Notule

Canolawerkgroepvergadering

gehou te Elsenburg op 14 April 2011



  1. Opening

    Die vergadering word deur Mnr Keun met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig veral Mnr M Heydorn, Voorsitter van CBK en Me K Naudé van SOILL.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr J de Kock PNS
    Mnr AP Theron PNS
    Mnr J Diekmann PNS
    Mnr JG Loubser PNS
    Mnr G Keun PNS
    Mnr E Harmse PNS
    Dr J Strauss DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr I Slabbert DLWK (Moorreesburg)
    Mnr G Conradie DLWK SKOG
    Dr J Labuschagne DLWK
    Mnr JJ Bruwer SSK
    Mnr JCG van Niekerk MKB
    Mnr P Laubscher OverbergAgri
    Dr E Hough MKB
    Mnr M Heydorn CBK
    Me K Naudé SOILL
    Prof A Agenbag US
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Afwesig met verskoning

    Dr M Griessel PNS
    Dr I Trautmann DLWK
    Dr T Brand DLWK
    Dr MB Hardy DLWK
    Dr G Tribe LNR-NIPB
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Mnr D Joubert PNS
    Mnr C Cumming Bayer Crop Science
    Mnr H van Vuuren Kaap Agri
    Mnr J Lusse Overberg Agri
    Mnr G Els K2 Agri
    Mnr K Schonken Produsente
    Mnr JJ Bester Produsente
    Mnr C Louw GSA

  3. Personalia

    Neem kennis dat Mnr Piet Lombard die M Tech graad behaal het.

  4. Vasstelling van die sakelys

    Geen verdere sake.

  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 2 Desember 2010 word as gelese beskou en goedgekeur.

    Daar word besluit dat die notule van die Canolawerkgroep gehou op 2 Desember 2010 na die Bemarkingskomitee verwys word vir plasing op die webblad.

    Mev Du Preez

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënstreek

      Swartland / Suid-Kaap

      Neem kennis dat

      • daar volgens verwagting nie meer canola in die MKB gebied geplant sal word nie, maar dat daar eerder meer soet lupiene in die Sandveld area geplant sal word;
      • daar in die Overberg area volgens saadbestellings en berekende teruggehoue saad ongeveer dieselfde oppervlakte canola geplant sal word;
      • daar in die SSK area ongeveer 14 000ha aanplantings verwag word.
    2. Somerreënstreek

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    3. Weervooruitskatting

      Mnr Cerfonteyn gee 'n oorsig van die afgelope maande se reënval en gee 'n vooruitskouing vir die komende maande. Daar word ver­wag dat La Nina toestande sal verswak. Vir Mei, Junie en Julie word neutrale toestande verwag en normaal tot ondernormale reënval word vir die Swartland en Suid-Kaap voorspel. Vir die volgende twee weke is die vooruitsigte vir reën in die saaigebiede swak.

      Daar word voorgestel dat mnr Cerfonteyn probeer vasstel of die reënval van die afgelope tyd "anders" as normaal is, byvoorbeeld eenmalige donderbuie teenoor meermalige sagter buie.

      Mnr Cerfonteyn

    4. Oesskatting

      Neem kennis van die NOK se tweede produksieskatting vir somergewasse vir die 2010/2011 produksie-seisoen soos by die sakelys aangeheg.

      Vooruitskatting vir canola 2011 aanplantings in die Wes- en Suid-Kaap – verwys punt 6.1 van hierdie notule.

    5. SAGIS Inligting

      Daar word besluit dat die jongste inligting Februarie 2011 soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word, naamlik:

      • die jongste markinligting;
      • die weeklikse bulletin;
      • die maandelikse bulletin
  7. Navorsing

    1. Nasionale Cultivarproewe

      1. Aanplantings 2010 – resultate

        Neem kennis dat die resultate in die Februarie 2011 Canolafokus asook in die artikel soos aangeheg by punt 11.5 vervat is.

        • Uit die resultate het die volgende na vore gekom: basterkultivars is onder die toppresteerders (hoër opbrengs as oopbestuifde kultivars);
        • die belangrikheid van kultivarkeuse kan nie oorbeklemtoon word nie;
        • die hoër koste van bastersaad word geregverdig deur die hoër opbrengs en beter vestigingsvermoë;
        • basterkultivars het beter weerstand teen swartstam;
        • omdat die bastersaad beter groeikragtigheid het, hoef die plantdigtheid nie so hoog te wees soos vir ander kultivars nie (gemiddeld 35 tot 50 plante per vk meter);
        • die verskil tussen baster- en oopbestuifde kultivars raak al kleiner;
        • basterkultivars swig onder onkruiddruk in Swartland.

        Daar word besin oor die rede hoekom die opbrengs in die laaste jare (gemiddeld 1,3 ton/ha) laer as in die begin jare is, terwyl die genetiese materiaal intussen verbeter het, daar meer ervaring opgedoen is en die oesproses aansienlik verbeter het. PNS sou graag wou sien dat die bedryf 'n mikpunt van ongeveer 1,6 ton/ha moet stel. Dit kan wees dat die weerstand teen siektes soos onder andere swartstam nog nie optimaal is nie.

        Verder word dit ook genoem dat daar weens die onkruiddoderweerstand in sekere areas TT kultivars gesaai moet word, wat noodwendig 'n laer opbrengs beteken. Canola kultivars is ook baie sensitief vir die tipe grond waarin dit gesaai word. Goeie bestuur van die hele wisselboustelsel en die gewas as sulks is uiters belangrik. Daar moet gelet word dat die bestuurstyl sal verskil wanneer daar met canola as gewas geboer word (deel van geïntegreerde boerderystelsel) teenoor wanneer dit net as "krisisbestuur" gebruik word.

        Daar word besluit dat

        • Mnr Lombard die opbrengs van die kultivars in die kultivarproewe sedert die begin per grafiek moet aandui;
        • daar vasgestel moet word watter rol die hoeveelheid water gebruik tydens die toediening van onkruiddoders in die effektiwiteit van die middel speel.

        Mnr Lombard

      2. Aanplantings 2011

        Neem kennis dat voorbereidings vir die 2011 proewe getref is en dat daar na die eerste reën geplant sal word.

        Mnr Lombard

    2. Bemesting

      1. N-bemesting van canola gebaseer op N-mineralisasie en loging

        Neem kennis dat die opgedateerde dokument van Prof Agenbag by die volgende sakelys aangeheg sal word.

        Sekretaris

      2. S-bemestingsbehoeftes van canola in die produksiegebiede van die Wes-Kaap

        Neem kennis dat die opgedateerde dokument van Prof Agenbag by die volgende sakelys aangeheg sal word.

        Sekretaris

    3. Pes- en plaagbeheer

      1. Monitering van insekte op canola

        Neem kennis dat geen verdere inligting beskikbaar is nie.

        Dr Tribe

        Die Werkgroep spreek hulle kommer uit oor die tekort aan entomoloë wat daar tans bestaan.

    4. Artikel: "Post-Sclerotinia Recommendations"

      Mnr Bruwer rapporteer dat die voorval van Sclerotinia in die Suid-Kaap opgevolg en na konsultasie met Dr Lamprecht bevestig is. Volgens inligting is alle kultivars vir Sclerotinia vatbaar. Mnr Bruwer sal dit verder met Dr Lamprecht opvolg en terugrapporteer.

      Mnr Bruwer

  8. Tegnologie oordrag

    1. Canolafokus

      Neem kennis dat 'n spesiale uitgawe van die Canolafokus met 'n verskeidenheid insette insake Monola in Februarie 2011 verskyn het.

      Oorweging vir verdere uitgawes:

      • lys van beskikbare dokumentasie/inligting rakende canola verbouing;
      • databasis oor canola siektes.
    2. Inligtingsdae 2011


      NAMPO Oesdag 17-20 Mei
      Proefbesigtiging Swartland 23 Augustus
      Roodebloem Boeredag 30 Augustus
      Proefbesigtiging Suid-Kaap 31 Augustus
      Riversdal Boeredag 1 September
      SKOG Dag 8 September
      Agri Mega Week 14-16 September

      PNS sal 'n stalletjie tydens die Mega Week beman.

    3. Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola: gebruik van Cruiser op canola

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    4. Webstudies

      Neem kennis dat soveel as moontlik inligting op die webblad beskikbaar gemaak word en lede van die Werkgroep vrylik daarvan ge­bruik kan maak.

      Almal

    5. Internasionale samewerking: Australië

      Mnr Keun gee terugvoering insake internasionale samewerking met Australië.

      Daar word verder kennis geneem dat daar beplan word om tydens die komende seisoen deeglike monitering ten opsigte van swart­stambesmetting (verskillende kultivars) op Dr Strauss se proewe te doen waarna die inligting in die Canolafokus gepubliseer sal word.

      Dr Strauss

  9. Behoeftes van

    1. Mark

      1. Generiese reklame

        Neem kennis dat

        • Prof Agenbag in die proses is om 'n lys van alle beskikbare canola bladskrifte/inligtingstukke saam te stel en dit ter inligting by die volgende sakelys aangeheg sal word;
        • Die inligting wat uit die canola produsente kompetisies verkry word, ook saamgevat en hierby ingesluit moet word;
        • Die beskikbare dokumente wat gelys is in harde kopie by boeredae beskikbaar gemaak moet word.

        Prof Agenbag

        Daar word verder kennis geneem dat SOILL ook beplan om soveel as moontlik inligting op hulle webblad te plaas en dat skakeling tussen PNS en SOILL se webblaaie oorweeg sal word.

        Mnr Keun
        Me Naudé

        Daar word ook aanbeveel dat inligting oor canola vir die DLWK se webblad vir landbou voorligters beskikbaar gestel moet word. Mnr Keun sal dit met die DLWK opvolg.

        Mnr Keun

        CBK sal aandui indien en oor watter aspekte die produsente verdere inligting verlang.

        Mnr Heydorn

        Die vergadering neem kennis dat SOILL op aandrang van hulle kopers ten opsigte van naspeurbaarheid van produkte in oor­leg met GSA in die proses is om 'n "canola paspoort" te ontwikkel. Daar sal op die paspoort aangedui moet word watter che­miese middels gedurende die seisoen op die gewas gespuit / gebruik is. 'n Lewering moet vergesel word van 'n volledig inge­vulde paspoort.

    2. Produsente

      1. Canola oesverliese

        Neem kennis dat die finale verslag van Dr Strauss se navorsingsprojek oor oesverliese in proses is.

        Dr Strauss

  10. Saad

    Neem kennis van die Artikel oor Monola wat in die Farmers Weekly van 4 Maart 2011 verskyn het. Besluit dat die saak daar gelaat word.

  11. Ander sake

    1. Inligting vir plasing op die PNS-webblad

      Daar word versoek dat lede goeie kleurfoto's (met onderskrifte) vir gebruik op die webblad aan die kantoor beskikbaar moet stel.

      Almal

    2. Lupien- en canolakonsultasieverslae

      PNS stel jaarliks 'n ad hoc bedrag beskikbaar waarmee Dr S Lamprecht op versoek van individue in die bedryf namens die PNS siektes op canola en lupienplante kan evalueer en identifiseer. Verslae van die konsultasies was ter inligting by die sakelys aangeheg.

      Dit word beklemtoon dat die inligting uit die konsultasies verkry wyer as die individu wat die ondersoek aangevra het, beskikbaar gestel moet word.

      Besluit dat

      • MKB verantwoordelikheid sal neem om die inligting ten opsigte van lupiene aan elke produsent wat lupiene plant, te voorsien;

        Mnr van Niekerk

      • Die inligting uit die konsultasie verslae verkry is in produsentvriendelike taal beskikbaar gestel moet word;
      • Die inligting insake lupiensiektes ook vir produsente se inligting in die Canolafokus gepubliseer sal word;

        Redaksie

      • Die inligting ook in die GSA Tydskrif, SA Graan publiseer kan word;
      • Die inligting ook via CBK, landboubesighede en landbouverenigings aan produsente gekommunikeer kan word;
      • Produsente ingelig word sodat hulle potensiële siektes maklik kan identifiseer en korrek bestuur;

        Almal

      • Prof Agenbag onderneem om in oorleg met Dr Lamprecht 'n databasis van alle moontlike siektes op canola saam te stel (met foto's) en aan produsente beskikbaar te maak/in die vorm van 'n handleiding.
    3. "Australian Oilseeds Federation (AOF) Crop Report"

      Neem kennis van die inligting soos deur die AOF beskikbaar gestel.

    4. "17th Australian Research Assembly on Brassicas (Arab) Conference Information"

      Neem kennis dat inligting omtrent die ARAB konferensie van 15 tot 17 Augustus 2011 in Australië by die sakelys aangeheg is.

      Almal

    5. Canola Tydskrifartikels

      Neem kennis dat die volgende artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is:

      • Canola toon groot belofte in noorde – Landbouweekblad 4 Maart 2011
      • Verslag: Ondersoek na redes waarom boere nie meer canola plant nie
      • Verslag: Nasionale canola kultivarproewe
    6. Plaaslike canolaproduksiesyfers

      Neem kennis dat die inligting omtrent plaaslike canola produksiesyfers sedert 1993 ter inligting by die sakelys aangeheg is.

      Mnr Keun sal die syfers met die NOK syfers vir die ooreenstemmende jare verifieer.

      Mnr Keun

  12. Datums van volgende vergaderings

    • 14 Junie
    • 25 Augustus
    • 23 en 31 Augustus Proewe besoek
    • 1 Desember

    Besluit dat mnr Dirk Uys van Bayer as spreker na die volgende vergadering op 14 Junie 2011 genooi word.

    Mnr Keun

  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.