Notule

Canola- en Lupienwerkgroepvergadering

gehou op 12 April 2006 te Elsenburg



  1. Opening en verwelkoming

    Mnr Van Papendorp open die vergadering met gebed. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig by die verga­dering, veral mnr N Hawkins nuwe GSA verteenwoordiger.

    Die Werkgroep se dank word aan mnre N Vermaak en D van Papendorp wat nie verder as GSA verteenwoordigers beskikbaar is nie, oorgedra vir die bydrae gelewer tydens hulle termyn as GSA verteenwoordigers.

    Neem verder kennis dat mnr Hanekom die diens van DLWK gaan verlaat en die Werkgroep se dank en waardering vir sy bydrae tot die Werkgroep se werksaamhede en as lid van die redaksie van die Canolafokus en Lupino word aan hom oorgedra.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr M Griessel PNS
    Dr J de Kock PNS
    Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap
    Dr J Booysen DLWK
    Dr M Hardy DLWK
    Mnr D Hanekom DLWK
    Mnr P Lombard DLWK
    Me L Smorenburg DLWK
    Mnr C van Rooyen DLWK Caledon
    Me C Tsele DLWK Swellendam
    Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr G Conradie DLWK / SKOG
    Mnr D van Papendorp GSA
    Mnr N Hawkins GSA
    Mnr K Schonken GSA
    Mnr A Haasbroek Kaap Agri
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr J Bruwer SSK
    Mnr JCG van Niekerk MKB
    Mnr L Swartz Canola Seed Products
    Mnr J Kellerman Agricol
    Dr A Nel LNR-IGG
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Dr G Tribe LNR-NIPB
    Me M du Preez PNS
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Verskonings

    Mnr C Cumming Bayer Crop Science
    Mnr J McDermott Du Pont
    Mnr JJ Bester GSA
    Prof A Agenbag US
    Me A Swanepoel DLWK
    Mnr P Fouché K2 Agrisaad
    Mnr K Becker SOILL
    Mnr N Murray Murray Voere
    Dr T Brand DLWK
    Dr Pieterse US
    Me A Enslin SAGIS
    Dr N Kotzé Agricol
    Mnr A Theron GSA
  3. Personalia

    Geen.

  4. Vasstelling van sakelys

    Die volgende punte word tot die sakelys toegevoeg:

    • 11.1Grondsiekte Simposium
    • 11.2Radiopraatjies oor canola
  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering gehou op 9 Februarie 2006 word goedgekeur.

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënstreek

      1. Canola

        Die Voorsitter bedank die lede vir hulle teenwoordigheid en insette. Hy wens die lede 'n geseënde Kersfees toe en verdaag die vergadering om 13:30.

        Swartland

        Daar word voorsien dat ongeveer dieselfde hoeveelheid canola geplant sal word. Die pryse wat vir canola realiseer word, beïnvloed produsente se besluite oor beplande aanplantings. Weens die winsgewendheid van graan­produksie probeer produsente meer op insetkoste bespaar.

        Suid-Kaap

        Volgens die huidige aanduidings word 'n 10% afname in aanplantings van alle grane verwag Die vooruitskatting ten opsigte van canola is soos volg, naamlik:

        BNK area   4 000ha
        CRK area   6 000ha
        SSK 14 000ha

        SWD

        Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.

        Oos-Kaap

        Neem kennis dat navrae oor canola verbouing in die Oos-Kaap ontvang word.

        Besluit dat belangstellende produsente na die Canola Bedryfskomitee asook die PNS webtuiste of mnr P Fouché van K2 Agrisaad vir inligting verwys moet word (www.proteinresearch.net).

        Neem kennis van die inligting in sake canola verbouing vir gebruik vir die vervaardiging van biobrandstof. Die PNS bestuur sal op 13 April met die maatskappy wat groot aanplantings in die Oos-Kaap oorweeg, gesprek voer en by 'n volgende vergadering terugvoering gee. Die PNS ondersteun die vervaardiging van etanol of biodiesel en is bereid om moontlike betrokkenheid via cultivarproewe / navorsings projekte te oorweeg.

        Besluit dat terugvoering van onderhandeling oor verdere canola aanplantings in die Oos-Kaap asook insake die vervaardiging van biobrandstof uit canola by 'n volgende vergadering rapporteer sal word.

        Mnr Scholtemeijer
        Dr De Kock

      2. Lupiene

        Swartland

        Daar word verwag dat meer lupiene, veral bitter lupiene geplant sal word. Weens die druk op die winsgewendheid van die graanbedryf, word die graanproduksie afgeskaal ten gunste van uitbreidings in die veefaktor van boerderye. Bitter lupiene word hoofsaaklik vir weiding gesaai, omdat die koste daaraan verbonde laag is en dit ook in die onkruidbeheerprogram kan inpas.

        Suid-Kaap

        'n Toename in aanplanting van lupiene, soet sowel as bitter, word verwag.

        SWD

        Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.

        Oos-Kaap

        Geen nuwe inligting nie.

    2. Somerreënvalstreek

      Neem kennis van terugvoering deur dr Nel verskaf.

      Dr de Kock gee terugvoering oor voorlopige ondersoeke insake canola aanplantings in die sentrale besproeiings­areas (somer­reënvalgebied).

      Dr Nel

    3. Weervooruitskatting

      Mnr Cerfonteyn verskaf die weervooruitskouing vir die komende winter periode. Goeie Reën word eers vir later in die seisoen voorspel.

    4. Oesskatting

      Die skatting van canola en lupienaanplantings sal later in die seisoen beskikbaar wees. Neem kennis dat daar volgens die Oesskattingskomitee se eerste voorneme om te plant onderskeidelik 33 900ha canola en 15 200ha soetlupien geplant sal word.

    5. SAGIS Inligting

      Die jongste markinligting soos deur SAGIS verskaf is vir kennisname by die sakelys aangeheg.

    6. Prysvooruitskatting en internasionale mark­inligting

      Dr Griessel rapporteer oor die internasionale marksituasie. Daar word verwys na die invloed wat die voorkoms van voëlgriep in die Europese Unie lande op die invoere van soja oliekoek uit Brasilië na dié lande het.

      Die jongste gelande prys (10 April 2006) van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R1 534 per ton. Wisselkoers = R6,14.

      1. Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg:

        Pluimvee (94%) R1 442
        Varke (100%) R1 534
        Suiwel (58%) R  890

        Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus soos volg:

        Pluimvee (53%) R  813
        Varke (65%) R  997
        Suiwel (60%) R  920
      2. Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg

        L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
        Suiwel (80%)
        R1 151
        R1 227
        L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
        Suiwel (52%)
        R   813
        R   798
        L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
        Suiwel (73%)
        R   966
        R1 120
      3. Produsentepryse vir canola en lupiene

        Geen kontrakte vir canola is nog beskikbaar nie.

  7. Navorsing

    1. Canola

      1. Nasionale cultivarproewe

        1. Cultivarproewe van 2005

          Neem kennis van en bespreek die terugvoering van die cultivarproewe in die Wes- en Suid-Kaap gedurende 2005, soos by die sakelys aangeheg. Daar word veral verwys na die feit dat die triasienweerstandbiedende cultivars merkbaar swakker presteer het.

          Besluit dat

          • verdere terugvoering oor die 2005 seisoen resultate en die 2006 aanplantings by die volgende vergadering gegee sal word;
          • aanbeveel word dat die ouer cultivars nie meer in cultivarproewe gebruik moet word nie.

          DLWK

        2. Canola cultivaraanbevelings vir besproeiing in die somerreënval gebied

          Neem kennis van die inligting soos by die sakelys aangeheg.

          Besluit dat verdere terugvoering oor canola verbouing in die besproeiingsgebiede by 'n volgende vergadering gelewer sal word.

      2. Bemesting

        1. Terugvoering van Bemestingstaakspan

          Neem kennis dat geen nuwe inligting beskikbaar is nie.
          Besluit dat die volgende sake oorstaan en terugvoering afgewag word:

          • die loodsproef van Mnr Hanekom te Tygerhoek en Langgewens;
          • die nuusberig en vlugskrif insake die beweerde laer proteïeninhoud van koring na canola;
          • die aanpassing van die bemestingsriglyne.

          Dr De Kock

        2. Wisselbou-projek somersaaigebiede – bemes­ting onder besproeiing

          Geen verdere inligting word rapporteer nie.

          Besluit dat terugvoering insake die wisselbou-projek in die somersaaigebiede afgewag word.

          Dr Nel

      3. Ontwikkelingsplan vir canola

        Neem kennis en besluit dat die ontwikkelingsplan vir canola tydens die volgende vergadering beskikbaar sal wees.

        Dr De Kock

      4. THRIP-projek

        Besluit dat die terugvoering omtrent die THRIP aansoeke vir 2005/2006 afgewag word.

        Prof Agenbag

      5. Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola

        Neem kennis dat die velddata soos deur prof Agenbag saamgestel, beskikbaar is en die resultate na dr G Swart van Syngenta verwys sal word.

        Besluit dat die resultate van die velddata insake saad­behandeling teen swamme en insekte (Prof Agenbag) ter inligting by die volgende sakelys aangeheg sal word.

        Sekretaresse

    2. Lupiene

      1. Nasionale cultivarproewe

        Neem kennis van en bespreek die verslag van die 2005/2006 cultivarproewe vir die Wes-en Suid-Kaap soos by die sakelys aangeheg.

        Dit blyk dat die voorkoms van antraknose deur goeie bestuur beheer kan word, byvoorbeeld deur net skoon saad te gebruik.

        Besluit dat verdere terugvoering oor die 2005 oes (ontledings) en 2006 aanplantings tydens die volgende vergadering beskikbaar sal wees.

        DLWK

      2. Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene

        Neem kennis dat die velddata ontleed is en geen noemenswaardige verskille tussen die behandelde saad en kontrole saad voorgekom het nie. Volledige inligting sal verskaf word.

        Besluit dat verdere terugvoering insake die saadbe­handelingsproewe (velddata) van lupiene by die volgende vergadering gegee sal word.

        Dr Lamprecht

    3. Weerstandbiedendheid: raaigras

      Neem kennis dat die skriftelike verslag deur me Swanepoel verskaf is.

      Besluit dat die DLWK Verslag oor raaigras weerstand­biedendheid by die volgende sakelys aangeheg sal word.

      Sekretaresse

    4. Pes- en plaagbeheer

      1. Stoppelbestuur van canola / swartstamstudies

        Neem kennis dat die Swartstamstudies in oorleg met die UOVS sal voortgaan.

        Besluit dat mnr Van Coller versoek word om vordering met die swartstam navorsing by 'n volgende vergadering te rapporteer.

        Mnr Van Coller

      2. Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms

        Neem kennis dat die persele vir die veldeksperimente insake beter vestiging van canola (oorsaak van kaal kolle in canola lande) in die Caledon omgewing identifiseer is. Verwys ook punt 9.5 van hierdie notule.

        Dr Tribe is deurlopend besig om die voorkoms van slakke en insekte te moniteer.

        Besluit dat

        • die effek van die gebruik van atrasien (na opkoms) op canola eerder as dié van simasien (voor opkoms) by die veldeksperiment ingesluit moet word;
        • produsente egter enige abnormale waarnemings by lande waar simasien toegedien is, dadelik aan die "Werkgroep vir beter vestiging van Canola" moet rapporteer;
        • terugvoering oor die verloop van die veldeksperiment insake beter vestiging van canola deur die seisoen gegee sal word;

          Dr Lamprecht

        • produsente / instansie aangemoedig word om enige probleme wat gedurende die seisoen identifiseer word, dadelik aan die "Werkgroep vir beter vestiging van Canola" vir hantering te rapporteer.

          Almal

      3. Ruitrugmot

        Die voorlegging van dr Kfir oor die ruitrugmot was by die sakelys aangeheg. Die Tegnologiekomitee is versoek om moontlike navorsing (Wes-Kaap) oor die ruitrugmot te oorweeg.

    5. PNS navorsingsprojekte 2006/2007

      Neem kennis van die inligting insake die navorsings­projekte soos by die sakelys aangeheg.

      Besluit dat die lys van navorsingsprojekte opdateer en ter inligting by die volgende sakelys aangeheg moet word.

      Sekretaresse

  8. Tegnologie-oordrag

    1. Canolafokus

      Neem kennis dat die Swartland Canolakompetise uitslae in die Maart Uitgawe van die Canolafokus publiseer word.

      Besluit dat die inligting oor aanbevole spuitprogramme en "by-vriendelike" middels op canola in die Junie uitgawe publiseer sal word.

      Redaksie

    2. Lupino

      Neem kennis dat die inligting oor die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir veevoerbedryf in die Maart uitgawe van Lupino verskyn.

      Besluit dat die artikel oor die beskikbaarheid van lupiene aan Mnr DJ Malherbe (Riversdal Studiegroep) voorsien word.

      Sekretaresse

      Besluit dat die hersamestelling van die Redaksie (Canolafokus en Lupino) na die PNS bestuur vir oorweging verwys word.

      Voorsitter

      Neem kennis en besluit dat alle artikels en ander inligting ook vir publikasie in die SA GRAAN tydskrif deurgestuur kan word aan nicoh@grainsa.co.za.

      Redaksie
      Mnr Hawkins

    3. Inligtingsdae 2006

      20 Julie 2006 CBK Boeredag
      29-31 Augustus 2006 Agri Overberg Megaweek
      30-31 Augustus Besigtiging cultivarproewe
      13 September 2006 Riversdal Boeredag
      14 September 2006 Roodebloem Boeredag
      20-21 September 2006 Grondsiekte simposium

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      1. Statutêre Graderingsregulasies

        Die graderingsregulasies soos die afgelope seisoen toe­gepas, sal tydens die CBK vergadering op 12 April verder bespreek en finaliseer word.

        Besluit dat die finale besluit oor graderingsregulasies tydens die volgende vergadering rapporteer en toegelig sal word.

        Mnr Hawkins

    2. Mark - Lupiene

      Jongste uitgawe van LUPINO verwys. Geen verdere inligting beskikbaar nie.

    3. Produsente – Canola

      1. Plantmetodes vir beter vestiging van canola

        Besluit dat die finale verslag oor plantmetodes tydens die volgende vergadering deur prof Agenbag voorgelê sal word.

        Prof Agenbag

    4. Produsente – Lupiene

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    5. Super Canolakompetisie

      Die verslag van die Swartland en Suid-Kaap kompetisies is by die sakelys aangeheg en in die jongste Canolafokus publiseer.

      Besluit dat mnre Van Rooyen en Slabbert versoek word om 'n samevatting van die afgelope vyf jaar se kompetisie uitslae saam te stel.

      Mnr Van Rooyen
      Mnr Slabbert

      Die Werkgroep bespreek die stelling dat dit uit waar­nemings blyk dat daar 'n wisselwerking tussen swak stande, sekere gronde, organismes en die vroeë toediening van simasien mag wees.

      Die voor en nadele by die gebruik van simasien teenoor atrasien (ongeregistreerde onkruiddoder) word bespreek.

      Besluit (verwys 7.4.2 van notule) dat

      • die effek van die gebruik van atrasien (na opkoms) op canola eerder as dié van simasien (voor opkoms) by die veldeksperiment oor beter vestiging van canola ingesluit moet word;
      • produsente enige abnormale waarnemings by lande waar simasien toegedien is dadelik aan die "Werkgroep vir beter vestiging van Canola" moet rapporteer.
  10. Saad

    1. Canola

      Voldoende saad is beskikbaar. Die aangeleentheid rondom terughou van saad en die moontlike oordra van siektes, veral swartstam, op teruggehoude saad is na die Tegnologiekomitee vir verdere hantering verwys.

      1. SANSOR Statistieke

        Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    2. Lupiene

      Voldoende saad is beskikbaar.

    3. Navorsing: anti-voedingsfaktore in canola

      Neem kennis van die verslag van navorsing: "The effect of the dietary inclusion of canola oilcake, full-fat canola and sweet lupins on the production performance and carcass fat composition of broilers and pigs" wat by die sakelys aangeheg is.

  11. Ander sake

    1. Grondsiekte Simposium

      Neem kennis dat die Grondsiekte Simposium: Mikro-elemente en grondgedraagde siektes op 20 en 21 Sep­tember 2006 te Stellenbosch gehou word. Belangstel­lendes kan by Dr Lamprecht registreer.

    2. Radiopraatjies oor canola

      Neem kennis dat die reeks radio praatjies oor canola verbouing voortgesit word en Woensdae van 12h30 tot 12h45 op RSG uitgesaai word.

  12. Volgende vergadering

    Neem kennis dat die volgende vergadering vir 14 Junie 2006 skeduleer is.

  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank aan elkeen afgesluit en verdaag.