- 5 OKTOBER 2010
- 27 JULIE 2010
- 29 APRIL 2010
- 10 MAART 2010
- 26 JANUARIE 2010
Notule
Sojawerkgroepvergadering
gehou om 10h00 op 10 Maart 2010 in die Raadsaal van die Proteïennavorsingstigting, Rivonia
Opening
Die vergadering word met gebed geopen deur Mnr GTduT Keun.
Verwelkoming
Die Voorsitter, Mnr GJH Scholtemeijer, heet almal welkom by die tweede vergadering van die Sojawerkgroep van die jaar.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer Voorsitter Mnr JSG Joubert Visevoorsitter: PNS Me R Beukes Nasionale Departement Landbou Mnr J Botma Produsent: Noord-Vrystaat Dr P Caldwell Universiteit van KwaZulu-Natal Mnr D Cronjé Produsent: Mpumalanga Mnr GP de Beer PNS-kontrakteur Dr J de Kock PNS Dr J Dreyer LNR-IGG Mnr CJ du Plessis Produsent: KwaZulu-Natal Mnr J Erasmus LNR-IGG Mnr G Farr RNRF Dr M Griessel PNS Mnr C Havenga PNS-kontrakteur Mnr ID Lamprecht Dept Landbou: Mpumalanga Mnr E Maree PNS-kontrakteur Mnr FAS Potgieter PNS/GraanSA Mnr WF van Wyk PNS-kontrakteur Mnr G Keun Hoof Uitvoerende Beampte Me E Harmse Sekretariaat Verskonings
Mnr P Botha GraanSA Mnr L Büchner Kanhym-Landgoed Me A Enslin SAGIS Mnr A Gouws Landbouweekblad Mnr MT Prinsloo LNR-IGG Mnr G Roos Produsent: Mpumalanga
Personalia
Die PNS word gelukgewens met die uitbreiding van sojaboonproduksie.
Vasstelling van die sakelys
Die sakelys word aanvaar sonder enige wysigings of toevoegings.
Goedkeuring van notule
Notule van die Sojawerkgroepvergadering van 26 Januarie 2010
Besluite:
- Dat die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep gehou op 26 Januarie 2010 as gelese beskou en goedgekeur word.
- Dat die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep gehou op 26 Januarie 2010 na die Bemarkingskomitee verwys word vir plasing op die webblad van die PNS.
Algemene oorsig
Oesskatting
Die Voorsitter stel die mediavrystelling gedateer 23 Februarie 2010, rakende die oppervlakte- en eerste produksieskatting van somergewasse vir die 2009-2010 produksieseisoen, asook 'n dokument waarin toeligting verskaf word op die 2009-2010 sojaboonproduksieseisoen, ter tafel. Hy stel Me Beukes aan die woord.
Me Beukes sê die grootte van die verwagte kommersiële sojaboonoes vir die 2009-2010 produksieseisoen word op 586 950 ton gestel, wat sover die hoogste produksie gerapporteer is vir Suid-Afrika, met 'n naashoogste produksie van 516 000 ton die vorige seisoen. Sy meld interessantheidshalwe dat die verwagte plaaslike sojaboonoes vir die eerste keer hoër is as die grootte van die verwagte plaaslike sonneblomoes. Sy noem voorts dat die verwagte oes 247 000 ton of 73% hoër is as die afgelope vyf jaar se gemiddelde oes van 339 000 ton, en 321 000 ton, of 121% hoër as die afgelope tien jaar se gemiddelde oes van 265 916 ton.
Me Beukes rapporteer voorts, en sê die skatting van die oppervlakte onder sojabone beloop 308 950 hektaar, wat 71 200 hektaar of 30% hoër is as die vorige seisoen se oppervlakteskatting van 237 750 hektaar. Sy sê dié oppervlakte is ook 113 606 hektaar of 58% hoër as die afgelope vyf jaar se gemiddelde oppervlakte beplant van 195 344 hektaar, en 152 556 hektaar of 98% hoër as die afgelope tien jaar se gemiddelde oppervlakte beplant van 156 394 hektaar.
Me Beukes meld dat die geskatte gemiddelde opbrengs vir die 2009-2010 produksieseisoen te staan kom op 1,9 ton per hektaar teenoor die vorige seisoen se rekordopbrengs van 2,17 ton per hektaar, aangesien voorsiening gemaak is vir waterskade. Sy sê die opbrengstendenslyn is sedert die 1999-2000 produksieseisoen redelik stabiel oor tyd, met 'n vyfjaargemiddeld van 1,71 ton per hektaar, en 'n tienjaargemiddeld van 1,67 ton per hektaar.
Me Beukes sê volgens die Oesskattingskomitee se Februarieskatting vir die 2009-2010 produksieseisoen, het 47% van die kommersiële oppervlakte beplant met sojabone in Mpumalanga plaasgevind, 31% in die Vrystaat, 10% in KwaZulu-Natal, 5% in Limpopoprovinsie en die oorblywende 7% in die ander provinsies.
Me Beukes noem dat die oppervlakte beplant met sojas in Mpumalanga aansienlik toegeneem het vanaf die nagenoeg 11 000 hektare wat in 1987-1988 aangeplant is tot die huidige geskatte soja-oppervlakte van 145 000 hektare aldaar. Sy sê die soja-oppervlakte in daardie provinsie het met 20 000 hektare toegeneem teenoor die vorige produksieseisoen. Sy meld egter dat die mees dramatiese styging in soja-oppervlakte in die Vrystaat ondervind is, met die soja-aanplantings wat met 40 000 hektare toegeneem het teenoor die vorige produksieseisoen.
Me Beukes gee aan die hand van 'n grafiek 'n uiteensetting van die opbrengs van sojabone vir die afgelope vyf produksieseisoene in die vernaamste sojaprovinsies, naamlik Mpumalanga, die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes. Sy sê die gemiddelde opbrengste in Mpumalanga en die Vrystaat wissel tussen 1,5 en 1,8 ton per hektaar, terwyl KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes se gemiddelde opbrengs wissel tussen 2,5 en 3 ton per hektaar.
Me Beukes noem dat sy ook 'n grafiek opgestel het wat die verhouding aandui tussen sojabone en mielies vir die 2007-2008 en 2009-2010 produksieseisoene, met ander woorde, die oppervlakte beplant met sojabone uitgedruk as 'n persentasie van die som van die oppervlakte beplant met sojabone en mielies. Sy sê in 2007-2008 was die verhouding tussen sojabone en mielies 4% teenoor die huidige 8%, in KwaZulu-Natal 18% teenoor die huidige 25%, in Mpumalanga 14% teenoor die huidige 23%, en in Limpopo 12,5% teenoor die huidige 27%.
Me Beukes bevestig op navraag van Dr De Kock dat data wél beskikbaar is rakende die persentasie besproeiingsoppervlakte in Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal. Dr De Kock verduidelik dat die hoër gemiddelde opbrengs per hektaar in daardie provinsies waarskynlik grootliks te danke is aan verbouing onder besproeiing.
Die Voorsitter bedank Me Beukes vir die waardevolle insette wat sy gelewer het.
SAGIS
(Besluit 7.2.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Kennis word geneem van die uitgawe van die SAGIS Markinligtingsdokument gedateer 10 Maart, die Weeklikse Bulletin gedateer 23 Februarie, en van die Maandelikse Bulletin, gedateer 19 Februarie 2010.
Die Voorsitter sê ondersoek sal ingestel word na die moontlikheid om SAGIS te versoek om data te publiseer rakende die aanduidende uitvoer-pariteitsprys van sojabone.
Besluit:
- Dat ondersoek ingestel word na die moontlikheid om SAGIS te versoek om data te publiseer rakende die aanduidende uitvoerpariteitsprys van sojabone.
Voorsitter
- Dat ondersoek ingestel word na die moontlikheid om SAGIS te versoek om data te publiseer rakende die aanduidende uitvoerpariteitsprys van sojabone.
Provinsies
KwaZulu-Natal
Die Voorsitter sê volgens die Oesskattingskomitee se eerste produksieskatting is 30 000 hektare sojas in KwaZulu-Natal aangeplant, en word 'n opbrengs van 84 000 ton sojabone verwag.
Mnr Du Plessis sê toestande gedurende die afgelope week het 'n nadelige effek op landbougewasse gehad, veral in die groot produksiegebiede van Winterton en Bergville. Hy noem dat die produsente begin het om mielies af te sny vir kuilvoer. Hy sê 'n groot deel van die soja-oes het egter begin vol maak, vertoon die sojas in Normandien en Vryheid nog goed, en voorsien hy dat die verwagte soja-oes gemiddeld eerder as bo-normaal sal wees. Hy is van mening dat meer as 'n derde van die sojas in KwaZulu-Natal onder besproeiing verbou word.
Mnr Havenga sê die verwagte opbrengs van 84 000 ton is gebaseer op die gemiddelde opbrengs van 2,8 ton per hektaar, wat in die vorige produksieseisoen behaal is. Hy is die mening toegedaan dat dieselfde prestasie nie in die huidige seisoen behaal sal word nie, weens droogteskade, veral in Winterton en Bergville. Hy sê die sojas lyk oor die algemeen goed in die Dundee-gebied, asook sekere gedeeltes van Vryheid en in Normandien, alhoewel versuiping voorgekom het op sekere plekke.
Dr De Kock noem dat hy tydens die besoeke aan die cultivarproewe waargeneem het dat die sojas in die Natalse Middellande besonder mooi vertoon. Mnr Du Plessis is in ooreenstemming hiermee, maar wys daarop dat die Middellande 'n baie klein gebied beslaan.
Mpumalanga en Gauteng
Die Voorsitter sê volgens die Oesskattingskomitee is 'n oppervlakte van 145 000 hektare sojas aangeplant in Mpumalanga, en word 'n totale opbrengs van 246 500 ton verwag.
Mnr Lamprecht is in ooreenstemming met die Oesskattingskomitee se gemiddelde oesskatting van 1,7 ton per hektaar vir Mpumalanga. Mnr Van Wyk sê goeie reën het die vorige week geval in daardie dele van Mpumalanga waar hy besoek afgelê het, wat verligting sal bring vir die sojabone wat nog bietjie jonk is, en nou peul vul. Hy is van mening dat die koue wat tydens Desember voorgekom het, meer skade veroorsaak het as wat die meeste produsente besef het, aangesien die sojabone nie hoogte gekry het nie, en baie skade ervaar word met peule wat nie opgetel word deur die stroper nie.
Mnr Cronjé sê die oesskatting wat op 23 Februarie gepubliseer is, is gebaseer op toestande soos aan die einde van Januarie. Hy noem dat Mpumalanga vanaf die einde van Januarie 'n weeklange droogte ervaar het, met ontsettend hoë dagtemperature, en die sojas letterlik gevrek het binne in die land, weens die feit dat behoorlike wortelontwikkeling nie plaasgevind het nie, as gevolg van die gunstige toestande vroeg in die seisoen. Hy sê die koue wat in Desember voorgekom het, en die oormatige reën, het baie skade veroorsaak. Hy noem dat weke verbygegaan het wat die son skaars geskyn het in daardie provinsie, en is dit 'n welbekende feit dat sojas gevoelig is vir lig. Hy sê die gemiddelde opbrengs wat behaal is met die sojas wat die vorige dag op sy plaas gestroop is, was 1,5 ton per hektaar. Hy noem dat gebiede in die verre ooste van Mpumalanga, soos Ermelo, Hendrina, Morgenzon, Amersfoort en Dirkiesdorp, erge versuipskade gehad het. Hy sê sake word verder bemoeilik deur 'n geweldige onkruidprobleem, aangesien die lande te nat was om bespuitings toe te dien. Hy is die mening toegedaan dat groot gedeeltes nie gestroop sal word nie, maar eerder as veevoer afgewei sal word in die winter. Hy beskou die oesskatting vir Mpumalanga as effe hoog.
Die Voorsitter noem dat Mnre Büchner en Van der Westhuizen hom ingelig het dat die sojas mooi lyk, waar hulle boer. Mnr Cronjé is in ooreenstemming dat sojabone in gedeeltes van Mpumalanga mooi vertoon.
Mnr Keun rapporteer by monde van Mnr Büchner, en sê Mnr Büchner het laat weet dat die 2009-2010 soja-aanplantings, waarmee 'n aanvang reeds op 8 Oktober 2009 geneem is, in die begin baie stadig gevorder het, en dat hy die moontlike oorsaak toeskryf aan baie bewolkte dae, beperkte hitte-eenhede en haelskade wat in die Middelburg-omgewing ondervind is. Hy meld egter dat die prentjie vanaf Januarie verander het, toe meer sonskyndae en goeie reën ondervind is. Hy sê Februarie se reënval was onder die langtermyngemiddelde, maar steeds voldoende. Hy noem dat hoë temperature en geen reën gedurende die laaste gedeelte van Februarie en die eerste gedeelte van Maart hul tol begin eis het, gedeeltes van sojalande se blare begin omdop het en tekens van verdroging opgemerk is, maar 'n bui reën van nagenoeg 30mm op 5 Maart sake verander het. Hy sê Mnr Büchner is op dié stadium steeds positief vir 'n goeie opbrengs, en het hy ook gemeld dat oesskattings gedurende April op Kanhym gedoen gaan word om opbrengste te bepaal.
Die Voorsitter noem dat Dr Dreyer per geleentheid opgemerk het dat die grootste potensiaal verhoudingsgewys vir sojas in Gauteng lê. Mnr De Beer sê die sojas vertoon tans goed in daardie provinsie. Mnr Van Wyk noem dat daar wél dele is waar versuiptoestande voorgekom het. Hy sê sojas is in die huidige produksieseisoen aangeplant in gebiede waar hy nog nie vantevore sojas gesien het nie.
Noordwes- en Limpopoprovinsie
Die Voorsitter meld dat die oppervlakte onder sojas in Noordwes-provinsie geskat word op 9 000 hektaar, en word 'n opbrengs van 25 200 ton verwag. Hy sê in die Limpopoprovinsie is 'n geskatte 16 500 hektare beplant met sojas, en word 'n opbrengs van 46 200 ton verwag.
Mnr Potgieter sê sojabone word hoofsaaklik onder besproeiing verbou in sy gebied, en vertoon die sojas tans goed. Hy meld egter dat die produsente probleme gehad het net nadat die rivier in vloed was, met pompe wat opgetrek moes word, en hitte wat 'n week daarna ervaar is. Hy vermoed egter dat daar nie veel skade gely sal word nie, en spreek die hoop uit dat sy vermoede korrek bewys word. Hy is die mening toegedaan dat die oesskatting sal realiseer.
Dr De Kock doen aan die hand dat die potensiaal vir sojas in Noord-wes, waar 795 000 hektare se mielies en slegs 9 000 hektaar sojas aangeplant is, bereken word. Dr Dreyer is van mening dat sojaverbouing onder besproeiing in Noordwes kan uitbrei, maar dat soja-verbouing op droëland aldaar nie snelle uitbreiding sal toon nie. Hy sê Noordwes beleef uiterstes van temperature, en kan 'n tydperk van droogte problematies wees. Hy doen aan die hand dat daar vir eers gefokus word op gebiede onder besproeiing en ook op die oostelike gebiede.
Mnr Potgieter rapporteer dat produsente in Ottosdal aangedui het dat hulle sou belangstel om sojas te plant, maar voeg by dat hy nie seker is of daardie produsente wél sojas aangeplant het nie. Mnr De Beer noem dat drie nuwe toetreders sojas as wisselbougewas aangeplant het in die Potchefstroom-omgewing, en is drie spilpunte in daardie gebied aangebring. Hy sê verder wes is daar nie veel soja-aanplantings nie.
Die lede is in ooreenstemming dat die Oesskattingskomitee se oppervlakteskatting ten opsigte van hierdie verbouingsgebiede in die kol is.
Vrystaat
Die Voorsitter sê volgens die Oesskattingskomitee het die oppervlakte onder sojas toegeneem vanaf die vorige seisoen se 55 000 hektre na 95 000 hektare, en word 'n opbrengs van 161 500 ton sojas verwag.
Mnr Botma sê hy het tydens die vorige vergadering rapporteer dat daar nie noemenswaardige uitbreiding in sojaverbouing in die Noord-Vrystaat is nie, hoewel daar 'n aantal nuwe toetreders is, wat met klein aanplantings begin het. Hy noem dat hy die vorige dag deur 'n verteenwoordiger van 'n groot landboumaatskappy, wat 'n groot deel van die Vrystaat en ook 'n gedeelte van Noordwes bedien, ingelig is dat die aanplantings aldaar uitgebrei het vanaf die vorige jaar se 3 000 hektare na 7 000 hektare in die huidige seisoen. Hy voeg egter by dat sy sojas waterskade opgedoen het, dat hy bietjie laat geplant het, maar hoop om dieselfde opbrengs as die vorige jaar te realiseer. Hy sê die reën val kol-kol in die noordelike Vrystaat, en het hy waargeneem dat van die blommetjies heeltemal afspeen.
Mnr Maree rapporteer oor die oostelike gedeelte van die Vrystaat. Hy sê die Warden-Bethlehemomgewing, veral Kransfontein, beleef erge vogstremming op die huidige stadium. Hy noem dat Kestell onder vogstremming gebuk gegaan het, maar dat die sojas aldaar beter vertoon na die onlangse reën. Hy is van mening dat die besproeiingsgedeeltes van Fauresmith oor potensiaal beskik, en het 'n Mnr Du Plessis aangedui dat hy beplan om sojas aldaar aan te plant in die komende seisoen. Hy bevestig op navraag van Mnr Joubert dat hy Mnr Du Plessis van die nodige inligting sal voorsien. Hy vind die hoeveelheid sojas wat aangeplant is tussen Fouriesburg en Clarens verbasend, en voer aan dat die produsente sojas aanplant weens vee- en mieliediefstal.
Mnr Cronjé noem dat hy heelwat kontakte het in die Noord-Kaapse besproeiingsgebied, en sê die nie-winsgewendheid van koringproduksie dwing die produsente in daardie gebied na sojas. Hy sê die produsente het tot die besef gekom dat sojas die ideale wisselbougewas is, en is daar geweldig baie belangstelling in sojaverbouing in daardie gebied. Dr Dreyer sluit hom aan by Mnr Cronjé, en sê mielie-opbrengste van 13 ton en meer per hektaar is nie ongewoon in daardie omgewing nie, en word nagenoeg daardie hoeveelheid materiaal op die grond agtergelaat. Hy noem dat die produsent te kampe het met 'n baie groot hoeveelheid stoppel, indien koring en mielies in 'n wisselboustelsel geplant word, en sou sojas in 'n verminderde bewerkingstelsel in wisselbou met mielies baie goed inpas in die sisteem. Hy sê mens sou 'n raaiskoot kon waag oor die potensiaal vir sojas in die Noord-Kaapse besproeiingsgebied indien duidelikheid bekom kan word oor die aantal hektare wat dié gebied beslaan.
Oos-Kaap, Noord-Kaap en Suidwestelike Distrikte
Mnr Erasmus noem dat die Departement Landbou: Oos-Kaap baie belangstel in sojaverbouing, veral ten opsigte van die Kokstadgebied, waar groot aanplantings na bewering reeds gedoen is, en verdere aanplantings verwag word. Hy sê die Departement het aangedui dat hulle graag die LNR sou wou betrek by cultivarproewe.
Mnr Farr rapporteer dat AsgiSa (Accelerated and Shared Growth Initiative for South Africa) nagenoeg 400 hektaar sojas aangeplant het, en dat die plantpopulasie en die plantestand bevredigend was, hoewel die aanplanting baie laat gedoen is. Hy sê AsgiSa beoog om ongeveer 4 000 hektaar sojas aan te plant in die volgende produksieseisoen, en dat hy hulle bygestaan het met die identifikasie van geskikte areas en dies meer.
Mnr Farr noem dat hy onlangs besoek afgelê het by die kommersiële sojaprodusente in Maclear, waar die produsente 'n wisselboustelsel met sojas en mielies volg, en 'n gemiddelde opbrengs van tussen 2,5 en 3 ton per hektaar verwag. Hy sê daar is bepaald toenemende belangstelling in Griekwaland-Oos, Maclear en Elliot. Hy noem dat daar ook klein aanplantings is in die Sondags- en in die Visriviervallei, waar ontkieming in die slikgronde die grootste uitdaging is.
Dr De Kock noem dat Mnr Arathoon die nasionale cultivarproef te Cedara hanteer, waar twee plantdatums gebruik word. Hy sê Mnr Arathoon het aanbeveel dat die een plantdatumproef geskuif word na Kokstad, en sou hy aan die hand doen dat gemelde aanbeveling verwys word na die Tegnologiekomitee.
Besluit:
- Dat Mnr Arathoon se aanbeveling dat die een plantdatumproef te Cedara na Kokstad geskuif word, na die Tegnologiekomitee verwys word vir oorweging.
Mnr Keun
Tegnologiekomitee
- Dat Mnr Arathoon se aanbeveling dat die een plantdatumproef te Cedara na Kokstad geskuif word, na die Tegnologiekomitee verwys word vir oorweging.
Weer- en klimaatsvooruitskouing
Die Voorsitter sê die weer en klimaat is tans baie onvoorspelbaar weens die El Niño-verskynsel, en sou dit nie sinvol wees om op die huidige veel debat daaroor te voer nie.
Mikpunte – 2015
Die Voorsitter sê die PNS hou steeds by sy ideaal om een miljoen ton sojabone teen die jaar 2015-2016 te produseer, wat 'n produksietoename van 100 000 ton per jaar sou impliseer. Hy noem dat die PNS moontlik gelukkig was, met die uiters belowende wegspringslag wat in die eerste en moeilikste jaar bereik is, en wil dit voorkom asof die ideaal nie onbereikbaar is nie.
Die Voorsitter noem dat hy die afgelope tyd tydens sy bywoning van verskillende boeredae, die GraanSAkongres en dies meer, tot die besef gekom het dat die damwal ten opsigte van sojaproduksie gebreek het. Hy sê gesien in die lig van die groot mielie-oes, sou hy verbaas wees indien mieliepryse 'n ommekeer sou beleef, en het Dr Griessel ook per geleentheid genoem dat sojapryse tans uitplat. Hy verneem na die lede se siening van die pad vorentoe vir sojas, wat na sy mening, tans besig is om opwaarts te neig. Hy sê Dr Dreyer het vroeër verwys na die meriete van sojas in 'n wisselboustelsel met mielies, die koringbedryf die afgelope tyd bloedneus geslaan is, en heers daar tans nog onsekerheid of koringpryse in 'n mate gestut sal word deur die instel van tariewe.
Mnr Cronjé noem dat hy die afgelope vier jaar 'n vaste beleid volg van een derde sojas, twee derdes mielies, en dat dié benadering vrugte afwerp in die beheer van produksie-insette. Hy sê egter dat die prys wat vir die produk behaal word, uiteindelik die deurslaggewende faktor sal wees, dat boerdery 'n besigheid is, en dat die produsent rendement op sy kapitaal moet kry, wat al hoe moeiliker word, al is heelwat vordering behaal met verminderde bewerking, en dies meer. Hy spreek die gedagte uit dat hy op die veefaktor sal uitbrei, en meer gewasproduksie deur die vee sal stoot. Hy is van mening dat 'n verbreding van die mark die oplossing vir die probleem sou bied, en sê waardetoevoeging op die plaas sal hier 'n rol speel, hoewel daar ook beperkings is op die hoeveelheid graan wat op dié manier verwerk kan word. Hy sê die tyd het aangebreek dat met uitgestrekte hande gereik moet word na die klein vlammetjie wat ten gunste van hernubare brandstowwe aangesteek is. Hy is die mening toegedaan dat hernubare brandstowwe 'n volhoubare toekoms vir akkerbouproduksie tot gevolg sal hê.
Mnr Potgieter sluit hom aan by Mnr Cronjé, en sê daar is veral in die Vrystaat toenemend belangstelling in die uitbreiding van die veefaktor. Hy sê dit is vir hom verblydend dat die sojaboonprys sywaarts neig, en nie onderworpe is aan dramatiese dalings of stygings nie. Hy noem dat die uitvoerpariteitsprys van mielies tans beweeg na R905, en dit nie vir hom duidelik is hoe mielies teen daardie prys aangeplant kan word nie. Hy is die mening toegedaan dat wisselbou met sojas en mielies gekom het om te bly, en sal uitbrei, weens verhoogde verskansing en verbeterde kontantvloei wat op dié manier bewerkstellig word. Hy sê produsente sal nie minder kan plant nie, en móét plant, anders sal hul besighede tot 'n stilstand kom. Hy voer aan dat 'n koringtarief veral in die Kaap verligting sal bring, en spreek die oortuiging uit dat die groei in sojaproduksie volhoubaar is.
Mnr Botma noem dat hy beplan om weg te beweeg van sonneblom ten gunste van sojas. Hy sê die huidige jaar se pryse en opbrengste van sojas sal bepaal of nuwe toetreders betrokke sal raak in die bedryf, en moet die moontlikheid van nismarkte oorweeg word, aangesien pryse tans bepaal word deur die veevoerbedryf.
Dr Griessel sê die vervoerdifferensiaal van toepassing in Hoopstad beloop tans R200, R220 per ton mielies, en impliseer dit 'n SAFEX-prys van R1 100 per ton en 'n produsenteprys van R900 per ton. Hy beskou dit as voordelig dat sojas nie onderworpe is aan 'n vervoerdifferensiaal nie. Hy noem dat hy die afgelope tyd heelwat navrae ontvang oor die hittebehandeling en verwerking van sojabone.
Mnr Joubert sê hy deel Mnre Cronjé en Potgieter se sentimente. Hy is van mening dat drie faktore die sukses van sojas vorentoe sal bepaal, naamlik prysverhoudings, die voordele wat sojas in 'n wisselboustelsel bied, en die regering se tariefbeleid. Hy sê die prysverhoudings is tans baie gunstig ten opsigte van sojas, en is alle aanduidings dat dit nie in die mediumtermyn gaan verander nie. Hy noem dat die voordele van sojas in wisselbou gekwantifiseer moet word, sodat die produsente oortuig kan word dat 'n vaste wisselboustelsel benodig word, aangesien kleinere prysverhoudings nie die produsent sal laat afwyk van sy stelsel nie. Hy spreek die hoop uit dat die regering nie sal torring aan die tariefbeleid nie, aangesien die PNS teenspoed sal optel indien die regering sou besluit om tariewe op die invoer van vleis, suiwelprodukte en dies meer te skrap. Hy sê sover dit hom betref is die klimaat al faktor wat werklik 'n invloed sal hê op sojaverbouing.
Mnr Van Wyk noem dat heelwat produsente beweeg na 'n stelsel van een derde sojas en twee derdes 'n ander gewas, of selfs vyftig:vyftig stelsels volg. Hy sê die toenemende belangstelling in sojaverbouing word vir hom bevestig deur die groot aantal versoeke wat hy ontvang vir bemestingsaanbevelings. Hy spreek sy optimisme uit oor 'n volhoubare groei in sojaboonproduksie.
Dr Dreyer voer aan dat enige aksie 'n kritiese massa benodig, en het soja-verbouing die kritiese massa verbygesteek, aangesien 'n hele aantal verkoopsargumente ten gunste van sojas aangevoer kan word. Hy spreek die oortuiging uit dat sojaverbouing om verskeie redes gaan groei, en lê die uitdaging daarin om die akkerboupluspunte ten opsigte van sojas wyd te propageer. Hy benadruk die belangrike bydrae wat sojas lewer ten opsigte van produksiestabiliteit en kontantvloei. Hy sê daar is sonder twyfel hektare beskikbaar vir die uitbreiding van sojaverbouing, en het een van die groot Amerikaanse saadmaatskappye ook aangedui dat hulle beoog om sojaproduksie 'n hupstoot te gee met die sogenaamde Accelerated Yield Technology (AYT). Hy meen dat die onlangse kartering van die sojaboon-genoom die uitbreiding van sojaproduksie verder sal ondersteun.
Mnr Havenga sê hy het na aanleiding van gesprekke met produsente en verteenwoordigers van chemiese maatskappye tot die besef gekom dat sojaverbouing in die noorde van KwaZulu-Natal gaan uitbrei. Hy is van mening dat sojaverbouing sal toeneem namate produsente verminderde bewerkingspraktyke toepas.
Mnr Farr rapporteer dat Rainbow Nation Renewable Fuels (RNRF) die behoefte identifiseer het om 'n uitvoermark vir sojas te ontwikkel tot tyd en wyl die RNRF-aanleg in werking gestel is. Hy sê buitelandse kopers sou inligting wou bekom oor die tipes kontrakte wat die produsente sou verkies, en sou hy die lede se insette in dié verband waardeer. Mnr Erasmus spreek die oortuiging uit dat prys die belangrikste aspek vir produsente is.
Markaangeleenthede
Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik
Dr Griessel gee 'n oorsig van die plaaslike en internasionale situasie in die sojaboonmark, en sê ten spyte van die wydverspreide voorkoms van roes en ander siektes voorspel Oil World steeds 'n opbrengsverhoging van 31,4 miljoen ton sojas in Suid-Amerika gedurende 2010. Hy noem dat Oil World in hul gewysigde skatting die wêreldproduksie van sojas vaspen op 253,8 miljoen ton gedurende 2009-2010, wat 41,6 miljoen ton meer is as die buitengewone lae produksie wat behaal is in 2008-2009.
Dr Griessel sê daar word egter verwag dat die produksie van die ander ses oliesade gesamentlik 5,5 miljoen ton laer sal wees gedurende 2009-2010. Hy noem dat dié verlaging te wyte is aan 'n daling van 3,6 miljoen ton sonneblom, 2,3 miljoen ton katoen en 1,8 miljoen ton grondbone, wat 'n gesamentlike daling van 7,7 miljoen ton is. Hy meld egter dat 'n rekordoes van 59,6 miljoen ton raap- of canolasaad verwag word, wat 'n 1,6 miljoen ton verhoging is teenoor die vorige jaar se 58,07 miljoen ton, terwyl palmolie met nagenoeg 0,6 miljoen ton toegeneem het.
Dr Griessel sê met die verlaging van 1,2 miljoen ton in die produksie van sonneblomolie, sal die plantoliemark in 'n groot mate afhanklik wees van verhoogde sojaboonolieproduksie om hierdie tekort aan te vul. Hy noem dat Oil World die mening toegedaan is dat sojaboonolieproduksie in die periode April tot September 2010 met 1,6 miljoen tot 1,7 miljoen ton kan toeneem. Dit beteken dat 9 tot 10 miljoen ton addisionele sojabone gepers sal moet word om die 1,6 tot 1,7 miljoen ton sojaboonolie te voorsien. Hy sê die pers van 9 tot 10 miljoen ton sojabone sal 7 miljoen ton soja-oliekoek lewer, en mag persers probleme ondervind om hiervan ontslae te raak.
Dr Griessel noem dat die verhoogde produksie van 1,6 miljoen ton sojaboonolie groot mag lyk, maar moet dit besef word dat 'n groot gedeelte hiervan geabsorbeer sal word deur die stygende produksie van biodiesel, veral in Argentinië en Brasilië. Hy sê Oil World som die plantoliesituasie soos volg op, en haal aan "Within the group of vegetable oils we see sunflower oil as the price leader upwards due to sharply lower world supplies in March to August 2010. Rape oil will benefit and be pulled up by the appreciating sun oil prices. Also, soya oil should be trading at a higher price level in April/June, while we expect only limited upward potential for palm oil prices, if actual production turns out close to our estimates."
Dr Griessel sê ten opsigte van oliekoek, som Oil World soos volg op "From April onward, soybean crushings will increasingly be influenced by rising demand for soy oil, creating excessive supplies of soya meal. We expect considerable price pressure in soya meal in the months ahead, with Rotterdam prices of Argentinian pellets set to decline to an average of US$300 per ton in April/June 2010. Due to the dominance of soya meal in the protein sector, the bearishness will spill over and sizeably pull down prices of rape meal, sun meal, fish meal and other oil meals."
Dr Griessel gee 'n uiteensetting van die afgeleide produsenteprys vir sojabone, soos uiteengesit in die tabel wat volg, waarna die Voorsitter hom bedank vir insette gelewer.
Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban soos op 9 Maart 2010 Verskeping: R3 189 | Wisselkoers: R7.37/US$ Geland Durban 47% proteïen oliekoek 2 898.00 Vervoer na Randfontein (per ton) 260.00 Rente 2 weke 15% 17.00 0,5% hanteringsverlies 14.00 Gelande prys 3 189.00 Waarde van volvetsoja 110% R3 508.00 Min koste om sojabone na volvetsojabone te verwerk 930.00 – Vervoerkoste na volvet-aanleg 150.00 – Stoorkoste 115.00 – Rente 15% (6 maande) 213.00 – Ekstrusiekoste 285.00 – 5% ekstrusieverlies 167.00 Afgeleide produsenteprys vir sojabone (op plaas) – R/ton R2 578.00 Besluit:
- Dat kennis geneem word dat die PNS se afgeleide produsenteprys vir sojabone soos op 10 Maart 2010 R2 578 beloop het.
Lede
- Dat kennis geneem word dat die PNS se afgeleide produsenteprys vir sojabone soos op 10 Maart 2010 R2 578 beloop het.
SAFEX
(Besluit 8.2.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Kennis word geneem van die SAFEX-termynprys van sojabone soos op 22 Februarie 2010, wat as Bylae E by die sakelys aangeheg is.
Die Voorsitter onderneem om ter gelegener tyd terugvoering te gee oor die mate van vordering wat behaal is om die prys van sojas saam met dié van ander kommoditeite te beeldsend op die televisienuusprogramme.
Besluit:
- Dat terugvoering ingewag word na aanleiding van die besluit dat ondersoek ingestel sal word na die moontlikheid om die sojaboonprys op die televisienuusprogramme beskikbaar te stel, saam met die prys van ander gewasse soos sonneblom, koring en mielies.
Voorsitter
- Dat terugvoering ingewag word na aanleiding van die besluit dat ondersoek ingestel sal word na die moontlikheid om die sojaboonprys op die televisienuusprogramme beskikbaar te stel, saam met die prys van ander gewasse soos sonneblom, koring en mielies.
Produsente-aangeleenthede
KwaZulu-Natal
Super Sojakompetisie
(Besluit 7.6.3.1 van die Sojabeplanningstaakspannotule van 25 Januarie 2010 en besluit 9.1.1.1 van die Sojawerkgroepnotule notule van 26 Januarie 2010)
Daar word kennis geneem van die Sojabeplanningstaakspanbesluit dat samesprekings gevoer sal word met Mnre Du Plessis en Havenga oor sekere aspekte van die Super Sojakompetisie, en wél na afloop van die Sojawerkgroepvergadering op 29 April 2010.
Daar word voorts kennis geneem dat die gesprek met Mnr Joubert insake die berekening van sekere koste-items met betrekking tot die Super Sojakompetisie, met die oog daarop om dit in lyn te bring met Mnr Joubert se metodologie, oorstaan vir bespreking tydens 'n volgende vergadering.
Besluite:
- Dat die gesprek met Mnr Joubert insake die berekening van sekere koste-items met betrekking tot die Supersojakompetisie, met die oog daarop om dit in lyn te bring met Mnr Joubert se metodologie, oorstaan vir bespreking tydens 'n volgende vergadering.
Mnre Du Plessis, Havenga
- Dat kennis geneem word van die Sojabeplanningstaakspanbesluit dat samesprekings gevoer sal word met Mnre Du Plessis en Havenga oor sekere aspekte van die Super Sojakompetisie, en wél na afloop van die Sojawerkgroepvergadering op 29 April 2010.
Mnre Du Plessis, Havenga
- Dat die gesprek met Mnr Joubert insake die berekening van sekere koste-items met betrekking tot die Supersojakompetisie, met die oog daarop om dit in lyn te bring met Mnr Joubert se metodologie, oorstaan vir bespreking tydens 'n volgende vergadering.
Navorsing
Mnr Havenga sê die cultivarproef te Newcastle vertoon uitstekend. Hy noem dat die proef te Dundee goed vertoon, ten spyte van die feit dat slegs 27mm reën by die proefstasie gemeet is tydens Februarie. Hy sê die sojas het nie toegemaak nie, en sal gevolglik nie hul volle potensiaal bereik nie. Hy noem dat die proef te Vryheid baie goed vertoon het, maar roes gekry het. Hy bevestig dat die sojas bespuit is nadat die roesbesmetting identifiseer is.
Mnr Erasmus noem dat die proewe by die Owen Sithole-Navorsingstasie te Empangeni besonders goed vertoon. Dr De Kock sê die proewe van beide plantdatums te Cedara vertoon besonder mooi.
"No-Till"-Boeredag, 8 en 9 September 2010
Mnr Du Plessis noem dat die volgende "No-Till"-Boeredag op 8 en 9 September 2010 aangebied sal word.
Mpumalanga en Gauteng
Navorsing
Mnr De Beer rapporteer dat die proef te Kinross baie goed vertoon, ongeag die baie reën wat in die begin van die seisoen daar geval het.
Blaarvoedingsmiddels
(Besluit 9.2.2.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Dr Caldwell rapporteer dat sy op navraag by Dr Godoy verneem het dat daar geen verband is tussen opbrengs en die chemiese middels wat teen sojaboonroes toegedien word nie. Die Voorsitter reël dat 'n kopie van 'n tersaaklike artikel ingesluit word saam met die dokumentasie van die volgende vergadering.
Dr Caldwell noem dat verskeie bronne daarop dui dat blaarvoedingsmiddels in der waarheid geen verskil maak nie, nie opgeneem word deur die blare nie, maar teen die plant afdrup en deur die plantwortels opgeneem word. Sy sê die wyse waarop chemiese middels opgeneem word deur plante is kontroversieël, en is die algemene oortuiging dat die middels nie opgeneem word deur die blare nie.
Mnr Botma rapporteer dat sy buurman 'n goeie respons gekry het met blaarvoeding in gronde met 'n hoë kalkinhoud, en sê hoewel hy in die huidige jaar blaarvoeding toegedien het, hy waarskynlik nie weer dié praktyk sal herhaal nie. Mnr Farr is in ooreenstemming dat 'n goeie respons behaal word met blaarvoeding op kalkgronde.
Dr De Kock sê dit moet duidelik gestel word dat die PNS nie gekant is teen blaarvoeding nie, dat blaartoediening geregverdig is onder sekere omstandighede, maar dat dit normaalweg totaal oorbodig is. Dr Dreyer is in ooreenstemming hiermee. Mnr De Beer rapporteer dat hy waargeneem het dat 'n produsent blaarvoeding toedien op 'n land wat pragtig groot en grasgroen vertoon, en dat dié hom op navraag meegedeel het dat hy spuit omrede die verkoopsman hom aangeraai het om dit te doen.
Die Voorsitter sê die boodskap moet uitgedra word dat dit onnodig is om blaarvoeding toe te dien indien die grondanalises bevredigend is. Mnr Van Wyk noem dat probleme ondervind is met mikro-element-tekorte in die sanderige grond te Rietrivier, aangesien mikro-elemente nie opgeneem sal word in gronde met 'n hoë pH nie. Hy sê blaarvoeding het egter 'n positiewe reaksie tot gevolg gehad.
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat 'n kopie van die artikel "Effect of fungicide on soybean growth and yield" deur Catherine Swoboda and Palle Pedersen ingesluit sal word saam met die dokumentasie van die volgende vergadering.
Dr Caldwell
- Dat kennis geneem word dat 'n kopie van die artikel "Effect of fungicide on soybean growth and yield" deur Catherine Swoboda and Palle Pedersen ingesluit sal word saam met die dokumentasie van die volgende vergadering.
Individuele strookdemonstrasieproewe
(Besluit 9.2.3.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Daar word kennis geneem van die verslag oor die individuele strookdemonstrasieproewe wat in Mpumalanga onderneem is, soos vervat in bylae F tot die dokumentasie.
Die Voorsitter sê hoewel dit wenslik sou wees om die strookdemonstrasieproewe wat op onderskeie produsente se plase aangeplant is te herhaal, bly mannekrag 'n probleem. Hy noem egter dat samesprekings onlangs gevoer is met Dr Moephuli, president van die LNR, Dr Jeenah, navorsingsdirekteur van die LNR, en Dr Le Roux, Navorsingsbestuurder van die LNR-KGI, wat onlangs ook aangestel is as die Navorsingsbestuurder van die LNR-IGG en die LNR se Instituut vir Industriële Gewasse, en dat die LNR onderneem het om een senior en twee junior sojaboonnavorsers aan te stel. Hy sê wanneer dit gebeur die moontlikheid oorweeg sal word om weer die sogenaamde "Proefplaas tot plaasproewe" te onderneem.
Mnr Van Wyk is die mening toegedaan dat die plaasproewe waardevolle resultate gelewer het, en sê 'n belangrike deurbraak is gemaak met die Sclerotinia-proef te Kinross, wat wél in die huidige jaar herhaal is. Hy meld egter dat Sclerotiniabesmetting drie weke vroeër as wat normaalweg die geval is voorgekom het op die proef, en het die belowende ultrakortgroeier, wat toe nog op die blomstadium was, ook skade opgedoen. Hy meen egter dat goeie resultate behaal sal word met die proef.
Mnr Van Wyk rapporteer dat die skoffelproef te Kanhym voortgesit is deur Mnr Büchner. Hy sê die blaarvoedingsproef en plantdatumproef is nie herhaal nie, maar kan interessante plantdatumdata by die produsente bekom word.
Mnr De Beer sê die proefresultate het getoon dat dit onnodig is om blaarvoedingsmiddels toe te dien indien daar nie tekorte in die grond is nie. Hy noem dat die aalwurmbestande cultivar die laagste aalwurmtelling gehad het, maar die swakste opbrengs gelewer het in die aalwurmproef, terwyl die mees vatbare cultivar, Mukwa, die hoogste aalwurmtelling gehad het, maar die hoogste opbrengs gelewer het. Hy sê Dr Fourie kon nie 'n verduideliking hiervoor verskaf nie, en dat hy graag die proef sou wou herhaal.
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat ondersoek ingestel sal word na die moontlikheid om weer individuele strookproewe op produsente se plase aan te plant, wanneer die mannekragprobleem aangespreek is.
Dr De Kock
- Dat kennis geneem word dat ondersoek ingestel sal word na die moontlikheid om weer individuele strookproewe op produsente se plase aan te plant, wanneer die mannekragprobleem aangespreek is.
Noordwes- en Limpopoprovinsie
Navorsing
Mnr Erasmus rapporteer ten opsigte van die nasionale cultivarproewe wat te Potchefstroom aangeplant is, en sê die cultivar LS6162R is reeds fisiologies ryp. Die Voorsitter bevestig dat hy deel was van 'n PNS-afvaardiging wat onder andere die Potchefstroomproef besoek het, en dat die proef goed vertoon.
Ander
Geen verslaglewering.
Vrystaat
Navorsing
Mnr Maree rapporteer dat hy al die nasionale cultivarproewe wat in die Vrystaat aangeplant is, besoek het. Hy sê die proef te LNR-KGI vertoon goed, Ficksburg/Iona is afgeskryf weens skade wat deur bokkies aangerig is, en Glen, wat onder besproeiing aangeplant is, lyk ook goed.
Mnr Maree noem dat die VKB 'n proef te Memel aangeplant het, wat werklik baie goed vertoon. Hy sê VKB het ook 'n proef te Tweeling aangeplant, maar dat hy nog nie daar besoek afgelê het nie.
Mnr Maree noem dat probleme ervaar is met die besproeiingstelsel te Frankfort, dat die water baie diep gestaan het in die laagliggende lande, maar sal die skade wat aangerig is na verwagting nie die totale opbrengs negatief beïnvloed nie. Hy sê die proef op Villiers is uitsonderlik mooi.
Ander
Geen verslaggewing.
-
Oos-Kaap, Noord-Kaap en Suidwestelike Distrikte
Navorsing
Mnr Farr noem dat die nasionale cultivarproef wat aangeplant is te Keiskammahoek goeie resultate behoort te lewer.
Ander
Geen verslaglewering.
Algemeen
Geen verslaglewering.
Navorsing
Nasionale cultivarproewe 2009-2010
(Besluit 10.1.1.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Daar word kennis geneem van die lokaliteite waar cultivarevaluasieproewe en ook ander proewe, soos die van RNRF, in die 2009-2010 produksiejaar aangeplant is.
Mnr Erasmus rapporteer dat slegs twee van die nasionale cultivarproewe afgeskryf moes word.
Roes
Inligting vanaf Sojaboonroeswerkgroep
(Besluit 10.2.1.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Daar word kennis geneem van die onderskeie roesrapporterings, te wete 11 Januarie te Piet Retief, 18 Januarie te Dirkiesdorp en Vryheid, 18 Januarie op kudzurankplante te Cedara, 8 Februarie te Normandien en Morgenzon en 16 Februarie te Greylingstad.
Die Voorsitter spreek sy kommer uit oor die roesrapporterings te Morgenzon en Greylingstad. Mnr Du Plessis benadruk die waarde van die roesvangerproewe, waardeur produsente tydig gewaarsku word om voorkomend te spuit teen roes. Hy is van mening dat die SMS waarskuwingsstelsel baie goed funksioneer.
Roesmiddels
(Besluit 10.2.2.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Daar word kennis geneem van die artikel "Soybean rust – beware of resistance to triazole fungicides". Die Voorsitter noem dat die artikel gepubliseer is op die PNS-webtuiste.
Sclerotinia
Proefwerk – terugvoering Sclerotiniawerkgroepvergadering
Daar word kennis geneem dat die volgende vergadering van die Sclerotiniawerkgroep gehou word te Rivonia op 20 Julie 2010.
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat die volgende vergadering van die Sclerotiniawerkgroep gehou word op 20 Julie 2010.
Lede
- Dat kennis geneem word dat die volgende vergadering van die Sclerotiniawerkgroep gehou word op 20 Julie 2010.
Sclerotinia-opnames
(Besluit 10.3.2.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Mnr Potgieter bevestig op navraag van die Voorsitter dat GraanSA produsente sal aanmoedig om deel te neem aan die Sclerotinia-opnames. Me Beukes sê die opnames sal in Mei- en Juniemaand gedoen word. Die Voorsitter spreek die PNS se waardering uit teenoor die Oesskattingskomitee vir hul bereidwilligheid om die opnames te onderneem.
Mnr Potgieter rapporteer dat hy by Mnr Pietman Botha verneem het van 'n uiters effektiewe middel wat aangewend kan word teen Sclerotiniabesmetting. Hy sê Mnr Botha het onderneem om die detail van die middel, wat nog nie geregistreer is nie, deur te gee aan Dr Caldwell, en het hy ook genoem dat die Universiteit van KwaZulu-Natal klaarblyklik betrokke is by die aangeleentheid. Dr De Kock doen aan die hand dat verdere besonderhede oor die middel bekom word.
Besluit:
- Dat nadere besonderhede bekom word oor die uiters effektiewe middel wat aangewend kan word teen Sclerotiniabesmetting, waarby die Universiteit van KwaZulu-Natal klaarblyklik betrokke is, sodat die aangeleentheid bespreek kan word by die volgende vergadering van die Sclerotiniawerkgroep.
Mnr Potgieter
Mnr Botha
Mnr Keun
- Dat nadere besonderhede bekom word oor die uiters effektiewe middel wat aangewend kan word teen Sclerotiniabesmetting, waarby die Universiteit van KwaZulu-Natal klaarblyklik betrokke is, sodat die aangeleentheid bespreek kan word by die volgende vergadering van die Sclerotiniawerkgroep.
Rhizobium – terugvoering
(Besluit 10.4.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Mnr Potgieter rapporteer dat GraanSA die Kantoor van die Registrateur per brief ingelig het dat 'n OPOT/OAK-befondsde studie bevind het dat die kwaliteit van sekere rhizobiumentstowwe wat plaaslik verhandel word onder verdenking is. Hy sê geen terugvoering is nog ontvang nie, aangesien die Kantoor van die Registrateur klaarblyklik wag vir 'n kopie van die betrokke navorsingsverslag, alvorens hulle reageer.
Die Voorsitter onderneem om by Dr Rong te verneem na vordering wat behaal is met die afhandeling van die verslag deur Dr Staphorst. Mnr Keun sê hy doen gereeld navraag oor die beskikbaarstelling van die verslag en word daar klaarblyklik probleme ondervind om die verslag te finaliseer. Mnr Van Wyk noem dat hy sekere van die data wat betrekking het op die verslag op 'n rekenaar gestoor het, en dat dié data verlore geraak het toe die rekenaar gebreek het.
Besluit:
- Dat terugvoering ingewag word rakende die Kantoor van die Registrateur se reaksie op die inligting wat GraanSA aan hulle deurgegee het oor die huidige stand van sake met betrekking tot die onbevredigende kwaliteit van sekere rhizobiumentstowwe wat plaaslik verhandel word, en ook oor die tekortkominge met betrekking tot die behoorlike toetsing van gemelde entstowwe.
Mnr Keun
- Dat terugvoering ingewag word rakende die Kantoor van die Registrateur se reaksie op die inligting wat GraanSA aan hulle deurgegee het oor die huidige stand van sake met betrekking tot die onbevredigende kwaliteit van sekere rhizobiumentstowwe wat plaaslik verhandel word, en ook oor die tekortkominge met betrekking tot die behoorlike toetsing van gemelde entstowwe.
Biobrandstowwe
Daar word kennis geneem van die dokumente "Nuusberigte en tendense oor bio-brandstowwe periode 1 Oktober tot 31 Desember 2009" en "Southern Africa Biofuels Association – Forumbyeenkoms 1 tot 2 Desember 2009, gehou by die Development Bank, Midrand".
Die Voorsitter reël dat 'n kopie bekom word van die artikel oor DDGS, wat in die Oktoberuitgawe van die tydskrif Inform gepubliseer is. Mnr Farr onderneem om Mnr Mordt te verwittig van die aanleg wat na bewering te Coega opgerig is deur De Smet-Ballesteros, 'n Europese ingenieursgroep, waaroor gerapporteer is tydens die Forumvergadering te Midrand. Die Voorsitter bevestig dat Phyto Energy voortgaan met hul planne om 'n biodieselaanleg, waar canola as grondstof gebruik gaan word, op te rig te Coega.
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat 'n kopie van die artikel oor DDGS, wat in die Oktoberuitgawe van die tydskrif Inform gepubliseer is, bekom sal word.
Mnr Keun
- Dat kennis geneem word dat 'n kopie van die artikel oor DDGS, wat in die Oktoberuitgawe van die tydskrif Inform gepubliseer is, bekom sal word.
Terugvoering – besoek van Prof Fabricio Rodrigues
Die Voorsitter rapporteer dat Prof Rodrigues, verbonde aan die Universiteit van Viçosa, tydens sy besoek aan Suid-Afrika onder andere die internasionale cultivarproewe besoek het. Hy sê 'n aantal van die Viçosacultivars word plaaslik evalueer tydens die huidige produksieseisoen, en sal meer cultivars hopelik beskikbaar gestel word vir evaluering tydens die volgende produksieseisoen. Hy noem dat Prof Rodrigues veral betrokke is by silikonnavorsing.
Dr Caldwell noem dat Prof Rodrigues ook die Universiteit van KwaZulu-Natal besoek het, waar hy die fasiliteite aldaar besigtig het en samesprekings oor die blaartoediening van silikon en moontlike toekomstige navorsingsamewerking gevoer het met Prof Laing.
Saad
Dr De Kock versoek die lede om die produsente aan te moedig om die saad wat benodig word vir die volgende produksieseisoen so spoedig doenlik te bestel. Hy bevestig dat die nodige publisiteit ook verleen sal word aan die saak.
Tegnologie-oordrag
Inligtingsdae 2010: datums, terugvoering en reklame
Kennis word geneem van die volgende inligtingsdae:
Detail sal bevestig word VKB-Inligtingsdag te Memel 16 Maart 2010 OVK-Inligtingsdag, Clocolan 17 Maart 2010 Boeredag op die plaas van Mnr Koos Pieterse, Koedoeskop 18 Maart 2010 NWK-Inligtingsdag, Rietgat 24 Maart 2010 Soygro-Inligtingsdag, tussen Bothaville en Viljoenskroon 8 en 9 September 2010 "No-Till" Inligtingsdag, Drakensville
Wisselbou
Die Voorsitter sê terugvoering sal ter gelegener tyd verskaf word oor die studie wat Mnr Birch onderneem rakende die ekonomiese en ander voordele van sojas in 'n wisselboustelsel.
Dr Caldwell rapporteer dat sy navraag gedoen het by Embrapa in Brasilië en INTA in Argentinië oor die beskikbaarheid van literatuur rakende die voordele wat sojas ten opsigte van peste en plae bied in 'n wisselbouprogram met mielies en sojas, maar dat sy nog nie terugvoering ontvang het nie. Die Voorsitter reël dat die saak as afgehandel beskou word, tot tyd en wyl Dr Caldwell oor die aangeleentheid kan rapporteer.
Mnr Potgieter noem dat Mnr Botma onder andere tydens die vorige vergadering genoem het dat produsente onseker is oor die wyse waarop sojaverbouing ten beste aangepak kan word. Hy sê daar is ook genoem dat nuwe toetreders hulle dikwels wend tot suksesvolle produsente. Hy doen aan die hand dat Mnr Birch se bevindinge deurgegee word aan bestaande sojaprodusente, sodat die inligting ook deur daardie kanaal onder nuwe toetreders se aandag gebring kan word.
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat terugvoering ter gelegener tyd verskaf sal word oor die studie wat Mnr Birch onderneem rakende die ekonomiese en ander voordele van sojas in 'n wisselboustelsel.
Voorsitter
- Dat kennis geneem word dat terugvoering ter gelegener tyd verskaf sal word oor die studie wat Mnr Birch onderneem rakende die ekonomiese en ander voordele van sojas in 'n wisselboustelsel.
Totale oppervlakte wat geskik is vir sojaboonverbouing in Suid-Afrika
(Besluit 12.4.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Die Voorsitter rapporteer dat Prof Blignaut in sy ondersoek na die totale beskikbare plaaslike oppervlakte vir die verbouing van sojabone bevind het dat drie miljoen hektaar hier ter sprake is. Hy sê die verslag sal na die Raad van die PNS verwys word vir goedkeuring, waarna dit aan 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep beskikbaar gestel sal word. Hy noem dat die syfer ook deurgegee sal word aan die regering.
Besluite:
- Dat die finale verslag rakende die totale oppervlakte wat geskik is vir die verbouing van sojabone in Suid-Afrika beskikbaar gestel sal word aan 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep.
Mnr Keun
- Dat kennis geneem word dat, volgens Prof Blignaut, 3 miljoen hektaar geskik is vir die verbouing van sojabone in Suid-Afrika.
Lede
- Dat die finale verslag rakende die totale oppervlakte wat geskik is vir die verbouing van sojabone in Suid-Afrika beskikbaar gestel sal word aan 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep.
Vordering: Internasionale cultivarproewe
(Besluit 12.6.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Dr De Kock rapporteer dat die internasionale cultivarproewe aangeplant is by ses lokaliteite, te wete, Vaalharts, Potchefstroom, Brits, Pretoria, Bethlehem en Howick. Hy sê 25 elite lyne is voorsien deur INTA in Argentinië, wat die eerste week van Desember aangeplant is, en baie goed vertoon. Hy noem egter dat hy nie die INTA-aanplanting te Vaalharts besoek het nie, en nie daaroor verslag kan lewer nie.
Dr De Kock noem dat 500 gram elk van vyf lyne beskikbaar gestel is deur die Universiteit van Viçosa, en dat dié aangeplant is by drie lokaliteite, naamlik Vaalharts, Potchefstroom en Pretoria. Hy sê ook dié aanplantings, wat ongeveer in die middel van Desember aangeplant is, vertoon goed.
Dr De Kock sê Embrapa in Brasilië het 16 elite lyne voorsien, wat op al ses lokaliteite met die uitsondering van Bethlehem aangeplant is. Hy noem dat die proewe te Brits, Potchefstroom en Pretoria goed vertoon, maar dat die aanplanting te Howick 'n mislukking was. Hy sê die aanplanting is baie laat gedoen, maar kan 'n mate van 'n vergelyking steeds bekom word, aangesien plaaslike cultivars as kontrole ingesluit is by die proewe.
Dr Dreyer noem dat hy die proewe te Vaalharts besoek het. Hy sê dit was skreiend warm toe die aanplantings aldaar onderneem is, 'n warm wind ook gewaai het, en lyk die plante nie baie gelukkig nie. Hy sê die plantopkoms was goed, buiten dié van twee van die Viçosalyne. Hy is die mening toegedaan dat 'n redelike aanduiding bekom sal word van die mate waartoe die buitelandse lyne plaaslik sal aanpas.
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat die verslag oor die internasionale cultivarproewe beskikbaar gestel sal word aan 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep.
Dr De Kock
- Dat kennis geneem word dat die verslag oor die internasionale cultivarproewe beskikbaar gestel sal word aan 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep.
Ander sake
Interessante inligting, naamlik nuusbrokkies vir plasing op die webtuiste asook kleurfoto's
Die Voorsitter herinner die lede dat geskikte kleurfoto's of ander inligting vir plasing op die PNS-webtuiste verwelkom sal word.
Voorlegging: verskillende instansies
(Besluit 13.2.1 van die Sojawerkgroepnotule van 26 Januarie 2010)
Dr De Kock rapporteer dat BASF en Monsanto saamspan om die produkreeks wat onder die sambreelnaam Agcelence beskikbaar gestel is, in Suid-Afrika te bemark. Hy sê 'n voorlegging in dié verband sal aan die Sojawerkgroep gelewer word op 27 Julie. Hy sê Mnr Herbst van Link-Seed sal tydens die volgende vergadering op 29 April 'n voorlegging lewer.
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat BASF 'n voorlegging sal lewer oor die Agcelence-produkreeks tydens die Sojawerkgroepvergadering van 27 Julie 2010, en dat Mnr Herbst van LinkSeed op 29 April 'n voorlegging sal lewer aan die Werkgroep.
Dr De Kock
Mnr Keun
- Dat kennis geneem word dat BASF 'n voorlegging sal lewer oor die Agcelence-produkreeks tydens die Sojawerkgroepvergadering van 27 Julie 2010, en dat Mnr Herbst van LinkSeed op 29 April 'n voorlegging sal lewer aan die Werkgroep.
Datum van volgende vergadering
Die datum van die volgende vergadering van die Sojawerkgroep word bevestig as 29 April 2010.
Afsluiting
Die Voorsitter bedank die teenwoordiges vir insette gelewer. Hy wens die lede 'n voorspoedige rit na hul onderskeie tuistes toe, en verdaag die vergadering om 13:15.