- 27 NOVEMBER 2014
- 20 AUGUSTUS 2014
- 12 JUNIE 2014
- 10 APRIL 2014
Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou te Elsenburg op 12 Junie 2014
Opening en verwelkoming
Die vergadering word deur mnr Scholtemeijer met gebed geopen. Hy verwelkom almal teenwoordig.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr J de Kock PNS Mnr AP Theron PNS Mnr JG Loubser PNS Mnr G Keun PNS Mnr C Cumming PNS Mnr I Slabbert DLWK Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr P Fouché Phyto Energ Mnr F le Roux SOILL Mnr L Coetzee Kaap Agri Mnr DT Wessels GSA Me L Smorenburg DLWK Dr J Strauss DLWK Mnr D Hanekom Agricol Prof A Agenbag US Dr A Malan US Dr S Lamprecht LNR-NIPB Dr G Tribe (PNS) Me L van Zyl Sekretariaat Verskoning vir afwesigheid
Dr I Trautman DLWK Me A Swanepoel DLWK Mnr G Conradie SKOG Mnr P Lombard DLWK Mnr K Becker SOILL Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr C Louw GSA Mnr JWP Bruwer Bayer Mnr JCG van Niekerk MKB / Overberg Agri Mnr M Heydorn CBK Mnr J McDermott Du Pont / Pioneer Mnr P Burger Overberg Agri
Personalia
Mnr Heydorn word 'n spoedige herstel na sy operasie toegewens.
Vasstelling van die sakelys
Geen nuwe sake.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 10 April 2014 word as gelese beskou en goedgekeur.
Algemene oorsig
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die jongste inligting (25 Maart 2014) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word
- Canola supply and demand table (26 Mei 2014) – gelewer 2013/14 seisoen = 111 091ton
- Maandelikse data
- Weeklikse bulletin
Oesskatting
Die NOK oppervlakte en produksieskatting soos op 24 April en 27 Mei 2014 is ter inligting by die sakelys aangeheg:
Voorneme om te plant 2014 = 80 000 ha
Volgens die landboubesighede is die volgende aanplantings gemaak:
Kaap Agri naby 20 000 ha SSK naby 34 000 Overberg Agri naby 30 000 Totaal geskat naby 84 000 ha
Winterreënstreek
Swartland / Suid-Kaap
Daar word rapporteer dat
- aanplantings in die Swartland goed lyk, alles het gelyk opgekom, (min reën in Mei);
- daar verwag kan word dat produsente wat vir die eerste keer canola geplant het, nog deur 'n leerkurwe sal moet gaan;
- aanplantings in die Suid-Kaap goed gevestig het – plae en insekte is redelik onder beheer as gevolg van voorkomende optrede.
Somerreënstreek / Oos-Kaap / Ander
Neem kennis dat klein aanplantings by Beestekraal gemaak is.
Prysinligting
Neem kennis dat die waarde van canola afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad op 28 Mei 2014 soos volg daar uitsien:
47% Proteïen teen 'n waarde van R 6 973/ ton teen 'n wisselkoers van R10.77.
Relatiewe waarde van volvet canola is dus:
Pluimvee (94%) R6 555 per ton Varke (100%) R6 973 per ton Suiwel (58%) R4 044 per ton
Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus:
Pluimvee (53%) R3 696 per ton Varke (65%) R4 532 per ton Suiwel (60%) R4 184 per ton Weervooruitskatting
Neem kennis dat mnr Cerfonteyn soos volg rapporteer:
"El Nino begin effens kop uitsteek, wat moontlik droër somerreënval toestande vir die binneland kan beteken. Die verskynsel kan wel terugkeer na neutrale toestande.
Voorspellings vir die periode Junie tot Augustus:
Volgens SA Weerdiens (27 Mei vrystelling): geen buitengewone reënval vir die Wes-Kaap voorspel en daar is tot 45% kans vir onder normale maksimum temperature in die graangebiede.Volgens Universiteit Kaapstad GFCSA (Mei vrystelling): bo-normale reënval toestande vir Augustus in die Weskus en omringende gebiede."
Besluit dat mnr Cerfonteyn vir volledigheidshalwe moet aandui wat die "normale" reënval per maand per gebied is en ook die temperature vir ooreenstemmende tydperke by die verslag moet insluit.
Mnr Cerfonteyn
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe 2013/2014
Neem kennis dat die nasionale proefaanplantings almal betyds afgehandel kon word en afgesien van nagmuisskade by een proef, die stande baie goed is.
Mnr Lombard
Tegnologie oordrag
Canolafokus
Afskrifte van die April Canolafokus is by die sakelys aangeheg en 'n verdere uitgawe het in Mei verskyn (beheer van slakke en residu van sulfoniel-urea in die grond).
Daar word voorgestel dat die redaksie 'n artikel oor die risikos verbonde aan die afwyking van die aanbevole rotasiestelsel (veral ten opsigte van swartstam) moet oorweeg. Verskillende cultivars het verskillende swartstamweerstandbiedendheid, bestuurstyle sal dus verskil.
Dit is nie seker hoe die swartstam swamme tussen rotasies in die stoppels oorleef nie en watter spesies plaaslik voorkom nie.
Daar is by die Registrateur vir registrasie van die chemiese middel teen swartstam, wat tans beskikbaar is, aansoek gedoen.
Daar word besluit dat prof Agenbag namens die redaksie sal ondersoek instel na die risiko vir siektes, veral swartstam, wanneer daar van die aanbevole wisselbou rotasiestelsel afgewyk sou word, en in die volgende Canolafokus daaroor rapporteer.
A Agenbag
Inligtingsdae 2014
Bewaringslandbou Simposium buite Durbanville 5-7 Augustus Proefbesoek Suid-Kaap 19 Augustus SKOG dag 21 Augustus Besoeker uit Australië / Swellendam 27 Augustus Besoeker uit Australië / Moorreesburg 28 Augustus Roodebloem 28 Augustus Riversdal 3 September Proefbesoek Swartland 9 September Agri Mega Week 17-20 September GSA Graandebat 18 September tydens Agri Mega Week Almal
Residu van Sulfoniel-Urea in grond
Neem kennis dat die inligting oor residu van sulfonielurea in die grond en onthoudingsperiodes in die Mei Canolafokus publiseer is.
Slakskade
Dr A Malan gee toeligting oor die PNS projek insake die gebruik van nematodes vir die biologiese beheer van lewende landslakke, sonder dat dit negatiewe reaksie op die omgewing sal hê. Nematodes is reeds in die buiteland beskikbaar maar daar is nog nie Regeringstoestemming om dit in die land in te bring nie. Daar is deur 'n proses 'n inheemse nematode identifiseer wat sonder risiko vir inheemse slakke (dop- en naakslakke) gebruik kan word. Volgens voorlopige resultate laat die nematode die naakslakke ophou voed en die slakke vrek dan binne ongeveer 21 dae. Die nematode kan net in vogtige omstandighede gebruik word.
Dr Malan sal die vergadering op hoogte van vordering hou.
Dr Malan
Dr Tribe rapporteer oor die groter voorkoms van slakke wat die afgelope tyd aangemeld is. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat dit oor lang periodes (soos die afgelope Mei maand) nie reën en dan weer begin reën. ("stop-start-rain"). Daar moet in gedagte gehou word dat 80% van die sogenaamde slakskade eintlik deur isopode aangerig word. Produsente word weer daarop gewys dat voorkomende maatreëls op die regte tyd die beste beheer verseker.
Daar word ook rapporteer dat die toringslak (wat baie klein is) en duine-slakke wat op die plante voorkom, probleme by oes en graderings meebring.
Graderingsmaatreëls bepaal dat geen lewende insek op canola mag voorkom nie. Beheer van bogenoemde slakke is moeilik omdat hulle op die plant leef en nie met die slakpille op die grond in aanraking kom nie.
Daar word besluit dat dr De Kock lektuur sal nagaan en met die besoeker uit Australië wat die PNS in Augustus besoek, sal konsulteer oor die voorkoms en hantering van toring- en duineslakke elders in die canolaproduserende lande.
Dr De Kock
Behoeftes van
Mark – canola
Generiese reklame
Daar word gerapporteer dat PNS voortgaan met generiese reklame (hele waardeketting).
Inligtingsakke met alle nodige inligtingsdokumente is by Prof Agenbag beskikbaar.
Lede word versoek om enige interessante video-opnames oor canola aangeleenthede aan die kantoor te voorsien, wat dit sal verwerk vir verspreiding via die sosiale media.
Almal
Produsente – canola
Pryse
Neem kennis dat die haalbaarheid dat SOILL die produsentepryse voor planttyd bekend moet maak, na die GSA Canola Spesialis Komitee vir bespreking verwys is.
Mnr Heydorn
Mnr LouwSuper canolakompetisie
Daar word kennis geneem dat die PNS Raad 'n ander benadering ten opsigte van die kompetisie ondersoek.
J Loubser
I Slabbert
VoorsitterMnr Fouché se versoek insake cultivar evaluering vir die droëland areas van die somerreënvalgebiede is na die PNS Raad verwys.
Voorsitter
Saad
Beskikbaarheid van saad
Neem kennis dat saadmaatskappye saamwerk om genoeg van die saad van keuse betyds beskikbaar te hê. Daar was genoeg saad die afgelope planttyd beskikbaar, alhoewel produsente in enkele gevalle nie die saad van voorkeur kon kry nie. Klein hoeveelhede saad is nie opgeneem nie.
Op navraag word daar rapporteer dat die grootste persentasie cultivars wat geplant word baster cultivars is en dat die meeste saadmaatskappye net baster cultivars verkoop.
Saadmaatskappye
Saadbehandeling op canola
Die belangrikheid daarvan dat saad behalwe die behandeling teen saailing-verwelk-siektes ook teen insekte behandel moet word, word weer beklemtoon. Produsente/maatskappye moet seker maak waarvoor saad reeds behandel is wanneer dit ingevoer word, voordat addisionele behandeling toegepas word.
Daar word gesê dat weens die verskil in saadbehandeling, produksie metodes en planters gebruik, die persentasie van die plante wat opkom teenoor die saad wat gesaai is, per plaas verskil. Daar is 'n aansienlike verskil tussen die plante wat opkom teenoor die saad (korrels) wat gesaai is.
Ander sake
Kruising tussen Ramenas en Canola
Neem kennis dat die artikel insake die kruising tussen ramenas en canola ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Nuusbrokkies
Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Canola tydskrif artikels
Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Sprekers wat oorweeg kan word vir toekomstige Canolawerkgroepvergaderings
Neem kennis en besluit dat lede voorstelle van moontlike sprekers / onderwerpe vir toekomstige Werkgroepvergaderings aan die kantoor of prof Agenbag kan deurgee. Toeligting oor gesondheidsvoordele van canola vir menslike gebruik asook aanwending van oliekoek vir dierlike gebruik, is voorbeelde.
Almal
Datums van 2014 vergaderings
Kennis word geneem van die volgende vergaderings, naamlik:
- Woensdag, 20 Augustus 2014;
- Donderdag, 27 November wat geskeduleer is.
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.