Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou te Elsenburg op 14 Junie 2018
Opening en verwelkoming
Die vergadering word deur dr De Kock met gebed geopen. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig by die vergadering.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Mnr A Theron PNS Mnr G Keun PNS Mnr Z Spammer SOILL Mnr J Botes Agricol Mnr N Bouwer Agricol Mnr J Bruwer Bayer Mnr C Cumming PNS Mnr J Loubser PNS Mnr P Blom SSK Mnr P Lombard DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr L van Jaarsveld Overberg Agri Moorreesburg Mnr P Laubscher Overberg Agri Bredasdorp Mnr R Schutte Overberg Agri Caledon Mnr K Blanckenberg GSA Mnr G de Bruin Kaap Agri Mnr L Wille Barenburg Mnr L Coetzee Kaap Agri Mnr J Loubser Quantum Foods Prof A Agenbag PNS Dr E Briedenhann PNS Dr J Strauss DLWK Dr S Lamprecht ARC-PHP Dr J de Kock PNS Me L Smorenburg DLWK Me I Crous SOILL Me L van Zyl Sekretariaat Verskoning vir afwesigheid
Dr I Trautman DLWK Me A Swanepoel DLWK Me R Beukes Nasionale Departement Landbou, Bosbou en Visserye Mnr J McDermott Pioneer Mnr G Conradie DLWK Mnr G Els K2 Agri Mnr C Louw GSA Mnr K Meintjies Dr P Swanepoel US
Personalia
Daar word kennis geneem dat Dr Lamprecht die "Science for Better Life Award" toekenning gewen het.
Vasstelling van die sakelys
Punt 7.1.1 Dormansie van saad
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 22 November 2017 word as gelese beskou en goedgekeur.
Algemene oorsig
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die jongste inligting (31 Mei 2018) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word (Maandelikse data en Weeklikse Bulletin).
Voorsitter
Oesskattings
Neem kennis dat die oppervlakte geplant en vierde produksieskatting 2018 soos deur NOK op 29 Mei 2018 vrygestel, ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Die Komitee is onseker of die NOK syfers van 84 000 ha canola geplant vir die 2017 seisoen korrek is.
Daar word voorgestel dat
- daar by SOILL kontroleer word wat hulle finale syfers vir die seisoen was;
- daar binne streke bepaal word waar die grootste verskil voorgekom het en wat die rede daarvoor sou wees, byvoorbeeld dat van die hektare geplant vir weiding gebruik is of glad nie ge-oes is nie;
- SAGIS genooi word om te verduidelik hoe die finale syfers bepaal word.
H Cerfonteyn
Winterreënstreek
Swartland / Suid-Kaap
Verteenwoordigers rapporteer soos volg:
Swartland
In die Klipheuwel area het dit goed gereën gedurende plantseisoen en tot op datum. Die ontkieming was beter as in 2016/2017 en min of meer dieselfde aantal hektare is geplant. Produsente bly by hul wisselboustelsels.
Die omstandighede en vooruitsigte in die res van die Swartland is ook goed. In sekere gevalle is minder geplant of ander variëteite geplant weens tekort aan saad van sekere variëteite.
Suid-Kaap
Die Overberg Agri Caledon gebied het meer reën as die Bredasdorp gebied gehad, in beide gevalle minder as die langtermyn gemiddelde. In totaal is daar omtrent 5 000 ha minder gesaai – in sekere gevalle is canola deur gars vervang.
In die SSK gebied is die opkoms baie wisselvallig wat die bestuur van die lande baie moeilik maak. Vanaf Swellendam ooswaarts raak dit droër.
Almal
Somerreënstreek / Oos-Kaap / Ander
Neem kennis dat daar nog geen canola aanplantings in die Oos-Kaap was nie.
Canola proewe in die sentrale besproeiingsareas is voorlopig, weens gebrek aan belangstelling, gestaak. Inligting word wel verskaf soos navrae ontvang word. SSK het saadbestellings ontvang uit Lesotho en Ermelo van produsente wat dit wil probeer.
Die resultate van die proewe word weergegee in die laaste Oilseeds Focus van Junie 2018.
Prof Agenbag
Prysinligting
Neem kennis dat die waarde van canola afgelei van sojaboonoliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad op 6 Junie 2018 soos volg daar uitsien:
47% Proteïen teen 'n waarde van R6 245 per ton teen 'n wisselkoers van R12.72.
Relatiewe waarde van volvet canola is dus:
Pluimvee (94%) R5 870 per ton Varke (100%) R6 245 per ton Suiwel (58%) R3 622 per ton
Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus:
Pluimvee (53%) R3 310 per ton Varke (65%) R4 059 per ton Suiwel (60%) R3 747 per ton Weervooruitskatting
Neem kennis dat mnr Cerfonteyn 'n samevatting van die klimaat, temperature en reënval die afgelope drie maande gee. Daar word ook gunstige voorspellings vir die maande Junie tot Augustus gemaak.
Daar word voorgestel dat mnr Cerfonteyn die vergelyking van die vorige jaar se voorspellings teenoor wat regtig realiseer het, sal opsom en voorlê.
Die lesing oor klimaatsveranderinge deur Prof S Midgley wat by die DLWK se Smart Agri program betrokke is, is ter inligting by die sakelys aangeheg.
H Cerfonteyn
Sclerotinia
Verwys ook punt 8.3 van hierdie notule.
Dit word weer beklemtoon dat produsente veral in 'n nat jaar goeie monitering moet doen (twee weke voor blomtyd) en waar moontlik liefs voorkomend moet spuit teen die siekte.
Almal
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe 2017
Die navorsers rapporteer oor die 2018 aanplantings. In die Swartland het alles opgekom en gevestig, maar in die Suid-Kaap is die plantjies nog baie jonk.
Verwys ook na punt 11.3 van hierdie notule.
Dormansie van saad
Die Komitee bespreek die vraag ten opsigte van sekere cultivars wat verkieslik in nat grond geplant moet word om goed te vestig, terwyl ander in droë grond geplant kan word en in die grond lê totdat dit reën en die klimaat verbeter. Sou kiemkragtigheid en groeikragtigheid van canola saad (oorlewingsvermoë om in droë grond te "oorleef" totdat dit reën) vooraf by 'n laboratorium getoets kon word? Die grootte van die saad asook die interaksie tussen omgewing en cultivar, die planttyd en bestuurspraktyke kan 'n rol speel. 'n Groter saad mag langer neem om vog op te neem, maar tog later goed vestig.
Daar word aanbeveel dat produsente die etikette van die saadpakkies moet bestudeer – die saadgrootte word daarop aangedui en aanpassings kan daarvolgens gemaak word. 'n Plant met goeie groeikragtigheid kan beter teen onkruide kompeteer.
Daar word besluit dat die gesprek oor sade se oorlewingsvermoë in droë grond weer bespreek sal word.
P Lombard
J Bruwer
Tegnologie oordrag
Canolafokus
Neem kennis dat afskrifte van die afgelope Canolafokus publikasies ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Redaksie
Inligtingsdae 2018
7/8 Augustus Wes-Kaap Bewaringslandbou 22 Augustus Riversdal Inligtingsdag 30 Augustus Roodebloem Inligtingsdag 4 September Proefbesoek Suid-Kaap 5 September Proefbesoek Swartland 13 September SKOG Dag 12-14 September NAMPO Kaap Bredasdorp Almal
Video-opnames
Neem kennis die video oor Sclerotinia, soos vervaardig deur Mnr Cummings en Prof Agenbag finaliseer is en binnekort aan die bedryf beskikbaar gestel word.
Mnr Keun
Oilseeds Focus
Neem kennis dat 'n afskrif van die jongste Oilseeds Focus ter inligting by die sakelys aangeheg is. Die inligting is ook op die webblad van die PNS en die Oliesadetrust beskikbaar.
Mnr Keun
Behoeftes van
Mark – canola
Geen verdere inligting word rapporteer nie.
Produsente – canola
Pryse en agterskotte
Daar word kennis geneem dat SOILL nog onseker is of agterskotte vanjaar betaal sal kan word. Die besluit word deur verskeie faktore beïnvloed.
Canola opbrengskompetisie
Daar word kennis geneem dat die reëlings vir die 2018 Canola Opbrengskompetisie in proses is. Inskrywings open weer op 1 Augustus 2018
Prof Agenbag
Beskikbaarheid van geskikte saad
Neem kennis dat
- daar probleme met beskikbaarheid van sekere cultivars se saad was;
- saad invoere vanaf Australië weens die heersende droogte daar, ingekort moes word, wat plaaslike produsente baie gefrustreerd gelaat het;
- dit weer herhaal word dat die saadbestellings reeds 'n jaar vooruit by die verskaffers geplaas moet word;
- saadmaatskappye versoek word om voortdurend met produsente te kommunikeer en hulle betyds oor die beskikbaarheid van saad en veranderings aan bestellings in te lig.
Saadmaatskappye
Ander sake
Nuusbrokkies
Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Almal
Canola tydskrif artikels
Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Almal
Sprekers
Spreker: Dr Johann Strauss van Departement Landbou Wes-Kaap die werkgroep sal toespreek insake sy projek
Daar word kennis geneem van dr J Strauss van DLWK se terugvoer oor sy projek: "Evaluasie van verkorte canola onthoudingsperiodes en gebruik van alternatiewe gewasse op die volhoubaarheid van wintergraanproduksie onder geenbewerkings-praktyke op die Riversdal vlaktes."
Daar was ook 'n samevatting van die resultate in die April 2018 Canolafokus.
Lesing: Me Annika Pieterse van Stellenbosh Universiteit: Slaknavorsing
Daar word kennis geneem dat die afskrif van Me A Prins se terugvoer oor haar slaknavorsing ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Vergaderings 2018
- 28 Augustus
- 28 November
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank vir elkeen se bydrae afgesluit en verdaag.