Newsletters / Archives / Canolafokus Archives / 2007 Canolafokus No 32

CanolaFokus logo

Canolafokus 32   Januarie 2007


Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2006

Saamgestel deur PJA Lombard, L Smorenberg en DJ Hanekom
Departement Landbou: Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg

Inleiding

Klimaatstoestande was die afgelope seisoen baie gunstig vir gewasverbouing in die Swartland. Die gunstige omstandighede het baie goeie koringopbrengste tot gevolg gehad. Die canola opbrengste het ongelukkig nie dieselfde reaksie getoon nie en was soms teleurstellend. In die Eendekuil area was die canola opbrengste bogemiddeld weens die gunstige klimaatsomstandighede. Die voorkoms van ruitrugmot was minder as in die 2005 seisoen en minder bespuitings was nodig. Bolwurms het laat in die seisoen voorgekom en verskeie aanplantings van canola is gespuit vir bolwurm.

Die toestande in die Suid-Kaap was redelik gunstig vir gewasproduksie. In die Caledon / Napier omgewing het redelik ernstige vogtekorte vanaf saai tot en met Junie voorgekom, maar die plante kon herstel en goeie opbrengste is behaal. Swaar reën laat in die seisoen het die platsny en oes van canola baie moeilik gemaak. Opbrengste het gelokaliseerd afgeneem weens die versuiptoestande teen die einde van die seisoen. Ruitrugmot was minder van 'n probleem as in die vorige seisoen en bolwurm het geen probleme veroorsaak nie. Daar was ongelukkig 'n toename in Sclerotinia en 'n stamboorder in die Suid-Kaap die afgelope seisoen.

Gedurende die 2006 seisoen is na raming 32 700ha canola in die Swartland en Suid-Kaap verbou. Die oppervlaktes (ha) gedurende die 2006 seisoen onder canola verbouing het as volg daaruit gesien:

2006 (2005)
Caledon/Bredasdorp/Napier 7 500 (10 300)
Swellendam/Heidelberg 11 400 (15 800)
Riversdal/George 500 (1 000)
Malmesbury/Porterville/Piketberg 11 800 (10 300)
Moorreesburg 1 500 (2 500)

Saadopbrengste was minder as verwag en het van streek tot streek verskil. In die Swartland het die opbrengste gewissel tussen 1.1 (Kaap Agri) en 1.2 ton/ha (MKB) area. Areas in die Suid-Kaap het beter opbrengste gehad en het gewissel van 1.3 ton/ha (Swellendam) tot 1.4 ton/ha in die Overberg area. In die Swartland en Suid-Kaap is lande met swak stande as weiding aangewend.

Navorsing

Die Departement Landbou: Wes-Kaap het gedurende die 2006 seisoen 'n reeks cultivarproewe in die Suid- en Wes-Kaap uitgevoer. Ses lokaliteite wat strek van Mosselbaai tot Caledon is in die Suid-Kaap aangeplant terwyl daar ook ses lokaliteite in die Wes-Kaap van Philadelphia tot Porterville geplant is. Verskillende plantdatums (vroeg en laat) is by beide die twee proefplase in die Suid-Kaap (Tygerhoek) en die Swartland (Langgewens) uitgevoer. Nege proewe is suksesvol voltooi.

Figuur 1
Reënval vir Suidelike area van Swartland (2006)

Figuur 1: Reënval vir Suidelike area van Swartland (2006)

Figuur 2
Reënval vir Noordelike area van Swartland (2006)

Figuur 2: Reënval vir Noordelike area van Swartland (2006)

Figuur 3
Reënval vir Oostelike area van Suid-Kaap (2006)

Figuur 3: Reënval vir Oostelike area van Suid-Kaap (2006)

Figuur 4
Reënval vir Westelike area van Suid-Kaap (2006)

Figuur 4: Reënval vir Westelike area van Suid-Kaap (2006)

