CanolaFokus logo

Canolafokus 36   Januarie 2008

Indeks van artikel


Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2007

PJA Lombard en L Smorenburg
Departement Landbou: Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg 7607

Inleiding

Die toestande in die Suid-Kaap was redelik gunstig vir gewasproduksie. In dele van die Riviersonderend en Swellendam area was die reënval maandeliks onder die langtermyn gemiddelde. Behalwe vir die Oostelike gebiede wat vroëer kon plant is al die aanplantings laat in April en vroeg Mei aangeplant. Insekte en slakke het groot skade tydens die saailingstadium aangerig. Groot kaalkolle en areas met lae plantestand was tot en met oestyd waarneembaar. Ruitrugmot het oor die algemeen geen of min probleme veroorsaak en bolwurms was nie 'n probleem nie. Die canola stamboorder het wyd verspreid oor die hele Suid-Kaap voorgekom.

Klimaatstoestande in die Swartland was die afgelope seisoen soos in 2006 baie gunstig vir gewasverbouing. Die gunstige omstandighede het baie goeie koringopbrengste tot gevolg gehad. Sekere areas in die middel en Noord Swartland het baie swaar reën in Junie gehad en versuipkolle was daarna waarneembaar tot en met oestyd. In die Eendekuil en tradisioneel laer reënvalarea was die canola opbrengste bo-gemiddeld weens die gunstige klimaatsomstandighede. Bo-gemiddelde oeste het ook oor die res van die Swartland voorgekom. Min ruitrugmot en bolwurm probleme is aangemeld.

Gedurende die 2007 seisoen is daar na raming 33 200 ha canola teenoor die vorige jaar se 32000ha aangeplant. Produsente het die afgelope paar seisoene canola as kuilvoergewas aangewend. Hierdie praktyk is vanjaar voortgesit en gevolglik is dit baie moeilik om 'n gemiddelde oes opbrengs te bepaal. Saadopbrengste het van streek tot streek verskil. In die Swartland het die opbrengste gewissel tussen 1.1 (Kaap Agri) en 1.5 ton/ha (MKB) area. Areas in die Suid-Kaap het goeie opbrengste gehad en het gewissel van 1.1ton/ha (Swellendam) tot 1.4 ton/ha in die Overberg area. In die Swartland en Suid-Kaap is lande met swak stande as weiding aangewend.

Navorsing

Die Departement van Landbou: Wes-Kaap het gedurende die 2007 seisoen 'n reeks cultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer. Sewe proewe is in die Suid-Kaap aangeplant waarvan 5 proewe se data ingesluit. Hierdie 5 proewe was by Caledon, Napier, Tygerhoek (vroeg en laat) en Riversdal. Sewe proewe op 6 lokaliteite is in die Swartland aangeplant. Koue en nat toestand het ongelukkig veroorsaak dat van die proewe reeds vroeg in die seisoen onttrek moes word weens skade. Die proewe by Philadelphia, Darling en Langgewens (vroeg en laat saai) is suksesvol voltooi. Verskillende plantdatums (vroeg en laat) is op beide proefplase naamlik Tygerhoek in die Suid-Kaap en Langgewens in die Swartland uitgevoer.

Figuur 1
Suid-Kaap reënval (2007) en Tygerhoek langtermyn gemiddeld

Figuur 1: Suid-Kaap reënval (2007) en Tygerhoek langtermyn gemiddeld

Figuur 2
Gemiddelde maksimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap

Figuur 2: Swartland reënval (2007) en Langgewens langtermyn gemiddeld

Figuur 3
Gemiddelde maksimum temperatuur - langtermyn en 2007

Figuur 3: Gemiddelde maksimum temperatuur - langtermyn en 2007

Figuur 4
Gemiddelde minimum temperatuur - langtermyn en 2007

Figuur 4: Gemiddelde minimum temperatuur - langtermyn en 2007

Klimaat oorsig

Klimaatstoestande tydens die 2007 seisoen was gekenmerk deur goeie reënval in die Swartland (Figuur 2). Dele het tydens die begin van Junie buitegewoon baie reën ontvang en jong gesaaides het plek-plek versuip. Reënval het gewissel van 320mm tot oor die 600mm gedurende die reënseisoen. Die maksimum en minimum temperature was onder die langtermyn gemiddeld en dis ideaal is vir die produksie van Canola (Figuur 2 en 3).

In die Suid-Kaap was die reënval minder ideaal en het dit gewissel van 143mm (Tygerhoek) tot 340mm by Boontjieskraal (Figuur 1). Tygerhoek en Swellendam het onder gemiddelde reënval gehad maar die res van die Suid-Kaap het redelike tot goeie vog deur die seisoen gehad. 'n Droëer periode laat in die seisoen (Augustus tot September) by Riversdal het min invloed gehad. Die canola was daar vroeg gesaai en reeds fisologies vêr gevorder toe die vogstremming ontstaan het. Temperature laer as gemiddelde het oor die streek voorgekom en minder druk op die beskikbare vog geplaas weens verlaagde evapo-transpirasie.

Agronomiese praktyke

Die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap is voor plant met 'n vlak tand bewerk ten einde 'n fyn, gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal en saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van tussen 50 en 70 plante/m² te verseker.

Alle bemesting is toegedien volgens grondontledings van grondmonsters wat by elke proefperseel geneem is. Fosfaat is teen 15kg/ha as standaard toegedien. Die fosfaatbemesting het swael bevat om aan die swaelbehoefte van canola te voorsien. Stikstofbemesting is volgens aanbeveling gedoen en is aangepas volgens grondtipe en reënvalsyfers en het gewissel van 80 tot 100 kg N/ha, wat as standaard in drie toedienings (plant, roset en stamverlenging) verdeel is. As standaard is molibdeen tydens die roset-stadium toegedien. Reaksie op molibdeen aanvulling sal waarskynlik net op grond met 'n lae pH gevind word. 'n Boor bespuiting word teen die einde van die stamverlengingsfase gedoen om saadvorming te bevorder.

Onkruidbeheer, waar nodig, is volgens onkruidspesie en –druk toegepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met Butisan-S (metazachlor) gevolg deur na-opkomsbeheer met Focus Ultra (cycloxydim), Aramo (tepraloxydim) en Lomex (etametsulfuron-metiel). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n vroëe bespuiting om die saailinge te beskerm. Later in die seisoen is waar nodig gespuit vir die beheer van plantluise, ruitrugmotte en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) – 750 ml/ha, Thioflo (endosulfan) – 1l/ha, Metamidifos – 500ml/ha en Dursban (chlorpiriphos) – 1000ml/ha.

Proewe is met 'n net toegemaak om hulle teen voëls en die ergste wind te beskerm. Met rypwording is persele direk gestroop met 'n Wintersteiger perseelstroper, waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is.

Resultate

Die proewe is vanaf einde April geplant met die uitsondering van Riversdal waar 'n vroëer aanplanting moontlik was. Tabel 1 en 2 bevat die opbrengsdata van die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (CL)" en "Triasien tolerant (TT)" cultivars se data word geskei van die konvensionele cultivars.

Tabel 1

Suid-Kaap saadopbrengste (kg/ha)

Tygerhoek 1 Tygerhoek 2 Napier Caledon Riversdal 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
30/04 sv 25/05 sv 03/05 sv 04/05 sv 19/04 sv Gemid. Gemid. Gemid. Gemid.
Muster
2085 ab 1622 ab 2178 ab 2701 a 2403 a 2192 1
Hyola 61
1950 abcd 1894 a 2164 ab 2259 bcd 2558 a 2165 2 2354 5 2060 3 2259 2
Opal
2158 a 1827 a 2167 ab 2371 b 2184 a 2141 3 2412 2 2277 1
44C11
1754 cdefg 1409 bc 2191 a 2445 ab 2615 a 2083 4 2353 6 2090 2 2218 5
Outback
1958 abc 1570 ab 1866 bcd 2443 ab 2440 a 2055 5 2213 9 1900 4 2134 8
Spectrum
1673 cdefg 1554 ab 2242 a 2431 ab 2371 a 2054 6 2411 3 2220 1 2233 4
44Y06
1713 cdefg 1628 ab 2099 abc 2275 bcd 2450 a 2033 7 2465 1 2249 3
Jade
1858 bcde 1585 ab 2229 a 2320 bc 2104 a 2019 8 2275 8 2147 7
Comet
1482 gh 1686 ab 1421 fe 2027 cdefg 2316 a 1786 13 2116 12 1830 5 1951 10
Gemiddeld
1845 1642 2062 2364 2382 2059
TT Gemiddeld
Tygerhoek 1 Tygerhoek 2 Napier Caledon Riversdal 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
30/04 sv 25/05 sv 03/05 sv 04/05 sv 19/04 sv Gemid. Gemid. Gemid. Gemid.
TT Gemiddeld 2006 2007 2006/2007
Thunder
1803 bcedf 1559 ab 1845 dc 2206 bcde 2481 a 1979 9 1870 16 1720 7 1924 11
Cobbler
1617 efg 1368 bcd 1939 abcd 1967 defg 2339 a 1846 12            
ATR Stubby
1655 defg 1419 bc 1466 fe 1909 efg 2313 a 1752 14 1781 17 1700 8 1767 14
Tornado
1546 fg 1016 d 1649 de 1838 g 2326 a 1675 15 1910 14 1610 10 1793 13
Banjo
1243 hi 1126 cd 1193 f 1501 g 2173 a 1447 17
Gemiddeld
1573 1297 1619 1884 2326 1740
CL Gemiddeld
Tygerhoek 1 Tygerhoek 2 Napier Caledon Riversdal 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
30/04 sv 25/05 sv 03/05 sv 04/05 sv 19/04 sv Gemid. Gemid. Gemid. Gemid.
CL Gemiddeld 2006 2007 2006/2007
45Y77
1533 fg 1745 ab 1698 de 2294 bc 2491 a 1952 10 2397 4 2175 6
44C73
1640 efg 1394 bcd 2012 abc 2179 bcdef 2391 a 1923 11 2008 13 1760 6 1966 9
Rocket CL
1640 i 1208 cd 1467 fe 1879 fg 2294 a 1698 16 2138 11 1620 9 1918 12
Gemiddeld
1605 1449 1726 2117 2392 1858
Proef gemiddeld
Tygerhoek 1 Tygerhoek 2 Napier Caledon Riversdal 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
30/04 sv 25/05 sv 03/05 sv 04/05 sv 19/04 sv Gemid. Gemid. Gemid. Gemid.
Proef gemiddeld
1688 1501 1872 2179 2368 1922
kbv: 298.5 kbv: 380.4 kbv: 312 kbv: 308.5 kbv: 650.7
kbv: 15.2 kbv: 21 kbv: 16.5 kbv: 17.7 kbv: 8.5

sv: Statistiese verskil- cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv- kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheids interval, Kv- koëvisiënt van variasie.

Tabel 2

Swartland saadopbrengste (kg/ha)

Langgewens 1 Langgewens 2 Darling Philadelphia 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
08/05 Sv 22/05 Sv 11/05 Sv 11/05 Sv Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld
44Y06
3440 a 2318 abc 3541 a 3307 a 3151 1 2496 5 2824 1
Opal
3034 ab 2688 a 3480 ab 2314 efgh 2879 3 2419 7 2649 4
44C11
2897 bc 2475 abc 3152 bcd 2966 abc 2872 4 2534 3 2380 4 2703 3
Jade
2791 bc 2534 ab 3263 abc 2666 bcdef 2813 5 2352 8 2583 5
Spectrum
2866 bc 2437 abc 2948 cde 2619 cdefg 2718 6 2292 10 2630 2 2505 6
Muster
2548 bcd 1909 ed 3202 abcd 2720 bcde 2595 7
Outback
2894 bc 2110 cde 3095 cd 1916 h 2504 10 2435 6 2140 5 2469 7
Hyola 61
2067 edf 1839 ed 3099 cd 2411 defg 2354 13 2500 4 2700 1 2427 8
Comet
2029 ef 2227 bcd 2702 efg 2270 fgh 2307 14 2307 9 2480 3 2307 9
Gemiddeld
2730 2282 3165 2577 2736
TT gemiddeld
Langgewens 1 Langgewens 2 Darling Philadelphia 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
08/05 Sv 22/05 Sv 11/05 Sv 11/05 Sv Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld
TT Gemiddeld 2006 2007 2006/2007
Thunder
2504 cde 2391 abc 2471 gh 2195 gh 2390 11 1761 17 1880 9 2076 12
Tornado
2756 bc 1801 e 2672 efgh 2229 fgh 2365 12 1765 16 1740 10 2065 13
Cobbler
1790 f 1791 e 2512 fgh 2233 fgh 2082 15
Banjo
1713 f 1077 f 2321 h 1456 i 1642 16
Stubby
407 g 596 g 1990 gh 1474 i 1117 17 1837 15 1990 7 1477 14
Gemiddeld
1834 1531 2393 1918 1919
CL gemiddeld
Langgewens 1 Langgewens 2 Darling Philadelphia 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
08/05 Sv 22/05 Sv 11/05 Sv 11/05 Sv Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld
CL Gemiddeld 2006 2007 2006/2007
45Y77
3430 a 2558 ab 3260 abc 3061 ab 3077 2 2555 2 2816 2
44C73
2430 cde 1814 e 3031 cde 2793 bdc 2517 8 2041 12 1980 8 2279 10
Rocket CL
2692 bc 2211 bcd 2873 def 2264 fgh 2510 9 2018 14 2090 6 2264 11
Gemiddeld
2851 2194 3055 2706 2701
Proef gemiddeld
Langgewens 1 Langgewens 2 Darling Philadelphia 2007 2006 2005 2006/2007
Plantdatum
08/05 Sv 22/05 Sv 11/05 Sv 11/05 Sv Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld
2488 2046 2918 2406 2464
kbv: 519.4 kbv: 391.7 kbv: 374 kbv: 441.5
kbv: 10.9 kbv: 9.8 kbv: 24.9 kbv: 12.5

sv: Statistiese verskil- cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv- kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheids interval, Kv- koëvisiënt van variasie.

In die Suid-Kaap (Tabel 1) het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel van 1.5 ton/ha by Tygerhoek (laat saaidatum) tot 2.36 ton/ha by Riversdal. Daar was 'n 12% verskil in opbrengs tussen die vroëe (30 April) en laat saaidatum (25 Mei) by Tygerhoek. Dit is kleiner as in vorige jare en kan toegeskryf word aan die onder gemiddelde temperature (Figuur 1 en 2). Die gemiddelde opbrengs van "Clearfield" en "Triasien tolerant" cultivars was onderskeidelik 10% en 15% laer as die gemiddelde van die konvensionele cultivars. Die konvensionele cultivars het met die uitsondering van Comet almal beter gevaar as die beste cultivar in die TT en Cl groepe.

Die cultivars Opal (Tygerhoek, 2.15 ton/ha), Hyola 61 (Tygerhoek 2, 1.89 ton/ha), Spectrum (Napier, 2.24 ton/ha), Muster (Caledon, 2.7 ton/ha) en 44C11 (Riversdal, 2.61 ton/ha) was almal die hoogste produseerders by hul genoemde lokaliteite (Tabel 1). Muster, Hyola 61 en Opal was gemiddeld die beste produseerders en het almal meer as 2.1 ton/ha saad geproduseer. Die volgende 5 cultivars het meer as 2 ton/ha saad produseer. In die Suid-Kaap was daar dus min verskil tussen die beste 8 cultivars. Groter verskille het by die TT-cultivars voorgekom met Thunder (1.97 ton/ha) as die top produseerder in sy groep. Twee Cl-cultivars was bo-aan die Cl-lys naamlik die baster 45Y77 (1.95 ton/ha) en 44C73 (1.92 ton/ha).

In die Swartland het die gemiddelde opbrengste per proef gewissel tussen 2.04 ton/ha (Langgewens 2) tot 2.91 kg/ha by Darling (Tabel 2). Die eerste aanplanting by Langgewens 1 (8 Mei) was 18% beter as die tweede aanplanting. Dit is baie aangesien daar slegs 14 dae verskil was en dat die temperature redelik gunstig was. Die opbrengsresultate in die Swartland korreleer baie goed met die vegetatiewe groei. Die koeler weer (Figuur 3 en 4) het die plante toegelaat om hul potensiaal te bereik. Darling het die hoogste gegroei en die beste vertoon, en het die hoogste opbrengs gegee. Die Cl-cultivars het gemiddeld net 1% swakker gevaar as die konvensionele cultivars. Die "Clearfield" cultivar 45Y77 (baster) was die tweede beste cultivar in die Swartland (2006 en 2007) en het die gemiddelde van die Cl groep baie bevoordeel. Die TT-cultivars het heelwat swakker gevaar. Die groep se produksie was onderskeidelik 30% en 29% swakker as die konvensionele en Cl-groepe.

In die Swartland was die baster 44Y06 (3.15 ton/ha) by 3 van die 4 lokaliteite in die Swartland die top produseerder. Die cultivar in die tweede plek was die "Clearfield" baster 45Y77 (3.07 ton/ha). Hulle is gevolg deur 3 cultivars wat almal bo 2.8 ton/ha geproduseer het naamlik, Opal, 44C11 en Jade.

Op Tygerhoek en Langgewens het die eerste (vroëe) aanplanting die hoogste opbrengs gegee. Die groot verskil tussen vroeg en later saai by Langgewens is 'n verskynsel wat jaarliks voorkom. Dit onderstreep die feit dat laat plant 'n groot risiko inhou. Die konvensionele cultivars gee gemiddeld die hoogste opbrengs, maar het minder opsies vir die beheer van onkruid. In 2006 en 2007 is vir die eerste keer 'n cultivar in die "Clearfield" groep aangeplant wat kompeteer met konvensionele cultivars.

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter