Notule
Canola- en Lupienwerkgroepvergadering
gehou op 14 Junie 2006 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Mnr Scholtemeijer open die vergadering met gebed. Hy verwelkom almal teenwoordig veral mnr Keun van PNS en D Koch, nuwe voorsitter van CBK wie die eerste keer 'n werkgroep vergadering bywoon.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap Mnr G Keun PNS Mnr D Hanekom DLWK Mnr P Lombard DLWK Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr C van Rooyen DLWK Caledon Me L Smorenburg DLWK Dr M Hardy DLWK Dr J Booysen DLWK Mnr GJ van Coller DLWK Me F Hawkins Nasionale Dept Landbou (NOK) Mnr K Schonken GSA Mnr D Koch CBK Mnr JJM Bester GSA Mnr A Haasbroek Kaap Agri Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr JJ Bruwer SSK Mnr L Swartz Canola Saad Produkte Mnr N Murray Canola Saad Produkte Mnr I van der Linde Agricol Mnr H Kotzé Nova voere Mnr C Cumming Bayer Crop Science Mnr J McDermott Du Pont Prof A Agenbag US Dr S Lamprecht LNR-NIPB Me L van Zyl Sekretariaat Verskonings
Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg Mnr N Hawkins GSA Dr A Nel LNR-IGG Dr G Tribe LNR-NIPB Mnr K Becker SOILL Mnr JCG van Niekerk MKB Mnr J Lusse Overberg Agri Mnr L Wille Agricol Mnr J Loubser Bokomo Dr I Trautmann DLWK Me A Swanepoel DLWK Dr N Kotzé Agricol Personalia
Geen.
Vasstelling van sakelys
Geen addisionele sake word bygevoeg.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering van die Canola- en Lupienwerkgroep gehou op 12 April 2006 goedgekeur word.
Algemene oorsig
Winterreënstreek
Canola
Swartland
Die gebied het 'n goeie reën seisoen gehad en die plante is goed gevestig.
Daar word kennis geneem van skade weens foutiewe aanwending van chemiese middels. Produsente word daarop gewys dat die spuit-tenk asook die pype deeglik volgens die instruksies op die aanwysings skoongemaak moet word om moontlike skade te voorkom, veral nadat SU's gespuit is.
Suid-Kaap
Die gebied het 'n goeie reën seisoen gehad en die plante is goed gevestig. Baie min insek- of ander skade is aangemeld. Insekskade is in die Caledon-omgewing rapporteer en aangespreek.
SWD
Geen terugvoering.
Oos-Kaap
Die moontlike aanplantings van canola in die Oos-Kaap is met die betrokke belangstellendes opgevolg. Sover vasgestel kan word is slegs 1 500ha in die Ugie-Elliot-Maclear area asook die Transkei gesaai. Die betrokke produsente is aangeraai om met die CBK in verbinding te tree. Terugvoering word afgewag.
Mnr Scholtemeijer
Mnr KochLupiene
Swartland
Die stand van plante lyk goed en vooruitsigte is belowend.
Suid-Kaap
Die stand van plante lyk goed en vooruitsigte is belowend. Meer lupiene (soet sowel as bitter) word ter ondersteuning van die vee-faktor gesaai.
SWD
Heelwat lupiene is geplant.
Oos-Kaap
Geen terugvoering.
Somerreënvalstreek
Geen terugvoering.
Weervooruitskatting
Mnr Cerfonteyn verskaf die weervooruitskouing vir die komende periode. Normaal tot onder-normale reënval word vir die periode van Junie tot Augustus voorspel.
Neem kennis dat die weervoorspellings deur die Universiteit Kaapstad as baie betroubaar ervaar word.
Mnr Cerfonteyn
Oesskatting
Neem kennis dat daar volgens die Oesskattingskomitee se hersiene voorneme om te plant onderskeidelik 36 600ha canola en 15 500ha soetlupien geplant is.