Klimaat oorsig

Klimaatstoestande tydens die 2006 seisoen was gekenmerk deur aanvanklike goeie reënval in die Swartland. Dele van die Porterville area het in Mei buitegewoon baie reën ontvang en jong gesaaides het plek-plek versuip. Vroeg September was dit baie warm en droog en skade het in die Piketberg en Eendekuil areas voorgekom. Die Swartland het nat begin en droër geëindig terwyl die teenoorgestelde in die Suid-Kaap gebeur het. Die Napier area het hul eerste goeie reën in Julie ontvang met goeie reën in Julie en Augustus. Die res van die Suid-Kaap het voldoende vog gedurende April en Mei gehad vir ontkieming en vestiging van gesaaides. Tydens Augustus het die Oostelike deel van die Suid-Kaap tussen 150–200mm reën gehad. Die daaropvolgende maande in die hele Suid-Kaap was gekenmerk deur gereelde reën en bewolkte weer wat die oesproses baie bemoeilik het.

Agronomiese praktyke

Afgesien van die primêre bewerkings wat deur medewerkers gedoen is, is die proefpersele in die Swartland en Suid-Kaap voor plant met 'n vlak tand bewerk ten einde 'n fyn, gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal en saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van tussen 50 en 70 plante/m² te verseker.

Alle bemesting is toegedien volgens grondontledings van grondmonsters wat by elke proefperseel geneem is. Fosfaat is teen 15kg/ha as standaard toegedien. Die fosfaatbemesting het swael bevat om aan die swaelbehoefte van canola te voorsien. Stikstofbemesting is volgens aanbeveling gedoen en is aangepas volgens grondtipe en reënvalsyfers en het gewissel van 80 tot 100kg N/ha, wat as standaard in drie toedienings (plant, roset en stamverlenging) verdeel is. As standaard is molibdeen tydens die roset-stadium toegedien asook 'n boor bespuiting teen die einde van die stamverlengingsfase.

Onkruidbeheer, waar nodig, is volgens onkruidspesie en –druk toegepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met Butisan S (metazachlor) gevolg deur na-opkomsbeheer met Focus Ultra (cycloxydim), Aremo (tepraloxydim) en Lomex (etametsulfuron-metiel).

Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n bespuiting met plant teen rooibeensandmyt en lusernerdvlooi, gevolg deur bespuitings later in die seisoen vir die beheer van plantluise, ruitrugmotte en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) – 750 ml/ha, Thioflo (endosulfan) – 1l/ha en Dursban (chlorpiriphos) – 100ml/100l. Geen swambeheer is op canola toegepas nie.

Met rypwording is persele direk gestroop met 'n Wintersteiger perseelstroper, waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is.

Resultate

Goeie reënval tydens Mei oor groot dele van die Swartland het gelei tot baie gunstige toestande vir saailingvestiging. Die omstandighede in die Suid-Kaap was oor die algemeen goed met die uitsondering van George waar die saailinge nie die nat omstandighede kon oorleef nie. Tabel 1 en 2 bevat die opbrengsdata van die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (CL)" en "Triasien tolerant (TT)" cultivars se data word onder aan die tabel op hul eie aangebied.

Tabel 1
Suid-Kaap saadopbrengste (kg/ha)
Tyger­hoek 1 SV Tyger­hoek 2 SV Swellen­dam SV Rivers­dal SV Napier SV Gemid­deld
Opal 2541 a 1896 bcde 2712 a 2732 abcd 2178 bcde 2412 19
Spectrum 2473 ab 2171 abc 2484 abcd 2621 bcd 2303 bcd 2411 3
Hyola 61 1994 abcd 2092 abcd 2654 ab 2843 ab 2185 abcd 2354 5
44C11 2494 ab 1766 def 2452 bcde 2620 bcd 2434 a 2353 6
Jade 2383 abc 1741 def 2533 abc 2892 ab 1828 fg 2275 8
Outback 2329 abcd 1786 def 2407 bcdef 2536 bcd 2006 def 2213 9
45C05 2045 abcd 1496 fg 2429 bcdef 2871 ab 2075 cde 2183 10
Rocket CL 2041 abcd 1821 cdef 2328 bcdefg 2400 def 2102 cde 2138 11
Comet 2108 abcd 1651 efg 2257 defgh 2604 bcd 1959 ef 2116 12
44C73 1815 cd 1552 efg 2200 fgh 2421 cdef 2053 def 2008 13
Tornado TT 1827 cd 1678 efg 2273 defg 2098 efg 1672 g 1910 14
45C75 1778 d 1345 g 2012 h 2497 bcde 1827 fg 1892 15
Thunder TT 1921 bcd 1463 fg 2107 gh 2023 fg 1837 fg 1870 16
ATR Stubby 1814 cd 1332 g 2213 efgh 1949 g 1600 g 1781 17
K2 06/01 1144 e 322 h 1226 i 942 h 1102 h 947 19
Hyola 75 1642 efg 3033 a 2356 ab 2344 7
44Y06 2236 ab 2805 abc 2354 ab 2465 1
45Y77 2341 a 2626 bcd 2225 abcd 2397 4
K2 06\02 2260.8 abcd 1039 i 1650 18
Gemiddeld 2060 1685 2208 2473 2005 2090
KV (%) 15.08 12.87 6.75 9.86 7.04
KBV (0.05) 523.35 359.99 248.6 404.91 237.05
Clearfield
45Y77 2341 a 2626 bcd 2225 abcd 2397
44C73 1815 cd 1552 efg 2200 fgh 2421 cdef 2053 def 2008
45C75 1775 d 1345 g 2012 h 2497 bcde 1827 fg 1892
Rocket CL 2041 abcd 1821 cdef 2328 bcdefg 2400 def 2102 cde 2138
Triasien tolerant
Tornado TT 1827 cd 1678 efg 2273 defg 2098 efg 1672 g 1910
Thunder TT 1921 bcd 1463 fg 2107 gh 2023 fg 1837 fg 1870
ATR Stubby 1814 cd 1332 g 2213 efgh 1949 g 1600 g 1781
TT en CL Gem 1599 1647 1876 2288 1902 1853

SV: Statistiese Verskil

Tabel 2
Swartland saadopbrengste (kg/ha)
Langgewens 1 SV Langgewens 2 SV Darling SV Malmesbury SV Gemiddeld
Hyola 75 2472 abcd 2523 abc 2838 a 2628 abc 2615 1
45Y77 2463 abcd 2529 abc 2577 abc 2651 ab 2555 2
44C11 2638 a 2612 abc 2508 abc 2376 abcde 2534 3
Hyola 61 2591 abc 2183 abcd 2700 ab 2525 abcd 2500 4
44Y06 2604 ab 2260 abcd 2433 abcd 2686 a 2496 5
Outback 2600 ab 2465 abc 2338 abcde 2336 abcde 2435 6
Opal 2371 abcde 2796 a 1973 cdef 2536 abcd 2419 7
Jade 2235 def 2735 ab 2146 bcdef 2293 abcde 2352 8
Comet 2325 bcde 2138 bcd 2067 bcdef 2696 a 2307 9
Spectrum 2280 de 2447 abc 2164 abcdef 2277 abcde 2292 10
45C75 2332 bcde 2079 cd 2513 abc 2110 cde 2258 11
44C73 2248 def 2202 abcd 1690 def 2023 de 2041 12
45C05 2113 efg 2131 bcd 1870 def 2001 e 2029 13
Rocket CL 2290 cde 1632 d 2027 cdef 2121 cde 2018 14
ATR Stubby 1916 g 1698 d 1576 efg 2160 bcde 1837 15
Tornado TT 1857 g 1747 d 1432 fg 2026 de 1765 16
Thunder TT 1953 fg 1776 d 1431 fg 1885 e 1761 17
K2 06\01 1202 h 814 e 887 g 1154 f 1014 18
Gemiddeld 2249 2154 2065 2249 2179
KV (%) 8.1 17.57 19.57 14.03
KBV (0.05) 302.66 628.21 661.83 523.95
Clearfield
45Y77 2463 abcd 2529 abc 2577 abc 2651 ab 2555
45C75 2332 bcde 2079 cd 2513 abc 2110 cde 2258
44C73 2248 def 2202 abcd 1690 def 2023 de 2041
Rocket CL 2290 cde 1632 d 2027 cdef 2121 cde 2018
Triasien tolerant
ATR Stubby 1916 g 1698 d 1576 efg 2160 bcde 1837
Tornado TT 1857 g 1747 d 1432 fg 2026 de 1765
Thunder TT 1953 fg 1776 d 1431 fg 1885 e 1761
TT en CL Gem. 2151 1952 1892 2139 2033.7

Die sv kolom dui statistiese verskille aan. Opbrengste (cultivars per lokaliteit) verskil nie betekenisvol van mekaar indien hulle dieselfde letter/s bevat nie. Die letters word bereken volgens die kleinste betekenisvolle verskil (KBV). Die beste opbrengs is a en die swakste opbrengs het die laaste alfabetiese letter.

In die Suid-Kaap (Tabel 1) het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel van 1 685kg/ha by Tygerhoek (laat saaidatum) tot 2 473kg/ha by Riversdal. Daar was 'n 20% verskil in opbrengs tussen die eerste (25 April) en laaste saaidatum (8 Mei) by Tygerhoek. Die "Clearfield" en "Triasien tolerant" cultivars se opbrengs was gemiddeld 12% laer as die proefgemiddeld. Die "Clearfield" cultivar 45Y77 (baster) was ongelukkig net op drie lokaliteite in die Suid-Kaap aangeplant. Dit het by al drie lokaliteiete die beste opbrengs binne die CL en TT groep gegee.

Die cultivars Opal (Tygerhoek I en Swellendam), Hyola 75 (Riversdal), 45Y77 (Tygerhoek II) en 44C11 (Napier) was die hoogste produseerders by die genoemde lokaliteite (Tabel 1). Die baster cultivar 44C73 (2 465kg/ha) was gemiddeld die top produseerder maar is saam met Hyola 75 en 45C77 slegs op drie lokaliteite aangeplant. Opal (2 412kg/ha) was tweede gevolg deur Spectrum (2 411kg/ha), 45Y77 (2 397kg/ha) en Hyola 61 (2 354kg/ha). Drie van die eerste vyf cultivars was basters (f 1). Hyola 61 was baie stabiel en was die enigste cultivar wat per lokaliteit nooit statisties betekenisvol van die beste cultivar verskil het nie.

In die Swartland het die gemiddelde opbrengste per proef gewissel tussen 2 065kg/ha (Darling) tot 2 249kg/ha by Langgewens 2 en Grasrug (Malmesbury) (Tabel 2). Die opbrengsresultate in die Swartland korreleer nie met vegetatiewe groei en planttellings nie. Grasrug het baie swak gevestig met 'n lae plantestand en het die gesamentlike hoogste opbrengs gegee. Darling het die hoogste gegroei en die beste vertoon, maar het die laagste opbrengs gegee. Baie peule was nie goed gevul op die eerste aanplanting by Langgewens (2 249kg/ha) nie en die proef het min verskil van die tweede aanplanting met gemiddeld 2 154kg/ha. Die CL en TT cultivars het 7% swakker produseer as die Swartland proefgemiddelde. Die "Clearfield" cultivar 45Y77 (baster) was die tweede beste cultivar in die Swartland en het die gemiddelde van die CL en TT groep baie bevoordeel.

Die cultivars Hyola 75 (Darling), 44C11 (Langgewens I), Opal (Langgewens II) en Comet (Grasrug) was die hoogste produseerders by die genoemde lokaliteite. Die twee hoogste produseerders was Hyola 75 (2 615kg/ha) en 45Y77 (2 555kg/ha). Beide hierdie cultivars is basters (f 1). Hulle is gevolg deur 44C11 (2 534kg/ha), Hyola 61 (2 500kg/ha) en 44Y06, waarvan die laaste twee ook basters is. Al vyf bogenoemde cultivars en Outback was baie stabiel en het almal nooit statisties betekenisvol van die beste cultivar verskil nie.

Op Tygerhoek en Langgewens het die eerste (vroeë) aanplanting die hoogste opbrengs gegee. Die konvensionele cultivars gee gemiddeld die hoogste opbrengs, maar het minder opsies vir die beheer van onkruid. Die basters het baie goed in beide gebiede gedoen en in 2006 is vir die eerste keer 'n baster aangeplant wat in die "Clearfield" groep val.

DOWNLOAD ISSUE


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Prof A Agenbag   Izane Leygonie
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter