Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou om 09h00 te Elsenburg Konferensie Kamer op 4 Junie 2019
Opening
Die Voorsitter, Mnr AP Theron, open die vergadering met gebed.
Verwelkoming
Die Voorsitter, Mnr AP Theron, heet die teenwoordiges welkom by die eerste Canolawerkgroepvergadering van 2019.
Presensie
Teenwoordig
Mnr AP Theron Voorsitter Mnr K Blanckenberg Graan SA Mnr N Bouwer Agricol Dr E Briedenhann PNS Mnr H Cerfonteyn DLWK Me I Crous SOILL Mnr C Cumming PNS Mnr G de Bruin Kaap Agri Mnr G Keun PNS Dr S Lamprecht LNR-NIPB Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr P Lombard DLWK Mnr J Loubser PNS Mnr J McDermott Pioneer Mnr C Müller Agricol Mnr R Schutte Overberg Agri Mnr Z Spammer SOILL Dr J Strauss DLWK Me L Smorenburg DLWK Mnr L van Jaarsveld Overberg Agri Mnr G Keun CEO Verskonings
Me R Beukes NDLBV Mnr P Blom SSK Mnr L Coetzee Kaap Agri Mnr G Els K2 Agri Mnr K Meintjes Corteva Me A Swanepoel DLWK Dr P Swanepoel US Dr IA Trautmann DLWK Me L van Zyl Sekretariaat Personalia
Daar word met leedwese kennis geneem van die afsterwe van Prof A Agenbag.
Gelukwense word oorgedra aan Mnr Coetzee met die geboorte van hul baba.
Vasstelling van die sakelys
Die sakelys word aanvaar, met die toevoeging van die volgende items:
- Item 12.5 – Bye: Voorlegging Chris Cumming
- Item 12.6 – SKOG
Goedkeuring van notule: 28 November 2018
Die notule van die vergadering gehou op 28 November 2018 word as gelese beskou en goedgekeur.
Algemene oorsig
SAGIS Inligting
Kennis word geneem van die nuutste uitgawes van SAGIS se Weeklikse Bulletin en Maandelikse Data.
Die Voorsitter meld dat Mnr N Hawkins na 'n volgende vergadering genooi sal word om 'n voorlegging te maak insake die SAGIS-inligting.
Besluit:
- Dat Mnr N Hawkins na 'n volgende vergadering genooi word om 'n voorlegging te maak insake die SAGIS-inligting.
Mnr Keun
- Dat Mnr N Hawkins na 'n volgende vergadering genooi word om 'n voorlegging te maak insake die SAGIS-inligting.
Oesskattings
Kennis word geneem van die data wat die Oesskattingskomitee saamgestel het rakende die oppervlakte en derde produksieskatting om somergewasse te plant vir die 2019-produksiejaar, en van die voorneme om wintergewasse te plant in die 2019-produksiejaar.
Winterreënvalstreek
Swartland
Daar word rapporteer dat die canola reeds sowat 70% opgekom het, maar dat daar streke is waar reën dringend benodig word, nie net op canola nie maar op alle graan.
Suid-Kaap
Daar word voorts rapporteer dat die canola in die Suid-Kaap goed opgekom het met dieselfde hektare as in die vorige seisoen, maar dat opvolg reën baie dringend benodig word.
Goeie reën tydens Maart en April in die Caledon/Bredasdorp omgewing het tot gevolg gehad dat produsente vroeër kon plant, terwyl daar minder reën gedurende Mei ontvang is. Sowat 5.5 ton meer saad is hierdie seisoen verkoop in vergelyking met die vorige seisoen, wat die beraming van die hektare opstoot van 17 400 ton na 19 000 ton.
Swellendam en omgewing het goeie reëns ontvang wat tot gevolg het dat die canola goed opgekom het. Die totale geskatte hektare vir canola het met 5 000 hektaar afgeneem vanaf ± 76 000 ha na ± 71 000 ha.
Met betrekking tot saad verkope het SSK 83 ton saad verkoop in die Suid-Kaap wat baie naby is aan die voornemens om te plant.
Somerreënvalstreek / Oos-Kaap / Ander
Oos-Kaap
Kennis word geneem dat die projek in die Oos-Kaap nie gerealiseer het nie.
Ander
Kennis word geneem dat daar canola-aanplantings onder besproeiing in die Lichtenburg (NWK) omgewing aangeplant is asook in die Marble Hall omgewing.
Tydens die gesprek met NWK sal navraag gedoen word oor die canola-aanplantings aldaar.
Besluit:
- Dat tydens die gesprek met NWK navraag gedoen sal word oor die canola-aanplantings.
Voorsitter
Mnr Keun
- Dat tydens die gesprek met NWK navraag gedoen sal word oor die canola-aanplantings.
Prysinligting
Kennis word geneem dat die waarde van canola afgelei van sojaboonoliekoek (47% proteïen) geland in Kaapstad op 22 Mei 2019 soos volg daar uitsien:
47% Proteïen teen 'n waarde van R5 495 per ton en 'n wisselkoers van R14,41 – die relatiewe waarde van volvetcanola is dus:
Pluimvee (94%) R5 165 per ton Varke (100%) R5 495 per ton Suiwel (58%) R3 187 per ton Die relatiewe waarde van canola oliekoek is:
Pluimvee (53%) R2 912 per ton Varke (65%) R3 572 per ton Suiwel (60%) R3 297 per ton Weervooruitskatting
Daar word met dank kennis geneem van die voorlegging van Mnr Cerfonteyn insake die huidige weervoorspellings.
Ter opsomming meld Mnr Cerfonteyn dat die voorspellings vir die Wes-Kaap 'n uitdaging bly en dit dus nie maklik is vir die weerkundiges nie.
Sclerotinia
Mnr Keun deel die vergadering mee dat daar 'n Sclerotinia Navorsingsnetwerk gestig is, wat hoofsaaklik konsentreer op sonneblom en sojabone, aangesien die netwerk nog in die begin stadium van navorsing is. 'n Aantal rolspelers is betrokke by die netwerk naamlik Universiteite, Graan SA, die OPOT/OAK, Departement Landbou Wes-Kaap, LNR, ensovoorts. Kennis word geneem dat die navorsing eers in die huidige seisoen sal begin en indien daar enige behoefte van die Canolabedryf is, daar dienooreenkomstig kontak gemaak kan word met die Sclerotinia Navorsingsnetwerk.
Befondsing word gedoen deur OPOT/OAK, Graan SA, die Sasol Trust en die Departement van Wetenskap en Tegnologie. Die Lede van die werkgroep word versoek om enige navraag aan Dr Marinda Visser van Graan SA te rig, aangesien sy die koördineerder van die aksies is.
Dr Strauss meld dat DLWK 'n besoek aan Australië gaan bring aan die einde van Augustus, begin September, waar onder andere sclerotinia aangespreek sal word en daar moontlike samewerking verwag kan word. Terugvoering in die verband word afgewag.
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe 2018-2019
Die vergadering word meegedeel dat die cultivarproewe geplant is en daar ook 'n paar nuwe cultivars aangeplant is.
Op 'n navraag van Mnr Lombard insake die wetlike aspekte op die kwaliteit van saad en veral teruggehoude saad, besluit die Voorsitter dat SANSOR genooi sal word om 'n voorlegging te doen.
Besluit:
- Dat SANSOR genooi sal word om 'n voorlegging te maak insake die wetlike aspekte op die kwaliteit van saad en veral op teruggehoude saad.
Voorsitter
Mnr Keun
- Dat SANSOR genooi sal word om 'n voorlegging te maak insake die wetlike aspekte op die kwaliteit van saad en veral op teruggehoude saad.
Navorsingsprojekte 2019/2020
Kennis word geneem van die lys van goedgekeurde PNS navorsingsprojekte vir die 2019/2020 finansiële jaar wat as Bylae F by die sakelys aangeheg is.
Beurse 2019/2020
Kennis word geneem van die lys van goedgekeurde beurse vir die 2019/2020 finansiële jaar wat as Bylae G by die sakelys aangeheg is.
Tegnologie oordrag
Canolafokus
Kennis word geneem dat artikels oor Dikvoet/Clubroot, Bye samewerking en teruggehoude saad gepubliseer sal word in die Canolafokus.
Mnr Cumming is voorlopig bygevoeg tot die huidige redaksie, tot tyd en wyl die aangeleentheid uitgesorteer is deur die PNS.
