Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou op 2 Junie 2010 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Die vergadering word met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral mnr Ferreira asook mnre Joubert en Theron van PNS Raad.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Mnr D Joubert PNS Mnr SG Ferreira PNS Mnr AP Theron PNS Mnr JG Loubser PNS Dr J Strauss DLWK Dr M Hardy DLWK Dr H Cerfonteyn DLWK Dr G Conradie DLWK Dr J Kellerman Agricol Dr P Laubscher Overberg Agri Dr JJ Bruwer SSK Dr JCG van Niekerk MKB Dr J Smuts CBK Prof A Agenbag US Dr GB Tribe LNR-NIPB Dr S Lamprecht LNR-NIPB Mnr G Keun PNS Me L van Zyl Sekretariaat Verskonings
Dr I Trautmann DLWK Me A Swanepoel DLWK Me L Smorenburg DLWK Mnr P Lombard DLWK Mnr I Slabbert DLWK Dr J Labuschagne DLWK Dr T Brand DLWK Dr JJ Bester GSA Dr K Schonken GSA Dr T le Roux CBK Dr J McDermott Du Pont Dr C Cumming Bayer Crop Science Mnr J Lusse Overberg Agri Me E Hough MKB Me K Becker SOILL Me H van Vuuren Kaap Agri Dr N Kotzé Agricol Me F Martin Agricol Dr J de Kock PNS Personalia
Mnr A Theron word gelukgewens met sy verkiesing as Vise-Voorsitter van GSA Nasionaal.
Vasstelling van sakelys
Geen verdere sake.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 4 Februarie 2010 word as gelese beskou en goedgekeur.
Daar word besluit dat die notule van die Canolawerkgroep gehou op 4 Februarie 2010 na die Bemarkingskomitee verwys word vir plasing op die webtuiste.
Mev Du Preez
Algemene oorsig
Winterreënstreek
Canola
Swartland / Suid-Kaap
Die Swartland het baie reën gehad en daar kon betyds geplant word. Die stande lyk op die oomblik goed, maar dit is nog onseker hoeveel canola geplant is. Daar is slakke in die koring- en canolalande en sedert middel Mei is daar ook baie onkruide.
In die Swartland word medics as wisselbougewas ook gewild onder produsente.
Die Suid-Kaap (veral die oostelike gedeelte) het 'n ernstige droogte. Volgens saadbestellings is daar in die Overberg Agri gebied minder canola as die vorige jaar gesaai. Waar daar wel gesaai is, is die opkoms en stand van die gewasse wisselvallig.
Oos-Kaap
Die Voorsitter was in gesprek met dr Schweiger van Phyto Energy oor hulle beoogde biobrandstof aanleg in die Oos-Kaap (by Port Elizabeth). Alles is nog in 'n begin-fase.
Somerreënvalstreek
Daar is sover bekend, geen verdere aanplantings in die somerreënstreek nie. Daar was navrae uit Natal en die Noord-Kaap.
Weervooruitskatting
Mnr Cerfonteyn gee 'n oorsig oor die afgelope maande se reënval en gee 'n vooruitskouing vir die volgende maande. Die reënvalvoorspelling vir die Suid-Kaap bly onder-normaal.
Die RSA se damme is 90% vol en die damme in die Wes-Kaap 62%.
Mnr Cerfonteyn
Oesskatting
Volgens die NOK se April 2010 opname word canola aanplantings van 37 500ha vir 2010 verwag. Die finale syfers vir 2009 is soos volg:
- Oppervlakte: 35 060 hektaar
- Finale oes: 40 350 ton
- Tonnemaat gelewer: 40 112 ton
Mnr Cerfonteyn
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die jongste inligting (Januarie 2010) soos deur SAGIS verskaf en wat ter inligting by die sakelys aangeheg is, aanvaar word, naamlik:
- die jongste markinligting (April 2010)
- die weeklikse bulletin
- die maandelikse bulletin
Prysvooruitskatting en Internasionale Markinligting
Dr Griessel rapporteer oor die internasionale mark en gee prysvooruitskouings ten opsigte van die pryse wat veevoervervaardigers bereid sal wees om te betaal. Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad op 28 Mei 2010, beloop R3 169. Wisselkoers = R7,58.
Canola
Die afgeleide waarde van volvet canola (teenoor sojabone) is soos volg:
Pluimvee (94%) R2 979 Varke (100%) R3 169 Suiwel (58%) R1 838 Die relatiewe waarde van canola oliekoek (met minder as 1% vet) is dus soos volg:
Pluimvee (53%) R1 680 Varke (65%) R2 060 Suiwel (60%) R1 901 Produsentepryse vir canola
Geen kontrakpryse is nog bekend gemaak nie.
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe
Cultivarproewe 2009
Daar word kennis geneem dat die resultate van die 2009 cultivarproewe in die Januarie 2010 Canolafokus gepubliseer is. Die ontledings ten opsigte van die olie en proteïen-inhoud is nog in proses.
Mnr Lombard
Daar word besluit dat daar by 'n volgende vergadering verder oor die aanwending van die cultivarproewe se resultate besin moet word.
Voorsitter
Aanplantings 2010
Daar word gerapporteer dat die stand van die SKOG-proewe goed is. In die Suid-Kaap is proewe geplant by Riversdal, Tygerhoek (middel Mei) en Swellendam (2 Junie). Reën is dringend nodig in die Suid-Kaap.
Mnr Lombard
Pitvaste cultivars om oesverliese te beperk
Volgens die navorsers is dit nie nodig of prakties haalbaar om cultivars vir pitvastheid te ontleed nie. Die cultivars word geteel vir pitvastheid, maar faktore soos grond en omgewingstoestande, ongelyke rypwording, meganiese prosesse en oesmetodes soos platsny, optel en stroop van die gewas kan 'n invloed op oesverliese hê.
Daar word besluit dat vrae hieroor geformuleer en tydens die vergadering van 26 Augustus aan mnr Potter van Australië gevra sal word.
Almal
Effek van saadgrootte op olie-inhoud van die saad
Mnr Lombard sal tydens die 2010 proewe met die evaluering ten opsigte van die effek van saadgrootte voortgaan en waarnemings in die verslae aantoon.
Mnr Lombard
Bemesting
"N-bemesting van canola gebaseer op N-mineralisasie en loging"
Die navorsingswerk insake die invloed van N-bemesting op canola gaan voort.
Prof Agenbag
"S-bemestingsbehoeftes van canola in die produksiegebiede van die Wes-Kaap"
Die navorsingswerk insake die invloed van S-bemesting op canola word voortgesit.
Prof Agenbag
Wisselbou-projek: effek van canola op opvolggewas
Die literatuur toon aan dat daar nie altyd dieselfde resultaat verkry word wanneer canola voor 'n ander gewas binne een jaar geplant word nie.
Prof Agenbag dui aan dat hy 'n navorsingsaansoek in hierdie verband gaan voorlê.
Mnr Keun
Prof Agenbag
Pes- en Plaagbeheer
Monitering van insekte op canola
Daar word kennis geneem dat daar weer slakke in die Swartland voorkom en dat dr Tribe in die proses is om die toestande te ondersoek. Produsente is aangeraai om reeds met saaityd slakpille te strooi. Tot dusver is geen isopoda waargeneem nie.
Dr Tribe
Biobrandstowwe
Daar word kennis geneem dat geen verdere inligting beskikbaar is nie en daar word besluit dat die saak voorlopig daar gelaat word.
Verlaging van onkruidsaadbank
Geen verdere inligting is beskikbaar nie en daar word besluit dat die saak voorlopig gelaat word.
Tegnologie-oordrag
Canolafokus
Besluit dat die volgende artikels vir publikasie in die Canolafokus aan die Redaksie voorsien moet word:
- Data oor stelsels om raaigras te beheer – Dr Hardy
- Praktiese wenke ten opsigte van beperking van oesverliese
- Inligting oor insekbeheer, byvoorbeeld ruitrugmot.
Redaksie
Inligtingsdae 2010
20 Julie 2010 Inligtingsdag by Tygerhoek 30-31 Augustus 2010 Besoek aan cultivarproewe 15 tot 18 September 2010 Agri Megaweek 1 September 2010 Roodebloem Boeredag 2 September 2010 Riversdal Boeredag 9 September 2010 SKOG Dag
Registrateur Wet 36 (Fertilizers, Farm feeds, Agricultural remedies and Stock remedies Act)
Neem kennis dat geen vordering ten opsigte van die registrasie van nuwe chemiese middels gerapporteer kan word nie. Daar word besluit dat die saak voorlopig daar gelaat word.
Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola – aansoek vir registrasie van Cruiser op canola
Daar word gerapporteer dat Cruiser as saadbehandeling teen swamme en insekte geregistreer is, maar nog nie deur Syngenta vrygestel is nie. Mnr Keun sal dit opvolg.
Goeie saai/groei toestande sal die effek van saadbehandeling bevorder. In die praktyk voel produsente dat saadbehandeling nie 'n beduidende bydrae tot hoër opbrengs het nie. Aangesien dit teen 'n lae koste gedoen kan word, word daar aanbeveel dat saadbehandeling wel toegepas moet word, verkieslik met Cruiser sodra dit beskikbaar is. Daar moet egter seker gemaak word of en indien wel, waarvoor saad reeds behandel is wanneer dit aangekoop word. Cruiser moet nie gebruik word op saad wat reeds met 'n ander middel behandel is nie.
Suid-Kaap canola produsente van die jaar
Die verslag van die Canola Kompetisie in die Suid-Kaap word aan lede voorsien en verder toegelig.
Canola vaar goed as deel van 'n wisselboustelsel. Canola moet verkieslik net elke vierde jaar op dieselfde land geplant word om Swartstam te voorkom. Swartstamspore in die grond verminder stelselmatig oor drie jaar waarna daar weer canola geplant kan word.
Neem kennis dat die volgende wenners aangekondig is:
- Beste opbrengs: Theunissen Familie Trust
- Tweede beste opbrengs: AG Beukes
- Beste bruto marge: Theunissen Familie Trust
- Tweede beste bruto marge: Wankie Boerdery
Neem kennis dat die PNS Raad besluit het dat die formaat van die verslag aangepas sal word om verdere inligting deur te gee.
Mnr Keun
Mnr Slabbert
Mnr JG Loubser
Behoeftes van
Mark – Canola
Generiese reklame
Daar word gerapporteer dat die PNS besluit het dat daar oor die volgende drie tot vyf jaar 'n daadwerklike generiese reklame veldtog om die produksie en gebruik van canola te stimuleer, geloods gaan word. Vlugskrifte word saamgestel en versprei. Die waarde van canola in 'n wisselboustelsel moet veral gepropageer word. Produsente moet dit ook as 'n volwaardige kontant gewas beskou en dit so hanteer. Suksesverhale in die bedryf behoort groter blootstelling te kry.
Mnr Keun
Prof Agenbag
Produsente – Canola
Canola oesverliese
Dr Strauss deel die volgende waarnemings/aanbevelings vir produsente ten opsigte van sy navorsingsprojek oor oesverliese en die beperking daarvan, met die vergadering:
- gedurende 2008 was daar onderskeidelik 43% oesverlies by direk stroop en 31% verlies by platgesnyde canola;
- gedurende 2009 was daar onderskeidelik 37% verlies by direk stroop en 33% by platgesnyde canola;
- die tol- en grondspoed van stroper moet dieselfde wees;
- platsnyer en stroper se kapasiteit moet ooreenstem;
- wind en/of swaar reën voor oestyd veroorsaak verliese;
- stadium van doodspuit en platsny sal verskil;
- daar moet binne 'n sekere aantal dae na platsny gestroop word;
- gebruik 'n goeie optelmasjien;
- oes eerder vroeër en droog die pitte as te laat oes en groot oesverliese te ly;
- daar word by produsente aanbeveel dat daar teen 10 tot 12% vog geoes moet word om verliese te beperk.
Dr Strauss
Verslag van reis na Australië
Daar word besluit dat mnre P Laubscher en J Bruwer by die volgende vergadering 'n kort verslag oor hulle toer na Australië sal gee.
P Laubscher
J Bruwer
Saad
Saad – Canola
Geen verdere inligting is beskikbaar nie en daar word besluit dat die saak voorlopig daar gelaat word.
Ander sake
Inligting vir plasing op die PNS webtuiste, naamlik nuusbrokkies en kleurfotos
Daar word versoek dat lede goeie kleurfotos vir plasing op die webtuiste aan die kantoor beskikbaar moet stel.
Almal
Inkomste- en Kosteberamings 2009
Die opgedateerde inligting oor inkomste en kosteberaming ten opsigte van canola, lupiene, koring en gars is by die sakelys aangeheg. Mnre Ferreira en Joubert gee verdere toeligting. Meeste van die inligting is vanaf landboubesighede of groepbesprekings versamel en verwerk. Insetkostes en praktyke op plase wissel van streek tot streek. Oeskoste word bereken volgens die meganisasiekoste register (petrol, reparasies, ure per hektaar). Saadpryse word bereken teen 'n gemiddeld van die onderskeie cultivars.
Daar word aanbeveel dat die datum van die spesifieke dag waarop 'n prys geldig is, vir duidelikheid in die tabelle bygevoeg moet word. Dit is vir die produsente belangrik dat die omstandighede en praktyke in elke streek afsonderlik vergelyk moet word en die regte stel inligting vir die spesifieke streek saamgestel moet word.
Daar word besluit dat mnr Ferreira persone in die bedryf sal nader om met die berekening van die oorhoofse koste vir elke streek behulpsaam te wees.
PNS
E-pos oor kwaliteit van canola
Besluit dat die saak as afgehandel beskou word en van die sakelys afgehaal word.
Datums van 2010 vergaderings
- 26 Augustus
- 30 and 31 Augustus – besigtiging van cultivarproewe
- 1 Desember – afsluitingsfunksie
- 2 Desember
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.