Notule

Sojawerkgroepvergadering

gehou om 10h00 op 1 Maart 2007 in die Raadsaal van die Proteïennavorsingstigting, Rivonia



  1. Opening

    Die vergadering word met gebed geopen deur Mnr Erich Maree.

  2. Verwelkoming

    Die Voorsitter, Mnr GJH Scholtemeijer, heet almal welkom by die vergadering van die Sojawerkgroep.

  3. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Mnr P Botha GSA
    Mnr J Botma Produsent: Noord Vrystaat
    Mnr D Cronjé Produsent: Mpumalanga
    Dr J de Kock PNS
    Mnr CJ du Plessis BDRR: KwaZulu-Natal
    Dr H du Plessis LNR-IGG
    Dr M Griessel PNS
    Mnr C Havenga PNS-Kontrakteur
    Mnr L Killian PNS-Kontrakteur
    Mnr ID Lamprecht Mpumalanga: Departement Land­bou
    Mnr P Lübbe Agriocare
    Mnr E Maree PNS-Kontrakteur
    Dr A Nel LNR-IGG
    Mnr FAS Potgieter GSA
    Me M Scheepers NDL
    Dr P van der Merwe LNR-IGG
    Mnr AJ van Vuuren NWK
    Mnr WF van Wyk PNS-kontrakteur
    Mnr G Keun OPOT
    Me E Harmse Sekretariaat

    Verskonings

    Me R Beukes NDL
    Mnr G Bührmann GW Bührmann Saad
    Me M de Jager SAGIS
    Me A Enslin SAGIS
    Mnr W Loubser SANSOR
    Mnr ICJ van Zyl GSA

  4. Personalia

    Die Voorsitter wens Me Maryke Craven geluk met haar verwerwing van die PhD-graad.

  5. Vasstelling van die sakelys

    Die Voorsitter reël dat GraanSA se beplanningsmodel ten opsigte van insetkoste onder Item 9.10 Produsente aan­geleenthede – Algemeen bespreek word, waarna die sake­lys vasgestel word.

  6. Notules van die vergadering van 29 Ja­nuarie 2007

    Besluit:

    1. Dat die notule van die vergadering van die Sojawerkgroep gehou op 29 Januarie 2007 goedgekeur word.
  7. Algemene oorsig

    1. Oesskatting

      Die Voorsitter stel Me Scheepers aan die woord. Me Schee­pers meld dat die Oesskattingskomitee op 27 Februarie die finale pro­duksieskatting van wintergewasse vir die 2006-seisoen vrygestel het. Sy noem dat die oppervlakte beplant met canola 'n geringe afname toon in vergelyking met die vorige skatting.

      Me Scheepers berig dat die voorlopige oppervlakskatting van sojabone vir die 2006/07 seisoen met nagenoeg 12% afwaarts aan­gepas is, en op 183 000 ha beraam word. Die grootste aanpassing is ten opsigte van Mpumalanga ge­maak, waar die skatting van 122 000 ha na 90 000 ha aangepas is, en 'n daling van 26% verteenwoordig. Die oppervlakte beplant in Limpopo is van 7 000 ha opwaarts aangepas na 12 500 ha. Sy meld dat genoemde aan­passings vanweë grensverskuiwings in die twee provinsies teweeggebring is, en dat veral die Marble Hall-Groblersdal area se insluiting by Limpopo tot gevolg gehad het dat die geskatte oppervlakte hier beplant vermeerder het. Me Scheepers noem dat die oppervlakteskatting ten opsigte van Mpumalanga gebaseer is op inligting verkry van die Departement van Landbou se steekproef, asook van die graansilo-industrie en die Provinsiale Departement van Landbou. Nuwe inligting is ook ontvang vanaf die soge­naamde Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel, en die wysigings aan die skattings ten opsigte van Limpopo en Mpumalanga is grootliks op hierdie nuut-verworwe inligting gebaseer. Me Scheepers berig dat die verwagte opbrengs van sojabone tans op 1,25 t/ha, en die totale produksieskatting op 277 700 ton beraam word, wat 34,5% minder is as die 424 000 ton van die vorige seisoen. Me Scheepers noem dat ongeveer 70 000 ha bewerkbare grond van Mpumalanga na Limpopo verskuif is, en dat dit voorkom asof heelwat hektare nie in die huidige seisoen beplant is nie. Die Voorsitter reël dat die oesskattings aan die hand van die onderskeie provinsies bespreek word.

      Die Voorsitter vra om kommentaar op die verbouing van sojabone onder die huidige omstandighede. Dr de Kock meld dat daar in die praktyk waargeneem is dat die onbe­paalde groeiers blom, maar doodbrand in die geweldige hitte, en dat bepaalde groeiers voor die hitte-stres drag aangesit het. Hy meen egter dat verdere waarnemings in die praktyk gedoen moet word. Mnr Havenga meld dat redelik baie onbepaalde groeiers in Normandien geplant is en dat vergelykings later in die seisoen getref kan word. Dr de Kock voer aan dat die huidige geskatte opbrengs van 1,5 t/ha nog verder kan daal teenoor die opbrengs van 1,8 t/ha die vorige jaar.

      Die Voorsitter bedank Me Scheepers vir die inset gelewer, en wys daarop dat die oesskatting as ruim beskou word. Me Scheepers meld dat die volgende oesskatting op 27 Maart gedoen word.

      Besluit:

      1. Dat die oppervlakskattings as redelik, en die oesskatting as ruim, aanvaar word.

        Mnr Keun

    2. Provinsies

      1. KwaZulu-Natal

        Mnr Havenga meld dat die oppervlakskatting van 20 500 ha in KwaZulu-Natal, in vergelyking met die vorige jaar, korrek voorkom, en dat die volgende week bepalend sal wees ten opsigte van opbrengste.

      2. Mpumalanga

        Mnr Lamprecht meld dat die oppervlakte beplant met soja moontlik meer kan wees as die geskatte 90 000 ha, maar dat hy die syfer aanvaar. Hy berig dat dit oor die algemeen redelik droog is in Mpumalanga, maar dat Lydenburg wél reën gekry het. Mnr Cronjé noem dat daar beslis minder soja aangeplant is vanaf Delmas tot by Bethal in die westelike deel van Mpumalanga. Hoewel daar minder soja aangeplant is in die gebied tussen Middelburg en Wonderfontein, lyk die aanplantings belowend. Mnr Cronjé is van mening dat die oppervlakskatting ten opsigte van Mpumalanga realisties is, en dat daar in die volgende maand met meer sekerheid uitsluitsel gegee sal kan word oor die beraamde opbrengs van 1,3 t/ha.

      3. Noordwes

        Mnr van Vuuren dui aan dat die meeste van die sojaboon­aanplantings in die Noordwesprovinsie onder besproeiing is, en dat die geskatte opbrengs van 2 t/ha haalbaar is.

      4. Limpopo

        Mnr Potgieter sê dat die beraamde opbrengs van 2 t/ha en die voorlopige oppervlakskatting van 12 500 ha vir soja-aanplantings in Limpopo aanvaarbaar is.

      5. Noord-Kaap

        Mnr Lübbe dui aan dat die oppervlakskatting van 500 ha beplant met soja realisties is.

      6. Vrystaat

        Die Voorsitter meld dat die oppervlakte beplant met soja in die Vrystaat op 45 000 ha en die opbrengs op 1,25 ton/ha beraam word. Mnr Maree dui aan dat die geraamde opbrengs aanvaarbaar is, maar dat hy van mening is dat meer as 45 000 ha beplant is. Hy meld dat daar veral in die oostelike, noordoos- en suidoostelike gebiede bietjie meer geplant is.

        Mnr Lübbe berig dat boere, wetend of onwetend, gaande­weg oorbeweeg het na bepaalde groeiers op droë land, en dat die impak daarvan reeds sigbaar is. Die persentasie bepaalde groeiers het geweldig toegeneem teenoor onbe­paalde groeiers, en sal beslis 'n effek hê op die oesskat­ting. Hy meld dat dit 'n algemene waarneming is, en nie net betrekking het op droë land in die Vrystaat nie. Mnr Botma meld dat die geskatte oppervlakte aanvaarbaar is. Aan­gesien die plante baie skade gely het, peulvorming baie swak is, en die soja wat wél peul, net twee-twee pitte lewer, voorspel hy dat die opbrengs sal daal.

      7. Oos-Kaap

        Mnr Killian dui aan dat die oppervlakskatting korrek is, en dat 2 ton/ha moontlik behaal kan word.

      8. Suidwestelike Distrikte

        Geen verslaggewing ten opsigte van hierdie gebied.

      9. Gauteng

        Mnr van Wyk is van mening dat daar steeds onduidelikheid bestaan oor die grens tussen Mpumalanga en Gauteng. Hy meld dat die produsente heelwat skade gehad het, en dat die produksieskatting moontlik nie behaal sal word nie.

    3. Weer- en klimaatsvooruitskouing

      Mnr van Vuuren meen dat uitkoms op pad is, aangesien siklonale aktiwiteit, wat veroorsaak dat vog uit die land onttrek word, tans afneem. Mnr Cronjé meld dat weer­voorspellings uit die VSA berig dat reënstelsels vanuit Angola in die noorde afbeweeg, en dat dit Mnr van Vuuren se stelling oor siklonale aktiwiteit bevestig.

    4. Mikpunte: 2010 en 2020

      1. Drie-jaar vooruitskatting

        Die Voorsitter meld dat regeringsterugvoer oor die ves­tiging van 'n biobrandstofbedryf in Suid-Afrika steeds afgewag word, en dat daar meer sinvol bespiegel sal kan word oor die pad vorentoe ten opsigte van oppervlaktes, mikpunte en dies meer nadat sodanige terugvoer ontvang is. Die saak staan dus oor.

        Besluit:

        1. Dat regeringsterugvoer oor die vestiging van 'n biobrand­stofbedryf in Suid-Afrika steeds afgewag word, en dat daar meer sinvol bespiegel sal kan word oor die pad vorentoe nadat sodanige terugvoer ontvang is. Die saak staan dus oor.

          Mnr Keun

    5. SAGIS

      Die Voorsitter lig die vergadering in dat die debat met SAGIS tans wentel om die aanwending van sojabone, soos aangedui deur Tabel 1.2 in die dokument aangeheg as Bylae C, en dat Me Enslin hom die vorige dag van doku­mentasie in dié verband voorsien het. Hy voer aan dat die betrokke tabel die wanindruk skep dat geen sojabone vir menslike verbruik of vir dierevoer aangewend word nie. Hy versoek dat Me Enslin se dokument by die dokumentasie van die volgende vergadering ingesluit word.

      Die Voorsitter dra die SAGIS-voorlegging aan die verga­dering voor, en meld dat die aanduidende invoerpari­teits­pryse, produsente­lewerings en dies meer as markinligting aangedui word, en dat 'n weeklikse en 'n maandelikse bulletin met historiese prys- en opgawe-inligting ook ver­vat is in die voorlegging. Verdere inligting is beskikbaar op die SAGIS-webblad. Die Voorsitter stel die voorlegging oop vir bespreking. Die vergadering neem kennis van die inligting vervat in Bylae C.

      Besluit:

      1. Dat Me Enslin se dokument gedateer 28 Februarie 2007 rakende die aanwending van sojabone by die doku­mentasie van die volgende vergadering ingesluit word.

        Mnr Keun

    6. GSA-markinligting

      Mnr Keun meld dat Mnr van Zyl 'n dokument met inligting rakende die SAFEX-verhandelings beskikbaar gestel het. Die Voorsitter neem die dokument ter tafel, en meld dat Mnr van Zyl berig lewer dat die witmielie-oes die vorige jaar 18,6 keer op SAFEX verhandel is, terwyl die totale oes sojabone 1,6 keer verhandel is. Mnr du Plessis meld dat termynhandel van sojabone toeneem. Mnr Cronjé noem dat sojabone bepaald 'n plek op SAFEX het, aangesien ver­skansing vir die verbruiker, produsent en handelaar aan die orde van die dag is. Die feit dat sojabone meer verhandel word as in die verlede, dien as 'n bewys hiervan. Mnr du Plessis berig dat sojabone vir verhandeling in Mei die vorige dag gesluit het op R2 514, en sedertdien gestyg het na R2 520; en dat die prys van sojabone vir verhandeling in Maart, met R20 gestyg het teenoor die vorige dag en op R2 465 staan.

      Mnr Cronjé noem dat 'n persoon wat die termynprys vasgemaak het op SAFEX, steeds termynkontrakte kan aankoop en deel hê in die wins. Hy sê dat dit nie om spekulasie gaan nie, en dat die wins wat só behaal is by die vasgemaakte prys gevoeg word. Hy meld dat SAFEX op hierdie manier tot voordeel hanteer kan word. Die Voor­sitter wys daarop dat aanvaarbare pryse op dié manier beding kan word. Mnr du Plessis noem dat een kontrak vir Maart teenoor 54 kontrakte vir Mei op die eerste Maart verhandel is. Die vergadering neem met dank kennis van Mnr van Zyl se inset, en neem ook kennis van die US Grains Council se dokument Market perspectives wat ingesluit is by Bylae D.

  8. Markaangeleenthede

    1. Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik

      Die Voorsitter stel Dr Griessel aan die woord. Dr Griessel berig aan die hand van die publikasie Oil World dat die wêreldproduksie van die sewe belangrikste oliesade tans op 387,7m ton te staan kom, en dat die huidige verbruik van 388,8m ton vir die eerste keer in jare produksie oor­skry. Daar was egter 'n voordelige openingsvoorraad van 71,9m ton, en 'n eindvoorraad van ongeveer 70,8m ton word in vooruitsig gestel. Hy voorsien nie tans rede tot kommer vir die 2006/2007 seisoen nie, en voer aan dat daar voldoende voorraad van sojaboon en -oliekoek is.

      Dr Griessel haal uit Oil World aan dat sojaboon-termynkontrakte vanaf die middel van 2006 tot 2 Februarie 2007 met 38% gestyg het ten opsigte van die Maart-kontrak, en met 54% in 2007. Sojabone het egter nie die sterk lopie van die mielie-termynkontrakte, wat met 73% toegeneem het, gevolg nie. Dr Griessel spreek sy kommer uit dat die prys van soja nie teen dieselfde tempo as dié van mielies styg nie. Volgens aanduiding sal 'n groot hoeveelheid sojabone grond oorskakel na mielies in die Amerikas.

      Die SAFEX pryse wat vroeër genoem is, is heelwat hoër as die huidige riglynprys aan produsente, wat afgelei is van sojaboon-oliekoek geland te Durban, en op R2 180/t te staan kom. Die Voorsitter meld dat die invoerpariteitsprys van Argentynse sojabone nagenoeg R2 700 is, en die invoerpariteitsprys van VSA Sojabone (Golf) oftewel die sogenaamde 'Gulf Price', R2 900 beloop. Indien plaaslike biobrandstofproduksie bewaarheid word, kan die prys­gaping egter vernou. Hy bedank Dr Griessel vir die inligting verskaf.

      Dr Griessel spreek die mening uit dat veevoervervaardigers waarskynlik sojaboon-oliekoek vooruit sal koop, aangesien pryse net verder kan styg. Hy spreek sy kommer uit oor die SAFEX-prys van R2 500 en meld dat daar moontlik nie 'n aanvraag sal wees vir plaaslike sojabone indien sojaboon-oliekoek goedkoper ingevoer kan word nie. Die Voorsitter wys daarop dat daar altyd produsente sal wees wat nie vooruit dek nie. Hy neem egter kennis van Dr Griessel se stelling en sê dat die huidige SAFEX-prys van R2 500, gegewe die omstandighede, baie goed is. Mnr Potgieter spreek sy kommer uit oor prysvorming by SAFEX, en wys daarop dat dié prys 'n paar maande gelede laer as die ander soja-prysaanduidings was. Mnr du Plessis meld dat die sojaboonmark nie deur vraag en aanbod bepaal word nie, maar dat die sojaboonprys bepaal word deur die ingevoerde oliekoekprys, en dat die verhandelingshuise 'n verdere effek het op die prys.

      Mnr Lübbe berig dat hy die afgelope tyd by groot ver­werkers vasgestel het dat daar nie belangstelling in sojaboonaankope was nie, aangesien daar volgens hulle groot voorrade sojabone in die silo's geberg word. Hy meld dat SAGIS desnieteenstaande berig lewer dat die silo's leeg staan. Mnr Lübbe voer aan dat daar duidelik 'n gemeen­skaplike argument geskep is, en dat hy vroeër die dag genader is deur 'n verwerker wat sojabone wil aankoop. Hy voer aan dat daar meer klein verwerkers is as waarvan kennis gedra word. Die Voorsitter verwys na Mnr Lübbe se stelling dat daar volgens SAGIS nie sojabone in die silo's is nie, en meld dat daar wél sojabone in die silo's is, maar dat dié voorraad reeds van die hand gesit is.

      Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban soos op 1 Maart 2007
      Verskeping: R2 382   |   Wisselkoers: R7.27/US$
      Geland Durban 47% proteïen oliekoek 2 382.00
      Spoorvrag na Randfontein 170.00
      2 552.00
      Waarde van volvetsoja 110% R2 807.00
      Min koste om sojabone na volvetsojabone te verwerk 627.00
      – Vervoerkoste na volvet-aanleg 70.00
      – Stoorkoste 102.00
      – Rente 12% (6 maande) 141.00
      – Ekstrusiekoste 180.00
      – 5% ekstrusieverlies 134.00
      Afgeleide produsenteprys vir sojabone – R/ton R2 180.00

    2. SAFEX

      Hierdie item is aangespreek onder Item 7.6.

  9. Produsente-aangeleenthede

    1. KwaZulu-Natal

      1. Super Sojakompetisie – terugvoering

        Die Voorsitter rapporteer dat die PNS eersdaags gesprek sal voer met die organiseerders van die Supersoja­kompetisie; en dat die kwessie van die terughouding van graan as saad, wat as probleem by die kompetisie ervaar word, as 'n afsonderlike item op die sakelys aangespreek sal word. In antwoord op 'n vraag na die verkryging van resultate onder droëland tydens die kompetisie gedurende die huidige seisoen, berig Mnr du Plessis dat toestande in KwaZulu-Natal tans op 'n mespunt gebalanseer is, maar dat 'n redelike oes verwag word indien dit binne die volgende sewe na tien dae reën. Die Voorsitter meld dat die wenners van die vorige jaar se bruto marge nie saad aangekoop het nie, maar graan van die naasvorige jaar teruggehou, en as saad gebruik het. Die aankoopprys van nuwe saad het 'n geweldige invloed op die bruto marge. Hy meld dat die PNS nie die praktyk om graan as saad aan te wend ondersteun nie, en dat daar ná gesprekvoering met die organiseerders, terugvoer aangaande hierdie netelige kwessie aan die Werkgroep verskaf sal word.

        Die Voorsitter vra om kommentaar rakende die cultivar­proewe in KwaZulu-Natal. Mnr Havenga berig dat fase een van die proewe te Dundee weens haelskade afgeskryf sal word, dat die tweede aanplanting te Dundee op 18 Janua­rie gedoen is, en goed vertoon. Hy meld voorts dat al die plante in die proewe wat op 8 November te Makhathini geplant is, teen 29 Desember in blom was, en dat drie cultivars op die huidige stadium reeds geoes is. Hy beplan om die volgende week daar besoek af te lê. Mnr du Plessis sê dat sojabooncultivars in Makhathini geoes word wan­neer die graan ryp is, aangesien die hitte tot gevolg het dat die peule oopspring.

        Mnr Havenga noem dat die Vryheid-proef die eerste Desember op 'n geweldige warm dag aangeplant is. Hy meld dat rhizobium-binding wél plaasgevind het, maar dat ontkieming nie na verwagting was nie. Die oes behoort egter voldoende te wees om geloofwaardige resultate te verkry. Mnr Havenga sê dat die proef te Normandien op 7 Desember geplant is, en dat die opkoms en stand goed is met 220 000 plante/hektaar. Hierdie proef is twee keer blootgestel aan haelskade, met 40% haelskade veroorsaak deur die tweede haelstorm in Februarie. Hy meld dat die toediening van blaarvoeding redelik goeie herstel tot gevolg gehad het, met uitsondering van die kortgroeier, wat op 'n kritieke stadium deur die hael beskadig is. In antwoord op 'n vraag van die Voorsitter meld Mnr Havenga dat Dr Swiegers se blaarvoeding, 'Topgrow', aangewend is. Mnr du Plessis meld dat PANNAR se Greytown-proewe baie mooi is. Mnr du Plessis meld dat van die produsente in die Utrecht-area ernstige haelskade gehad het, en dat blaarvoeding met groot sukses toegedien is op plante wat deur hael beskadig is.

        Die Voorsitter noem dat proewe oor die effek van blaar­voeding deur Mnr Wessel van Wyk en ook die Universiteit van die Vrystaat (UV) uitgevoer is. Die UV-proewe op Vaalharts sal weens 'n paar probleme wat ondervind is nie hierdie jaar resultate lewer nie. Dr de Kock meld dat die resultate van een jaar se proewe op Vaalharts aandui dat daar geen betekenisvolle verskil is tussen die kontrole-proef en die proewe wat behandel is nie, en dat 'Topgrow' nie in die Vaalharts-proewe getoets word nie. Die Voor­sitter sê dat die UV die proewe die volgende seisoen sal voortsit, en dat die Werkgroep op hoogte gehou sal word. Hy wys daarop dat Dr Swiegers se produk met onder­steuning van die PNS nagevors kan word. Mnr Botma noem dat 'Topgrow' blaarvoeding op 'n vroeë stadium aangewend word om blaarontwikkeling te bevorder, en op 'n later stadium om peul­ontwikkeling te bevorder, maar dat die koste van dergelike bespuiting hoog is.

        Mnr Havenga berig dat die Universiteit van Pretoria (UP) 'n aantal jaar gelede blaarvoedingsproewe op bone onder­neem het, en dat geen betekenisvolle opbrengsverhoging verkry is nie, behalwe waar byvoorbeeld droogte of hael­skade 'n vertraging in die groei veroorsaak het.

        Mnr Lübbe meld dat die groeifase 'n effek het met hael­skade, en stel voor dat kennis geneem word van die sigbare verskil tussen bepaalde en onbepaalde groeiers se herstelvermoë, nieteenstaande groeifase, met haelskade. Die Voorsitter vra Mnr Havenga om hierdie verskil waar te neem in die cultivarproewe. Dr Griessel wys op die nood­saaklikheid van kontrole-proewe, ook wanneer dergelike toedienings aangewend word. Mnr du Plessis meld dat die produsent helfte van die plante bespuit het, en die ander helfte nie, en wys daarop dat die betrokke aanplanting uit onbepaalde groeiers bestaan.

        Besluit:

        1. Dat die PNS nie die praktyk om graan as saad aan te wend ondersteun nie, en dat daar ná gesprekvoering met die Super Sojakompetisie-organiseerders, terugvoer aan­gaande hierdie netelige kwessie aan die Werkgroep ver­skaf sal word.

          Mnr Keun

      2. Ander – aanplant van oliesade met die oog op ontwikkelende landbou en biobrandstof

        Die Voorsitter rapporteer dat die saak rakende die aanplant van oliesade met die oog op ontwikkelende landbou en biobrandstof nog in 'n gesprekstadium is, dat die regerings in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap nie veel belangstelling toon in gesprekvoering nie, en dat Regeringsterugvoer aangaande biobrandstowwe ingewag word. Hy onderneem om die ver­gadering op hoogte te hou van vordering in dié verband.

        Besluit:

        1. Dat die saak rakende die aanplant van oliesade in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap oorstaan tot Regerings­terugvoer aangaande biobrandstowwe ontvang is.

          Voorsitter
          Mnr Keun

      3. Gesprek met handelsbanke insake aanvaar­ding van sojaboonkontrakte as verskansing

        Die Voorsitter meld dat meer duidelikheid verkry moet word aangaande die vestiging van 'n plaaslike biobrand­stofbedryf alvorens die gesprek met handelsbanke, land­boumaatskappye en finansieringshuise insake aanvaarding van sojaboon­kontrakte as verskansing, gevoer word.

        Besluit:

        1. Dat meer duidelikheid verkry moet word aangaande die vestiging van 'n plaaslike biobrandstofbedryf alvorens die gesprek met handelsbanke, landboumaatskappye en finansieringshuise insake aanvaarding van sojaboon­kontrakte as verskansing, gevoer word.

          Mnr Keun

    2. Mpumalanga

      1. Super Sojakompetisie te Mpumalanga

        Die Voorsitter lig die vergadering in dat die Supersoja­kompetisie te Mpumalanga nie die huidige seisoen aan­gebied sal word nie, en dat die saak verder gevoer sal word wanneer daar met die betrokke provinsiale regering in gesprek getree word. Die saak staan dus oor na 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep.

        Besluit:

        1. Dat die saak rakende die moontlike herinstelling van die Super Sojakompetisie te Mpumalanga oorstaan na 'n volgende vergadering van die Sojawerkgroep.

          Mnr Keun
          Voorsitter

      2. Stikstofbemestingsprobleme by cul­tivarproe­we en elders

        Die Voorsitter noem dat daar besluit is om die kwessie van bemesting breër aan te sny, en dat die geen of swak nodu­lering van sojabone deur die Sojawerkgroep bespreek, en na die Tegnologiekomitee verwys sal word. Hy vra Dr de Kock om die Werkgroep in te lig oor die waarnemings wat tydens die pas-afgelope besoek aan cultivarproewe gemaak is.

        Dr de Kock berig dat geen nodulering by Addo plaasgevind het nie, en dat addisionele stikstof toegedien moes word om die plante aan die gang te kry. Dieselfde waarneming is te Vaalharts, waar die proewe op sandgrond geplant is, gemaak. Dr de Kock sê die grond by al die punte het klaar­blyklik 'n baie lae stikstofgehalte gehad, aangesien die rhizobium-bakterieë nie aan die gang kon kom om stikstof te bind nie. By Vaalharts is op nuwe grond, waarop ver­bouing nie voorheen plaasgevind het nie, geplant. Hy meld dat die manier waarop enting hanteer is, bevraagteken word, aangesien die behandelde saad per hand in die voortjies gesaai, en van nege-uur die oggend tot later die middag aan die son blootgestel is.

        Dr de Kock meld dat daar blykbaar met die toedien­ings­metode van stikstof op Rustenburg fout was, aangesien sommige rye baie goeie stikstofbinding gewys het, terwyl ander rye geel was met geen waarneembare stikstof­binding nie. Hy voer as moontlike rede hiervoor aan dat die pypie wat die inokulum moes plaas by die saad dalk verstop geraak het. Die indruk was dat praktykvoering en toesig nie na wense was nie. Dr de Kock meld opsommend dat die plant van sojabone op nuwe grond met omsig­tigheid benader moet word, dat daar absolute sekerheid moet wees dat die entstof vars is, en korrek toegedien word; en dat daar op dergelike grond beslis 'n stikstof-aanhitser ("starter") toegedien moet word. Hy verduidelik dat die toedien van 'n stikstof-aanhitser behels dat 20 tot 30 kg stikstof per hektaar met, of net voor, plant toegedien moet word, en dat dit belangrik is om die stikstof nie by die saad toe te dien nie. Hy benadruk die feit dat die waar­nemings wat gemaak is by die proewe, nie bewys kan word nie. Hy meld dat daar in die sojaboonhandleiding aan­beveel word dat 15 tot 25 kg stikstof per hektaar as 'n aan­hitser op baie sanderige grond toegedien behoort te word. Dr de Kock meld dat Me Jacomina Bloem, wat werk oor enting gedoen het, aanbeveel dat geen stikstof addisioneel tot die rhizobium-bakterieë gebruik moet word nie. Hy wys daarop dat Me Bloem se navorsing onder ideale omstan­dighede uitgevoer is, waar sekerheid bestaan dat die entstof vars en korrek toegedien is, en dat gesprek met produsente gevoer moet word ten einde al dié faktore uit te wys.

        Dr Griessel noem dat die gebrek aan nodulering wat in die Oos-Kaap waargeneem is, te wyte is aan die feit dat die saad gestrooi, en aan son blootgestel is voordat dit met grond bedek is. Hierdeur is die rhizobium-bakterieë ver­nietig. Mnr Pot­gieter noem dat te veel water ook nadelig inwerk op rhizobium, en dat hy saamstem met die waar­nemings wat gemaak is.

        Die Voorsitter stel die saak oop vir bespreking. Mnr Lübbe noem dat probleme met nodulering by soja wat vir die eerste keer op nuwe grond geplant word, deurlopend in die praktyk ervaar word, en hy voer aan dat hierdie 'n essen­siële PNS-navorsingsprojek is. Die probleem word deur beide droëland- en besproeiingsboere ervaar en kan dus nie aan vog toegeskryf word nie. Die Voorsitter noem dat drie situasies geopper is, naamlik sojaboon-verbouing in nuwe grond; dat by sekere besoekpunte waargeneem is dat sommige rye noduleer, en ander nie; en ook, dat daar ten spyte van nodulering, geen stikstofbinding plaasgevind het nie.

        Mnr van Vuuren noem dat stikstof 'n makro-element is wat deur alle plante benodig en deur die wortels opgeneem word, en dat rhizobium slegs 'n hulpmiddel is om stik­stofvoeding aan te help. Hy het deur 'n literatuurstudie bevind dat minder as die helfte van die stikstof wat die plant nodig het, deur rhizobium verskaf word, en noem dat dit sin maak dat die stikstofvoeding in die grond effektief moet wees. Mnr van Vuuren voer aan dat die aanhitser waarna Dr de Kock verwys het, die rede is vir die geweldige respons op sanderige grond, terwyl die toediening van 'n aanhitser op turfgrond geen betekenisvolle effek tot gevolg het nie. Die Voorsitter reël dat die saak rakende die ver­bouing van sojabone in nuwe grond na die Tegnologie­komitee verwys word.

        Die Voorsitter meld dat daar heelwat bespreking was oor toediening van rhizobium in vloeistof vorm en die waarde daarvan ten opsigte van nodulering. Dr van der Merwe berig aan die hand van sy navorsingsondervinding met grondbone dat peulplante rhizobium benodig, en dat daar altyd probleme ondervind word met verbouing in nuwe grond, weens 'n gebrek aan rhizobium. Daar moet ook sekerheid wees dat die rhizobium die hoogste persentasie krag het om effektief te funksioneer, en blootstelling aan lig en hitte het 'n negatiewe effek op dié kragtigheid. Dr van der Merwe wys daarop dat 'n oormaat stikstof die groei van rhizobium onderdruk, aangesien daar 'n negatiewe korrelasie is tussen stikstof en rhizobium. Hy maan teen die aanwending van te veel stikstof as aanhitser en noem dat net genoeg stikstof aangewend moet word om die plant te laat groei sonder om die rhizobium te onderdruk.

        Mnr Cronjé meld dat hy die vorige jaar gevra het dat 'n ondersoek na die verskillende soorte entstowwe onder­neem word aangesien hy twee opeenvolgende seisoene probleme met nodulering, veral in nuwe grond, ondervind het. Hy noem dat sy chemiese verteenwoordiger hom aangeraai het om nie 'Mollyflo T' aan te wend nie, aan­gesien dit 'n swamdoder bevat, wat vermoedelik negatief inwerk op die rhizobium. Mnr Cronjé sê dat hy hierna 'Mollyflo Super' gebruik het, en dat sy sojabone hierdie seisoen, ten spyte van die droogte, pragtig noduleer en blougroen op die land staan. Die Voorsitter bedank Mnr Cronjé vir die waardevolle inset, en vra dat die saak rakende die goeie noduleringsresultate behaal met 'Mollyflo Super' na die Tegnologiekomitee verwys word vir kennisname.

        Mnr Botma noem dat hy tydens die huidige seisoen soja­bone geplant het op grond wat vir die afgelope 15 na 20 jaar nie met soja beplant is nie, dat hy rhizobium bygevoeg het, en 'n plant uitgetrek het wat goed genoduleer het. Hy het ook op grond langsaan, waar sojabone drie tot vier jaar gelede geplant is, sojabone geplant, en rhizobium aangewend. Op 'n klein deel van aanliggende grond was rhizobium nie beskikbaar nie. Mnr Botma onderneem om monsters van elke aanplanting met die volgende verga­dering beskikbaar te stel. Hy sê dat dit belangrik is om rhizobium onderdak te meng, om die saad onder seil te hou en binne drie ure te plant, weens rhizobium se sensitiwiteit vir lig.

        Mnr Havenga meld dat daar met die eerste Supersoja­kompetisie 'n opbrengs van meer as 5 ton behaal is deur 'n aanplanting wat geen nodulering gewys het nie. Hy noem dat die vorige oes op dié grond 'n mielie-misoes as gevolg van droogte was, en dat die grond swaar bemes was met stikstof. Hy noem dat daar by verbouing op nuwe grond gelet moet word op die fosfaatstatus, aangesien fosfaat ook 'n rol mag speel met nodulering.

        Mnr Potgieter vra of swak nodulering nie probleme met proteïenvlakke kan veroorsaak nie. Mnr Lübbe wys daarop dat daar 'n direkte korrelasie is tussen proteïen en fosfaat. Mnr van Vuuren meld dat stikstofvoeding bepaald verband hou met die proteïeninhoud van die eindproduk. Dr de Kock bevestig dat fosfaat en proteïen verband hou, maar dat stikstof beslis ook hier 'n rol speel. Dr Griessel voel dat stikstof tot die minimum beperk moet word, maar dat aanvangstoediening belangrik is. Stikstofbemesting is ge­weldig duur, en die doel van rhizobium is juis om die toedien van stikstofbemesting grootliks te vervang. Mnr van Wyk meld dat 'n produsent in Mpumalanga wat 'n opbrengs van vier ton per hektaar wil behaal, aangedui het dat hy 300-400 kg stikstof gaan toedien en van mening is dat bakterieë nie só 'n opbrengs kan verseker nie.

        Besluite:

        1. Dat die saak rakende verbouing van sojabone in nuwe grond na die Tegnologiekomitee verwys word.

          Mnr Keun

        2. Dat die saak rakende die goeie noduleringsresultate behaal met 'Mollyflo Super' na die Tegnologiekomitee verwys word.

          Mnr Keun

    3. Noordwesprovinsie

      Die Voorsitter noem dat die cultivar proewe op Potchef­stroom baie mooi lyk, en vra om verdere kommentaar. Dr du Plessis meld dat daar nie volkome tevredenheid is met die Rustenburg-proewe nie, aangesien die besproeiing nie na behore gedoen is nie, maar dat die proewe in Noordwes oor die algemeen goed vertoon. Die Voorsitter noem dat geen droëlandproewe in dié gebied tans besigtigbaar is nie.

    4. Limpopo

      Dr du Plessis meld dat die Groblersdal-proef op 22 No­vember aangeplant is, en dat die proewe in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap vanaf die volgende week besoek sal word.

    5. Vrystaat

      Mnr Maree berig dat die besproeiingsproef op Glen goed vertoon, en dat die droëlandproewe op Ficksburg mooi was, maar tans skade begin ly. Die proef op Bethlehem kry baie swaar. Hy meld dat die proewe oor die algemeen baie mooi skoon en goed opgepas is. Hy het die proewe wat deur VKB geplant is net na opkoms besoek, en beplan om hierdie proewe die volgende week weer te besoek. Mnr Maree noem dat daar oor die algemeen heelwat haelskade voorgekom het, met soveel as 80% haelskade in Har­rismith, en 30% haelskade in Kestell, en dat 1500 hektaar in die Bethlehem-omgewing weggeslaan is.

      Mnr Lübbe berig dat 'n redelike hoeveelheid sojabone, en dan wel onbepaalde groeiers, in die Bainsvlei-area geplant is. Die produsent het hom ingelig dat die sojabone baie beter vertoon as die mielies en sonneblomme. Mnr Pot­gieter noem dat die droëlandproef by die NAMPO-proefplaas te Bothaville ook besoek is, en dat waargeneem is dat die verkeerde toedieningsmetode van stikstof daar gevolg is. Dr Griessel meld dat die peule aldaar laag sit wat probleme met stroping tot gevolg sal hê.

    6. Oos-Kaap

      Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.

    7. Suidwestelike Distrikte

      Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.

    8. Gauteng

      Mnr van Wyk meld dat geen cultivarproewe in Gauteng geplant is nie.

    9. Noord-Kaap

      Geen inligting is beskikbaar oor die cultivarproewe te Mod­derrivier nie. Dr du Plessis onderneem om by 'n volgende vergadering terugvoer te verskaf oor al die cultivarproewe.

      Besluit:

      1. Dat Dr du Plessis tydens die volgende vergadering van die Sojawerkgroep terugvoering gee oor al die cultivar­proewe.

        Mnr Keun
        Dr Du Plessis

    10. Algemeen

      1. GraanSA se beplanningsmodel ten opsigte van insetkoste

        Die Voorsitter stel Mnr Pietman Botha aan die woord. Mnr Botha meld dat sy voorlegging betrekking het op 'n model wat tans deur GraanSA ontwikkel word, en daarop gerig is om produsente in staat te stel om hul eie produksiekoste te bepaal. Hy noem dat daar beoog word om die model op GraanSA se webtuiste beskikbaar te stel, en dat die wintergraan-model na verwagting teen die einde van Maart op die webtuiste gelaai sal word. Die model vir die somergraanbedryf sal ook voor planttyd beskikbaar gestel word.

        Mnr Botha dui aan dat die model op Excel-sagteware gebaseer is. Produsente kan van die model gebruik maak om hul eie gegewens in te sleutel, en voorsiening word gemaak vir die invoer van omvattende produksiekoste-inligting. Voorsiening word ondermeer gemaak vir ver­skans­ing en versekering, vaste kostes, direkte kostes en nie-direkte toedeelbare veranderlike kostes soos byvoor­beeld die gebruik van kontrakteur-stropers. Hierbenewens kan 'n verdeling tussen kostes met betrekking tot ge­saaides en vee gedoen word. Die produsent kan ook sy eie hulpbronsamestelling invoeg. 'n Detailbegroting kan opgestel word, met gegewens oor byvoorbeeld kilogram saad aangekoop, hoeveel van die saad eie of aangekoopte saad is, en kostes aangegaan met betrekking tot bemesting, onkruiddoder, kalk, brandstof en dies meer. Mnr Botha wys daarop dat hierdie model van ander begrotingsmodelle verskil, aangesien die boer sy totale koste om per hektaar te plant presies kan bepaal. So kan die totale R/t koste voor en na bemarking bepaal word, en kan hanteringskostes, die vervoerdifferensiaal en die verwagte minimum SAFEX-prys per hektaar wat hy wil verbou in berekening gebring word. Daar word ook vir kontantvloei voorsiening gemaak.

        Mnr Botha noem dat meer detail binne die afsienbare toe­koms beskikbaar gestel sal word. In antwoord op 'n vraag van die Voorsitter, meld Mnr Botha dat die GraanSA-model 'n produsent in staat stel om sy eie begroting vir sy plaas by die model aan te pas, en dat die PNS se Combuds-model 'n syfer vir 'n gebied verskaf. Die Werkgroep neem kennis van die inligting.

  10. Navorsing

    1. Nasionale cultivarproewe

      Die Voorsitter stel Dr Piet van der Merwe van LNR-IGG op eie versoek aan die woord. Dr van der Merwe meld dat sy voorlegging handel oor cultivarproewe en die belangrikheid van cultivarkeuse. Hy wys daarop dat die seleksie van cultivars 'n besluitnemingsproses is, en dat daar 'n mate van onsekerheid betrokke is by akkerboukundige besluit­neming. Hy noem dat die omgewing by cultivarkeuse in gedagte gehou moet word, aangesien sommige cultivars beter in sekere omgewings presteer as ander. Dr van der Merwe meld dat dit hier om die uitwys van stabiele cul­tivars gaan, en dat stabiliteit aan die hand van statistiese tegnieke bepaal word.

      Dr van der Merwe wys daarop dat die lokaliteite eerstens bepaal moet word, en dat dit vir statistiese doeleindes wenslik is om soveel moontlik lokaliteite by die proewe in te sluit. Tweedens moet die potensiaal van die lokaliteit in gedagte gehou word. Voorts is protokolle soos byvoor­beeld die proefontwerp, asook die onderhoud van die proef, en goeie samewerkers van groot belang. Dr van der Merwe noem dat die beste landboukundige praktyke in die proewe toegepas moet word. Omgewingsinteraksie het tot gevolg dat resultate egter nie altyd met absolute sekerheid voorspel kan word nie. Hy meld dat die data van elke proef apart ontleed en die betroubaarheid daarvan deur middel van statistiese parameters bepaal word. Slegs betroubare proewe word aanvaar, en met gesamentlike analise word bepaal of daar omgewingsinteraksie was. Daar word van 'n regressielyn gebruik gemaak om die interaksie te identi­fiseer. Dr van der Merwe noem dat proewe, lokaliteite en cultivars, asook opbrengste, gemiddeldes en persentasie-afwykings vanaf gemiddeldes in alle cultivarproefverslae aangedui word. Afwyking van die regressielyn is 'n belang­rike stabiliteitsparameter.

      Dr van der Merwe meld opsommend dat goeie, betroubare data 'n vereiste is voordat cultivarproewe geanaliseer kan word. Hy wys op die belang van interpretasie van genotipe en omgewingsinteraksie, en meld dat gemiddelde op­brengs nie die enigste parameter beskikbaar is nie. Hy noem dat goeie cultivarkeuse risiko verlaag en 'n positiewe effek op inkomste het.

      Die Voorsitter meld dat daar leemtes is in Dr van der Mer­we se voorlegging is. So word daar byvoorbeeld nie na die neem van grondmonsters al dan nie, versorging van proewe al dan nie, en die gevolge daarvan, verwys nie. Hy noem dat daar beperkte tyd beskikbaar is vir bespreking en doen aan die hand dat Dr van der Merwe die Werkgroep­vergadering op 2 Mei bywoon, en dat die gesprek dan voortgesit word. Dr de Kock het 'n dokument met verbou­ingsriglyne vir cultivarproewe opgestel, en dié dokument kan by die dokumentasie van die Mei-vergadering ingesluit word. Daar is met Dr Nel gesprek gevoer oor sy siening van cultivarproewe, en daar word verskil van die siening wat hy uitgespreek het. Die Voorsitter meld dat Drs Griessel en Van der Merwe ook in die verlede verskillende menings oor proewe gehuldig het, en dat hierdie verskille aangespreek en opgelos moet word. Daar word kennis geneem van die wyse waarop Dr van der Merwe cultivarproewe uitvoer.

      Die Voorsitter gee die geleentheid om vrae oor onduidelik­hede in, en versoeke tot verdere aanvulling van, die voor­legging aan Dr van der Merwe te rig. Mnr Potgieter noem dat die onderhoud van die proewe, die samewerking met medewerkers, en die beste praktyke om te volg, aange­spreek moet word. Die Voorsitter wys daarop dat dit aspekte is wat by die volgende vergadering bespreek sal word. Hy meld dat daar duidelikheid moet wees oor wat beste praktyke behels, en dat hy ernstige probleme sou hê indien 'n proef wat swak versorg word, maar steeds stroopbaar is, se resultate gebruik word om 'n lokaliteit se potensiaal aan te dui. Die Voorsitter meld dat dit hier nie net om sojabone gaan nie, dat Dr Nel 'n spesifieke persoonlike siening het oor die proewe, en vra Dr Nel se goedkeuring om die betrokke dokument ook vir bespreking by die volgende vergadering beskikbaar te stel. Dr Nel stem toe tot hierdie versoek.

      Dr de Kock dui op navraag van die Voorsitter aan dat voldoende dokumentasie ter hand sal wees vir bespreking. Hy noem dat twee benaderings hier ter sprake is, en dat daar nie veel vrae gestel kan word oor Dr van der Merwe se voorlegging ten opsigte van die statistiese hantering van cultivarproewe nie. Vrae kan egter gestel word oor die toepassing van praktykvoering. In antwoord op 'n vraag van die Voorsitter, meld Dr van der Merwe dat die LNR 'n dokument met protokolle ten opsigte van die uitvoer van cultivarproewe beskikbaar stel, en daar word ooreengekom dat ook dié dokument by die dokumentasie van die volgende vergadering ingesluit sal word. Daar word ook ooreengekom dat die bespreking op 2 Mei pertinent die sojabooncultivarproewe sal aanspreek. Die Voorsitter meld dat dit van kritieke belang is dat die lede van die Soja­werkgroep die dokumentasie goed sal bestudeer, aange­sien ernstige vrae gevra word oor die nut, doel en aan­wending van die resultate van cultivarevaluasieproewe. Hy noem dat hierdie aangeleentheid voor die Nasionale Cul­tivarevaluasiekomiteevergadering, wat in September plaas­vind, afgehandel moet wees.

      Dr van der Merwe meld dat hy 'n verslag van die onder­soekspan na cultivarproewe in die breë beskikbaar kan stel. Die Voorsitter noem dat die dokument bestudeer sal word, en ook distribueer sal word, indien nodig. Hy vra ook dat die notule van die Sojaboon­culti­varevaluasie vergader­ing gehou op 6 September 2006, by die volgende verga­dering bespreek word. Mnr Keun meld dat Mnr Mostert van SASOL aangedui het dat hy 'n dokument vanuit die mark-perspektief, wat in tabelvorm die markvereistes ten opsigte van die cultivarproewe aandui, beskikbaar sal stel, en dat dié dokument ook by die volgende vergadering se doku­mentasie ingesluit sal word. Die Voorsitter versoek dat Besluit 10.1.4 van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 29 Januarie, rakende die bespreking van die cultivar­proewe, oorstaan na die volgende vergadering aangesien die relevante dokum entasie eers bestudeer moet word.

      Die Voorsitter dui aan dat die volledige dokumentasie tydig beskikbaar gestel sal word ten einde sinvolle deelname by die volgende vergadering te verseker.

      Besluite:

      1. Dat Dr de Kock se dokument rakende verbouingsriglyne vir cultivarproewe, die dokument waarin Dr Nel se siening van cultivarproewe vervat is, die LNR-dokument insake protokolle by die uitvoer van cultivarproewe, en die SASOL-dokument aangaande markvereistes ten opsigte van cultivarproewe, ingesluit word by die dokumentasie van die volgende vergadering van die Sojawerkgroep.

        Mnr Keun

      2. Dat die bespreking op 2 Mei pertinent die sojaboon­culti­varproewe sal aanspreek.

        Mnr Keun

      3. Dat die notule van die Sojabooncultivarevaluasie­komitee­vergadering gehou op 6 September 2006 by die volgende vergadering bespreek word.

        Mnr Keun

      4. Dat Besluit 10.1.4 van die Sojawerkgroepvergadering gehou op 29 Januarie, rakende die bespreking van die cultivarproewe, oorstaan na die volgende vergadering aangesien die relevante dokumentasie eers bestudeer moet word.

        Mnr Keun

      1. Gesprek met Provinsiale Departement insake Nasionale Cultivarproewe

        Die Voorsitter versoek dat die saak oorstaan tot ná gesprekvoering met die Departemente van Landbou van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga bewerk­stellig is. Mnr Killian berig dat toestemming verkry is van Departement Landbou: Oos-Kaap om jatropha, die onkruid wat as indringerplant verklaar is, in die Oos-Kaap aan te plant met die oog op biobrandstof vervaardiging.

        Besluit:

        1. Dat die saak oorstaan tot ná gesprekvoering met die Departemente van Landbou van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga bewerkstellig is.

          Mnr Keun

    2. Roes

      1. Inligting vanaf Roestaakspan

        Die Voorsitter meld dat, benewens die voorkoms van sojaboonroes soos aangedui in Bylae F, sojaboonroes ook op 13 Februarie te Cedara, en op 26 Februarie op die vangerproewe by Normandien waargeneem is. Mnr du Plessis spreek namens die produsente waardering uit dat die PNS tydig inligting aangaande die voorkoms van sojaboenroes uitstuur, en meld dat hierdie inligting van kardinale belang vir die produsente is. Dr Griessel noem dat die inligting verkry uit vanger­proewe produsente in staat stel om voorkomende bespuiting te doen voordat sojaboonroes kommersieel voorkom.

    3. Sclerotinia

      1. Proefwerk – terugvoering

        Dr de Kock berig dat die Gewasproduksie-kongres, 'n kongres wat saam met Grondkunde en Tuinbouweten­skappe aangebied is, deur nagenoeg 300 afgevaardigdes bygewoon is. Tydens die driedaglange kongres is 133 referate gelewer, en 51 plakkate aangebied. Hy meld dat die onderwerpe ondermeer gewasverbouing, plantvoeding, grondfisika, mynbou, hidrologie, weer­kunde en wisselbou ingesluit het. Hy het die inligting wat die openingsspreker oor besproeiing in Suid-Afrika in vergelyking met inter­nasionale data verskaf het, soos byvoorbeeld dat 63% van alle besproeiing in die wêreld vloedbesproeiing is, interes­sant gevind.

        Dr de Kock noem dat die Sclerotiniawerkgroep konsentreer op sclerotinia in sojabone en sonneblom. Hy meld dat 'n aantal navorsingsinisiatiewe tans onderneem word, en dat goedkeuring aan Dr Pat Caldwell verleen is om 'n projek by die Universiteit van KwaZulu-Natal oor die effek van silikon op die beheer van sclerotinia op soja, sonneblom en grond­bone te onderneem. Hy noem dat die werk aanvanklik in 'n glashuis uitgevoer word, en dat Dr Caldwell sal poog om 'n middel wat die stadige vrystelling van silikon bemoontlik, te ontwikkel. Daar word ook in die vooruitsig gestel om veldproewe te doen, waar dié middel vergelyk sal word met ander produkte wat sclerotinia kan teenwerk of beheer. Dr de Kock noem dat dié aanwending van silikon aan­vanklik eienaardig voorgekom het, maar dat silikon tans wêreld­wyd gebruik word om plantsiektes te beheer. Daar is ook by die Gewasproduksie-kongres 'n referaat gelewer oor die gebruik van silikon om fusarium-verwelking by pie­sangs te beheer.

        Die Voorsitter meld dat besoek afgelê is by 'n produsent te Koedoeskop wat ernstige probleme met sclerotinia gehad het, en dié siekte dermate bestuur het, dat dit tans onder beheer is. Hy vra dat dié produsent genooi word om die volgende ver­gadering van die Sclerotiniawerkgroep in te lig oor die effektiewe bestuur van sclerotinia. Mnr Keun onder­neem om 'n volledige lys van goedgekeurde navorsings­projekte by die dokumentasie van die Sojawerkgroep se Mei-vergadering in te sluit. Die Voorsitter versoek Dr de Kock om by die volgende vergadering onder Item 10.2 Roes, verslag te lewer oor Dr Cald­well se roeskarterings­projek.

        Besluite:

        1. Dat die produsent van Koedoeskop genooi word om die volgende vergadering van die Sclerotiniawerkgroep in te lig oor die effektiewe bestuur van Sclerotinia.

          Mnr Keun

        2. Dat Dr de Kock by die Mei-vergadering van die Soja­werkgroep verslag sal doen oor Dr Caldwell en Me Visser se sclerotinia­werk.

          Dr de Kock

        3. Dat Dr de Kock by die volgende vergadering van die Sojawerkgroep verslag sal lewer oor Dr Caldwell se roes­kar­te­ringsprojek.

          Dr de Kock

        4. Dat 'n volledige lys van goedgekeurde navorsingsprojekte by die dokumentasie van die Sojawerkgroep se Mei-vergadering ingesluit word.

          Mnr Keun

  11. Saad

    1. Terughouding van graan as saad

      Die Voorsitter berig dat 'n vergadering rakende die terug­hou van graan as saad op die 16e Februarie 2007 tussen al die rolspelers gehou is, en doen aan die hand dat die notule van dié vergadering by die dokumentasie van die volgende vergadering van die Sojawerkgroep as aanhangsel toege­voeg word. Hy berig dat die saadmaatskappye 'n verklaring uitgereik het by dié vergadering en vra Mnr Keun om die verklaring voor te lees. Mnr Keun meld dat die saad­maatskappye verklaar het dat hulle geen nuwe variëteite op die sojabooncultivarlys sal plaas, tot tyd en wyl georga­niseerde landbou stappe neem om die negatiewe effek van die terughouding van graan as saad in die bedryf aan te spreek nie. Daar is duidelik gestel dat dit nie vir die saadmaatskappye winsgewend is om voort te gaan met hulle navorsingsprogramme onder die huidige omstandig­hede nie. Hierdie standpunt sal geld tot 'n oplossing gevind en geïmplementeer is, by gebreke waarvan die saadmaat­skappye hulle posisie in die bedryf binne die volgende drie jaar sal heroorweeg.

      Die Voorsitter wys daarop dat hierdie 'n baie ernstige situasie is, en vra of GraanSA hierdie aangeleentheid by hulle kongres gaan aanspreek. Mnr Botha noem dat die Sojaboonwerkgroep die aangeleentheid by die kongres sal bespreek. Mnr du Plessis voer aan dat GraanSA die saak by die hoofkongres moet aanspreek, aangesien dit 'n enorme effek op sojaboonprodusente het. Mnr Potgieter meld dat ernstige kwessies wat by die kleiner kongresse vorendag kom, terugverwys word na die hoofkongres, waar dit aangespreek word. Die Voorsitter wys daarop dat dit die bedoeling is om die oppervlakte van sojaboonproduksie te verdubbel, en in die volgende vyf tot tien jaar te verdrie­dubbel, met die oog op die vervaardiging van biobrandstof, en dat 'n gebrek aan nuwe cultivars nie sal dien tot bevordering van die sojaboonbedryf nie.

      Mnr Potgieter meld dat daar by die vergadering onderneem is om die produsente in te lig en toe te rus, en dat die saadmaatskappye aangedui het dat hulle 'n draaipunt sou wou sien in saadaankope. Mnr Botma vra of daar 'n bedui­dende verskil waargeneem is ten opsigte van produksie by die gebruik van nuwe saad en die gebruik van graan as saad by die Super Sojakompetisie. Hy meld dat teen­prestasie hier ter sprake kom, dat die saadmaatskappye die hef in die hand het, ook met mielies, aangesien nuwe saad die beste kwaliteit saad is. Mnr Botma sê dat die prys nie hier ter sprake is nie, en dat een van die oorwegings­faktore wat 'n produsent sal motiveer om nuwe cultivars en vars saad aan te koop, verhoogde produksie is. Die Voorsitter onderneem om hierdie stelling onder SANSOR se aandag te bring, en versoek dat dit ook na die Tegnologiekomitee verwys word. Die Voorsitter reël dat die saak by die volgende vergadering van die Werkgroep bespreek word, nadat die lede die notule van die vergadering gehou op 16 Februarie gelees het.

      Besluite:

      1. Dat Mnr Botma se stelling dat een van die oorwegings­faktore wat 'n produsent sal motiveer om nuwe cultivars en vars saad aan te koop, verhoogde produksie is, onder SANSOR se aandag gebring word.

        Voorsitter

      2. Dat gemelde stelling ook verwys word na die Tegnologie­komitee.

        Mnr Keun

      3. Dat die praktyk om teruggehoude graan as saad te gebruik, by die volgende vergadering van die Werkgroep bespreek word.

        Mnr Keun

      4. Dat die notule van die vergadering gehou op 16 Februarie rakende die gebruik van graan as saad, by die dokumen­tasie van die volgende vergadering van die Sojawerkgroep as aanhangsel toegevoeg word.

        Mnr Keun

  12. Biobrandstof

    1. Draft biofuels industrial strategy of the Republic of South Africa

      Die Voorsitter meld dat die regering se konsep-biobrandstofstrategie vir kennisname as Bylae G ingesluit is, en noem dat die Trustees van die PNS vergader het om dié dokument te bespreek. Hy wys daarop dat die PNS na aanleiding van die proteïensituasie terugvoer sal lewer op die regeringsdokument. Die Voorsitter meld dat GraanSA en die Biobrandstofvereniging van Suid-Afrika ook insette sal lewer, en vra of daar enige kommentaar op, of vrae oor, die dokument is. Hy onderneem om die Werkgroep op hoogte te hou van enige vordering in verband met die konsep-strategie. Die Werkgroep neem kennis van die konsep-strategie, en ook van die opsomming van die strategie wat deur Mnr Lemmer, ekonoom verbonde aan GraanSA, gedoen is en wat ingesluit is as deel van Bylae G.

      Besluit:

      1. Dat die Werkgroep op hoogte gehou word van vordering met betrekking tot die Regering se konsep-biobrandstofstrategie.

        Mnr Keun

    2. Biodiesel-voorlegging van Mnr B Tait, SASOL

      Die vergadering neem kennis van die voorlegging wat Mnr Tait by 'n vorige vergadering gelewer het aan die Soja­werkgroep, en wat as Bylae H ingesluit is.

    3. Aansoek om rabat – vordering

      Die Voorsitter berig dat geen terugvoering ontvang is rakende SASOL se aansoek om 'n rabat nie, en meld dat die saak oorstaan na 'n volgende vergadering.

      Besluit:

      1. Dat die saak rakende SASOL se aansoek om 'n rabat oorstaan na 'n volgende vergadering.

        Mnr Keun

  13. Tegnologie-oordrag

    1. Inligtingsdae 2007/2008: datums en terug­voering

      Dr van der Merwe berig dat daar 'n redelik goeie opkoms was by die LNR se inligtingsdag.

      Dr de Kock meld dat die NAMPO-Oesdag vanaf 15 tot 18 Mei 2007 te Bothaville aangebied word.

      Mnr van Wyk berig dat hy op 6 Maart 2007 'n inligtingsdag by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-proefplaas aanbied. Hy noem dat plantpopulasie, rywydtes, onkruid­beheer en bemesting dié dag gedemonstreer sal word. Dr de Kock bevestig dat Dr Johan Kirsten ook 'n lesing oor die toekoms van sojabone sal aanbied, en dat Dr Munro Griessel 'n lesing oor die aanwending van sojabone as veevoer sal lewer. Hy meld dat programme vir die dag by Mnr Keun beskikbaar is.

    2. Sojaforum

      1. Terugvoering van die vergadering van die Sonneblom- en Sojaforum

        Die Voorsitter versoek dat dié item van die sakelys verwy­der word, aangesien enige sake van belang, soos onder­meer die voorkoms van roes, noodwendig onder die aan­dag van die Sojawerkgroep gebring sal word.

        Besluit:

        1. Dat dié item van die sakelys verwyder word.

          Mnr Keun

  14. Ander sake

    1. Inligting vir plasing op die webtuiste – nuus­brokkies

      Die Voorsitter meld dat enige aanstellings, interessanthede en dies meer op die PNS se webwerf as 'Nuusbrokkies' aangedui word, en vra die Sojawerkgroep om insette in dié verband te lewer.

      Besluit:

      1. Dat enige aanstellings, interessanthede en dies meer op die PNS se webwerf as 'Nuusbrokkies' aangedui word, en vra die Sojawerkgroep om insette in dié verband te lewer.

        Mnr Keun

  15. Datums van volgende vergaderings

    Daar word kennis geneem van die datums van vergader­ings soos geskeduleer vir 2007.

    Die volgende vergadering van die Sojawerkgroep is geske­duleer vir 2 Mei 2007.

  16. Afsluiting

    Die Voorsitter bedank die teenwoordiges vir insette gele­wer. Die vergadering sluit om 13:10.