Newsletters / Archives / Canolafokus Archives / 2013 Canolafokus No 52

CanolaFokus logo

Canolafokus 52   Februarie 2013


Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2012

Saamgestel deur PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Inleiding

Basterkultivars is reeds die afgelope paar seisoene die grootste groep binne die kultivarproewe (konvensioneel, TT en CL). Die aantal baster­kultivars in die 2012-proewe het tot 13 van die 18 kultivars aangegroei. Dit is 'n bevestiging dat maatskappye in Australië toenemend op basters in hul teelbeleide fokus. Die aantal konvensionele kultivars daal en vier van die sewe TT-kultivars in 2012 was basterkultivars. Die TT-groep kultivars het tot in 2009 slegs uit oopbestuifde kultivars bestaan. Inligting oor spesifieke kultivars en hul aanwending in die onkruidbestuursprogram kan vanaf die saadmaatskappye verkry word wat hulle in Suid-Afrika versprei.

Nasionale kultivarproewe

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het gedurende die 2012 seisoen 'n reeks kultivarproewe in die Wes- en Suid-Kaap uitgevoer. In die Suid-Kaap is ag proewe aangeplant waarvan vyf proewe se data hier bespreek word. Die ander resultate was weens omval by Witsand, ver­suip­toestande by Tygerhoek en wildemakouskade by Roodebloem nie bruikbaar nie. In die Swartland is sewe proewe aangeplant op ses lokaliteite waarvan een proef nie geoes is nie, agv wildemakouskade (Grasrug).

Klimaat oorsig

Die afgelope seisoen was gekenmerk deur baie goeie vogtoestande by in die Swartland en Rûens (Tabel 1). Op beide lokaliteite het bogemiddelde reënval gedurende die lente voorgekom wat die groeiseisoen met etlike dae verleng het. Die uitsondering was Pools in die Swartland met onder­gemiddelde reënval. Die eerste betekenisvolle reën by Pools het op 7 Junie geval (20mm), terwyl daar slegs gedurende Augustus bogemiddelde reënval voorgekom het.

By Langgewens was reënval gedurende die groeiseisoen bogemiddeld, alhoewel dit tydens Mei, Junie en Julie ondergemiddeld was. Die lente­maande in die Swartland (Augustus en September) was gekenmerk deur baie goeie reën neerslae. Die goeie reën neerslae gepaardgaande met ondergemiddelde temperature het gewasproduksie bevorder. Canolaplante was tot in Oktober groen met die gevolg dat die saad ten volle kon ontwikkel in die peule.

In die Rûens het bogemiddelde reënval vanaf Junie tot Augustus voorgekom. Dit het, soos in die Swartland, die ontwikkeling van die plante bevorder. By Tygerhoek was die gemiddelde maksimum- en minimumtemperatuur tydens die groeiseisoen deurgaans laer as die langtermyn gemiddelde (Figuur 2). Slegs gedurende Junie was die gemiddelde minimumtemperatuur hoër as die langtermyn gemiddeld terwyl min verskil voorgekom het gedurende Julie. Die Napkyarea is 'n tradisionele droër area en het minder reën gekry as die ander lokaliteite.

In die Rûens is die maand Oktober gekenmerk deur bogemiddelde reënval wat die oesproses vertraag en bemoeilik het. Die gemiddelde mak­simumtemperatuur by Tygerhoek was byna dieselfde in September as in Oktober en hierdie lae temperature het veroorsaak dat die grond stadig afgedroog het en die canola dus ook nie kon droog word nie. Gedurende dieselfde periode is baie sterk winde in die Swartland ervaar.

Resultate

Die opbrengsresultate is opgesom in Tabel 2 en 3 vir die onderskeie gebiede. Die "Clearfield (CL)" en "Triasien tolerante (TT)" -kultivars se data is geskei van die konvensionele kultivars, terwyl die basterkultivars met 'n * aangedui word.

