. vroeg Mv 93 94 w25 w2025(s) mw25 AD V*
HyTTec Trifecta TT Agricol 2022 Medium M 93 92 w25 w2024(s) mw25 ABD V*
PY429C TT TT Pioneer 2024 Medium Mv 95 97 w25 w2025(s) mw25 ABH 7P
HyTTec Velocity TT Agricol Elite23,24 Vroeg2023-24 Vr2023-24 mw25 mw25 AB mv-v*
PY432T TT Pioneer 2025 Medium2025 L2025 902025 912025 w-mw25 ADF
Defender CT CT Advanta 2023 Med. vroeg M 89 89 w25 w2025(s) mw25 ADF
PY520 TC TC Pioneer 2023 Medium M 96 93 mw25 w2025(s) mw25 BC 8P
Griffon TTI TTI Agricol 2025 Med. vroeg2025 Mv2025 9625 w-mw25 mw25 AC V*

Vr: vroeg  |  V-M: vroeg tot medium  |  M: medium  |  L: laat
eLg&Th24: Elite Langgewens en Tygerhoek gemiddeld 2024.
P = Pioneer Aust. Inligting, * = Nuseed Aust. Inligting, a = Advanta Aust. Inligting. LW elke maatskappy gebruik sy eie skaal om te evalueer.

Alle swartstam weerstand en eienskappe soos aangedui is afkomstig uit Australië, w = wwerstand, mw = matige weerstand.

Tabel 2: Canola cultivars 2025 (dae tot blom)

Cultivars ingedeel volgens die spoed van ontwikkeling (blomdatums volgens 2024 en 2025 data op Langgewens en Tygerhoek Navorsingsplase)

Nota: Kombinasietipe cultivars, met beide Cl- en TT-toleransie is onderstreep en nuwe cultivars word in "bold" aangedui.

Tabel 2 dui cultivars aan ingedeel volgens die spoed van ontwikkeling (blomdatums volgens 2024 en 2025)
Tabel 3: Swartlandopbrengste uitgedruk as persentasie van die proefgemiddeldes vir 2023 tot 2025
2023 2024 2025 Plasing 2023-25 Plasing 2024-2025 Plasing
Diamond 107 102 106 2 105 2 104 2
Quartz 103 105 103 3 104 3 104 3
CC90014 116 109 115 1 113 1 112 1
Konv. Gem. 109 105 108 107 107
44Y94 108 108 110 1 109 2 109 1
45Y95 113 109 97 6 106 4 103 4
PY421C Cl 115 110 107 3 111 1 108 2
Solstice Cl 109 106 107 2 107 3 107 3
Ceres Cl 107 99 93 7 100 5 96 7
Continuum CL 107 100 5 103 4
Equinox CL 99 102 4 100 6
Cl Gem. 110 105 102 106 104
Blazer TT 91 92 92 6 92 4 92 5
HyTTec Trophy 96 89 98 2 94 2 93 3
HyTTec Trifecta 97 91 95 5 94 3 93 4
PY429TT 88 102 1 95 2
PY432TT 90 8
Defender CT 93 87 91 7 90 5 89 6
PY520 TC 97 95 96 3 96 1 96 1
Griffon TTI 96 4
TT Gem. 94 92 95 94 93
Tabel 4: Rûens opbrengste uitgedruk as persentasie van die proefgemiddeldes vir 2022 tot 2024
2023 2024 2025 Plasing 2023-25 Plasing 2024-25 Plasing
Diamond 95 101 109.5 1 102 3 105 2
Quartz 113 105 104.0 3 107 1 104 3
CC90014 108 107 105.1 2 107 2 106 1
Konv. Gem. 105 104 106.2 105 105
44Y94 117 114 111.9 2 114 3 113 2
45Y95 124 111 109.8 3 115 2 110 3
PY421C Cl 110 112 125.5 1 116 1 119 1
Solstice Cl 107 101 96.2 5 101 4 99 5
Ceres Cl 96 92 94.1 7 94 5 93 7
Continuum Cl 95 106.7 4 101 4
Equinox Cl 95 95.6 6 95 6
Cl Gem. 111 105 105.7 107 105
Blazer TT 91 94 90.4 7 92 4 92 4
HyTTec Trophy 94 97 90.8 6 94 3 94 2
HyTTec Trifecta 101 92 91.8 4 95 2 92 5
PY429TT 91 102.9 1 97 1
PY432TT 91.0 5
Defender CT 95 86 92.0 3 91 5 89 6
PY520 TC 101 96 90.0 8 96 1 93 3
Griffon TTI 92.6 2
TT Gem. 95 93 92.7 94 93

Gevolgtrekking

Die groeiseisoenlengte is baie belangrik in die Wes-Kaap met ons kort groeiseisoene. Die vorige twee seisoene was in baie areas later as normaal geoes. Sulke langer seisoene bevoordeel die langer groeiers. In 2025 was dit droog en bevoordeel dit gewoonlik vinniger cultivars. Gevolglik is die stabiliteit van opbrengs oor groeiseisoene en areas baie belangrik in die maak van ‘n cultivarkeuse. Let daarop dat blomdatums deur plantdatum en seisoen beïnvloed word. Die cultivars handhaaf normaalweg hul posisie t.o.v. tyd tot blom wanneer met ander cultivars vergelyk word.

Tabel 5: Blomdatums van cultivars in 2024 en 2025
Cultivar Dae tot blom Dae tot einde van blom
Langgewens Tygerhoek Gemiddeld Langgewens
45Y95 89 100 94 119
Diamond 70 73 72 105
Blazer 80 89 84 114
44Y94 84 95 89 113
Quartz 82 89 85 113
CC90014 82 91 87 112
HyTTec Trophy 82 88 85 113
HyTTec Trifecta 87 97 92 115
Defender 82 90 86 114
PY421C Cl 82 87 84 114
PY520C TC 88 97 92 119
Solstice Cl 83 87 85 110
Ceres Cl 72 77 74 107
Equinox Cl 82 87 84 113
PY429TT 86 97 91 113
Continuum Cl 80 85 82 111
Griffon TTI 80* 86* 114*
PY432T 85* 88* 117*

* Slegs 2025 data.

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter