- 29 NOVEMBER 2012
- 23 AUGUSTUS 2012
- 7 JUNIE 2012
- 12 APRIL 2012
Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou te Elsenburg op 7 Junie 2012
Opening en verwelkoming
Die vergadering word deur mnr Joubert met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral mnr Jonker van All Gro Seed.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr J de Kock PNS Mnr AP Theron PNS Mnr JG Loubser PNS Mnr D Joubert PNS Mnr C Cumming PNS Mnr W Jonker All Gro Seed Me M du Preez PNS Me L Smorenburg DLWK Mnr P Lombard DLWK Mnr I Slabbert DLWK (Moorreesburg) Dr J Strauss DLWK Dr S Lamprecht LNR-NIPB Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr JWP Bruwer SSK Mnr M Heydorn CBK Mnr D Hanekom Agricol Mnr J McDermott Du Pont Mnr F le Roux SOILL Prof A Agenbag US Me L van Zyl Sekretariaat Verskoning vir afwesigheid
Me A Swanepoel DLWK Mnr H van Vuuren Mnr JCG van Niekerk MKB Mnr G Keun PNS Mnr K Schonken Mnr JJ Bester Mnr G Els Mnr G Conradie DWLK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr J Lusse Overberg Agri Dr E Hough MKB
Personalia
Daar word kennis geneem dat
- mnr Lusse, Overberg Agri bevorder is tot Bestuurder: Graanbemarking;
- mnr Nico Hawkins as nuwe Hoofbestuurder by SAGIS aangestel is; en
- mnr Scholtemeijer, dr De Kock en me Du Preez binnekort vir 'n sakebesoek na Brasilië en Argentinië vertrek.
Vasstelling van die sakelys
Geen nuwe inligting.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 12 April 2012 word as gelese beskou en met wysiging goedgekeur.
Daar word besluit dat die notule van die Canolawerkgroep gehou op 12 April 2012 na die Bemarkingskomitee verwys word vir plasing op die webblad.
Mev Du Preez
Algemene oorsig en oesskatting
Oesskatting
Neem kennis dat geen amptelike oesskatting vir 2012 beskikbaar is nie.
Winterreënstreek
Swartland / Suid-Kaap
Neem kennis dat wisselende canola stande in die Swartland voorkom – suidelike dele beter as noordelike dele. Dit het na 'n droë Mei maand onlangs weer goed gereën. Finale aanplantings is nie bekend nie, maar daar word geskat dat daar meer canola aangeplant is.
In die Suid-Kaap SSK-gebied gaan dit goed en is daar onderskeidelik 16 000 ha vir oesdoeleindes en 899 ha vir weidingsdoeleindes gesaai. Daar is ervaar dat snywurm meer skade as slakke aanrig. Daar word aanbeveel dat produsente binne die eerste drie weke na plantdatum elke dag elke land moet deurstap om moontlike probleme te identifiseer. Daar kan goedkoop teen snywurm gespuit word.
In die Overberg Agri gebied gaan dit goed. Die onlangse reën was welkom. Daar word voorsien dat daar meer canola aangeplant is. Waarneming deur produsent: as die bloekombome sy bas afgooi, kan 'n "goeie" winter verwag word.
Somerreënstreek
Oos-Kaap
Neem kennis dat daar terugvoering deur mnr P Fouche insake aanplantings in die Oos-Kaap gegee word.
Ander
Mnr Jonker verskaf inligting oor die wisselbouproewe met koring, canola, mielies en soja wat in die noordelike besproeiingsgebiede (noord van die N4 – Loskopdamskema, Hartbeespoortdamskema en Krokodilrivier) gedoen word. Die produsente is onder druk weens siektes in koring en canola word as wisselbougewas oorweeg. Daar is egter nog heelwat onsekerhede wat uitgeklaar moet word onder andere siektebeheer; waterbehoeftes; saadbe-handeling; bewerkingsmetodes en plantdatum om die regte dag-liglengte en temperatuur wat vir die canolaplant se ontwikkeling nodig is, te verseker.
Die Werkgroeplede is bereid om mnr Jonker van advies te bedien sover moontlik. Dit word beklemtoon dat canola nie jaar na jaar op dieselfde land geplant moet word nie en dat produsente wisselbou korrek moet bestuur.
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die jongste inligting (April/Mei 2012) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word, naamlik:
- die jongste markinligting;
- die weeklikse bulletin;
- die maandelikse bulletin
Weervooruitskatting
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Mnr Cerfonteyn
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe
Aanplantings
Neem kennis dat
- resultate van die 2011 proewe verwerk is en ter inligting in die Canolafokus gepubliseer sal word;
- die 2012 aanplantings goed afgeloop en oral goed opgekom het, met die uitsondering van die Rooi Karoo waar dit tot die onlangse reën nog te droog was; en
- daar drie nuwe cultivars in die nasionale proewe geplant is. Geen monola cultivars is geplant, aangesien daar bevind is dat dit nie aan die vetsuurprofiel soos vereis, voldoen nie.
Mnr Lombard
Bemesting
Daar word kennis geneem dat die nuwe reeks stikstof en swael-proewe geplant is.