Die Werkgroep is van mening dat meer hawer as canola (in sekere gebiede tot dubbel die aantal hektare) gesaai is. In sekere streke word meer medics as plaasvervanger van canola gesaai.
Daar word besluit dat die NOK versoek word dat die aantal hektare hawer en selfs medics gesaai (opbrengs uitgesluit) by die oesskatting ingesluit moet word sodat 'n meer volledige oorsig van die totale oppervlakte akkerbougewasse gesaai verkry kan word.
Besluit dat die totale oppervlaktes canola en lupiene geplant deur die landboubesighede verskaf sal word.
Landboubesighede
SAGIS Inligting
Die jongste markinligting soos deur SAGIS verskaf is vir kennisname by die sakelys aangeheg.
Prysvooruitskatting en internasionale markinligting
Dr Griessel rapporteer oor die internasionale marksituasie. Daar word geskat dat wêreldproduksie van oliesade in 2006/2007 ongeveer 392 miljoen ton sal wees teenoor 386 miljoen ton in 2005/2006. Daarteenoor word die verbruik vir 2006/2007 op 396 miljoen ton geskat teenoor die 379 miljoen ton in 2005/2006. As gevolg van bestaande en beplande bio-etanol aanlegte word hoër pryse vir mielies en oliesade voorspel.
Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R1 839 per ton. Wisselkoers = R6,75.
Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg:
Pluimvee (94%) R1 729 Varke (100%) R1 839 Suiwel (58%) R1 067 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus soos volg:
Pluimvee (53%) R 975 Varke (65%) R1 195 Suiwel (60%) R1 103 Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg
L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
Suiwel (80%)R1 379
R1 471L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
Suiwel (52%)R 975
R 956L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
Suiwel (73%)R1 159
R1 342Produsentepryse vir canola en lupiene
Kontrakprys vir canola Canola Saad Produkte
SOILLR1 700 per ton
R1 800 per ton
Navorsing
Canola
Nasionale cultivarproewe
Cultivarproewe (winterreënvalstreek)
Neem kennis dat die 2005 seisoen se ontledings afgehandel is. Sodra die kontroles in die laboratorium afgehandel is sal resultate beskikbaar gestel word.
Mnr Hanekom
Neem verder kennis dat die 2006 proewe vroeg gesaai kon word en vestiging op hierdie stadium goed is.
Besluit dat vordering met die 2006 proewe by die volgende vergadering rapporteer sal word.
Mnr Hanekom
Canola cultivaraanbevelings vir besproeiing in die somerreënval gebied
Neem kennis dat die proewe in die somerreënval gebied nog gesaai word.
Besluit dat vordering met die 2006 proewe in die somerreënval gebied by die volgende vergadering rapporteer sal word.
Dr Nel
Bemesting
Terugvoering van Bemestingstaakspan
Nuusberig: Proteïeninhoud van koring na canola
Die artikel oor die invloed van canola op die kwaliteit van daaropvolgende graangewasse is ter inligting by die sakelys aangeheg. Volgens navorsingsresultate beskikbaar het canola nie 'n negatiewe invloed op die graanproteïeninhoud van die daaropvolgende kleingraangewasse nie. Die noodsaaklikheid dat produsente nie op stikstofbemestingsaanbevelings moet inkort waar koring in herhaalde rotasies na canola verbou word, word weer eens onder produsente se aandag gebring.
Besluit dat
- die tabel oor totale N opbrengs (kg N/ha) in die artikel aangepas / vereenvoudig word om moontlike verwarring uit te skakel;
- die artikel vir publikasie in die Canolafokus, SA Graan Tydskrif, Landbouweekblad en ook na Mnr W Kilian, LNR-KGI verwys moet wor.
Dr De Kock
Aanpassing van riglyne
Neem kennis dat die aanpassing van die bemestingsriglyne afgehandel is en die dokumentasie finaliseer word.
Besluit dat die opdateerde bemestingsriglyne vir canola by die volgende sakelys aangeheg word.
Dr De Kock
Wisselbou-projek somersaaigebiede
Geen verdere inligting word rapporteer nie.
Besluit dat terugvoering insake die wisselbou-projek in die somersaaigebiede afgewag word.
Dr Nel
Ontwikkelingsplan vir canola
Neem kennis dat die ontwikkelingsplan vir canola in die finale stadium is en deur die Tegnologie Komitee finaliseer sal word.
Besluit dat die finale ontwikkelingsplan by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Dr De Kock
Die moontlike effek wat die vervaardiging van biodiesel op die bedryf sal hê is hierby ingesluit. Daar word byvoorbeeld bereken dat ongeveer 1 miljoen ton DDGS vir die veevoermark beskikbaar sal word. DDGS kan slegs 'n beperkte hoeveelheid sojabone in rantsoene vervang, maar wel mielies en sonneblom op 'n groter skaal.
Die Nasionale Departement Landbou is in die proses om die kabinet oor 'n beleid ten opsigte van biodieselvervaardiging te adviseer.
Besluit dat sodra finaliteit oor die beleid rakende biodieselvervaardiging (van die nasionale owerheid en oliesade bedryf) bereik is, dit aan die Werkgroep raporteer sal word.
Mnr Scholtemeijer
Dr GriesselTHRIP-projek
Neem kennis dat die US se aansoek om THRIP befondsing onsuksesvol was omdat die Universiteit nie verder as 'n SMME kwalifiseer nie. THRIP aansoeke (2006) wat reeds goedgekeur was, is gevries tot verdere kennisgewing. Onderhandelings met die Departement Handel en Nywerheid is in proses en die saak word deur die universiteit opgevolg.
Besluit dat indien daar enige vordering met die THRIP aansoek is, dit rapporteer sal word.
Prof Agenbag
Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola
Die resultate van die proewe insake saadbehandeling teen swamme en insekte is na Syngenta verwys.
Besluit dat daar by Syngenta oor die vordering met die registrasie van die saadbehandelings middel navraag gedoen word.
Sekretaresse
Lupiene
Nasionale cultivarproewe
Neem kennis dat die 2005 seisoen se ontledings afgehandel is. Sodra die chemiese ontledings afgehandel is, sal die resultate beskikbaar gestel word.
Mnr Hanekom
Neem verder kennis dat die 2006 proewe vroeg gesaai kon word en vestiging op hierdie stadium goed is.
Besluit dat vordering met die 2006 proewe by die volgende vergadering rapporteer sal word.
Mnr Hanekom
Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie. Dit word vermeld dat swamme by lupiene met die regte oesprosedure en die regte voginhoud tydens oes beperk kan word.
Besluit dat terugvoering insake die saadbehandelingsproewe van lupiene rapporteer sal word soos dit beskikbaar raak.
Neem kennis en besluit dat produsente voorbeelde van plante wat met Phytophtera besmet is aan die navorsers (Dr Lamprecht) moet voorsien.
Dr Lamprecht
Weerstandbiedendheid: raaigras
Notules van die Werkgroepvergaderings en die projekte insake weerstandbiedendheid by eenjarige gewasse (2005) was ter inligting by die sakelys aangeheg.
Besluit dat navraag omtrent 'n volgende vergadering van die Werkgroep: Weerstandbiedenheid gedoen word.
Mnr Cumming
Me SwanepoelPes- en plaagbeheer
Stoppelbestuur van canola / swartstam
Mnr Van Coller rapporteer dat die Swartstam-projek goed verloop. Daar word ook 'n samewerkingsooreenkoms met die UOVS (Swartstamstudies) gesluit.
Besluit dat vordering met die Swartstamstudies rapporteer sal word soos beskikbaar.
Mnr Van Coller
Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms
Die Werkgroep vir beter vestiging van canola gee terugvoering oor veldeksperimente insake beter vestiging van canola onder andere die oorsaak van kaal kolle in canola lande. Dr Tribe en die span is deurlopend besig om die voorkoms van slakke en insekte te moniteer. Probleme word aangespreek en produsente word versoek om ook enige probleme wat hulle gedurende die seisoen sou identifiseer dadelik aan die Werkgroep te rapporteer. Dit blyk dat 'n droeër seisoen voor planttyd die voorkoms van slakke verminder omdat minder slakke in die droogte kan oorleef.
Besluit dat terugvoering oor die verloop van die veldeksperiment oor beter vestiging van canola deur die seisoen gegee sal word.
Dr Lamprecht
PNS navorsingsprojekte
Neem kennis van die inligting insake die navorsingsprojekte vir 2006/2007 soos by die sakelys aangeheg.
Tegnologie-oordrag
Canolafokus
Neem kennis dat die Junie uitgawe van die Canolafokus binnekort gereed sal wees.
Besluit dat die artikel oor canola se invloed op die proteïeninhoud van daaropvolgende gewasse in die Junie uitgawe publiseer sal word.
Redaksie
Lupino
Neem kennis dat die volgende uitgawe van Lupino binnekort gereed sal wees.
Redaksie
Redaksie Canolafokus en Lupino
Neem kennis en besluit dat die hersamestelling van die redaksie deur die PNS bestuur oorweeg sal word en terugvoering rapporteer sal word.
Voorsitter
Inligtingsdae 2006
29-31 Augustus 2006 Agri Overberg Megaweek 30-31 Augustus 2006 Besigtiging cultivarpoewe 6 September SKOG Boeredag 13 September Riversdal Boeredag 14 September Roodebloem Boeredag 20-21 September Grondsiekte simposium
Behoeftes van
Mark – Canola
Statutêre Graderingsregulasies
Die graderingsregulasies soos dit in die praktyk toegepas word en evalueer is, is finaliseer. GSA sal die administratiewe proses verder hanteer. Die regulasies word na die Departement Landbou deurgegee vir amptelike oorweging en publikasie.
Mnr Hawkins
Mark - Lupiene
Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
Produsente – Canola
Plantmetodes vir beter vestiging van canola
Prof Agenbag gee terugvoering oor die verskillende proewe wat op beter vestiging van canola gedoen is, byvoorbeeld "Optimale plantmetodes vir olie en proteïen saadgewasse", "Invloed van rywydtes en plantdigthede op plantestand van canola" en "Invloed van Chemiese saadbehandeling op plantestand en opbrengs van canola".
Die vestiging van canola word deur 'n verskeidenheid van faktore beïnvloed. Volgens die resultate is die hoogste opbrengs by die nouer rye (170mm) realiseer. Rywydtes moet dus nie wyer wees as wat nodig is om die plantproses moontlik te maak nie.
Saadbehandeling (met Cruiser en SA Kombinasie) is suksesvol alhoewel daar nie oral dieselfde resultate behaal is nie. Patogene en die algemene klimaat toestande speel 'n rol in die sukses van die behandeling. Saailingsiektes kan opbrengs benadeel selfs al sou dit nie die plantestand betekenisvol beïnvloed nie.
Besluit dat navraag omtrent die navorsingsresultate by Prof Agenbag aangevra kan word.
Prof Agenbag
Produsente – Lupiene
Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
Super Canolakompetisie
Neem kennis dat voorbereidings vir die 2006 kompetisie in proses is.
Mnr Van Rooyen
Mnr Slabbert
Saad
Canola
Voldoende saad was beskikbaar.
Lupiene
Neem kennis dat die saadproduksie van Quilinock in proses is. Agricol ondervind probleme met die formele onderhandeling vir die sub-lisensiëring van Mandelup. Vordering sal rapporteer word.
Agricol
Ander sake
Proteïenbehoeftes vir diereverbruik vir 2010 en 2020
Neem kennis van die dokumentasie insake proteïenbehoeftes vir diereverbruik wat ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Volgende vergadering
Neem kennis dat die volgende vergadering vir 17 Augustus 2006 skeduleer is.
Afsluiting
Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.