Lupino logo

LUPIENWERKGROEP NUUSBRIEF

Lupino 10   Junie 2002


Proteïen- en energie-inhoud van lupien cultivars

DJ Hanekom, PJA Lombard, H de Wet, H van Zyl en M Viljoen

Verskeie faktore bepaal die die gebruikswaarde van lupiene vir dierevoeding. Die belangrikste hiervan is seker die alkaloïed inhoud waar 'n minimum van 0.03% vasgestel word. Wat die energiewaarde of vetinhoud (VET) en totale ruproteïen inhoud (TRP) betref, bepaal dit hoofsaaklik die insluitingsvlakke in verskillende rantsoene en derhalwe dan ook die prys wat vir die produk betaal word.

Van die drie lupienspesies wat plaaslik geproduseer word vir saadproduksie, het die Lupinus luteus of geellupien die hoogste TRP, gevolg deur L. albus of breëblaarlupien en L. angustifolius of smalblaarlupien. Wat die energiewaarde of vetinhoud van hierdie spesies betref het die L. albus die hoogste gevolg deur L. luteus en L. angustifolius.

Die Hoofdirektoraat Landbou: WK het die afgelope paar seisoene 'n reeks cultivarproewe uitgevoer waar die aanpasbaarheid en opbrengs van verskeie lupien cultivars geëvalueer is. Hiermee saam is ook 'n studie gedoen op die chemiese samestelling van lupiene in die winterreënstreek en is die saad afkomstig van hierdie proewe geanaliseer deur die Elsenburg Dierproduksielaboratorium. Die analises is gedoen deur middel van "naby infrarooi spektrofotometrie" nadat kalabrasies kurwes saamgestel is deur middel van standaard chemiese analise ("natchemie"). Sowat 1800 lupien monsters, afkomstig van cultivarproewe uitgevoer gedurende die 1998, 1999 en 2000 seisoene, is geanaliseer vir TRP en vetinhoud. Op hierdie stadium word daar nog gewerk aan die kurwes om die alkaloïed inhoud te bepaal en is hierdie inligting tans nog nie beskikbaar nie.

As gevolg 'n probleem met die beskikbaarheid van saad van die cultivar Juno (L.luteus) is alle saad afkomstig van cultivar proewe gedurende 1998 en 1999 gebruik as saadbron en is geen data ten opsigte van chemiese samestelling ingesamel nie.

Faktore wat chemiese samestelling beïnvloed

Die cehemiese samestelling van die meeste akkkerbou gewasse word deur verskeie faktore beïnvloed. By lupiene is die belangrikste hiervan hoofsaaklik die spesie of tipe lupien, die cultivar, die lokaliteit waar dit geproduseer is, en die jaar van produksie. Laasgenoemde twee faktore is hoofsaaklik 'n uitvloeisel van omgewingstoestande soos klimaat, grondtipe en die manipulering daarvan deur algemene boerderypraktyke. Alhoewel die verskillende tipes lupiene asook cultivars daarvan elk hulle eie inherente samestelling het, word hierdie waardes tog beduidend deur wisselende omgewingstoestande beïnvloed en kan geen eksakte waarde daaraan toegeken word nie. Vervolgens word die invloed van hierdie faktore op die chemiese samestelling van lupiene gedurende die 1998, 1999 en 2000 seisoen getoon.

Die invloed van spesie en cultivar


Figuur 1
Die invloed van spesie en cultivar op die TRP-inhoud van lupiene
Figuur 1: Die invloed van spesie en cultivar op die TRP-inhoud van lupiene
Figuur 2
Die invloed van spesie en cultivar op die vetinhoud van lupiene
Figuur 2: Die invloed van spesie en cultivar op die vetinhoud van lupiene

Die invloed van jaar van produksie


Figuur 3
Die invloed van produksiejaar op die TRP-inhoud van lupiene
Figuur 3: Die invloed van produksiejaar op die TRP-inhoud van lupiene
Figuur 4
Die invloed van produksiejaar op die vetinhoud van lupiene
Figuur 4: Die invloed van produksiejaar op die vetinhoud van lupiene

Die invloed van lokaliteit


Figuur 5
Die invloed van lokaliteit op die TRP-inhoud van lupiene
Figuur 5: Die invloed van lokaliteit op die TRP-inhoud van lupiene
Figuur 6
Die invloed van lokaliteit op die vetinhoud van lupiene
Figuur 6: Die invloed van lokaliteit op die vetinhoud van lupiene

Bespreking

Uit die meegaande figure is dit duidelik dat die lupien spesie/cultivar (figuur 1 en 2), jaar van produksie (figuur 3 en 4), en die lokaliteit (figuur 5 en 6) almal 'n invloed op die TRP – en vetinhoud van lupiene het.

Van die lupienspesies het die geellupiene die hoogste TRP waarde gehad gevolg deur die breë- en smalblaar tipes. Wat die onderskeie cultivars betref het die breëblaar lupiene 'n gemiddelde TRP waarde van 33.41% gehad en het die cultivar Kali die hoogste TRP gehad met 34.1% Die smalblaarcultivars het 'n gemiddelde waarde van 28.6% gehad met Eureka en Wonga wat die hoogste geanaliseer het teen beide 29.9% Aangesien geen data vir die geellupiene gedurende die 1998 en 1999 seisoene ingesamel is nie, is die waardes slegs afkomstig van die 2000 siesoen. Hier het die TRP waardes gewissel van 34.8 (Legat) tot 35.7% (Juno).

Wat die vetinhoud betref het die die breëblaar cultivars (8.3%) die hoogste waarde gehad gevolg deur die geel- (5.34%) en smalblaarcultivars (4.64%). Alhoewel die geellupiene gewoonlik 'n laer vetinhoud as die smalblaar cultivars het, is dit nie met hierdie studie waargeneem nie. Uit die data kan daar ook waargeneem word dat daar 'n negatiewe verband binne spesies bestaan tussen die TRP- en vetwaardes dit wil sê dat die vetinhoud afneem soos die TRP-inhoud toeneem. Die omgekeerde hiervan geld ook.

Die jaar van produksie het ook 'n beduidende invloed op die TRP- en vetinhoud van lupiene gehad. Die TRP inhoud van lupien tydens die 1998 en 2000 seisoen was beduidend hoër as die van die 1999 seisoen wat toegeskryf kan word aan suboptimale reënval wat gedurende die 1999 seisoen in die WRS voorgekom het.

Duidelike verskille tussen die onderskeie lokaliteite kom ook voor in beide die TRP- en vet waardes. Die hoogste TRP-waardes is by die Hopefield (33.4%), Langgewens (33.6%) en Eendekuil (33.7%) gevind. Alhoewel hierdie lokaliteite verskil wat betref grondvrugbaarheid en klimaat bestaan dar sterk vermoede dat die TRP-waardes die resultaat is van die Rhizobium-status van hierdie gronde aangesien hierdie ou lupien produserende gebiede is. Die feit dat die cultivars in die Departementele proewe weens praktiese redes nie geïnokuleer word nie, versterk hierdie vermoede. Dieselfde redenasie is ook van toepassing op die relatief hoë waarde by die Tygerhoek lokaliteit.

Vergelykende syfers uit die plaaslike en Australiese bedryf

Tabel 1 tot 3 toon vergelykende syfers vanuit die plaaslike bedryf sowel as waardes verkry van navorsingsdata afkomstig vanaf Australië. Beide die Australiese en plaaslike syfers toon hoër TRP waardes as dit wat uit die cultivar proewe verkry is. Soos reeds genoem word die lupien saad wat in die cultivarproewe gebruik word om praktiese redes nie geïnokuleer nie en kan dit verklaar hoekom van die waardes by sekere lokaliteite baie laag is. Indien die TRP waardes van lupiene afkomstig vanaf die proewe in die tradisionele lupien verbouingsgebiede beskou word (data nie getoon), is daar 'n sterk ooreenkoms tussen dié syfers in dit wat plaaslik asook in Australië gesien word. 'n Merkbare verkil tussen die data uit die cultivarproewe, plaaslike data en dit wat in Australië gesien word, is dat die vetinhoud van veral die L. angustifolius en in 'n mindere mate ook die L. albus laer is as die vetinhoud van die Australiese lupiene.

Tabel 1
Vergelykende TRP- en vetwaardes van plaaslike kommersiële produksies
Cultivar Spesie Lokaliteit TRP Olie
Cedara L. albus Riebeeck-Wes 35.77 6.50
Merrit L. angustifolius Hermon 31.06 4.79
Eureka L. angustifolius Riebeeck-Wes 31.80 3.90
Wonga L. angustifolius Moorreesburg 32.17 4.88
Eureka L. angustifolius Eendekuil 33.76 4.09
Wonga L. angustifolius Hermon 32.48 4.45
Cedara L. albus Moorreesburg 37.42 6.70
Eureka L. angustifolius Moorreesburg 32.60 4.18
Tanjil L. angustifolius Moorreesburg 34.31 4.60
Eureka L. angustifolius Hopefield 32.66 4.09
Wonga L. angustifolius Moorreesburg 35.11 4.48
Juno L.luteus Darling 38.85 5.35
Gemiddeld L. albus
L. angustifolius
L.luteus
36.60
32.88
38.85
6.60
4.38
5.35

Tabel 2
Die invloed van spesie en cultivar op TRP- en vetinhoud van Australiese lupiene
L. angustifolius (Yandee) L. albus (Kiev) L. luteus (Wodjil)
TRP 31 37 38
Vet 6 9 5

Tabel 3
Die invloed van lokaliteit op TRP-inhoud van Australiese (Victoria en NSW) smalblaar lupiene
Jaar Lokaliteit Merrit Gungurru Moonah
1994 MRS 34.3 33.9 34.1
Rutherglen 32.4 31.4 33.5
Telopea Downs 30.3 32.1 30.8
St Arnaud 30.0 29.8 30.1
Pangil 32.4 31.4 33.1
1995 MRS 29.4 29.4 29.8
Pangil 30.5 30.8 29.7
1996 MRS 36.2 38.4 35.1
Hopetown 30.7 30.6 31.4
Gemiddeld 31.8 32.0 32.0

Enquiries / Navrae

Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western Cape
Instituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Dr N Kotze
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter