- 27 NOVEMBER 2013
- 21 AUGUSTUS 2013
- 12 JUNIE 2013
- 11 APRIL 2013
Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou te Elsenburg op 12 Junie 2013
Opening en verwelkoming
Die vergadering word deur mnr Joubert met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr J de Kock PNS Mnr AP Theron PNS Mnr JG Loubser PNS Mnr D Joubert PNS Mnr G Keun PNS Mnr C Cumming PNS Dr J Strauss DLWK Me A Swanepoel DLWK Mnr G Conradie DLWK Mnr P Lombard DLWK Mnr I Slabbert DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr J McDermott Du Pont/Pioneer Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr P Burger Overberg Agri Mnr JWP Bruwer SSK Mnr P Fouché Phyto Energy Mnr M Heydorn CBK Mnr D Hanekom Agricol Mnr F le Roux SOILL Prof A Agenbag US Dr S Lamprecht LNR-NIPB Dr G Tribe Privaat Me L van Zyl Sekretariaat Verskoning vir afwesigheid
Dr I Trautman DLWK Me L Smorenburg DLWK Mnr K Schonken Mnr L Coetzee Kaap Agri Mnr JCG van Niekerk MKB
Personalia
Geen.
Vasstelling van die sakelys
Geen nuwe sake.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 11 April 2013 word as gelese beskou en goedgekeur.
Algemene oorsig
Oesskatting
Die NOK se vierde oppervlakte en produksieskatting vir 2013 (somergewasse) is ter inligting by die sakelys aangeheg. Die opnames vir die winterreënstreek word op die oomblik gedoen.
Volgens die NOK is 79 000 ton canola in 2012 gelewer.
Winterreënstreek
Swartland / Suid-Kaap
Daar word rapporteer dat aangesien die reënseisoen in die Swartland laat begin het, canola op verskillende tye geplant is en plantestande dus wisselend is. Dit het onlangs goed gereën tot in Namakwaland en die Rooi Karoo. Vooruitsigte lyk goed.
Die Suid-Kaap het na aanvanklike goeie reën aan die begin van die seisoen (minder reën in die oostelike deel van die gebied), 'n droë tydperk gedurende Mei gehad. Junie het dit weer gereën. Produsente word aangeraai om slakpille as standaard praktyk net na planttyd (op die grond oppervlak) te gooi. Die ondervinding is dat groter skade deur isopode as deur slakke aangerig word.
In die Heidelberg area is toringslakke waargeneem. Die "stop-start-stop-start"-tipe reënval het die voorkoms van slakke vererger. Minimum bewerking dra ook daartoe by.
In die Caledon area moes daar ook teen snywurm gespuit word (saadbehandeling help nie daarvoor).
Daar is meer canola aangeplant: SSK gebied 25 500 hektaar en Overberg Agri tussen 14 000 en 20 000 hektaar. Swartland se aanplantings is nog onseker.
Die saadmaatskappye kon nie genoeg saad van sekere kultivars betyds ingevoer kry nie. Sommige produsente moes dus ander kultivars plant as wat hulle wou, maar almal kon wel plant.
Somerreënstreek / Oos-Kaap / Ander
Daar word rapporteer dat daar nie juis canola in die Oos-Kaap geplant is nie; daar wel in die Vrystaat geplant is en proewe in die MGK/Brits gebied gedoen word.
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die jongste inligting (Mei 2013) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word, naamlik:
- "canola supply and demand table based on SAGIS' info";
- die jongste markinligting;
- die weeklikse bulletin; en
- die maandelikse bulletin.
Weervooruitskatting
Neem kennis dat volgens voorspellings die reënvaltoestande vir die graanproduserende streke in die Wes-Kaap tot Augustus ondernormaal sal wees.
Mnr Cerfonteyn
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe 2013
Aanplantings 2013
Alle proefpersele is geplant soos beplan. Opkoms is baie egalig en vooruitsigte lyk goed. Potensiële nuwe kultivars is ook geplant.
Mnr Lombard
Pes- en plaagbeheer
Geen verdere inligting word rapporteer nie.
Aansoek om befondsing van nuwe en bestaande projekte
Neem kennis dat die jongste lys van goedgekeurde navorsingsprojekte by die sakelys aangeheg is.
Projeksies vir 2015 en verder dui op 'n konstante groei in proteïenbehoeftes. Daar is 'n klein toename in plaaslik geproduseerde plantaardige proteïen (40%) teenoor 60% ingevoerde proteïen. Soja-oliekoek vorm 70% van die totale voorraad olie-koek.
Die grootste uitvoer van canola uit Australië vind plaas in massa graan na Europa hoofsaaklik vir bio-diesel. Australië self gebruik nie canola vir bio-diesel omdat dit te duur is. Europa betaal 'n premie vir nie-GM-canola vir menslike gebruik. Die GM-canolagraan gaan hoofsaaklik na die Ooste.
OPOT het ook besluit dat hulle canola navorsing voortaan gedeeltelik sal befonds.
Tegnologie oordrag
Canolafokus
Die jongste uitgawe van die Canolafokus het in Mei verskyn en die volgende uitgawe is in proses. Afskrifte daarvan sal by die volgende sakelys aangeheg word.
Sekretariaat
Inligtingsdae 2013
Proefbesoek Suid-Kaap 20 Augustus (Canolawerkgroep vergadering 21 Augustus) SKOG 22 Augustus Proefbesoek Swartland 28 Augustus Roodebloem 29 Augustus Riversdal 4 September Agri Mega Week 18 tot 21 September
PNS sal 'n stalletjie by die Agri Mega Week hê en SOILL sal 'n oggend vir produsente aanbied.
Almal
Verslag van Australiese Toer
Die verslag van mnr Joubert en dr De Kock se toer na Australië is by die sakelys aangeheg en word verder toegelig. Aanbevelings sal deur die PNS Raad opgevolg word.
Behoeftes van
Mark – canola
Generiese reklame
Daar word gerapporteer dat PNS voortgaan met generiese reklame (hele waardeketting).
Inligtingsakke met alle nodige inligtingsdokumente sal by NAMPO, Agri Mega asook by Prof Agenbag beskikbaar wees.
Besluit dat organiseerders van alle inligtingsdae, asook SOILL van die sakke kan aanvra en ook hulle pamflette / dokumentasie beskikbaar kan stel sodat dit in die sakke ingevoeg kan word.
Almal
Produsente – canola
Pryse
Daar word kennis geneem dat SOILL na afhandeling van die oes 'n agterskot aan produsente uitbetaal gedurende Maart en waarskynlik weer in September. Produsente kan kies tussen verskillende kontrakte:
- 'n minimumprys – gewaarborgde prys by lewering, word in November aangepas volgens criteria, agterskotte in Maart en September ter sprake;
- Vaste prys – word nie deur die seisoen aangepas, kwalifiseer vir agterskotte; en
- Finale prys – prys word nie aangepas en geen agterskotte ter sprake.
78% produsente verkies die eerste of tweede keuse van bogenoemde.
Super canolakompetisie
Die verslag van die Swartland kompetisie is by die sakelys aangeheg.
Daar word aanbeveel en besluit dat dieselfde prys per ton vir al die deelnemers aan die kompetisie moet geld, om almal 'n gelyke kans te gee. Die organiseerders moet op 'n aanvaarbare realisitiese gemiddelde prys besluit wat vir almal van toepassing sal wees.
Besluit ook dat die inligting wat deur die kompetisie versamel word, beter benut moet word en dit ook aan ander deelnemers en produsente deurgegee moet word.
J Loubser
I SlabbertWei-en-oes van canola
Neem kennis dat mnr Fouché toeligting oor die wei-en-oes praktyk gee. Daar moet seker gemaak word dat die vogtoestande voldoende is wanneer canola geplant word. Indien grondvog problematies raak in die weidingsfase, moet vee vroeër onttrek word. Canola plante het die vermoë om te kompenseer sodat daar nie 'n opbrengs verskil tussen lande met 'n laer of digter plantestand behoort te wees nie, aldus Mnr Fouché.
Saad
Beskikbaarheid van saad
Alhoewel die proses van saadbestelling en lewering reeds verbeter het, is dit volgens die bedryf nog nie vaartbelyn genoeg nie. Saadmaatskappye gee die versekering dat alles moontlik gedoen word om genoeg kwaliteit saad betyds voor planttyd beskikbaar te hê. Die afgelope seisoen het dit gebeur dat daar nie genoeg saad van sekere kultivars betyds ingevoer kon word nie. SSK het teen ekstra koste selfs saad laat invlieg.
Daar word ook kommer uitgespreek oor die hantering van saadbestellings in die Swartland en daar word aanbeveel dat saadmaatskappye in oorleg met die landboubesighede 'n beter meganisme om tydige saadbestellings te plaas, in plek moet kry. Die uitbreiding van canola produksie in die Swartland is grootliks afhanklik van die beskikbaarheid van die "regte / goeie" saad wat dit vir produsente 'n aanloklike opsie sal maak om weer te plant. Het produsente voldoende toegang tot kultivars met 'n hoë opbrengs?
Daar word besluit dat
- Die tydige bestelling en beskikbaarheid van saad tussen die saadmaatskappye en landboubesighede (veral in die Swartland) aangespreek sal word; en
- die produsente via die CBK en landboubesighede aangemoedig word om betyds saadbestellings te plaas sodat dit deur die saadmaatskappye bestel en ingevoer kan word.
Saadmaatskappye
Landboubesighede
CBKHoë pryse van saad
Mnr Heydorn rapporteer dat die CBK nog nie weer vergader het nie, maar dat dit na verdere studie blyk dat die saadkoste (per hektaar) van canola nie buite verhouding hoog teenoor ander graangewasse is nie.
CBK
Saadbehandeling op canola
Besluit dat mnr Lombard versoek word om vir die Werkgroep aan te dui watter cultivars wat in die proewe gebruik word met watter middels behandel is sodat 'n regverdige vergelyking van die cultivars se prestasies getref kan word.
Mnr Lombard
Die gebruik van Cruiser op saad
Neem kennis dat mnr Cumming rapporteer dat Europa beswaar maak teen die chemiese groep waaraan Cruiser en Gaucho behoort. Tog bewys meeste navorsing dat saadbehandeling geen effek op bye het nie. Dr Verdoorn (konsultant van Croplife) is plaaslik besig om vir die behoud van Cruiser te veg.
Verder word daar rapporteer dat die gebruik in Australië is dat saad wat met Jockey behandel is sonder rede tot kommer ook met ander middels behandel kan word. Alle Pioneersaad word in Australië met Jockey en Gaucho behandel.
Besluit dat dr Lamprecht se resultate oor saadbehandeling met Jockey, Gaucho en ander middels by die volgende sakelys aangeheg moet word.
Sekretariaat
Ander sake
Nuusbrokkies
Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Canola Tydskrifartikels
Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Sprekers wat oorweeg kan word vir toekomstige Canolawerkgroepvergaderings
Neem kennis en besluit dat lede voorstelle van moontlike sprekers / onderwerpe vir toekomstige Werkgroepvergaderings aan die kantoor of prof Agenbag kan deurgee.
Almal
Verslag: "South Africa – Canola Production"
Neem kennis dat die aanbevelings van dr Phil Thomas deur die PNS Raad opgevolg word.
Canola Webstudies
Neem kennis van die opsomming van die canola webstudies soos deur prof Agenbag voorsien.
Canola / Koringwisselbouverslag: MGK
'n Kort verslag van mnr W Jonker oor die wisselbouproewe in die Brits / MGK omgewing is by die sakelys aangeheg.
Datums van volgende vergaderings
Neem kennis dat die volgende vergaderings vir die 21 Augustus 2013 en 27 November 2013 geskeduleer word.
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.