Projeksies van proteïenbehoeftes vir diereverbruik vir 2010, 2015 en 2020
Opgestel deur JSG Joubert (Augustus 2010)

  1. Inleiding

    1. Gedurende 2009 was daar nie projeksies gedoen van toekomstige oliekoekbehoeftes vir diereverbruik nie. BFAP se scenario­beplan­nings­verslag wat onder andere die oliesade gewasse sou aanspreek was nog nie voltooi nie en aangesien die PNS onder die indruk was dat inligting daaruit sou voortspruit wat aangewend kon word in die projeksies van oliekoek behoeftes, het dit oorgestaan tot na die voltooing van die BFAP scenarioverslag.
    2. Na voltooiing van die BFAP scenarioverslag is daar weereens besin oor die aanwending van data uit die BFAP verslag in die projeksies van oliekoek behoeftes. Dit is besluit dat dit nie moontlik is nie omdat die BFAP model net enkele produkte wat deur die veevoer­vervaardigers gebruik word aanspreek en daar 'n hele reeks voerkomponente gebruik word om die basis te bepaal waarvan daar geprojekteer word.
    3. Inligting uit die BFAP model kan wel gebruik word om sekere inligting wat in die oliekoek projeksiemodel gebruik word te kontroleer soos sekere per kapita verbruiksyfers, inkomste elastisiteite, inkomstegroei en populasiegroei.
    4. Die Nieuwoudt/McGuigan model is nou aangewend om anders as in die vorige gevalle van die begin af die oliekoek behoeftes te projekteer en nie die totale proteïenbehoeftes nie. Die PNS stel hoofsaaklik belang wat die oliekoeksituasie is en is die vismeel, pluimvee afvalprodukte en gluten uit die vergelyking verwyder om 'n suiwer oliekoek projeksie te kan maak. In hierdie oefening is genoemde nie-oliekoekproteïene met aanvang uit die basis verwyder vir projeksie doeleindes.
    5. Soos in die verlede is die APR-model gebruik om die totale oliekoekverbruik in die 2008/09 basisjaar te bereken volgens die minimum koste liniêreprogrameringstegniek waarna dit per spesie verdeel word. Vir hierdie doel is dit ook besluit om die werklike oliekoek hoeveelhede wat volgens die AFMA jaarverslag 2008/2009 verbruik is as basis vir verdere projeksies te neem. Die APR model is egter gebruik om dit per dierespesie te verdeel. Interessant om te let dat die hoeveelheid oliekoek verbruik bereken volgens die APR model op 'n teoretiese grondslag slegs met 1,4% verskil het van dié wat volgens AFMA se jaarverslag werklik in die basisjaar gebruik is.
    6. Ander veranderlikes wat benodig word om die projeksies te kan maak soos bevolkingsgroei, inkome-elastisiteite en inkomstegroei (alles volgens bevolkingsgroep) is vanaf die BMR Unisa verkry.

      Tabel 1

      Totale oliekoek verbruik per dierespesie 2008/2009
      Spesie Sonneblom Grondbone Soja Katoen Canola Lupien Totaal
      Ton
      Braaikuikens 0 0 605 934 0 0 0 605 934
      Braaikuikenteelmoeders 22 523 0 92 467 9 657 329 0 124 977
      Lêhenne 57 746 0 113 538 1 107 1 120 0 173 513
      Skape 17 086 0 0 7 143 0 0 24 230
      Beeste 43 238 0 0 49 415 0 0 92 653
      Varke 45 837 0 102 220 0 10 068 0 158 126
      Suiwel 118 275 0 114 011 85 564 4 846 14 000 336 698
      Volstruise 5 892 0 2 124 207 4 254 0 12 479
      Perde 18 254 0 7 562 332 940 0 27 090
      Akwakultuur 0 0 456 0 0 0 456
      Honde en katte 35 903 0 72 854 0 0 0 108 758
      Totaal 364 754 0 1 111 172 153 429 21 560 14 000 1 664 915

      Voetnota: Inligting vanuit AFMA jaarverslag 2008/2009, Verdeling per dierespesie deur APR-Model.


  2. Geprojekteerde oliekoekbehoeftes

    1. Die periode 2008/2009 wat as basisjaar gebruik is val saam met AFMA se bemarkingsjaar en strek oor die periode 1 April 2008 tot 31 Maart 2009. Ten tye van die skryf van hierdie verslag was die nuutste jaarverslag van AFMA nog nie amptelik vrygestel nie.
    2. Die totale oliekoek verbruik vir die basisjaar soos hierbo vermeld is 1 664 915 ton. Dit dien ook daarop gelet te word dat oliekoekverbruik ook volvetprodukte insluit wat verreken is as oliekoek.
    3. Die projeksies vir 2010, 2015 en 2020 word op grond van vier(4) scenario's gedoen:
      • Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      • Hoë inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.
      • Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      • Lae inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.

      Tabel 2

      Inkomstegroei
      Asiërs Stedelik Swartes Landelik Swartes Kleurling Wit
      Laag % 2.2 1.8 -0.6 1.5 2.5
      Hoog % 4.0 3.5  0.0 2.0 4.0

      Tabel 2 se inkomstegroeisyfers is gebruik onder andere as 'n veranderlike in die projeksies soos verreken in Tabel 3.

      Tabel 3

      Projeksies van oliekoekbehoeftes vir 2010, 2015 en 2020 vir vier (4) verskillende scenario's ¹
      Scenario Basisjaar 2008/2009 Jaarlikse groei vanaf basisjaar Projeksie 2010 Jaarlikse groei vanaf basisjaar Projeksie 2015 Jaarlikse groei vanaf basisjaar Projeksie 2020
      % Ton % Ton % Ton
      Scenario 1 1 664 915 3.05 1 767 952 2.3 1 948 485 2.12 2 141 758
      Scenario 2 1 664 915 2.48 1 583 450 0.4 1 713 779 0.91 1 856 219
      Scenario 3 1 664 915 2.30 1 742 320 1.5 1 851 352 1.38 1 961 667
      Scenario 4 1 664 915 -3.02 1 565 985 -0.2 1 645 915 0.31 1 727 515

      ¹   Scenario 1: Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek
      Scenario 2: Hoë inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit
      Scenario 3: Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek
      Scenario 4: Lae inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit


      Tabel 4

      Bevolkingsgroei per jaar vanaf 2008 ¹
      Asiërs Kleurling Blank Swart stedelik Swart landelik Swart totaal Totaal bevolking
      % per jaar
      Tot 2015 -1.17 0.53 1.75 -0.04 0.38 0.13 0.20
      Tot 2020 -0.65 -0.17 0.86 0.21 0.45 0.31 0.30

  3. Vraag en aanbod van oliekoek

    Die verslag het onder andere ten doel om die plaaslike produksie van oliekoek te vergelyk met die vraag daarna asook met die toekomstige geprojekteerde vraag daarna.

    Vir hierdie doel word die geprojekteerde syfers van scenario een (1) aanvaar. Beskermende tariewe op lewende hawe produkte is nog in plek en het dieselfde gebly vir die afgelope ± 15 jaar.

    Scenario drie (3) se syfers verskil ook nie wesenlik van die van Scenario een (1) nie. Inkomste groeikoerse soos verskaf deur die BMR van Unisa van die Swart bevolking wat die grootste deel van die bevolking uitmaak is heelwat laer as dié wat in die 2008 verslag gebruik is.

    In die basisjaar 2008/09 was die werklike verbruik van oliekoek volgens die AFMA jaarverslag 1 664 915 ton en die plaaslike produksie van oliekoek 565 181 ton wat 33,9% van totale verbruik is. Die ongepubliseerde 2009/2010 jaarverslag van AFMA toon dat die verbruik van oliekoek 1 743 137 was en die plaaslike produksie 701 031 ton of 40,2% van totale verbruik was. In Tabel 5 word die plaaslike geproduseerde oliekoek uitgedruk as 'n persentasie van totale verbruik vir die afgelope vier (4) seisoene.

    Tabel 5

    Plaaslik geproduseerde oliekoek as persentasie van totale verbruik
    Tydperk Plaaslik geproduseerde oliekoek Totale verbruik van oliekoek Persentasie van totale verbruik
    Ton Ton %
    2006 / 2007 608 370 1 635 525 37.2
    2007 / 2008 494 557 1 758 185 28.1
    2008 / 2009 565 181 1 664 927 33.9
    2009 / 2010 ** 701 031 1 743 137 40.2
    Gemiddeld 592 285 1 700 444 34.8

    ** 140 000 ton sojabone uitgevoe


    Tabel 5 illustreer duidelik watter gaping daar bestaan tussen die verbruik van oliekoek en die plaaslike produksie daarvan. Om die effek van onder andere klimaat en die verandering in prysverhoudings te versag in 'n enkele seisoen word die gemiddelde syfers vir die afgelope vier (4) seisoene gebruik om te bepaal wat die jaarlikse toename in plaaslike produksie moet wees om die gaping tussen verbruik en produksie te verklein.


  4. Koerse waarteen plaaslike oliekoekproduksie moet toeneem om in die geprojekteerde verbruik te kan voorsien

    Dit is belangrik om op grond van voorafgaande inligting te bepaal teen watter jaarlikse koers die plaaslike produksie van oliekoek moet toeneem om nog steeds in ongeveer 35% van die totale vraag daarna te kan voorsien.

    Dit is 'n doelwit van die PNS om deur middel van sy aksies ingevoerde oliekoek te vervang met plaaslike geproduseerde oliekoek. Daarom is dit ook belangrik om te bepaal teen watter jaarlikse koerse die plaaslike produksie van oliekoek moet toeneem om die gaping tussen plaaslike produksie en geprojekteerde verbruik te vernou. Laastens kan dit ook bepaal word watter persentasie plaaslik geprodudeerde oliekoek sal uitmaak van die geprojekteerde verbruik in 2015 en 2020 indien plaaslike produksie teen die historiese jaarlikse groeikoers groei (kyk tabel 8).

    Tabel 6

    Persentasie groei in plaaslike oliekoekproduksie om sekere mikpunte te bereik ten opsigte van geprojekteerde verbruik in 2015
    Geprojekteerde verbruik 2015 Plaaslike produksie benodigde groeikoers per jaar vanaf 592 285 Hoeveelheid oliekoek Persentasie van geprojekteerde verbruik
    Ton % Ton %
    1 948 485 2.03 681 970 35
    1 948 485 7.37 974 242 50
    1 948 485 14.83 1 558 788 80
    1 948 485 18.54 1 948 485 100
    Plaaslike groei teen historiese koers
    1 948 485 6.40 914 370 47

    Tabel 7

    Persentasie groei in plaaslike oliekoekproduksie om sekere mikpunte te bereik ten opsigte van geprojekteerde verbruik in 2020
    Geprojekteerde verbruik 2020 Plaaslike produksie benodigde groeikoers per jaar vanaf 592 285 Hoeveelheid oliekoek Persentasie van geprojekteerde verbruik
    Ton % Ton %
    2 141 758 1.98 749 615 35
    2 141 758 5.06 1 070 879 50
    2 141 758 9.26 1 713 406 80
    2 141 758 11.31 2 141 758 100
    Plaaslike groei teen historiese koers
    2 141 758 6.40 1 246 896 58

    Tabel 8

    Produksie- en verbruikerstendense van proteïenkommoditeite
    96/97 97/98 98/99 99/00 00/01 01/02 02/03 03/04 04/05 05/06 06/07 07/08 08/09 09/10 10/11
    KOMMODITEIT: Vismeel verbruik (ton)
    196 039 187 374 96 267 127 386 142 848 118 414 82 988 127 000 127 000 80 000 60 000 55 000 79 500    
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: -2.36
    KOMMODITEIT: Vismeel produksie (ton)
    78 430 100 000 88 340 95 000 110 000 128 000 123 000 122 000 132 000 101 000 87 000 91 700 82 500    
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 1.42
    KOMMODITEIT: Vismeel invoere (ton)
    117 809 87 374 7 927 32 386 32 848 0 0 0 0 0     80 000 60 000  
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 48.30
    KOMMODITEIT: Oliekoek verbruik (ton)
    832 600 785 401 1 080 354 1 063 338 1 021 862 1 149 224 1 210 396 1 121 460 1 212 593 1 414 338 1 635 525 1 758 185 1 664 927 1 743 137  
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 6.47
    KOMMODITEIT: Oliekoek produksie (ton)
    400 675 319 006 493 581 554 903 514 020 482 448 472 311 489 413 416 736 572 231 608 370 494 557 565 181 701 031  
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 6.40
    KOMMODITEIT: Oliekoek invoere (ton)
    431 925 466 395 586 773 508 435 507 842 666 776 738 085 632 047 795 857 842 107 1 027 155 1 263 628 1 099 746 1 042 106  
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 8.19
    OPPERVLAKTE BEPLANT (ha)
    KOMMODITEIT: Sojas (ha)
    87 000 125 000 130 500 93 787 134 150 124 150 100 150 135 000 150 000 240 570 183 000 165 800 237 750 311 450  
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 14.12
    KOMMODITEIT: Soet lupiene (ha)
    NA NA 16 300 19 000 14 705 14 785 11 000 10 100 7 100 14 100 16 000 14 000      
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 3.40
    KOMMODITEIT: Canola (ha)
    NA NA 17 000 25 000 19 145 27 000 33 000 44 200 44 250 40 200 32 000 33 260 34 000 35 060  
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 9.15
    PRODUCTION (ton)
    KOMMODITEIT: Sojas (ton)
    76 806 120 000 200 900 188 367 148 720 209 705 216 000 136 500 220 000 272 500 424 000 205 000 282 000 516 000 587 950
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 23.36
    KOMMODITEIT: Soet lupiene (ton)
    NA NA 9 000 13 000 17 360 16 338 11 700 4 040 3 950 14 100 14 400 13 300      
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 25.27
    KOMMODITEIT: Canola (ton)
    8 734 11 000 21 000 23 000 26 549 25 750 37 975 40 770 32 000 44 200 38 050 39 840 30 800 40 350  
    GEMIDDELDE JAARLIKSE GROEI %: 16.10

    Figure 1

    Oliekoek, -produksie en -invoere

    Graph showing oilcake consumption, production and imports

    Figure 2

    Oppervlaktes en produksie van proteïenkommoditeite

    Graph showing areas and production of protein commodities

  5. Enkele opmerkings en gevolgtrekkings

    1. Projeksies vir die 2015 en 2020 jare is ingesluit in hierdie verslag en nie soos in die verlede vir die 2010 en 2020 jare nie. September 2011 sal die werklike syfers beskikbaar wees ten opsigte van 2010. Voorlopige syfers uit die die 2009/2010 AFMA jaarverslag wat binnekort vrygestel word dui daarop dat die oliekoekverbruik in die betrokke jaar 1 743 137 ton was. Die projeksie vir 2010 wat ooreenstem met die 2010/2011 AFMA jaar kom te staan op 1 767 952 ton oliekoek wat geloofwaardigheid aan die modelle verleen.
    2. Die geprojekteerde verbruik van oliekoek vir 2020 in hierdie verslag is aansienlik laer as die geprojekteerde syfer in die verslag wat in Maart 2008 opgestel is.

      In die 2008 verslag was dit 2 681 414 ton vir scenario 1 teenoor die 2 141 758 ton vir scenario 1 in hierdie verslag. In hierdie verslag word daar verwys na die laer inkomste groeikoerse deur die BMR vrygestel. Die totale bevolkingsgroeikoerssyfers wat aangepas word op 'n gereelde grondslag deur SA Statistiek is ook laer as in die 2008 verslag. Hierdie veranderlikes speel 'n belangrike rol en was beslis 'n bydraende faktor tot die afwyking.

    3. Uit tabel 3 is dit duidelik dat beskermende tariewe op die invoer van lewendehawe produkte vir menslike verbruik nog steeds die belangrikste enkele faktor is wat die vraag na proteïen vir diereverbruik bepaal. 'n Verlaging in beskermende tariewe sal die vraag na proteïene vir diereverbruik laat daal en andersom.
    4. Die gemiddelde jaarlikse groeikoers van plaaslike produksie van oliekoek is marginaal hoër as in die 2008 verslag en is ook nog steeds effens laer as die gemiddelde jaarlikse groeikoers van verbruik. Dit beteken dat as die vermelde tendense nie verbeter nie sal die gaping tussen plaaslike verbruik en plaaslike produksie nog steeds wyer word met invoere wat oor tyd verder sal toeneem (kyk tabel 8 en figure 1 en 2).
    5. Die groei in oppervlakte gemiddeld per jaar van sojas en canola is 14,12% en 9,15% onderskeidelik. In die geval van sojas is dit hoër as in die 2008 verslag en in die geval van Canola is die jaarlikse groeikoers marginaal laer as in die 2008 verslag.
    6. Belangrik, soos in die vorige verslag, is die gemiddelde jaarlikse groei in opbrengs van die twee gewasse aansienlik hoër as die ooreenstemmende groei in oppervlakte. Opbrengs per eenheid oppervlakte is 'n belangrike determinant van wingsgewendheid en is dit 'n groot uitdaging vir die PNS om opbrengsverhogende en/of koste besparende praktyke te bevorder.
    7. Dit dien daarop gelet te word dat die PNS dit as doelwit gestel het dat daar teen 2015 een (1) miljoen ton sojabone geproduseer moet word. As dit plaaslik verwerk word kom dit te staan op 800 000 ton sojaboon-oliekoek ekwivalent. Gegewe die feit dat sojaboon-oliekoek tradisioneel nagenoeg 67% van die totale oliekoek uitmaak sal die plaaslik geproduseerde oliekoek dus te staan kom op 1,194 miljoen ton wat 'n tekort sal laat van nagenoeg 754 000 ton oliekoek in 2015.