Notule

Canola- en Lupienwerkgroepvergadering

gehou op 11 Augustus 2005 te Elsenburg



  1. Opening en verwelkoming

    Mnr Scholtemeijer open die vergadering met gebed. Hy verwelkom elkeen teenwoordig, veral dr Tribe en me Tsele by die vergadering.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr M Griessel PNS
    Mnr H Agenbag PNS (Wes-Kaap)
    Mnr D Hanekom DLWK
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr P Lombard DLWK
    Me M Kellerman DLWK
    Me C Tsele DLWK (Swellendam)
    Me C Tsele DLWK (Swellendam)
    Mnr C van Rooyen DLWK (Caledon)
    Dr M Hardy DLWK
    Mnr C Cumming Bayer Crop Science
    Mnr JJ Bester GSA
    Mnr K Schonken GSA
    Mnr J Bruwer SSK
    Mnr A Haasbroek Kaap Agri
    Mnr P Fouché K2 Agrisaad
    Mnr J Kellerman Agricol
    Mnr J Loubser Bokomo
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Dr G Tribe LNR-NIPB
    Prof A Agenbag US
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Verskonings

    Mnr D van Papendorp GSA
    Mnr C van der Merwe MKB
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr L Wille Agricol
    Dr N Kotzé Agricol
    Dr J de Kock PNS
    Dr I Trautmann DLWK
    Dr K Laubscher DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Mnr G Conradie DLWK
    Mnr I Slabbert DLWK
    Mnr G van Coller DLWK
    Mnr K Becker SOILL
    Mnr J Lusse Overberg Agri
    Mnr H Kotzé Bokomo
    Dr J Pieterse US
  3. Personalia

    Dr de Kock wat ongesteld is, word 'n spoedige herstel toegewens. Mnr Agenbag wat in 'n motorongeluk betrokke was, word ook sterkte toegewens.

  4. Vasstelling van die sakelys

    Geen aanvullende sake nie.

  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 8 Junie 2005 word goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënstreek

      1. Canola

        Swartland

        Op die oomblik is die stand van canola uitstekend. Goeie reën het oor meeste dele in die gebied voorgekom. Sekere areas soos Piketberg, Eendekuil en Rooi Karoo het minder reën gehad en die totale reënval vir die streek is tot op datum onder normaal. Die ondergrond vog is nie na wense nie. Geen plae / insekte op canola is tot dusver rapporteer nie. Alhoewel die klein slakkies (slugs) op koring voorkom, word daar nog geen behandeling toegepas nie. Dit word egter aanbeveel dat produsente die situasie noukeurig moet monitor.

        Die oppervlakte canola gesaai is soos volg:

        MKB gebied 2 500ha
        WPK gebied 8 587ha
        Porterville gebied 2 600ha

        Besluit dat Dr Tribe (namens die Slakwerkgroep) versoek word om die Swartland te besoek en die slakke wat op koring voorkom te identifiseer, die situasie te monitor en by 'n volgende vergadering terugvoering sal gee.

        Dr Tribe

        Suid-Kaap

        Die stand van die canola in die gebied is oor die algemeen goed. Plante begin reeds blomme afgooi. Daar is vol­doende ondergrond vog, maar goeie reën in Augustus is nodig. Sterk winde kom oor gebiede in die Bredasdorp omgewing voor.

        Die oppervlakte canola gesaai, is soos volg:

        SSK gebied 15 800ha
        CRK gebied   6 500ha
        BNK gebied   3 750ha
        Tuinroete Agri   1 000ha

        Dr Tribe lewer namens die Slakwerkgroep verslag insake die ondersoek na die voorkoms van insekte op canola en vreetskade wat vroeër in die seisoen aangerig is. Dit het tot so 'n mate voorgekom dat sekere dele van lande kaal gevreet is. Die oorsaak van die probleem kon tot op datum nie identifiseer word nie, maar dit blyk dat dit 'n gekompliseerde probleem met moontlik 'n kombinasie van oorsake is. Faktore wat moontlik 'n invloed kan hê, is byvoorbeeld:

        • Die oorgang van konvensionele bewerking na minimum bewerkingsmetodes.
        • Bewaringsmetodes verander tekstuur van grond. Grondontledings moet vir makro en mikro elemente gedoen word.
        • Bepaal watter rol speel swael inhoud van grond in canola verbouing.
        • Herhaalde spuit van onkruiddoders het 'n invloed op die mikro-organismes in die grond wat siekte toestand van plante kan beïnvloed. Die spuit van Simasien op sekere cultivars blyk 'n risiko te wees – insekte verkies lande waar Simasien gespuit is.

        Besluit dat

        • Aanvaar word dat die bedryf waarskynlik hier met 'n probleem met 'n kombinasie van oorsake te make het en navorsers versoek word om voort te gaan met die proses om die redes vir die probleem (vreetskade deur insekte) te probeer identifiseer sodat dit dienooreen­komstig dringend aangespreek kan word;
        • navorsers en ander rolspelers alle waarnemings ten opsigte van en moontlike oorsake van die skade / kaal kolle wat in canola en selfs lupienlande voorkom, sal dokumenteer en aan die "Slakwerkgroep" sal voorsien;
        • die "Slakwerkgroep" 'n samevatting van die insette vir bespreking tydens die volgende vergadering sal voor­berei sodat die nodige voorkomende optrede of navorsing, indien nodig, beplan kan word.

        Dr Lamprecht
        Dr Tribe

        SWD / Oos-Kaap

        Geen inligting is beskikbaar nie.

      2. Lupiene

        Swartland

        Die stand van lupiene is goed en 'n "rekord" lupienoes word in die Swartland verwag.

        Die oppervlakte lupiene gesaai, is soos volg:

        MKB gebied 5 500 ha
        WPK gebied 1 837 ha (soet) + 2 767 ha (bitter)
        Porterville area 1 150 ha (soet)

        Suid-Kaap

        Die stand van lupiene is goed. Probleme met onkruid­beheer kom voor.

        Die volgende oppervlakte is gesaai:

        SSK gebied 1 600 ha
        BNK gebied    540 ha
        CRK gebied 2 600 ha
        Tuinroete Agri 1 200 ha

        SWD / Oos-Kaap

        Geen inligting is beskikbaar.

    2. Somerreënvalstreek

      Geen inligting is beskikbaar nie.

    3. Weervooruitskatting

      Neem kennis van die inligting soos tydens die vergadering deur mnr Cerfonteyn verskaf.

    4. Oesskatting

      Die werkgroep besluit dat daar by die Nasionale Oesskat­tingskomitee se inligting omtrent aanplantings vir 2005/2006 volstaan word, naamlik 41 200ha canola en 14 000 ha soetlupiene.

    5. SAGIS Inligting

      Die Werkgroep neem kennis van die inligting soos by die sakelys aangeheg.

      Dr Griessel onderneem om namens die veevoerbedryf die SAGIS inligting omtrent canola wat vir dierevoer verwerk word, via AFMA te laat kontroleer.

    6. Prysvooruitskatting en internasionale mark­inligting

      Dr Griessel rapporteeer die jongste inligting omtrent die internasionale sojaboon mark. Op hierdie stadium word 'n oes van 76m ton in Amerika en 16,9m ton in China voorspel. Indien die Amerikaanse oes kleiner word, sal daar na verwagting meer aanplantings in Argentinië en Brasilië wees.

      Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R2 035 / ton. Wisselkoers op 10 Augustus 2005 = R6,47.

      1. Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg:

        Pluimvee (94%) R1 913
        Varke (100%) R2 035
        Suiwel (58%) R1 180

        Die relatiewe waarde van canola oliekoek is as volg:

        Pluimvee (53%) R1 079
        Varke (65%) R1 323
        Suiwel (60%) R1 221
      2. Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg

        L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
        Suiwel (80%)
        R1 526
        R1 628
        L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
        Suiwel (52%)
        R1 079
        R1 058
        L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
        Suiwel (73%)
        R1 282
        R1 486
      3. Produsentepryse vir canola en lupiene

        Die volgende produsentepryse vir canola word rapporteer:

        SOILL R1 660 vir canola
        Swartland Oliepers R1 400 vir soetlupiene

        Die feit dat daar nie 'n formele mark vir lupiene is nie, word weer geopper. Die feit dat die prys laat bekend gemaak word, bemoeilik produsente se beplanning. Meeste pro­dusente produseer lupiene dus slegs vir eie gebruik.

    7. COMBUDS – canola

      1. Aanpassing van kostegids

        Die aangeleentheid sal verder hanteer word wanneer die nodige inligting beskikbaar is.

        Me Swanepoel

      2. Opstel van COMBUDS vir canola

        Die aangeleentheid sal verder hanteer word wanneer die nodige inligting beskikbaar is.

        Voorsitter

    8. Produksie area kaarte

      Die saak staan oor totdat inligting beskikbaar is.

      Me Swanepoel

  7. Navorsing

    1. Canola

      1. Nasionale cultivarproewe

        1. Cultivarproewe 2005

          Neem kennis dat die proewe oor die algemeen goed gevestig het. In die Philadelphia area is probleme na aanleiding van baie nat toestande ondervind.

          Besluit dat vordering met die 2005 proewe deurlopend rapporteer sal word.

          Mnr Hanekom

        2. Samewerking tussen LNR-IGG en DLWK

          Die onderhandelings ten opsigte van samewerking is in proses.

          Besluit dat vordering ten opsigte van die samewerking tussen DLWK en LNR-IGG insake die verwerking van proefresultate afgewag word.

          Mnr Hanekom

        3. Gebruik van internasionale kwekerye

          Neem kennis dat K2 Agrisaad wel internasionale cultivars vir aanpassing onder plaaslike omstandighede evalueer.

          Besluit dat daar by Agricol navraag gedoen word omtrent hulle beleid ten opsigte van evaluasie van internasionale cultivars wat potensiaal vir aanpassing by plaaslike omstandighede het.

          Dr Kotzé

      2. Bemesting

        1. Terugvoering van Bemestingstaakspan

          Die onderhandelings vir die voortsetting van navors­ingswerk oor bemesting van canola is in proses.

          Besluit dat inligting omtrent die voortsetting van navorsing op bemesting deurlopend rapporteer sal word soos die proses vorder.

          Dr De Kock

        2. Wisselbou-projek somersaaigebiede – bemes­ting onder besproeiing

          Besluit dat die aangeleentheid verder bespreek sal word wanneer inligting beskikbaar is.

          Dr Nel

      3. Ontwikkelingsplan vir canola

        Besluit dat die saak oorstaan totdat verdere inligting beskikbaar is.

        Dr De Kock

      4. Terugvoering – THRIP-projek

        Neem kennis dat daar nog nie finaliteit is oor die aan­wending van die R504 000 THRIP fondse wat vir die US projekte allokeer is nie. Besluit dat vordering oor die aanwending van THRIP fondse mettertyd rapporteer sal word.

        Prof Agenbag

      5. Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola

        Die veldproewe is reeds aangeplant, maar die groeikamers sal eers teen Oktober beskikbaar wees om die nodige proewe daar te kan doen.

        Besluit dat vordering insake die proewe vir registrasie van Cruiser en ander saadbehandelingsmiddels rapporteer sal word.

        Prof Agenbag
        Dr Lamprecht

    2. Lupiene

      1. Nasionale cultivarproewe

        1. Cultivarproewe vir 2005

          Mnr Hanekom rapporteer insake die stand van die 2005 cultivarproewe en dat geen ernstige probleme ondervind word nie.

          Besluit dat terugvoering oor die 2005 proefaanplantings deurlopend gegee sal word.

          Mnr Hanekom

      2. Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene

        Die proewe is aangeplant. Besluit dat terugvoering insake die saadbehandelingsproewe afgewag word.

        Mnr Hanekom

    3. Weerstandbiedendheid: raaigras

      Neem kennis van die notule soos by die sakelys aangeheg en dat die volgende vergadering nog skeduleer sal word.

      Besluit dat vordering insake die Werkgroep: Raaigras­weerstandbiedendheid se werksaamhede rapporteer sal word.

      Me Swanepoel

    4. Pes- en plaagbeheer

      1. Stoppelbestuur van canola / swartstam

        Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.

        Besluit dat die aangeleentheid oorstaan tot nadat die projekaansoeke in Oktober oorweeg is.

        Mnr Van Coller

      2. Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms

        Dr Tribe gee terugvoering oor die verskillende valstrikke wat vir insekte en slakke ("slugs") gebruik word.

        Die Werkgroep: beter vestiging van canola ("Slakwerk­groep") gaan voort met hulle werksaamhede. Besluit dat verslag van die werksaamhede van die Werkgroep: Beter vestiging van canola aan hierdie Werkgroep rapporteer sal word.

        Prof Lamprecht
        Dr Tribe

      3. Voorlegging: Ruitrugmot

        Neem kennis dat reëlings vir die voorlegging deur Dr Kfir getref sal word.

        Besluit dat die voorlegging oor die voorkoms en beheer van die ruitrugmot ("diamond back moth") tot 'n later geleentheid oorstaan.

        Voorsitter

  8. Tegnologie-oordrag

    1. Canolafokus

      Die volgende uitgawe van Canolafokus sal gedurende September verskyn.

      Redaksie

      1. Radiopraatjies

        Afskrifte van die radiopraatjies wat oor landbouradio uitgesaai is, is ter inligting aan lede versprei. Besluit dat 'n samevatting van die praatjies mettertyd in die Canolafokus publiseer sal word.

        Redaksie

    2. Lupino

      Neem kennis dat die volgende uitgawe gedurende September sal verskyn. Die artikel deur mnr H Kotzé oor die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir veevoerbedryf word afgewag.

      Redaksie

    3. Inligtingsdae 2005

      25 Augustus 2005 K2Saad Inligtingsdag (Pools)
      30 Augustus tot 2 September 2005 Megaweek
      6 September 2005 SKOG
      7/8 September 2005 PNS Besigtigingstoer
      13 September 2005 Riversdal Boeredag
      14 September 2005 Overberg Agri Proefbesigtiging
      15 September 2005 Roodebloem Boeredag

      Proefbesigtigings by Porterville en Hopefield moet nog skeduleer word.

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      1. Statutêre Graderingsregulasies

        Die konsep regulasies sal weer gedurende oestyd toegepas en evalueer word.

        Besluit dat vordering insake die graderingsregulasies deur CBK rapporteeer sal word.

        Mnr Van Papendorp

    2. Mark - Lupiene

      Daar bestaan nie 'n formele mark vir lupiene nie. Produsente produseer lupiene meestal vir eie gebruik.

    3. Produsente – Canola

      1. Plantmetodes vir beter vestiging

        Neem kennis en besluit dat die finale verslag insake plantmetodes vir beter vestiging van canola afgewag word.

        Prof Agenbag

    4. Produsente – Lupiene

      Geen sake.

  10. Saad

    1. Canola

      1. SANSOR Statistiek

        Die navraag oor die totale hoeveelheid saad wat per jaar aangekoop word, is met SANSOR opgevolg.

        Besluit dat sodra die verlangde inligting vanaf SANSOR ontvang word, dit aan lede kommunikeer sal word.

        Voorsitter

    2. Lupiene

      Geen verdere inligting is rapporteer nie.

  11. Ander sake

    1. Proewe deur K2 Agrisaad

      Mnr Fouché doen verslag oor die stand van cultivarproewe wat op versoek van PNS deur K2 Agrisaad aangeplant is.

  12. Volgende vergadering

    Proefbesigtiging op 7 en 8 September 2005.

    • 1 Desember 2005
  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.