Lupino 12 Februarie 2003
Artikel indeks
- Algemene oorsig
- Reënval oorsig
- Agronomiese praktyke
- Figuur 2: Lupien opbrengs by Caledon
- Figuur 3: Lupien opbrengs by Napier
- Figuur 4: Lupien opbrengs by Tygerhoek (saaityd 1)
- Figuur 5: Lupien opbrengs by Tygerhoek (saaityd 2)
- Figuur 6: Lupien opbrengs by Swellendam
- Figuur 7: Lupien opbrengs by Heidelberg
- Figuur 8: Lupien opbrengs by Mosselbaai
- Figuur 9: Lupien opbrengs by Philadelphia
- Figuur 10: Lupien opbrengs by Langgewens (saaityd 1)
- Figuur 11: Lupien opbrengs by Langgewens (saaityd 2)
- Figuur 12: Lupien opbrengs by Darling
- Figuur 13: Lupien opbrengs by Hopefield
- Figuur 14: Lupien opbrengs by Porterville
- Figuur 15: Lupien opbrengs by Eendekuil
- Figuur 16: Demonstrasieproef by Malmesbury
- Figuur 17: Demonstrasieproef by Graafwater
Lupien cultivarevaluasie in die Wes- en Suid-Kaap 2002
DJ Hanekom, P Lombard en H de Wet
Algemene oorsig (Langvlei: Abrie Richter)
Landboutoestande gedurende 2002 was baie meer gunstig vir lupienproduksie in beide die Wes- en Suid-Kaap in vergelyking met die 2001 seisoen. Volgens beraming is daar ongeveer 10 000ha soetlupien in die gebiede gesaai wat 'n afname van 4 000ha teenoor die die vorige jaar (2001) is. Verskeie redes bestaan vir die afname in soetlupienproduksie. Die vrees vir antraknose by breëblaarlupiene het produsente ontmoedig met die gevolg dat daar ongeveer slegs 150ha gesaai is. Sommige produsente het oorgeskakel na soetsmalblaar lupiene terwyl ander geen ander lupiene gesaai het nie. Dit blyk ook dat enkele produsente soetlupien produksie laat vaar het en oorgeskakel het na bitterlupiene of canola. Die oppervlaktes (ha) onder soetlupiene vir die verskillende produksie areas was as volg:
BNK | 200 (500) | CRK | 1 800 (3 000) |
SSK | 250 (100) | Tuinroete Agri | 150 (?) |
MKB | 4 700 (3 400) | Boland Agri | 2 000 (3 000) |
WPK | 1 000 (4 000) |
Syfers in hakkies – 2001 oppervlaktes onder lupien produksie.
Oor die algemeen is laer saadopbrengste behaal as wat verwag is. Saadopbrengste het gewissel van minder as 1 ton tot ongeveer 1.5 ton/ha terwyl enkele produsente 'n saadopbrengs van 2 ton en self meer gerapporteer het. Bolwurms was in sommige areas 'n redelik ernstige probleem en meer as een bespuiting was in sekere gevalle nodig. By geel- en breëblaarlupien aanplantings was antraknose weereens 'n ernstige probleem. Breëblaarlupien (Cedara 6150) aanplantings in die George, area van siektevrye saad afkomstig van Kwazulu-Natal, was skoon van antraknose en goeie opbrengste is behaal.
Daar was 'n groot aanvraag vir soetlupien by kopers en goeie pryse van R1 500 tot R1 600 per ton is vir soetsmalblaarlupiene betaal. Slegs 'n klein hoeveelheid (± 50 ton) breëblaar lupiene is aangebied. Sommige produsente het egter probleme ondervind met die proteïeninhoud van smalblaarlupiene wat nie aan die minimum vereiste van 31% (droë basis) voldoen het nie. Die lae proteïeninhoud kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat produsente nie meer lupiensaad ent voor saai nie.
Die Departement Landbou:WK het gedurende die 2002 seisoen 'n reeks kultivar proewe in die Suid- en Wes-Kaap uitgevoer. Proewe is op ses lokaliteite, wat strek van Mosselbaai tot Caledon in die Suid-Kaap streek, uitgevoer terwyl daar ook op ses lokaliteite in die Wes-Kaap van Philadelphia tot Eendekuil aangeplant is. By elk van die proefplase in die twee gebiede naamlik by Tygerhoek (Suid-Kaap) en Langewens (Wes-Kaap) is beide 'n vroeë en 'n laat aanplanting gedoen. Demonstrasieproewe is ook op Malmesbury, en Graafwater uitgevoer.
Reënval oorsig
Klimaatstoestande tydens die 2002 seisoen is gekenmerk deur baie gunstige toestande wat in beide die Suid-Kaap en Swartland voorgekom het. Goeie neerslae het oor bykans die hele streek voorgekom en afgesien van effe koue toestande gedurende Junie was temperature gematig tydens die hele groeiseisoen. Die reënvalsyfers soos gemeet in die verskillende gebiede word in figuur 1 getoon.
Agronomiese praktyke
Proefpersele by beide die Swartland en Suid-Kaap lokaliteite het 'n vlak tandbewerking voor plant gekry ten einde 'n fyn en gelyke saadbed te verseker. Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisendkorrelmassa, ontkiemingspersentasie van elke cultivar is bepaal. Saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van 45 plante/m² te verseker.
Alle bemesting wat toegedien is, is gebasseer op grondontledings wat by elke proefperseel geneem is. Bemesting is volgens aanbeveling van die Elsenburg grondontledingslaboratorium gedoen. Molibdeen en boor blaarbespuiting is by alle lokaliteite op ongeveer 60 tot 70 dae na plant gedoen.
Onkruidbeheer waar nodig is volgens onkruidspesie en -druk toegepas. Hoofsaaaklik is daar gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met simasien gevolg deur na-opkomsbeheer met Brodal (deflufenican) en Focus Ultra (cycloxydim). Insekbeheer het hoofsaaklik bestaan uit 'n bespuiting teen rooibeensandmyt en lusernerdvlooi, gevolg deur bespuitings later in die seisoen vir die beheer van plantluise en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) en Dursban (chlorpiriphos). Alle proewe is op 'n 10 tot 14 dae siklus met 'n mengsel van Amistar en Folicur en gespuit om antraknose te beheer.
Met rypwording is persele gestroop met behulp van 'n Wintersteiger perseelstroper waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is. Smalblaarcultivars wat geneig is tot uitspring is platgesny op ongeveer 60% vog.
Bewerking | Afgesien van die primêre bewerkings wat deur medewerkers gedoen is, is die proefpersele in die Swartland voor plant met 'n Agritec ghrop bewerk. Die proewe in die Suid-Kaap is vooraf met 'n Kongskilde bewerk.
|
Vestiging | Die proewe is geplant met 'n Wintersteiger perseelplanter. Die duisend-korrelmassa, ontkiemings% van elke kultivar is bepaal. Saaidigthede is bereken ten einde 'n mikpunt van 45 plante/m2 te verseker.
|
Bemesting | Alle bemesting wat toegedien is, is gebasseer op grondontledings wat by elke proefperseel geneem is. Bemesting is volgens aanbeveling van die Elsenburg grondontledingslaboratorium gedoen. Molibdeen en boor blaarbespuiting is by alle lokaliteite op ongeveer 60 tot 70 dae na plant gedoen.
|
Onkruidbeheer | Onkruidbeheer waar nodig is volgens onkruidspesie en -druk toegepas. Hoofsaaaklik is daar gebruik gemaak van 'n voorsaai bespuiting met simasien gevolg deur na-opkomsbeheer met Brodal (deflufenican) en Focus Ultra (cycloxydim).
|
Insekbeheer | Insekbeheer het hoofsaaklik bestaan uit 'n bespuiting teen rooibeen-sandmyt en lusernerdvlooi, gevolg deur bespuitings later in die seisoen vir die beheer van plantluise en bolwurms. Die middels wat gebruik is, was Dimet (dimetoaat) en Dursban (chlorpiriphos).
|
Swambeheer | Alle proewe is op 'n 10 tot 14 dae siklus met 'n mengsel van Amistar en Folicur en gespuit om antraknose te beheer.
|
Oesaksies | Persele is direk gestroop met behulp van 'n Wintersteiger perseelstroper waarna die saad skoongemaak en toegelaat is om 'n resulterende vogpersentasie te bereik voordat dit geweeg is. Smalblaarkultivars wat geneig is tot uitspring is platgesny op ongeveer 60% vog. |
Caledon (Boontjieskraal)
Figuur 3Napier (Panorama)
Figuur 4Riviersonderend (Tygerhoek Saaityd 1)
Figuur 5Riviersonderend (Tygerhoek Saaityd 2)
Figuur 6Swellendam (Kliphoogte)
Figuur 7Heidelberg (Uitsig)
Figuur 8Mosselbaai (Kleinberg)
Figuur 9Philadelphia (Boterberg)
Figuur 10Moorreesburg (Langgewens Saaityd 1)
Figuur 11Moorreesburg (Langgewens Saaityd 2)
Figuur 12Darling (Goedemoed)
Figuur 13Hopefield (Leliefontein)
Figuur 14Porterville (Keerom)
Figuur 15Eendekuil (Lemoenkloof)
Demonstrasieproef Malmesbury
(Elim: Dirk Lesch)
Saadbedvoorbereiding | Geen bewerking, Roundup (1.0 liter/ha). 1 voorsaai bespuitings. |
Saaidatum | 3 Mei 2002 |
Saaidigtheid | 70kg/ha smalblaar 120kg/ha breëblaar |
Bemesting | Geen |
Spuitprogram | 500ml/ha Galant Super – 20 Mei 150ml/ha Rogor – 1 Junie |
Demonstrasieproef Graafwater
(Rustig: Johan de Jongh)
Saadbedvoorbereiding | Skottelbewerking + plant met saaimasjien |
Saaidatum | 29 Mei 2002 |
Saaidigtheid | 100 kg/ha |
Bemesting | Geen |
Spuitprogram | 2 bespuitings met cypermethrine teen bolwurm |
Reënval (saai tot oes) | 167mm |
Enquiries / Navrae
Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western CapeInstituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. pietl@elsenburg.com
Editors / Redaksie
PJA Lombard J Bruwer Dr N KotzeSponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting