Lupino 14 Junie 2003
Artikels indeks
Voorkoming van onkruiddoderweerstand
Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep (SKOG) nou reeds 12 jaar met ons
Riglyne vir 'n "geïntegreerde beheerstrategie" ter voorkoming van onkruiddoderweerstand
Opgestel deur die HRAC-komitee van die AVCASA-Kaapwerkgroep
Agtergrond
Wildehawer-weerstand is alreeds in 1986 bevestig en raaigras weerstand in 1994 in Wes-Kaap. Sedertdien is onkruiddoderweerstand bevestig in kanariesaadgras, ramenas en nou ook predikantsluis. Verder is kruisweerstand en veelvoudigeweerstand in veral raaigras ook reeds bevestig. Raaigrasweerstand teen glifosaat en meer onlangs teen parakwat is ook 'n feit. Die aantal gevalle asook area waar weerstandbiedende onkruide voorkom, neem kommerwekkend toe.
Implikasies van onkruiddoderweerstand
- Vermindering van gewas opsies.
- Hoër onkruidbeheerkostes.
- Verminderde potensiële inkomste.
- Verlaging in waarde van grond.
Wat moet 'n produsent doen om die risiko te bestuur?
Bepaal die weerstandstatus op u plaas deur:
- Rekordhoudingstelsel – onkruiddoder gebruik per land.
- Beplan 'n onkruidbeheerprogram vooruit wat teen-weerstand-strategieë insluit.
- Monitor die doeltreffendheid van die program en teken afwykings aan.
- Versamel saad van onkruide wat nie beheer is nie en toets om weerstand te bevestig, al dan nie (sien punt 5).
Praktyke om weerstand teen te werk
- Verhoed saadvorming by onkruide.
- Verlaag die hoeveelheid saad in die saadbank.
- Verbou 'n hoogs kompeterende gewas.
Dit word behaal deur die toepassing van:
Wisselbou
- Kies gewasse waar chemie met ander metodes van werking gebruik kan word, byvoorbeeld Kerb in weidings, simasien in lupiene en canola.
- Gebruik "pasture topping" in weidings om grassade te steriliseer.
- Plant gewasse vir kuilvoer wat groen gesny word.
- Pas drukbeweiding toe.
- Oorweeg "crop topping" om saadvorming te verhoed.
Bewerkingspraktyke
Voorsaai bewerking en/of bespuiting.
- Plant probleem lande later.
- Plant onkruidvrye saad.
- Verhoog plantdigtheid, verseker kompeterende gewas.
- Spuit wenakkers, kontoerwalle, grensdrade.
- Spuit kolle binne land dood of verwyder met die hand.
- Stroop weerstandbevestigde lande laaste.
- Skoonmaak van implemente, stropers.
- Vang grassade agter stroper op.
- Brand stroperbane.
Afwisseling van chemiese groepe
Metode van werking op etikette aangedui.
- Moet nie onkruiddoders uit dieselfde groep op dieselfde land meer as een keer per seisoen gebruik nie.
- Moet nie dieselfde onkruiddoder op dieselfde land in die daaropvolgende seisoen gebruik nie.
Klassifikasie van onkruiddoders volgens metode van werking Groep B Onkruiddoder Groep A
ACC-ase inhibeerders
Fops Topik, Hoelon, Puma Super, Fusilade Super, Gallant Super, Agil, Pilot Super Dims Grasp, Focus Ultra, Aramo Groep B
ALS inhibeerders
Sulfonielureas Glean, Hero, Ally, Peak, Finesse, Logran, Harmony M, Monitor, Hussar, Cossack Imidazolinones Cysure Triazolopirimidines Derby, Sinal Groep C
Fotosintese inhibeerders
C1 Triasiene Simasien, atrasien C2 Ureas Afalon, linuron, diuron C3 Nitrales Buctril, bromoksinil, Totril Groep D
Bipiridiliums
Reglone, Gramoxone Groep E
PPO inhibeerders
Compete, Goal, Ronstar Groep F
Bleachers
Brodal, Solicam Groep G
Glycines
Roundup, Sting Groep H
Fosfiniese sure
Basta Groep I
Karbamate
Groep K
K1 Dinitroanilienes Treflan, Surflan, Stomp, Visor K2 Inhibisie van mitose K3 Inhibisie van seldeling Lasso, Dual, Butisan, Wenner, Frontier, Kerb Groep L
Inhibisie van selwand sintese
Flexidor Groep M
Membraan verskeuring
DNOC, dinoseb Groep N
Inhibisie van lipiedsintese
TiokarbamateEptam, Tillam Groep O
Sintetiese ouksiene (hormone)
2,4-D, MCPA, Banvel, Tordon, Garlon, Lontrel
Weerstandtoetsing
Wetenskaplike toetsing om:
- Weerstand te bevestig, al dan nie.
- Tipe weerstand te bepaal.
- Vlak van weerstand te bepaal.
- Moontlike alternatiewe produkte te bepaal.
Twee tipes toetse:
Jong plante (vegetatiewe groeifase) | Minimum van 200 plante/monster (klamgrond om wortels). |
Ryp saad | Twee groot dubbele handevol pluime/monster in papiersak. |
Inligting benodig | Produsent se naam, adres en telefoonnommer; Land naam; en produk gespuit. |
Stuur aan | Dr PJ Pieterse Departement Akkerbou & Weiding Welgevallen Proefplaas Privaatsak X1 Matieland 7602 Tel: 021-808 4805 |
Kostes | R100 per monster |
SKOG nou reeds 12 jaar met ons
Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep (SKOG)
Die volgende SKOG boeredag word gehou op Dinsdag, die 9de September 2003 op Langgewens Proefplaas. Beplanning vir die dag is reeds volstoom aan die gang. Die SKOG bestuur en -medewerkers is baie ernstig daaroor om 'n uitstaande interessante program saam te stel vir die dag.
Dit is vir SKOG baie belangrik om gedurig te vernuwe en PRODUSENTE se vraagstukke voorop te stel wanneer die Boeredagprogram saamgestel word. Om daardie rede is drie Produsente, uit verskillende streke, opgeneem in die Bestuursliggaam.
SKOG se doelstellings kan saamgevat word in die volgende hoofpunte:
- Praktykgerigte voorligting deur middel van demonstrasies en toeligting.
- Probleemhantering byvoorbeeld onkruiddoder weerstand.
- Uittoets van nuwe produkte.
- Uittoets van bestaande produkte.
- Tegnologie-oordrag met behulp van Boeredae en Inligtingsstukke.
- Saamtrek van Landbouwetenskaplikes.
Dit is vir SKOG uiters belangrik dat Produsente aktief deelneem aan sy bedrywighede. Daarom nooi ons u almal hartlik uit om insette te lewer en voorstelle te maak wat positief sal bydra tot die uitbou van hierdie organisasie. Onthou asseblief dat die proewe op Langgewens gedoen word vir u. U voorstelle kan gedoen word tydens Boeredae, deur Studiegroepe, Boereverenigings of sommer persoonlik aan deelnemende Landboukundiges.
SKOG se vyf Prinsipale is: Boland – Agri, Departement Landbou: Wes-Kaap, MKB, Proteinnavorsingstigting en WPK.
SKOG Medewerkers: verteenwoordigend van die totale Landbou – bedryf in die Wes-Kaap.
ONTHOU: SKOG is jou organisasie - gebruik dit tot jou voordeel!
SKOG Bestuurder
Lou Robertson
Enquiries / Navrae
Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western CapeInstituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. pietl@elsenburg.com
Editors / Redaksie
PJA Lombard J Bruwer Dr N KotzeSponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting