Newsletters / Archives / Lupino / 2007 Lupino No 31

Lupino logo

LUPIENWERKGROEP NUUSBRIEF

Lupino 31   September 2007


Voedingswaarde en prys van heel en ontdopte lupiensaad

Prof Tertius Brand
Elsenburg Diereproduksie Instituut, Departent van Landbou, Privaatsak X1, Elsenburg 7607

Inleiding

Lupiene is 'n belangrike wisselbougewas in die graanproduserende dele van die Wes-Kaap en ongeveer 30 000ha lupiene word jaarliks verbou. Lupiene het egter sekere beperkinge vir gebruik in diëte van enkelmaagdiere, hoofsaaklik weens 'n hoë ruveselfraksie. Verder het sekere cultivars onaanvaarbare hoë vlakke van alkaloïdes wat toksies kan wees vir byvoorbeeld varke. Ander faktore wat genoem word wat die benutting van lupiene deur enkelmaagdiere mag benadeel, is ⟩-galaktosiedes, hoë vlakke van mangaan, hoë vlakke van nie-stysel polisaggarides en lae vlakke van lisien, swawelbevattende aminosure en triptofaan. Weens die tekortkominge van lupiene as proteïenbron word dit gewoonlik teen beperkte vlakke in die diëte van, byvoorbeeld groeiende varke, gebruik. Normaalweg word insluitingsvlakke van tussen 10 en 20% alkaloïedvry lupiene vir groeiende varke aanbeveel. Die insluiting van hoë vlakke van lupiensaad in diëte van enkelmaagdiere gaan egter gewoonlik gepaard met 'n afname in inname, groei en voeromset.

Die meeste navorsers kom tot die gevolgtrekking dat die verlaagde produksiepotensiaal van lupiensaad vir enkelmaagdiere aan die relatief hoë veselinhoud toegeskryf kan word. Dit het gelei tot die ondersoek na die moontlikheid om lupiene te ontdop, aangesien die grootste persentasie vesel in die dop aanwesig is. Oor die algemeen blyk dit dat ontdopte lupiene beter benutbaar deur enkelmaagdiere is as lupiene met doppe. Oorsese navorsing bevestig ook hierdie resultate volgens die bevindinge dat groeiende varke betekenisvol beter resultate getoon het met ontdopte as met gebreekte lupiene.

Chemiese samestelling

Teneinde die chemiese samestelling van heel en ontdopte lupiene sowel as die chemiese samestelling van die doppe van lupiene te bepaal is vier plaaslik beskikbare cultivars in die Elsenburg Dierevoeding Laboratorium met die hand ontdop. Die resultate word in Tabel 1 weergegee. Dit blyk uit hierdie gegewens dat die dopfraksie ongeveer 25% van Lupinus angustifolius (smalblaar-cultivars) en 17 tot 20% by Lupinus albus (breëblaar-cultivars) uitmaak. In beide gevalle word die proteïeninhoud verhoog (16-18% verhoging by L. albus-cultivars en 27-30% verhoging by L. angustifolius-cultivars) en ruveselfraksies verlaag het (60-80%). Fernández & Batterham (1995) rapporteer soortgelyk dat ontdopte lupiensaad (kerne) 'n hoër proteïen- (40.5% vs. 31.1%) en lisieninhoud (2.0% vs. 1.6%) het. Die verteerbare energie-inhoud is verhoog van 13.1 MJ/kg tot 16.3 MJ/kg en die ruvesel verlaag van 17.2% tot 5.1% in hulle studies. Die chemiese en aminosuursamestelling van lupiensaad, lupienkerne en lupiendoppe van die cultivar Gunguro (L. angustifolius) vanuit die studie van Fernández & Batterham (1995) word saam met die samestelling van sojaboonoliekoekmeel in Tabel 2 weergegee.

Tabel 1
Die chemiese samestelling van heel en ontdopte lupiensaad van vier verskillende cultivars†
Samestelling L. albus L. angustifolius
Cv. Hamburg Cv. Kiev Cv. Eureka Cv. Stevens
Heel Dop Kern Heel Dop Kern Heel Dop Kern Heel Dop Kern
Fisiese samestelling 100.0 19.5 80.5 100.0 16.8 83.2 100.0 25.5 74.5 100.0 26.5 73.5
% 91.1 91.3 91.6 90.5 89.4 90.2 91.5 89.2 90.4 91.1 91.3 91.3
Droë materiaal, % 3.2 2.6 3.6 3.2 2.5 3.1 2.9 2.3 3.0 2.8 3.0 2.8
Ruproteïen, % 37.0 5.5 43.6 35.7 3.6 41.6 30.7 5.1 39.0 29.3 4.3 38.5
As, % 9.8 1.3 10.5 8.4 1.0 12.3 4.2 1.2 5.8 4.4 1.0 5.8
Vet, % 85.5 71.9 88.3 87.2 69.6 91.5 92.2 81.0 93.5 91.6 73.5 93.5
VOM, % 101.3 72.9 105.0 99.5 71.0 111.0 94.1 80.1 98.7 94.0 94.2 98.7
TVV, % †† 12.9 50.2 1.0 13.4 50.7 7.0 16.7 49.0 2.8 16.5 50.0 3.4
Ruvesel, % 18.0 72.4 3.9 19.2 73.9 4.9 24.5 69.8 4.9 24.9 71.3 4.7
NBV, % 15.1 59.6 4.5 16.3 61.4 4.0 21.4 56.9 6.4 22.0 58.8 4.9
SBV, % 0.2 0.6 3.9 0.2 0.6 5.2 0.3 0.7 0.2 0.3 0.8 0.2
Kalsium, % 0.3 0.1 0.2 0.3 0.1 0.2 0.3 0.1 0.5 0.4 0.1 0.5
Fosfaat, % 0.5 0.4
VOM In vitro verteerbare organiese materiaal.
NBV Neutraalbestande vesel.
SBV Suurbestande vesel.
TVV Totaal verteerbare voedingstowwe.
Alle waardes op 'n natuurlike vogbasis.
†† TVV is aangepas vir hoë olie-inhoud deur 2% af te trek by die vetpersentasie (algemene vetinhoud van graan), die res van die vet te vermenigvuldig met 2.25 (TVV van vet in verhouding met graanstysel) en by te tel by die TVV soos bereken vanaf die in vitro verteerbare organiese materiaal.
Tabel 2
Die chemiese en aminosuursamestelling van lupiensaad, -kerne en -doppe (l. angustifolius cv. gunguro) volgens Fernández & Batterham (1995)†
Samestelling (%) Lupiensaad Lupienkerne Lupiendoppe Sojaboon oliekoekmeel
Droë materiaal 92 93 94 89
Ruproteïen 31.1 40.5 5.6 42.8
Ruvet 3.6 7.6 1.5 0.9
Ruvesel 17.2 5.1 61.9 6.1
NBV †† 31.3 11.0 74.7 15.2
Alkaloïdes 0.07 0.13 0.01 0
Essensiële Aminosure
Lisien
Metionien 1.6 2.0 0.4 2.8
Sisteïen 0.16 0.21 0.04 0.53
Valien 0.25 0.31 0.03 0.53
Treonien 1.3 1.7 0.29 2.2
Histidien 1.2 1.5 0.24 1.8
Isoleusien 0.8 1.1 0.13 1.1
Leusien 1.4 1.9 0.25 2.2
Tirosien 2.2 2.9 0.40 3.5
Fenielalanien 1.2 1.6 0.18 1.6
1.3 1.7 0.25 2.2
Lugdroë basis
†† NBV - Neutraalbestande vesel

Prysbepaling

Alhoewel direkte prysbepaling van grondstowwe moeilik is, aangesien elke grondstof sekere inherente eienskappe het, kan 'n moontlike aanduiding van prys op grond van chemiese en aminosuur analise wel tot 'n mate beraam word met behulp van minimumkoste-rekenaarprogramme. Op grond van vergelyking van die voedings­waarde van heel soetlupiene sowel as lupienkerne (beide gebaseer op L. angustifolius cv. Eureka) met vismeel en sojaboonoliekoekmeel blyk dit dat heel lupiene (soet smalblaar tipes) aangekoop kan word teen 42% van die prys van vismeel en teen 60% van die prys van sojaboonoliekoekmeel. Met ontdopping sal die prys kan styg tot 54% van die prys van vismeel en 77% van die prys van sojaboon­oliekoekmeel.

Gevolgtrekkings

Ontdopping kan die waarde/prys van lupiene met ongeveer 30% verhoog. Indien lupiene ontdop is, kan dit ook teen hoër vlakke in die diëte van enkelmaagdiere ingesluit word. Dit is egter noodsaaklik dat slegs alkoloïedvrye cultivars in die diëte van enkelmaagdiere gebruik word. Vir herkouende diere is ontdopping van lupiene onnodig. Lupiene kan gemaal of gerol aan beeste gegee word, terwyl skape heel lupiene baie goed benut.

Verwysings

Op aanvraag beskikbaar.


Waardetoevoeging om gebruikswaarde van lupiene te verbreed

Herman Agenbag
Proteïennavorsingstigting

Tans word lupiene slegs as heelgraan of meel in voerrantsoene gebruik. Die hoë ru-veselinhoud van lupiene beperk egter die gebruikswaarde daarvan by sommige enkelmaag diere soos braaikuikens, ander pluimvee en varke. Die gebruikswaarde asook die voedingswaarde van lupiene kan verbeter word deur ontdopping waardeur die saadhuid verwyder word en van die kiemgedeelte geskei word.

Die samestelling van heelsaad, kiem en doppe van Australiese soet smalblaarlupiene word in Tabel 1 aangedui.

Tabel 1
Samestelling van soet Australiese smalblaarlupiene saad, kiem en doppe
Heel saad Kiem Dop
Ru-proteïen (%) 32 39 7
Ru-vet (%) 6 7 1
Ru-vesel (%) 15 3 49
Stikstofvrye-ekstrak (%) 50 41 88
Netto energie varke (MJ/kg, DM) 8.3 9.5 4.0
Metaboliese-energie-braaikuikens 9.0 11.5 -
Metaboliese-energie-herkouers (MJ/kg, DM) 12.5 14.2 8.7

The future for lupins in value added feed and food uses. Rod Sands, George Weston Foods & Mark Tucek, CBH. Agribusiness Crop Updates 2004.

Volgens Tabel 1 het lupienekiem 'n relatiewe lae ruveselinhoud en hoë energie wat meer geskik is vir enkelmaag diere as heelsaad. Navorsing toon dat lupiene-kiemmeel 'n goeie plantproteïen bron is vir die gedeeltelike vervanging van vismeel in wye verskeidenheid van akwa-voer rantsoene is weens die hoër proteïeninhoud, hoë fosfor, lae vesel en lae vlakke van anti-voedingsfaktore en hoogs verpilbaarheid.

Lupienedoppe bestaan hoofsaaklik uit sellulose en hemi-sellulose en is van min waarde vir enkelmaagdiere. Die ru-vesel inhoud van doppe is egter laag in lignien en redelik maklik verteerbaar vir herkouers met redelike energie wanneer ingesluit in gebalanseerde voerrantsoene. Lupienedoppe is 'n waardevolle bron vir gebruik in bees- en skaaprantsoene in voerkrale asook troeteldiere- en perderantsoene.

Volgens Australiese bevindings kan lupienekiem ook 'n baie belangrike rol speel as proteïenryke bron vir menslike voedsel. Proteïen-isolate uit lupiene, Lupin E en Lupin F het getoon dat dit baie gunstig vergelyk met soja-proteïen wat wêreldwyd in die voedsel-industrieë gebruik word.

Lupin E bevat goeie emulsifiseerbare en waterbindings eienskappe en kan gebruik word as plaasvervanger vir heel eiers, eiergeel en melk. Tipiese gebruike hiervan sluit in suiwelprodukte soos melk en babakosse asook roomys, mayonnaise, koek, beskuitjies, pastydeeg en vleisprodukte. Lupin F het baie goeie skuimeienskappe en kan gebruik word in moes, joghurts, malvalekkers, roomkoeke asook eiervrye produkte. Lupin F bevat eienskappe wat uniek is tot lupiene sonder enige soja-ekwivalent.

Die lupiene E isolaat word in Australië gebruik vir die maak van melk en ander suiwelprodukte soos joghurt en roomys.

Waarde van lupiene soos afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland te Kaapstad op 16 Augustus 2007

Op bogenoemde datum was die prys van ingevoerde sojaboon-oliekoek R2 640 per ton teen 'n wisselkoers van R7.41 teen die VSA $. Die relatiewe waarde van lupiene behoort dus soos volg te wees:

Breëblaarlupiene (Proteïen 35–37%) cv. Esta

Pluimvee (75%) R1 980 / ton
Suiwel (80%) R2 112 / ton

Smalblaarlupiene (Proteïen 31–33%) cv. Merrit

Pluimvee (53%) R1 399 / ton
Suiwel (52%) R1 373 / ton

Geellupiene (Proteïen 39–41%) cv. Juno

Pluimvee (63%) R1 663 / ton
Suiwel (73%) R1 927 / ton

Opmerkings

  • Die proteïen en energie-inhoud van breë-, smalblaar en geellupiene verskil wesenlik van mekaar.
  • Deur gebruik te maak van 'n laagste koste liniëre veevoer formuleringsprogram, is die relatiewe pryswaarde van hierdie grondstowwe met hul verskillende nutrïent samestellings bepaal.
  • Voere vir verskillende klasse vee se nutrïent vereistes verskil ook van mekaar en daarom sal die prys van dieselfde grondstof anders wees vir die verskillende spesies.
  • Sojaboon-oliekoek met 'n 47% proteïeninhoud word as verwysingsproteïen gebruik.

Hierdie syfers is gebaseer op inligting wat goedgunstelik verkry is van Atlas Trading & Shipping (Pty) Ltd. Die Proteïennavorsingstigting (PNS) aanvaar geen aanspreeklikheid vir die verdere gebruik van die syfers nie (sien vrywaring op PNS webblad).


Enquiries / Navrae

Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western Cape
Instituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Dr N Kotze
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter