Notule

Canolawerkgroepvergadering

gehou te Elsenburg op 25 Augustus 2011



  1. Opening

    Die vergadering word deur Dr De Kock met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr J de Kock PNS
    Mnr AP Theron PNS
    Mnr JG Loubser PNS
    Mnr G Keun PNS
    Mnr Kobus van Tonder PNS
    Mnr D Joubert PNS
    Mnr C Cumming PNS
    Dr J Strauss DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Me L Smorenburg DLWK
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr I Slabbert DLWK (Moorreesburg)
    Mnr G Conradie DLWK SKOG
    Dr G Tribe LNR-NIPB
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Mnr J Lusse Overberg Agri
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr JJ Bruwer SSK
    Mnr JCG van Niekerk MKB
    Dr E Hough MKB
    Mnr D Koch CBK
    Mnr JJ Bester GSA
    Mnr G Els KKSB (Klein Karoo Saad Bemarking)
    Mnr S Cleophos DLWK (op uitnodiging)
    Prof A Agenbag US
    Me K Naudé SOILL
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Verskoning vir afwesigheid

    Dr I Trautmann DLWK
    Dr T Brand DLWK
    Mnr M Heydorn CBK
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr H van Vuuren Kaap Agri
    Mnr K Schonken Produsent
    Mnr P Marais
    Mnr L Wille
    Mnr J Loubser

  3. Personalia

    Geen.

  4. Vasstelling van die sakelys

    12.4   Inligting oor DLWK se Smart Pen

  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 14 Junie 2011 word as gelese beskou en met wysiging goedgekeur.

    Daar word besluit dat die notule van die Canolawerkgroep gehou op 14 Junie 2011 na die Bemarkingskomitee verwys word vir plasing op die webblad.

    Mev Du Preez

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënstreek

      Swartland / Suid-Kaap

      Neem kennis dat

      • die stande in die Swartland na die onlangse reën op die oomblik baie goed is en dat 'n gemiddelde oes verwag word (indien dit weer in September sal reën!);
      • die Suid-Kaap 'n baie goeie seisoen beleef (van "mooi" tot "mooier"!), dat 'n goeie gemiddelde opbrengs verwag word en daar reeds teen middel September begin sal word om plat te sny.
    2. Somerreënstreek / Oos-Kaap

      Neem kennis dat die stande van die aanplantings onder besproeiing goed is.

    3. Weervooruitskatting

      Mnr Cerfonteyn is nie beskikbaar vir verslag / vooruitskatting nie.

    4. Oesskatting

      Neem kennis van die NOK se vierde skatting vir die 2010/2011 produksie-seisoen soos by die sakelys aangeheg.

      Volgens beraming van landboubesighede is 14 143 ha in die SSK gebied en 13 400 ha in die Overberg Agri gebied geplant. Totaal van Swartland nog onbekend.

      Lupiene word in die Swartland sowel as Suid-Kaap, meestal vir eie gebruik geplant.

    5. SAGIS Inligting

      Daar word besluit dat die jongste inligting (Julie 2011) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word, naamlik:

      • die jongste markinligting;
      • die weeklikse bulletin;
      • die maandelikse bulletin
  7. Navorsing

    1. Nasionale Cultivarproewe

      1. Aanplantings 2011

        Neem kennis dat terugvoering oor die 2011 proefaanplantings gegee word. Die proefbesigtiging in die Swartland is afge­handel en die Suid-Kaap proewe word op 31 Augustus besoek.

        Mnr Lombard

    2. Bemesting

      1. S-bemestingsbehoeftes van canola in die produksiegebiede van die Wes-Kaap

        Die vergadering bespreek die noodsaaklikheid van die regte swael-inhoud van grond waar canola geplant word. Daar word aanbeveel dat grondontledings gereeld gedoen moet word en dat swaeltoediening daarvolgens moet geskied. Die ideaal vir canola is 6 dele per miljoen. Die swael-inhoud van grond in die Swartland is gemiddeld laer as dié van die grond in die Suid-Kaap. Swael behoort deel van die bemestingspakket vir canola te wees.

        Neem kennis en besluit dat die resultate van navorsing wat oor swaelbemesting beplan word, afgewag word.

        Prof Agenbag

    3. Pes- en plaagbeheer

      1. Monitering van insekte op canola

        Neem kennis dat Dr Tribe terugvoering oor die monitering van slakke en isopoda op canola rapporteer. Daar is vanjaar min skade aangerig. Die toestande gedurende planttyd en daarna was goed, wat waarskynlik die effek van slakke aansienlik ver­minder het.

        Dr Tribe

        Daar word verder kennis geneem van die CBK se navraag omtrent die effek wat chemiese behandeling van saad wat een jaar oorgehou en die volgende jaar gesaai word, op ontkieming kan hê.

        Daar is by die CBK besluit dat daar by die saadmaatskappye hieroor navraag gedoen moet word. Tydens die bespreking word daar ook genoem dat die middel waarmee behandel is en die toestande waarin die saad gedurende die jaar opgeberg is, moontlik ook 'n rol kon speel. Produsente moet seker maak dat saad nie dubbel behandel word nie.

    4. Sclerotinia Initiative

      Neem kennis dat mnr Keun terugvoering oor sy besoek aan Amerika rapporteer. Landboubesighede monitor die voorkoms van Sclerotinia en sê dat die persentasie besmetting vanjaar hoër is as gedurende die vorige seisoen.

  8. Tegnologie oordrag

    1. Canolafokus

      Neem kennis dat die nuwe Canolafokus gereed is vir publikasie en binnekort beskikbaar sal wees.

      Redaksie

    2. Inligtingsdae


      Roodebloem Boeredag 30 Augustus
      Proefbesigtiging Suid-Kaap 31 Augustus
      Riversdal Boeredag 1 September
      SKOG Dag 8 September
      Agri Mega Week 14-16 September

    3. Onderwerpe vir webstudies

      Neem kennis dat die volgende inligting by die sakelys aangeheg is:

      • Weather damaged canola seed and the importance of test weights;
      • Regulations relating to the grading, packing and marking of canola intended for sale in the republic of SA;
      • Australian canola varieties available.
      • Mnr Keun

    4. Internasionale samewerking: Australië

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

      Mnr Keun

    5. Internasionale samewerking: Kanada

      Neem kennis dat mnr A Theron en prof A Agenbag oor die afgelope studietoer na Kanada terugvoering gee. 'n Amptelike verslag sal per geleentheid aan die Werkgroep beskikbaar gestel word en die aanbevelings sal opgevolg word.

      Mnr Keun

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      1. Generiese reklame

        Daar word gerapporteer dat die moontlikheid van 'n muurkaart oor sekere aspekte van die canola-kalender asook die groei­stadium van plante en die effek van die klimaat daarop, ondersoek word.

        Prof Agenbag

      2. SOILL – "Canola paspoort"

        Neem kennis dat GSA en SOILL in oorleg met die bedryf 'n lys van middels opgestel het wat vir die gebruik op canola regi­streer moet word. Die aansoek om "minor crop" registrasie is reeds by die Registrateur van Wet 36 ingedien. Terugvoering word afgewag. Intussen sal daar van produsente verwag word om die komende seisoen op 'n "informele basis" reeds die vorm waarop onder andere aangedui moet word watter chemiese middels op gewasse gebruik is, te voltooi.

        Me Naudé
        Mnr Heydorn

        Daar word verder kennis geneem dat die volgende produsentepryse vir die 2011-seisoen deur SOILL afgekondig is:

        Minimum R3 575 per ton
        Vaste prys R3 675 per ton
        Maksimum R3 825 per ton

        'n Agterskot van R250 per ton is vir die 2010 lewerings betaal.

    2. Produsente – Canola

      1. Canola oesverliese

        Neem kennis dat die finale verslag van Dr Strauss se navorsingsprojek oor oesverliese vrygestel is en die bestuursopsom­ming ter inligting by die volgende sakelys aangeheg sal word.

        Mnr Keun

        Daar word verder kennis geneem dat dr Strauss as sekretaris van die nuutgestigte "Bewaring Wes-Kaap Landbou" ("No-till club") toeligting oor die forum verskaf. Die DLWK het die stigting van die informele gespreksforum vir produsente geïnisieer, maar dit sal deur produsente bedryf word. Die Voorsitter van die Loodskomitee is mnr J Schoonwinkel. Enigeen kan as lid by die forum aansluit.

  10. Saad

    Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

  11. Ander sake

    1. Inligting vir plasing op die PNS-webblad

      Daar word versoek dat lede goeie kleurfoto's (met onderskrifte) vir gebruik op die webblad aan die kantoor beskikbaar moet stel.

      Almal

    2. Lupien- en canolakonsultasieverslae

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    3. Canola tydskrifartikels

      Neem kennis dat die volgende artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is:

      • Groter canola-oes met swael en stikstof – Landbouweekblad 2 Julie 2011
      • Streek is droog by halfpadmerk – Landbouweekblad 12 Augustus 2011
    4. Spreekbeurt: DLWK – Smart Pen

      Neem kennis dat mnr Uys van Bayer nie as spreker beskikbaar is nie.

      Mnr S Cleophas (Farmer Support Development) verskaf toeligting oor die Smart Pen wat deur die DLWK se voorligters gebruik word.

    5. Publikasies deur Dr Lamprecht

      Neem kennis en besluit dat die twee publikasies deur dr Lamprecht ter inligting by die volgende sakelys aangeheg sal word.

      Mnr Keun

  12. Datums van volgende vergaderings

    • 31 Augustus Proewe besoek
    • 1 Desember
  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.