In die Swartland was die gemiddelde opbrengste betekenisvol hoër in 2012 (2300 kg ha-1) as in 2010 en 2011 (1840 kg ha-1 en 1923 kg ha-1). Die resultate op Pools het egter die gemiddelde opbrengs vir die Swartland negatief beïnvloed omdat die Pools-area in totaal slegs 185 mm reën ontvang het gedurende die groeiseisoen en die eerste betekenisvolle neerslae eers op 7 Junie voorgekom het. Die proef by Pools het groot varia­sies in opbrengs tot gevolg gehad met baie lae opbrengste vir die TT-kultivars, terwyl vier CL-kultivars meer as 2000 kg ha-1 gelewer het. Die TT-kultivars kon dus nie aanpas by die lae reënval en droë toestande aan die begin van die groeiperiode nie. Die proefgemiddeld was ten spyte van lae TT-opbrengste steeds 1344 kg ha-1.

Die proefgemiddeldes vir die Swartland (wat Pools se data insluit), volgens Tabel 2, gewissel tussen 1344 kg ha-1 vir Pools (ontkieming 15 Junie) en 3124 kg ha-1 op Langgewens (1ste planttyd op 9 Mei). Die opbrengs van die 1ste aanplanting by Langgewens was gemiddeld slegs 4% hoër as die 2de aanplanting (23 Mei). Die klein verskil kan toegeskryf word aan die voorkoms van reën in September en Oktober wat gunstige toestande vir saadvul by beide proewe veroorsaak het.

Tabel 1
Reënval in die Swartland en Rûens, 2012
  Pools Porterville Hopefield Lang­gewens Langgewens langtermyn Boontjie­kraal Riversd Napky Rietpoel Tygerhoek Tygerhoek langtermyn
Januarie 0.0 23.4 1.4 0.4 9.7 5.3 6.6 9.2 10.2 9.6 75.7
Februarie 1.3 3.3 1.4 6.8 10.3 9.1 26.4 6.8 11.9 14.7 106.7
Maart 7.6 23.9 8.2 20.6 15.0 21.1 72.4 12.0 23.4 61.2 24.7
April 25.4 72.1 21.6 51.4 31.8 51.1 45.2 22.4 62.5 85.8 128.3
Mei 13.5 66.6 23.0 32.0 54.2 32.8 21.0 20.8 26.4 39.8 94.7
Junie 58.7 118.4 55.0 63.0 65.6 64.3 56.4 24.6 57.9 136.5 114.7
Julie 31.5 67.6 44.0 46.0 62.9 52.6 93.0 54.6 72.1 78.1 50.2
Augustus 65.0 119.6 74.4 87.8 60.3 100.6 62.6 79.6 83.6 54.1 35.2
September 30.0 49.5 42.4 58.6 36.9 55.4 21.4 11.8 33.3 25.1 29.3
Oktober 15.5 20.1 10.2 17.2 23.1 81.3 71.6 73.4 163.6 165.8 50.8

Figuur 1

Langgewens 2012 en langtermyn temperature

Graph showing Langgewens temperatures for 2012

Figuur 2

Tygerhoek 2012 en langtermyn temperature

Graph showing Tygerhoek temperatures for 2012

Tabel 2
Swartland saadopbrengs te vir 2012 (kg ha-1)
  Langgewens 1 Langgewens 2 Philadelphia Porterville Darling Pools Swartland
Hyola 50* 4341 a 3901 a 3154 a 2514 ab 3342 abcd 1695 bcde 2948 a
AV Garnet 3378 bcd 3263 bc 2797 abc 2422 ab 2959 abcdef 729 ijk 2506 c
Agamax* 3358 bcde 3188 bc 2658 bcde 2269 bcd 3470 abc 1147 fghi 2487 c
Konv. Gem. 3693   3451   2870   2401   3257   1190   2647  
Hyola 575 CL* 3528 b 3415 b 2907 ab 2573 a 3749 a 2156 ab 2850 ab
46Y83* 3469 bc 2977 bcdef 3202 a 2395 ab 3574 ab 2252 a 2755 b
Hyola 571 CL* 3438 bc 3366 bc 2611 bcde 2115 cde 2962 abcdef 1623 cdef 2493 c
45Y86* 3511 b 3059 bcde 2654 bcde 1978 ef 3331 abcd 1859 abc 2456 c
43Y85* 3178 bcde 2904 cdef 2456 bcdef 2036 def 2675 cdefgh 2214 a 2408 c
45Y82* 3265 bcde 3213 bc 2740 abcd 1863 efg 2892 abcdefg 1823 abcd 2387 c
44Y84* 2989 cdef 3067 bcde 2551 bcde 1815 fgh 3203 abcde 2146 ab 2342 cd
43C80 2300 h 2604 efg 1952 ghi 1877 efg 2365 efghi 1355 defg 1991 fg
CL Gem. 3210   3076   2634   2082   3094   1928   2460  
Hyola 555 TT* 3267 bcde 3329 bc 2323 defgh 2328 abc 2669 cdefgh 805 hij 2392 c
Tumby HT* 2986 cdef 2553 fg 2368 cdefg 1983 ef 2817 bcdefgh 1241 efgh 2177 de
CB Jardee HT* 2859 efg 2971 bcdef 2246 efghi 1807 fgh 2524 defgh 698 ijk 2042 ef
Stingray 2571 fgh 3086 bcd 1829 i 1769 fgh 1977 hi 295 k 1870 fgh
Thunder 2904 def 2638 defg 1988 fghi 1638 gh 2134 fghi 499 jk 1847 ghi
CB Junee HT* 2355 gh 2069 h 1867 hi 1566 h 2043 ghi 1104 ghi 1764 hi
Tawriffic TT 2534 fgh 2265 gh 1785 i 1606 gh 1588 i 557 jk 1695 i
TT Gem. 2782   2702   2058   1814   2250   743   1969  
Gemiddeld 3124   2993   2449   2031   2793   1344   2300  
kbv = 0.05 511.15   481.67   473.99   277.3   875.75   496.54   174  
kv 9,9   9.7   11.7   8.2   18.53   21.9   0.04  

Kultivars gemerk met *, is basterkultivars.
Kultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.

Tabel 3
Rûens saadopbrengste vir 2012 (kg ha-1)
  Tygerhoek 1 Klipdale Napier Riversdal Swellendam Rûens
Hyola 50* 2178 abcd 3548 ab 3005 abcd 3569 a 3031 a 3193 a
AV Garnet 1593 de 3475 abc 2702 cdef 3070 bc 1764 fg 2684 cd
Agamax* 1690 cde 2845 efg 2638 cdefgh 2701 cdef 2425 bcde 2560 de
Konv. Gem. 1821   3289   2782   3113   2407   2812  
46Y83* 2545 a 3616 a 3428 a 3006 bcd 3022 a 3194 a
Hyola 575 CL* 2562 a 3455 abc 3108 abc 3066 bc 2592 abc 3024 ab
Hyola 571 CL* 2249 abc 3250 abcde 2997 abcd 3342 ab 2532 bcd 2976 b
45Y86* 2382 ab 3223 abcde 3247 ab 2846 cde 2707 ab 2921 b
44Y84* 2117 abcd 3302 abcd 2947 bcde 2735 cdef 2608 abc 2824 bc
43Y85* 1956 abcde 3127 bcde 2180 hi 2664 cdef 2246 bcdef 2543 de
45Y82* 1950 abcde 2889 defg 2508 efghi 2611 def 2216 cdef 2510 de
43C80 1351 ef 2866 efg 2875 bcdef 2387 fg 2383 bcde 2462 e
CL Gem. 2139   3216   2911   2832   2538   2807  
Hyola 555 TT* 1857 bcde 3084 cdef 2650 cdefgh 2574 efg 2142 cdef 2553 de
CB Jardee HT* 2078 abcd 2936 defg 2681 cdefg 2548 efg 2019 ef 2518 de
Tumby HT* 1790 bcde 2512 g 2771 bcdef 2713 cdef 2061 def 2454 e
Thunder 2087 abcd 2895 defg 2533 defghi 2348 fg 2074 def 2438 e
Stingray 895 fg 2880 defg 2210 ghi 2165 gh 1995 ef 2175 f
Tawriffic TT 1425 ef 2665 fg 2469 fghi 2337 fg 1340 g 2157 fg
CB Junee HT* 693 g 2539 g 2151 i 1762 h 1973 ef 1953 g
TT Gem. 1546   2787   2495   2350   1944   2321  
Gemiddeld 1855   3062   2728   2691   2285   2619  
KBV = 0.05 634.78   428.07   476.93   416.44   483.46   204.82  
kv 20.6   8.4   10.1   9.3   12.8   0.38  

Kultivars gemerk met *, is basterkultivars.
Kultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.

In die Swartland het Hyola 50 (2948 kg ha-1) gemiddeld die hoogste opbrengs as konvensionele kultivar en Hyola 575 CL (2850 kg ha-1) die hoogste opbrengs as CL-kultivar gelewer (Tabel 2). Die CL-kultivar, 46Y83 (2755 kg ha-1) het die 3de hoogste opbrengs gegee. Dit was egter betekenisvol laer as Hyola 50. Agamax, Hyola 571CL en 45Y86 se opbrengs was betekenisvol laer as die van Hyola 575 CL.

In die TT-groep het die twee basters, Hyola 555 TT (2392 kg ha-1) en Tumby HT (2177 kg ha-1) die hoogste gemiddelde opbrengs in die Swartland gelewer. Die opbrengs van Hyola 555 TT was betekenisvol hoër as die opbrengs van die ander TT-kultivars. CB Jardee HT (2042 kg ha-1) se op­brengs het nie betekenisvol verskil van Tumby HT nie. Die opbrengs van die TT-kultivars (1969 kg ha-1) was egter gemiddeld 25.6% (24.6 in 2011 en 25.26% in 2010) laer in vergelyking met die konvensionele kultivars (2647kg ha-1). Die gemiddelde opbrengs van die CL-kultivars was 7.1% laer as die van die konvensionele kultivars. In die Swartland het die TT-kultivar, Hyola 555 TT, nie betekenisvol van die konvensionelekultivars Agamax en Garnet sowel as vyf CL-kultivars (Hyola 571 CL, 45Y86, 43Y85, 45Y82 en 44Y84) verskil nie.

In die Rûens (Tabel 3) het die proef gemiddeldes gewissel tussen 3062 kg ha-1 op Klipdale en 1855 kg ha-1 op Tygerhoek 1 (eerste saaityd). Die tweede saaityd by Tygerhoek is nie geoes nie weens versuipte grondtoestande gedurende die lente. Die eerste saaityd se data is wel ingesluit, maar het ook baie nat toestande ervaar. Die gemiddelde opbrengs van TT-kultivars was 17.5% (22.1% in 2010 en 11% in 2011) laer as die gemid­delde van die konvensionele kultivars. Die gemiddelde opbrengs van die CL-groep was 0.2% hoër as die gemiddelde opbrengs van die konvensionele groep (10% in 2011).

Die CL-kultivar 46Y83 (3194 kg ha-1) en die konvensionele kultivar Hyola 50 (3193 kg ha-1) het die hoogste gemiddelde opbrengste in die Rûens gelewer. Die opbrengs van die CL-kultivar Hyola 575CL (3024 kg ha-1) het nie betekenisvol van die hoogste produseerders verskil nie. In die TT-groep het die twee basters Hyola 555 TT (2553 kg ha-1) en CB Jardee HT (2518 kg ha-1), die hoogste opbrengs oor alle lokaliteite in die Rûens gelewer. Die kultivars, Thunder (2454 kg ha-1) en Tumby HT (2438 kg ha-1) het nie betekenisvol van Hyola 555TT verskil nie. Die opbrengs van die TT-kultivar, Hyola 555TT het nie betekenisvol van die konvensionele kultivar Agamax en drie CL-kultivars (43Y85, 45Y82 en 43C80) verskil nie.

Gevolgtrekking

Die 2012 seisoen was 'n baie gunstige seisoen vir gewasverbouing. Alle kultivars is bevoordeel deur die lang groeiseisoen en tog het groot verskille tussen kultivars voorgekom. Uit die resultate is dit duidelik dat die kultivarkeuse 'n groot invloed op die uiteindelike opbrengs en dus ook die wins­gewendheid van canola mag hê. Produsente moet dus seker maak dat hulle die beste kultivar vir hulle spesifieke produksie-area aanplant, met inagneming dat 2012 se resultate bogemiddeld is.


Enquiries / Navrae

Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western Cape
Direktoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607   T. 021 808 5321   E. pietl@elsenburg.com

Editors / Redaksie

PJA Lombard   J Bruwer   Prof A Agenbag   Izane Leygonie
Sponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting

Subscribe to this newsletter