Lupino 8 Januarie 2002
Artikel indeks
Lupien cultivarevaluasie in die Wes- en Suid-Kaap 2001
DJ Hanekom, P Lombard en H de Wet
Die afgelope jaar is gekenmerk deur ernstige droogte in die Rûens en Suid-Kaap wat produksie van lupiene negatief beïnvloed het. Die Swartland het egter 'n baie goeie reënseisoen beleef, maar die baie nattoestande met gepaardgaande wortelsiektes en antraknose het sy tol geëis, veral by die baie gevoelige breëblaar (Lupinus albus) cultivars. Hoewel antraknose ook by smalblaar (L. angustifolius) cultivars voorgekom het, was oesverliese nie so ernstig nie.
Volgens beraming is ongeveer 14 000ha soetlupiene in die Wes- en Suid-Kaap gesaai. Die oppervlaktes (ha) onder soetlupiene vir die verskillende gebiede was as volg:
BNK | 500 | CRK | 3 000 |
SSK | 100 | MKB | 3 400 |
PLK | 3 000 | WPK | 4 000 |
Saadopbrengste (kg/ha) in die verskillende gebiede was volgens inligting van landboubesighede as volg:
BNK | 500 | CRK | 500 tot 1 800 |
SSK | – | MKB | 800 tot 1 500 |
PLK | 800 tot 1 200 | WPK | 1 000 |
Pryse wat vir die produk betaal is was as volg:
L. albus | R1 200 tot R1 250 per ton |
L. angustifolius | R1 100 tot R1 200 per ton |
Die Departement Landbou het gedurende die 2001 seisoen 'n reeks cultivarproewe in die Suid- en Wes-Kaap streke uitgevoer. Ses lokaliteite wat strek van George tot Caledon is in die Suid-Kaap streek uitgevoer terwyl daar ook ses lokaliteite in die Wes-Kaap van Philadelphia tot Eendekuil aangeplant is.
Verskeie redes, waaronder droogte, wortel en loofsiektes asook sulfonielureum oordrag in gronde het daartoe gelei dat van die proewe nie voltooi is nie. Die reënvalsyfers by die betrokke lokaliteite soos gedurende 2001 gemeet word in figuur 1 getoon.
Suid-Kaap
Caledon (Boontjieskraal)
Bewerking | : | Vlak tand. |
|
Plantdatum | : | 8 Mei 2001 |
|
Grondvogstatus | : | Baie goed. Goeie opvolgreën na saai. |
|
Saadbed | : | Netjies en gelyk. |
|
Saaidigtheid | : | Volgens duisendkorrelmassa-mikpunt = 45 plante/m² |
|
Bemesting | : | P – 15kg/ha Na-molibdaat 150g/ha Solubor 500g/ha |
(01/06) (27/06) |
Onkruidbeheer | : | Simex 600ml/ha Brodal 150ml/ha Fokus Ultra 1L/ha |
(met saai) (01/06) (27/06) |
Swambespuiting | : | Punch Xtra 400ml/ha |
(17/09) |
Insekbeheer | : | Geen. |
|
Opmerkings | : | KV% = 17.66% / KBV = 0.461 |
Figuur 1
Opbrengste by die Caledon proef toon dat veral die breëblaarlupiene (L. albus) goed gevaar het en dat opbrengssyfers van tot 2.59 ton/ha (Kiev) behaal is. Van die smalblaarlupiene (L. angustifolius) het veral Bolivio (1.98 ton/ha) en Merrit (1.8 ton/ha), Jindalee (1.75 ton/ha), Boltensia (1.74 ton/ha) en Wonga (1.71 ton/ha) goeie opbrengste gelewer. 'n Proefgemiddelde van 1.58 ton/ha is behaal.
