Notule

Canola- en Lupienwerkgroepvergadering

gehou op 17 Augustus 2006 te Elsenburg



  1. Opening en verwelkoming

    Mnr Agenbag open die vergadering met gebed. Die Voor­sitter verwelkom almal teenwoordig by die vergadering.

  2. Presensie

    Teenwoordig

    Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter)
    Dr M Griessel PNS
    Dr J de Kock PNS
    Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap
    Mnr P Lombard DLWK
    Mnr H Cerfonteyn DLWK
    Mnr C van Rooyen DLWK Caledon
    Mnr I Slabbert DLWK Moorreesburg
    Dr T Brand DLWK
    Me A Swanepoel DLWK
    Me L Smorenburg DLWK
    Mnr D Koch CBK
    Mnr A Haasbroek Kaap Agri
    Mnr JCG van Niekerk MKB
    Mnr P Laubscher Overberg Agri
    Mnr C Cumming Bayer Crop Science
    Mnr J McDermott Du Pont
    Mnr J Loubser Nova Voere
    Dr N Kotzé Agricol
    Dr G Tribe LNR-NIPB
    Dr S Lamprecht LNR-NIPB
    Dr A Nel LNR-IGG
    Me A Enslin SAGIS
    Me R Beukes NDL (NOK)
    Me M du Preez PNS
    Me L van Zyl Sekretariaat

    Verskonings

    Mnr JJ Bruwer SSK
    Mnr N Hawkins GSA
    Mnr P Fouché
    Mnr K Schonken GSA
    Mnr J Lusse Overberg Agri
    Mnr JJ Bester GSA
    Mnr H Kotzé Nova Voere
    Mnr G van Coller DLWK
    Dr M Hardy DLWK
    Dr I Trautmann DLWK
    Dr J Booysen DLWK
    Prof A Agenbag US
  3. Personalia

    Geen.

  4. Vasstelling van sakelys

    • 8.5Kommunikasie van navorsing resultate
    • 9.3.2Hoër opbrengs
  5. Notule van die vorige vergadering

    Die notule van die vergadering van die Canola- en Lupien­werkgroep gehou op 12 Junie 2006 goedgekeur is.

  6. Algemene oorsig

    1. Winterreënstreek

      1. Canola

        Swartland

        Die hele area het goeie reën gehad, op sekere plekke is dit baie nat. Die plantestand is oor die algemeen goed, alhoewel dit in sekere gebiede baie onegalig is. Min insekskade het tot op datum voorgekom.

        Suid-Kaap

        Die hele area het goeie reën gehad. Die plantestand is goed en min insekskade het tot op datum voorgekom.

        SWD

        Plantestand lyk goed.

        Oos-Kaap

        Aanplantings lyk goed (ongeveer 1000ha).

      2. Lupiene

        Swartland

        Die hele area het goeie reën gehad. Die stand van lupiene wissel van baie goed tot uitstekend. Daar is ook baie bitter lupiene geplant. Min probleme as gevolg van siektes of plae.

        Suid-Kaap

        Die hele area het baie goeie reën gehad. Die stand van lupiene is baie goed tot uitstekend. Daar is ook baie bitter lupiene aangeplant. Min probleme as gevolg van siektes of plae is rapporteer.

        SWD

        Plantestand lyk goed.

        Oos-Kaap

        Plantestand lyk goed.

    2. Somerreënvalstreek

      Daar is min kommersiële aanplantings in die somerreën­valstreek.

    3. Weervooruitskatting

      Mnr Cerfonteyn verskaf die weervooruitskouing vir die komende periode. Gemiddeld tot bo-gemiddelde reënval word vir Augustus tot Oktober voorspel (veral in die Suid-Kaap).

      Mnr Cerfonteyn

    4. Oesskatting

      Neem kennis dat daar volgens die Oesskattingskomitee se oppervlakskatting onderskeidelik 33 500ha canola en 15 000ha soetlupiene geplant is.

      Volgens die jongste opname onder landboubesighede is die volgende aanplantings gemaak:

      Canola
      Kaap Agri 11 800ha (verwagte opbrengs: 1,2 tot 1,5ton/ha)
      MKB   1 500ha
      Overberg Agri   4 500ha (verwagte opbrengs 1,3 tot 1,6ton/ha)
      SSK 10 634ha + 760ha weiding (verwagte opbrengs 1,2 ton/ha)
      Riversdal      500ha + weiding
      Oos-Kaap   1 000ha
      Lupiene
      Kaap Agri   3 400ha soet + 3 500ha bitter
      MKB   5 500ha soet + 2 200ha bitter
      Overberg Agi   4 000ha
      SSK      900ha (verwagte opbrengs 1,5 ton/ha)

      Neem kennis dat die NOK die versoek vir die opname van die oppervlakte hawer (kommersieel sowel as weiding) en medics gesaai oorweeg het en dit verder sal ondersoek. Indien dit by die oesskatting ingesluit kan word behoort dit 'n meer volledige oorsig van die totale oppervlakte akkerbougewasse gesaai te gee. Die persentasie hawer wat vir ontbytvoedsel gebruik word, wissel volgens die verloop van elke seisoen.

      Besluit dat terugvoering insake die opname van die oppervlakte hawer en medics van die NOK afgewag word.

      Me Beukes

      Die Werkgroep bespreek verder die moontlikhede van korog en voergraan-aanplantings in die Wes-Kaap. Daar word kennis geneem dat die voedingswaarde van voergrane deur die DLWK evalueer is en dat die resultate van die ontledings by die DLWK op aanvraag beskikbaar is.

    5. SAGIS Inligting

      Die jongste markinligting soos deur SAGIS verskaf is vir kennisname by die sakelys aangeheg en word deur Me Enslin toegelig. Die hoeveelheid olie-sade wat vir die vervaardiging van biodiesel gebruik word, word op die oomblik nog nie as sodanig in die SAGIS statistieke aangetoon nie.

    6. Prysvooruitskatting

      Dr Griessel rapporteer oor die internasionale marksituasie. Sedert die vorige verslag was daar 'n styging in die internasionale soja oliekoek prys. Die jongste gelande prys van sojaboon-oliekoek (47% proteïen) in Kaapstad beloop R1 927 per ton. Wisselkoers = R6,88

      1. Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg:

        Pluimvee (94%) R1 811
        Varke (100%) R1 927
        Suiwel (58%) R1 118

        Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus soos volg:

        Pluimvee (53%) R1 021
        Varke (65%) R1 253
        Suiwel (60%) R1 156
      2. Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg

        L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
        Suiwel (80%)
        R1 445
        R1 542
        L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
        Suiwel (52%)
        R1 021
        R1 002
        L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
        Suiwel (73%)
        R1 214
        R1 407
      3. Produsentepryse vir canola

        'n Produsenteprys van R1 900 / ton is deur SOILL afgekondig.

        Geen produsenteprys vir lupiene is beskikbaar nie.

  7. Navorsing

    1. Canola

      1. Nasionale cultivarproewe

        1. Cultivarproewe (winterreënvalstreek)

          Die resultate van die chemiese ontledings (2005 oes) ten opsigte van olie word aan die vergadering voorsien.

          Aangesien die plaaslike canola se veselinhoud soveel hoër as die buitelandse produk is, is die volvetwaarde dien­ooreen­komstig laer. Die dop-kern-verhouding van plaaslike canola is groter omdat die opbrengs laer is en die korrels dus groter is.

          Daar bestaan spesiale lae veselinhoud-cultivars, maar dis onseker of dit by die huidige seisoen se cultivarproewe ingesluit is.

          Besluit dat die resultate ten opsigte van die proteïen inhoud van canola by 'n volgende vergadering beskikbaar sal wees.

          Mnr Lombard

          Neem kennis dat die 2006 proewe, met enkele uit­sonderings, oor die algemeen goed lyk. Reëlings vir die besigtiging van die proewe is gefinaliseer en aan lede kommunikeer.

          Besluit dat vordering met die 2006 proewe (winterreënval gebied) rapporteer sal word.

          Mnr Lombard

        2. Canola cultivaraanbevelings vir besproeiing in die somerreënval gebied

          Die proewe is geplant en lyk goed. Las van voëls in die lande is ondervind.

          Besluit dat vordering met die 2006 proewe (somereënval gebied) rapporteer sal word.

          Dr Nel

      2. Bemesting

        Terugvoering van Bemestingstaakspan:

        Neem kennis dat die aangepaste bemestingsriglyne vir canola in die winterreënstreek aan lede sirkuleer is en verder via die media kommunikeer sal word. Dit sal ook by die verbouingsriglyne wat tans hersien word, ingesluit word. Neem verder kennis dat 'n navorsingsprojek oor verskillende stikstof peile met verskillende watertoe­dienings deur die UOVS onderneem word en resultate afgewag word.

        By die Universiteit Stellenbosch (Prof Agenbag) is 'n projek "Soil N as a norm for N-fertilization programmes of winter cereals in the Western Cape".

        Die DLWK beplan 'n projek (aansoek): "Nitrogen management strategy on wheat (triticum aestivum) grown under dry land conditions in the Swartland and Rûens subregions of the Western Cape." (Dr J Labuschagne)

        Alhoewel daar by vorige geleenthede besluit is dat geen verdere navorsing in die bemestingsriglyne vervat is nie, is lede nou van mening dat daar wel 'n behoefte vir verdere werk veral ten opsigte van die toediening van spoor­elemente, bestaan. Daar is egter 'n tekort aan beskikbare navorsers of instansies wat bereid is om hierop navorsing te doen.

        Daar word aanbeveel dat 'n literatuurstudie oor spoor-elemente gedoen word en daar ook vir 'n begin blaarontledings van plante uit goeie, gemiddelde en swak lande gedoen word en resultate evalueer word sodat 'n wetenskaplike afleiding gemaak kan word (gemeet aan die blaarontledingsnorme vir spoorelemente soos in die bemestingsriglyn vervat). Op grond van resultate kan meer volledige navorsing/projekte identifiseer word.

        Neem kennis dat Mnr Van Rooyen reeds in die proses is om plante vir blaarontledings te versamel.

        Spoor-elemente sal ook tydens die Grondsiekte simposium aangespreek word en die inligting kan aan die Werkgroep beskikbaar gestel word.

        PNS is bereid om die effek van blaarbespuitingsmiddels wetenskaplik te evalueer, maar nog net een maatskappy was bereid om sy middel vir die doel beskikbaar te stel.

        Besluit dat

        • kommentaar op die bemestingsriglyne soos deur die taakspan saamgestel asook voorstelle vir verdere navorsing op bemestingspraktyke en toediening van spoorelemente dringend voor 1 September 2006 aan die Bemestingstaakspan (via die PNS kantoor) vir verdere oorweging voorgelê moet word;

          Almal
          Dr De Kock

        • Mnr Van Rooyen die resulte van die blaarontledings wat hy wil laat doen sal dokumenteer en aan die Werkgroep vir oorweging sal voorlê;
        • PNS versoek word dat 'n literatuurstudie oor spoor-elemente gedoen moet word;
        • Verdere aksies ten opsigte van spoor-elemente na aanleiding van die resultate van die blaarontledings oorweeg moet word;

          Mnr Van Rooyen
          Dr De Kock

        • Wisselbou-projek somersaaigebiede;
        • Neem kennis van terugvoering soos rapporteer. Besluit dat vordering met die wisselbou-projek in die somer­saaigebiede rapporteer sal word.

          Dr Nel

      3. Ontwikkelingsplan vir canola

        Die ontwikkelingsplan vir canola, wat inligting omtrent die navorsingsprojekte insluit, is aan lede sirkuleer.

        Besluit dat die ontwikkelingsplan vir canola aanvaar word.

      4. THRIP-projek

        Neem kennis dat die 2006 toekenning gedeeltelik realiseer het, maar daar nog oor die aanwending van die fondse besin word.

        Besluit dat volledige terugvoering oor die aanwending van die THRIP fondse (2006 toekenning) rapporteer sal word.

        Prof Agenbag

      5. Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola

        Geen verdere terugvoering kan rapporteer word nie.

        Besluit dat daar by Syngenta omtrent die vordering met die registrasie van Cruiser as saadbehandelingsmiddel teen swamme en insekte navraag gedoen moet word. Terug­voering sal aan die Werkgroep rapporteer word.

        PNS Sekretaresse
        Dr Lamprecht

    2. Lupiene

      1. Nasionale cultivarproewe

        Die resultate van die chemiese ontledings (2005 oes) ten opsigte van proteïen-inhoud word aan die vergadering voorsien.

        Besluit dat die navorsers versoek word om 'n opsomming / vergelyking van die afgelope jare se proteïen-inhoud ont­ledings, (die opbrengs per hektaar vergelykings ingesluit), voor te berei en ter insae aan die Werkgroep voor te lê.

        Mnr Lombard

        Neem kennis dat die 2006 proewe goed lyk. Reëlings vir die besigtiging van die proewe is gefinaliseer en aan lede kommunikeer.

        Besluit dat vordering met die 2006 proewe (winterreënval gebied) by die volgende vergadering rapporteer sal word.

        Mnr Lombard

      2. Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene

        Dr Lamprecht wys voorbeelde van 'n nuwe siekte wat op lupiene waargeneem is. Die navorsers is in die proses om dit te probeer identifiseer.

        Besluit dat

        • terugvoering insake die saadbehandelingsproewe van lupiene rapporteer sal word soos dit beskikbaar raak; en
        • terugvoering oor die identifikasie van 'n nuwe siekte afgewag word.

        Dr Lamprecht

    3. Weerstandbiedende raaigras

      Die volgende vergadering van die Weerstandbiedendheids­werkgroep moet nog belê word. Intussen is Dr Pieterse getaak om 'n konsep navorsingstrategie vir oorweging saam te stel sodat alle navorsing in hierdie verband mekaar sal aanvul en nie oorvleuel of leemtes laat nie.

      Besluit dat die volgende vergadering van die Werkgroep: Weerstandbiedendheid en die navorsingstrategie insake weerstand­biedendheid afgewag word.

      Me Swanepoel

    4. Pes- en plaagbeheer

      1. Stoppelbestuur van canola / swartstam

        Die beplande projekte insake Swartstamstudies is in proses en vordering word afgewag.

        Besluit dat vordering met die Swartstam-projekte rapporteer sal word soos dit beskikbaar raak.

        Mnr Van Coller

      2. Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms

        Die Werkgroep vir beter vestiging van canola het nog nie weer vergader nie. Die veldeksperimente gaan voort.

        Besluit dat resultate van die veldeksperiment oor beter vestiging van canola deurlopend rapporteer sal word.

        Dr Lamprecht

        1. Terugvoer deur Dr Tribe: Insekte op canola

          Die Werkgroep neem kennis van Dr Tribe se vorderings­verslag oor die projek: Insekte op canola. Slakke wat die blare van die plante eet, kan goed met slakpille beheer word.

          Isopoda (krimpvarkies) eet net canola plantjies as hulle nie genoeg water uit ander bronne kry nie. Die klimaat tydens plant en wanneer die plantjies klein is, sal dus 'n rol speel in die voorkoms van isopoda. Daar is nog nie effektiewe voorkomingsmaatreëls / behandeling teen die isopoda nie.

          Besluit dat Dr Tribe by die volgende vergadering vordering sal rapporteer.

          Dr Tribe

    5. Biobrandstowwe

      1. Studietoerverslag

        Dr Griessel doen kortliks verslag van die studietoer na Duitsland, Amerika en Kanada gedurende Mei en Junie 2006.

        Die vervaardiging van biobrandstowwe het oor die afge­lope jare vinnig gegroei en die verwagting is dat dit in die komende dekade teen 'n nog vinniger tempo kan toeneem. In Europa is die fokus op biodiesel en dit word ten doel gestel dat 5,7% van alle dieselverbruik teen 2010 van biodiesel afkomstig moet wees.

        Die projeksie is dat daar teen 2006/2007 bykans 20 biljoen liter etanol in die VSA vervaardig sal word. Daar is reeds 103 etanol aanlegte in bedryf. Gedurende 2005 is daar 284 miljoen liter biodiesel vervaardig. Daar word hoofsaaklik van soja vir biodieselvervaardiging gebruik gemaak.

        In Kanada het die biobrandstofbedryf nog nie groot afmetings aangeneem nie. In Kanada is daar nie 'n subsidiebeleid vir die landbou soos in die VSA en EU die geval is nie. Kanada se canola produksie is ongeveer 8-9 miljoen ton waarvan 5,3 miljoen ton uitgevoer word, hoofsaaklik vir biodiesel doeleindes.

        Die toename in vervaardiging van etanol en biodiesel sal tot surplusse van DDGS en oliekoek aanleiding gee. Indien dit nie in die veevoermark absorbeer kan word nie, sal dit uitgevoer word of verbrand word om energie te verskaf. Die toenemende vervaardiging van oliekoek sal druk op die prys daarvan plaas. Omdat oliekoek ten opsigte van veral sojas, 'n belangrike komponent van die totale inkomste uitmaak, speel dit 'n groot rol in die winsgewendheid van 'n biodiesel aanleg.

        Alhoewel die WHO-beleid nie die subsidiëring van landbou ondersteun nie, is daar geen teenkanting teen die subsidiëring van brandstofaanlegte nie. Dit is belangrik dat regeringsbeleid duidelik formuleer moet wees (byvoor­beeld subsidiëring en finansiering van aanlegte, belasting­toegewings en die verpligte inmenging van biobrandstowwe) om volhoubare sukses te verseker.

        Soos die vraag na biobrandstowwe toeneem sal die gewasse wat geplant word verander, wat op die lang termyn tot hoër voedselpryse sal aanleiding gee byvoorbeeld as graanproduksie ten koste van oliesade afgeskaal word.

        By die oprigting van 'n aanleg behoort die afstand vanaf die produksie gebied en ook na die verbruikers van DDGS en oliekoek in berekening gebring te word. As gevolg van die variasie in kwaliteit van DDGS, is veevoervervaardigers huiwerig om dit sondermeer in veerantsoene te bruik. Oormatige temperature verlaag die verteerbare lisien. Die verlies van stysel in die fermentasie proses verhoog weer die nutriënt inhoud van DDGS. Die konsentrasie effek is ook van toepassing op kontaminante soos mikotoksienes wat nie deur fermentasie proses vernietig word nie. Ten spyte van DDGS se tekortkominge reken sekere voedingskundiges egter dat dit ook sekere voordele inhou. Volgens nuwe tegnologie in Iowa en Minnesota kan DDGS 'n proteïeninhoed van so hoog as 40% hê. Navorsing het ook aan die lig gebring dat temperature van 105°C in die "desolventising toaster" proteïenbeskadiging veroorsaak. Maksimum temperature van 95 Grade C verbeter egter die lisien beskikbaarheid. Nadat olie uit canola saad ekstraheer is, bevat die oliekoek slegs 1% olie. Om die lae energie-inhoud van die canola-oliekoek te verbeter word "gomme en soapstocks" terug geplaas in die "desolventising toaster" om die olie-inhoud na 3,5% te verhoog.

        Volledige inligting oor die waarnemings is by die PNS beskikbaar.

      2. Wes-Kaap Inisiatiewe

        Neem kennis dat

        • Goeie inligting uit 'n Wes-Kaap perspektief versamel is en mnr Wessel Lemmer van DLKW inligting omtrent die lewensvatbaarheid van biobranstof aanlegte in die Wes-Kaap beskikbaar het;
        • 'n Bio-etanol Werkgroep in die Wes-Kaap gevorm is wat uit verskeie rolspelers insluitend GSA en die DLWK bestaan.

        Besluit dat vordering rapporteer sal word soos die proses vorder.

        Dr Griessel

  8. Tegnologie-oordrag

    1. Canolafokus

      Die jongste uitgawe het in Junie verskyn. Besluit dat die volgende vir publikasie in die September en volgende uitgawes oorweeg kan word, naamlik:

      • Onkruidbeheer strategie / weerstandbiedendheid.
      • Terugvoeringvan Dr Tribe insake insekte op canola.
      • Dr Griessel se verslag van studiereis.
      • Voorgestelde graderingsregulasies.

      Neem kennis dat die CBK versoek dat die Canolafokusse direk deur PNS aan die individuele produsente gepos moet word.

      Besluit dat

      • die PNS die moontlikheid dat die Canolafokus direk na individuele produsente gepos word, sal ondersoek (of moontlik per e-pos as die e-pos adresse beskikbaar is);
      • produsente intussen ook na die webbladsy waarop die blad ook verskyn, verwys word;
      • reëlings administratief getref word sodat die inligting ook op die landboubesighede se webbladsye verskyn.

      Redaksie
      Voorsitter
      PNS Sekretaresse

    2. Lupino

      Die jongste uitgawe het in Junie verskyn Mnr Agenbag sal artikels vir die September uitgawe koördineer.

      Redaksie

    3. Hersamestelling van Redaksie

      Besluit dat mnre G van Coller en Piet Lombard van DLWK genomineer word om mnr D Hanekom se plek op die redaksie te neem. Mnr J Bruwer (SSK) kan ook vir bydraes genader word.

      Redaksie

    4. Inligtingsdae 2006

      29-31 Augustus 2006 Agri Overberg Megaweek
      30-31 Augustus 2006 Besigtiging cultivarpoewe
      6 September SKOG Boeredag
      13 September Riversdal Boeredag
      14 September Roodebloem Boeredag
      19 September Monsanto / Overberg Agri Boeredag
      20-21 September Grondsiekte simposium

    5. Kommunikasie van navorsing resultate

      Neem kennis dat die CBK versoek dat resultate van navorsingsprojekte meer effektief in produsent-vriendelike formaat aan produsente kommunikeer moet word. Terugvoering oor navorsingsprojekte word by boeredae gegee, word in die Canolafokus publiseer en is ook op die PNS webtuiste beskikbaar. Verdere moontlikhede soos via die landboubesighede se kommunikasiekanale, CBK en GSA se Tydskrif, SA Graan, moet oorweeg word.

      Besluit dat

      • die behoefte aan effektiewe verspreiding van inligting / navorsingsresultate in produsent-vriendelike formaat aan die PNS bestuur oorgedra word;

        Voorsitter
        Dr Griessel

      • daar administratief gereël word dat navorsings­resultate gereeld in die SA Graan publiseer word.

        Mnr Hawkins
        Me du Preez

  9. Behoeftes van

    1. Mark – Canola

      1. Statutêre Graderingsregulasies

        Neem kennis dat

        • die voorgestelde graderingsvereistes na die Departe­ment Landbou verwys is, maar 'n amptelike afkon­diging nog afgewag word;
        • die saak deur GSA opgevolg word en vordering aan die bedryf kommunikeer sal word.

        Mnr Hawkins

    2. Mark - Lupiene

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    3. Produsente – Canola

      1. Plantmetodes vir beter vestiging van canola

        Die resultate van Prof Agenbag se navorsing oor optimale plantmetodes was by die sakelys aangeheg. Die saak word as afgehandel beskou.

      2. Hoër opbrengs

        Moontlike faktore wat tot hoër opbrengs kan bydra, is onder punt 7.1.2 bespreek.

    4. Produsente – Lupiene

      Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

    5. Super Canolakompetisie

      Die 2006 kompetisies is in proses.

      Mnre Van Rooyen en Slabbert het die afgelope vyf jaar se vergelykende syfers voorberei en aan die PNS kantoor voorsien.

      Besluit dat die opsomming van die afgelope vyf jaar se super canolakompetisie resultate ter inligting by die notule aangeheg word.

      Mnr Van Rooyen
      Mnr Slabbert

  10. Saad

    1. Canola

      Geen probleme met die beskikbaarheid van saad is rapporteer nie.

      Dit bly kommerwekkend dat so baie teruggehoude saad gebruik word. Daar is heelwat nuwe cultivars op die mark. Dit word deur die bedryf evalueer en oorweeg.

      Dr Kotzé word versoek om die beskikbaarheid van lae veselinhoud-cultivars te ondersoek en terugvoering te gee.

      Agricol

    2. Lupiene

      Neem kennis dat die probleme met die formele onderhandeling vir die sub-lisensiëring van Mandelup nog nie opgelos is nie en aangespreek word. Die cultivar vertoon egter goed in proefaanplantings.

      Terugvoering sal aan die Werkgroep rapporteer word.

      Agricol

  11. Ander sake

    Geen.

  12. Volgende vergadering

    Neem kennis dat die jaarlikse afsluitingsfunksie op 29 November en die laaste vergadering op 30 November 2006 gehou word.

  13. Afsluiting

    Die vergadering word na 'n woord van dank afgesluit en verdaag.