Inligtingsdae 2019
Kennis word geneem dat die volgende inligtingsdae beplan word:
6-7 Augustus Bewaringslandbou Wes-Kaap 21 Augustus Riversdalse Inligtingsdag 27 Augustus Overberg Agri Inligtingsdag 29 Augustus Roodebloem-inligtingsdag 3 September Proefbesoeke: Suid-Kaap 4 September Proefbesoeke: Swartland 4-6 September NAMPO Kaap, Bredasdorp 11-14 September Swartlandskou 20 September Hopefield Inligtingsdag Video-opnames
Daar word rapporteer dat die PNS tans besig is met 'n slimfoon toepassing wat gebaseer is op die inkomste- en kosteramings en dat 'n demonstrasie tydens die volgende vergadering aangebied sal word.
Besluit:
- Dat die PNS tans besig is met 'n slimfoon toepassing wat gebaseer is op die inkomste- en kosteramings en dat 'n demonstrasie tydens die volgende vergadering aangebied sal word.
Voorsitter
Mnr Keun
- Dat die PNS tans besig is met 'n slimfoon toepassing wat gebaseer is op die inkomste- en kosteramings en dat 'n demonstrasie tydens die volgende vergadering aangebied sal word.
Oilseeds Focus
Neem kennis van die nuutste uitgawe van die Oilseeds Focus.
Behoeftes van
Die canolamark
Die vergadering word meegedeel dat insette in die toekoms van die lede van die werkgroep en navorsers gevra sal word. Met ander woorde navorsers en lede van die werkgroep sal gevra word om voorleggings te maak na aanleiding van behoeftes wat benodig word ten opsigte van navorsing.
Daar word 'n ope uitnodiging aan die lede van werkgroep en die navorsers gerig om enige insette ten opsigte van hul behoeftes aan die PNS kantoor te rig.
Canolaprodusente
Pryse en agterskotte
Kennis word geneem dat agterskotte reeds in April uitbetaal is teen R225/ton.
Die lede van die werkgroep word versoek om terugvoering te gee oor die toekoms van GM-Canola in Suid-Afrika. Die Voorsitter versoek dat GM-Canola as 'n aparte punt op die sakelys aangebring word.
Besluite:
- Dat die lede van die werkgroep terugvoering moet gee oor die toekoms van GM-Canola in Suid-Afrika.
Voorsitter
Mnr Keun - Dat GM-Canola as 'n aparte punt op die sakelys aangebring word.
Mnr Keun
- Dat die lede van die werkgroep terugvoering moet gee oor die toekoms van GM-Canola in Suid-Afrika.
Canola Opbrengskompetisie
Die Canola Opbrengskompetisie sal voortgaan in 2019, maar sal heelwat aangepas word. Die riglyne van die Canola Opbrengskompetisie sal dienooreenkomstig aangepas word en aan die lede van die werkgroep gesirkuleer word so spoedig doenlik.
Besluit:
- Dat die gewysigde riglyne insake die Canola Opbrengskomptisie aan die lede van die werkgroep gesirkuleer word.
Voorsitter
Mnr Keun
- Dat die gewysigde riglyne insake die Canola Opbrengskomptisie aan die lede van die werkgroep gesirkuleer word.
Saad
Beskikbaarheid van saad
Kennis word geneem dat heelwat meer saad verkoop is hierdie seisoen, maar as gevolg van die probleme wat ervaar is met die aflewering produsente self saad uit Australië ingevoer het wat tot gevolg het dat daar dus ekstra saad beskikbaar is. Ten spyte van die afleweringsprobleme was die saad betyds gewees teen planttyd, behalwe vir die produsente wat vroeër wou plant.
Dormansie van saad
Geen nuwe inligting is beskikbaar insake die saaddormansie nie.
Ander sake
Tydskrifartikels: canola
Kennis word geneem van die canolaverwante artikels wat by die dokumentasie ingesluit is as deel van Bylae J.
Sprekers wat oorweeg word vir toekomstige Canolawerkgroepvergaderings
Kennis word geneem dat die volgende persone genader sal word om voorleggings aan die werkgroep vergaderings te maak:
- Mnr Jaco Wolfaardt – Die bewaring van bye;
- Mnr Kobus van Huysteen, SANSOR – Die wetlike aspekte op die kwaliteit van saad;
- Dr Sandra Lamprecht, LNR-NIPB – Insette oor grondgedraagte siektes wat 'n verskil kan maak op die produksie van canola;
- Mnr Gareth de Bruin, Kaap Agri – Geïntegreerde stelsel insake waarde toevoeging;
- Mnr Nico Hawkins, SAGIS; en
- PNS Kantoor – PNS strukture, Webblad en die toepassing.
Besluit:
- Dat die volgende persone genader sal word om voorleggings aan die werkgroep vergadering te maak:
- Mnr Jaco Wolfaardt – Die bewaring van bye;
- Mnr Kobus van Huysteen, SANSOR – Die wetlike aspekte op die kwaliteit van saad;
- Dr Sandra Lamprecht, LNR-NIPB – Insette oor grondgedraagte siektes wat 'n verskil kan maak op die produksie van canola;
- Mnr Gareth de Bruin, Kaap Agri – Geïntegreerde stelsel insake waarde toevoeging;
- Mnr Nico Hawkins, SAGIS; en
- PNS Kantoor – PNS strukture, Webblad en die toepassing.
Voorsitter
Mnr Keun
Canolabeplanningskomitee
Canolawebstudie
Kennis word geneem dat uittreksels saamgestel sal word van die belangrikste onderwerpe in die opgedateerde canolawebstudie van Februarie 2019 en aan die lede van die werkgroep gesirkuleer sal word.
Besluit:
- Dat uittreksels saamgestel sal word van die belangrikste onderwerpe in die opgedateerde canolawebstudie van Februarie 2019 en aan die lede van die werkgroep gesirkuleer sal word.
Mnr Keun
- Dat uittreksels saamgestel sal word van die belangrikste onderwerpe in die opgedateerde canolawebstudie van Februarie 2019 en aan die lede van die werkgroep gesirkuleer sal word.
Inkomste- en Kosteramings
Kennis word geneem van die inkomste- en kosteramings wat as Bylae K by die sakelys aangeheg is.
Die nodige gesprekke vir kommentaar en insette sal binne die volgende 4 weke plaasvind vir die opdatering van die inkomste- en kosteramings ten opsigte van die 2019/2020 seisoen.
Bye: Voorlegging Chris Cumming
Mnr Cumming meld dat die volgende dokumente beskikbaar is insake samewerking tussen bye- en canola produsente naamlik:
- Canolaspesialiswerkgroep onder Graan SA – Riglyne vir canola- en bye produsente; en
- Croplife dokument – "Pollinated Service Charter";
Na bespreking van die bogemelde dokumente is die gevolgtrekking gemaak dat die riglyne nie altyd in die praktyk haalbaar is nie, maar dat daar van die produsente gevra word om sover moontlik die riglyne te volg.
Daar word versoek dat die lede van die werkgroep die huidige probleem tussen die canola- en bye produsente sover moontlik in artikels bekend te maak in die Canolabedryf en veral aan die produsente. Daar word verder besluit dat 'n artikel in hierdie verband ook in die volgende Canolafokus gepubliseer moet word.
Daar word ook kennis geneem van die "Bee Map" selfoontoepassing wat beskikbaar is vir bye- en canola produsente ten opsigte van samewerking.
Daar sal binnekort strenger opgetree word teen produsente wat nie geregistreerde middels gebruik op canola nie. Meer inligting in hierdie verband sal binnekort beskikbaar gestel word.
Besluit:
- Daar word besluit dat 'n artikel insake die huidige probleem tussen die canola- en bye produsente ook in die volgende Canolafokus gepubliseer sal word.
Mnr Keun
SKOG
Die lede van die werkgroep word versoek om SKOG beter te bemark onder produsente en vra vir insette ter verbetering van die SKOG-dag ten einde beter verteenwoordiging te bewerkstelling.
Datums van volgende vergaderings
Kennis word geneem dat die volgende Canolawerkgroepvergadering aangebied word op 27 Augustus 2019. Daaropvolgende datum van Canolawerkgroepvergadering is 27 November.
Afsluiting
Die Voorsitter bedank die lede vir hul deelname tydens die vergadering. Die vergadering word as gesluit verklaar.