Statistics & Estimates / Archives / Protein Needs Projections / Projeksies Maart 2008

Projeksies van proteïenbehoeftes vir diereverbruik vir 2010 en 2020
Saamgestel deur JSG Joubert (Maart 2008)

  1. Inleiding

    1. Soos in die verlede is die APR-Model gebruik om die totale proteïenverbruik in die 2006/07 basisjaar wat 1 806 227 ton beloop het, per dierespesie in te deel. Dit word ook volgens proteïenbron per spesie aangedui (kyk tabel 1).
    2. Weens beperkings in die APR-model soos in verlede jaar se verslag vermeld, word die Nieuwoudt-McGuigan-model dan aanvullend gebruik vir die projeksies van proteïenbehoeftes vir 2010 en 2020.
    3. Daar kon nog nie daarin geslaag word om die LSM (living standard of measure) as 'n parameter te gebruik vir projeksie doeleindes nie omdat die ander inligting soos ekonomiese groei wat benodig word slegs per rassegroep verkry kon word. Net so kon die be­volk­ingsgroeikoers, inkome-elastisiteite en gevolglik per kapita verbruik op hierdie stadium nog nie per LSM groep bereken word nie.
    4. Die bevolkingsgroeikoers statistieke is dieselfde as verlede jaar soos deur die BMR ("Buro of Market Research") bepaal. Geen nuwere data ten opsigte van inkome elastisiteite is beskikbaar nie en is verlede jaar se syfers weer gebruik. Die verbeterde voeromset inligting ten opsigte van pluimvee is geïmplimenteer.
    5. Die PNS het ook in samewerking met die Universiteit van Pretoria en Universiteit van die Vrystaat 'n Scenario ontwikkel gebaseer op eersgenoemde Universiteit se BFAP (Buro for food and agricultural policy) model. Dit is ook besluit dat inligting gegenereer uit hierdie model as insette gebruik sal word om meer akkurate projeksies van proteïenbehoeftes te kan maak. Vir hierdie jaar se projeksies is weinig van hierdie model se inligting gebruik weens praktiese redes.

      Tabel 1

      Total protein consumption per animal species 2006/2007
      Soja oliekoek Volvet soja Sonneblom oliekoek Katoen oliekoek Canola oliekoek Gluten 60 Canola volvet Vismeel Pluimvee afval Totaal
      SPESIE .. Braaikuikens
      348 281 255 640 0 0 0 26 040 2 000 13 838 84 946 730 745
      SPESIE .. Braaikuiken teelmoeders
      108 513 0 9 287 0 134 0 0 0 117 934
      SPESIE .. Lêhenne
      170 476 0 32 078 10 047 287 0 0 0 212 888
      SPESIE .. Skape
      0 0 18 377 2 933 0 0 0 0 21 310
      SPESIE .. Beeste
      0 0 37 610 98 783 0 0 0 0 136 393
      SPESIE .. Varke
      137 050 0 50 736 0 9 038 0 0 14 023 9 430 220 277
      SPESIE .. Suiwel
      54 338 0 160 106 17 633 6 405 0 0 0 238 482
      SPESIE .. Volstruise
      2 015 0 2 467 2 210 2 832 0 0 0 9 524
      SPESIE .. Perde
      5 973 0 12 960 650 304 0 0 0 19 887
      SPESIE .. Akwakultuur
      776 0 0 0 0 0 0 1 302 2 078
      SPESIE .. Honde en katte
      69 140 0 27 569 0 0 0 0 0 96 709
      Totaal
      896 562 255 640 351 190 132 256 19 000 26 040 2 000 29 163 94 376 1 806 227

  2. Projected protein demand

    1. Die periode 2006/2007 wat gebruik is as die basisjaar vir die projeksies het betrekking op die periode 1 April 2006 tot 31 Maart 2007.
    2. Die proteïen verbruik vir die basisjaar wat as vertrekpunt gebruik is, is 1 806 227 ton soos bepaal deur die APR-Model. Dit sluit in 29 163 ton vismeel, 94 376 ton pluimvee afval en 26 060 Gluten 60.
    3. Die projeksies van proteïenbehoeftes vir 2010 en 2020 is hoër as wat weergegee is in verlede jaar se verslag hoofsaaklik as gevolg van die groot verskil in proteïenverbruik in die basisjaar. So was die proteïenverbruik in die 2005/2006 basisjaar 1 481 379 ton teenoor die huidige basisjaar se 1 806 227 ton.
    4. Die verhoogde verbruik vanaf die basisjaar 2005/2006 na die basisjaar 2006/2007 is hoofsaaklik teweeggebring deur 'n verhoging in verbruik deur suiwel, varke, beeste en pluimvee (vergelyk tabel 1 van verlede jaar met dieselfde tabel in hierdie verslag).
    5. Die fokus in hierdie verslag is op die verwagte verbruik van oliekoek en daarom word die vismeel, pluimvee afval en gluten 60 afgetrek van die geprojekteerde proteïenbehoeftes. Vir projeksiedoeleindes word aanvaar dat laasgenoemde drie proteïenbronne se hoe­veel­hede dieselfde bly. As dit sou verander sal dit uit die aard van die saak 'n impak hê op die oliekoek behoeftes omdat die sub­stitusiekoers tussen oliekoek en vismeel byvoorbeeld 1,4 is. Dit is ook groter as 1 vir gluten 60 en pluimvee afval.
    6. Die projeksies vir 2010 en 2020 word op grond van vier (4) scenarios gedoen:
      • Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      • Hoë inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.
      • Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      • Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.

      Tabel 2

      Projeksies van proteïenbehoeftes vir 2010 en 2020 vir vier (4) verskillende scenarios ¹
      Scenario Basisjaar 2006/2007 Jaarlikse groeie vanaf basisjaar 2010 Jaarlikse groeie vanaf basisjaar 2020
      Ton % Ton % Ton
      Scenario 1 1 806 227 3.45 2 068 342 3.26 2 830 993
      Scenario 2 1 806 227 -0.13 1 797 182 1.98 2 375 971
      Scenario 3 1 806 227 2.20 1 970 260 2.14 2 430 010
      Scenario 4 1 806 227 -0.97 1 737 042 0.91 2 050 143

      ¹   Scenario 1: Hoë inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      Scenario 2: Hoë inkomstegroei en faseer beskermende tariewe uit.
      Scenario 3: Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.
      Scenario 4: Lae inkomstegroei en hou beskermende tariewe in plek.

      Nota 1 – Invoertariewe op lewende hawe en lewende hawe produkte

      • Die hoë inkomstegroei scenario is bepaal op 3,9% per jaar terwyl dit 2,0% per jaar is vir die lae inkomstegroei scenario
      • Tabel 3 dui bevolkingsgroei syfers aan soos bereken deur die BMR van Unisa.

      Tabel 3

      Bevolkingsgroei vanaf 2006
      Tydperk Swartmense Asiërs Kleurlinge Blankes Totaal
      % per jaar
      Tot 2010 0.44 0.65 0.63 -0.36 0.37
      Tot 2020 0.64 0.36 0.35 -0.54 0.49

  3. Plaaslike produksie van oliekoek versus totale behoeftes

    Die hoof mikpunt van die oefening is om te bepaal hoe plaaslike produksie van oliekoek tred hou met die geprojekteerde verbruik. Verder moet daar besluit word watter van die vier (4) scenarios die werlike situasie die beste naboots. Die huidige ekonomiese parameters asook die medium termyn vooruitskouing en die feit dat beskermende tariewe op die invoer van lewende hawe produkte waarskynlik in plek sal bly, toon dat scenario een (1) die mees sinvolste een is.

    1. Geprojekteerde oliekoekbehoeftes vir 2010 en 2020 is die geprojekteerde proteïenbehoeftes minus vismeel, pluimvee afval en gluten 60. Vir 2010 is die geprojekteerde oliekoekbehoefte dus 1 918 763 ton en vir 2020 is dit 2 681 414 ton.
    2. In die basisjaar 2006/07 was die werlike verbruik van oliekoek volgens die AFMA jaarverslag 1 635 525 ton en die plaaslike produksie van oliekoek 608 370 ton wat die plaaslike produksie in terme van totale verbruik op 37,2% te staan bring. Gedurende 2005/2006 was hierdie persentasie 40,5% en 34,4% vir 2004/2005. Omdat die omvang van plaaslik geproduseerde oliekoek van verskeie faktore, onder andere klimaat en prys verhoudings met ander gewasse afhang, word die gemiddelde vir genoemde 3 seisoene vir hierdie oefening aanvaar.

    Tabel 4

    Plaaslik geproduseerde oliekoek as persentasie van totale verbruik
    Tydperk Plaaslik geproduseerde oliekoek Totale verbruik van oliekoek Persentasie van totale verbruik
    Ton Ton %
    2004/2005 416 736 1 212 593 34.4
    2005/2006 572 231 1 414 338 40.5
    2006/2007 608 370 1 635 525 37.2
    Gemiddeld 532 446 1 420 819 37.5

  4. Koerse waarteen plaaslike oliekoekproduksie moet toeneem om in die geprojekteerde verbruik te kan voorsien

    Op grond van voorafgaande inligting kan bepaal word teen watter jaarlikse koers die plaaslike produksie van oliekoek moet toeneem om nog steeds in ongeveer 38% van die totale behoeftes te kan voorsien.

    Dit kan ook bepaal word teen watter jaarlikse koerse die plaaslike produksie van oliekoek jaarliks moet toeneem indien die gaping tussen plaaslike produksie en geprojekteerde verbruik vernou wil word. En laastens kan bepaal word watter persentasie plaaslik geproduseerde oliekoek sal uitmaak van die geprojekteerde verbruik in 2010 en 2020 indien plaaslike produksie teen die historiese jaarlikse groeikoers groei (kyk tabel 7).

    Tabel 5

    Plaaslik geproduseerde oliekoek as persentasie van geprojekteerde oliekoekbehoeftes 2010
    Geprojekteerde verbruik 2010 Plaaslike produksie
    groeikoers per jaar
    Hoeveelheid oliekoek Persentasie van
    geprojekteerde verbruik
    Ton % Ton %
    1 918 763 8.18 729 130 38
    1 918 763 15.86 959 382 50
    1 918 763 30.30 1 535 010 80
    1 918 763 37.78 1 918 763 100
    Plaaslike groei teen historiese koers
    1 918 763 6.36 681 379 35.5

    Tabel 6

    Plaaslik geproduseerde oliekoek as persentasie van geprojekteerde oliekoekbehoeftes 2020
    Geprojekteerde verbruik 2010 Plaaslike produksie
    groeikoers per jaar
    Hoeveelheid oliekoek Persentasie van
    geprojekteerde verbruik
    Ton % Ton %
    2 681 414 4.75 1 018 937 38
    2 681 414 6.82 1 340 707 50
    2 681 414 10.47 2 145 134 80
    2 681 414 12.24 2 681 414 100
    Plaaslike groei teen historiese koers
    2 681 414 6.36 1 262 327 47

    Tabel 7

    Produksie en verbruikstendensie van proteïenkommoditeite
    96/97 97/98 98/99 99/00 00/01 01/02 02/03 03/04 04/05 05/06 06/07 07/08
    KOMMODITEIT: Fish meal consumption (ton)
    196 039 187 374 96 267 127 386 142 848 118 414 82 988 127 000 127 000 80 000 60 000
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   -6.46
    KOMMODITEIT: Vismeel verbruik (ton)
    78 430 100 000 88 340 95 000 110 000 128 000 123 000 122 000 132 000 101 000 87 000 2.17
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   2.17
    KOMMODITEIT: Vismeel invoere (ton)
    117 809 87 374 7 927 32 386 32 848 0 0 0 0 0 0
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   48.30
    KOMMODITEIT: Oliekoek verbruik (ton)
    832 600 785 401 1 080 354 1 063 338 1 021 862 1 149 224 1 210 396 1 121 460 1 212 593 1 414 338 1 635 525
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   7.73
    KOMMODITEIT: Oliekoek produksie (ton)
    400 675 319 006 493 581 554 903 514 020 482 448 472 311 489 413 416 736 572 231 608 370
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   6.36
    KOMMODITEIT: Oliekoek invoere (ton)
    431 925 466 395 586 773 508 435 507 842 666 776 738 085 632 047 795 857 842 107 1 027 155
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   10.17
    OPPERVLAKTE BEPLANT (ha)
    KOMMODITEIT: Sojabone (ha)
    87 000 125 000 130 500 93 787 134 150 124 150 100 150 135 000 150 000 240 570 183 000 165 800
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   9.92
    KOMMODITEIT: Soetlupiene (ha)
    NA NA 16 300 19 000 14 705 14 785 11 000 10 100 7 100 14 100 16 000 14 000
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   3.40
    KOMMODITEIT: Canola (ha)
    NA NA 17 000 25 000 19 145 27 000 33 000 44 200 44 250 40 200 32 000 33 260
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   10.59
    PRODUKSIE (ton)
    KOMMODITEIT: Sojabone (ton)
    76 806 120 000 200 900 188 367 148 720 209 705 216 000 136 500 220 000 272 500 424 000 205 000
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   17.50
    KOMMODITEIT: Soetlupiene (ton)
    NA NA 9 000 13 000 17 360 16 338 11 700 4 040 3 950 14 100 14 400 13 300
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   25.27
    KOMMODITEIT: Canola (ton)
    8 734 11 000 21 000 23 000 26 549 25 750 37 975 40 770 32 000 44 200 38 050 39 840
    Gemiddelde jaarlikse groei %:   -18.28

    Figuur 1

    Oliekoek verbruik, produksie en invoere

    Graph showing oilcake consumption, production and imports

    Figuur 2

    Oppervlaktes en produksie van proteïenkommoditeite

    Graph showing areas and production of protein commodities

  5. Enkele opmerkings en gevolgtrekking

    1. Die geprojekteerde behoeftes vir 2010 en 2020 van proteïen is aansienlik hoër as in verlede jaar se verslag. Dit is die gevolg van die werklike verbruik van proteïen wat aansienlik hoër was in die basisjaar wat ook gebruik is vir die projeksies. Die Regering se tariefbeleid het die grootste impak op die geprojekteerde proteïen behoeftes. Indien tariewe op lewendehawe en lewendehawe produkte verminder of verwyder sou word sal dit die behoefte aan ingevoerde proteïen drasties verminder.
    2. Die verhoogde verbruik is meegebring deur pluimvee, beeste, varke en suiwel en was soja-oliekoek en katoen-oliekoek die vernaamste komponente wat bygedra het tot die verhoging.
    3. As plaaslike oliekoekproduksie teen die historiese koers van 6,36% toeneem sal daar nog ruimte wees vir 1 237 384 ton in 2010 en 1 419 087 ton in 2020. Dit is te betwyfel of hierdie groeikoers gehandhaaf sal kan word sonder 'n substansiële bydrae deur 'n biobrandstof bedryf. Groter hoeveelhede sal ingevoer moet word met die gepaardgaande negatiewe effekte op die ekonomie.
    4. Die historiese groeikoers van oliekoekverbruik en oliekoekinvoere is nog steeds hoër as die historiese groeikoers van olie­koek­produksie (kyk tabel 7 en figure).
    5. Die oppervlakte toename van sojas en canola gemiddeld per jaar is onderskeidelik 9,92% en 10,59%, laer as in verlede jaar se verslag (11,85% en 12,26%) maar nogtans 'n positiewe tendens. Die oppervlakte toename oor tyd van lupiene is minder positief 3,4% en laer as verlede jaar.
    6. Wat van belang is, is dat die hoeveelhede geproduseer van die drie (3) gewasse oor tyd betekenisvol hoër is as die toename in opper­vlakte. Klimaat het ook 'n rol gespeel maar die impak wat navorsing en tegnologie-oordrag gehad het beslis ook 'n rol gespeel.
    7. Pryse van oliesade en graangewasse het internasionaal en plaaslik drasties verbeter as gevolg van 'n hoër vraag, klimaattoestande, dalende voorrade en die effek van die biobrandstofbedryf. Ten spyte van hoër prysvlakke het die prysverhouding tussen sojas en graangewasse laasgenoemde bevoordeel.
    8. Die hoof oorweging wat 'n produsent beïnvloed om meer of minder van 'n gewas te plant is die ekonomie daaraan. Hy kan alleenlik die wins per hektaar verbeter deur sy eenheidsopbrengs te verbeter asook die verhouding tussen opbrengs en insette te verbeter gegewe die feit dat hy min of geen invloed oor die prys van die kommoditeit het nie. Die voordele van wisselbou kan ook nie oorbeklemtoon word nie. Hierdie is aspekte wat deur die PNS onder loep geneem sal moet word.