Notule
Sojawerkgroepvergadering
gehou om 10h00 op 11 Maart 2003 in die "Chapman Room", Cedara
Opening
Die vergadering word met gebed geopen deur mnr NJ Vermaak.
Verwelkoming
Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig by die vergadering. 'n Spesiale woord van welkom word gerig aan mnr MJ van Rensburg, mnr KE Lawrence, mnr RA Bell, me C Stevens, me FP Fryer, dr LA Metho, mnr J Arathoon, me A Rautenbach, mnr B Tait en mnr A Jarvie.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Mnr CJ du Plessis PNS Mnr E Maree PNS-kontrakteur, Vrystaat Mnr A Jarvie Pannar Mnr FAS Potgieter GSA Mnr NJ Vermaak GSA Mnr I Stapelberg Produsent Me A Rautenbach SASS Mnr JC Lubbe SASS Mnr J Arathoon Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Mnr CL Grimbeek PNS Dr LA Metho Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Mnr MJ van Rensburg Dept Landbou, Mpumalanga Mnr WF van Wyk PNS-kontrakteur, Mpumalanga en Noordelike Provinsie Dr NW McLaren LNR-IGG Mnr AJ Pretorius LNR-IGG Mnr KE Lawrence Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Mnr RA Bell Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Me C Stevens Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Mnr B Tait SASOL Mnr L Killian PNS-kontrakteur, KwaZulu-Natal Me FP Fryer Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Mnr C Havenga Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Mnr TM Ndwandwe Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Me E du Preez Departement Landbou en Omgewingsake, KZN Mnr G Keun Sekretaris Verskonings
Mnr K Nel Nedan Oil Mills Dr J Willemse Suider-Afrikaanse Voedselvereniging Mnr AL Bennett Monsanto Mnr B Bester Monsanto Mnr GP de Beer LNR-IGG Mnr B de Klerk OTK Mnr P de Beer Personalia
Mnr KE Lawrence word geluk gewens met sy aanstelling as Navorser by die Departement van Landbou, KZN, so ook mnr Potgieter wat verkies is as Voorsitter van die Sojawerkgroep van GSA en mnr J du Plessis wat verkies is op die Hoofbestuur van GSA.
Me E du Preez word geluk gewens met die prestasie wat sy behaal het en toekennings wat sy gekry het.
Vasstelling van die sakelys
Die sakelys word aanvaar met die toevoeging van die volgende besprekingspunte:
- 7.2.1 – Klimaat
- 9.10.3 – Monsanto – datums
- 9.10.4 – Soygro entstof
- 10.3 – GSA - terugvoering
- 15.2 – Volvet soja
Notule van die vergadering van 27 Januarie 2003
Die notule is goedgekeur.
Algemene oorsig
Provinsies
KwaZulu-Natal
Mnr Du Plessis rapporteer dat reën dringend nodig is. Hy meld dat daar reeds skade aan die sojaboonaanplantings is as gevolg van die droogte.
Mnr Lubbe meld dat die sojabone onreëlmatig ryp geword het as gevolg van die droogte.
Kennis word geneem dat in die Winterton / Bergville gebied en meer spesifiek op die plase wat naby die berg geleë is, die aanplantings redelik goed lyk en die droogte nog nie soveel skade aangerig het nie.
Mpumalanga
Mnr Van Rensburg meld dat dit baie droog is. Hy meld verder dat die Oostelike dele van Mpumalanga nie so erg geraak word deur die droogte nie. Ten opsigte van die laat aanplantings word verwag dat daar redelik skade sal wees as gevolg van die droogte.
Mnr Van Wyk bevestig dat dit baie droog is en meld dat veral in die gebiede waar daar vroeër in die seisoen haelskade was die sojabone swak herstel het.
Noordwes
Mnr Potgieter berig dat alhoewel die meeste aanplantings onder besproeiing is, dit baie warm is en die verwagting is dat daar wel skade sal wees.
Limpopo
Mnr Van Wyk berig dat dit baie droog is anderkant die Soutpansberg. In die Palala-gebied is daar wel aanplantings onder besproeiing gedoen.
Noord-Kaap
Hierdie aangeleentheid word nie bespreek nie.
Vrystaat
Mnr Maree berig dat in die Noordoos-Vrystaat en Oos-Vrystaat die aanplantings redelik lyk, maar dat dit baie droog is in die Wes-Vrystaat. Hy berig verder dat dit ook in Bloemfontein baie droog is.
Oos-Kaap
Mnr Killian berig dat dit baie droog is in die Oos-Kaap.
Suidwestelike Distrikte
Mnr Grimbeek meld dat dit baie droog is. Sekere dele teen die berg het egter reën gehad waar redelike opbrengste verkry sal word.
Gauteng
Mnr Van Wyk rapporteer dat die sojabone nie hoogte gekry het nie en die hitte 'n groot rol in die verband gespeel het.
Oesskatting
Kennis word geneem van die volgende syfers van die Oesskattingskomitee:
Oppervlakte beplant 108 000ha Eerste skatting 151 300 ton Mnr Vermaak verneem of die verwagting is dat die oesskatting afwaarts aangepas gaan word na gelang van vroeëre inligting oor toestande in die onderskeie provinsies. Daar word gemeld dat verwag word dat die syfers van KZN, Mpumalanga en Noordwes afwaarts aangepas sal word terwyl Vrystaat se syfers dieselfde sal bly.
Die Voorsitter verwys die vergadering na 'n skrywe ontvang vanaf die Oesskattingskomitee rakende 'n projek wat in sekere provinsies geloods word. Daar word versoek dat die projek ondersteun word. Mnr Pretorius verduidelik waarom die projek in slegs sekere provinsie geïmplementeer word asook die doel van die projek. Mnr Du Plessis meld dat dit 'n belangrike aangeleentheid is vir die produsente en daar met die Oesskattingskomitee in die verband saamgewerk moet word.
Besluit:
- Dat kennis geneem word van die inhoud van die skrywe ontvang vanaf die Oesskattingskomitee rakende die beoogde projek.
Klimaat
Die Voorsitter meld dat mnr Van den Berg van Enviro Vision 'n dokument vrygestel het met opgedateerde inligting rakende die reënval.
Die Voorsitter gaan voort deur van die inligting vervat in die dokument met die vergadering te bespreek.
Mikpunte: 2005, 2010 en 2020
Die Voorsitter wys daarop dat die mikpunt vir 2005 plantseisoen 150 000ha is, waarop mnr Du Plessis meld dat baie produsente in die komende seisoen sojabone sal aanplant, afhangende van die kontrakpryse en dat die mikpunt vir 2005 plantseisoen beslis haalbaar is.
Mnr Vermaak bevestig dat GSA verbind is tot die beginsel van volhoubaarheid insluitende wisselbou, waarvan sojabone 'n belangrike deel uitmaak. Die boodskap word dan ook voortdurend deur GSA uitgedra.
Markaangeleenthede
Huidige prys van sojabone – internasionaal en plaaslik
Dr Griessel berig dat groter aanplantings van sojabone gedoen is in Brasilië en Argentinië. Die verwagting is dat die sojaboonoes aldaar 87 miljoen ton sal beloop. Ten opsigte van inligting rakende die internasionale markte van oliesade sal die opbrengs hierdie jaar 365 miljoen ton beloop teenoor 363 miljoen ton die vorige jaar, waarvan 322 miljoen ton verbruik sal word teen die 315 miljoen ton van die vorige jaar. Dit sal veroorsaak dat daar 'n afname sal wees in die internasionale eindvoorraad.
Waarde van sojabone afgelei van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) geland Durban Verskeping: R2 029 | Wisselkoers: R8.00/US$ Geland Durban 47% proteïen oliekoek 2 029.00 Spoorvrag na Randfontein 150.00 2 179.00 Waarde van volvetsoja 110% R2 397.00 Prys aan produsent vir sojabone 1 864.00 – Vervoerkoste na volvet-aanleg 70.00 – Stoorkoste 60.00 – Rente 16% (6 maande) 159.00 – Ekstrusiekoste 130.00 – 5% ekstrusieverlies 114.00 Afgeleide produsenteprys vir sojabone – R/ton R2 397.00 Op 'n vraag van mnr Vermaak rakende die invoerheffing antwoord dr Griessel dat die heffing wel ingesluit is in die bedrae weergegee.
SAFEX
Mnr Du Plessis meld dat baie min verhandeling van sojabone huidiglik by SAFEX plaasvind, maar die dat die onderneming gegee is dat vir die volgende jaar sojabone steeds op SAFEX behou sal word. Die rede vir die swak verhandeling is onbekend, maar indien daar probleme ondervind word moet dit aan SAFEX gekommunikeer word.
Op 'n vraag van die Voorsitter rakende prysbewegings in die mark, meld mnr Du Plessis dat daar baie min prysbeweging is, aangesien produsente baie skepties is oor die pryse. In KZN word pryse aangebied van ± R1 850/ton. Die pryse is swak en derhalwe hou produsente voorraad vas.
Mnr Vermaak meld dat indien daar 'n te groot oordragsvoorraad is, produsente met 'n groot gedeelte van die nuwe seisoen se voorraad gaan bly sit. Indien dit 'n tendens sou raak dat die oordragvoorraad die helfte van die oes sou raak kan dit 'n implikasie hê op die boodskap van GSA rakende die behoefte aan sojabone.
Mnr Potgieter stel voor dat mnr N Hawkins van GSA na die volgende werkgroepvergadering genooi word om 'n aanbieding te doen oor vraag en aanbod.
Besluit:
- Dat mnr Hawkins van GSA na die volgende vergadering van die werkgroep genooi word om 'n aanbieding te doen oor vraag en aanbod.
Sekretaris
- Dat mnr Hawkins van GSA na die volgende vergadering van die werkgroep genooi word om 'n aanbieding te doen oor vraag en aanbod.
Verwerkingskapasiteit asook gesprek met Dr Willemse rakende verwerkingskapasiteit
Die Voorsitter meld dat dr Willemse na die volgende vergadering genooi sal word ten einde die behoefte aan sojabone vir menslike gebruik aan te spreek, aangesien hierdie behoefte jaarliks verhoog.
Op 'n vraag van die Voorsitter rakende die uitbreiding van 20% in die voedselmark, meld mnr Lubbe dat die persentasie dalk te hoog is, maar dat daar wel uitbreiding in die mark is. Kennis word geneem dat daar 'n groei in die mark is vir organiese sojabone.
Ten opsigte van die verbouing van organiese sojabone word gemeld dat:
- Daar gelet word op behoeftes en voorwaardes vir organiese verbouing;
- Of die verbouing daarvan volhoubaar is;
- Organiese verbouing streng voorskriftelik is en die voorskrifte maak voorsiening vir groen bemesting; en
- Organiese verbouing volhoubaar is mits jy 'n volhoubare kontrak het.
Melding word gemaak dat daar kundiges is ten opsigte van organiese verbouing wat uitgenooi kan word om die vergadering toe te spreek oor die aangeleentheid.
Besluit:
- Dat dr J Willemse na die volgende vergadering genooi word om inligting te gee oor die behoeftes van sojabone vir menslike gebruik.
Sekretaris
- Dat mnr J Moffat na die volgende vergadering genooi word om toeligting te gee oor organiese verbouing van sojabone.
Sekretaris
Suider-Afrikaanse Sojavoedselvereniging – Iso-Flavonoides en Flavonoides / "Texturised Vegetable Protein" (TVP)
Die Voorsitter meld dat indien iemand bewus is van kundiges op die gebied van Iso-Flavonoides en Flavonoides sodanige persone na die vergadering genooi moet word om die nodige toeligting te gee. Mnr Lubbe meld dat hy bewus is van iemand en daar ook literatuur beskikbaar is in die verband.
Die aangeleentheid staan oor tot die volgende vergadering.
Inligting / literatuur – Flavonoide aanbevole cultivars – Monsanto VSA
Die aangeleentheid staan oor tot die volgende vergadering.
Produsente-aangeleenthede
KwaZulu-Natal
Super Sojakompetisie
Mnr Du Plessis meld dat tydens 'n vorige vergadering versoek is dat meer inligting aan produsente verskaf word in die verband. Dit is inderdaad gedoen deur middel van die hou van 'n roesdag onder die vaandel van die Super Sojakompetisie.
Mnr Havenga berig dat die finale inskrywings vir die Noordelike gedeelte van KZN vir die Super Sojakompetisie 32 beloop nadat twee (2) deelnemers onttrek het weens die droogte. Twee (2) besoeke is reeds gebring en alle nodige grond monsters is geneem en ingestuur na die laboratorium vir analises. Kennis word geneem dat die deelnemers na die inligtingsdae genooi word. Kennis word ook geneem dat daar 'n afname is in die getal deelnemers / inskrywings vanaf die Normandien gebied, maar deelnemers in die Bergville gebied dalk nog verhoog kan word.
Me Fryer rapporteer dat daar ten opsigte van die Suidelike gedeelte van KZN 16 inskrywings ontvang is, maar 3 deelnemers van Underberg onttrek het weens haelskade wat voorgekom het. Sy meld verder dat onkruide en roes onder beheer is.
Op 'n vraag van die Voorsitter of deelnemers aanplantings gaan besoek, antwoord mnr Du Plessis bevestigend rakende die Suidelike gedeelte, maar meld dat in die Noordelike gedeelte daar kapasiteitsprobleme ondervind word.
Op 'n vraag van die Voorsitter rakende die advertering en aanstelling van Voorligtingsbeamptes word gemeld dat die proses wel aan die gang is. Daar word verder gemeld dat dit nie altyd maklik is om 'n goeie werksverhouding te bewerkstellig tussen die Voorligtingsbeamptes en die kommersiële produsente nie. Dr Metho bevestig dat by Cedara die nuut aangestelde personeel wel opgelei word en verdere opleidingskursusse gereël sal word.
Kennis word geneem van inligtingsdae gereël deur Pannar, die Kokstad Expo van 12 Maart 2003 en 'n inligtingsdag deur Monsanto te Dundee op 13 Maart 2003.
Sojabedryf Tender – Mnr B Birch voorlegging
Hierdie aangeleentheid staan oor na 'n volgende vergadering.
Strookproewe in KZN – projek LNR-IGG
Mnr Pretorius bevestig dat daar nie 'n strookproef te Dundee geplant is nie.
Mpumalanga
Vordering van proewe te Loskopnavorsingstasie
Mnr Van Wyk meld dat daar reeds 'n boeredag was te Loskopnavorsingstasie op 5 Maart 2003. Dit is belangrik om kennis te neem dat produsente in die gebied op soek is na 'n wisselbougewas. Op 6 Maart 2003 was daar 'n boeredag te Palala met 'n opkoms van ±70 persone. Tydens die gemelde dag is veral aandag gegee aan Roundup Ready sojabone. Beperkte probleme met sclerotinia het voorgekom en slegs op een (1) cultivar. Te Bronkhorstspruit was 'n boeredag gehou wat hoofsaaklik geskoei was op die opkomende produsente (±40) en heelwat belangstelling is getoon. Op 19 Maart 2003 sal daar 'n boeredag wees te Kinross. Tydens die dag word veral gekonsentreer op die cultivar- en strookproewe sowel as onkruiddoderproewe.
Mnr Van Rensburg meld dat daar in die provinsie ook verdere dae gereël is deur Monsanto en Pannar.
Noordwes provinsie
Verskillende proefaanplantings
Mnr Pretorius meld dat daar wel 'n boeredag was te Rietgat gedurende die eerste week van Maart 2003. By die betrokke dag geld die beginsel dat verskillende gewasse gedek word en die produsente het dan die keuse watter gewas hy wil besigtig / bywoon.
Mnr Potgieter meld dat MGK wel aanplantings gedoen het, alhoewel dit nie in samewerking met LNR-IGG was nie.
Die Voorsitter versoek mnre Potgieter en Pretorius om tydens die volgende vergadering inligting te gee oor moontlike inligtingsdae in die gebied.
Besluit:
- Dat mnre Potgieter en Pretorius aan die werkgroep terug-rapporteer oor moontlike inligtingsdae ten opsigte van die aanplantings gedoen deur MGK.
Mnr Potgieter
Mnr Pretorius
- Dat mnre Potgieter en Pretorius aan die werkgroep terug-rapporteer oor moontlike inligtingsdae ten opsigte van die aanplantings gedoen deur MGK.
Limpopo
Springbokvlakte
Mnr Van Wyk berig dat die cultivarproewe te Towoomba baie mooi lyk. Die aanplantings is net aan die begin besproei en later is slegs op reën staat gemaak. Mnr Van Wyk meld verder dat dit wil voorkom of dit redelik laat begin reën het in die Springbokvlakte en die produsente wat besproei konsentreer hoofsaaklik op mielies. 'n Poging sal saam met die LNR-IGG aangewend word om strookproewe te plant. Mnr Van Wyk berig verder dat die cultivarproef te Palala baie mooi lyk.
Mnr Van Wyk rapporteer dat hy die aanplantings te Weipe nog nie weer besoek het nie, maar dat die produsent berig het dat die aanplantings redelik lyk.
Verskillende proefaanplantings
Die aangeleentheid is afgehandel onder item 9.4.1.
Vrystaat
Oos-Vrystaat
Rywydte proef
Mnr Maree berig dat die rywydte proef te Warden aan die begin nie goed gelyk het nie, maar herstel het en tans baie goed lyk.
Noordwes-Vrystaat
Algemeen
Mnr Lubbe berig dat die aanplantings by mnr Shahim wel Egret is en die aanplantings in 5 "voet" rye geplant is. Die aanplantings is uitsonderlik mooi. Die terugvoering van produsente in die omgewing is dat die aanplanting van sojabone die volgende seisoen kan uitbrei.
Suidoos-Vrystaat
Algemeen
Die aangeleentheid is nie bespreek nie.
Sentraal Vrystaat
Terugvoering ten opsigte van aanplantings te Glen
Mnr Maree berig dat die aanplantings te Glen goed lyk. Die droëland aanplantings begin egter nou swaar kry as gevolg van die min reën. Ten opsigte van die reël van 'n inligtingsdag is bepaalde voorbereiding gedoen en 'n datum sal eersdaags beskikbaar wees.
Oos-Kaap
Alexandria en Port Alfred
Mnr Killian berig dat hy telefonies verneem het van 'n produsent wat 30ha sojabone geplant het, waarvan 10ha onder besproeiing en 20ha droëland is. Die aanplanting onder besproeiing lyk baie goed en dié onder droëland lyk nie te sleg nie ten spyte van die droogte.
Die Voorsitter meld dat hy nog nie met mnr Luckman geskakel het om 'n inligtingsdag vir sojabone te reël nie.
Besluit:
- Dat die Voorsitter met mnr Luckman skakel ten einde 'n inligtingsdag vir sojabone te reël.
Voorsitter
Sekretaris
- Dat die Voorsitter met mnr Luckman skakel ten einde 'n inligtingsdag vir sojabone te reël.
Mnr Killian – terugvoering ten opsigte van 30ha sojabone by Butterworth
Mnr Killian berig dat aanplanting wel gedoen is, maar die plante baie klein is.
Suidwestelike Distrikte
George omgewing
Mnr Grimbeek berig dat daar twee (2) inligtingsdae gehou is, te wete op 20 Februarie 2003 te George en op 6 Maart 2003 te Riversdal. Beide die inligtingsdae was goed bygewoon (±20-30 produsente per dag). Die aanplantings lyk baie goed, maar goeie reën word benodig. Ongeveer 80ha sojabone is in die gebied aangeplant.
Ten opsigte van sonneblomme is daar ongeveer 400ha aangeplant. Sonneblom word as 'n baie goeie alternatiewe gewas in die gebied beskou.
Noord-Kaap
Proewe te Upington
Dr De Kock rapporteer dat die proef geplant deur mnr Van Wyk te Upington nie 'n sukses was nie. Die cultivarproewe wat vroeër geplant is en nie die hittegolwe van die ander aanplanting gehad het nie, lyk mooi op die huidige stadium. Dr De Kock berig verder dat oorweging daaraan geskenk word om alle sojaboon aksies in Upington te staak.
Die Voorsitter doen aan die hand dat die item van die sakelys geskrap word en die PNS Tegnologiekomitee verdere oorweging skenk aan die toekoms van die cultivarproef te Upington.
Besluit:
- Dat die PNS-Tegnologiekomitee verdere oorweging skenk aan die toekoms van die cultivarproef te Upington.
Voorsitter
Sekretaris
- Dat die PNS-Tegnologiekomitee verdere oorweging skenk aan die toekoms van die cultivarproef te Upington.
Gauteng
Aanplantings – Mnr Lubbe
Mnr Lubbe meld dat ± 2 000ha sojabone naby Soweto geplant is, maar kennis geneem moet word dat volgens sy mening meer as 4 000ha sojabone geplant is in Gauteng. Mnr Lubbe meld verder dat die organiese aanplantings tans mooier lyk as die chemies verboude sojabone.
Verskillende aanplantings
Die aangeleentheid is afgehandel onder item 9.2.1.
Algemeen
Biodiesel – Voorlegging deur Sasol
Mnr B Tait van Sasol bied 'n voorlegging aan die werkgroep oor Biodiesel.
Die volgende belangrike aangeleenthede word gemeld gedurende die bespreking van die voorlegging:
- Dat indien sojabone as basis gebruik word is daar ook 'n byproduk wat van waarde is wat verdere inkomste kan genereer;
- Dat kennis geneem word dat met die verlaging van die swawel inhoud in petroleum, biodiesel dalk 'n uitweg is;
- Dat die kwaliteit van sojabone nie werklik 'n rol speel nie, aangesien dit deur 'n industriële proses gaan; en
- Dat indien daar 'n behoefte is vir 400 000 ton sojabone om biodiesel te maak die saadmaatskappye vooraf ingelig / geken sal word in die aangeleentheid ten einde voldoende saad beskikbaar te stel.
Die Voorsitter doen aan die hand dat kennis geneem word van die inhoud van die voorlegging en die werkgroep op hoogte gehou sal word van enige verwikkelinge in die verband.
Besluite:
- Dat kennis geneem word van die voorlegging van mnr B Tait van Sasol rakende Biodiesel.
- Dat die voorlegging by die notule aangeheg word.
Sekretaris
- Dat die werkgroep op hoogte gehou word van enige verwikkelinge in die verband.
Voorsitter
Sekretaris
Volvet Sojadag – terugvoering van PNS Tegnologiekomitee
Dr Griessel meld dat daar nog nie 'n datum bepaal is vir 'n volvet-sojadag nie.
Die Voorsitter meld dat daar, na aanleiding van 'n navorsingsprojek befonds deur die PNS, beoog word om sodanige dag te reël sodra die studie gefinaliseer is.
Kennis word geneem van die agtergrond inligting rakende die navorsingsprojek verskaf deur dr Griessel.
Monsanto – datums
Die Voorsitter meld dat Monsanto die volgende inligtingsdae gehou het of gaan hou:
19 Februarie 2003 Karkloof 26 Februarie 2003 Winterton 4 Maart 2003 Petit 13 Maart 2003 Dundee 2 April 2003 Bergville Soygro: entstof
Mnr Killian berig dat Soygro beskik oor 'n nuwe entstof en beweer dat indien saad daarmee behandel word die opbrengs met ± ½ ton/ha verhoog.
Mnr Grimbeek meld dat produkte van Soygro en Stimuplant gebruik is in sojaboonaanplantings en daar gevind is dat met Stimuplant goeie stikstofbinding gekry is, maar wortelontwikkeling van die plante beter was met die gebruik van die Soygro produk. Met dele wat gestroop is, was die opbrengs wel hoër.
Dr De Kock meld dat daar op die stadium slegs kennis geneem word van die waarnemings en daar eers 'n wetenskaplike proef uitgelê moet word, alvorens die waarnemings as feite aanvaar kan word.
Die Voorsitter bevestig dr De Kock se siening en doen aan die hand dat bloot kennis geneem word van die mededelings.
Mnr Van Wyk meld dat hy saamstem met die bevindinge van mnr Grimbeek, aangesien hy 'n statistiese proef uitgelê het met ses (6) produkte en daar dramatiese verskille voorkom in wortelontwikkeling, veral haarwortels, maar ten opsigte van opbrengste nie 'n verskil waargeneem word nie.
Besluite:
- Dat kennis geneem word van die mondelinge mededelings van mnr Grimbeek rakende resultate behaal met die gebruik van sekere produkte.
- Dat geen aanbevelings in die verband gemaak word alvorens die middels nie in 'n wetenskaplike proef getoets is nie.
Kontrakteurs
Nasionale cultivarproewe
Algemene oorsig
Kennis word geneem van die lokaliteitslys aangeheg as Bylae C tot die sakelys.
Mnr Pretorius meld dat die cultivarproewe goed lyk, behalwe dat dit baie droog is.
Dr De Kock berig dat hy sekere cultivarproewe besoek het en die proewe wissel van goed na redelik. Die cultivarproef te Viljoenskroon is geskuif na 'n nuwe terrein. As gevolg van die kort periode om te skuif was die grond voorbereiding nie na wense nie en derhalwe lyk die proef nie so goed nie. Die proewe te Potchefstroom en Naboomspruit lyk goed.
Die Voorsitter doen aan die hand dat tydens die volgende vergadering daar meer tyd spandeer word aan die nasionale cultivarproewe en dit derhalwe belangrik is dat die proewe besoek word.
Besluit:
- Dat tydens die volgende vergadering van die werkgroep meer tyd spandeer word aan terugvoering rakende die nasionale cultivarproewe.
Kontrakteurs
- Dat tydens die volgende vergadering van die werkgroep meer tyd spandeer word aan terugvoering rakende die nasionale cultivarproewe.
Notule van 10 september 2002
Die Voorsitter versoek die Sekretaris om die volledige notule van die vergadering van 10 September 2002 ten opsigte van die Nasionale Cultivarevalueringskomitee by die sakelys van die volgende werkgroepvergadering aan te heg.
Besluit:
- Dat die volledige notule van die vergadering van die Nasionale Cultivarevalueringskomitee gehou op 10 September 2002 by die sakelys aangeheg word.
Sekretaris
- Dat die volledige notule van die vergadering van die Nasionale Cultivarevalueringskomitee gehou op 10 September 2002 by die sakelys aangeheg word.
GSA – terugvoering
Mnr Du Plessis meld dat die volgende terugvoering gegee kan word vanaf die GSA Kongres:
- Dank aan mnr Pretorius en sy span vir die meer aanvaarbare / verstaanbare wyse waarop die bevindinge van die cultivarproewe gepubliseer word; en
- Of die tyd nie aangebreek het dat die twee (2) tipes cultivars, te wete die regop- en bostipe, geskei word in die cultivarproewe nie en dus as aparte entiteite hanteer word ten opsigte van rywydtes en plantpopulasie.
Besluite:
- Dat die publisering van bevindinge uit die cultivarproewe tydens die volgende vergadering van die werkgroep breedvoerig bespreek word.
Mnr Du Plessis
Mnr Pretorius - Dat die skeiding tussen regop- en bostipe cultivars tydens die volgende vergadering breedvoerig bespreek word.
Mnr Du Plessis
GSA-protokol: NDA
Mnr Potgieter meld dat daar ook 'n mandaat gegee is aan GSA om 'n protokol te beding met SANSOR rakende die evaluasie van nuwe cultivars.
Besluit:
- Dat die aangeleentheid tydens die volgende vergadering van die werkgroep bespreek word.
Mnr Potgieter
- Dat die aangeleentheid tydens die volgende vergadering van die werkgroep bespreek word.
Saad
Teelprogram – beplanning / vordering
Dr Griessel meld dat die PNS tesame met die LNR-IGG die teelprogram befonds en vier (4) belangrike areas identifiseer is waaraan spesifieke aandag gegee word, te wete nematodes, dag- en nag-temperature, droogtebestandheid en roes.
Dr De Kock meld dat die gewysigde projekvoorlegging reeds ontvang is, maar eers deur die PNS Tegnologiekomitee bespreek moet word.
Roundup Ready saad en andere – beskikbare inligting
Mnr Du Plessis meld dat tydens die GSA Kongres versoek is dat diegene wat Roundup Ready sojabone promoveer meer klem lê en duidelikheid gee oor die stelselvoordele daarvan.
Die Voorsitter doen aan die hand dat Monsanto versoek word om 'n inligtings-dokument beskikbaar te stel waarin uitgespel word waarom Roundup Ready sojabone geplant moet word.
Besluit:
- Dat Monsanto versoek word om 'n dokument beskikbaar te stel aan die werkgroep wat aandui watter voordele die plant van Roundup Ready sojabone inhou.
Mnr Bennett
Sekretaris
- Dat Monsanto versoek word om 'n dokument beskikbaar te stel aan die werkgroep wat aandui watter voordele die plant van Roundup Ready sojabone inhou.
Ooreenkomste tussen Monsanto en PANNAR – terugvoering
Die aangeleentheid staan oor na die volgende vergadering van die werkgroep.
NAMPO Oesdag
Besluit:
- Dat kennis geneem word dat die NAMPO Oesdag plaasvind vanaf 13-16 Mei 2003.
Dr De Kock
- Dat kennis geneem word dat die NAMPO Oesdag plaasvind vanaf 13-16 Mei 2003.
Navorsing
Roes
Roes Taakspan – terugvoering / beplanning
Dr McLaren rapporteer dat roes waargeneem is in die vangerproewe te Cedara gedurende Desember 2002. As gevolg van die droogte wil dit voorkom asof roes nie erg is nie en ook nie so erg versprei nie. Daar is ook roes waargeneem te Bergville wat onmiddellik gerapporteer is aan die Roes Taakspan. Hy meld verder dat die navorsingsprojekte ten opsigte van roes ook op skedule is.
Kennis word geneem van die werkswinkel ten opsigte van roes wat aangebied word by die Universiteit van Natal.
Dr McLaren berig verder dat te Piet Retief / Amsterdam waar daar ook roesproewe aangeplant is, nog geen roes opgemerk is nie.
Mnr Killian maak melding van roes te Winterton. Die aanplantings is onder besproeiing.
Dr De Kock benadruk dat dit baie belangrik is dat indien roes opgemerk / waargeneem word dit aan die Voorsitter van die Roes Taakspan gerapporteer moet word.
Die Voorsitter verneem of daar enige nuwe navorsing gaan voortspruit uit die huidige roesprojekte, waarop dr McLaren meld dat dit mag nodig wees om te kyk na "susceptibility after flower". Me Du Preez meld dat lugbespuiting dalk ook oorweeg moet word.
Dr De Kock meld dat enige verdere proewe aan die Roes Taakspan voorgelê moet word vir oorweging.
Besluit:
- Dat enige verdere proewe / navorsing op skrif aan die Roes Taakspan deurgegee word vir oorweging.
Dr De Kock
- Dat enige verdere proewe / navorsing op skrif aan die Roes Taakspan deurgegee word vir oorweging.
Sclerotinia
Notule van 15 Oktober 2002
Kennis word geneem van die inhoud van die notule aangeheg by die sakelys. 'n Datum vir 'n volgende vergadering sal bepaal word sodra resultate van die sclerotinia navorsing ontvang is.
Proefwerk – Dr McLaren en mnr Killian – terugvoering
Dr McLaren meld dat daar ook sclerotinia proewe geplant is te Amsterdam en Delmas.
Nuwe siekte: sojabone
Dr McLaren berig dat hy 'n oproep ontvang het rakende 'n probleem met 'n aanplanting net buite Piet Retief. Dele van die sojaboonaanplanting verdroog. Die aanplanting is besoek, maar dit blyk geen probleem te wees nie.
Mnr Killian maak melding van "mustard spot" wat voorkom.
Me Du Preez meld dat daar nog nie sekerheid is of dit "mustard spot" is nie en daar word nog gewerk aan die aangeleentheid. Sy meld verder dat daar 'n verdere siekte is wat "red spot" genoem word en veral in Zambië voorkom. In die geval word Punch gespuit.
Die Voorsitter versoek mnr Killian en me Du Preez om die gemelde aangeleenthede met dr C Levy te bespreek en terugvoering aan die werkgroep te gee tydens die volgende vergadering.
Besluit:
- Dat mnr Killian en me Du Preez die voorkoms van "mustard spot" en "red spot" met dr Levy bespreek en terugvoering gee tydens die volgende vergadering van die werkgroep.
Mnr Killian
Me E du Preez
- Dat mnr Killian en me Du Preez die voorkoms van "mustard spot" en "red spot" met dr Levy bespreek en terugvoering gee tydens die volgende vergadering van die werkgroep.
Sojaboonforum
Terugvoering van vergadering van Sonneblom- en Sojaboonforum
Kennis word geneem dat daar geen vergadering van die Sonneblom- en Sojaboonforum was nie.
Sake om na die volgende Forum te verwys
Geen.
Ander sake
Inligtingsdae 2002 – terugvoering
13 Maart 2003 Monsanto Inligtingsdag te Dundee 2 April 2003 Monsanto Inligtingsdag te Bergville 13-16 Mei 2003 NAMPO Oesdag 26 Augustus 2003 Super Sojakompetisie, Cedara 27 Augustus 2003 Super Sojakompetisie, Dundee
Volvet soja
Die aangeleentheid is afgehandel onder item 9.10.2.
Toevoegings tot sakelys
Geen.
Datum van volgende vergadering
Die volgende vergadering van die Sojawerkgroep is geskeduleer vir 8 Mei 2003.
Afsluiting
Aangesien daar geen verdere sake vir bespreking is nie, verdaag die Voorsitter die vergadering om 14:30.