Notule
Canola- en Lupienwerkgroepvergadering
gehou op 14 April 2005 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Mr Cerfonteyn open die vergadering met gebed. Die Voorsitter verwelkom elkeen teenwoordig.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap Mnr D Hanekom DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg Mnr C van Rooyen DLWK Caledon Mnr G van Coller DLWK Me A Swanepoel DLWK Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr JJ Bester GSA Mnr K Schonken GSA Mnr D van Papendorp GSA Mnr J Bruwer SSK Mnr C van der Merwe MKB Mnr P Fouché Advanta Mnr J Kellerman Agricol Mnr L Swartz Swartland Oliepers Mnr H Kotzé Bokomo Voere Mnr J McDermott Du Pont Dr A Nel LNR-IGG Dr S Lamprecht LNR-NIPB Me L van Zyl Agri Wes-Kaap (Sekretariaat) Verskonings
Mnre J Lusse Agri Overberg (CRK) Mnr P Laubscher Agri Overberg (BNK) Mnr N Murray Murray Voere Mnr H Hugo DLWK Mnr N Vermaak GSA Mnr G Conradie DLWK Mnr P Lombard DLWK Dr M Hardy DLWK Dr I Trautmann DLWK Dr JM Laubscher DLWK Dr N Kotzé Agricol Mnr K Becker SOILL Mnr L Wille Agricol Mnr J Loubser Bokomo Voere Prof A Agenbag US Personalia
Besluit dat die volgende wenners van die Swartland canola kompetisie namens die Werkgroep gelukgewens word:
- Mnr P Truter – Wenner van hoogste opbrengs en beste brutomarge
- Mnr A Brink – naaswenner vir opbrengs
- Mnr D Lesch – naaswenner vir bruto marge
Besluit dat die Werkgroep en PNS se dank aan die borge en mnr I Slabbert wat die kompetisie koördineer het, oorgedra word.
PNS-Kantoor
Vasstelling van die sakelys
Geen aanvullende sake nie.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 3 Februarie 2005 word goedgekeur.
Algemene oorsig
Winterreënstreek
Canola
Swartland
Reënneerslae was wisselvallig (tot 75mm). Die vroeë reën behoort 'n positiewe uitwerking te hê op die lande waar canola gesaai sal word. Vir MKB area word 3 300ha voorspel.
Suid-Kaap
SSK gebied – tot 100mm reën gemeet en aanplantings word op 15 500ha geskat.
Agri Overberg – goeie neerslae, tot 420mm. Op plekke is ernstige vloedskade aangerig en sal baie lande eers laat of glad nie gesaai kan word nie. As gevolg van die reën word 'n afname (20% tot 40%) in die aanvanklik geskatte aanplantings dus voorsien (aanvanklik geskat op 5 000ha vir BNK en 4 800ha vir CRK).
SWD / Oos-Kaap
Goeie reën vir begin van seisoen, aanplantings behoort dieselfde te wees as vorige seisoen.
Lupiene
Swartland
Verwag verhoogde lupien aanplantings, maar beskikbaarheid van saad blyk 'n probleem te wees. MKB voorsien meer as 4 500ha aanplantings.
Suid-Kaap
Nog onseker oor verwagte aanplantings. Dit sal van herstel na vloedskade en beskikbaarheid van saad afhang hoeveel geplant sal word.
SWD en Oos-Kaap
Potensiaal van 1 000ha aanplantings indien saad beskikbaar is. Volgens Agricol is daar nog Tanjilsaad beskikbaar.
Somerreënvalstreek
Aanplantings van dieselfde oppervlakte as die vorige seisoen word verwag.
Oesskatting
Volgens die Oesskattingskomitee word die 2005 aanplantings onderskeidelik op 40 000ha canola en 8 800ha lupiene geskat. Die Werkgroep is van mening dat daar voorlopig by die syfers volstaan word.
SAGIS Inligting
Die Werkgroep neem kennis van die inligting soos by die sakelys aangeheg.
Prysvooruitskatting en internasionale markinligting
Dr Griessel rapporteer oor die internasionale situasie ten opsigte van sojaboon produksie, naamlik Noord-Amerika se oeste is goed; Argentinië het rekord-oeste; in Brazilië waar hulle nog besig is om te oes word 'n afname in produksie verwag. As gevolg van die hoë insetkoste en ander probleme word minder aanplantings vir die 2005 / 2006 seisoen verwag, wat 'n beter prys vir oliekoek geland in Suid-Afrika kan beteken. Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R1 964 / ton. Wisselkoers op 12 April 2005 = R6,15.
Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg
Pluimvee (94%) R1 846 Varke (100%) R1 964 Suiwel (58%) R1 139 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is as volg:
Pluimvee (53%) R1 041 Varke (65%) R1 277 Suiwel (60%) R1 178 Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg
L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
Suiwel (80%)R1 473
R1 571L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
Suiwel (52%)R1 041
R1 021L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
Suiwel (73%)R1 237
R1 434- Geen produsentepryse vir canola is nog deur SOILL beskikbaar gestel nie. Murray Voere het 'n prys van R1 750 / ton aangekondig.
COMBUDS – canola
Aanpassing van kostegids
Besluit dat terugvoer insake die kostegids vanaf die DLWK afgewag word.
Me Swanepoel
Mnr HugoOpstel van COMBUDS vir canola
Neem kennis dat die DLWK in samewerking met mnr Deon Joubert in proses is om die combuds te finaliseer. Besluit dat terugvoering oor die combud afgewag word.
Me Swanepoel
PNS (Mnr Joubert)
Produksie area kaarte
Besluit dat die finalisering van die produksie area kaarte afgewag word.
Me Swanepoel
Mnr Hugo
Navorsing
Canola
Nasionale cultivarproewe en chemiese ontledings
Cultivarproewe 2004
Die 2004 resultate is reeds by verskeie geleenthede aan produsente deurgegee. Dit is ook aan PNS voorsien.
Besluit dat die resultate van die 2004 proewe ter inligting van die Werkgroeplede by die notule aangeheg sal word.
PNS Kantoor
Cultivarproewe vir 2005
Die beplanning vir die aanplant van die proewe is gedoen. Die eerste aanplantings in die Suid-Kaap kan as gevolg van die swaar reën eers 'n week later in aanvang neem. 'n Alternatiewe perseel vir Paddavlei moet gereël word.
Besluit dat vordering insake die 2005 proewe rapporteer sal word soos dit vorder.
Mnr Hanekom
Cultivaraanbevelings vir besproeiing in die somerreënvalgebied
Die opsomming van aanbevelings na aanleiding van twee jaar se proewe is by die sakelys aangeheg. Aangesien Tabel 1 per abuis uit die dokument uitgelaat is, sal die volledige dokument weer by die notule aangeheg word.
PNS-Kantoor
Die Werkgroep bespreek die onderste oessekerheidsgrense by verskillende opbrengsmikpunte soos in Tabel 2 aangetoon (bereken volgens regressielynmetode).
Die cultivars soos deur die saadmaatskappye aan die navorsers voorsien, is gebruik. In die besproeiingsareas, word meestal kort groeiers gebruik wat gesaai kan word nadat die somergewasse klaar geoes is.
Die Australiese cultivars is beter vir Suid-Afrikaanse omstandighede aangepas. Die Europese cultivars is vir die koeler gebiede geskik.
Die opbrengs onder besproeiing is nie hier so hoog soos in Europa nie, omdat hulle die langer groeiers gebruik wat normaalweg 'n hoër opbrengs gee. Aan die anderkant het die Kanadese cultivars weer nie voldoende swartstam weerstand nie.
Besluit dat
- Dr Nel (LNR-IGG) en mnr Hanekom (DLWK) oor die moontlikheid dat die DLWK se proefresultate ook volgens die regressielyn metode (Maxiplan) verwerk en ontleed kan word, moet besin en aanbevelings oor moontlike samewerking aan die Tegnologiekomitee moet maak.
Dr Nel
Mnr Hanekom
Tegnologiekomitee - Dr Nel die ontbrekende inligting soos deur die Werkgroep identifiseer (byvoorbeeld bemesting, watertoediening), by die dokument sal inwerk voordat dit by die notule aangeheg word.
Dr Nel
- Die inligting in bladskrifformaat vir die Nampo Oesdag beskikbaar gestel moet word.
Dr Nel
- Saadmaatskappye versoek word om navraag omtrent die gebruik van internasionale kwekerye te doen en aan die Werkgroep terugvoering te gee.
Agricol
Advanta
- Dr Nel (LNR-IGG) en mnr Hanekom (DLWK) oor die moontlikheid dat die DLWK se proefresultate ook volgens die regressielyn metode (Maxiplan) verwerk en ontleed kan word, moet besin en aanbevelings oor moontlike samewerking aan die Tegnologiekomitee moet maak.
Bemesting
Terugvoering van Bemestingstaakspan
Neem kennis van terugvoering oor die projekte op Stikstofbestuur en Stikstofbestuur X Plantdatums wat deur Kynoch en DLWK onder baie swak toestande van die afgelope seisoen uitgevoer is. Die inligting verkry uit die proewe is nog vertroulik, slegs vir kennisname en nie vir publikasie nie.
Weens die hoër stikstoftoediening is groter plante verkry wat groter druk op die beskikbare grondvog geplaas het en dus nie die droë toestande kon hanteer nie. Die kombinasie van stikstoftoediening in verhouding tot die reënval van 'n seisoen (tyd en hoeveelheid) is nog onseker. Plantdatum en saaidigtheid speel ook 'n rol in die reaksie op bemesting.
Kynoch het aangedui dat alle navorsingswerk gestaak word en dat daar nie met die projekte voortgegaan kan word soos beloof is nie. Die werk soos deur DLWK gedoen, sal voortgesit word.
Besluit dat
- ernstige pogings aangewend word om Kynoch te oortuig om met die proewe voort te gaan of alternatiewe moontlikhede soos kontraknavorsers dringend oorweeg moet word;
Dr De Kock
- die finale verslae van die Bemestingswerkgroep vir hierdie Werkgroep se kennisname by hierdie notule aangeheg sal word;
Dr De Kock
PNS-Kantoor - die produsente se aanbeveling met die navorsers kommunikeer sal word naamlik dat die effek wat planters op die bemestingstoediening na planttyd sou hê en dat verdere toedienings daarvolgens aangepas sal moet word, by die navorsingsprojekte in berekening gebring moet word.
Dr De Kock
Daar word verder rapporteer oor die bemestingsproef wat onder besproeiing by Vaalharts en Potchefstroom uitgevoer word om die optimum stikstoftoediening onder besproeiing te bepaal.
Besluit dat finale verslag oor bemesting onder besproeiing via die Bemestingstaakspan gelewer sal word.
Dr Nel
- ernstige pogings aangewend word om Kynoch te oortuig om met die proewe voort te gaan of alternatiewe moontlikhede soos kontraknavorsers dringend oorweeg moet word;
Wisselbou-projek: besproeiing
Die wisselbouprogram in die besproeiingsgebiede verloop volgens beplanning en vordering sal rapporteer word.
Dr Nel
Ontwikkelingsplan vir canola
Neem kennis dat die Ontwikkelingsplan die nodige aandag van die Tegnologiekomitee kry.
Besluit dat die Werkgroep op hoogte van vordering / aanpassings in die ontwikkelingsplan gehou sal word.
Dr de Kock
Terugvoering – THRIP-projek
Neem kennis dat geen verdere inligting rapporteer is nie en besluit dat terugvoering afgewag word.
Prof Agenbag
Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola
Daar word rapporteer dat die navorsing wat reeds ten opsigte van Cruiser gedoen is, tot 'n groot mate aan die vereistes vir registrasie van Cruizer op canola in Suid-Afrika, voldoen.
Besluit dat Dr Lamprecht die uitstaande proewe om Cruizer op canola te registreer binne die komende seisoen sal uitvoer / koördineer en aan die Werkgroep terugvoering gee.
Dr Lamprecht
Daar word 'n beroep op lede gedoen om op die uitkyk vir enige tekens van "verwelksiekte" te wees en enige vermoedens aan die LNR of DLWK te rapporteer.
Almal
Lupiene
Nasionale cultivarproewe en chemiese ontledings
Cultivarproewe vir 2004
Die cultivarevaluasie van die 2004 proewe in die Wes- en Suid-Kaap was in die Februarie uitgawe van LUPINO publiseer en by verskeie geleenthede aan produsente deurgegee.
Cultivarproewe vir 2005
Die beplannings vir die aanplantings van die 2005 proefpersele is afgehandel. Aanplantings in die Suid-Kaap moes weens die swaar reën met een week uitgestel word. Saadmaatskappye kon nie voldoende saad per cultivar voorsien nie en een cultivar se saad is nog uitstaande.
Die nuwe cultivar Mandelup, met 'n goeie antraknose weerstand, word by die proewe by alle lokaliteite ingesluit.
Besluit dat terugvoering insake die 2005 cultivarproewe by die volgende vergadering gegee sal word.
Mnr Hanekom
Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene
Neem kennis dat Syngenta dit ondersteun dat Cruizer in die proewe ten opsigte van saadbehandeling by lupiene ingesluit word. Beplanning vir die voortsetting van die projek is in proses.
Besluit dat daar by 'n volgende vergadering terugvoering oor die voortsetting van die projek insake saadbehandeling by lupiene gegee sal word.
Dr Lamprecht
Weerstandbiedendheid: raaigras
Neem kennis dat 'n Werkgroep van kundiges deur PNS in die lewe geroep is om die raaigras-weerstandbiedendheid dringend aan te spreek en verdere navorsing te inisieer.
Ter voorbereiding is daar tydens die vorige vergadering van die werkgroep besluit dat die bestaande riglyne opdateer moet word om by huidige omstandighede aan te pas. Navorsing tot op datum moet koördineer word en as 'n volledige databasis beskikbaar gestel word. Enige weerstand wat in die praktyk identifiseer word, moet by die Werkgroep aangemeld word. KGI sal behulpsaam wees om monsters van onkruide in die Wes-Kaap te neem.
Besluit dat vordering vanaf die Werkgroep: Raaigrasweerstandbiedendheid afgewag word.
Dr De Kock
Me SwanepoelPes- en plaagbeheer
Stoppelbestuur van canola / swartstam
Neem kennis dat mnr Van Coller 'n projekvoorlegging voorberei insake die vasstelling van die patogeen populasie in die Wes- en Suid-Kaap; die bepaling van die variasie daarvan met die oog op beter risiko beheer. Die feit dat swartstam ook op die wortels kan voorkom, sal in die projek aangespreek word.
Opslag canola lande is ondersoek en swartstam identifiseer. Daar word aanbeveel dat opslag canola afgewei moet word en enige hergroei daarna voorkom moet word. Die patogeen kan nie die spysverteringstelsel van skape oorleef nie.
Besluit dat vordering ten opsigte van swartstam navorsingsprojek rapporteer sal word.
Mnr Van Coller
Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms
Daar word rapporteer dat Dr Tribe se aansoek insake die literatuurstudie oor insekte goedgekeur is en die samevatting van die resultate aan die lede van die "Slakwerkgroep" (Beter vestiging van canola ten opsigte van bogrondse swamme, insekte en slakke) voorsien word.
Besluit dat vordering vanaf die Werkgroep: Beter vestiging van canola ten opsigte van bogrondse swamme, insekte en slakke, rapporteer sal word.
Dr Lamprecht
Daar word 'n beroep op lede gedoen om enige ander aspekte insake swak vestiging van canola by die "Slakwerkgroep" te rapporteer sodat die moontlikheid van ad hoc projekte oorweeg kan word.
Almal
Navorsingsprojek – Rhizoctonia
Besluit dat dr Lamprecht die bestuursopsomming van die navorsingsprojek oor Rhizoctonia vir insluiting by die notule van hierdie vergadering aan die kantoor sal voorsien.
Dr Lamprecht
Daar sal oor die voortsetting van die projek met PNS beraadslaag word.
Tegnologie-oordrag
Canolafokus
Artikels vir volgende publikasies
Junie uitgawe – resultate van Swartland canola kompetisie.
Redaksie
Suid-Kaap Canolakompetisie
Saak word as afgehandel beskou.
Swartland Canolakompetisie
Die samevatting en aanbevelings na aanleiding van die Swartland canola kompetisie word aan lede voorgehou en sal in 'n volgende Canolafokus publiseer word.
Redaksie
Radiopraatjies
Neem kennis dat PNS besluit het om met 'n reeks radiopraatjies binne die GSA program op RSG (Donderdag 12:30) te begin om die produksie van canola te bevorder. Die programme sal tot September uitgesaai word en sal alle aspekte van canola produksie aanspreek.
Besluit dat die programskedule ter inligting van lede by die notule aangeheg sal word en terugvoering aan die Werkgroep gegee sal word.
Dr De Kock
PNS-Kantoor
Lupino
Die Maart uitgawe het inligting omtrent die invloed van bewerking op die vegetatiewe groei, wortel-ontwikkeling en saadopbrengs van smalblaarlupiene (Wonga) asook die voorkoms van bruinblaarvlek en stamvrot bevat.
Besluit dat
- lede van die Werkgroep dringend bydraes vir die Lupino aan die redaksie moet voorsien;
Almal
- die volgende moontlikhede oorweeg kan word:
- Ekonomiese syfers soos verkry uit Dr Hardy se wisselbouproewe
- Gebruike van lupiene
- Beperkte beskikbaarheid vir veevoerbedryf weens klein hoeveelheid produseer (Mnr H Kotzé)
Redaksie
- lede van die Werkgroep dringend bydraes vir die Lupino aan die redaksie moet voorsien;
Inligtingsdae
Neem kennis van die volgende geleenthede wat skeduleer is:
17-20 Mei NAMPO Oesdag 20 Julie CBK Boeredag / Swartland 6 September SKOG 7/8 September PNS besigtigingstoer
Weervooruitskatting
Neem kennis van die inligting soos tydens die vergadering deur mnr Cerfonteyn verskaf.
Behoeftes van
Mark – Canola
Statutêre Graderingsregulasies
Daar word rapporteer dat die GSA Graderingswerkgroep die terugvoering van landboubesighede bespreek en opgevolg het (sifsels, sifgroote vir onderste sif, beskikbaarheid van siffies, gebruik van laboratorium skoonmaker teenoor handsif, insekte, monstergrootte, bepaling van uitloop). Sodra daar resultate van die verdere ondersoek beskikbaar is en dit weer deur die Graderingswerkgroep oorweeg is, sal die konsepregulasies vir kommentaar sirkuleer word. Daar word beoog om dit voor die volgende oesseisoen te finaliseer.
Besluit dat vordering insake die moontlike graderingsregulasies vanaf CBK afgewag word.
Mr Van Papendorp
Mnr Vermaak
Mark - Lupiene
Geen verdere inligting word rapporteer nie.
Produsente – Canola
Plantmetodes vir beter vestiging van canola
Neem kennis en besluit dat die aangeleentheid oorstaan totdat vordering rapporteer kan word.
Prof Agenbag
Produsente – Lupiene
Alkaloïedvlakke / gestandardiseerde betroubare toets
Neem kennis en besluit dat daar oor onderhandelings rakende alkaloïedtoetse rapporteer sal word sodra nuwe inligting beskikbaar is.
Dr Griessel
Dr Brand
Saad
Canola
Neem kennis dat geen tekort aan canolasaad rapporteer is nie.
Lupiene
Neem kennis dat daar blykbaar 'n tekort aan lupiensaad is.
Besluit dat die tekort aan lupiensaad met die saadmaatskappye opgevolg word en saadmaatskappye versoek word dat die beplande aksie om die situasie aan te spreek aan die Werkgroep kommunikeer moet word.
Agricol
Ander sake
Artikel in Agrekon: optimering van wisselboustelsels
Neem kennis dat die regstelling van inligting in die betrokke artikel aangespreek word.
Artikel – "Manipulating oil contents"
Neem kennis dat die inligting omtrent verbeterde produksie en olie-inhoud aan produsente en rolspelers kommunikeer word.
"Minor use registration"
Neem kennis van die inligting insake die registrasie van 'n middel met beperkte verkoopswaarde vir die vervaardiger of agent daarvan - soos by die sakelys aangeheg.
Datum van volgende vergadering
- 8 Junie 2005 te Elsenburg.
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.