Notule

Canolawerkgroepvergadering

gehou te Elsenburg op 23 Augustus 2016



  1. Opening en verwelkoming

    Mnr Andries Theron open die vergadering met gebed.

    Die vergadering word deur mnr Scholtemeijer met gebed geopen. Hy verwelkom almal teenwoordig, veral die gassprekers by die vergadering.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr J de Kock PNS
    Mnr JG Loubser PNS
    Mnr G Keun PNS
    Mnr C Cumming PNS
    Mnr I Slabbert DLWK
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr F Marais BASF
    Mnr C Westraadt BASF
    Mnr PJ Burger Kaap Agri
    Mnr F le Roux SOILL
    Mnr J Botes Agricol
    Mnr J Loubser Quantam Foods
    Mnr JH Blanckenberg GSA Canola Spesialis Werk­groep
    Dr P Swanepoel US
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Me I Leygonie SOILL
    Prof A Agenbag PNS
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Op uitnodiging gedeelte van vergadering

    Mnr S Geldenhuys SOILL
    Me T Joubert SOILL

    Verskoning vir afwesigheid

    Dr I Trautman DLWK
    Dr J Strauss DLWK
    Me L Smorenburg DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Me R Beukes Dept Landbou
    Mnr L Coetzee Kaap Agri
    Mnr A Kirsten GSA
    Mnr F Human Overberg Agri
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr G Els K2Agri
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr K Meintjies DOW
    Mnr A Theron PNS
    Mnr J Bruwer Bayer
    Mnr P Blom SSK
    Mnr C Louw GSA
    Mnr J McDermott Pioneer
    Mnr W Heunis Overberg Agri/MKB

  3. Personalia

    Mnr Pieter Burger word met sy verjaardag gelukgewens.

    Die vergadering wens mnr K Becker van SOILL wat in 'n ernstige ongeluk was, spoedige beterskap toe.

  4. Vasstelling van die sakelys

    Geen verdere sake.

  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 9 Junie 2016 word as gelese beskou en goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. SAGIS Inligting

      Daar word besluit dat die jongste inligting (26 Julie 2016) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word (Maandelikse data en Weeklikse bulletin).

      Voorsitter

    2. Oesskattings

      Neem kennis van die NOK se jongste oppervlakte en produksieskatting soos op 27 Julie 2016 vrygestel, wat ter inligting by die sakelys aangeheg is.

      H Cerfonteyn

    3. Winterreënstreek

      1. Swartland / Suid-Kaap

        Verteenwoordigers rapporteer soos volg:

        • die toestande in die Swartland lyk oor die algemeen goed, alhoewel die noord-westelike dele bietjie swaarder kry;
        • dit is kommerwekkend dat Sclerotinia in die Malmesbury gebied, tot sover as Porterville, voorkom en produsente nie altyd die erns van die situasie besef nie en/of ten spyte van goeie inligting via verskeie kanale nie ernstig genoeg is oor die beheer van die siekte nie;
        • die regte bestuur, tyd en dosis van bespuiting baie belangrik is vir die beheer van die siekte – een bespuiting op die regte tyd behoort goeie resultate te lewer;
        • Canola regdeur die Suid-Kaap en Overberg goed lyk en stande baie goed is (waar daar wel teen Sclerotinia gespuit is);
        • daar sal binnekort met platsny en oes van canola in die Suid-Kaap begin word;
        • Swartstam het wel voorgekom waar ou cultivars geplant is, maar kan deur die regte bestuur beheer word;
        • daar word teen die gebruik van ongeregistreerde middels gewaarsku;
        • canola is gevestig as deel van die wisselboustelsel, maar produsentepryse wat realiseer word, bepaal in 'n groot mate produsente se besluite oor aanplantings.

        Daar word besluit dat voortgegaan word om van verskillende platforms die korrekte bestuur ten opsigte van Sclerotinia aan produsente te kommunikeer.

        Almal

    4. Somerreënstreek / Oos-Kaap / Ander

      Neem kennis dat

      • daar geen canola aanplantings in die Oos-Kaap was nie;
      • dr De Kock oor ander aanplantings in die binneland asook proewe om die regte plantdatum onder besproeiing (Groblersdal, Beestekraal / Brits, Vaalharts) te bepaal, rapporteer;
      • produsente positief is oor die plant van canola in 'n wisselboustelsel in die binneland.

      Dr De Kock

    5. Prysinligting

      Neem kennis dat die waarde van canola afgelei van sojaboonoliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad op 15 Augustus 2016 soos volg daar uitsien:

      47% Proteïen teen 'n waarde van R6 194 per ton teen 'n wisselkoers van R13.41.

      Relatiewe waarde van volvet canola is dus:

      Pluimvee (94%) R5 822 per ton
      Varke (100%) R6 194 per ton
      Suiwel (58%) R3 593 per ton

      Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus:

      Pluimvee (53%) R3 283 per ton
      Varke (65%) R4 026 per ton
      Suiwel (60%) R3 716 per ton
    6. Weervooruitskatting

      Neem kennis dat mnr Cerfonteyn oor die afgelope drie maande se reënval en vooruitskouings vir die volgende drie maande rapporteer. Die Wes-Kaap se damme is 58% vol teenoor 66% die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

      Die ENSO toestande is neutraal en die see-temperature nog onder die langtermyn gemiddeld.

      Die moontlikheid van onder-normale toestande in September en meer normale toestande in Oktober (vergeleke met die langtermyn gemiddeld) word voorspel. Daar heers egter 'n hoë mate van onsekerheid in voorspellings.

      H Cerfonteyn

  7. Navorsing

    1. Nasionale Cultivarproewe 2016/2017

      Aangesien die navorsers nie teenwoordig kan wees nie, kan geen terugvoering rapporteer word nie. Lede het wel die geleentheid om die inligtingsdae en proefbesoeke gedurende Augustus en September by te woon waar volledige terugvoering gegee sal word.

      P Lombard

    2. Biobrandstowwe

      Nuusberigte en tendense in die oliesade en bio-brandstofbedryf vir die kwartaal tot 31 Maart 2016 is ter inligting by die sakelys aangeheg. Dit is teleurstellend dat daar min vordering ten opsigte van die plaaslike bio-brandstofbedryf rapporteer kan word.

    3. Riversdal projek: korter wisselbousiklus

      Dr Strauss sal by die volgende vergadering oor die Riversdal projek insake die effek wanneer canola gouer as die erkende vierjaar-wisselbousiklus op een land geplant sou word, rapporteer.

      J Strauss

  8. Tegnologie oordrag

    1. Canolafokus

      Die laaste Canolafokus het in Junie 2016 verskyn.

      Redaksie

    2. Inligtingsdae 2016

      24 Augustus Riversdalse Inligtingsdag
      25 Augustus Proefbesoeke: Suid-Kaap
      1 September Roodebloeminligtingsdag
      5 September Proefbesoeke: Swartland
      6 September Swartland Proefbesoeke
      6-10 September Moorreesburgskou
      8 September SKOG-dag
      14-17 September Agri Mega Week
    3. Video-opnames

      Neem kennis dat lede enige interessante inligting / videos oor canola-verbouing aan die PNS kantoor moet deurstuur.

      Almal

    4. Oilseeds Focus

      Neem kennis dat 'n afskrif van die Oilseeds Focus ter inligting by die sakelys aangeheg is. Die inligting is ook op die webblad van die PNS en die OPOT beskikbaar.

      G Keun

    5. Canola simposium

      Daar word kennis geneem dat die lede wat die Internasionale Canola Simposium bygewoon het, dit as baie positief en suksesvol ervaar het. Daar was 130 persone per geleentheid teenwoordig. Skriftelike verslae van die sprekers word afgewag.

      G Keun

      Neem kennis van die vraag aangaande hoe die canolaplant onder verskillende klimaatstoestande / vog-inhoud van grond, veral tydens blomtyd, reageer. Daar word versoek dat Prof Agenbag die aangeleentheid verder sal ondersoek en 'n aanbeveling oor verdere optrede/navorsing sal maak.

      Prof Agenbag

  9. Behoeftes van

    1. Mark – canola

      Geen verdere inligting word rapporteer nie.

    2. Produsente – canola

      1. Pryse en agterskotte

        Neem kennis dat

        • SOILL gedurende September 2016 'n verdere agterskot op die 2015 oes betaal – bedrag word nog bereken;
        • SOILL se prysinligting nou op 'n daaglikse basis vir almal beskikbaar is.

        Mnr Le Roux

      2. Canola opbrengskompetisie

        Daar word kennis geneem dat nog inskrywings vir die 2016 Opbrengskompetisie ingewag word – daar sal 15 inskrywings / deelnemers per streek toegelaat word.

        Prof Agenbag

  10. Saad

    Neem kennis dat kommer oor saad wat teruggehou word, uitgespreek word en of alle produsente bewus is van die nadelige gevolge van die gebruik van teruggehoude saad.

    Daar word besluit dat die risiko van die gebruik van teruggehoude saad weer via die nuusbriewe en ander platforms aan produsente kom­munikeer moet word.

    Prof Agenbag

  11. Ander sake

    1. Nuusbrokkies

      Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.

      Almal

    2. Canola tydskrif artikels

      Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.

      Almal

      Daar word kennis geneem en aanbeveel dat wedersydse kommunikasie tussen die canola produsente en byeboere aangemoedig word. Mnr Mike Allsopp is genooi om 'n lys van behoeftes van die byeboere vir publikasie in die Canolafokus te voorsien.

      Almal

    3. Sprekers

      Daar word kennis geneem en aanbeveel dat wedersydse kommunikasie tussen die canola produsente en byeboere aangemoedig word. Mnr Mike Allsopp is genooi om 'n lys van behoeftes van die byeboere vir publikasie in die Canolafokus te voorsien.

      G Keun

  12. Volgende vergadering

    • 24 November.

    Na afloop van die vergadering sal 'n funksie plaasvind waartydens die PNS Boek bekend gestel sal word en die wenners van die Canola Opbrengskompetisies moontlik aangekondig sal word.

    G Keun

  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank vir elkeen se bydrae afgesluit en verdaag.