Notule
Canola- en Lupienwerkgroepvergadering
gehou op 9 Februarie 2006 te Elsenburg
Opening en verwelkoming
Die vergadering word met gebed geopen deur dr N Kotzé.
Die Voorsitter, mnr GJH Scholtemeijer, heet almal teenwoordig welkom by die vergadering. Die Voorsitter rig 'n spesiale woord van welkom aan dr R Kfir van die LNR-NIPB, dr Johan Booysen en me L Smorenburg van die Departement van Landbou, Wes-Kaap wat die vergadering vir die eerste keer bywoon.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr M Griessel PNS Dr J de Kock PNS Dr SC Lamprecht LNR-NIPB Mnr H Agenbag PNS Wes-Kaap Mnr L Swartz Canola Seed Products Pty Ltd Mnr J Kellerman Agricol Mnr I Slabbert DLWK, Moorreesburg Dr AA Nel LNR-IGG Mnr C Cumming Bayer Crop Science Prof A Agenbag Stellenbosch Universiteit Mnr H Kotze Pioneer Foods Mnr G van Coller Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr JJ Bester GSA Mnr JCG van Niekerk MKB Mnr D Hanekom Departement van Landbou, Wes-Kaap Dr J Booysen Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr P Lombard Departement van Landbou, Wes-Kaap Dr TS Brand Departement van Landbou, Wes-Kaap Me M Kellerman Departement van Landbou, Wes-Kaap Me L Smorenburg Departement van Landbou, Wes-Kaap Me A Swanepoel Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr K Schonken CBK Dr G Tribe LNR-NIPB Dr R Kfir LNR-NIPB Mev M du Preez Sekretaresse Verskonings
Mev L van Zyl Sekretariaat Dr IA Trautmann Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr N Vermaak GSA Mnr H Hugo Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr P Fouché K2 Agrisaad Mnr J Lusse CRK Mnr H Cerfonteyn Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr C van Rooyen Departement van Landbou, Wes-Kaap, Caledon Mnr IF Slabbert Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr G Conradie Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr J Bruwer SSK Mnr K Becker SOILL Mnr M Hardy Departement van Landbou, Wes-Kaap Mnr N Murray Murray Voere Mnr PJ Laubscher Overberg Agri Mnr J McDermott Du Pont Personalia
Gelukwense word oorgedra aan dr SC Lamprecht met die toekenning wat sy ontvang het van die Plantpatologie Vereniging.
Gelukwensing word ook verder aan dr SC Lamprecht oorgedra met die verwerwing van haar tweede swart belt in karate.
Die Voorsitter maak van die geleentheid gebruik om die prestasietoekenning van die PNS vir die beste artikel in 'n wetenskaplike tydskrif 2004/2005 aan dr TS Brand te oorhandig. In sy gelukwense aan dr Brand meld die Voorsitter dat dr Brand reeds twee (2) keer vantevore die toekenning vanaf die PNS ontvang het.
Vasstelling van sakelys
Die sakelys word aanvaar nadat item 9.2 – "Top produsente in die Suid-Kaap" toegevoeg word.
Notule van die vorige vergadering
Besluit:
- Dat die notule van die vergadering van die Canola- en Lupienwerkgroep gehou op 1 Desember 2005 goedgekeur word.
Algemene oorsig
Winterreënvalstreek
Canola
Swartland
Kennis word geneem dat hierdie aangeleentheid reeds in groot detail tydens die vorige vergadering bespreek is.
Suid-Kaap
Die Voorsitter reël dat die faktore wat die olie-inhoud van canola beïnvloed tydens die vergadering van 14 Junie 2006 bespreek sal word.
Besluit:
- Dat die faktore wat die olie-inhoud van canola beïnvloed tydens die vergadering van 14 Junie 2006 bespreek sal word.
Mnr Hanekom
- Dat die faktore wat die olie-inhoud van canola beïnvloed tydens die vergadering van 14 Junie 2006 bespreek sal word.
Suidwestelike Distrikte
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Oos-Kaap
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Lupiene
Swartland
Hierdie aangeleentheid is reeds saam met item 6.1.1.1 bespreek.
Suid-Kaap
Hierdie aangeleentheid is reeds saam met item 6.1.1.2 bespreek.
Suidwestelike Distrikte
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Oos-Kaap
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Somerreënvalstreek
Canola
Dr Nel noem dat produsente in die somerreënvalstreek canola geplant het slegs vir groenvoer en nie vir graanproduksie nie.
Weervooruitskatting deur Mnr Cerfonteyn
Kennis word geneem van die Mielievisie wat as Bylae B by die sakelys aangeheg is.
Daar word verder kennis geneem dat mnr Johan van den Berg 'n vooruitskatting oor die weer gegee het. Mnr Van den Berg het genoem dat dit nie 'n baie goeie reënseisoen vir die Wes- en Suid-Kaap sal wees in die begin nie. Die winterreën sal laat wees met min reën in Mei. Vanaf Junie sal die reënval weer normaal wees.
Oesskatting
Skatting van werkgroep
Canola
Kennis word geneem van die oesskatting wat as Bylae C by die sakelys aangeheg is.
Daar word verder kennis geneem dat die werkgroep aangedui het dat daar 'n oppervlakte van 41 200ha canola geplant is. Volgens CBK is daar 40 700ha geplant. Mnr Agenbag noem dat die oesskatting se syfers baie betroubare inligting is.
Lupiene
Kennis word geneem van die oppervlakte van 14 100ha vir soetlupien produksie.
SAGIS Inligting
Kennis word geneem van die SAGIS inligting wat as Bylae D by die sakelys aangeheg is.
Mnr H Kotzé noem dat hy 'n probleem het met die SAGIS syfer ten opsigte van "canola vir veevoer". Die Voorsitter onderneem om die aangeleentheid met mev Enslin van SAGIS op te neem.
Besluit:
- Dat die Voorsitter die aangeleentheid rakende die "canola vir veevoer" syfer met mev Enslin van SAGIS sal opneem.
Voorsitter
- Dat die Voorsitter die aangeleentheid rakende die "canola vir veevoer" syfer met mev Enslin van SAGIS sal opneem.
Prysvooruitskatting en internasionale markinligting
Kennis word geneem van die inligting soos verskaf deur dr Griessel. Die Sekretaresse word versoek om die transparante van dr Griessel by die volgende sakelys aan te heg.
Besluit:
- Dat die transparante van dr Griessel by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Sekretaresse
Die afgeleide waarde van volvet canola is soos volg (verskeping: R1 668 / wisselkoers: R6.12):
Pluimvee (94%) R1 568 Varke (100%) R1 668 Suiwel (58%) R 967 Die relatiewe waarde van canola oliekoek is dus soos volg:
Pluimvee (53%) R 884 Varke (65%) R1 084 Suiwel (60%) R1 001 Die relatiewe waarde van lupiene is soos volg (verskeping: R1 668 / wisselkoers: R6.12):
L. albus (Esta) Pluimvee (75%)
Suiwel (80%)R1 251
R1 334L. angustifolious (Merrit) Pluimvee (53%)
Suiwel (52%)R 884
R 867L. luteus (Juno) Pluimvee (63%)
Suiwel (73%)R1 051
R1 218Produsentepryse vir canola
Alle aanduidings is dat daar geen vuurwerke gaan wees ten opsigte van die oliesadeprys onder die huidige omstandighede nie.
- Dat die transparante van dr Griessel by die volgende sakelys aangeheg sal word.
COMBUDS - Canola
Aanpassing van kostegids – masjienerie – inligting deur Departement van Landbou, Wes-Kaap
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Besluit:
- Dat die aangeleentheid rakende kostegids as afgehandel beskou word.
Sekretaresse
- Dat die aangeleentheid rakende kostegids as afgehandel beskou word.
"COMBUDS" vir canola - terugvoering
Kennis is geneem van die insette van mnr Joubert, Vise-voorsitter van die PNS, tydens die vorige vergadering.
Hierdie aangeleentheid word as afgehandel beskou.
Besluit:
- Dat die aangeleentheid rakende kostegids as afgehandel beskou word.
Sekretaresse
- Dat die aangeleentheid rakende kostegids as afgehandel beskou word.
Navorsing
Canola
Nasionale cultivarproewe – vordering
Cultivarproewe van 2005
Mnr Hanekom rapporteer dat die ontleding vir die 2005 cultivarproewe reeds gedoen is en in die Canolafokus van Februarie 2006 gepubliseer sal word.
Die Sekretaresse word versoek om die ontledings by die sakelys aan te heg vir bespreking by die volgende vergadering.
Die statistieke van die Riversdal cultivarproef is uitgelaat, aangesien die gebied 'n hoë koëffisiënt van variasie gehad het. Die tweede saaityd by Tygerhoek het ook 'n hoë koëffisiënt van variasie gehad. In die Swartland het alle proewe geslaag, behalwe vir die proef te Koeberg wat vroeg in die seisoen al verloor is.
Mnr Hanekom noem ook dat die cultivarontledings reeds aan die saadmaatskappye beskikbaar gestel is.
Besluit:
- Dat die Sekretaresse die cultivarontleding vir 2005 by die volgende sakelys sal aanheg.
Sekretaresse
- Dat die Sekretaresse die cultivarontleding vir 2005 by die volgende sakelys sal aanheg.
Samewerking tussen LNR-IGG en Departement van Landbou, Wes-Kaap ten opsigte van proteïenresultate - vordering
Kennis word geneem dat die aangeleentheid onder beheer is en van die sakelys afgehaal kan word.
Besluit:
- Dat die aangeleentheid van die sakelys afgehaal kan word.
Sekretaresse
- Dat die aangeleentheid van die sakelys afgehaal kan word.
Bemesting
Terugvoering vanaf die Bemestingstaakspan
Dr De Kock rapporteer dat die notule van die Bemestingstaakspan aan al die lede van die werkgroep uitgestuur is.
Tydens die vorige Canola- en Lupienwerkgroep vergadering het daar 'n paar vrae ontstaan. Die vraag wat eindelik die bekommernis veroorsaak het was dat koring na canola 'n laer proteïeninhoud vertoon tot so mate dat dit tot 'n graad laer gegradeer het. Die Taakspan het na die volgende aangeleenthedege te kyk:
- Redes vir die beweerde laer proteïeninhoud;
- Die dringendste navorsing wat benodig word vir bemesting; en
- Die aanpassing van die huidige bemestingsriglyne.
Redes vir die beweerde laer proteïeninhoud
Hierdie aangeleentheid is bespreek en is die gevolgtrekking gemaak dat dit net 'n persepsie is en nie bewese is nie. Daar is ook geen navorsing vir motivering daarvan nie. Die voordele van canola is reeds wetenskaplik bewys terwyl die beweerde laer proteïeninhoud van koring na canola nie bewys is nie.
Na bespreking van die bewering van die laer proteïeninhoud van koring na canola die Bemestingstaakspan besluit het dat:
- Die bewering nie bewys kan word nie;
- Die 2005 seisoen oor die algemeen met 'n laer proteïeninhoud gekenmerk is afgesien van watter gewas na canola geplant is;
- Die lae proteïeninhoud toegeskryf kan word aan die hoë reënval wat hoër opbrengste tot gevolg gehad het; en
- Die boodskap deur die PNS via verskillende media na produsente gekommunikeer sal word.
Die volgende persone is getaak om 'n nuusberig en vlugskrif op te stel rakende die beweerde laer proteïeninhoud van koring na canola naamlik, Mnr T Beyers, dr M Hardy en prof A Agenbag.
Dringendste navorsing wat benodig word vir bemesting
Die Taakspan het na bespreking van die aangeleentheid besluit dat geen dringende navorsing oor canola bemesting nodig is nie. Die resultate wat beskikbaar is moet effektief benut en toegepas word. Navorsingsprojekte kan wel geïdentifiseer word en vir oorweging voorgelê word, veral pro-aktiewe navorsing ten opsigte van die olie-inhoud van canola en die gebruik van canola vir biodiesel vervaardiging.
Dr De Kock word getaak om met mnr Hanekom gesprek te voer en vas te stel of hy die loodsproef van vier (4) verskillende plantdatums met stikstof binne elke plantdatum, by Tygerhoek en Langgewens se beplanning kan aanpas, aangesien die werk vir die Taakspan baie belangrik is. Mnr Hanekom het aangedui dat hy nie voortgaan met die registrasie van die projek nie. Dr De Kock doen aan die hand dat die aangeleentheid weer na die Taakspan verwys moet word vir verdere oorweging, aangesien die loodsproef by Tygerhoek en Langgewens nog nie geregistreer is nie.
Aanpassing van die huidige bemestingsriglyne
Na bespreking van die aangeleentheid het die Taakspan gevoel dat die riglyne baie goed is en dat daar sekere onderwerpe is wat hersien moet word, veral die stikstof toediening. 'n Taakspan is aangewys om die bemestingsriglyne na te gaan naamlik, mnr H Agenbag, mnr D Hanekom, mnr T Beyers, mnr K Schonken, mnr J Bester en dr M Hardy. Die aanpassing van die bemestingsriglyne moet teen die einde van April 2006 afgehandel wees.
Besluite:
- Dat die aangeleentheid rakende die loodsproef van mnr Hanekom te Tygerhoek en Langgewens na die Taakspan terugverwys word vir bespreking, aangesien daar nog nie begin is met die proef nie.
Dr De Kock
Sekretaresse - Dat die laer proteïeninhoud die afgelope seisoen deur die PNS via verskillende media bekend gemaak sal word.
Voorsitter
Dr De Kock - Dat mnr T Beyers, dr M Hardy en prof A Agenbag getaak is om 'n nuusberig en vlugskrif op te stel rakende die beweerde laer proteïeninhoud van koring na canola.
Dr De Kock
- Dat die aanpassing van die bemestingsriglyne teen die einde van April afgehandel sal wees.
Dr De Kock
Wisselbou-projek van dr Nel
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Ontwikkelingsplan vir canola – vordering
Dr De Kock noem dat daar teen 14 Junie 2006 'n opgedateerde Ontwikkelingsplan vir canola beskikbaar gestel sal word.
Besluit:
- Dat 'n opgedateerde Ontwikkelingsplan vir canola teen 14 Junie 2006 beskikbaar gestel sal word.
Dr De Kock
Sekretaresse
- Dat 'n opgedateerde Ontwikkelingsplan vir canola teen 14 Junie 2006 beskikbaar gestel sal word.
THRIP-projek – vordering
Kennis word geneem dat die uitslag van die THRIP-projek vir 2005/2006 nog afgewag word.
Die canolabedryf, maar veral die PNS, spreek hul dank en waardering teenoor prof Agenbag uit vir die werk wat gedoen is ten opsigte van die THRIP-projek.
Besluit:
- Dat die uitslag van die THRIP-projek vir 2005/2006 nog afgewag word.
Prof Agenbag
- Dat die uitslag van die THRIP-projek vir 2005/2006 nog afgewag word.
Saadbehandeling teen swamme en insekte by canola – vordering
Daar word met dank kennis geneem van die voorlegging van dr Lamprecht. Die Sekretaresse word versoek om die voorlegging van dr Lamprecht by die volgende sakelys aan te heg.
Dr Lamprecht noem ook dat hierdie resultate na dr G Swart van Syngenta gestuur is met die oog daarop om die nodige middels geregistreer te kry.
Besluite:
- Dat die voorlegging van dr Lamprecht by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Sekretaresse
- Dat die veldproewe oorstaan tot die volgende vergadering vir verdere bespreking.
Dr Lamprecht
- Dat die voorlegging van dr Lamprecht by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Lupiene
Nasionale cultivarproewe
Cultivarproewe vir 2005 – vordering
Mnr Hanekom rapporteer dat die ontleding van die 2005 cultivarproewe reeds gedoen is en in die Lupino nuusbrief van Februarie 2006 gepubliseer sal word.
Die Sekretaresse word versoek om die ontledings by die volgende sakelys aan te heg vir bespreking by die volgende vergadering.
Mnr Hanekom noem dat die albus lupiene beter gevaar het as vorige jare en is geen antraknose rapporteer nie. In die vorige jare was die opbrengste van albus cultivars effens laer as die van angustifolius cultivars, waar die verskil hierdie jaar nie so duidelik is nie. Die nuwe cultivars wat vanaf Australië ontvang is, is in die cultivarproewe ingesluit en het baie goeie opbrengste gelewer.
Besluit:
- Dat die cultivarontledings vir 2005 by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Sekretaresse
- Dat die cultivarontledings vir 2005 by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Saadbehandeling teen swamme en insekte by lupiene – terugvoering
Daar word met dank kennis geneem van die voorlegging van dr Lamprecht. Die Sekretaresse word versoek om die voorlegging van dr Lamprecht by die volgende sakelys aan te heg.
Dr Lamprecht noem ook dat die velddata nie betyds ontleed kon word en nie by die resultate bygevoeg is nie. Die veldproewe staan oor tot die volgende vergadering vir verdere bespreking.
Besluite:
- Dat die voorlegging van dr Lamprecht by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Sekretaresse
- Dat die veldproewe oorstaan tot die volgende vergadering vir verdere bespreking.
Dr Lamprecht
- Dat die voorlegging van dr Lamprecht by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Weerstandbiedendheid: raaigras – terugvoering
Kennis word geneem van die inligting wat as Bylae F by die sakelys aangeheg is.
Die Voorsitter bedank me Swanepoel vir baie interessante inligting wat beskikbaar gestel is. Dr De Kock word versoek om hierdie inligting ook in die verbouingshandleiding op te neem.
Na bespreking van die "Riglyne van die Onkruiddoderweerstand" besluit die werkgroep dat daar 'n nuwe oplaag van die Canolafokus en die Lupino nuusbriewe, waar die inligting oor weerstandbiedendheid behandel word, gedruk moet word vir verspreiding. Die werkgroep versoek dat die aangeleentheid na die Tegnologiekomitee en Bemarkingskomitee van die PNS verwys word vir oorweging om die inligting in 'n bladskrif beskikbaar te stel.
Besluite:
- Dat 'n nuwe oplaag van die Canolafokus en die Lupino nuusbriewe, waar die inligting oor weerstandbiedendheid behandel word, gedruk word vir verspreiding.
Sekretaresse
- Dat die aangeleentheid rakende die "Riglyne van die Onkruiddoderweerstand" na die Tegnologiekomitee en Bemarkingskomitee van die PNS verwys word vir oorweging en wel om die inligting in 'n bladskrif beskikbaar te stel.
Sekretaresse
- Dat 'n nuwe oplaag van die Canolafokus en die Lupino nuusbriewe, waar die inligting oor weerstandbiedendheid behandel word, gedruk word vir verspreiding.
Pes- en plaagbeheer
Stoppelbestuur van canola / swartstamstudies – vordering
Mnr Van Coller rapporteer dat hy die nodige inligting ingesamel het by die proewe wat gedoen is en dit nou ontleed sal word. Hierdie seisoen sal die proewe herhaal word in samewerking met prof Swart van die Universiteit van die Vrystaat.
Mnr Van Coller word versoek om die vergadering op hoogte te hou van vordering wat met swartstam gemaak word.
Besluit:
- Dat mnr Van Coller versoek word om die vergadering op hoogte te hou met vordering wat gemaak word met die swartstam projek.
Mnr Van Coller
- Dat mnr Van Coller versoek word om die vergadering op hoogte te hou met vordering wat gemaak word met die swartstam projek.
Voorkoms en monitering van bogrondse insekte, plae, slakke en bolwurms
Kennis word geneem van die verslag van dr Tribe wat as Bylae G by die sakelys aangeheg is.
Dr Tribe noem dat sy projek grootliks afgehandel is, maar dat daar nog meer werk gedoen kan word op slakke en hy binnekort 'n voorlegging aan die PNS sal voorlê vir oorweging.
Dr Lamprecht meld dat sy 'n projekvoorlegging by die PNS ingedien het rakende die veldeksperimente vir die beter vestiging van canola. In die projek word onder andere gevra dat grondmonsters ontleed sal word om seker te maak dat daar nie onkruiddoder residue in die grond is nie, voordat die veldeksperimente gedoen sal word. Die doel van die projek is om te bepaal wat die kaal kolle in die kampe veroorsaak by canola. Hierdie werk sal grootliks in samewerking met dr Tribe gedoen word.
Besluit:
- Dat dr Tribe 'n voorlegging aan die PNS sal maak insake verdere navorsing wat op slakke en insekte gedoen kan word.
Dr Tribe
- Dat dr Tribe 'n voorlegging aan die PNS sal maak insake verdere navorsing wat op slakke en insekte gedoen kan word.
Voorlegging van dr Kfir ten opsigte van die ruitrugmot
Daar word met dank en waardering kennis geneem van die voorlegging van dr Kfir. Die Sekretaresse word versoek om die voorlegging van dr Kfir by die volgende sakelys aan te heg.
Na bespreking van die voorlegging van dr Kfir besluit die werkgroep dat die volgende aangeleenthede aandag moet kry ten opsigte van die ruitrugmot:
- Dat die aangeleentheid rakende watter tipe navorsing in die Wes-Kaap gedoen moet word ten opsigte van die ruitrugmot na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word vir bespreking;
- Dat die werkgroep inligting rondom die ruitrigmot soos byvoorbeeld die monitering van die vlug, wanneer en waar die ruitrugmot voorkom, ens. moet insamel; en
- Dat die werkgroep ook meer inligting moet insamel rakende die natuurlike vyande van die ruitrugmot.
Besluite:
- Dat die Sekretaresse versoek word om die voorlegging van dr Kfir by die volgende sakelys aan te heg.
Sekretaresse
- Dat die aangeleentheid rakende watter tipe navorsing in die Wes-Kaap gedoen moet word ten opsigte van die ruitrugmot na die PNS-Tegnologiekomitee verwys word vir bespreking.
Sekretaresse
- Dat die werkgroep inligting rondom die ruitrugmot soos byvoorbeeld die monitering van die vlug, wanneer en waar die ruitrugmot voorkom, ens moet insamel.
Werkgroep
- Dat die werkgroep ook meer inligting moet insamel rakende die natuurlike vyande van die ruitrugmot.
Werkgroep
Tegnologie-oordrag
Canolafokus
Radiopraatjies
Kennis word geneem dat die radiopraatjies van die canolaprogram vir 2005 in 'n bundel beskikbaar is en binnekort op die PNS-webtuiste geplaas sal word. Die Voorsitter bedank dr De Kock en alle betrokkenes vir hul deelname aan die canolaprogram.
Publikasie oor aanbevole spuitprogramme en "by vriendelike" middels
Kennis word geneem dat die inligting oor die "by vriendelike" middels in die Maart 2006 uitgawe van die Canolafokus gepubliseer sal word.
Besluit:
- Dat die inligting oor die "by vriendelike" middels in die Maart 2006 uitgawe van die Canolafokus gepubliseer sal word.
Redaksie
- Dat die inligting oor die "by vriendelike" middels in die Maart 2006 uitgawe van die Canolafokus gepubliseer sal word.
Lupino
Artikel: Beperkte beskikbaarheid van lupiene vir die veevoerbedryf – Mnr H Kotzé
Kennis word geneem dat die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir die veevoerbedryf tydens die Maart 2006 uitgawe van die Lupino nuusbrief sal verskyn.
Besluit:
- Dat die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir die veevoerbedryf tydens die Maart 2006 uitgawe van die Lupino nuusbrief sal verskyn.
Redaksie
- Dat die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir die veevoerbedryf tydens die Maart 2006 uitgawe van die Lupino nuusbrief sal verskyn.
Inligtingsdae 2006
15 Maart 2006 SKOG Voorsaaidag 7 Maart 2006 Agri Overberg Voorsaai inligtingsdag 20 Julie 2006 CBK Boeredag 29-31 Augustus 2006 Agri Overberg Megaweek 30-31 Augustus 2006 Besigting van cultivarproewe 13 September 2006 Riversdal Boeredag 14 September 2006 Roodebloem Boeredag
Behoeftes van
Mark – Canola
Statutêre Graderingsregulasies
Die aangeleentheid staan oor, aangesien terugvoering van GSA nog afgewag word.
Besluit:
- Dat die aangeleentheid rakende die staturêre graderingsregulasies oorstaan, aangesien terugvoering vanaf GSA afgewag word.
Mnr Vermaak
Mnr Van Papendorp
- Dat die aangeleentheid rakende die staturêre graderingsregulasies oorstaan, aangesien terugvoering vanaf GSA afgewag word.
Mark - Lupiene
Die Voorsitter noem dat hy 'n skrywe ontvang het van mnr DJ Malherbe, Voorsitter van die Wintergraanbedryfskomitee rakende die mark van lupiene.
Na bespreking van die aangeleentheid besluit die werkgroep dat die aangeleentheid oorstaan tot na die artikel van mnr H Kotzé insake die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir die veevoerbedryf in die Lupino nuusbrief verskyn het.
Besluit:
- Dat die aangeleentheid oorstaan totdat die artikel van mnr H Kotzé insake die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir die veevoerbedryf, in die Lupino nuusbrief verskyn het.
Voorsitter
Mnr Kotze
- Dat die aangeleentheid oorstaan totdat die artikel van mnr H Kotzé insake die beperkte beskikbaarheid van lupiene vir die veevoerbedryf, in die Lupino nuusbrief verskyn het.
Produsente – Canola
Plantmetodes vir beter vestiging van canola – finale verslag
Kennis word geneem dat die finale verslag van prof Agenbag beskikbaar gestel sal word vir die vergadering van 14 Junie 2006. Die Sekretaresse word versoek om prof Agenbag betyds te skakel om die verslag ook by die stukke van 14 Junie 2006 aan te heg as 'n bylae.
Besluite:
- Dat die finale verslag van prof Agenbag tydens die vergadering van 14 Junie 2006 beskikbaar gestel sal word.
Prof Agenbag
- Dat die Sekretaresse versoek word om prof Agenbag betyds te skakel om die verslag ook by die stukke van 14 Junie 2006 aan te heg as 'n bylae.
Sekretaresse
- Dat die finale verslag van prof Agenbag tydens die vergadering van 14 Junie 2006 beskikbaar gestel sal word.
Produsente – Lupiene
Hierdie aangeleentheid is reeds onder item 9.2 bespreek.
Super Canolakompetisie / top canolaprodusente
Dr Kotzé spreek sy kommer uit oor die feit dat produsente vir 'n lang tyd saad terughou, aangesien een (1) van die cultivars naamlik Monty baie swak gevaar het met die Super Canolakompetisie. Volgens saadmaatskappye is hierdie cultivar vir 'n tyd lank nie meer op die mark beskikbaar nie. Die Sekretaresse word versoek om die verslag van die Super Canolakompetisie, Suid-Kaap by die volgende sakelys aan te heg vir verdere bespreking van die resultate.
Die aangeleentheid rakende die trefkrag van nuwe cultivars na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys word vir bespreking.
Besluite:
- Dat die Sekretaresse versoek word om die verslag van die Super Canolakompetisie, Suid-Kaap by die volgende sakelys aan te heg vir verder bespreking van die resultate.
Sekretaresse
- Dat die aangeleentheid rakende die trefkrag van nuwe canola cultivars na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys sal word vir bespreking.
Sekretaresse
- Dat die Sekretaresse versoek word om die verslag van die Super Canolakompetisie, Suid-Kaap by die volgende sakelys aan te heg vir verder bespreking van die resultate.
Saad
Canola
SANSOR Statistieke
Kennis word geneem van die SANSOR statistieke wat as Bylae H by die sakelys aangeheg is.
Die werkgroep besluit dat die artikel wat in die Canolafokus verskyn het insake die terughou van saad na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys word vir bespreking met die oog op 'n moontlike bladskrif. Die PNS Tegnologiekomitee sal ook kyk na die oordra van siektes, veral swartstam, op teruggehoude saad.
Besluite:
- Dat die artikel wat in die Canolafokus verskyn het insake die terughou van saad na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys word vir bespreking met die oog op 'n moontlike bladskrif.
Sekretaresse
Tegnologiekomitee - Dat die PNS Tegnologiekomitee ook sal kyk na die oordra van siektes, veral swartstam, op teruggehoude saad.
Sekretaresse
Tegnologiekomitee
- Dat die artikel wat in die Canolafokus verskyn het insake die terughou van saad na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys word vir bespreking met die oog op 'n moontlike bladskrif.
Lupiene
Die werkgroep besluit dat die artikels wat in die Lupino nuusbrief verskyn het insake die terughou van saad na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys word vir bespreking van 'n moontlike bladskrif.
Besluit:
- Dat die artikel wat in die Lupino nuusbrief verskyn het insake die terughou van saad na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys word vir bespreking met die oog op 'n moontlike bladskrif.
Sekretaresse
Tegnologiekomitee
- Dat die artikel wat in die Lupino nuusbrief verskyn het insake die terughou van saad na die Tegnologiekomitee van die PNS verwys word vir bespreking met die oog op 'n moontlike bladskrif.
Canola navorsing - Dr TS Brand
Dr Brand rapporteer dat 'n beursstudent verlede jaar haar M.Sc gedoen het op die anti-voedingsfaktore in canola. Die Seketaresse word versoek om die inligting by dr Brand te kry vir plasing op die volgende sakelys.
Besluit:
- Dat die Sekretaresse versoek word om die inligting by dr Brand te kry vir plasing op die volgende sakelys.
Voorsitter
- Dat die Sekretaresse versoek word om die inligting by dr Brand te kry vir plasing op die volgende sakelys.
Ander sake
Geen.
Datum en plek van volgende vergadering
Die volgende Canola- en Lupienewerkgroepvergadering vind plaas op 12 April 2006 om 09:00 te Elsenburg.
Verdere vergaderings vir 2006 is soos volg:
- 14 Junie 2006
- 17 Augustus 2006
- 30/31 Augustus 2006 - besigtiging van proewe
- 29 November 2006 - afsluitingsfunksie
- 30 November 2006
Afsluiting
Aangesien daar geen verdere sake vir bespreking is nie, verdaag die Voorsitter die vergadering om 13:10.