- COMPUTERISED BUDGETS
- GEREKENARISEERDE BEGROTINGS
Combuds
Gedurende die laat sestigs vroeë sewentigs het die Nasionale Departement van Landbou, inkomste- en kosteramings opgestel van die belangrikste landbouvertakkings (gewasse sowel as lewendehawe) wat as voorligtingskundige en beplannings hulpmiddel aangewend kon word deur die destydse Streek-ekonome, finansiële instellings en Agri besighede.
Die groepbesprekingsmetode was gebruik en die inligting ingesamel was per hand verwerk. 'n Groot aantal begrotings vir verskillende vertakkings was opgestel per streek en provinsie, droëland sowel as besproeiing en in bundels gebind wat gratis beskikbaar gestel is aan gebruikers.
Gedurende die tagtigs is 'n Prof Kletke van die Oklahoma State University na Suid-Afrika genooi om 'n program te skryf om dit te rekenariseer op die hoofraamrekenaar wat sentraal in Pretoria beheer is deur die Departement van Landbou.
Gedurende die koms van die PC wat al kragtiger geword het, is 'n program geskryf om dit deur 'n PC te verwerk.
Die woord COMBUDS is die afkorting vir "Computerised Budgets" en is so aanvaar deur die hoofgebruikers naamlik universiteite, agri besighede, finansiële instellings ens.
Dit word nog steeds algemeen gebruik en het die Direktoraat wat daarmee gemoeid is in die Departement bevestig dat die woord COMBUDS meer bekend is as byvoorbeeld "Enterprize budgets". Tans doen sommige Provinsiale Departemente van Landbou nog COMBUDS – maar op verskillende maniere. Wes-Kaap gebruik nog die COMBUD program terwyl Oos-Kaap en Natal byvoorbeeld van 'n Excel spreistaat gebruik maak.
Uit 'n PNS oogpunt maak dit seker nie saak watter naam gebruik word nie solank die gebruiker net weet wat dit is. In Afrikaans sou "inkomste- en kosteramings" reg wees en in Engels "Income- and cost Budgets".