Projeksies van oliekoekbehoeftes vir diereverbruik vir 2015, 2020 en 2025
Opgestel deur JSG Joubert (Desember 2011)

  1. Inleiding

    1. Die visie, missie en doelstellings van die PNS fokus onder andere op die bevordering van die plaaslike produksie van proteïen ter bevrediging van die groeiende behoeftes vir diereproduksie. Vir die rede word daar op 'n gereëlde grondslag projeksies gemaak van die toekomstige behoeftes aan proteïen vir diereverbruik.

      Indien dit bekend is kan dit vervolgens bereken word teen watter tempo die plaaslike produksie van proteïen moet toeneem om sekere gestelde doelwitte te bevredig. Vordering wat gekoppel is met die PNS se verskeidenheid van aksies kan dan gemeet word op die wyse. Vir die doeleindes van hierdie oefening word daar slegs op plantaardige proteïen en meer spesifiek oliekoek gekonsentreer.

    2. Die werklike oliekoekverbruik soos in die AFMA jaarverslag 2010/2011 weergegee, is gebruik as basis om projeksies te maak vir 2015, 2020 en 2025. In die AFMA jaarverslag word die oliekoekverbruik nie per dierespesie uiteengesit nie en is die APR-model soos in die verlede aangewend om die oliekoekverbruik in die basisjaar te verdeel per dierespesie. Hierdie berekening is 'n noodsaaklike element van die projeksies omdat die toekomstige behoefte aan oliekoek vir diereverbruik afgelei word vanaf die toekomstige behoefte aan dierlikeprodukte soos vleis, suiwelprodukte ens deur 'n groeiende bevolking.
    3. Die Nieuwoudt / McGuigan model word dan aangewend om, gegewe die toekomstige menslike behoeftes aan diereprodukte, die projeksies te maak vir die oliekoekbehoeftes in die toekoms.
    4. Ander veranderlikes van belang om die projeksies te kan maak is voorspellings ten opsigte van bevolkingsgroei volgens ras. Daar word ook in die verband onderskeid getref tussen stedelike en landelike gebiede sover dit die swartbevolking aanbetref. Verwagte inkomstegroei word ook per ras aangedui en word inkomstegroei syfers vir 'n lae- en hoë inkomstescenario verskaf. Ook in hierdie geval word gedifferensieër tussen die stedelike- en landelike swart bevolking sover dit inkomstegroei syfers aan betref. Nog 'n veranderlike wat in ag geneem word is die inkome elastisiteite vir die verskillende diereprodukte volgens bevolkingsgroep. Beskermde tariewe soos van toepassing op die verskillende diereprodukte word ook in die model ingevoer. Bevolkingsgroei en inkomstegroei syfers word vanaf die BMR Unisa verkry.

      Tabel 1

      Totale oliekoek verbruik per dierespesie 2010/2011
        Sonneblom Grondbone Sojabone Katoen Canola Lupien Ander Totaal
      Spesie Ton Ton Ton Ton Ton Ton Ton Ton
      Braaikuikens 0 0 530 545 0 0 0 0 530 545
      Braaikuikenteelmoeders 13 375 0 111 466 0 0 0 0 124 841
      Lêhenne 4 622 0 233 118 0 0 0 0 237 740
      Skape 9 901 0 0 312 0 0 0 10 213
      Beeste 171 550 0 48 478 133 355 0 0 17 335 370 718
      Varke 2 954 0 190 138 0 14 273 5 142 0 212 507
      Suiwel 116 645 0 85 932 0 0 11 741 17 335 231 653
      Volstruise 3 989 0 18 598 2 535 8 552 0 0 33 674
      Perde 7 019 0 6 183 1 580 0 710 0 15 492
      Akwakultuur 0 0 664 0 0 0 0 664
      Troeteldiere 22 991 0 65 946 0 0 407 0 89 344
      Totaal 353 046 0 1 291 068 137 782 22 825 18 000 34 670 1 857 391

      Voetnota: Inligting vanuit AFMA jaarverslag 2010/2011. Verdeling per dierespesie deur APR-model.


  2. Geprojekteerde oliekoekbehoeftes

    1. Projeksies is gemaak vanaf 'n 2010/2011 basisjaar. Die oliekoekverbruik in die basisjaar is die werklike verbruiksyfers volgens AFMA se jaarverslag wat strek van die periode 1 April 2010 to 31 Maart 2011. Die totale oliekoek verbruik oor vermelde periode was 1 857 391 ton. Dit dien ook vermeld te word dat oliekoekverbruik ook volvetprodukte insluit wat verreken is as oliekoek.
    2. Die projeksies vir 2015, 2020 en 2025 word op grond van vier scenario's gedoen:
      • Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      • Hoë inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.
      • Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      • Lae inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.

      Tabel 2

      Inkomstegroei
        Asiërs Stedelike Swartes Landelike Swartes Kleurlinge Wit
      Laag % 2.2 1.7 -0.6 1.4 2.4
      Hoog % 4.0 3.4 0.0 1.9 3.9
    3. Ten opsigte van die vorige projeksies het die persentasie inkomstegroeisyfers slegs marginaal verander. Asiërs en landelike swartes se inkomstegroeisyfers het onveranderd gebly. Die ander groeperings se inkomstegroei syfers is marginaal afwaarts aangepas.

      Tabel 3

      Geprojekteerde bevolkingsgroei per jaar vanaf 2010
        Asiërs Stedelike Swartes Landelike Swartes Kleurlinge Wit Swartes Totaal
      Basisjaar Totaal en % groei per jaar
      2010 1 274 867 24 123 765 16 082 510 4 539 790 4 565 825 40 206 275 50 586 757
      2015
      %
      1 288 647
      0.22
      24 788 475
      0.55
      16 525 650
      0.55
      4 654 012
      0.5
      4 508 351
      -0.21
      41 314 126
      0.55
      51 765 136
      0.46
      2020
      %
      1 294 133
      0.15
      25 487 488
      0.55
      16 991 659
      0.55
      4 735 700
      0.42
      4 424 824
      -0.31
      42 479 147
      0.55
      52 933 804
      0.45
      2025
      %
      1 298 110
      0.12
      26 209 574
      0.55
      17 473 049
      0.55
      4 811 237
      0.39
      4 336 422
      -0.34
      43 682 623
      0.55
      54 128 391
      0.45
    4. Nuwere bevolkingsyfers is beskikbaar by UNISA maar weens 'n kosteprobleem kan dit nie bekom word nie en is daar volstaan met die mees onlangse bevolkingstatistieke. Teenoor die vorige projeksieverslag is die geprojekteerde bevolkingsgroeisyfers vir al die groeperings met uitsondering van die wittes hoër.

      Tabel 4

      Projeksies van oliekoekbehoeftes vir 2015, 2020 en 2025 vir vier (4) verskillende scenario's ¹
          Jaarlikse groei vanaf basisjaar Projeksie 2015 Jaarlikse groei vanaf basisjaar Projeksie 2020 Jaarlikse groei vanaf basisjaar Projeksie 2025
      Scenario Basisjaar 2010/2011 % Ton % Ton % Ton
      Scenario 1 1 857 391 2.75 2 127 336 2.72 2 429 057 2.57 2 718 485
      Scenario 2 1 857 391 0.05 1 861 624 0.90 2 031 818 1.14 2 202 812
      Scenario 3 1 857 391 1.68 2 018 643 1.76 2 211 786 1.67 2 379 979
      Scenario 4 1 857 391 -0.51 1 810 132 0.34 1 921 729 0.57 2 021 567

      ¹   Scenario 1: Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      Scenario 2: Hoë inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.
      Scenario 3: Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      Scenario 4: Lae inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.


  3. Vraag en aanbod van oliekoek

    1. Vir verdere berekenings word die geprojekteerde syfers van scenario 1 aanvaar. Die inkomstegroei syfers per kategorie van die bevolking wat as hoog aan gedui word is nie uit verband met die groeisyfers wat oor die medium-tot langtermyn verwag word nie. Beskermende tariewe op ingevoerde lewende hawe produkte is nog in plek en het min of meer dieselfde gebly oor die afgelope ±17 jaar. Dit word ook nie voorsien dat dit in die voorsienbare toekoms wesentlik sal verander nie.
    2. Vervolgens sal die plaaslike produksie van oliekoek vergelyk word met die plaaslike verbruik asook met die toekomstige geprojek­teerde vraag daarna. In die basisjaar 2010/2011 was die totale verbruik van oliekoek volgens Tabel 4, 1 857 391 ton en die plaaslike produksie van die oliekoek 624 912 ton wat 33,6% van totale verbruik is. In Tabel 5 word die plaaslik geproduseerde oliekoek uitgedruk as 'n persentasie van totale verbruik vir die afgelope vier seisoene.

      Tabel 5

      Plaaslike geproduseerde oliekoek as persentasie van totale verbruik
        Plaaslik geproduseerde oliekoek Totale verbruik van oliekoek Persentasie van totale verbruik
      Tydperk Ton Ton %
      2007/2008 494 557 1 758 185 28.1
      2008/2009 565 181 1 664 916 33.9
      2009/2010 701 030 1 743 137 40.2
      2010/2011 624 912 1 857 391 33.6
      Gemiddeld 596 420 1 755 907 34.0
    3. Om die effek van onder andere klimaatskommeling op produksie asook prysverhoudings op korttermyn produksie besluite te versag word die gemiddelde syfers oor vier seisoene gebruik om plaaslike produksie in terme van totale verbruik uit te druk. Tabel 5 illustreer duidelik dat daar nog 'n groot gaping bestaan tussen totale verbruik van oliekoek en die plaaslike produksie daarvan.
  4. Koerse waarteen plaaslike oliekoekproduksie moet toeneem om in die geprojekteerde verbruik te kan voorsien

    1. 'n Belangrike doelwit van die PNS is om deur middel van sy aksies ingevoerde oliekoek te vervang met plaaslike geproduseerde oliekoek. Daarom is dit ook belangrik om te weet teen watter jaarlikse koerse die plaaslike produksie van oliekoek moet toeneem om die gaping tussen plaaslike produksie en geprojekteerde verbruik te vernou. Laastens kan dit ook bepaal word watter persentasie plaaslike geproduseerde oliekoek sal uitmaak van die gepojekteerde verbruik in 2015, 2020 en 2025 indien plaaslike produksie teen historiese jaarlikse groeikoers groei (kyk tabel 9).

      Tabel 6

      Persentasie groei benodig in plaaslike oliekoekproduksie per jaar om sekere mikpunte te bereik ten opsigte van geprojekeerde verbruik in 2015
      Geprojekteerde verbruik 2015 Benodigde groeikoers van plaaslike produksie per jaar vanaf 596 420 Hoeveelheid oliekoek Persentasie van geprojekteerde verbruik
      Ton % Ton %
      2 127 336 3.9 723 294 34
      2 127 336 12.3 1 063 668 50
      2 127 336 23.3 1 701 868 80
      2 127 336 28.9 2 127 336 100
      Plaaslike groei teen historiese koers
      2 127 336 5.16 767 017 36.0

      Tabel 7

      Persentasie groei benodig in plaaslike oliekoekproduksie per jaar om sekere mikpunte te bereik ten opsigte van geprojekeerde verbruik in 2020
      Geprojekteerde verbruik 2020 Benodigde groeikoers van plaaslike produksie per jaar vanaf 596 420 Hoeveelheid oliekoek Persentasie van geprojekteerde verbruik
      Ton % Ton %
      2 429 057 3.3 825 879 34
      2 429 057 7.4 1 214 528 50
      2 429 057 12.5 1 943 246 80
      2 429 057 15.1 2 429 057 100
      Plaaslike groei teen historiese koers
      2 429 057 5.16 1 268 560 46.7

      Tabel 8

      Persentasie groei benodig in plaaslike oliekoekproduksie per jaar om sekere mikpunte te bereik ten opsigte van geprojekeerde verbruik in 2025
      Geprojekteerde verbruik 2025 Benodigde groeikoers van plaaslike produksie per jaar vanaf 596 420 Hoeveelheid oliekoek Persentasie van geprojekteerde verbruik
      Ton % Ton %
      2 718 485 2.9 924 285 34
      2 718 485 5.6 1 359 242 50
      2 718 485 9.0 2 174 788 80
      2 718 485 10.6 2 718 485 100
      Plaaslike groei teen historiese koers
      2 718 485 5.16 1 268 560 46.7

      Tabel 9

      Produksie- en verbruikerstendense van proteïen kommoditeite
      Kommoditeite
        Oppervlakte beplant (Ha) Produksie (Ton)
      Vismeel ver­bruik Vismeel produksie Vismeel invoere Olie­koek ver­bruik Olie­koek pro­duksie Oliekoek invoere Soja­bone Soet­lupiene Canola Soja­bone Soet­lupiene Canola
      Ton Ton Ton Ton Ton Ton Ha Ha Ha Ton Ton Ton
      1996/1997
      196 039 78 430 117 809 832 600 400 675 431 925 87 000 n/a n/a 76 806 n/a 8 734
      1997/1998
      187 374 100 000 87 374 785 401 319 006 466 395 125 000 n/a n/a 120 000 n/a 11 000
      1998/1999
      96 267 88 340 7 927 1 080 354 493 581 586 773 130 500 16 300 17 000 200 900 9 000 21 000
      1999/2000
      127 386 95 000 32 386 1 063 338 554 903 508 435 93 787 19 000 25 000 188 367 13 000 23 000
      2000/2001
      142 848 110 000 32 848 1 021 862 514 020 507 842 134 150 14 705 19 145 148 720 17 360 26 549
      2001/2002
      118 414 128 000 0 1 149 224 482 448 666 776 124 150 14 785 27 000 209 705 16 338 25 750
      2002/2003
      82 988 123 000 0 1 210 396 472 311 738 085 100 150 11 000 33 000 216 000 11 700 37 975
      2003/2004
      127 000 122 000 0 1 121 460 489 413 632 047 135 000 10 100 44 200 136 500 4 040 40 770
      2004/2005
      127 000 132 000 0 121 593 416 736 795 857 150 000 7 100 44 250 220 000 3 950 32 000
      2005/2006
      80 000 101 000 0 1 414 338 572 231 842 107 240 570 14 100 40 200 272 500 14 100 44 200
      2006/2007
      40 240 97 500 0 1 635 525 608 370 1 027 155 183 000 16 000 32 000 424 000 14 400 38 050
      2007/2008
      50 000 102 200 0 1 758 185 494 557 1 263 628 165 800 14 000 33 260 205 000 13 300 39 840
      2008/2009
      75 000 90 000 0 1 664 927 565 181 1 099 746 237 750   34 000 282 000   30 800
      2009/2010
      58 000 111 500 0 1 743 137 701 031 1 042 106 311 450   35 060 516 000   40 350
      2010/2011
      45 000 97 000 0 1 857 395 624 912 1 232 578 418 000   34 820 560 950   36 900
      2011/2012
                  460 000   43 510 708 750   57 340
      Gemiddelde jaarlikse groei %
      -4.29 2.56 48.30 6.48 5.16 8.19 15.19 3.40 9.61 23.21 25.27 17.08
       
      -6.46 2.17 48.30 7.73 6.36 10.17 9.92 3.40 10.59 17.50 25.27 18.28

      Figuur 1

      Oliekoek verbruik, -produksie en invoere

      Grafiek wat oliekoek verbruik, produksie en invoere aandui

      Figuur 2

      Oppervlaktes en produksies van proteïenkommoditeite

      Grafiek vir oppervlaktes en produksies van proteïenkommoditeite
  5. Enkele opmerkings en gevolgtrekkings

    1. Die geloofwaardigheid van projeksies word gewoonlik bevraagteken want die uitkoms van die model is net so goed of swak soos die aannames en empiriese data wat gebruik is. 'n Onafhanklike studie deur BFAP voorspel dat die soja oliekoekverbruik in 2020 te staan sal kom op 1 818 200 ton. Dit is volgens die scenario wat vir die PNS die mees aanvaarbaarste was. Huidig is die insluitingspeil van soja-oliekoek en volvetsoja (lg. As oliekoek ekwivalent) in die totale oliekoekverbruik in die basisjaar 70%. Indien dit van toepassing gemaak word op BFAP se projeksie van 1 818 200 ton soja-oliekoek kom dit te staan op 'n effense oorskatting van die totale olie­koekverbruik soos voorspel deur die PNS-projeksies. Die neiging is egter dat die insluitingspeil van soja-oliekoek in die totale oliekoekverbruik oor tyd toegeneem het en as die insluitingspeil teen 2020 75% soja-oliekoek sou wees dan klop BFAP se voorspelling feitlik 100% met die van die PNS. Daar is dus goeie redes om te aanvaar dat die voorspellings soos gegenereer uit hierdie PNS modelle realisties is.
    2. Uit tabel 5 is dit duidelik dat daar nog 'n groot gaping bestaan tussen plaaslike geproduseerde oliekoek en totale verbruik. Teen die koers waarteen plaaslike produksie van oliekoek tot op datum gegroei het sal daar ook nie in geslaag word om in 50% van die plaaslike behoeftes te voorsien in 2015, 2020 en 2025 nie. Die historiese groeikoers verwys na die jaarlikse groeikoers in oliekoek produksie oor die afgelope 14 jaar (kyk tabel 9).
    3. Indien die versnelde tempo van die afgelope paar jaar wat plaasgevind het ten opsigte van sojaproduksie volhoubaar is, kan dit die situasie heeltemal verander. Die jaarlikse groeikoers in sojaproduksie (in ton) oor die agelope 14 jaar was 23,71% per jaar, wat hoofsaaklik teweeggebring is deur groot uitbreidings in oppervlaktes sedert 2008/2009.
    4. Die feit dat die groei in oppervlakte gemiddeld per jaar van sojabone en canola 15,19% en 9,61% is teenoor die jaarlikse gemiddelde groei in opbrengs van 23,21% en 17,06% onderskeidelik, dui op tegnologiese verbetering wat belangrik is vir die ekonomie van 'n gewas.
    5. Gegewe die aanname dat soja-oliekoek 75% van totale oliekoek gaan uitmaak vanaf 2015 dan impliseer dit dat daar in 2015, 1 595 502 ton soja-oliekoek benodig gaan word. Omgeskakel na sojabone is dit 1 994 378 ton sojabone wat benodig sal word om in die totale verbruiksbehoeftes te voorsien. Dit sluit nie sojabone, vir menslike gebruik in nie en ook nie uitvoere wat wel mag plaasvind nie. Vir 2020 sal die behoefte aan soja-oliekoek 1 821 793 ton wees of 2 277 241 ton sojabone. In 2025 sal dit 2 038 864 ton en 2 548 580 ton onderskeidelik wees.
    6. Uit tabel 4 is dit duidelik dat beskermde tariewe op die invoer van lewende hawe produkte vir menslike verbruik nog steeds die belangrikste enkel faktor is wat die vraag na proteïen vir diereverbruik bepaal. 'n Verlaging in beskermde tariewe sal die vraag na proteïen vir diereverbruik laat daal en andersom met die negatiewe effek op werksgeleenthede en verlies aan buitelandse valuta.
    7. Gegewe die projeksies en agterstand wat tans heers asook aspekte soos buitelandse valuta, werksgeleenthede ens, sal almal wat betrokke is by die canola- en veral sojaboonbedryf hernude pogings moet aanwend om nog groter vordering te kan maak.