- 27 NOVEMBER 2013
- 21 AUGUSTUS 2013
- 12 JUNIE 2013
- 11 APRIL 2013
Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou te Elsenburg op 21 Augustus 2013
Opening en verwelkoming
Die vergadering word deur mnr Keun met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral Dr Hardy as gasspreker.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr J de Kock PNS Mnr AP Theron PNS Mnr JG Loubser PNS Mnr D Joubert PNS Mnr G Keun PNS Mnr C Cumming PNS Mnr P Lombard DLWK Mnr I Slabbert DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr J McDermott Du Pont/Pioneer Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr JWP Bruwer SSK Mnr P Fouché Phyto Energy Mnr M Heydorn CBK Mnr D Hanekom Agricol Mnr F le Roux SOILL Mnr L Coetzee Kaap Agri Mnr JCG van Niekerk MKB Me L Smorenburg DLWK Dr E Hough MKB Prof A Agenbag US Dr M Hardy Agri Services Me L van Zyl Sekretariaat Verskoning vir afwesigheid
Dr I Trautman DLWK Dr J Strauss DLWK Dr J Labuschagne DLWK Me A Swanepoel DLWK Dr Briendenhann PNS Mnr G Els K2 Agri Mnr K van Tonder PNS Mnr G Conradie DWLK Mnr C Louw GSA Mnr P Burger Overberg Agri Dr M Visser GSA Dr G Tribe Mnr N Hawkins SAGIS
Personalia
Dr Hough word gelukgewens met die geboorte van hulle baba.
Neem kennis dat Prof Agenbag, Dr De Kock en mnr Theron binnekort namens PNS na Australië vertrek.
Vasstelling van die sakelys
Geen nuwe sake.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 12 Junie 2013 word as gelese beskou en goedgekeur.
Algemene oorsig
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die jongste inligting (24 Julie 2013) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word, naamlik:
- die jongste markinligting/"supply and demand table" – mnr Keun sal navraag doen oor die "surplus" lyn-item in die tabel;
- die weeklikse bulletin; en
- die maandelikse bulletin.
Neem kennis dat
- daar volgens die inligting gedurende die 2012 oes 78 773 ton canola gelewer is, wat 'n goeie styging oor die laaste drie jaar verteenwoordig; en
- die verhoging in opbrengs aan verskeie faktore toegeskryf kan word, onder andere beter kultivars (hoër opbrengs per hektaar); klimaat; rol van wisselbou; produksie praktyke verbeter; kompeterende pryse.
Oesskatting
Die NOK se sesde oppervlakte en produksieskatting vir 2013 (somergewasse) soos op 25 Julie 2013 is ter inligting by die sakelys aangeheg. Volgens die voorlopige oesskatting vir die winterreënstreek is daar in 2013 seisoen 63 000 hektaar canola geplant.
Volgens die landboubesighede se opnames vir die 2013 seisoen is die volgende aanplantings gemaak:
SSK 26 235 ha Overberg Agri 23 600 ha MKB 800 ha Kaap Agri 14 000 ha Totaal 64 635 ha + buite Wes-Kaap 1 000 ha
Neem kennis van die Voorsitter se verwysing na BFAP se studies wat voorspel dat daar in 2020 100 000 hektaar canola geplant gaan word wat 160 000 ton sal lewer. Die vergadering bespreek die waarskynlikheid daarvan.
Volgens die Werkgroep se redenasie behoort aanplantings na 2015 steeds toe te neem tot moontlik 70 000 en 80 000 hektaar.
Neem kennis dat die praktyk van bewaringsbewerking ook 'n positiewe rol speel tot die prestasie van gewasse, selfs in die sandgronde. Gewasse gaan beter vaar in die toekoms en sal selfs droër jare beter kan hanteer. Pryse gaan ook 'n rol speel in uitbreidings.
Winterreënstreek
Swartland / Suid-Kaap
Daar word rapporteer dat opkoms baie wisselvallig was. Vooruitsigte lyk goed. 'n Koel September sal bydra tot 'n gemiddelde opbrengs.
Die Suid-Kaap (SSK en Overberg Agri gebiede) het na 'n droë tyd die afgelope tyd oral goeie reën gehad. Canola reageer goed op laat reën na 'n droë tydperk.
Residu van sulfoniel-urea in grond
Kommer word uitgespreek oor die effek van sulfoniel-urea in grond. Du Pont beveel aan dat Clearfield cultivars geplant word waar SU-residu beperkend is. SU bou nie in die grond op oor jare, maar breek elke jaar af. Toediening moet volgens die etiket geskied en daar moet vasgestel word wat die onthoudingsperiode is nadat SU toegedien is. Sekere grondtipes (bv kalkbanke) en klimaat speel ook 'n rol in die afbreek van SU's – nat grond breek dit vinniger af.
Daar word besluit dat
- Du Pont se tabel oor SU toediening en onthoudingsperiodes ter inligting aan die Werkgroep en bedryf versprei word;
- 'n artikel oor die effek van sulfoniel-urea residu in die grond in tydskrifte publiseer word voordat produsente hulle beplanning vir die volgende plantseisoen doen.
J McDermott
K van Tonder
Redaksie
Somerreënstreek / Oos-Kaap / Ander
Mnr Fouché verwys na produsente naby Bethlehem wat canola vroeg plant, laat wei met goeie sukses en verwag om weer in Desember 1,8 ton/ha saad te oes.
Prysinligting
Neem kennis dat die waarde van canola afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad op 25 Junie 2013 (volgens die inligting van Atlas Trading & Shipping) soos volg daar uitsien:
47% Proteïen teen 'n waarde van R6000/ton teen 'n wisselkoers van R9.99.
Relatiewe waarde van volvet canola is dus:
Pluimvee (94%) R5 640 per ton Varke (100%) R6 000 per ton Suiwel (58%) R3 480 per ton
Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus:
Pluimvee (53%) R3 180 per ton Varke (65%) R3 900 per ton Suiwel (60%) R3 600 per ton Weervooruitskatting
Neem kennis dat volgens voorspellings daar 'n 40% kans is dat die reënval vir die graanproduserende streke in die Wes-Kaap vir Augustus, September en Oktober bo-normaal sal wees.
Besluit dat mnr Cerfonteyn vir volledigheidshalwe moet aandui wat die "normale" reënval per maand per gebied is en ook die temperature vir ooreenstemmende tydperke by die verslag moet insluit.
Mnr Cerfonteyn
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe 2013
Aanplantings 2013
Die besoek aan die Suid-Kaap proefpersele wat vir 20 Augustus beplan was, moes weens die reën afgestel word. Proewe lyk goed en daar word voorgestel dat die beplande besoeke aan die Swartland proewe vir 28 Augustus met 'n besoek aan die Suid-Kaap persele vervang word.
Geen bewerkingspraktyke is toegepas. In die Swartland het slakskade voorgekom en die perseel by Philadelphia kan nie vir die proef gebruik word nie.
Besluit dat produsente in die Swartland via alle forums ingelig moet word dat slakpille by plant van canola gestrooi moet word om slakskade te voorkom.
Mnr Lombard
Almal
Tegnologie oordrag
Canolafokus
Die jongste uitgawe van die Canolafokus het in Julie verskyn – afskrifte was by die sakelys aangeheg.
Inligtingsdae 2014
SKOG 22 Augustus Proefbesoek Suid-Kaap 28 Augustus Roodebloem 29 Augustus Riversdal 4 September Agri Mega Week 18 tot 21 September Almal
Behoeftes van
Mark – canola
Generiese reklame
Daar word gerapporteer dat PNS voortgaan met generiese reklame (hele waardeketting).
Inligtingsakke met alle nodige inligtingsdokumente sal by NAMPO, Agri Mega asook by Prof Agenbag beskikbaar wees.
Besluit dat organiseerders van alle inligtingsdae, asook SOILL van die sakke kan aanvra en ook hulle pamflette / dokumentasie beskikbaar kan stel sodat dit in die sakke ingevoeg kan word.
Almal
Produsente – canola
Pryse
Daar word kennis geneem dat SOILL die volgende pryse afgekondig het:
Minimum R4 175 Vaste prys R4 275 Finale prys R4 475 (tot verdere kennisgewing)
Prys van September agterskot nog nie bekend nie.
Super canolakompetisie
Voorbereidings vir die 2013 Kompetisie is in proses.
Neem kennis dat me Smorenburg rapporteer dat van die vorige jaar se deelnemers kommer uitgespreek het oor die formaat van die kompetisie. Daar word voorgestel dat dit 'n ander benaming as "kompetisie" moet hê en daar meer op die uitruil van kennis / inligting gefokus moet word.
Daar word besluit dat die PNS Raad weer die haalbaarheid van die Kompetisie oorweeg, die formaat herbesoek en die metodiek aan rolspelers verduidelik.
PNS Raad
Sekretariaat
J Loubser
I Slabbert
Saad
Beskikbaarheid van saad
Saadbestellings vir 2014 plantseisoen is geplaas. Saadmaatskappye gee die versekering dat alles moontlik gedoen word om genoeg kwaliteit saad betyds voor planttyd beskikbaar te hê.
Saadbehandeling op canola
Neem kennis dat die saad van meeste cultivars wat in die proewe gebruik word met Jockey behandel is.
Die gebruik van addisionele middels op saad
Die resultate van dr Lamprecht se toetse (op versoek van SSK) oor saadbehandeling om te bepaal wat die effek is wanneer saad met Apron en/of Thiram behandel word nadat dit reeds met Jockey en/of Gaucho behandel is, is by die sakelys aangeheg. Die proewe het bewys dat addisionele behandeling met Apron en Thiram nie enige fitotoksiese effekte gehad het nie, en die oorlewing van saailinge in ongepasteuriseerde grond aansienlik verbeter het.
Daar word aanbeveel dat die proef in oorleg met Prof Agenbag herhaal word en aangedui word waar die grond vandaan kom.
JWP Bruwer
A Agenbag
Ander sake
Nuusbrokkies
Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Canola Tydskrifartikels
Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Sprekers wat oorweeg kan word vir toekomstige Canolawerkgroepvergaderings
Neem kennis en besluit dat lede voorstelle van moontlike sprekers / onderwerpe vir toekomstige Werkgroepvergaderings aan die kantoor of prof Agenbag kan deurgee.
Almal
"Determination of the area of arable land suited to Canola production in the Western Cape"
Neem kennis dat die verslag deur Dr M Hardy en mnr M Wallace soos by die sakelys aangeheg deur Dr Hardy toegelig word. Volgens die opname is die oppervlakte geskik vir canola verbouing soos volg:
Traditional grain areas 743 506 ha New and marginal areas 42 788 ha Miscellaneous areas 12 372 ha
Die verslag is deur die PNS Raad aanvaar en sal ter inligting op die PNS webblad geplaas word.
Sekretariaat
Datums van volgende vergaderings
Neem kennis dat die volgende vergaderings vir 27 November 2013 geskeduleer word.
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.