Lupino logo

LUPIENWERKGROEP NUUSBRIEF

Lupino 36   Januarie 2009


Lupien cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2008

PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss
Departement Landbou:Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg 7607

Algemene oorsig

Klimaatstoestande in die Swartland was die afgelope seisoen soos in 2007 baie gunstig vir gewasverbouing. Dit was droog gedurende April en Mei en min produsente kon vooropkoms onkruidbeheer toepas, met die gevolg dat gewasse later as in 2007 gesaai is. Dit was 'n baie lang seisoen met bogemiddelde reënval vanaf Junie tot September. Sekere areas in die middel en Noord-Swartland het baie swaar reën in Junie gehad en wortelvrot het op groot skaal in sekere aanplantings voorgekom. Ongelukkig het antraknose vroeg in verskeie aanplantings uitgebreek en moes produsente die aanplantings vernietig. Laat in die seisoen het die antraknose besmetting steeds voorgekom en is selfs die peule aangetas. Indien produsente van hierdie aanplantings se saad sou terug hou kan groot probleme in die komende seisoen verwag word, aangesien die siekte saadgedraag is. Probleme met bolwurm het ook voorgekom en produsente moes bespuitings doen.

Die toestande in die Suid-Kaap was ongelukkig minder gunstig vir gewasproduksie. In die Oostelike dele kon produsente wel vroeg lupiene plant. In dele van die Caledon, Riviersonderend en Swellendam areas was dit vroeg in die seisoen baie droog en sommige aanplantings het eers in Junie ontkiem. Bolwurm probleme het ook sporadies in sekere areas voorgekom.

Bitterlupiene se gewildheid neem steeds toe en maak 'n groot oppervlak van die totale lupiene aanplantings in die Wes- en Suid-Kaap uit. Meer produsente plant bitterlupiene as in die onlangse verlede. Produsente soek alternatiewe maniere om onkruiddoder weerstand te bestuur.

Klimaat oorsig

Klimaatstoestande tydens die 2008 seisoen was gekenmerk deur goeie reënval in die Swartland (Tabel 1 en Figuur 1). Periodes van swaar reën het veral in die Noorde voorgekom en jong gesaaides het plek-plek versuip. Die reënval was bogemiddeld vir die hele Swartland. 'n Baie laat en koel lente het vanjaar voorgekom en het die laat canola aanplantings baie bevoordeel. Die maksimum en minimum temperature vir September was onder die langtermyn gemiddeld en was selfs laer as in Augustus (Figuur 2 en 3). Die laer temperature is ideaal vir die produksie van gewasse.

Tabel 1

Klimaatdata vir Swartland en Suid-Kaap: 2008

Reënval
Porte­rville Pools Koper­fontein Lang­gewens Skaap­kraal Gemid­deld Swart­land Voor­stekop Rivers­dal Jonas­kraal Riet­poel Tyger­hoek Boon­tjies­kraal Swel­lendam: Napky Gemid­deld Suid-Kaap
Maart 12.5 8 0.2 0.6 3.9 5.0 25.6 24.2 16.4 29.2 26 16 15.4 21.8
April 10.8 7.1 5.8 14.4 14.2 10.5 36.4 37.5 21.6 20.3 46.1 17.6 21.1 28.7
Mei 75.6 36.8 40.8 47.4 70.5 54.2 12.8 18.9 27.8 19.3 7.4 14.9 8.2 15.6
Junie 122.5 61.8 66.7 66.4 76.4 78.8 61.2 41.3 30.3 36.3 36.3 51.1 29.8 40.9
Julie 211.9 119.4 109.3 125.7 158.5 145.0 15.5 20.6 45.5 61.8 51.8 79.8 19.6 42.1
Augustus 57.8 63.3 69.9 81.3 109.9 76.4 37.5 27.2 48.4 56.7 34.6 48 23 39.3
September 121.2 63.4 66.4 76.2 140.8 93.6 39.5 22.4 39.5 45.3 37.7 52.3 20.6 36.8
Oktober 13.5 8.4 12.4 9.8 6 10.0 60.6 51.4 69 40 37.6 15.7 15 41.3
November 47.6 34.4 61 35.2 - 44.6 215 - 158.9 141.8 227.7 142.9 93.8 163.4
Maksimum temperatuur °C
Porte­rville Pools Koper­fontein Lang­gewens Skaap­kraal Gemid­deld Swart­land Voor­stekop Rivers­dal Jonas­kraal Riet­poel Tyger­hoek Boon­tjies­kraal Swel­lendam: Napky Gemid­deld Suid-Kaap
Maart 32.6 33.8 32.5 31.2 31.4 32.3 26.4 26.6 27.1 25.6 27.9 27.6 27.1 26.9
April 28.1 28.9 28.1 26.5 26.9 27.7 24 24.2 24.8 22.8 24.8 24.5 24.5 24.2
Mei 22.6 23 21.8 21 22 22.1 23.3 23.9 23.8 21.9 23.9 22.8 24.1 23.4
Junie 19.2 19.6 18.6 17.3 22.2 19.4 17.8 18 18.2 16.3 18.3 17.5 18.6 17.8
Julie 17.7 18.3 17.5 16.1 20.4 18.0 18.1 18.8 17.7 15.7 17.6 17.1 18.8 17.7
Augustus 19.4 20.1 19.1 17.6 19.9 19.2 19.4 19.9 19.5 16.9 19.5 18.1 20 19.0
September 19.1 19.9 18.6 17.2 19.1 18.8 19.8 20.7 19.1 16.7 19.6 17.9 20.3 19.2
Oktober 25.6 27.3 24.6 23.7 24.3 25.1 21.9 21.9 22.1 20.5 23.1 22.2 22.5 22.0
November 28.3 30.3 27.2 26.5 26.2 27.7 23.2 23 23.5 21.8 24.5 23.7 23.6 23.3
Minimum temperatuur °C
Porte­rville Pools Koper­fontein Lang­gewens Skaap­kraal Gemid­deld Swart­land Voor­stekop Rivers­dal Jonas­kraal Riet­poel Tyger­hoek Boon­tjies­kraal Swel­lendam: Napky Gemid­deld Suid-Kaap
Maart 15.9 15.5 14 16.7 13.5 15.1 14.5 14 12.9 13.5 14.5 15 14.5 14.1
April 11.9 11.8 10.9 13.8 11.2 11.9 12.5 11.5 11 11.7 11.4 12.8 11.6 11.8
Mei 13.1 12.7 12.3 12.8 14.5 13.1 12.7 10.8 10.8 11.7 10.4 12.9 12 11.6
Junie 9.4 8.6 8.5 10 15 10.3 9.6 8.1 7.3 8.6 7.8 9.4 8.7 8.5
Julie 7.5 6.7 6.9 7.6 10.6 7.9 7.7 5.3 4.2 6.5 4.7 6.7 5.8 5.8
Augustus 7.4 5.9 6.6 7.9 8.3 7.2 8 5.8 5.2 7 5.7 7 6.9 6.5
September 7.1 5.4 6.1 6.8 9.1 6.9 7.5 5.6 4.6 5.8 5.2 6.2 6 5.8
Oktober 10.9 8.7 8.6 10.1 11.7 10.0 11 10.4 9.9 9.1 10.5 10.5 10.2 10.2
November 13.1 12.5 11.6 12.4 13.1 12.5 12.9 12.7 11.7 11.1 12.7 12.8 13.1 12.4

In die Suid-Kaap was die reënval minder ideaal en onder die langtermyn gemiddelde by Tygerhoek (Figuur 1 en Tabel 2). Later in die seisoen het klimaatsomstandighede (veral in die Weste van die produksiegebied) verbeter met goeie reën wat voorgekom het tesame met baie gunstige temperature (Figuur 2 en 3). Geen vogstremming het tydens korrelvulling plaasgevind nie. Swaar reën neerslae gedurende November het die oesproses in sekere areas vertraag.

Figuur 1
Gemiddelde reënval vir Langgewens en Tygerhoek (2008)

Figuur 1: Gemiddelde reënval vir Langgewens en Tygerhoek (2008)

Figuur 2
Gemiddelde maksimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap (2008)

Figuur 2: Gemiddelde maksimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap (2008)

Figuur 3
Gemiddelde minimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap (2008)

Figuur 3: Gemiddelde minimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap (2008)

Agronomiese praktyke

Proefpersele by beide die Swartland en Suid-Kaap lokaliteite het 'n vlak tandbewerking voor plant gekry ten einde 'n fyn en gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal. Saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van 45 plante/m² te verseker.

Alle bemesting wat toegedien is, is gebaseer op grondontledings van grondmonsters wat by elke proefperseel geneem is. Bemesting is volgens aanbeveling van die Elsenburg grondontledingslaboratorium gedoen. 'n Boor bespuiting word teen die einde van die sesblaar-stadium gedoen om saadvorming te bevorder.

Onkruidbeheer waar nodig is volgens onkruidspesie en –druk toegepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voor-opkoms bespuiting met simasien gevolg deur na-opkomsbeheer met Brodal (diflufenikan), Aramo (tepraloksidim) en Focus Ultra (sikloksidim). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n vroeë bespuiting om die saailinge te beskerm. Bespuitings later in die seisoen is gedoen vir die beheer van plantluise en bolwurms. Die insekbeheermiddels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) en Dursban (chlorpirifos).

Met rypwording is persele geoes met 'n Wintersteiger perseelstroper waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is. Geen smalblaar­cultivars is platgesny of met die hand geoes om uitspring verliese te voorkom nie.

Resultate

Twaalf lyne (Lupinus angustifolius) met die potensiaal om as moontlike cultivars geregistreer te word is die afgelope seisoen in die cultivarproewe geëvalueer. Geen Lupinus albus cultivars is geëvalueer nie weens die gevaar wat antraknose inhou. Die proefresultate van die lokaliteit by Porterville is ook nie ingesluit by die resultate nie. Twee belowende Lupinus luteus lyne (geellupien) is by Tygerhoek en Langgewens geëvalueer is.

Tabel 2 bevat die opsomming van die afgelope jaar se Swartland data. Die proefopbrengste was baie goed in die Swartland. Die saadopbrengs het gewissel van 1.540 ton/ha (Hopefield) tot 2.249 ton (Eendekuil). Die aanplanting in die Koeberg area kon nie geoes word nie weens die feit dat die proef 'n hoë infestasie van antraknose gehad het. Bruinblaarvlek het by Hopefield en ander lokaliteite eers baie laat in die seisoen voorgekom en het baie min skade aanrig.

Die bes produserende cultivars was baie stabiel en het oor al die lokaliteite goed presteer. Die hoogste produserende cultivar (lyn) was 2224 (2.35 ton/ha). Mandelup (2.26 ton/ha) was soos in 2006 en 2007 die hoogste produserende cultivar gevolg deur Quilinock (2.22 ton/ha) en Tanjil (1.7 ton/ha). Slegs 2 van die lyne het soos in 2007 'n laer gemiddelde opbrengs as Tanjil gehad. Die geellupienlyn (L. luteus) E80.1.1.2 het die beste gevaar in sy groep en sy opbrengs op Langgewens was nie betekenisvol swakker as die van Tanjil nie.

Tabel 2
Swartland
Lokaliteite Langgewens 1 Langgewens 2 Hopefield Darling Eendekuil Swartland
2173 M 1790 abcde 2020 abc 1985 b 2243 abcde 2473 bcd 2102
2224 1885 abc 2116 a 2354 a 2511 ab 2870 abc 2347
Mandelup 1982 ab 1958 abcd 1939 bc 2480 abc 2938 ab 2259
Tanjil 1530 cdefgh 1471 fg 1282 fg 1772 ef 2454 bcd 1702
Quilinock 2025 a 2051 abc 1767 bcde 2034 bcdef 3222 a 2220
16 1635 bcdefgh 1780 cdef 1576 cdefg 1863 def 2222 cde 1815
23 1323 hi 1827 abcde 743 h 2699 a 1189 g 1557
24 1745 abcdef 1796 bcde 1653 bcde 2461 abc 2516 bcd 2034
25 1840 abcd 1695 def 1575 defg 1851 def 1686 efg 1730
27 1714 abcdef 1753 cdef 1432 efg 1604 f 1955 def 1691
35 1497 defgh 1842 abcd 1264 g 2280 abcd 1965 def 1770
36 1347 ghi 1702 def 653 h 2236 abcde 1426 fg 1473
37 1709 abcdefg 1831 abcd 1627 cdef 1824 def 2134 de 1825
39 1464 efgh 1514 efg 1415 efg 1975 cdef 2353 bcd 1744
42 1861 abcd 2101 ab 1829 bcd 2630 a 2333 bcde 2151
E80.1.1.2 1409 fghi 1244 g
E82.1.1 1080 i 808 h
Gemiddeld 1690 1831 1540 2164 2249 1827
kbv: 367.17 kbv: 315.6 kbv: 355.6 503.83 kbv: 664.9 kbv:
kv: 13.2 kv: 10.9 kv: 13.81 13.91 kv: 17.67 kv:

Sv: Statistiese verskil – cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv: kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval, Kv: koëffisiënt van variasie.

Tabel 3
Lokaliteite Riversdal Klipdale Gemiddeld
2173 M 2528 abc 1945 ef 2237
2224 2506 abcde 2230 def 2368
Mandelup 2536 abc 2867 abcd 2701
Tanjil 2569 ab 1660 f 2114
Quilinock 2458 abcd 2444 cde 2451
16 2184 ef 2408 cde 2296
23 2432 abcd 3137 ab 2785
24 2585 ab 2590 abcde 2588
25 2243 def 2872 abcd 2558
27 2283 cdef 2491 bcde 2387
35 2131 f 3187 a 2659
36 2324 bcdef 2953 abc 2638
37 2642 a 2386 cde 2514
39 2328 bcdef 2442 cde 2385
42 2464 abcd 3034 abc 2749
Gemiddeld 2414 2577
kbv: 267.7 kbv: 690.6
kv: 6.6 kv: 16

Sv: Statistiese verskil- cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv: kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval, Kv: koëffisiënt van variasie.

Die cultivar Mandelup (2.7 ton/ha) was soos in die Swartland en die vorige jare in die Suid-Kaap die cultivar met die hoogste gemiddelde opbrengs. Quilinock (2.45 ton/ha) was in die 2de plek en is gevolg deur Tanjil.

Die lyne het baie goeie opbrengste in die Suid-Kaap behaal. Al 10 die lyne asook 2173 en 2224 het 'n hoër opbrengs as Tanjil behaal. Sewe van die lyne wat deur Dr A van Jaarsveld geteel is het 'n hoër opbrengs as Quilinock gehad. Die lyne 42 (2.75 ton/ha) en 23 (2.79 ton/ha) het hoër opbrengste as Mandelup (2.7 ton/ha) gehad.

Produsente moet baie versigtig wees met die aankoop van hul saad vir die 2009 seisoen, gebruik 'n betroubare bron. Beide lupien-spesies word deur bruinblaarvlek en antraknose geïnfekteer en in ernstige gevalle kan 'n hele oes verlore gaan. Gesertifiseerde saad is die veiligste en verseker ten minste gesonde saailinge.

Tabel 3 bevat die 2008 opbrengs data van die Suid-Kaap. Ongelukkig kon slegs twee van die vier proewe se data in die tabel ingesluit word. Die data van Riversdal en Klipdale is ingesluit vir bespreking en het gewissel tussen 2.42 ton/ha en 2.58 ton/ha. Die proewe by Riversdal en Klipdale is onderskeidelik 24 April en 5 Junie aangeplant. Die gunstige omstandighede gedurende September het bygedra tot die goeie opbrengs wat by Klipdale behaal is.

Twaalf lyne (Lupinus angustifolius) met die potensiaal om as moontlike cultivars geregistreer te word is die afgelope seisoen in die cultivarproewe geëvalueer. Geen Lupinus albus cultivars is geëvalueer nie weens die gevaar wat antraknose inhou.

Twee belowende Lupinus luteus lyne (geellupien) is by Tygerhoek en Langgewens geëvalueer. Soos reeds vermeld is die proef by Tygerhoek wel geoes maar was die data nie geskik vir publikasie nie.


Resultate van lupien ontwikkelingsprogram vir Wes-Kaap

PJA Lombard, Mnr H Agenbag en wyle Dr A van Jaarsveld

Lupiene as baie ou en goedgevestigde gewas in sekere areas van die Wes-Kaap. Daar word so ver terug as 1897 al verwys na lupiene as wisselbou gewas in Wes-Kaap (Agenbag, 2007). Lupien het aanvanklik probleme gehad met 'n baie hoë alkoloïed inhoud, hardskaligheid, vatbaarheid vir witroes en die peule het te maklik oopgespring. In die veertiger jare het mnr CP Wagener nie-hardskalige plante geïdentifiseer en dit het die verbouing van lupiene laat toeneem. Witroes gedurende 1973 het die produksie van lupiene 'n geweldige knou toegedien.

'n Behoefte vir plaaslike ontwikkelde cultivars het ontstaan wat aangepas is in die Wes-Kaap. Gedurende 1988 is die eerste plaaslik geteelde soet smalblaar (Lupinus angustifolius) cultivars vrygestel, met 'n groot toename in gewildheid. Ongelukkig is die ont­wikkelingsprogram gestaak na oorname van Sensako deur Monsanto.

In 2000 is daar onder leiding van wyle Dr A van Jaarsveld begin om kruisings van lupiene te maak. Die kruisingsprogram is in 2001 herhaal waarna mnr Agenbag die evalueringsprogram oorgeneem het. Die evaluering en seleksie van enkel plante is in die periode 2002 tot 2006 afgehandel. Gedurende 2007 en 2008 is die tien lyne met die meeste potensiaal in die nasionale lupien cultivarproewe geëvalueer.

Klimaat

Die afgelope twee seisoene was gekenmerk deur uiterstes. Die ergste droogte toestande in jare het gedurende 2008 in die Suid-Kaap voorgekom terwyl 2007 'n baie normale seisoen in die Suid-Kaap was. In die Swartland is beide jare gekenmerk deur periodes van baie swaar reën in sekere verbouing areas. Die 2007 seisoen was hoofsaaklik 'n uitstekende produksie seisoen. Die 2008 seisoen het normaal begin maar was gekenmerk onder normale temperature en bo-gemiddelde reënval gedurende September, wat 'n groot invloed op gewasse gehad het.

Agronomiese praktyke

Proefpersele by beide die Swartland en Suid-Kaap lokaliteite het 'n vlak tandbewerking voor plant gekry ten einde 'n fyn en gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal. Saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van 45 plante/m² te verseker.

Alle bemesting wat toegedien is, is gebaseer op grondontledings van grondmonsters wat by elke proefperseel geneem is. Bemesting is volgens aanbeveling van die Elsenburg grondontledingslaboratorium gedoen. 'n Boor bespuiting word teen die einde van die sesblaar-stadium gedoen om saadvorming te bevorder.

Onkruidbeheer waar nodig is volgens onkruidspesie en –druk toegepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voor-opkoms bespuiting met simasien gevolg deur na-opkomsbeheer met Brodal (diflufenikan), Aramo (tepraloksidim) en Focus Ultra (sikloksidim). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n vroeë bespuiting om die saailinge te beskerm. Bespuitings later in die seisoen is gedoen vir die beheer van plantluise en bolwurms. Die insekbeheermiddels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) en Dursban (chlorpirifos).

Met rypwording is persele geoes met 'n Wintersteiger perseelstroper waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is. Geen smal­blaarcultivars of lyne is platgesny of met die hand geoes om uitspring verliese te voorkom nie. Drie kontrole cultivars is in beide seisoene saam met die 10 lyne in die proewe ingesluit nl, Mandelupe, Quilinock en Tanjil.

Kruisings

'n Groot groep lupien cultivars, lyne en selfs bitter lupiene is tydens die kruisingsprogram gebruik. Soos reeds genoem is die mees belowendste enkel plante uit elke kruising geselekteer. Enkel plante is jaarliks geselekteer tot die plante uniform begin vertoon het en die gewenste groeiwyse gehad het.

Die ouers van die geselekteerde soetlupien lyne was:

  • Prima x Moonah
  • Lag 28 x Tanjil
  • Lag 28 x Tanjil
  • Lag 28 x Tanjil
  • Merrit x LAG 28
  • Jindalee x Sonet
  • Wonga x LAG 28
  • Moonah x Tanjil
  • Merrit x LAG 28
  • Lag 28 x Tanjil

Prima, Sonet en Lag 28 is cultivars afkomstig uit Sentraal Europa. Die res van die materiaal in die lyne is afkomstig uit Australië. Heelwat bitterlupien lyne is ook geselekteer maar is op 'n kleiner skaal geevalueer.

Die ouers van die geselekteerde bitterlupien lyne was:

  • Môredou x Sonet
  • Môredou x Prima
  • Môredou x Prima
  • Moonah x Môredou
  • Môredou x Prima
  • Jindalee x Bitterblou
  • Môredou x Lag 28
  • Sonet x Môredou
  • Môredou x Boltensia
  • Marri x Môredou
  • Prima x Bitterblou
  • Môredou x Prima

Resultate

Figuur 1, 2, 3 en tabel 1 bevat 'n opsomming van die twee seisoene se resultate (die volledige resultate is in die meegaande artikel en in die Lupino no 28; Januarie 2008 ingesluit). Oor die afgelope seisoen het die lyne 24, 42, 25 en 35 gemiddeld bo-gemiddelde opbrengste gegee. Ongelukkig was al die lyne 36, 27, 16 en 39 so ewe goed aangepas nie, hul produksie was laer as die gemiddelde. In figuur 3, wat 'n opsomming is van al die lokaliteite oor jare, het al die lyne beter gemiddelde produksies gehad as die cultivar Tanjil. Lyn 42 was die afgelope twee seisoene die hoogste produseerder in die Swartland (Figuur 1). Daar was egter geen lyn wat oor die afgelope twee seisoene gemiddeld hoër kon produseer as Mandelup nie (Figuur 3).

Figuur 1
Gemiddelde opbrengs in die Swartland

Figuur 1: Gemiddelde opbrengs in die Swartland

Figuur 2
Gemiddelde opbrengs in die Suid-Kaap

Figuur 2: Gemiddelde opbrengs in die Suid-Kaap

Figuur 3
Opbrengs uitgedruk as persentasie van gemiddelde in die Suid-Kaap en Swartland

Figuur 3: Opbrengs uitgedruk as persentasie van gemiddelde in die Suid-Kaap en Swartland

Tabel 1
Gemiddelde opbrengs vir Swartland en Suid-Kaap
Swartland Suid-Kaap
2007 2008 Gemiddeld 2007 2008 Gemiddeld
Mandelup 2393 2259 2326 2357 2701 2529
Tanjil 1943 1702 1823 1776 2114 1945
Quilinock 2135 2220 2178 1958 2451 2205
16 2047 1815 1931 2089 2296 2193
23 2369 1557 1963 1719 2785 2252
24 2137 2034 2086 2231 2588 2410
25 2060 1730 1895 2154 2558 2356
27 2087 1691 1889 2003 2387 2195
35 2491 1770 2131 2022 2659 2341
36 2454 1473 1964 1812 2638 2225
37 1834 1825 1830 2044 2514 2279
39 1830 1744 1787 1854 2385 2120
42 2650 2151 2401 1984 2749 2367
cv, 0.046
kbv, 322.9
cv, 0.056
kbv, 586.4
cv, 0.048
kbv, 314
cv, 0.061
kbv, 586.4

In 2007 het drie lyne in die Swartland 'n hoër gemiddelde opbrengs as Mandelup gehad, hoewel dit nie statisties betekenisvol was nie. Mandelup was in 2007 die hoogste produseerder in die Suid-Kaap maar het nie betekenisvol van die lyne 16, 24, 25 en 37 verskil nie. Mandelup se produksie gedurende 2008 in die Swartland het slegs betekenisvol van die lyne 23 en 36 verskil. In die Suid-Kaap was slegs Tanjil se opbrengs betekenisvol laer as die hoogste produserende lyn 23.

Agronomiese eienskappe

Tabel 2
Agronomiese eienskappe van soetlyne
No Kruising Blomkleur Witroes Antraknose * Pitvastheid Ontwikkeling
Mandelup wit / pienk v 4.0 pv vroeg
16 Prima x Moonah wit / pienk v 4.0 pv vroeg
23 Lag 28 x Tanjil wit / pienk v 3.3 s vroeg
24 Merrit x LAG 28 wit / pienk v 2.7 pv-st vroeg
25 Wonga x LAG 28 wit / pienk v 4.3 pv vrpeg
27 Merrit x LAG 28 wit / pienk v 2.0 pv-st vroeg
35 Lag 28 x Tanjil wit / pienk v 1.7 st vroeg
36 Lag 28 x Tanjil wit / pienk v 4.7 s vroeg
37 Jindalee x Sonet wit / pienk v 1.7 st vroeg
39 Moonah x Tanjil wit / pienk v 2.7 pv vroeg
42 Lag 28 x Tanjil wit / pienk v 4.3 st vroeg

v: Vatbaar; p: pitvas; st: springtraag; s: spring (2 seisoene se data op al die cultivar proewe)
5: uitstekende weerstand; 1: hoogs vatbaar (* waarnemings op cultivarproef op Elsenburg gemaak oor 3 herhalings en 2 stadiums.

Slegs twee lyne (25 en 39) se pitvastheid was gelykstaande aan Mandelup maar 39 se opbrengs potensiaal is nie baie goed nie. Geen lyn of cultivar is met die hand geoes nie en gee Tabel 1 dus die opbrengs soos met die stroper geoes. Verskeie cultivars was springtraag en het slegs onder spesiale omstandighede saadverliese gehad weens peule wat oopspring. Lupiene met die geneigdheid tot oopspring (van peule) sal indien hulle tydens fisiologiese rypheid reën kry, makliker oopspring in die afdroog proses. Verskeie proewe het ideale omstandighede vir oopspring van peule ervaar die afgelope twee seisoene. Ongelukkig was al die lyne vatbaar vir Antraknose en Witroes. Verskeie lyne se voorlopige indeks dui op dieselfde of selfs 'n beter weerstandsindeks as Mandelup.

Opsomming

Verskeie lyne het die potensiaal om oorweeg te word as cultivars in die Wes-Kaap.


Enquiries / Navrae

Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western Cape
Instituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Dr N Kotze
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter