Newsletters / Archives / Canolafokus Archives / 2009 Canolafokus No 39

CanolaFokus logo

Canolafokus 39   Januarie 2009

Indeks van artikel


Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2008

PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss
Departement Landbou: Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg 7607

Inleiding

Klimaatstoestande in die Swartland was die afgelope seisoen soos in 2007 baie gunstig vir gewasverbouing. Dit was droog gedurende April en Mei en min produsente kon vooropkoms onkruidbeheer toepas, met die gevolg dat gewasse later as in 2007 gesaai is. Dit was 'n baie lang seisoen met bogemiddelde reënval vanaf Junie tot September. Sekere areas in die middel en Noord Swartland het baie swaar reën in Junie gehad en versuipkolle was daarna waarneembaar tot en met oestyd. In die Noorde van die Swartland (tradisioneel laer reënval area) was die canola opbrengste bo-gemiddeld weens die gunstige klimaats­omstandighede. Ruitrugmot en bolwurm het meer probleme as in 2007 veroorsaak.

Die toestande in die Suid-Kaap was ongelukkig minder gunstig vir gewasproduksie. In die Oostelike dele het produsente wel vroeg kon plant en daardie canola aanplantings het goeie opbrengste behaal. In dele van die Caledon, Riviersonderend en Swellendam areas was dit vroeg in die seisoen baie droog en sommige aanplantings het eers in Junie ontkiem. Gunstige toestande laat in die seisoen het gehelp dat canola aanplantings in die Westelike dele tot 'n mate kon herstel en redelike opbrengste is behaal. Insekte en slakke het groot skade tydens die saailingstadium aangerig. Groot kaalkolle en areas met lae plantestand was tot en met oestyd waarneembaar. Ruitrugmot en bolwurm het oor die algemeen min probleme veroorsaak. Die canola stamboorder was minder van 'n probleem as in 2007 hoewel dit wel waargeneem is.

Gedurende die 2008 seisoen was daar na raming 'n geringe toename in oppervlakte, vanaf 3200ha canola na 3000ha. Die gunstige prys se uitwerking is beperk deurdat die seisoen laat begin het en verskeie produsente afgesien het van hul voorneme om canola te plant. Produsente het soos die vorige seisoene canola as kuilvoergewas aangewend, dit maak dit moeilik om 'n gemiddelde opbrengs vir die Wes-Kaap te bepaal. In die Swartland het die gemiddelde opbrengste gewissel tussen 1.3 (Kaap Agri en MKB) en 1.6 ton/ha. Areas in die Suid-Kaap het goeie opbrengste gehad en het gewissel van 0.5 ton/ha tot 1.7 ton/ha in die Oostelike area. Aanplantings wat swak of laat gevestig het is bewei.

Nasionale cultivarproewe

Die Departement van Landbou:Wes-Kaap het gedurende die 2008 seisoen 'n reeks cultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer. Sewe proewe is in die Suid-Kaap aangeplant waarvan slegs 2 proewe se data ingesluit is. Die Suid-Kaap proewe by Riversdal en Tygerhoek is einde April geplant terwyl die res van die proewe laat in Mei en begin Junie geplant is. In die Swartland is die proewe tussen 8 en 24 Mei geplant. Tygerhoek se laat aanplanting, Mosselbaai, Swellendam en Serjansrivier kon eers laat in Mei en begin Junie aangeplant word, en het gevolglik baie laat en swak ontkiem. Sewe proewe op 6 lokaliteite is in die Swartland aangeplant. Koue, nat en winderige toestand laat in die seisoen het veroorsaak dat die proef by Grasrug platgewaai het. Plante se stamme het ongelukkig geknak en wat die plante benadeel het en die oesproses bemoeilik het. Die proef was nie statisties betekenis vol nie.

Klimaat oorsig

Klimaatstoestande tydens die 2008 seisoen was gekenmerk deur goeie reënval in die Swartland (Tabel 1 en Figuur 1). Periodes van swaar reën het veral in die Noorde voorgekom en jong gesaaides het plek-plek versuip. Die reënval was bogemiddeld vir die hele Swartland. 'n Baie laat en koel lente het vanjaar voorgekom en het die laat canola aanplantings baie bevoordeel. Die maksimum en minimum temperature vir September was onder die langtermyn gemiddeld en was selfs laer as in Augustus (Figuur 2 en 3). Die lae temperature is ideaal vir die produksie van Canola.

Tabel 1
Klimaatdata vir Swartland en Suid-Kaap: 2008
Porter­ville Pools Koper­fontein Lang­gewens Skaap­kraal Gemid­deld: Swart­land Voor­stekop Rivers­dal Jonas­kraal Riet­poel Tyger­hoek Boontjies­kraal Swellen­dam: Napky Gemid­deld: Suid-Kaap
Reënval
Maart 12.5 8 0.2 0.6 3.9 5.0 25.6 24.2 16.4 29.2 26 16 15.4 21.8
April 10.8 7.1 5.8 14.4 14.2 10.5 36.4 37.5 21.6 20.3 46.1 17.6 21.1 28.7
Mei 75.6 36.8 40.8 47.4 70.5 54.2 12.8 18.9 27.8 19.3 7.4 14.9 8.2 15.6
Junie 122.5 61.8 66.7 66.4 76.4 78.8 61.2 41.3 30.3 36.3 36.3 51.1 29.8 40.9
Julie 211.9 119.4 109.3 125.7 158.5 145.0 15.5 20.6 45.5 61.8 51.8 79.8 19.6 42.1
Augustus 57.8 63.3 69.9 81.3 109.9 76.4 37.5 27.2 48.4 56.7 34.6 48 23 39.3
September 121.2 63.4 66.4 76.2 140.8 93.6 39.5 22.4 39.5 45.3 37.7 52.3 20.6 36.8
Oktober 13.5 8.4 12.4 9.8 6 10.0 60.6 51.4 69 40 37.6 15.7 15 41.3
November 47.6 34.4 61 35.2 - 44.6 215 - 158.9 141.8 227.7 142.9 93.8 163.4
Maksimum temperatuur ºC
Maart 32.6 33.8 32.5 31.2 31.4 32.3 26.4 26.6 27.1 25.6 27.9 27.6 27.1 26.9
April 28.1 28.9 28.1 26.5 26.9 27.7 24 24.2 24.8 22.8 24.8 24.5 24.5 24.2
Mei 22.6 23 21.8 21 22 22.1 23.3 23.9 23.8 21.9 23.9 22.8 24.1 23.4
Junie 19.2 19.6 18.6 17.3 22.2 19.4 17.8 18 18.2 16.3 18.3 17.5 18.6 17.8
Julie 17.7 18.3 17.5 16.1 20.4 18.0 18.1 18.8 17.7 15.7 17.6 17.1 18.8 17.7
Augustus 19.4 20.1 19.1 17.6 19.9 19.2 19.4 19.9 19.5 16.9 19.5 18.1 20 19.0
September 19.1 19.9 18.6 17.2 19.1 18.8 19.8 20.7 19.1 16.7 19.6 17.9 20.3 19.2
Oktober 25.6 27.3 24.6 23.7 24.3 25.1 21.9 21.9 22.1 20.5 23.1 22.2 22.5 22.0
November 28.3 30.3 27.2 26.5 26.2 27.7 23.2 23 23.5 21.8 24.5 23.7 23.6 23.3
Minimum temperatuur ºC
Maart 15.9 15.5 14 16.7 13.5 15.1 14.5 14 12.9 13.5 14.5 15 14.5 14.1
April 11.9 11.8 10.9 13.8 11.2 11.9 12.5 11.5 11 11.7 11.4 12.8 11.6 11.8
Mei 13.1 12.7 12.3 12.8 14.5 13.1 12.7 10.8 10.8 11.7 10.4 12.9 12 11.6
Junie 9.4 8.6 8.5 10 15 10.3 9.6 8.1 7.3 8.6 7.8 9.4 8.7 8.5
Julie 7.5 6.7 6.9 7.6 10.6 7.9 7.7 5.3 4.2 6.5 4.7 6.7 5.8 5.8
Augustus 7.4 5.9 6.6 7.9 8.3 7.2 8 5.8 5.2 7 5.7 7 6.9 6.5
September 7.1 5.4 6.1 6.8 9.1 6.9 7.5 5.6 4.6 5.8 5.2 6.2 6 5.8
Oktober 10.9 8.7 8.6 10.1 11.7 10.0 11 10.4 9.9 9.1 10.5 10.5 10.2 10.2
November 13.1 12.5 11.6 12.4 13.1 12.5 12.9 12.7 11.7 11.1 12.7 12.8 13.1 12.4

In die Suid-Kaap was die reënval minder ideaal en was al die maande gedurende die produksie seisoen by Tygerhoek onder gemiddeld (Figuur 1 en Tabel 2). Later in die seisoen het klimaatsomstandighede (veral in die Weste van die produksiegebied) verbeter met goeie reën wat voorgekom het tesame met baie gunstige temperature (Figuur 2 en 3). Geen vogstremming het tydens korrelvulling plaasgevind nie. Swaar reën neerslae gedurende November het die oesproses van die canola in sekere areas vertraag.

Figuur 1
Gemiddelde reënval vir Langgewens en Tygerhoek (2008)

Figuur 1: Gemiddelde reënval vir Langgewens en Tygerhoek (2008)

Figuur 2
Gemiddelde maksimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap

Figuur 2: Gemiddelde maksimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap

Figuur 3
Gemiddelde minimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap

Figuur 3: Gemiddelde minimum temperatuur vir Swartland en Suid-Kaap

Agronomiese praktyke

Die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap is voor plant met 'n vlak tand bewerk ten einde 'n fyn, gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisend­korrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal en saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van tussen 50 en 70 plante/m² te verseker.

Alle bemesting is toegedien volgens grondontledings van grond­monsters wat by elke proefperseel geneem is. Fosfaat is teen 15kg/ha as standaard toegedien. Die fosfaatbemesting het swael bevat om aan die swael behoefte van canola te help voorsien. Stikstofbemesting is volgens aanbeveling gedoen en is aangepas volgens grondtipe en reënvalsyfers en het gewissel van 60 tot 100 kg N/ha, wat as standaard in twee tot drie toedienings (plant, roset en stamverlenging) verdeel is. 'n Boor bespuiting is as standaard toegepas en word teen die einde van die stamverlengingsfase gedoen om saadvorming te bevorder.

Onkruidbeheer, waar nodig, is volgens onkruidspesie en –druk toe­gepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met Butisan-S (metazachlor) gevolg deur na-opkomsbeheer met Focus Ultra (sikloksidim), Aramo (tepraloksidim) en Lomex (etametsulfuron-metiel). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n vroeë bespuiting om die saailinge te beskerm. Later in die seisoen is waar nodig gespuit vir die beheer van plantluise, ruitrugmotte en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) – 750ml/ha, Thioflo (endosulfan) – 1l/ha, Metamidifos – 500ml/ha en Dursban (chlorpiriphos) – 1 000ml/ha.

Proewe is met 'n net toegemaak om hulle teen voëls en die ergste wind te beskerm. Met rypwording is persele direk gestroop met 'n Wintersteiger perseelstroper, waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is.

Resultate

Tabel 2 en 3 bevat die opbrengsdata van die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (Cl)" en "Triasien tolerant (TT)" cultivars se data word geskei van die konvensionele cultivars terwyl die baster cultivars met 'n * aangedui word.

In die Suid-Kaap (Tabel 2) het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel van 1.75 ton/ha by Riversdal tot 1.78 ton/ha by Tygerhoek. Die gemiddelde opbrengs van "Clearfield" en "Triasien tolerant" cultivars was onderskeidelik 19% en 12% laer as die gemiddelde van die konvensionele cultivars.

By Tygerhoek het die cultivar AV Garnet (2.794 ton/ha) 'n betekenisvol hoër opbrengs as die ander cultivars getoon. NPZ SR 10308 * (2.211 ton/ha) en Hyola 61 (2.125 ton/ha was onderskeidelik die 2de en 3de beste konvensionele cultivars. Bravo TT (1.921 ton/ha) was die beste TT en 45Y77* (2.041 ton/ha) die beste Cl cultivar en beide het nie betekenisvol van NPZ SR 10308 * en Hyola 61 verskil nie.

By Riversdal was NPZ SR 10308 * (2.339 ton/ha) die hoogste produseerder gevolg deur 44Y06* en Garnet. Die 1ste vyf cultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. Bravo TT (1.822 ton/ha) was die beste TT en 45Y77* (1.682 ton/ha) die beste Cl cultivar, beide se produksie was betekenisvol laer as die beste vyf konvensionele cultivars.

In die Suid-Kaap was AV Garnet en NPZ SR 10308 * betekenisvol beter as die ander cultivars gevolg deur Hyola 61. Bravo TT was die beste TT en 45Y77* die beste Cl cultivar. Beide hierdie cultivars het nie betekenisvol van Hyola 61 verskil nie. Die beste produserende cultivars in die Suid-Kaap was baie konstant tussen die twee proewe.

Tabel 2
Swartland saadopbrengs (kg/ha)
Tygerhoek Riversdal Suid-Kaap
Konvensionele cultivars Sv Sv Sv
Tarcoola 1716 cdef 1541 efg 1629 efgh
AV Garnet 2794 a 2089 abc 2441 a
AG Spectrum 1404 f 1799 bcde 1601 fgh
AV Jade 1757 bcdef 2093 abc 1925 cde
NPZ SR 10308 * 2211 b 2339 a 2262 ab
AG Muster 1495 ef 1782 bcdef 1609 fgh
44Y06 * 1775 bcdef 2147 ab 1961 cd
44C11 1524 ef 1534 efg 1529 gh
Hyola 61 * 2125 bc 2030 abcd 2078 bc
Gemiddeld 1867 1928 1893
TT
Bravo TT 1921 bcde 1822 bcde 1871 cdef
Rottnest TT 1705 cdef 1779 bcdef 1742 defg
ATR Cobbler 1370 f 1744 cdef 1557 gh
Tornado 1655 cdef 1455 efg 1555 gh
Thunder 1671 cdef 1680 defg 1676 defg
Gemiddeld 1665 1696 1680
Clearfield
44C73 CL 1588 def 1405 fg 1497 gh
45Y77 CL * 2041 bcd 1682 defg 1861 cdef
Rocket CL 1405 f 1337 g 1371 h
44C79 CL 1891 bcde 1302 g 1597 fgh
Gemiddeld 1732 1432 1582
kbv: 479.8 kbv: 387.6 kbv: 192.1
kv: 16.24 kv: 13 kv: 14.8

Sv: Statistiese verskil- cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv- kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval, Kv- koëffisiënt van variasie
Cultivars gemerk met *, is baster cultivars.

In die Swartland het die gemiddelde opbrengste per proef gewissel tussen 2.39 ton/ha (Darling) tot 2.67kg/ha by Langgewens 2 (Tabel 3). Die opbrengs van die eerste aanplanting by Langgewens 1 (14 Mei) was 8.8% laer as die tweede aanplanting (27 Mei). Dit is die 1ste keer sedert 1999 dat die 2de saaityd op enige lokaliteit beter opbrengs as die 1ste aanplanting gee. Die koeler maksimum en minimum temperature (Figuur 3 en 4) gedurende September in vergelyking met Augustus het tot gevolg gehad dat die 2de aanplanting beter klimaatsomstandighede gehad het tydens korrelvulling. Ander faktore soos wind wat van die 1ste saaityd se plante beskadig het kon ook bygedra het tot die verskil in opbrengs.

In die Swartland het AV Garnet baie goed presteer en was die beste produseerder in drie van die vier ingeslote proewe.

Tabel 3
Swartland saadopbrengs (kg/ha)
Langgewens 1 Langgewens 2 Porterville Darling Swartland
Konvensionele cultivars Sv Sv Sv Sv Sv
Tarcoola 1954 fg 2599 def 2237 gh 1899 hgi 2077 ef
AV Garnet 2874 ab 3547 a 3011 a 2968 a 3066 a
AG Spectrum 2552 bcd 2886 bcd 2760 abcd 3243 a 2879 ab
AV Jade 2630 bcd 2609 def 2335 efg 2944 ab 2618 c
NPZ SR 10308 * 2976 ab 2775 cde 2704 abcde 3016 ab 2912 ab
AG Muster 2644 bcd 2865 cd 2447 cdef 2845 abc 2647 c
44Y06 * 3147 a 3442 ab 2773 abc 2938 ab 3036 a
44C11 2929 ab 3333 abc 2715 abcde 2634 bcd 2794 bc
Hyola 61 * 2206 defg 2583 def 2458 cdef 2509 cde 2382 d
Gemiddeld 2657 2960 2605 2777
TT
Bravo TT 2055 efg 2374 defg 2386 cdefg 1773 efg 2196 de
Rottnest TT 1932 fg 1904 g 2112 fg 1562 i 1799 g
ATR Cobbler 1767 g 2566 def 2032 g 1628 hi 1888 fg
Tornado 2389 cdef 2218 efg 2363 defg 1798 hi 2116 e
Thunder 2339 cdef 2277 defg 2484 bcdef 1660 hi 2113 e
Gemiddeld 2096 2268 2276 2684
Clearfield
44C73 CL 1847 g 2498 def 2156 fg 2006 fgh 2070 ef
45Y77 CL * 2799 abc 2743 de 2865 ab 2948 ab 2907 ab
Rocket CL 2572 bcde 2285 defg 2115 fg 2329 def 2354 d
44C79 CL 2532 bcd 2532 fg 2088 fg 2357 def 2246 de
Gemiddeld 2438 2515 2306 2410 2417
kbv: 484.17 kbv: 569.3 kbv: 397.7 kbv: 406.8 kbv: 203.9
kv: 11.89 kv: 12.89 kv: 9.79 kv: 10.14 kv: 0.04

Sv: Statistiese verskil- cultivars gevolg deur dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie. Kbv- kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval, Kv- koëffisiënt van variasie
Cultivars gemerk met *, is baster cultivars.

By Langgewens 1 was 44Y06* (3.147 ton/ha) die produseerder deur 44C11 en Garnet. Beide hierdie cultivars het nie betekenisvol van 44Y06 verskil nie. Die CL cultivar 45Y77* het slegs in een van die vier proewe betekenisvol van die beste konvensionele cultivar verskil. Bravo was die hoogste produseerder by die TT cultivars hoewel nie betekenisvol beter as Tornado en Thunder nie. Die beste produseerders oor die vier lokaliteite was, AV Garnet, 44Y06*, AG Spectrum en die CL cultivar 44Y77.

Hoewel die laat aanplanting die beste resultate in die Swartland gelewer het kan dit aan buitegewone klimaatstoestande toegeskryf word. Geskiedkundige klimaat en proefresultate ondersteun die aanbeveling om eerder vroeër as later te plant.

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Prof A Agenbag   Izane Leygonie
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter