RESEARCH PROJECTS FUNDING OF PROJECTS RIGLYNE VIR BESTUURSOPSOMMINGS
- RIGLYNE VIR AANSOEKE
- RIGLYNE VIR BEGROTINGS
- RIGLYNE VIR BESTUURSOPSOMMINGS
Riglyne vir die samestelling van 'n bestuursopsomming
wat saam met verslae ingedien moet word
'n Omvattende vorderingsverslag, met 'n goedgemotiveerde aansoek om voortsetting, moet teen 31 Julie van elke jaar vir elke projek ingedien word.
'n Omvattende finale verslag moet binne vier maande nadat die projek afgehandel is, ingedien word. Elke sodanige verslag moet in die formaat van 'n wetenskaplike artikel ingedien word.
Die verslae moet ingedien word met 'n bestuursopsomming, wat gepubliseer sal word in die PNS se jaarlikse navorsingsverslag.
Die volgende riglyne word voorsien ten opsigte van die saamstel van 'n bestuursopsomming:
- Die bestuursopsomming, wat hoogstens vier bladsye lank moet wees, moet die vorderingsverslag voorafgaan, en die bladsye moet afsonderlik genommer word. (Die vorderingsverslag moet 'n aanvang neem met die titel, die name van die outeurs en die adres, wat verkieslik gevolg moet word deur 'n indeks – veral as dit 'n lang verslag is.)
- Die bestuursopsomming moet ingelei word met 'n kort uiteensetting van die doelstellings van die projek, en moet gevolg word deur 'n uiteensetting van die metodes wat toegepas is (waar nodig).
- Die inhoud van die bestuursopsomming moet dien as opsomming van die resultate wat verkry is (insluitend negatiewe resultate, waar van toepassing). Indien nodig kan die leser verwys word na die belangrikste tabelle en/of syfers wat die navorsingsresultate saamvat. Dergelike verwysings moet beperk word, aangesien die leser moontlik nie die vorderings- of finale verslae byderhand sou hê nie.
- Evalueer die gewigtigheid van die resultate volgens die waarde wat dit vir ander navorsers of vir die betrokke bedryf mag inhou, en met die oog op die beplanning van toekomstige werk. Doen aanbevelings oor die toepaslike aanwending van die resultate en ten opsigte van die praktiese implementering daarvan.
- Indien nodig, moet enige probleme wat ervaar is tydens die navorsingsprogram (soos eksperimentele dier(e) wat onverwags vrek, hael wat plante vernietig het, ens.) genoem word.
- Bied 'n bondige projeksie aan van enige toekomstige navorsingsaktiwiteite wat gedoen kan word as opvolgprojek, nadat die spesifieke projek afgehandel is.
- Laastens moet aangedui word hoe die resultate van die projek gepubliseer gaan word – hetsy as navorsingsreferaat, as semi-populêre artikel, as praatjie tydens ᾿n boeredag, as voorlegging tydens 'n konferensie, ens.