Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou op 16 April 2009 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Dr De Kock open die vergadering met gebed. Mnr Scholtemeijer verwelkom almal teenwoordig en rig 'n spesiale woord van welkom aan Mnre PS Uys en JB Smuts van CBK wat vir die eerste keer die Canolawerkgroepvergadering bywoon.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Mnr G Keun PNS Dr J Strauss DLWK Dr M Hardy DLWK Me L Smorenberg DLWK Me A Swanepoel DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr P Lombard DLWK Mnr J Labuschagne DLWK Mnr I Slabbert DLWK (Moorreesburg) Mnr JJ Bester GSA Mnr PS Uys CBK Mnr JB Smuts CBK Mnr K Schonken GSA Mnr J Lusse Overberg Agri Mnr H van Vuuren Kaap Agri Mnr JCG (Kobus) van Niekerk MKB Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr J McDermott Du Pont Mnr J Loubser Nova Voere Me E Hough MKB Prof A Agenbag US Me L van Zyl Sekretariaat Verskonings
Dr T Brand DLWK Dr I Trautmann DLWK Dr G Conradie DLWK Dr N Kotzé Agricol Mnr H Kotzé Nova Voere Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr JJ Bruwer SSK Dr G Tribe LNR-NIPB Dr S Lamprecht LNR-NIPB Me A Enslin SAGIS Mnr T le Roux CBK Mnr P von Nieuwholtz Gellman Saad Personalia
Die Vergadering wens dr De Kock geluk met sy verjaardag.
Daar word kennis geneem dat mnr Bruwer se vader onlangs oorlede is en dat hy ook 'n rugoperasie ondergaan het.
Mnr H Kotzé van Nova Voere tree binnekort af.
Vasstelling van sakelys
Geen verdere sake word tot die sakelys toegevoeg nie.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 27 November 2008 word as gelese beskou en goedgekeur.
Algemene oorsig
Winterreënstreek
Canola
Swartland / Suid-Kaap
Dit is oral nog droog, maar produsente is gereed om te plant sodra dit begin reën. Volgens voorlopige opnames wat deur landboubesighede gemaak is, word verwag dat ongeveer 35 000 hektaar geplant sal word.
Die vergadering besin op versoek van die PNS Raad oor aksies wat geloods kan word om canola produksie verder te stimuleer. 'n Taakspan onder leiding van prof Agenbag moet in oorleg met die CBK en DLWK aanbevelings hieroor maak en vra insette vanaf die bedryf.
Produsente besef die waarde van canola in 'n wisselboustelsel, maar dit moet steeds finansieel regverdigbaar wees om die gewas te plant. Die insetkoste van canola kan tot R4 000 per hektaar beloop, wat beteken dat 'n opbrengs van ten minste 1,5 ton / hektaar moet realiseer om dit die moeite werd te maak. Beter oestegnieke om oesverliese te beperk sal 'n groot bydrae tot 'n beter "opbrengs" lewer. Daar word weer verwys na die aangepaste stroper, wat in Australië gebruik word, met vervoerbande wat meganiese hantering beperk en dus oesverliese beperk.
Meer pitvaste cultivars kan ook help om oopspring te beperk en dus opbrengs per hektaar te verhoog. Hoër opbrengs moet egter nie ten koste van die olie-kwaliteit van die saad wees nie.
Prof Agenbag
Verliese as gevolg van oesprosesse word volledig deur dr Strauss se navorsingsprojek aangespreek.
Verwys na punt 9.2.1 van hierdie notule.
Oos-Kaap
Volgens inligting word 'n proefaanplanting van canola onder besproeiing in die Oos-Kaap beplan. Die Voorsitter sal binnekort met Phyto Energy se bestuur gesprek voer oor die beplande ontwikkelings aldaar.
Voorsitter
Somerreënvalstreek
Daar is geen kommersiële canola aanplantings in die somerreënvalstreek gemaak nie.
Weervooruitskatting
Mnr Cerfonteyn gee 'n oorsig oor die afgelope maande se reënval en verskaf die weervooruitskouing vir die volgende periode. Volgens die huidige inligting word normale reënval vir die Swartland en Suid-Kaap vir die volgende drie maande voorspel.
Damme is op die oomblik 89% vol (nasionaal) en in die Wes-Kaap is die damme 58% vol.
Mnr Cerfonteyn
Oesskatting
Volgens die NOK se Februarie 2009 opname is 32 300 ton van 34 000 ha in die 2008 seisoen geoes.
Besluit dat daar by die NOK se opname ten opsigte van canola volstaan word.
Mnr Cerfonteyn
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die dokumentasie soos deur SAGIS verskaf en ter inligting by die sakelys aangeheg is, aanvaar word, naamlik:
- die jongste markinligting (Maart 2009)
- die weeklikse bulletin
- die maandelikse bulletin
Prysvooruitskatting en Internasionale Markinligting
Dr Griessel rapporteer oor die internasionale mark. Volgens aanduidings in die wêreldmark sal die internasionale aanplantings van sojabone laer wees as wat in November 2008 voorspel is. Dus word 'n styging in pryse voorsien.
Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad op 9 April 2009 beloop R4 067. Wisselkoers = R9,17.
Canola
Die afgeleide waarde van volvet Canola (teenoor sojabone) is soos volg:
Pluimvee (94%) R3 823 Varke (100%) R4 067 Suiwel (58%) R2 359 Die relatiewe waarde van Canola oliekoek (met minder as 1% vet) is dus soos volg:
Pluimvee (53%) R2 156 Varke (65%) R2 644 Suiwel (60%) R2 440 Produsentepryse vir canola
'n Produsente prys van R3 400 is onlangs in die Landbouweekblad genoem.
Navorsing
Canola
Nasionale kultivarproewe
Resultate 2007
Neem kennis dat die resultate (olie- en proteïeninhoud) van die 2007-cultivarproewe afgehandel is.
Daar word verder kennis geneem dat die olie-inhoud van canola tussen die cultivarproewe en SOILL verskil en daar word aanbeveel dat die 2008 oes se resultate weer tussen SOILL en DLWK vergelyk moet word.
Resultate 2008
Neem kennis dat die opbrengs resultate van die 2008 oes reeds gepubliseer is. Die chemiese ontledings ten opsigte van olie- en proteïeninhoud word nog gedoen.
Mnr Lombard
Aanplantings vir 2009
Mnr Lombard rapporteer dat voorbereidings vir die 2009 cultivarproewe afgehandel is. Daar sal 16 of 17 cultivars in die proewe geplant word waarvan vyf nuwe cultivars sal wees.
Mnr Lombard
Pitvaste cultivars om oesverliese te beperk
Daar word aanbeveel dat springtraagheid van cultivars ook tydens die proewe van mnr Lombard en prof Agenbag geëvalueer moet word. Mnr Lombard oorweeg dit om die nuwe Australiese Juncea Canola (Brassica juncea) wat meer pitvas en droogtebestand is by die Elite proewe in te sluit (cultivars Dune en Oasis). Die cultivar is veral vir laer potensiaal gebiede ontwikkel. Dit het 'n geel saad en kan moontlik 'n nismark in hondekos vind. Dr De Kock sal dit verder opvolg en bystand verleen.
Mnr Lombard
Dr De KockEffek van saadgrootte op olie-inhoud van die saad
Daar word aanbeveel dat daar bepaal moet word wat (indien enige) die verskil tussen die olie-inhoud van 'n groter saad teenoor dié van 'n kleiner saad is.
Mnr Lombard
Dr De Kock
Bemesting
Terugvoering vanaf bemestingstaakspan
Daar word kennis geneem dat die bemestingstaakspan se werksaamhede afgehandel is.
Prof Agenbag se projek "N-bemesting van canola gebaseer op N-mineralisasie en loging" gaan voort. Daar is ook 'n nuwe aansoek "S-bemestingsbehoeftes van canola in die produksiegebiede van die Wes-Kaap" ingedien.
