Lupino 32 Januarie 2008
Artikel indeks
Lupien cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2007
PJA Lombard, L Smorenburg en H Agenbag
Elsenburg Diereproduksie Instituut, Departent van Landbou, Privaatsak X1, Elsenburg 7607
Algemene oorsig
Volgens beraming is daar ongeveer 14 000 ha soetlupine gedurende die 2007 seisoen in die Wes- en Suid-Kaap aangeplant. Dit is 'n afname van 2000ha in vergelyking met die 2006 seisoen. Bitterlupine se gewildheid neem toe en maak 'n groot oppervlak van totale lupine aanplantings in die Wes- en Suid-Kaap uit. Meer produsente plant bitterlupine as in die onlangse verlede, eerstens as gevolg van van die groeiende veefaktor en tweedens as wisselbougewas en gevolglike voordele.
Volgens aanduidings sal die gemiddelde saadopbrengs van soetlupine beter wees as in 2006. Daar is produsente wat saadopbrengste van 1.5 tot 2 ton/ha behaal het. Sekere areas in die Swartland het baie swaar reën in Junie gehad en versuipkolle was daarna waarneembaar tot en met oestyd. In die Eendekuil en tradisioneel laer reënvalarea was die lupine opbrengste bo-gemiddeld weens die gunstige klimaatsomstandighede. Reën en koel weer tydens oestyd het die oes van lupine in die Swartland en Suid-Kaap vertraag.
Klimaat oorsig
Klimaatstoestande tydens die 2007 seisoen was gekenmerk deur goeie reënval in die Swartland (Figuur 2). Dele het tydens die begin van Junie buitegewoon baie reën ontvang en jong gesaaides het plek-plek versuip en wortelsiektes is hierdeur bevorder. Reënval het gewissel van 320mm tot oor die 600mm gedurende die reënseisoen. Wortelsiektes het algemeen weens die baie nat omstandighede voorgekom. Die oormaat water in die grond het gunstige omstandighede vir die fusarium patogene geskep. Die maksimum en minimum temperature was onder die langtermyn gemiddeld en dis ideaal is vir gewasproduksie (Figuur 2 en 3).
In die Suid-Kaap was die reënval minder ideaal en het dit gewissel van 143mm (Tygerhoek) tot 340mm by Boontjieskraal (Figuur 1). Tygerhoek en Swellendam het onder gemiddelde reënval gehad maar die res van die Suid-Kaap het redelike tot goeie vog deur die seisoen gehad. 'n Droëer periode laat in die seisoen (Augustus tot September) by Riversdal het min invloed gehad. Die lupine was daar vroeg gesaai en reeds fisologies vêr gevorder toe die vogstremming ontstaan het. Temperature laer as gemiddelde het oor die streek voorgekom en minder druk op die beskikbare vog geplaas weens verlaagde evapotranspirasie.
Figuur 1Agronomiese praktyke
Proefpersele by beide die Swartland en Suid-Kaap lokaliteite het 'n vlak tandbewerking voor plant gekry ten einde 'n fyn en gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa en ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal. Saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van 45 plante/m² te verseker.
Alle bemesting wat toegedien is, is gebasseer op grondontledings van grondmonsters wat by elke proefperseel geneem is. Bemesting is volgens aanbeveling van die Elsenburg grondontledingslaboratorium gedoen. As standaard is molibdeen tydens die roset-stadium toegedien. Reaksie op molibdeen aanvulling sal waarskynlik net op grond met 'n lae pH gevind word. 'n Boor bespuiting word teen die einde van die stamverlengingsfase gedoen om saadvorming te bevorder.
Onkruidbeheer waar nodig is volgens onkruidspesie en -druk toegepas. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van 'n voor-opkoms bespuiting met simasien gevolg deur na-opkomsbeheer met Brodal (deflufenican), Aramo (tepraloxydim) en Focus Ultra (cycloxydim). Die beheer van insekte het hoofsaaklik bestaan uit 'n vroëe bespuiting om die saailinge te beskerm. Bespuitings later in die seisoen is gedoen vir die beheer van plantluise en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) en Dursban (chlorpiriphos).
Met rypwording is persele geoes met 'n Wintersteiger perseelstroper waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is. Geen smalblaarcultivars is platgesny of met die hand geoes om uitspring verliese te voorkom nie.
Resultate
Op Tygerhoek het min verskil in die gemiddelde opbrengs tussen die eerste (25 April) en tweede aanplanting (8 Mei) voorgekom. Beide die breëblaar cultivars (Ced 6150 en Vladimir) het beter gevaar by die tweede aanplanting. Die opbrengste van die smalblaar tipes by die eerste aanplanting het gewissel van 1.245 ton/ha (LAF 8) tot 2.510 ton/ha (LAG 28). By die tweede aanplanting was die opbrengste baie dieselfde en het gewissel van 1.269 ton/ha (Tanjil) tot 2.213 ton/ha (LAG 28).
In die Suid-Kaap was die smalblaarcultivar Mandelup (2.183 ton/ha) gemiddeld die beste cultivar. Cedara 6150 (1.912 ton/ha) was tweede gevolg deur Quilinock (1.703 ton/ha) en Tanjil (1.553 ton/ha). By LAG 28, LAG 16-3, Polenez en LAF 8 is die saad geneig om uit te spring en sal hierdie cultivars nie verder in die proewe geëvalueer word nie. Vladimir het weens die baie nat toestande by Swellendam wortelsiektes gekry en gevolglik was sy produksie baie laag.
Die proefopbrengste was beter in die Swartland as in die Suid-Kaap. Die saadopbrengs het gewissel van 1.403 ton/ha (Philadelphia) tot 2.488 ton (Hopefield). Die opbrengs van die tweede aanplanting (2.226 ton/ha) by Langgewens was heelwat beter as die eerste aanplanting (2.019 ton/ha). Die warm droë weer in die begin van September kan 'n rede wees waarom die eerste aanplanting swakker gevaar het. Die proef by Philadelphia is laat aangeplant en wortelsiektes het by baie plante op 'n laat stadium voorgekom. Bruinblaarvlek het by Hopefield voorgekom en veral die opbrengs van CED 6150 benadeel.
Tabel 1Lokaliteite | Langgewens | sv | Darling | sv | Hopefield | sv | Philadelphia | sv | Eendekuil | sv | Swartland | Swartland | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 2007 | 2006 | |||||||||||
Oesdatum | 8 Mei | 11 Mei | 16 Mei | 11 Mei | 9 Mei | ||||||||
CED 6150 | 1672 | 0 | 0 | 2010 | |||||||||
HE 16 | 1347 | 0 | 0 | ||||||||||
Mandelup | 1991 | 2835 | 1667 | 3144 | 2327 | 2393 | 2254 | ||||||
Tanjil | 1925 | 1881 | 1595 | 2728 | 1585 | 1943 | 1809 | ||||||
Quilinock | 1898 | 1947 | 2367 | 2493 | 1969 | 2135 | 2004 | ||||||
16 | 1493 | 2294 | 2193 | 2421 | 1835 | 2047 | |||||||
23 | 1854 | 3242 | 1858 | 3433 | 1459 | 2369 | |||||||
24 | 1767 | 2647 | 2083 | 1994 | 2192 | 2137 | |||||||
25 | 1718 | 1983 | 1841 | 3040 | 1717 | 2060 | |||||||
27 | 1568 | 2223 | 2122 | 2833 | 1691 | 2087 | |||||||
35 | 1959 | 2612 | 2174 | 3799 | 1911 | 2491 | |||||||
36 | 1998 | 2984 | 2310 | 3320 | 1660 | 2454 | |||||||
37 | 1880 | 1772 | 2001 | 1739 | 1780 | 1834 | |||||||
39 | 1798 | 1851 | 1887 | 1957 | 1656 | 1830 | |||||||
42 | 2044 | 2733 | 2237 | 4019 | 2215 | 2650 | |||||||
Gemiddeld | 2070 | 2385 | 2026 | 2840 | 1600 | 1895 |
Lokaliteite | Tygerhoek | sv | Tygerhoek | sv | Swellendam | sv | Napier | sv | Caledon | sv | Riversdal | sv | Suid-Kaap | rg | Suid-Kaap |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 2 | 2007 | 2006 | ||||||||||||
CED 6150 | 1816 | 1847 | 2298 | 2454 | 1566 | 2565 | 2091 | 1912 | |||||||
HE 16 | 1765 | 1216 | 2164 | 2615 | 1126 | 2611 | 1916 | ||||||||
Mandelup | 1806 | 2522 | 1987 | 2843 | 1925 | 3058 | 2357 | 2183 | |||||||
Tanjil | 2032 | 1232 | 1674 | 1943 | 1148 | 2629 | 1776 | 1553 | |||||||
Quilinock | 2128 | 1188 | 2036 | 2465 | 1250 | 2677 | 1958 | 1703 | |||||||
16 | 1645 | 2309 | 1734 | 2089 | 2022 | 2736 | 2089 | ||||||||
23 | 490 | 1550 | 2132 | 2299 | 1215 | 2628 | 1719 | ||||||||
24 | 1531 | 1878 | 2618 | 2360 | 2166 | 2835 | 2231 | ||||||||
25 | 1630 | 2345 | 1764 | 2316 | 2038 | 2834 | 2154 | ||||||||
27 | 1399 | 2141 | 1756 | 2364 | 1912 | 2448 | 2003 | ||||||||
35 | 1179 | 1792 | 2095 | 2237 | 1843 | 2988 | 2022 | ||||||||
36 | 706 | 1531 | 2079 | 2185 | 1565 | 2807 | 1812 | ||||||||
37 | 2230 | 1571 | 1853 | 2334 | 1401 | 2875 | 2044 | ||||||||
39 | 1649 | 1719 | 1659 | 2061 | 1638 | 2398 | 1854 | ||||||||
42 | 1604 | 1872 | 1951 | 2342 | 1394 | 2742 | 1984 | ||||||||
Gemiddeld | 1574 | 1781 | 2292 | 2327 | 1614 | 3141 | 2122 |
In die Swartland was die smalblaarcultivar Mandelup (2.254 ton/ha) gemiddeld die beste cultivar. Vladimir (2.112 ton/ha) was tweede gevolg deur Ced 6150 (2.010 ton/ha), Quilinock (2.004 ton/ha) en Tanjil (1.809 ton/ha). Mandelup was in beide gebiede die beste smalblaarcultivar gevolg deur Quilinock en Tanjil.
Enquiries / Navrae
Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western CapeInstituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. pietl@elsenburg.com
Editors / Redaksie
PJA Lombard J Bruwer Dr N KotzeSponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting