Notule

Canolawerkgroepvergadering

gehou te Elsenburg op Donderdag, 20 Augustus 2015



  1. Opening en verwelkoming

    Die vergadering word deur prof Agenbag met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral dr Hector Milisich van INTA, Argentinië.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr J de Kock PNS
    Mnr JG Loubser PNS
    Mnr G Keun PNS
    Mnr C Cumming PNS
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr P Lombard DLWK
    Me L Smorenburg DLWK
    Dr J Strauss DLWK
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr W Heunis Overberg Agri / MKB
    Mnr F Human Overberg Agri
    Mnr L Coetzee Kaap Agri
    Mnr P Blom SSK
    Mnr F le Roux SOILL
    Mnr J McDermott Pioneer
    Mnr D Hanekom Agricol
    Mnr J Loubser Quantum Foods
    Mnr M Heydorn GSA Canola Spesialis Werkgroep
    Mnr M le Roux US
    Me A Pieterse US
    Dr P Swanepoel US
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Prof A Agenbag US
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Op uitnodiging gedeelte van vergadering

    Dr E Briedenhann PNS
    Dr H Milisich Sekretariaat

    Verskoning vir afwesigheid

    Dr I Trautman DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Mnr J Pepler BASF
    Mnr AP Theron PNS
    Mnr K Meintjies DOW
    Mnr J Bruwer Bayer
    Mnr G Els K2 Agri
    Me R van der Merwe BASF
    Dr G Tribe  

  3. Personalia

    Die vergadering dra hulle gelukwense oor aan mnr Lombard wat verjaar het en mnr Scholtemeijer wat op 25 September verjaar.

  4. Vasstelling van die sakelys

    Geen verdere sake.

  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 11 Junie 2015 word as gelese beskou en goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. SAGIS Inligting

      Daar word besluit dat die jongste inligting (24 Julie 2015) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word:

      • Canola supply and demand table
      • Maandelikse data
      • Weeklikse bulletin

      Daar word gesprek gevoer oor die moontlikheid dat SAGIS se mandaat uitgebrei word om meer inligting beskikbaar te stel.

      Voorsitter

    2. Oesskattings

      Neem kennis van die NOK 2014 oppervlakte en produksieskatting soos op 28 Julie 2015 vrygestel en ter inligting by die sakelys aangeheg is.

      H Cerfonteyn

    3. Winterreënstreek

      Swartland / Suid-Kaap

      Verteenwoordigers rapporteer soos volg:

      • daar is 'n groot afname in aanplantings in die Swartland en daar is in die Kaap Agri gebied vanjaar ongeveer 6000ha minder canola aangeplant;
      • omdat die reën laat was, is baie saad wat bestel / verkoop was, nie geplant nie – daar is eerder weidings op die lande wat vir canola geoormerk was, geplant;
      • in die Overberg Agri/MKB gebied is ongeveer 1700ha minder geplant;
      • in die Overberg Agri Bredasdorp/Caledon gebied is daar ook weens die laat reën ongeveer 3000ha minder canola geplant, maar 'n hoër gemiddelde opbrengs word verwag; en
      • in die SSK gebied is ook minder canola geplant

      Almal

    4. Somerreënstreek / Oos-Kaap / Ander

      Daar word rapporteer dat:

      • 'n produsent in Kwazulu-Natal (Nottingham Road) canola in aartappelland as siektebeheer maatreël geplant het;
      • Dr Strauss in kontak sal bly met die produsente wat canola in die Alexandria distrik plant as alternatiewe gewas vir sigorei – plantestand lyk goed;
      • daar ook beplan word om 'n persaanleg daar op te sit;
      • daar weer kultivarproewe onder besproeiing in die Noorde by Brits, Beestekraal en Groblersdal gedoen word (Willie Jonker);
      • die plantestand goed lyk, maar daar nog oor die regte plantdatum vir die proewe besin word;
      • daar ook aanplantings by Vaalharts onder besproeiing gedoen is; en
      • Mnr Mc Dermott sal opvolg oor die aanplantings wat by Piet Retief gedoen is.

      Dr De Kock
      Dr Strauss
      J McDermott

    5. Prysinligting

      Neem kennis dat die waarde van canola afgelei van sojaboonoliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad op 6 Augustus 2015 soos volg daar uitsien:

      47% Proteïen teen 'n waarde van R 5 771 / ton teen 'n wisselkoers van R12.73.

      Relatiewe waarde van volvet canola is dus:

      Pluimvee (94%) R5 425 per ton
      Varke (100%) R5 771 per ton
      Suiwel (58%) R3 347 per ton

      Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus:

      Pluimvee (53%) R3 059 per ton
      Varke (65%) R3 751 per ton
      Suiwel (60%) R3 463 per ton
    6. Weervooruitskatting

      Neem kennis dat

      • daar 'n rekord hoogte (intensiteit) van El Nino verwag word – dit behoort nie noodwendig 'n effek op die Wes-Kaap te hê nie;
      • daar 'n gemiddelde reënval vir September tot November verwag word (dalk bo-gemiddeld in Oktober); en
      • daar koeler weer vir die volgende paar maande in die Wes-Kaap verwag word.

      H Cerfonteyn

  7. Navorsing

    1. Nasionale Cultivarproewe 2013/2014

      Mnr Lombard rapporteer dat die seisoen deur die reën wat te laat en op sommige plekke te min was, beïnvloed word. Nogtans is hulle positief oor die seisoen se vooruitsigte en die plante is nog nie "desperaat" nie.

      Daar is simptome van siektes waargeneem, maar dit is nog nie abnormaal nie en word gemonitor. Dit word genoem dat, indien die opbrengspotensiaal dit regverdig en afhangende van die vog in blomtyd, daar wel effektief vir Sclerotinia beheer gespuit kan word.

      Neem ook kennis dat alhoewel daar baie slakke onder die plante se blare voorkom, daar nog geen skade as gevolg van die slakke tot op hede was nie.

      P Lombard

    2. Bywoning van canolaproefbesoeke

      Neem kennis dat die Werkgroep hulle dank en gelukwense aan die DLWK navorsingspan oordra vir die reëlings van die afgelope besoeke aan die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap.

    3. Biobrandstowwe

      Nuusberigte en tendense in die oliesade en bio-brandstofbedryf vir die tweede kwartaal tot Junie 2015 is ter inligting by die sakelys aangeheg.

  8. Tegnologie oordrag

    1. Canolafokus

      Inligting oor die voorkoms van Witblaarvlek is in die Junie 2015 Canolafokus gepubliseer. In die Julie 2015 uitgawe is inligting oor die insekte by canola verskaf.

      Redaksie

    2. Inligtingsdae 2015


      Riversdal Inligtingsdag 26 Augustus
      Roodebloem Inligtingsdag 1 September
      SKOG Dag 9 September
      Agri Mega Week 16 tot 19 September

      Almal

    3. Video-opnames

      Neem kennis dat

      • lede wat sou belangstel om die Oilseeds Focus soos uitgegee deur die PNS en Oliesade Advieskomitee, per pos te ontvang dit so by mnr Keun kan aandui; en
      • lede enige interessante inligting/videos oor canola verbouing aan die PNS kantoor moet deurstuur.

      Almal

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      Geen verdere inligting word rapporteer nie.

      Almal

    2. Produsente – Canola

      1. Pryse

        Neem kennis dat die produsente teleurgesteld is met die 2015 minimumprys van R4200 wat deur SOILL afgekondig is.

        Daar gaan wel 'n redelike agterskot op die 2014 oes uitbetaal word wat die totaal vir 2014 op R4600 te staan sal bring.

      2. Canola Opbrengskompetisie

        Prof Agenbag rapporteer dat die reëlings/inskrywings vir die 2015 Opbrengskompetisie goed vorder (10 inskrywings per streek).

        Prof Agenbag

  10. Saad

    1. Beskikbaarheid van saad

      Neem kennis dat genoeg van die saad van keuse betyds beskikbaar was, maar alle saad weens die laat reën, nie geplant is nie.

      Daar word genoem dat genetika van canola kultivars baie verbeter en die gemiddelde opbrengs per hektaar wêreldwyd verbeter.

      Saadmaatskappye

  11. Ander sake

    1. Nuusbrokkies

      Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.

    2. Canola tydskrif artikels

      Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.

    3. Sprekers

      Dr Hector Milisich van INTA, Argentinië gee 'n lesing oor die kultivarnavorsing wat deur INTA gedoen word. Lesing op aanvraag beskikbaar.

      Almal

    4. Canolawebstudie

      Neem kennis dat die opdatering van webwerf inligting tot April 2015 by die sakelys aangeheg is. Verdere toeligting word verskaf deur Mnr Keun.

      G Keun

    5. Pamflet: "Sclerotinia Stamvrot / Stem Rot"

      Die inligtingspamflet oor Sclerotinia Stamvrot soos uitgegee deur die PNS is ter inligting by die sakelys aangeheg.

  12. Datums van 2015 vergaderings

    Neem kennis van die volgende vergadering wat geskeduleer is vir 26 November 2015.

  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.