Tygerhoek
Bewerking | : | Vlak tand. |
|
Plantdatum | : | 7 Mei 2001 |
|
Grondvogstatus | : | Goed. Opvolgreën was swak. |
|
Saadbed | : | Netjies en gelyk. |
|
Saaidigtheid | : | Volgens duisendkorrelmassa-mikpunt = 45 plante/m² |
|
Bemesting | : | P – 20kg/ha Na-molibdaat 150g/ha Solubor 500g/ha |
(09/07) (24/07) |
Onkruidbeheer | : | Simex 600ml/ha Brodal 150ml/ha Fokus Ultra 1L/ha |
(met saai) (09/07) (24/07 en 20/08) |
Insekbeheer | : | Geen. |
|
Opmerkings | : | KV% = 18.42 / KBV = 0.287 |
Figuur 2
Lae reënval het die opbrengs by Tygerhoek benadeel. Nieteenstaande het die cultivar Bolivio 'n relatief goeie opbrengs van 1.62 ton/ha gelewer. Die cultivars Ronell, Kiev, KS-3 en Vladimir het opbrengste bokant 1.35 ton/ha gehad wat heelwat beter as Cedara (0.82 ton/ha) was. Die smalblaar cultivars Boltensia (1.27 ton/ha) en Jindalee (1.05 ton/ha) het opbrengste bokant die proefgemiddelde (0.94) gelewer. Opbrengste van die geellupien cultivars was baie laag.
Napier
Bewerking | : | Vlak tand. |
|
Plantdatum | : | 10 Mei 2001 |
|
Grondvogstatus | : | Redelik – ondergrond goed; bogrond swakker. |
|
Saadbed | : | Netjies en gelyk. | |
Saaidigtheid | : | Volgens duisendkorrelmassa-mikpunt = 45 plante/m² |
|
Bemesting | : | P – 15kg/ha Na-molibdaat 150g/ha Solubor 500g/ha |
(11/07) ((01/08) |
Onkruidbeheer | : | Simex 600 ml/ha Brodal 150ml/ha Fokus Ultra 1L/ha |
(met saai) (11/07) (01/08) |
Insekbeheer | : | Geen. |
|
Opmerkings | : | KV% = 14.58 / KBV = 0.256 |
Figuur 3
By die Napier proef is 'n gemiddelde opbrengs van 1.07 ton/ha behaal. Opbrengste van die smalblaar cultivars was oorwegend beter as die breëblaar tipes en het gewissel van 1.78 ton/ha (Boltensia) tot 1.11 ton/ha (Sonet). Die laer opbrengste van die breëblaar cultivars word hoofsaaklik toegeskryf aan wortelsiektes. Swak opbrengste is deur die geellupien cultivars behaal.
George
Bewerking | : | Vlak tand. |
|
Plantdatum | : | 17 Mei 2001 |
|
Grondvogstatus | : | Ondergrond goed; bogrond effe minder. |
|
Saadbed | : | Netjies en gelyk. |
|
Saaidigtheid | : | Volgens duisendkorrelmassa-mikpunt = 45 plante/m² |
|
Bemesting | : | P – 20kg/ha |
|
Onkruidbeheer | : | Simex 500ml/ha |
(met saai) |
Insekbeheer | : | Geen. |
|
Swambespuiting | : | Punch Xtra 400ml/ha |
(20/09) |
Opmerkings | : | KV% = 27.19 / KBV = 0.608 |
Figuur 4
'n Proefgemiddelde van 1.33 ton/ha is by die George proef behaal. Goeie opbrengste is veral deur die cultivar Cedara (2.1 ton/ha) behaal, maar ook deur die cultivars Astra, Sonet, KS-3, Vladimir, Ronell en Kiev, wat opbrengste van 1.52 tot 1.95 ton/ha behaal het. Die smalblaar cultivars het oorwegend swakker gedoen, waarskynlik as gevolg van 'n hoë witroes siektedruk. Die geellupien cultivar het 'n goeie opbrengs van 1.15 ton/ha behaal.
Bredasdorp demonstrasieproef
Proefperseel BNK
Plantdatum | : | 31 Mei 2001 |
|
Bewerking | : | Tandbewerking |
|
Saaidigtheid | : | L. angustifolius L. albus |
70kg/ha 100kg/ha |
Bemesting | : | 15kg/ha P ingewerk Na-molibdaat 150g/ha Solubor 500g/ha |
(10/07) (24/07) |
Onkruidbeheer | : | Simex 600ml/ha Brodal 150ml/ha Fokus Ultra 1L/ha |
(31/05) (10/07) (24/07) |
Insekbeheer | : | Geen. |
Figuur 5
Swartland
Langgewens (saaityd 1)
Bewerking | : | Vlak tand. |
|
Plantdatum | : | 8 Mei 2001 |
|
Grondvogstatus | : | Goed. |
|
Saadbed | : | Netjies en gelyk. |
|
Saaidigtheid | : | Volgens duisendkorrelmassa-mikpunt = 45 plante/m² |
|
Bemesting | : | P – 15kg/ha Na-molibdaat 150g/ha Solubor 500g/ha |
(06/07) (25/07) |
Onkruidbeheer | : | Simex 700ml/ha Fokus Ultra 1L/ha |
(met saai) (06/06 en 26/07) |
Insekbeheer | : | Geen. |
|
Swambeheer | : | Punch Xtra |
(30/07 en 17/08) |
Opmerkings | : | KV% = 28.87 / KBV = 0.179 |
Figuur 6
Opbrengste van die meeste cultivars by die Langgewens lokaliteit is erg benadeel deur swaar besmettings van antraknose. Slegs die smalblaar cultivar Tanjil (1.16 ton/ha) het 'n opbrengs gelewer wat ooreenstem met verwagting van die relatief goeie seisoen van 2001. Die vatbaarheid van die breëblaar en geellupien cultivars vir antraknose het meegebring dat opbrengste in die orde van slegs 300 tot so laag as 20kg/ha gerealiseer het. By die tweede saaityd (data nie getoon) is die plante op 'n veel jonger stadium aan antraknose blootgestel en was die omvang van die siekte van so 'n aard dat van die persele totaal uitgewis is.
Hopefield (Leliefontein)
Bewerking | : | Vlak tand. |
|
Plantdatum | : | 14 Mei 2001 |
|
Grondvogstatus | : | Goed. |
|
Saadbed | : | Netjies en gelyk. |
|
Saaidigtheid | : | Volgens duisendkorrelmassa-mikpunt = 45 plante/m² |
|
Bemesting | : | P – 15kg/ha Na-molibdaat 150g/ha Solubor 500g/ha |
(14/06) (06/08) |
Onkruidbeheer | : | Simex 400ml/ha Brodal 150ml/ha Fokus Ultra 1L/ha |
(met saai) (14/06) (06/08) |
Insekbeheer | : | Geen. |
|
Opmerkings | : | KV% = 18.06% / KBV = 0.327 |
Figuur 7
By die Hopefield lokaliteit het die cultivar Bolivio (2.46 ton/ha) die beste gevaar gevolg deur Tanjil, Wonga, Boltensia en Merrit wat almal meer as 2 ton/ha gelewer het. Die perseel waar die proef uitgevoer is, is op 'n plaas waar lupien in 'n kort rotasie met koring verbou word. Hiedie kort rotasie het egter veroorsaak dat die siektedruk van wortelsiektes redelik hoog was. Veral die breëblaar is redelik straf deur die wortelsiektes benadeel wat swak opbrengste tot gevolg gehad.
Eendekuil (Lemoenkloof)
Bewerking | : | Vlak tand. |
|
Plantdatum | : | 10 Mei 2001 |
|
Grondvogstatus | : | Redelik tot min. |
|
Saadbed | : | Goed. |
|
Saaidigtheid | : | Volgens duisendkorrelmassa-mikpunt = 45 plante/m² |
|
Bemesting | : | P – 15kg/ha Na-molibdaat 150g/ha Solubor 500g/ha |
(20/06) (08/08) |
Onkruidbeheer | : | Simex 400ml/ha Brodal 150ml/ha |
(met saai) (06/06) |
Insekbeheer | : | Geen. |
|
Opmerkings | : | KV% = 18.32% / KBV = 0.240 |
Figuur 8
Opbrengste by die Eendekuil proef is benadeel deur swak grondvogtoestande wat vir 'n wesentlike tydperk aan die begin van die seisoen geheers het en wat weerspïeel word in 'n proefgemiddelde van 0.79 ton/ha. Die smalblaar cultivars Tanjil (1.44 ton/ha), Bolivio (1.12 ton/ha), Merrit (1.06 ton/ha) en Jindalee (1.03 ton/ha) het beter gevaar met opbrengste bokant 1 ton/ha.
Graafwater demonstrasieproef
Rustig (Johan de Jong)
Plantdatum | : | 11 Mei 2001 |
|
Bewerking | : | Skottel. |
|
Saaidigtheid | : | L. angustifolius L. albus |
70kg/ha 100kg/ha |
Bemesting | : | Geen. |
|
Onkruidbeheer | : | Geen. |
|
Insekbeheer | : | Geen. |
Figuur 9
Enquiries / Navrae
Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western CapeInstituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. pietl@elsenburg.com
Editors / Redaksie
PJA Lombard J Bruwer Dr N KotzeSponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting