Notule

Canolawerkgroepvergadering

gehou te Elsenburg op 10 April 2014



  1. Opening en verwelkoming

    Die vergadering word deur mnr Keun met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr J de Kock PNS
    Mnr AP Theron PNS
    Mnr JG Loubser PNS
    Mnr G Keun PNS
    Mnr C Cumming PNS
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr I Slabbert DLWK
    Mnr G Conradie DLWK
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr P Burger Overberg Agri
    Mnr JWP Bruwer SSK
    Mnr P Fouché Phyto Energy
    Mnr M Heydorn CBK
    Mnr J Kellerman Barenbrug
    Mnr F le Roux SOILL
    Mnr L Coetzee Kaap Agri
    Me L Smorenburg DLWK
    Dr J Strauss DLWK
    Mnr JCG van Niekerk MKB
    Prof A Agenbag US
    Mnr C Louw GSA
    Mnr N Hawkins SAGIS
    Me R Beukes NOK
    Prof F Meyer BFAP
    Prof N Kotze US / Agricol
    Dr A Malan US
    Mnr N Raath Experico
    Mnr J Diekman PNS
    Mnr J Loubser Nova Voere
    Mnr Gert Els KKSB
    Mnr K van Tonder PNS
    Me M du Preez PNS
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Verskoning vir afwesigheid

    Dr I Trautman DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Mnr K Becker SOILL
    Dr I Hough  
    Mnr D Hanekom Agricol
    Dr G Tribe  
    Mnr K Bester  
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Dr M Visser GSA
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB

  3. Personalia

    Mnr Jannie Bruwer word geluk gewens met sy aanstelling by Bayer.

  4. Vasstelling van die sakelys

    Geen nuwe sake.

  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 27 November 2013 word as gelese beskou en met wysiging goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. SAGIS Inligting

      Daar word besluit dat die jongste inligting (25 Maart 2014) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word.

      Mnr N Hawkins van SAGIS kry geleentheid om toeligting oor die werksaamhede van SAGIS te verskaf. Die voorlegging is op aanvraag by die PNS kantoor beskikbaar.

      SAGIS is Artikel 21 maatskappy met statutêre magte onder die Bemarkingswet. Befondsing vloei via die graan Trusts. SAGIS samel data in waarvolgens inligtingstukke opgestel word. Geen projeksies mag gemaak word nie.

      Volgens inligting het canola produksie sedert 1999/2000 tot nou met 434% gegroei. Twee-derdes van olies wat in Suid-Afrika gebruik word, word nog ingevoer.

    2. Oesskatting

      Die NOK oppervlakte en produksieskatting soos op 28 Januarie 2014 is ter inligting by die sakelys aangeheg. Me R Beukes kry geleentheid om toeligting oor die werksaamhede van NOK te verskaf. Die voorlegging is op aanvraag by die PNS kantoor beskikbaar.

      NOK het sedert die vorige Werkgroepvergadering die verskil tussen die hersiene oppervlakte skatting vir die winterreënstreek waarvolgens daar in 2013 seisoen 72 165ha hektaar canola geplant is teenoor die landboubesighede se presiese opnames vir die 2013 seisoen waarvolgens daar slegs 65 720ha geplant is, opgevolg.

      Daar word verskillende metodes gebruik om die NOK inligting te verifieer, onder andere lugfoto's opgevolg met besoeke per motor aan die spesifieke lande asook telefoniese opnames en hulle volstaan by die syfer van 72 165ha. Dit blyk dat die groot verskil in syfers in die Hessequa gebied is, waar baie canola vir weiding aangeplant word – NOK se syfers sluit weidingscanola in terwyl die landboubesighede op canola vir oesdoeleindes konsentreer.

      Inligting per landdrosdistrik is addisioneel beskikbaar en kan op aanvraag deur NOK voorsien word.

      H Cerfonteyn

    3. Winterreënstreek

      Swartland / Suid-Kaap

      Daar word rapporteer dat

      • daar 'n 10% styging in aanplantings in die Swartland vir 2014 verwag word – 18 000+ ha;
      • daar 'n 15% styging in aanplantings in die SSK gebied vir 2014 verwag word – 31 000ha;
      • daar 'n 12% styging in aanplantings in die Overberg Agri gebied vir 2014 verwag word – 26 000ha
    4. Somerreënstreek / Oos-Kaap / Ander

      Neem kennis dat geen verdere inligting oor aanplantings in die Oos-Kaap en ander somerreënstreke beskikbaar is nie.

    5. Prysinligting

      Neem kennis dat die waarde van canola afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad op 26 Maart 2014 soos volg daar uitsien:

      47% Proteïen teen 'n waarde van R7 191/ ton teen 'n wisselkoers van R10.77.

      Relatiewe waarde van volvet canola is dus:

      Pluimvee (94%) R6 760 per ton
      Varke (100%) R7 191 per ton
      Suiwel (58%) R4 171 per ton

      Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus:

      Pluimvee (53%) R3 811 per ton
      Varke (65%) R4 674 per ton
      Suiwel (60%) R4 315 per ton
    6. Weervooruitskatting

      Geen weervooruitskatting is beskikbaar nie.

      Besluit dat mnr Cerfonteyn vir volledigheidshalwe moet aandui wat die "normale" reënval per maand per gebied is en ook die temperature vir ooreenstemmende tydperke by die verslag moet insluit.

      Mnr Cerfonteyn

  7. Navorsing

    1. Nasionale Cultivarproewe 2013/2014

      Neem kennis dat

      • die resultate van die 2013 proewe in die Januarie Canolafokus vervat is en aanvaar word;
      • voorbereiding vir die 2014 aanplantings in proses is.

      Mnr Lombard

  8. Tegnologie oordrag

    1. Canolafokus

      Afskrifte van die Canolafokus uitgawes in onderskeidelik Januarie en Maart 2014 was by die sakelys aangeheg.

    2. Inligtingsdae 2014


      Proefbesoek Suid-Kaap 19 Augustus
      SKOG dag 21 Augustus
      Besoeker uit Australië / Swellendam 27 Augustus
      Besoeker uit Australië / Moorreesburg 28 Augustus
      Roodebloem 28 Augustus
      Riversdal 3 September
      Proefbesoek Swartland 9 September
      Agri Mega Week 17-20 September

      Almal

    3. Residu van Sulfoniel-Urea in grond

      Besluit dat die inligting oor residu van sulfonielurea in die grond en onthoudingsperiodes via die Canolafokus aan produsente versprei moet word.

      Redaksie
      Mnr McDermott

    4. Slakskade

      Daar word kennis geneem dat geen nuwe inligting beskikbaar is nie, behalwe dat slakke wat in oestyd op plante voorgekom het probleme met die oesproses en graderings meegebring het.

      Dr Malan

  9. Behoeftes van

    1. Mark – canola

      1. Generiese reklame

        Daar word gerapporteer dat PNS voortgaan met generiese reklame (hele waardeketting).

        Inligtingsakke met alle nodige inligtingsdokumente is by Prof Agenbag beskikbaar.

        Almal

    2. Produsente – canola

      1. Pryse

        Daar word kennis geneem dat 'n agterskort van R350/ton vir die 2013-oes tydens April uitbetaal is en dat die 2014 produsente pryse gedurende Julie bekend gemaak word (bereken volgens die marktendense en wisselkoers).

        Neem kennis en besluit dat die haalbaarheid dat SOILL die produsentepryse voor planttyd bekend moet maak, na die GSA Canola Spesialis Komitee vir bespreking verwys word.

        Mnr Heydorn
        Mnr Louw

      2. Super canolakompetisie

        Die verslae van onderskeidelik die Suid-Kaap en Swartland kompetisies was by die sakelys aangeheg en word deur mnre Loubser en Slabbert toegelig.

        Die Werkgroep se gelukwense word aan die volgende wenners oorgedra:

        Suid-Kaap
        Hoogste opbrengs SFS Boerdery
        Beste bruto marge Langhoogte Plase
        Hoogste opbrengs per mm reënval SFS Boerdery

        Swartland
        Hoogste opbrengs Boet le Roux
        Beste bruto marge Boet le Roux
        Hoogste opbrengs per mm reënval Izak Smith

        Neem kennis en besluit dat voorstelle insake aanpassings in die kompetisie riglyne vir oorweging na die PNS Raad verwys word.

        J Loubser
        I Slabbert
        Voorsitter

      3. Vooruitskatting: 2015 en 2020

        Dr Meyer gee toeligting oor BFAP se berekeninge en vooruitskouing ten opsigte van die uitbreiding van canolaproduksie. Daar moet gestreef word na uitbreiding van aanplantings sowel as verbeterde kultivars vir hoër opbrengs per hektaar Soos die gebruik van baster canola kultivars toeneem, sal opbrengs per hektaar verbeter.

        Op 1 Augustus 2014 word die BFAP 2023 vooruitskouing te Somerset Wes bekend gemaak.

        Phyto Energy beoog 10 000ha aanplantings in 2015 en 440 000ha teen 2020 (Oos-Kaap en Vrystaat) wat hoofsaaklik vir bio-brandstof gebruik sal word.

        Besluit dat mnr Fouché se versoek insake kultivar evaluering vir die droëland areas van die somerreënvalgebiede na die PNS Raad verwys moet word.

        P Fouché
        Voorsitter
        Tegnologiekomitee

  10. Saad

    1. Beskikbaarheid van saad

      Neem kennis dat saadmaatskappye saamwerk om genoeg saad betyds beskikbaar te hê.

      Saadmaatskappye

    2. Saadbehandeling op canola

      Die vergadering bespreek die belangrikheid daarvan dat saad behalwe die behandeling teen saailing-verwelksiektes ook teen insekte behandel moet word.

  11. Ander sake

    1. Terugvoering: Besoek aan Australië

      Die vergadering neem kennis van en aanvaar die verslag oor die PNS afvaardiging se besoek aan Australië einde 2013.

    2. Kruising tussen Ramenas en Canola

      Neem kennis dat die artikel insake die kruising tussen ramenas en canola by die volgende sakelys aangeheg sal word.

      Voorsitter

    3. Nuusbrokkies

      Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.

    4. Canola Tydskrifartikels

      Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.

    5. Sprekers wat oorweeg kan word vir toekomstige Canolawerkgroepvergaderings

      Neem kennis en besluit dat lede voorstelle van moontlike sprekers / onderwerpe vir toekomstige Werkgroepvergaderings aan die kantoor of prof Agenbag kan deurgee.

      Almal

    6. Video-opnames

      Neem kennis dat die PNS kantoor nuwe tegnologie wil aanwend om die boodskap ten beste uit te dra. Lede word versoek om enige interessante video-opnames oor canola aangeleenthede aan die kantoor te voorsien.

      Mnre P Lombard en F le Roux sal die materiaal wat hulle beskikbaar het, aan die kantoor voorsien, wat dit verder sal verwerk.

      Almal
      Me Du Preez

    7. Bemarking van die gebruik van die Doen-dit-Self Inkomste en Kosteramings op die Webblad

      Lede en produsente word aangeraai om van die doen-dit-self inkomste en kosteberamings op die webblad gebruik te maak.

      Almal

  12. Datums van 2014 vergaderings

    Kennis word geneem van die volgende vergaderings, naamlik:

    • Donderdag, 12 Junie 2014;
    • Woensdag, 20 Augustus 2014;
    • Donderdag, 27 November wat geskeduleer is.
  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.