CanolaFokus logo

Canolafokus 42   Januarie 2010

Indeks van artikel


Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2009

PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss
Instituut vir Plantproduksie, Departement Landbou: Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg 7607

Inleiding

Klimaatstoestande in die Swartland was die afgelope seisoen baie gunstig vir gewasverbouing. Dit was droog gedurende April en Mei en min produsente kon vooropkoms onkruidbeheer toepas. Dit was 'n seisoen met gunstige temperature. Die reënval was goed versprei tot in September. In die Noorde van die Swartland (tradisioneel laer reënval area) het die canola goed vertoon, maar die opbrengste was nie buitengewoon goed nie. Ruitrugmotlarwe, koolluis en bolwurm het meer probleme as in 2008 veroorsaak en was teenwoordig tot aan die einde van die groeiseisoen. Sterk winde net voor en tydens oestyd het heelwat verliese tot gevolg gehad. Reën tydens November het min skade aan die canola aangerig aangesien meeste produsente reeds hul canola op daardie stadium geoes het.

Die algemene toestande in die Suid-Kaap was ongelukkig minder gunstig vir gewasproduksie. In die Oostelike dele kon produsente wel vroeg plant en daardie canola aanplantings het goeie opbrengste behaal (veral in die Riversdal area). In dele van die Swellendam en Heidelberg area was dit baie droog. In die westelike deel van die Suid-Kaap was dit 'n baie goeie jaar vir gewasverbouing met heelwat produsente wat meer as 2 ton canola per hektaar geoes het. Minder probleme met kaal kolle het voorgekom as in vorige jare. Die canola stamboorder was minder van 'n probleem as in 2007, hoewel dit wel waargeneem is soos in 2008.

Gedurende die 2009 seisoen was daar na raming 'n toename in oppervlakte, vanaf 34 000 ha canola na 38 060 ha. Die prys van canola was soos vir ander gewasse heelwat laer as in die voorafgaande seisoen. In die Swartland het die gemiddelde opbrengste gewissel tussen 1.2 ton/ha en 1.6 ton/ha. Areas in die Suid-Kaap het goeie opbrengste gehad en het gewissel van 0.7 ton/ha tot 2.5 ton/ha.

Nasionale cultivarproewe

Die Departement van Landbou:Wes-Kaap het gedurende die 2009 seisoen 'n reeks cultivarproewe in die Wes en Suid-Kaap uitgevoer. Sewe proewe is in die Suid-Kaap aangeplant waarvan slegs 4 proewe se data ingesluit is. Die Suid-Kaap proewe by Riversdal en Tygerhoek is einde April geplant, terwyl die res van die proewe in Mei geplant is. In die Swartland is die proewe tussen 27 April en 22 Mei geplant met die uitsondering van Langgewens se 2de aanplanting, vroeg in Junie. Tydens Junie was die omstandighede ongunstig vir plant in die Swartland, die grond was baie nat en koud. Die elite proef is 10 Junie geplant, gevolglik was die ontkieming baie swak. Sewe proewe is op 6 lokaliteite in die Swartland aangeplant, waarvan 5 proewe se data ingesluit is.

Klimaat oorsig

Klimaatstoestande tydens die 2009 seisoen was gekenmerk deur gemiddelde reënval in die Swartland (Tabel 1). Die reënval by Langgewens was bogemiddeld vir Mei tot Julie, terwyl daar in Augustus tot Oktober onder-gemiddelde reënval was (Figuur 1). Reën het tydens November voorgekom, maar die proewe was reeds geoes of was fisiologies ryp en kon nie baat vind daarby nie (Tabel 1 en Figuur 1). Die minimum temperatuur by Langgewens was vir die hele seisoen onder die langtermyn gemiddelde (Figuur 2). Die maksimum temperatuur vir April, Junie, Julie en Augustus was meer as die langtermyn gemiddelde. Canola is baie gevoelig vir hoë temperature tydens en na blom. September se maksimum en minimum temperatuur was onder die langtermyn gemiddelde en was dit dus voordelig vir die canolaplante (Figuur 2 en 3).

Tabel 1
Klimaatdata vir Swartland en Suid-Kaap: 2008
Elsen­burg Hope­field Langge­wens Pools Porter­ville Gem. Swart­land Voor­stekop Tyger­hoek Boontjies­kraal Riet­poel Jonas­kraal Rivers­dal Gem. Suid-Kaap
Reënval
Maart 5.1 1.0 0.4 1.8 0.0 1.6 10.1 4.6 6.1 4.6 13.7 5.2 7.4
April 39.1 27.4 21.0 16.8 29.3 26.7 28.3 31.5 15.5 17.0 16.9 42.2 25.2
Mei 87.5 69.8 72.4 47.2 95.3 74.5 21.7 21.6 31.0 34.0 26.1 17.8 25.4
Junie 152.8 80.4 81.6 93.5 148.0 111.3 73.0 80.0 36.6 75.7 81.9 67.6 69.1
Julie 121.5 72.8 66.2 58.4 83.4 80.5 30.3 73.1 85.3 77.5 44.7 38.0 58.1
Augustus 87.3 39.4 36.8 43.2 51.8 51.7 10.2 24.9 45.0 38.4 24.2 12.8 25.9
September 79.3 31.8 25.4 16.3 31.1 36.8 30.3 36.8 39.6 30.2 37.4 22.4 32.8
Oktober 40.3 4.0 2.8 9.9 23.7 16.1 5.8 54.6 57.4 83.6 73.0 60.6 55.8
November 97.5 53.4 68.0 43.9 92.8 71.1 18.5 0.8 25.9 26.7 17.1 26.0 18.5
Maksimum temperatuur
Maart 29.4 32.3 31.1 34.0 32.6 31.9 28.5 29.6 28.1 26.9 28.6 28.7 28.4
April 26.1 28.0 26.8 29.7 28.5 27.8 25.1 26.0 25.3 24.0 25.8 25.2 25.2
Mei 20.3 21.0 20.4 22.3 21.8 21.2 22.3 22.1 21.2 20.0 22.3 22.2 21.7
Junie 18.1 18.7 17.9 19.4 19.1 18.6 19.2 18.9 18.1 16.7 19.1 18.8 18.5
Julie 19.0 19.8 18.5 20.8 20.7 19.7 19.1 18.3 18.2 16.6 19.0 19.3 18.4
Augustus 18.3 19.3 18.1 20.6 20.1 19.3 19.8 18.5 18.3 16.4 19.3 20.0 18.7
September 18.5 20.1 18.8 22.3 20.9 20.1 20.9 20.5 18.7 17.8 20.2 20.8 19.8
Oktober 23.8 26.0 25.1 28.7 26.9 26.1 22.5 23.6 22.3 21.0 22.4 23.0 22.4
November 24.5 26.6 25.9 29.5 26.7 26.6 24.9 25.6 24.5 23.4 24.2 25.0 24.9
Minimum temperatuur
Maart 13.9 14.2 16.3 15.8 16.4 15.3 15.5 15.0 15.4 14.2 13.5 15.4 14.8
April 12.5 12.5 14.6 14.1 14.9 13.7 13.9 13.5 13.9 12.8 12.1 13.5 13.3
Mei 10.3 10.4 11.3 10.8 11.0 10.8 10.6 9.6 10.6 10.1 9.1 9.7 10.0
Junie 9.4 8.9 10.2 9.0 9.7 9.4 8.9 7.8 9.2 9.0 8.5 8.4 8.6
Julie 8.4 6.8 8.8 6.9 8.1 7.8 6.9 5.8 7.3 8.0 4.9 6.9 6.6
Augustus 7.5 6.9 7.8 5.5 7.6 7.1 6.9 5.4 7.5 7.1 5.0 6.0 6.3
September 8.7 7.8 8.5 6.8 8.9 8.1 8.3 6.6 8.7 8.0 6.6 7.6 7.6
Oktober 10.7 10.5 12.0 10.7 11.9 11.2 12.1 10.7 11.5 10.4 10.6 11.5 11.1
November 12.7 13.1 13.8 13.6 14.1 13.4 13.0 12.1 13.2 11.6 11.6 12.6 13.0

Die reënval verspreiding in die Suid-Kaap was baie wisselvallig. Die beste reënval maande was Junie en Julie, terwyl reën in Oktober die oesproses bemoeilik het (Tabel 1 en Figuur 4) Die reënval by Riversdal en Voorstekop was laer as in die res van die Suid-Kaap. Die temperature by Tygerhoek was gemiddeld, met die uitsondering van September wat, soos by Langgewens, laer as die langtermyn gemiddelde was (Figuur 5 en 6).

Figuur 1
Gemiddelde reënval vir Langgewens (2008 en 2009)

Figuur 1: Gemiddelde reënval vir Langgewens (2008 en 2009)

Figuur 2
Gemiddelde maksimum temperatuur vir Langgewens

Figuur 2: Gemiddelde maksimum temperatuur vir Langgewens

Figuur 3
Gemiddelde minimum temperatuur vir Langgewens

Figuur 3: Gemiddelde minimum temperatuur vir Langgewens

Figuur 4
Gemiddelde reënval vir Tygerhoek (2008 en 2009)

Figuur 4: Gemiddelde reënval vir Tygerhoek (2008 en 2009)

Figuur 5
Gemiddelde maksimum temperatuur vir Tygerhoek

Figuur 5: Gemiddelde maksimum temperatuur vir Tygerhoek

Figuur 6
Gemiddelde minimum temperatuur vir Tygerhoek

Figuur 6: Gemiddelde minimum temperatuur vir Tygerhoek

Agronomiese praktyke

Die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap is voor plant met 'n vlak tand bewerk ten einde 'n fyn, gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal en saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van tussen 50 en 70 plante/m² te verseker.

Alle bemesting is toegedien volgens grondontledings van grondmonsters wat by elke proefperseel geneem is. Fosfaat is teen 15 kg/ha (P: 10.5) as standaard toegedien om aan die plante se fosfaat en swawel behoefte te voorsien. Stikstofbemesting is volgens aanbeveling gedoen en is aangepas volgens grondtipe en reënvalsyfers en het gewissel van 60 tot 100 kg N/ha, wat as standaard in twee tot drie toedienings (plant, roset en stamverlenging) verdeel is. 'n Boorbespuiting is as standaard toegepas en is teen die einde van die stamverlengingsfase gedoen om saadvorming te bevorder.

Onkruidbeheer, waar nodig, is volgens onkruidspesie en –druk toegepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met Crew (trifluralin) gevolg deur na-opkomsbeheer met Focus Ultra (sikloksidim) of Aramo (tepraloksidim) en Lomex (etametsulfuron-metiel). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n vroeë bespuiting om die saailinge te beskerm. Later in die seisoen is waar nodig gespuit vir die beheer van plantluise, ruitrugmotlarwe en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) – 750ml/ha, Thioflo (endosulfan) – 1l/ha, Metamidifos – 500ml/ha, Steward (Indoksakarb) en Dursban (chlorpirifos) – 1 000ml/ha.

Proewe is met 'n net toegemaak om hulle teen voëls en die ergste wind te beskerm. Met rypwording is persele direk gestroop met 'n Wintersteiger perseelstroper, waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie (=8%) te bereik voordat dit geweeg is.

Resultate

Die opbrengsresultate word opgesom in Tabel 2 en 3 vir die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (Cl)" en "Triasien tolerant (TT)" cultivars se data word geskei van die konvensionele cultivars, terwyl die baster cultivars met 'n * aangedui word.

In die Swartland was die gemiddelde opbrengste baie laer as in 2009 (1.664 ton/ha teenoor 2.45 ton/ha in 2008). Die opbrengste het gewissel tussen 1.46 ton/ha (Langgewens 2) tot 1.938 kg/ha by Malmesbury (Tabel 2). Die opbrengsdata van die eerste aanplanting by Langgewens 1 is nie ingesluit nie. Die klimaatomstandighede was ideaal vir canola produksie, die plante het fisiologies goed ontwikkel en het deurgaans baie hoog gegroei. Ander faktore soos sterk winde wat voor en tydens oestyd voorgekom het, kon moontlik bygedra het tot groter oesverliese as in vorige jare.

In die Swartland het AV Garnet soos in 2008 baie goed presteer en was die beste produseerder met gemiddeld 2.148 ton/ha. Daar was 'n verdere 3 bastercultivars wat nie betekenisvol van AV Garnet (AV Garnet is nie 'n bastercultivar nie) verskil het nie, naamlik 44Y06 (2.084 ton/ha), AGA Max (2.015 ton/ha) en die "Clearfield" cultivar 45Y77 (2.018 ton/ha).

Die cultivar 45Y77 het in 4 van die 5 proewe 'n betekenisvolle beter opbrengs as die res van die clearfield groep gehad. Die cultivar met die 2de hoogste proefgemiddelde was die cultivar 43C80 (1.750), die opbrengs was nie betekenisvol hoër as Rocket Cl nie. Bravo TT was in 2008 die hoogste produseerder by die TT-cultivars, hoewel nie betekenisvol beter as Tornado TT en Thunder TT nie. In 2009 was die gemiddelde proefopbrengs van Triumph Jardee TT (1.737 ton/ha) en Thunder TT (1.705 ton/ha) die hoogste, hoewel nie betekenisvol beter as Bravo TT (1.501 ton/ha) nie.

Die opbrengs van die Cl-cultivars (1.644 ton/ha) en die TT-cultivars (1.486 ton/ha) was onderskeidelik 12.4% en 20.8% laer as die konvensionele cultivars (1.876 ton/ha).

Tabel 2
Swartland saadopbrengs (kg/ha)
Langgewens 2
10 Junie
Porterville
20 Mei
Malmesbury
21 Mei
Piketberg
20 Mei
Elsenburg
27 April
Swartland
Tarcoola 2248 a 1544 f 1532 ef 1276 de 1365 de 1593 cdef
AV Garnet 2258 a 2330 ab 2190 abc 1984 a 1977 abc 2148 a
AV Jade 1223 cdef 2027 bc 2168 abc 1693 abc 1725 abcde 1767 bc
AGA MAX * 1828 ab 2304 ab 2218 abc 2067 a 1659 abcde 2015 a
44Y06 * 1773 abc 2391 a 2470 a 1909 ab 1877 abcd 2084 a
Hyola 61 * 1486 bcde 1627 def 1482 ef 1852 ab 1801 abcde 1650 cde
Konv. gemiddeld 1803 2037 2010 1797 1734 1876
44C79 1209 def 1657 def 1370 f 971 ef 1420 cde 1325 gh
43C80 1549 bcd 1956 cd 1973 abcde 1812 ab 1460 bcde 1750 c
45Y77 * 1598 bcd 2111 abc 2237 abc 2049 a 2096 a 2018 ab
Rocket CL 836 f 1594 ef 1857 cdef 1298 de 1827 abcd 1482 cdef
CL gemiddeld 1298 1830 1859 1532 1700 1644
Triumph Jardee TT * 1330 bcdef 1906 cde 2429 ab 1569 bcd 1449 bcde 1737 cd
Bravo TT 1660 bcd 1445 f 1570 def 1356 cde 1473 bcde 1501 defg
CB Argyle 1363 bcdef 1397 f 2095 abcd 1307 ef 1210 ef 1474 efg
ATR Cobbler 947 ef 1483 f 1843 cdef 1148 ef 694 f 1223 h
Tawriffic TT 980 ef 1508 f 1818 cdef 1065 ef 1366 de 1347 gh
Tornado 939 ef 1417 f 1797 cdef 890 f 2040 ab 1417 fgh
Thunder 1589 bcd 1671 def 1901 bcdef 1213 def 2152 a 1705 cde
TT gemiddeld 1258 1547 1922 1221 1483 1486
Gemiddelde 1460 1786 1938 1515 1623 1664
P= <0.001 P= 0.0011 P= 0.0011 P= <0.001 P= 0.003 P= <0.01
KBV= 563.6 KBV= 339.3 KBV= 561.1 KBV= 385.5 KBV= 610.5 KBV= 239.9
CV= 22.54 CV= 11.42 CV= 16.84 CV= 15.47 CV= 22.6 CV= 18.01

KBV – kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval.
Cultivars gemerk met *, is baster cultivars.

In die Suid-Kaap (Tabel 3) het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel van 1.571 ton/ha by Klipdale tot 1.954 ton/ha by Tygerhoek 1. Die gemiddelde opbrengs van "Clearfield" en "Triasien tolerant" cultivars was onderskeidelik 12.7% en 30% laer as die gemiddelde van die konvensionele cultivars. Die TT-cultivars het in vergelyking met konvensionele cultivars byna 10% swakker gevaar as in die Swartland gedurende die afgelope seisoen. Gedurende die 2008 seisoen het die TT-cultivars in die Swartland en Suid-Kaap onderskeidelik 30% en 12% swakker gevaar as die konvensionele cultivars.

AV Garnet (2.521 ton/ha) het die hoogste gemiddelde opbrengs oor die 3 proewe in die Suid-Kaap gegee. Die cultivars AGA Max (2.197 ton/ha), Hyola 61 (2.242 ton/ha) en die Cl-cultivar 45Y77 (2.257 ton/ha) het nie betekenisvol van AV Garnet (2.521 ton/ha) verskil nie.

Thunder TT (1.703 ton/ha) het die hoogste gemiddelde opbrengs gegee, maar het slegs betekenisvol beter as Argyle en Bravo TT geproduseer. Triumph Jardee TT, ATR Cobbler, Tawriffic TT en Tornado TT het nie betekenisvol swakker geproduseer as Thunder TT nie.

Die Cl-cultivar 45Y77 (2.257 ton/ha) het gemiddeld betekenisvol beter gevaar as die ander cultivars in sy groep. Rocket Cl en 44C79 was die 2de en 3de beste produseerders in die groep.

Tabel 3
Suid-Kaap saadopbrengs (kg/ha)
Tygerhoek 1
30 April
Tygerhoek 2
27 Mei
Klipdale
5 Mei
Suid-Kaap
Napier Gemiddeld
Tarcoola 1692 defg 1640 efg 1420 efg 1584 fg
AV Garnet 2611 a 2900 a 2052 a 2521 ab
AV Jade 2192 abcd 1902 bc 1534 cdefg 1876 def
AGA MAX * 2437 ab 2313 bc 1841 abc 2197 bc
44Y06 * 2229 abc 2197 cd 1832 abcd 2086 dc
Hyola 61 * 2516 ab 2270 c 1940 ab 2242 bc
Hyola 50 * 2454 2713 a
Konv. gemiddeld 2304 2276 1770 2084
44C79 1445 fg 1841 def 1564 cdef 1617 ef
43C80 2188 efg 1522 efg 1507 defg 1739 fg
45Y77 * 2107 abcde 2693 b 1970 ab 2257 bc
Rocket CL 1760 cdefg 1903 cde 1357 efg 1673 ef
CL gemiddeld 1875 1990 1599 1821
Triumph Jardee TT * 1481 fg 1463 fg 1357 efg 1433 fg
Bravo TT 1381 fg 1231 g 1265 fg 1292 g
CB Argyle 1688 g 1343 fg 1314 fg 1448 g
ATR Cobbler 1883 cdef 1234 g 1214 g 1444 fg
Tawriffic TT 1767 cdefg 1413 g 1483 efg 1554 fg
Tornado 1273 g 1248 g 1413 efg 1311 fg
Thunder 2072 bcde 1394 g 1643 bcde 1703 f
TT gemiddeld 1677 1311 1389 1459
Gemiddelde 1954 1846 1571 1809
P= <0.001 P= <0.001 P= <0.001 P= 0.0158
KBV= 510.65 KBV= 420.52 KBV= 326.8 KBV= 201.06
CV= 15.64 CV= 12.97 CV= 12.51 CV= 0.06

KBV – kleinste betekenisvolle verskil by 95% betroubaarheid interval.
Cultivars gemerk met *, is baster cultivars.

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. piet.lombard@westerncape.gov.za

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Franco le Roux
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter