Lupino 22 - Winsgewendheid van Soetlupieneverbouing: Wes- en Suid-Kaap

Lupino logo

LUPIENWERKGROEP NUUSBRIEF

Lupino 22   Junie 2005


Die winsgewendheid van soetlupieneverbouing in die Wes- en Suid-Kaap

Herman Agenbag
Proteïennavorsingstigting

Inleiding

Wanneer die winsgewendheid van lupiene bepaal word is dit baie belangrik om die voordele van lupieneverbouing oor 'n aantal jare binne verskillende wisselboustelsels in berekening te bring. Produsente is soms geneig om net na die regstreekse kontantwaarde van lupiene teenoor ander gewasse te let en op grond daarvan tot die slotsom te kom dat lupiene nie winsgewend verbou kan word nie. Boere kyk in isolasie na lupiene in stede van 'n holistiese beoordeling van die gewas oor 'n aantal jare as deel van 'n gesonde wisselboustelsel.

Voordele wat lupiene bied binne 'n wisselboustelsel aan opvolggewasse soos stikstofbinding en oordraging, waarde van oesreste as weiding aan veral skape, vermindering van siektes, goedkoper onkruidbestryding, verbetering van grondstruktuur en grondvrugbaarheid moet ook ekonomies verdiskonteer word wanneer daar gelet word na die winsgewendheid van lupieneverbouing.

Ekonomiese waarde van die byvoordele van lupiene as wisselbougewas
Om die winsgewendheid van lupiene binne 'n wisselboustelsel te bepaal, is dit belangrik dat die regstreekse kontantwaarde van die saadopbrengs asook die ekonomiese waarde van die byvoordele van lupiene in berekening gebring word. Die wedingswaarde van die oesreste en saad wat tydens oes op die land val sal onmiddelik na oes, as somerweiding, groot finansiële waarde vir produsente inhou. Ander voordele soos oordrag stikstof, goedkoper onkruid- en siektebeheer sal weer 'n besparing by die opvolggewas (gewoonlik koring) in die volgende seisoen se insetkoste tot gevolg hê.

Volgens 'n lupieneprodusent in die Hopefield area moet lupiene gesien word as 'n baie goeie finansiële belegging wat gereeld jaarliks dividende betaal en hoe langer dit verbou word hoe meer eskaleer die ekonomiese voordele (dividende) wat verkry word.

Vir die doel van hierdie artikel het ons gaan kyk na die produksiekoste en netto marge ontledings vir lupiene soos verkry vanaf studiegroepe in Caledon-Riviersonderend, Moorreesburg (MKB), Riversdal (1 produsent) asook Dr. Mark Hardy se wisselbou-navorsingsprojek op Langgewens Proefplaas.

Caledon-Riviersonderend
J Lusse – Overberg Agri, Caledon


In die Suid-Kaap is lupiene 'n uitstekende wisselbougewas om saam met graan te verbou. Swak saadopbrengste van minder as 1 ton per hektaar veroorsaak egter dat lupieneverbouing volgens studiegroep resultate nie winsgewend is nie. Redes vir hierdie lae saadopbrengste kan hoofsaaklik toegeskryf word aan swak vestiging, onkruidprobleme, insekskade asook antraknose in die geval van breëblaarlupiene. Die onderstaande syfers (Tabel 1) is data van 'n finansiële studiegroep in die Caledon-Riviersonderend gebied vanaf 1998 tot 2004.

Tabel 1
Netto marge ontleding vir lupiene
Jaar Direkte koste Bewerkingskoste Vaste koste Totale kostes Opbrengs (ton/ha) Inkomste Netto marge
Direkte koste Netto marge
1998 341.62 220.48 534.50 1 096.60 0.98 931.00 -165.60
1999 294.03 406.75 580.43 1 281.21 0.97 870.03 87.00
2000 345.62 440.58 665.91 1 452.11 0.88 792.00 -660.11
2001 682.53 437.04 664.37 1 783.94 0.73 835.71 -948.23
2002 672.37 458.81 647.55 1 778.73 0.91 1 036.41 -742.32
2003 781.77 487.86 630.89 1 900.52 1.03 1 142.57 -757.95
2004 820.86 516.91 614.73 1 952.50 0.80 1 045.31 -907.19

Dit is duidelik dat die winsgewendheid van die vertakking nie die verbouing van lupiene ekonomies regverdig nie. Addisionele voordele wat lupiene as wisselbougewas inhou vir die daaropvolgende kontantgewas en voer vir skape is die enigste rede waarom lupiene steeds verbou word.

Tabel 2
Beraamde gelykbreek prys vergelyking vir lupiene (2005)
Prys Opbrengs (ton/ha)
0.5 0.75 1.0 1.25 1.5 1.75 2.0
1 000 -1 425.00 -1 175.00 -925.00 -675.00 -425.00 -175.00 75.00
1 100 -1 375.00 -1 100.00 -825.00 -550.00 -275.00 0.00 275.00
1 200 -1 325.00 -1 025.00 -725.00 -425.00 -125.00 175.00 475.00
1 300 -1 275.00 -950.00 -625.00 -300.00 25.00 350.00 675.00
1 400 -1 225.00 -875.00 -525.00 -175.00 175.00 525.00 875.00

* Totale kostes = R1 925

Lupine bly 'n uitstekende alternatiewe gewas wat goed inpas by en broodnodig is vir volhoubare wisselboupraktyke in die Suid- en Wes-Kaap. Lupiencultivarproewe het bewys dat die smalblaarcultivars soos Wonga en Tanjil die potensiaal om 'n saadopbrengs van 1.5 t/ha tot 1.8 t/ha te lewer. Teen 'n produsente prys vir smalblaarlupiene van R1 400/ton en beraamde insetkostes in 2005 van R1 925, is die netto marge wat gerealiseer kan word tussen R175/ha en R595/ha. Indien lupiene vir skaapvoeding aangewend word kan dit verder waarde toevoeg vir die produsent. Lupine se oppervlakte wat aangeplant word, word steeds beperk deur die lae opbrengste. Die grootste oorsaak vir lae opbrengste is 'n swak plantestand wat veroorsaak word deur beskadiging deur insekte en slakke.

Metto marge ontleding – lupiene Begroot 2005
Gemiddelde opbrengs 1.00
Bruto produksiewaarde 1 300.00
Bruto Verkope 1 300.00
Minus: direkte koste 758.25
Saad / plantmateriaal
Kunsmis
Onkruiddoder
Plaagdoder
Swamdoder / siektedoder
Kalk en gips
Kontrakwerk
Gehuurde spuit
Diverse
Pakmateriaal
Bemarkingskoste en vervoer
Los arbeid
Versekering
161.05
144.29
172.90
51.07
68.76
50.43
16.77
30.55
59.21
0.00
0.00
0.00
3.21
= Wins na direkte koste 541.75
Minus: bewerkingskoste 550.86
= Marge bo gespesifiseerde koste -9.11
Persentasie lupiene 5.67%
Oorhoofse koste 301.97
Waardevermindering 71.00
Vreemde faktorkoste 243.33
Netto marge van vertakking -625.41

Swartland

Lupineverbouing (soet en bitter) in die Swartland en omliggende streke (Eendekuil en Sandveld) speel reeds 'n belangrike rol in die graan­boerderystelsels as kontantgewas (soet) asook weidingsgewas (bitter). Lupine-oesreste (soet en bitter) verskaf waardevolle weiding vir ongeveer drie tot vier maande gedurende die droë somermaande wanneer weiding baie skaars is.

Volgens data van die Moorreesburg Koringboere Burodiens blyk die saadopbrengs van soetlupiene in die gebied te wissel tussen 0,8 en 1 ton per hektaar. Teen 'n gemiddelde insetkoste (7 jaar) van R1 003.99 per hektaar blyk die netto marge oor dieselfde periode ook negatief (-R305.76/ha) te wees. Gedurende 2003 wat dit baie droog was en saadopbrengste baie laag was, was die netto marge ongeveer -R678 per hektaar.

In Tabel 3 word die totale uitgawes per hektaar van die belangrikste gewasvertakkings in die Moorreesburg area aangetoon.

Tabel 3
Totale vertakkingsuitgawe per hektaar van gewasvertakkings (1997-2003)
Gewasvertakking 1997
R
1998
R
1999
R
2000
R
2001
R
2002
R
2003
R
Gemiddeld
R
TVUG as %
van koring
Koring 1 940 1 663 1 719 2 034 2 366 2 943 2 417 2 155 100
Hawer oes 1 131 842 1 020 1 375 1 392 1 775 1 527 1 294 60.08
Hawer hooi 1 860 2 323 2 521 2 843 3 108 2 350 2 501 116.07
Gars oes 1 240 834 969 1 415 984 1 453 1 675 1 224 56.83
Bitterlupiene oes 525 663 646 700 842 945 1 058 768 35.66
Soetlupiene oes 724 821 842 940 1 072 1 443 1 187 1 004 46.60
Triticale oes 947 1 002 1 265 1 187 1 495 1 542 1 707 1 306 60.64
Canola 1 634 1 251 1 189 1 395 1 511 1 842 1 667 1 498 69.55
Rog oes - 897 646 748 1 291 1 050 927 43.01
Kuilvoer 2 942 1 449 1 941 1 649 1 940 3 230 2 192 101.73
Eenjarige weiding 479 392 470 556 735 694 795 589 27.33
Medics vestig 714 661 603 949 942 1 106 448 775 35.96
Medics bestaande 213 179 172 239 293 262 160 217 10.06

(TVUG - Totale verpakkingsuitgawe)   J Loubser, MKB Burodiens

In Tabel 4 word die Netto Boerdery Inkomste (NBI) per hektaar van gewasvertakkings aangedui vir 1997-2003 produksieseisoene.

Tabel 4
Totale netto boerdery inkomste (R/ha) van gewasvertakkings
Gewasvertakking 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 Gemiddeld
Koring -474 -178 944 261 1 120 1 049 -884 263
Hawer oes -514 -231 -310 -508 -197 -576 -538 -411
Hawer hooi -1 404 -1 335 -1 570 -1 903 -269 -1 787 -1 378
Gars oes -847 155 100 -601 -64 383 -1 242 -302
Bitterlupiene oes -420 -394 -347 -421 -393 -177 -916 -438
Soetlupiene oes -463 -167 -214 -474 -60 -86 -678 -306
Triticale oes 125 55 -149 -657 261 -79 -678 -160
Canola -850 -128 -57 -467 209 287 -1 271 -325
Rog oes -418 -20 -343 162 -273
Kuilvoer -1 963 -626 -257 -664 -582 -1 371 -910

J Loubser, MKB Burodiens

In Tabel 5 word die voorlopige begroting vir 2005 van die verskillende gewasvertakkings aangetoon.

Tabel 5
Opsomming van die voorlopige begrotings van die gewasvertakkings vir 2005
KK KC KM KL KB Canola Lupien Med V Med B Hawer
Prys/ton
1 100 1 100 1 150 1 130 1 100 1 700 1 200 0 0 0
Opbrengs
2.25 2.7 2.8 2.5 2.5 0.8 0.8 0 0 0
Bruto produksie waarde
2 475 2 970 3 220 2 825 2 750 1 360 960 0 0 0
Direkte uitgawes
Saad
189 173 173 173 164 150 120 324 0 160
Kunsmis
683 707 623 683 623 707 83 203 83 443
Plaagbeheer
15 15 15 15 15 15 35 15 15 0
Swambeheer
83 83 83 83 83 0 83 0 0 0
Onkruidbeheer
355 170 170 170 191 160 175 230 230 75
Ander
157 157 157 157 157 155 157 157 157 157
Totale direkte uitgawes
1 481 1 304 1 220 1 280 1 232 1 187 653 929 485 835
Marge na direkte uitgawes
994 1 666 2 000 1 545 1 518 174 308 -929 -485 -835
Nie-diekte koste
Bewerking
356 356 356 356 432 356 267 176 12 418
Ander
80 80 80 80 80 80 80 80 80 80
Totale nie-direkte uitgawes
435 435 435 435 512 435 346 256 91 497
Marge na nie-direkte uitgawes
558 1 230 1 564 1 109 1 006 -262 -39 -1 184 -576 -1 332
Vaste koste
651 914 914 914 1 022 1 001 618 559 80 503
Marge na vaste koste
-92 316 650 195 -16 -1 263 -657 -1 743 -656 -1 834
Rente op bedryfskoste
149 120 125 126 119 120 70 131 61 92
Totale koste
2 716 2 774 2 694 2 755 2 885 2 743 1 687 1 874 717 1 926
Marge na totale koste
-241 196 526 70 -135 -1 383 -727 -1 874 -717 -1 926

MKB Burodienste

Volgens bostaande voorlopige begroting word daar weereens 'n negatiewe netto marge van R727 per hektaar vir lupiene gedurende 2005 verwag teen 'n saadopbrengs van 0.8 ton/ha. Volgens resultate van die lupiene cultivarproewe in die Swartland het die soetlupiene cultivars Wonga en Tanjil die potensiaal om saadopbrengste van 1.5 ton/ha en meer te realiseer.

Langgewens wisselbou-navorsingsprojek
Dr Mark Hardy, Departement Landbou Wes-Kaap

In Tabel 6 word die produksiekostes en netto marge vir lupiene te Langgewens Proefplaas vir die seisoene 2000 en 2001 aangetoon. Die inkomste en uitgawes word baseer op die gemiddelde saadopbrengs behaal op elke lokaliteit vir die spesifieke seisoen asook die insetkoste aangegaan.

Uit die onderstaande begrotings is dit duidelik dat 'n saadopbrengs van ongeveer 1.5 ton/ha teen 'n prys van R1 000 per ton benodig word om gelyk te breek met 'n aanname dat die vaste kostes op die meeste plase ongeveer R500/ha beloop.

Volgens resultate van hierdie navorsingsprojek is die gemiddelde verhoging in die saadopbrengs van koring na lupiene (3.1 ton/ha) 25% teenoor koring na koring (2.5 ton/ha). Dit impliseer 'n verhoging van R625 per hektaar in inkomste vir koring na lupiene.

Tabel 6
Produksiekoste en netto marge vir lupiene – Langgewens 2000 en 2001
Direk toedeelbare veranderlike koste 2000 2001
Rand/ha Rand/ha
Saad (Wonga) 242 150
Bemesting (nvt in 2000/2001)
Entstof en kleefmiddel 52 48
Onkruidbeheer
– Gallant Super
– Brodal
 
104
40
 
– Focus & Sting
– Brodal
 
259
49
Plaagbeheer 16 50
Swambeheer 72 72
Totaal 526 628
Nie-direk toedeelbare veranderlike koste
Energie 106 142
Herstel en onderhoud 111 140
Totaal 217 282
Vaste kostes
Rente (bedryfskapitaal) 40 56
Gereelde arbeid 26 30
Lisensies en versekering 87 48
Depresiasie 202 221
Rente (Masjienerie/implemente) 151 197
Totaal 506 552
Opsomming – totale koste
Direk toedeelbare veranderlike koste 526 628
Nie-direk toedeelbare veranderlike koste 217 282
Vaste koste 506 552
Totale koste 1 249 1 462
Produk inkomste
1.01 ton teen R920/ton 929 0.733 ton teen R1 000/ton 733
Opsomming
Produksiekoste 1249 1462
Produk inkomste 929 733
Netto marge R929-R1 249 -R320/ha R733-R1 462 R729/ha
Teen 1.5 ton/ha R131/ha R38/ha

LET WEL: Spuitkostes kan bydra tot hoër insetkoste!

Riversdal

In Tabel 7 word die produksiekoste en netto marge vir lupiene aangetoon vir 2003 op die plaas Uitkyk van Mnr Fanie Joubert. Gedurende 2004 het mnr Joubert weereens 'n goeie saadopbrengs van 2.3 ton/ha met die cultivar Tanjil behaal wat bewys dat wanneer alles (plantestand, saaityd, bemesting, ens.) "reg" gedoen word goeie saadopbrengste wel moontlik is.

Gevolgtrekking

Indien daar gelet word op die produksiekostes van lupiene en die negatiewe finansiële resultate van lupieneverbouing in die Wes- en Suid-Kaap skets dit 'n baie donker prentjie vir die voortbestaan van lupiene. Die afname in soetlupieneproduksie oor die afgelope paar jaar van ongeveer 20 000 ha tot ± 9 000 ha (2005) kan seker grootliks hieraan toegeskryf word. Daar kan sekerlik ook nie van produsente verwag word om 'n gewas te verbou wat nie winsgewend is nie.

Daar is darem egter ook 'n baie meer positiewe sy van lupieneproduksie wat toon dat lupiene wel winsgewend verbou kan word indien produksiepraktyke korrek toegepas word. Die resultate van dr. Hardy se navorsing te Langgewens Proefplaas (Swartland), Riversdal (Uitkyk), Tygerhoek Proefplaas (Riviersonderend) en Swellendam asook kommersiële aanplantings te Riversdal toon dat lupiene oor 'n goeie saadopbrengspotensiaal beskik. Gemiddelde saadopbrengste van onderskeidelik 2.45- en 2.87 ton/ha is op Riversdal en Tygerhoek behaal gedurende 2003 wat gedurende 2004 weer herhaal is.

As daar gelet word op resultate soos deur studiegroepe behaal word blyk dit dat swak stande hoofsaaklik die oorsaak is van swak saadopbrengs wat weer negatiewe netto marges tot gevolg het. Vir suksesvolle en winsgewende lupieneproduksie is dit uiters noodsaaklik dat produsente die volgende in gedagte moet hou:

Grondkeuse Kies goeie en hoë potensiaal grond soos vir koring en canola met ander woorde skakel dit in by die wisselboustelsel.
Plantestand Die ideale plantestand vir lupiene is ongeveer 45 plante/m². Gebruik goeie kwaliteit saad met goeie groeikrag om 'n goeie plantestand te verseker.
Bemesting Bemes volgens die behoefte van die gewas en gee veral aandag aan spoorelemente waar aan lupiene se behoefte meer krities is as die van kleingrane is.
Onkruidbeheer Lupine kompeteer swak met veral breëblaaronkruide en moet sorg gedra word dat die lupiene sonder enige onnodige kompetisie sy potensiaal kan verwesenlik.
Tabel 7
Produksiekoste en netto marge vir lupiene – Riversdal 2003
Direk toedeelbare veranderlike koste Rand/ha
Saad (Tanjil) 240
Bemesting (Supers– 10.5) 243
Entstof en kleefmiddel 62
Onkruidbeheer
– Simazine en Glifosaat
– Ander byvoorbeeld Brodal (nvt in 2003)

96
Plaagbeheer byvoorbeeld Bolwurm (nvt in 2003)
Swambeheer byvoorbeeld Witroes (nvt in 2003)
Totaal 641
Nie-direk toedeelbare veranderlike koste
Energie 113
Herstel en onderhoud 134
Totaal 247
Vaste kostes
Rente (bedryfskapitaal) 85
Gereelde arbeid 15
Lisensies en versekering 69
Depresiasie 178
Rente (Masjienerie/implemente) 167
Totaal 514
Opsomming – totale koste
Direk toedeelbare veranderlike koste 641
Nie-direk toedeelbare veranderlike koste 247
Vaste kostes 514
Totale koste 1 402
Produk inkomste
2.451 ton teen R1 200/ton 2 940
Opsomming
Produksiekoste 1 402
Produk inkomste 2 940
Netto marge   R2 940-R1 402 -R1 538/ha
Teen 1.5 ton/ha R398/ha

LET WEL: Spuitkostes kan bydra tot hoër insetkoste!

In Tabel 8 word getoon die invloed van verkeerde verbouingspraktyke op saadopbrengs en dus ook die inkomste verkry uit lupiene.

Tabel 8
Toepassing van korrekte verbouingspraktyke se invloed op saadopbrengs en inkomste van lupiene (Wes-Australië 1979)
Toepassing van verbouingspraktyke (smalblaarlupiene Opbrengs
Ton/ha
Inkomste
R/ha
Totale toepassing "Doen alles reg" 1.6 1 600
Verkeerde cultivar 0.75 750
Laat plant (Junie) 0.56 560
Lae saaidigtheid (35 plante/m²) 1.35 1 350
Swak onkruidbeheer 1.46 1 460
Geen toepassing "Doen alles verkeerd" 0.21 210

Volgens suksesvolle lupieneprodusente lewer lupiene 'n groot bydrae tot ekonomies volhoubare koringproduksie binne hul kleingraan­boerderystelsels weens lupiene se bydrae tot laer insetkoste van koring na lupiene. Besparings op insetkoste van koring na lupiene is onder andere:

  • Oordrag stikstof wat tot 20 kg (N) per hektaar kan beloop.
  • Goedkoper onkruidbeheer veral waar onkruiddoder weerstand by grasse ondervind word.
  • Goedkoper swambeheer teen vrotpootjie en oogvlek.
  • Besparing op bewerkingskoste deurdat lupiene bydra tot die verbetering van die grondstruktuur.
  • Saadkwaliteit (proteïeninhoud) van koring na lupiene verbeter aansienlik met gepaardgaande beter prys vir koring.

Volgens 'n produsent in die Hopefield area bereken hy lupiene se waarde (kontant plus byvoordele) teen ongeveer R2 500 per hektaar.


Enquiries / Navrae

Institute for Plant Production, Department of Agriculture Western Cape
Instituut vir Plantproduksie, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Dr N Kotze
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter