- PROJECTIONS MARCH 2007
- PROJEKSIES MAART 2007
Projeksies van proteïenbehoeftes vir diereverbruik vir 2010 en 2020
Saamgestel deur JSG Joubert (Maart 2007)
Inleiding
- Die APR-model (sg. Briedenhann model) is gebruik om die totale proteïenverbruik in die 2005/06 basisjaar wat 1,481,379 ton beloop het, per dierespesie in te deel. Dit word ook per proteïenbron per spesie aangedui (kyk tabel 1).
- Die APR-model is ook gestruktureer om projeksies te kan maak ten opsigte van proteïenbenodigdhede vir die verskillende spesies en proteïenbronne. Vir die doel van hierdie verslag word die projeksies van die APR model egter nie gebruik nie maar wel die projeksies volgens die Nieuwoudt-McGuigan-Model. Die redes is soos volg:
- Die APR-model neem nie inkome-elastisiteit in ag nie.
- Die APR-model neem ook nie inkomste groei in ag nie.
Dit neem wel verandering in per kapita verbruik van diereprodukte in ag asook die populasie verandering en wisselkoersverandering.
- Die Nieuwoudt-McGuigan Model bepaal die verandering per kapita verbruik deur gebruik te maak van die verandering in inkome-elastisiteite en inkomste groei. Daarteenoor is die verandering in per kapita verbruik van diereprodukte soos bepaal deur die APR-model gebaseer op ingeligte menings.
- Gegewe dus die beperkings gemeld in b en c ten opsigte van die APR-model word die Nieuwoudt-McGuigan Model gebruik vir die finale stap naamlik om die projeksies van proteïenbehoeftes vir die toekoms te doen.
- Die "Buro for Economic Research" (BER) gaan in die toekoms sekere ekonomiese gegewens soos ekonomiese groei nie meer volgens rassegroepe weergee nie maar wel volgens inkomste groepe. Daar gaan 10 indelings wees wat LSM-groepe heet (living standards of measure). Bestedings gaan byvoorbeeld voortaan per LSM-groep bepaal word.
Hierdie indeling sal die projeksies in die toekoms bemoeilik maar sal daar gepoog word om die samestelling van die rassegroepe per LSM te bekom. As die rassegroepsamestelling per LSM bekend is kan die bevolkingsgroeikoers per LSM dan op 'n geweegde basis bepaal word. Elastisiteite en per kapita verbruik kan dan ook per LSM bereken word.
- Die projeksies wat hierop volg is nog steeds gebaseer op rassegroepe en die ekonomiese parameters wat daarmee saamgaan. Tegnologiese veranderinge ten opsigte van byvoorbeeld pluimvee is in ag geneem soos verbeterde voeromsetting. Die populasie groei statistieke is soos aangedui deur "Buro Market Research (BMR)" van Unisa. Geen nuwere data is beskikbaar van inkome-elastisiteite nie.
Tabel 1
Totale proteïenverbruik per dierespesie 2005/2006 Spesie Soja oliekoek Volvet soja Sonneblom oliekoek Katoen oliekoek Gluten 60 Vismeel Pluimvee afval Totaal Braaikuikens 323 826 252 082 37 341 3 989 29 400 12 809 104 095 763 542 Lêhenne 111 866 0 53 982 11 256 0 0 0 177 104 Skape 0 0 8,487 11 842 0 0 0 20 329 Beeste 0 0 23 573 38 445 0 0 0 62 018 Varke 89 078 951 71 317 0 0 12 322 7 892 181 560 Suiwel 2 342 119 828 33 668 0 0 0 155 838 Volstruise 4 811 0 1 409 3 894 0 0 0 10 114 Perde 4 695 3 10 388 540 0 0 0 15 626 Akwakultuur 720 0 0 0 0 1 302 0 2 022 Honde & katte 65 158 0 26 063 0 0 0 2 005 93 226 Totaal 602 496 253 036 352 388 103 634 29 400 26 433 113 992 1 481 379
Geprojekteerde proteïenbehoeftes
- Die periode 2005/2006 wat gebruik is as die basisjaar vir die projeksies het betrekking op die periode 1 April 2005 tot 31 Maart 2006.
- Die proteÏen verbruik vir 2005/2006 wat as vertrekpunt gebruik is, was 1,481,379 ton wat 26,433 ton vismeel en 113,992 ton pluimvee afval insluit soos bereken deur die APR-model.
- Vir hierdie doel is die fokus op die verwagte verbruik van oliekoek en word die vismeel en pluimvee afval, nadat dit omgeskakel is na oliekoekekwivalent, (vismeel 1,4 en pluimvee afval 1,2), afgetrek van die geprojekteerde proteÏenverbruik.
- Die projeksies vir 2010 en 2020 word op grond van vier (4) scenarios gedoen:
- Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek. ¹
- Hoë inkomste groei en faseer beskermende tariewe uit.
- Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
- Lae inkomste groei en faseer beskermende tariewe uit.
Tabel 2
Projeksies van proteïenbehoeftes vir 2010 en 2020 vir vier (4) verskillende scenarios ¹ Scenario Basisjaar 2005 Jaarlikse groei
vanaf basisjaar2010 Jaarlikse groei
vanaf basisjaar2020 Ton % Ton % Ton Scenario 1 1 481 379 2.69 1 691 233 3.01 2 311 873 Scenario 2 1 481 379 -0.02 1 472 592 1.90 1 964 846 Scenario 3 1 481 379 1.73 1 613 904 1.98 1 987 840 Scenario 4 1 481 379 -0.86 1 418 999 0.91 1 697 172 ¹ Scenario 1: Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
Scenario 2: Hoë inkomste groei en faseer beskermende tariewe uit.
Scenario 3: Lae inkomste groei en hou beskermende tariewe in plek.
Scenario 4: Lae inkomste groei en faseer beskermende tariewe uit.Nota 1 – Invoer tariewe op lewende hawe en lewende hawe produkte
- Die hoë inkomstegroep scenario is bepaal op 3,9% per jaar terwyl dit 2,0% per jaar is vir die lae inkomste scenario.
- Tabel 3 dui bevolkingsgroei syfers aan soos bereken deur die BMR van Unisa.
Tabel 3
Bevolkingsgroei vanaf 2005 per jaar Tydperk Swartes Asiërs Kleurlinge Blankes Totaal % per jaar Tot 2010 0.46 0.68 0.69 -0.32 0.4 Tot 2020 0.63 0.38 0.39 -0.51 0.49
Plaaslike produksie van oliekoek versus totale behoeftes
Ten einde te kan bepaal hoe plaaslike produksie van oliekoek tred hou met die geprojekteerde verbruik van oliekoek moet daar besluit word watter van die vier (4) scenarios die werklike situasie die beste naboots. Die huidige ekonomiese parameters asook die medium termyn vooruitskouing en die feit dat beskermende tariewe op die invoer van lewende hawe produkte waarskynlik in plek sal bly, toon dat scenario 1 die meer sinvolle een is.
- Geprojekteerde oliekoekbehoeftes vir 2010 en 2020 is die geprojekteerde proteïenbehoeftes minus die vismeel en pluimvee afval komponent.
- (50 000 ton x 1,4 = 70 000 ton oliekoek) en minus die pluimvee afval (113 992 x 1,2 = 136 790 ton oliekoek). Vir 2010 is die geprojekteerde oliekoek behoefte dus 1 484 443 ton terwyl dit 2 105 083 ton is vir 2020.
In die basisjaar 2005/2006 was die werklike verbruik van oliekoek volgens AFMA 1 414 338 ton en die plaaslike produksie 572 231 ton wat die plaaslike produksie in terme van totale verbruik op 40,5% te staan bring. Gedurende 2004/2005 was hierdie persentasie 34,4% en word dit geraam op 60,3% vir die 2006/2007 seisoen. Omdat die omvang van plaaslike geproduseerde oliekoek van verskeie faktore onder andere klimaat afhang aanvaar ek vir hierdie oefening die gemiddelde vir genoemde drie (3) seisoene.
Tabel 4
Plaaslik geproduseerde oliekoek as persentasie van totale verbruik Tydperk Plaaslik geproduseerde oliekoek Totale verbruik van oliekoek Persentasie van totale verbruik Ton Ton % 2004/2005 416 736 1 212 593 34.4 2005/2006 572 231 1 414 338 40.5 2006/2007 723 774 1 200 000 60.3 Gemiddeld 570 914 1 275 644 44.8
Koerse waarteen plaaslike oliekoekproduksie moet toeneem om in die geprojekteerde verbruik te kan voorsien
Op grond van voorafgaande inligting kan bepaal word teen watter jaarlikse koers die plaaslike produksie van oliekoek moet toeneem om nog steeds in ongeveer 45% van die totale behoeftes te kan voorsien.
Dit kan ook bepaal word teen watter jaarlikse koerse die plaaslike produksie van oliekoek jaarliks moet toeneem indien die gaping tussen plaaslike produksie en geprojekteerde verbruik vernou wil word. En laastens kan bepaal word watter persentasie plaaslike geproduseerde oliekoek sal uitmaak van die geprojekteerde verbruik in 2010 en 2020 indien plaaslike produksie teen die historiese jaarlikse groeikoers groei (kyk tabel 7).
Tabel 5
Plaaslik geproduseerde oliekoek as persentasie van geprojekteerde oliekoekbehoeftes 2010 Geprojekteerde verbruik Plaaslike produksie
groeikoers per jaarHoeveelheid oliekoek Persentasie van
geprojekteerde verbruikTon % Ton % 1 484 443 3.19 667 999 45 1 484 443 9.30 890 666 60 1 484 443 15.78 1 187 554 80 1 484 443 21.06 1 484 443 100 Plaaslike groei teen historiese koers 1 484 443 6.36 777 074 52.34 Tabel 6
Plaaslik geproduseerde oliekoek as persentasie van geprojekteerde oliekoekbehoeftes 2020 Geprojekteerde verbruik Plaaslike produksie
groeikoers per jaarHoeveelheid oliekoek Persentasie van
geprojekteerde verbruikTon % Ton % 2 105 083 3.43 947 287 45 2 105 083 5.44 1 263 050 60 2 105 083 7.48 1 684 066 80 2 105 083 9.09 2 105 083 100 Plaaslike groei teen historiese koers 2 105 083 6.36 1 439 613 68.39 Tabel 7
Produksie en verbruikstendensie van proteïenkommoditeite 96/97 97/98 98/99 99/00 00/01 01/02 02/03 03/04 04/05 05/06 06/07 Gemiddelde
jaarlikse
groei %Vismeel verbruik (ton) 196 039 187 374 96 267 127 386 142 848 118 414 82 988 127 000 127 000 80 000 -4.40 Vismeel produksie (ton) 78 430 100 000 88 340 95 000 110 000 128 000 123 000 122 000 132 000 101 000 3.95 Vismeel invoere (ton) 117 809 87 374 7 927 32 386 32 848 0 0 0 0 0 48.30 Oliekoek verbruik (ton) 832 600 785 401 1 080 354 1 063 338 1 021 862 1 149 224 1 210 396 1 121 460 1 212 593 1 414 338 6.85 Oliekoek produksie (ton) 400 675 319 006 493 581 554 903 514 020 482 448 472 311 489 413 416 736 572 231 6.36 Oliekoek invoere (ton) 431 925 466 395 586 773 508 435 507 842 666 776 738 085 632 047 795 857 842 107 8.85 OPPERVLAKTE BEPLANT (ha) Sojabone (ha) 87 000 125 000 130 500 93 787 134 150 124 150 100 150 135 000 150 000 240 570 183 000 11.86 Soetlupiene (ha) NA NA 16 300 19 000 14 705 14 785 11 000 10 100 7 100 14 100 16 000 5.39 Canola (ha) NA NA 17 000 25 000 19 145 27 000 33 000 44 200 44 250 40 200 34 700 12.26 PRODUKSIE (ton) Sojabone 76 806 120 000 200 900 188 367 148 720 209 705 216 000 136 500 220 000 272 500 424 000 24.42 Soetlupiene (ton) NA NA 9 000 13 000 17 360 16 338 11 700 4 040 3 950 14 100 14 400 29.39 Canola (ton) 8 734 11 000 21 000 23 000 26 549 25 750 37 975 40 770 32 000 44 200 38 050 19.63 Figuur 1
Oliekoek verbruk, produksie en invoere
Figuur 2
Oppervlaktes en produksie van proteïenkommoditeite
Enkele opmerkings en gevolgtrekking
- Tydens die bepaling van die koerse waarteen plaaslike geproduseerde oliekoek moet toeneem om in die totale behoeftes te voorsien, is die moontlike impak van 'n biobrandstofbedryf nie in ag geneem nie. Die byprodukte voortspruitend uit die biobrandstofbedryf kan 'n groot bydrae maak om die gaping tussen verbruik en produksie te help vernou.
- As die oliekoekproduksie op 'n volhoubare grondslag teen die historiese koers van 6,36% toeneem, wat te betwyfel is, is daar nog ruimte vir 707 369 ton addisionele oliekoek in 2010. Teen 2020 sal daar nog 'n tekort wees van 665 470 ton oliekoek as plaaslike produksie groei teen 6,36% per jaar vir 15 jaar.
- Die huidige historiese groeikoers van oliekoekproduksie is aansienlik hoër as die groeikoers wat gemeet is in die vorige verslagjaar (6,36% versus 3,69%). Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan groter oppervlaktes, gunstige klimaatstoestande en ongunstige mielie en koring pryse, die voorafgaande jaar. Sonder 'n biobrandstofbedryf is dit te betwyfel of hierdie groeikoers oor die lang termyn gehandhaaf kan word.
- Die historiese groeikoers van oliekoekverbruik en oliekoek invoere is nog steeds groter as die historiese groeikoers van oliekoek produksie. Inligting in dié verband word in tabel 7 weergegee.
- Die oppervlakte toename van sojabone en canola gemiddeld per jaar is onderskeidelik 11,8% en 12,26%, weliswaar laer soos uitgebeeld in verlede jaar se verslag (13,43% en 16,29%), maar nogtans baie goed. Benewens klimaats-en markfaktore moes die PNS se verskillende promosie veldtogte ook 'n bydrae gelewer het. Die oppervlakte toename van soetlupiene in terme van die gemiddelde jaarlikse groeikoers is in teenstelling met sojabone en canola marginaal hoër, gemeet teenoor die vorige verslagjaar.
- Van betekenisvolle belang is dat die hoeveelhede sojabone, canola en lupiene geproduseer gemiddeld oor die nagenoeg 10 jaar proporsioneel met heelwat meer gegroei het as die oppervlakte. Klimaat het uit die aard van die saak 'n rol gespeel maar kan dit ook toegeskryf word aan die impak van navorsing en tegnologie oordrag.
- Die feit dat die prysverhoudings tussen sekere oliesaadgewasse en graangewasse tans weer meer ongunstig geraak het dui daarop dat daar 'n sterk mededinging sal wees vir beperkte hulpbronne. Dit staaf die stelling wat verlede jaar gemaak is dat die PNS meer klem sal moet lê op navorsing wat produktiwiteit bevorder asook verbeterde kwaliteit (byvoorbeeld hoër proteïen per massa en per eenheidsoppervlakte). Dit sal die betrokke gewas meer mededingend maak relatief tot kompeterende gewasse wat verhoogde winsmarges per eenheid tot gevolg sal hê. Die konsep van 'n wisselboustelsel eerder as individuele vertakkings moet steeds hoë voorrang geniet.