Daar word besluit dat Prof Agenbag terugvoering oor die navorsingsprojekte sal rapporteer soos die seisoen verloop.
Prof Agenbag
Wisselbou-projek somerreënvalgebied
Neem kennis dat daar volgens die projek in die somerreënval area "An evaluation of crop rotation with canola under irrigation" uitgewys is dat canola 'n neerdrukkende effek op opvolggewasse onder besproeiing blyk te hê. Die rede daarvoor kon nog nie vasgestel word nie en die PNS is in die proses om met buitelandse navorsers hieroor te skakel. Opvolggewasse onder besproeiing word binne weke nadat die canola geoes is, geplant. Dit mag dalk 'n rol speel.
Besluit dat dr De Kock terugvoering sal rapporteer indien 'n verduideliking vir die neerdrukkende effek wat canola op opvolggewasse onder besproeiing het gegee kan word.
Prof De Kock
Die allelopatiese potensiaal van raaigras en belangrike wisselbougewasse in die winterreën gebied van die Wes-Kaap
Besluit dat die DLWK die verslag oor die navorsing deur die DLWK oor die allelopatiese potensiaal van raaigras ter inligting aan die Werkgroep sal voorsien.
Me Swanepoel
THRIP-projek: finalisering van Canolaverbouingsriglyne
Neem kennis dat
- die Canolahandleiding in hardekopie en op CD beskikbaar is en tans in Engels vertaal word;
- kopieë op aanvraag by prof Agenbag of die PNS kantoor beskikbaar is;
- die saak as afgehandel beskou word.
Pes- en plaagbeheer
Swartstam op canola
Daar word kennis geneem dat die DLWK in samewerking met 'n navorser in Frankryk proewe doen om alle swartstamrasse wat in die wêreld voorkom te identifiseer en 'n databasis op te stel. Die betrokke navorser sal sy verslag na afhandeling van die projek (2009 seisoen) aan die DLWK beskikbaar stel. Geen verdere werk ten opsigte van swartstam word deur DLWK beoog nie.
Besluit dat daarby volstaan word.
Monitering van insekte op canola
Neem kennis dat dr Tribe se projek "Insect and other pests of canola" voortgaan en gedurende die seisoen ten opsigte van slakke en isopoda asook ander insekte soos stamboorders, ruitrugmot of die groen kewertjie sal rapporteer word.
Dr Tribe
Samewerking met LNR-KGI insake monitering en beheer van slakke
Besluit dat die moontlike samewerking met LNR-KGI ten opsigte van die monitering en beheer van slakke deur PNS opgevolg sal word.
Voorsitter
Biobrandstowwe
Neem kennis dat inligting oor "Europe's ethanol market potential" ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Voorsitter
Studietoer na Australië
Die verslag van die studietoer na Australië was ter inligting by die sakelys aangeheg. Dit word deur dr De Kock en mnr Lombard toegelig.
Daar is inligting bekom ten opsigte van canola-produksie en veral die beskikbaarheid van die verskillende tipe canola-cultivars vir evaluering en verbouing in Suid-Afrika. Suid-Afrika maak hoofsaaklik van cultivars uit Australië gebruik en daar moet toegesien word dat die cultivars vroegtydig in Suid-Afrika beskikbaar is aangesien die registrasie van nuwe cultivars 'n lang proses is.
Nuwe cultivars en saadgrootte – verwys na punte 7.1.1.4 en 10.1 van hierdie notule Oesverliese – verwys na punt 9.2.1 van hierdie notule.
Daar word ook gerapporteer dat die Australiërs baie moeite doen om die raaigrassaadbank in die grond te verminder, onder andere om oesreste sover as moontlik met masjinerie op te vang en daarna te vernietig.
Daar word besluit dat dr De Kock verder navraag sal doen en die bedryf op hoogte hou ten opsigte van prosesse om oesreste te vernietig in 'n poging om die raaigrassaadbank te beperk.
Dr De Kock
Opname van totale bewerkbare oppervlakte in Wes-Kaap
Daar word kennis geneem dat daar by die inligting oor bewerkbare oppervlakte in die Wes-Kaap wat reeds aan die vergadering voorsien is, volstaan word en die saak daar gelaat word.
PNS navorsingsprojekte 2009
Neem kennis dat die lys van goedgekeurde navorsingsprojekte vir 2009 ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Ontwikkelingsplan vir canola 2009
Daar word kennis geneem dat die 2009 Ontwikkelingsplan vir canola by die sakelys aangeheg is en enige kommentaar voor einde April 2009 aan dr De Kock voorsien moet word.
Tegnologie-oordrag
Canolafokus
Neem kennis en besluit dat artikels / kort beriggies vir die volgende uitgawe van die Canolafokus deur die redaksie oorweeg sal word, onder andere:
- Resultate van 2008 Canolakompetisie
- TT cultivars teenoor konvensionele cultivars
- Waarnemings/aanbevelings na aanleiding van die Studietoer na Australië
- Tipiese probleme in die praktyk en antwoorde daarvoor
- Bekalking van grond, veral minimum bewerkingstelsels
- Belangrikheid van effektiewe onkruidbeheer
- Aanpassing van stropertafels om oesverliese te verminder
Redaksie
Inligtingsdae 2009
8 Augustus 2009 Canolafees, Swellendam 2 September 2009 Roodebloem Boeredag 3 September 2009 Riversdal Boeredag 10 September 2009 SKOG dag Daar word kennis geneem dat die Besigtigingstoere wat vir 3 en 4 September 2009 geskeduleer is, waarskynlik gekanselleer sal word.
Besluit dat die PNS die Werkgroep sal inlig sodra daar oor die 2009 besigtigingstoere besluit is.
Sekretaris
Registrateur Wet 36 (Fertilizers, Farm feeds, Agricultural remedies and Stock remedies Act)
Neem kennis dat geen vordering ten opsigte van die registrasie van nuwe chemiese middels rapporteer kan word nie.
Mnr Cumming
Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola – aansoek vir registrasie van Cruiser op canola
Daar word gerapporteer dat daar by Afri Compliance wat maatskappye met aansoeke om registrasie ingevolge Wet 36 behulpsaam kan wees 'n kwotasie om met die registrasie van Cruiser behulpsaam te wees, aangevra is.
Besluit dat vordering rapporteer sal word.
Sekretaris
Behoeftes van
Mark – Canola
Statutêre Graderingsregulasies
Neem kennis dat die konsep regulasies met betrekking tot gradering, verpakking en merk van canola bestem vir verkoop in die RSA, Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet 119 van 1990) deur die Departement Landbou aanvaar is en binnekort in die Staatskoerant gepubliseer sal word.
Mnr Smuts
Produsente – Canola
Canola oesverliese
Die artikel oor canola oesmetodes was weer ter inligting by die sakelys aangeheg. Dr Strauss is besig met sy navorsingsprojek oor oesverliese en die beperking daarvan. Volgens waarneming vind daar ongeveer 31 tot 44% oesverliese in die praktyk plaas. Dr Strauss sal alle aanbevelings / voorstelle wat deur Werkgroeplede gemaak word by die projek probeer inkorporeer, byvoorbeeld meet oesverliese teenoor die potensiaal van die oes, effektiwiteit van meganiese toerusting, eksperimenteer met aangepaste stropertafels soos in Australië in gebruik is, gebruik meer pitvaste cultivars, oorweeg die voordeel van direk stroop teenoor plat sny wanneer die potensiaal van 'n oes laer as byvoorbeeld 1 ton / hektaar is.
Besluit dat dr Strauss alle aanbevelings ten opsigte van die projek oor oesverliese in aanmerking sal neem en terugvoering oor die projek na afloop van die 2009 oes sal rapporteer.
Dr Strauss
Saad
Saad – Canola (beskikbaarheid / pitgrootte)
Saad wat betyds bestel is, is betyds voorsien. Produsente word aangemoedig om vroegtydig saadbestellings in te dien, aangesien die produksie van saad volgens bestellings gedoen word.
Neem kennis dat landboubesighede voortgaan om pitgrootte te monitor en monsters van saadlotte wat vir kommersiële aanplantings ingevoer word, te evalueer veral ten opsigte van die invloed wat pitgrootte op die vestigingspersentasie en groeikragtigheid van plante het.
Daar word gerapporteer dat van die saad wat vir die 2009 cultivarproewe aangebied is, se pitgrootte kleiner is as die 1,6mm wat in Australië aanvaarbaar is.
Daar word besluit dat dr De Kock namens PNS die kwessie van pitgrootte van saad amptelik via SANSOR met die saadmaatskappye sal opvolg en terugrapporteer.
Dr De Kock
Saad – Lupiene
Die resultate van die lupienontwikkelingsprogram en die opbrengs resultate van die 2008 lupien cultivar-evaluasie projek is in die jongste Lupino gepubliseer.
Neem kennis dat die PNS besluit het dat die lupienkiemplasmabank wat deur die jare opgebou is na die nasionale kiemplasmabank oorgedra word.
Die DLWK sal 2009 vir die laaste keer die beskikbare lyne plant vir saad-vermeerdering. Die bedryf is versoek dat enigiemand wat belang sou stel met die PNS kan onderhandel om die lyne oor te neem.
Mnr Lusse
Ander sake
Inligting vir plasing op die PNS webtuiste en nuusbrokkies
Daar word versoek dat lede goeie kleur foto's vir plasing op die webtuiste aan die kantoor beskikbaar moet stel.
Almal
Oorsese reis: Dr Lamprecht
Daar word besluit dat dr Lamprecht tydens die volgende vergadering terugvoering oor die kongresse wat sy in Italië en Duitsland bygewoon het, sal gee.
Dr Lamprecht
"World High Oleic Canola / Rapeseed Oil Markets, Trends and Patterns"
Neem kennis dat inligting oor "World high oleic canola / rapeseed oil markets, trends and patterns" ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Canolakompetisie: Suid-Kaap en Swartland
Die verslae van die onderskeie kompetisies in die Swartland en Suid-Kaap is ter inligting by die sakelys aangeheg.
Die wenners was:
Swartland
- Hoogste opbrengs: Frikkie Russouw
- Beste bruto marge: Michiel Smuts
Suid-Kaap
- Hoogste opbrengs / hoogste opbrengs: Andrew Beukes
Die kompetisie sal in 2009 herhaal word.
Mnr Slabbert
Canolabedryfskomitee verteenwoordigers
Neem kennis dat mnre JB Smuts en PS Uys as CBK verteenwoordigers op die Werkgroep benoem is.
"Possible hazards of pollinator organisms"
Neem kennis van die skrywe vanaf SABIO (SA Bee Industry Organisation) insake die effek wat chemiese middels op die byebedryf kan hê. SABIO het ook met die CBK hieroor gesprek gevoer, praktiese voorstelle is gemaak en daar is ooreengekom dat verdere wedersydse gesprek oor die oesbeskermingspraktyke gebaseer op ekologiese beginsels en bewaringsbewerking op die gespreksforum wat deur SABIO geïnisieer word, sal plaasvind.
"Preliminary list of potential research areas": Department of Agriculture
Neem kennis dat die Departement Landbou 'n nasionale navorsings- en ontwikkelingstrategie opgestel het en sekere navorsingsareas geïdentifiseer het. Die PNS Raad het kennis geneem van die lys van navorsingsareas soos geïdentifiseer.
Verskeie artikels
Neem kennis van die artikels wat in die tydskrif SA Graan gepubliseer was en wat ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Datums van 2009 vergaderings
- 11 Junie 2009
- 27 Augustus 2009
- 3/4 September – besigtigingstoere – word heroorweeg
- 25 November – Afsluitingsfunksie
- 26 November 2009
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.