Daar word besin of dit nodig en ekonomies sinvol is om vir boor te spuit. Dit blyk dat dit wel sinvol is en daar word aanbeveel dat dit weer via die Canolafokus onder produsente se aandag gebring moet word.
Mnr Hanekom
RedaksiePes- en plaagbeheer
Monitering van insekte op canola
Neem kennis dat dr Tribe se verslag: "Insect and other Pests of Canola" ter inligting by die sakelys aangeheg is. Die verslag word aanvaar.
Voortsetting van werk: Dr G Tribe
Daar word kennis geneem dat PNS met dr Tribe insake verdere navorsing oor insekte sal onderhandel.
Voorsitter
Tegnologie oordrag
Canolafokus
Neem kennis dat die volgende as moontlike artikels in die Canolafokus oorweeg kan word:
- Toediening van Boor
Redaksie
Inligtingsdae 2012
Overberg Agri Weidingsinligtingsdag 19 Julie Proefbesigtiging Suid-Kaap 21 Augustus Roodebloem Boeredag 30 Augustus Proefbesigtiging Swartland 29 Augustus Riversdal Boeredag 5 September SKOG Dag 6 September Agri Mega Week 13-15 September
Neem kennis dat die reisprogram van mnr P Thomas van Kanada wat Suid-Afrika van 25 Augustus tot 8 September2012 besoek ter inligting by die sakelys aangeheg is. Lede is welkom om enige van die dae by hom aan te sluit.
Almal
Onderwerpe vir webstudies
Die inligting insake onderwerpe vir webstudies is by die sakelys aangeheg.
Mnr Keun
Behoeftes van
Mark – canola
Generiese reklame
Daar word gerapporteer dat PNS voortgaan met generiese reklame. Daar is ook aanpassings aan die inkomste- en kosteramingsmodel gemaak.
Almal
SOILL – Canola paspoort
Neem kennis dat daar die volgende seisoen met die voltooiing van die canola paspoort voortgegaan word. Sodra chemiese middels geregistreer word, word die name daarvan onmiddellik aan die produsente en chemiese maatskappye gekommunikeer.
GSA is met die Registrateur van Wet 36 se kantoor in verbinding insake aansoeke vir "minor crop" registrasie wat reeds ingedien is.
Mnr F le Roux
Produsente – canola
Daar word kennis geneem dat mnr Slabbert 'n vergadering met produsente uit die Hermon gebied, wat gekla het dat koring na canola in die 2011 seisoen swak presteer het, gehou het en daaroor terugrapporteer.
Die vermoede is tydens die gesprek verkeerd bewys. Verskeie ander faktore (reënvalverspreiding, effek van onkruiddoders en S-vlakke) kon 'n rol speel. Idees en wenke is uitgeruil wat kan help om 'n groter sukses van canola-verbouing te maak.
Canola oesverliese
Neem kennis dat buitelandse literatuur "Windrowing and harvesting" ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Pryse
Die volgende voorlopige pryse word deur SOILL bekend gemaak:
Minimum R4 050 Vaste prys R4 151 Maksimum R4 400
Super Canolakompetisie
Mnre Slabbert en Loubser is in die proses om die deelnemers vir die 2012 Super Canolakompetisie te werf en in te skryf.
J Loubser
I Slabbert
Saad
Beskikbaarheid van saad
Daar word kennis geneem van 'n navraag wat vanaf CBK ontvang is, of nuwe cultivars vinniger in Suid-Afrika beskikbaar kan wees en wat die beleid ten opsigte van GMO cultivars is.
Na bespreking word besluit dat
- die Voorsitter 'n skrywe aan CBK sal rig om die prosedures ten opsigte van saad-invoere te verduidelik;
- die PNS aanbeveel dat tydige saadbestellings tussen landboubesighede en produsente uitgeklaar moet word; en
- tegniese beamptes voortdurend die produsente moet aanraai om alle chemie volgens die voorskrifte aan te wend om die beste resultate te verkry.
Voorsitter
Landboubesighede
Mnr HeydornOordrag van behandelde saad
Geen verdere inligting is beskikbaar nie. Die saak word as afgehandel beskou.
Nuutste geregistreerde canolakultivars
Die lys van die nuutste geregistreerde canolacultivars is ter inligting aan lede voorsien.
Ander sake
Inligting vir plasing op die PNS-webblad
Daar word versoek dat lede goeie kleurfoto's (met onderskrifte) vir gebruik op die webblad aan die kantoor beskikbaar moet stel.
Almal
Canola Tydskrifartikels
Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.
"Windrowing and harvesting"
Daar word kennis geneem van die atrikel wat ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Gesondheidsvoordele van canola-olie
Neem kennis van die artikel deur SOILL oor die gesondheidsvoordele wat canola-olie vir menslike gebruik inhou.
Nuusbrokkies
Daar word kennis geneem van enkele buitelandse nuusbrokkies wat ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Datums van volgende vergaderings
Kennis word geneem van die volgende vergaderings, naamlik:
- 23 Augustus
- 29 November
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.