Canolafokus 124 – Cultivarkeuse: Wes- & Suid-Kaap 2025

Canolafokus 124   Desember 2025

Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2025

PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Inleiding

Gedurende 2025 is daar by vyf lokaliteite in beide die Swartland en Suid-Kaap proewe aangeplant. Op die Langgewens- en Tygerhoek-navorsingsplase is twee saaidatumproewe, asook 'n Elite-proef gevestig. Al die proewe in die Suid-Kaap is gedurende die 2025-seisoen ge-oes, hoewel nie almal volledig by die datastel ingesluit is nie (slegs, TT, TC, CT en TTI cultivars is ingesluit). In die Swartland is al die proewe ge-oes, maar die opbrengs by Pools was besonder laag. 'n Totaal van 18 cultivars is getoets. Die cultivars het bestaan uit drie konvensionele, sewe Clearfield (Cl, Imasamoks-tolerant) en vyf TT-cultivars (Triasien-tolerant). Daarbenewens is drie kombinasietipe cultivars, met beide Cl- en TT-toleransie, ingesluit, die cultivars word as CT, TC of TTI aangedui. In 2025 is twee nuwe cultivars - Nuseed Griffon TTI en PY432T - vir die eerste keer getoets. Soos gedurende die afgelope paar seisoene, was al die cultivars basters.

Klimaat

Die 2025-seisoen op Langgewens is gekenmerk deur 'n baie droë periode teen die einde van die groeiseisoen (Figuur 1). Die totale reënval was 55mm minder as die langtermyn-gemiddelde. Tydens Augustus en September het 34.8mm minder reën geval as die langtermyn-gemiddelde, wat nadelig was vir graanproduksie. Die enigste betekenisvolle reënval in September het op 15 September voorgekom, naamlik 12mm. Die totale reënval gedurende die 2025-groeiseisoen was 242mm (teenoor 360mm in 2024), vergeleke met 'n langtermyn-gemiddelde van 297mm.

Die gemiddelde temperature was laer as die langtermyn-gemiddeldes, hoewel nie baie nie (Figuur 2). Die gemiddelde maksimum en minimum temperature was onderskeidelik 0.4°C hoër en 0.5°C laer as die langtermyn-gemiddeld. Augustus en September is kritieke maande weens blom en saadvulling en dit was slegs 0.2°C warmer as normaal. Hoewel die seisoen droër was, was temperature oor die algemeen baie naby aan die verwagte patroon. Teen die einde van die seisoen (27ste en 30ste September) het die maksimumtemperatuur slegs twee keer bo 28°C gestyg, wat nadelig vir saadproduksie is.

Heelwat produsente kon reeds ná die reën op 8 April plant, wat 'n positiewe invloed op opbrengs gehad het. Die Swartland het gevolglik 'n bogemiddelde canola-oes gelewer.

Figuur 1: Maandelikse reënval vir 2025 en die langtermyntotaal (sedert 1964) by Langgewens
Figuur 1 met maandelikse reënval vir 2025 en die langtermyntotaal sedert 1964 by Langgewens
Figuur 2: Die 2025 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyn temperature (sedert 1964), by Langgewens
Figuur 2 met 2025 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyntemperature sedert 1964 by Langgewens

Op Tygerhoek in die Suid-Kaap was die reënval gedurende die 2025-groeiseisoen, 101mm minder as die langtermyn-gemiddelde van 313mm (2024 was dit 86mm meer as die gemiddelde) (Figuur 3). In April het 60.4mm reën geval, wat gunstig was vir vroeë vestiging. Tydens Mei het die proefplaas 11mm minder reën as die langtermyn-gemiddelde ontvang.

Die grootste uitdaging vir gewasproduksie het in Augustus en September voorgekom, toe slegs 15.9mm reën opgeteken is, vergeleke met die langtermyn-gemiddelde van 83.8mm. In die oostelike produksiegebiede was die reënval selfs minder as by Tygerhoek (Riviersonderend). As gevolg hiervan het canola-opbrengste onder groot druk gekom en was dit laer as die langtermyn-gemiddelde.

Figuur 3: Maandelikse reënval vir 2025 sowel as langtermyntotaal (sedert 1966) by Tygerhoek
Figuur 3 met maandelikse reënval vir 2025 sowel as langtermyntotaal (sedert 1966) by Tygerhoek

By Tygerhoek was die temperature aanvanklik baie naby aan die langtermyn-gemiddelde. Die maksimum temperature gedurende Augustus en September was egter 1.7°C hoër as die langtermyn-gemiddelde, terwyl die minimum temperature 0.1°C laer was. Gedurende hierdie twee maande het daar 10 dae voorgekom waarop die maksimumtemperatuur bo 28°C gestyg het, wat nadelig is vir Canola. Die kombinasie van 'n baie droë blom- en saadvulstadium, tesame met die hoë maksimumtemperature, het 'n duidelik negatiewe uitwerking op die saadvulperiode gehad.

Figuur 4: Die 2025 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyn temperature (sedert 1964) by Tygerhoek
Figuur 4 met 2025 maandelikse minimum en maksimum temperature sowel as die langtermyn temperature sedert 1964 by Tygerhoek

Resultate

Die opbrengsresultate vir die Swartland word opgesom in Tabel 1 en Figuur 2. Die Clearfield (Cl)- en Triasien­tolerante (TT)-cultivars se data word afsonderlik van die konvensionele cultivars aangebied. Die CT- en TC-cultivars is by die TT-groep ingedeel.

Swartland

In die Swartland het die gemiddelde opbrengs tussen 3026 kg ha-1 (Langgewens, 1ste saaidatum) en 1796 kg ha-1 (Eendekuil) gewissel. Die meeste proewe het kort na aanplanting ontkiem.

Die konvensionele cultivar CC90014 (2957 kg ha-1) het, soos in die voorafgaande drie seisoene, die hoogste gemiddelde opbrengs gelewer, gevolg deur Diamond (2726 kg ha-1) en Quartz (2638 kg ha-1). CC90014 se opbrengs was statisties betekenisvol hoër as dié van Diamond en Quartz.

In 2025 is sewe Cl-cultivars geëvalueer. 44Y94 Cl (2827 kg ha-1) het die hoogste opbrengs gelewer, gevolg deur Solstice Cl. PY421Cl het, anders as in die vorige twee seisoene (was 1ste geplaas), die derde hoogste opbrengs in die groep behaal. Hierdie drie cultivars het nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie. Die 2025-groeiseisoen het baie droog geëindig met ondergemiddelde reënval, wat nadelig was vir cultivars soos 45Y95. Langgroeiende cultivars word tipies bevoordeel in langer, vogtiger seisoene. By Philadelphia, waar vog en temperature langer gunstig gebly het, was 45Y95 wel die hoogste opbrengscultivar in die betrokke proef.

Binne die TT-groep, wat die CT-, TC- en TTI-cultivars insluit, het PY429TT (2603 kg ha-1), HyTTec Trophy (2509 kg ha-1) en PY520CT (2464 kg ha-1) die hoogste opbrengste gelewer. Die drie cultivars het nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie. PY429TT se opbrengs was hoër as die Swartland-gemiddeld vir al die cultivars. Die gemiddelde opbrengs van die TT-cultivars was onderskeidelik 7.3% en 13.2% laer as dié van die Cl- en konvensionele cultivars. In 2024 was die TT-opbrengs 12% laer as dié van beide groepe, en in 2023, onderskeidelik 13% en 18% laer.

Tabel 1: Swartland opbrengs vir 2025 (kg ha-1)
Langgewens 1 Langgewens 2 Philadelphia Malmesbury Hopefield Eendekuil Swarland
9 Mei 21 Mei 14 Mei 14 Mei 15 Mei 13 Mei
Diamond
3215 bcde 2747 abc 2615 bcdefg 2979 abc 2414 def 2392 a 2726 bcd
Quartz
3297 bcd 2614 bcde 2375 efgh 3074 a 2360 def 2106 bc 2638 cde
CC90014
3748 a 2852 ab 2928 abc 3033 ab 3125 a 2055 bcd 2957 a
Konv. Gemiddeld
3420 2737 2639 3029 2633 2184 2773
44Y94
3408 abc 2941 a 3002 ab 2761 abcde 2665 bcd 2186 ab 2827 ab
45Y95
2623 f 2297 fg 3066 a 2685 abcde 2180 efg 1998 bcde 2485 fghij
PY421C CL
3730 a 2612 bcde 2588 cdefg 2947 abcd 2483 cdef 2092 bc 2742 bcd
Solstice CL
3445 abc 2678 bcd 2857 abcd 2618 cdef 2971 ab 1938 bcde 2751 bc
Ceres CL
2996 def 2330 fg 2317 fgh 2200 g 2502 cde 1959 bcde 2384 ijkl
Continuum CL
2893 ef 2383 efg 2743 abcde 2578 defg 2665 bcd 2106 bc 2555 efgh
Equinox CL
3554 ab 2218 g 2525 defgh 2923 abcd 2351 def 2072 bcd 2607 def
CL-gemiddeld
3236 2494 2728 2673 2545 2050 2622
Blazer TT
2937 def 2417 efg 2343 fgh 2480 efg 2277 defg 1746 ef 2367 jkl
HyTTec Trophy
3097 cde 2302 fg 2240 gh 2934 abcd 2858 abc 1818 def 2509 efghi
HyTTec Trifecta
2903 def 2242 g 2673 bcdef 2892 abcd 2082 fg 1779 ef 2428 hijkl
PY429TT
3248 bcde 2545 cdef 2690 abcdef 2971 abcd 2522 cde 1884 cde 2603 defg
PY432T
3118 cde 2442 defg 2177 h 2623 cdef 1912 g 1615 f 2315 l
Defender CT
2888 ef 2354 fg 2421 efgh 2255 fg 2324 def 1741 ef 2331 kl
PY520 TC
2916 def 2371 efg 2746 abcde 2400 efg 2453 cdef 1897 cde 2464 ghijk
Griffon TTI
3098 cde 2378 efg 2343 fgh 2649 bcdef 2381 def 1892 cde 2457 hijk
TT-gemiddeld
3026 2381 2454 2651 2351 1796 2434
GEMIDDELD
3173 2484 2592 2722 2474 1960 2564
kbv
399.91 249 390.62 398.12 408 265.48 141.32
kv
7.38 5.87 8.96 8.81 9.81 8.16 8.3

Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.

Figuur 5: Swartland opbrengste vir 2025 (kg ha-1)
Figuur 5 met Swartland opbrengste vir 2025

Suid-Kaap

In die Rûens (Figuur 2 en Tabel 2) was die proefgemiddeldes by Klipdale die beste (2963 kg ha-1), gevolg deur Tygerhoek (2399 kg ha-1). Die gemiddelde proefopbrengs was 2521.8 kg ha-1 teen oor 3274 kg ha-1 (2024), 3204 kg ha-1(2023), 2124 kg ha-1 (2022) en 3271 kg ha-1 in 2021.

Die Suid-Kaap het 'n droë seisoen beleef, met 'n besonder droë peulvulstadium. Dit het uitdagings vir beide onkruidbeheer en bemestingbestuur geskep. Die konvensionele cultivar Diamond (2981 kg ha-1) het die hoogste opbrengs in die groep gelewer, gevolg deur CC90014 (2861 kg ha-1) en Quartz. Soos in 2024 is daar geen statisties betekenisvolle verskille tussen hierdie drie cultivars waargeneem nie.

Binne die Cl-groep het PY421Cl (3416 kg ha-1) die hoogste opbrengs gelewer. 44Y94Cl (3045 kg ha-1) was tweede, gevolg deur 45Y95 (2989 kg ha-1), Continuum Cl, en Equinox Cl (2905 kg ha-1). Al hierdie cultivars se opbrengste was betekenisvol laer as dié van PY421Cl.

Anders as in die vorige seisoen het Diamond in beide streke die kort groeiseisoen tot sy voordeel benut en goeie opbrengste gelewer. Ceres Cl, ook 'n vinnige cultivar, kon egter nie die korter seisoen effektief benut nie.

In die TT-groep het PY429TT (2800 kg ha-1) betekenisvol hoër opbrengste gelewer as al die ander TT-, TC-, CT- en TTI-cultivars. PY429TT was ook die beste cultivar in die Swartland. Die res van die TT-cultivars het nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie. Die gemiddelde opbrengs van die TT-cultivars was onderskeidelik 13.6% en 13% laer as dié van die konvensionele en Cl-cultivars. In 2024 was die verskille 11% en 12%.

Tabel 2: Suid-Kaap opbrengs vir 2025 (kg ha-1)
Tygerhoek 1 Klipdale Roodebloem Suid-Kaap
19 April 15 April 8 Mei
Diamond 3027 b 3111 cdef 2806 a 2981 bc
Quartz 2860 bcd 3236 bcde 2393 bcd 2830 c
CC90014 2637 cde 3463 b 2484 abc 2861 bc
Konv. Gemiddeld 2841 3270 2561 2891
44Y94 2571 de 3788 a 2776 a 3045 b
45Y95 2396 efg 3929 a 2641 ab 2989 bc
PY421C CL 3582 a 3935 a 2732 ab 3416 a
Solstice CL 2604 cde 3167 cdef 2086 d 2619 de
Ceres CL 2184 fg 3016 cdefg 2481 abc 2560 e
Continuum CL 2967 bc 3257 bcd 2490 abc 2905 bc
Equinox CL 2967 bc 3257 bcd 2490 abc 2905 bc
CL-gemiddeld 2753 3478 2528 2920
Blazer TT 2190 fg 2947 efg 2153 cd 2460 e
HyTTec Trophy 2550 def 2764 g 2097 d 2470 e
HyTTec Trifecta 2342 efg 3066 cdef 2083 d 2497 e
PY429TT 2605 cde 3101 cdef 2694 ab 2800 cd
PY432TT 2498 defg 2457 h 2471 abc 2475 e
Defender CT 2137 g 3125 cdef 2121 cd 2504 e
PY520 TC 2470 efg 3307 bc 1568 e 2448 e
Griffon TTI 2397 efg 2940 fg 2222 cd 2519 e
TT-gemiddeld 2399 2963 2176.13 2521.8
GEMIDDELD 2590 3201 2361 2721
kbv 373.9 290.9 370.8 194.6
kv 8.6 5.5 9.3 7.6

Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.

Figuur 6: Suid-Kaap opbrengste vir 2025 (kg ha-1)
Figuur 6 met Suid-Kaap saadopbrengste vir 2025

Gevolgtrekking

Dit bly noodsaaklik om goed aangepaste cultivars te plant. Die 2025-seisoen was merkbaar korter en droër as die voorafgaande twee seisoene, maar canola het weereens sy aanpasbaarheid by plaaslike klimaatsomstandighede bevestig.


DOWNLOAD ISSUE


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter